NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

 

Baie mense moet eers by die sink-punt in hul lewe kom voordat hulle besin en die hand na God uitsteek.  Solank as wat mense op hulself en hul eie vermoëns vertrou, vertrou hulle nie op God nie.   Hy moet sekere mense soms eers pynlik stroop voordat hulle ’n volle oorgawe aan Hom maak.

EER JOU VADER EN JOU MOEDER

Hannes Ollewagen

Deut. 5:1-33

Eer jou vader en jou moeder soos die HERE jou God jou beveel het, dat jou dae verlang mag word en dat dit met jou goed mag gaan in die land wat die HERE jou God aan jou gee. (:16).

Ons moet dalk begin deur te vra wat eer beteken. Is eerbied vir my ouers eenvoudig ja Pa, nee Pa of ja Ma, nee Ma? n Mens wat noodgedwonge bevele uitvoer wat aan hom/haar opgedra is, is dalk gehoorsaam. Gehoorsaamheid is egter nie altyd uit liefde nie en dan is eerbied nie ter sprake nie. Ek kan byvoorbeeld noodgedwonge die wette van n land se owerheid nakom om vervolging te vermy. Maar terselfdertyd kan dieselfde owerheid my grief. Hierdie gehoorsaamheid is n gedwonge gehoorsaamheid en nie n bewys van eerbied nie.

Die samelewing van ons tyd maak dit nie juis vir ons kinders makliker om hul ouers te eerbiedig nie. Kyk maar gerus na die vermaaklikheidsprogramme wat aan die jeug gebied word. Die ouer mense daarin word as agterlik en dom voorgestel terwyl die jeug die dinamiese, intelligente en ingeligte groep sal verteenwoordig. En hierdie persepsie sal in die onderbewussyn van n kind stryd voer teen God se opdrag om aan oueres eer te bewys.

Ons weet egter dat n ware gelowige se persepsie van die wêreld nie deur die meerderheid van mense se opinie gevorm word nie.Jy mag die meerderheid nie volg in verkeerde dinge nie. ... (Ex. 23:2). Dit is ook nie veronderstel om deur die goddelose Hollywood gevorm te word nie. Ons verstaan van sake en ons begrip van reg en verkeerd of goed en sleg word deur die heilige en suiwere Woord van God gevorm. Ons leer uit die Woord wat in God se hart is en wat Hom behaag en mishaag.

Die Woord van God stel dit vir ons in geen onduidelike taal dat God n groot behae het in kinders wat aan hul ouers eer bewys. Die eerste vier gebooie in God se Wet handel oor ons verhouding teenoor Hom. Die laaste ses gebooie handel oor ons liefde teenoor ons medemens. Die eerste van hierdie gebooie wat handel oor ons liefde teenoor ons medemens is God se gebod dat kinders aan hul ouers eer moet bewys. En wat meer is, is dat dit ook die eerste gebod is wat met n belofte opgevolg word. KINDERS, julle moet jul ouers gehoorsaam wees in die Here, want dit is reg. Eer jou vader en jou moeder dit is die eerste gebod met n belofte sodat dit met jou goed mag gaan en jy lank mag lewe op die aarde. (Efésiërs 6:1). Paulus skryf ook nie net aan die gelowige Efésiërs van hierdie gebod van God nie, maar hy herinner ook die gemeente in Kolosse daaraan dat gehoorsame kinders die Here behaag. Kinders, julle moet jul ouers in alles gehoorsaam wees, want dit is die Here welbehaaglik. (Kol. 3:20).

n Kind wat n gelowige ouer se gesag oor sy lewe verwerp, verwerp God se gesag. Ons wonder soms waarom ons bid en God nie ons gebede beantwoord nie. Kan ons van Hom verwag om ons bedes, ons versoeke wat ons aan Hom rig te eer terwyl ons Hom nie eer nie? Alhoewel ons n genadige en barmhartige God aanbid wat met ons swakhede medelye het moet ons onthou dat Hy ook n heilige God is. Hy het dalk medelye met ons swakhede, maar sal nooit ons eiesinnigheid, hardkoppigheid en trotse volharding in sonde goedkeur nie. En soms het ons nodig dat Hy die oor van ons wegdraai sodat ons introspeksie sal doen oor waarom die God van liefde my bedes nie eer nie. Is dit dalk omdat ek Hom nie in gehoorsaamheid eer nie? Wie sy oor wegdraai om nie na die wet te luister nie, selfs sy gebed is n gruwel. (Spr. 28:9).

Wanneer ons jonk is, voel ons in beheer en sterk. En die jeug is n vreugdevolle tyd in n mens se lewe. Dit is ook n voorreg van God wat ons in die vrees van God moet geniet.   VERBLY jou, o jongeling, in jou jeug en laat jou hart jou vrolik maak in die dae van jou jonkheid; en wandel in die weë van jou hart en in die aanskouing van jou oë, maar weet dat God jou oor al hierdie dinge in die gerig sal bring. (Pred. 11:9). Ons moet egter onthou dat géén mens so groot en sterk is dat ons nie met alle nederigheid en ootmoedigheid ons in liefde aan God se Woord moet onderwerp nie. Onthou dat Hy wat die grootste onder ons almal is, Jesus Christus, het ook vir ons in eerbied aan ons ouers die voorbeeld gestel. Dink maar daaraan hoedat Hy wat self God is aan sy aardse ouers onderdanig was as bewys van die eerbied wat ons aan hulle verskuldig is. n Eerbied aan ons ouers wat indirek getuienis lewer van ons eerbied aan God. En Hy het saam met hulle gegaan en in Násaret gekom, en Hy was hulle onderdanig. ... (Luk. 2:51).

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 
 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1058 gaste aanlyn