NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Magsmisbruik lei dikwels tot selfverryking. ‘n Slegte leier leer geen kuns gouer aan as om die staatskas te plunder nie.  Eers raak hy van die reëls van ‘n ordelike gemeenskap ontslae waarna hy sy land op die glybaan van korrupsie en verkwisting laat beland.  Daarna word hy soos room - ryk en dik!

HY HET GEKOM OM SONDAARS TE RED

Hannes Ollewagen

1 Timótheüs 1:3-20

“Dit is ’n betroubare woord en werd om ten volle aangeneem te word, dat Christus Jesus in die wêreld gekom het om sondaars te red, van wie ek die vernaamste is.” (:15).

God die Vader het sy geliefde Seun, Jesus Christus, met ‘n doel – ‘n spesifieke opdrag – na die aarde gestuur. Christus moes kom herstel wat deur die mens gebreek is. Daardie verhouding met ons Skepper en Vader wat deur die ongehoorsaamheid van die eerste mens onberekenbare skade gely het moes deur Hom herstel word. “Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word;” (1 Kor. 15:22). Net soos wat die sonde ons van God af weg lei, het Christus gekom om ons van die sonde weg te lei en weer tot God te bring. ”Want as ons, terwyl ons nog vyande was, met God versoen is deur die dood van sy Seun, veel meer sal ons deur sy lewe gered word nou dat ons versoen is.” (Rom. 5:10).

Die Woord is duidelik hieroor – ‘n mens word deur Christus Jesus se daad van geregtigheid geregverdig. Ons word van ons sondes gered. Ons word nie ‘n vrybrief gegee om onder die dekmantel van “Jesus het vir al my sondes gesterf” ‘n lewe van totale ongebondenheid te leef nie. Hoe word ek van die sonde gered as ek doelbewus daarin voort leef – as ek sou verkies en begeer om daarin voort te leef? Waarvan word ek dan vrygemaak? Of sou ons met reg kan sê dat so ‘n stelling eerder misleiding as bevryding is? Wanneer ‘n mens van iets gered word, word jy tog daarvan vry, nie waar nie? “Want die sonde sal oor julle nie heers nie; want julle is nie onder die wet nie, maar onder die genade.Wat dan? Sal ons sonde doen, omdat ons nie onder die wet is nie maar onder die genade? Nee, stellig nie!Weet julle nie dat aan wie julle julself as diensknegte tot beskikking stel om hom gehoorsaam te wees, julle diensknegte is van hom aan wie julle gehoorsaam is nie — òf van die sonde tot die dood, òf van die gehoorsaamheid tot geregtigheid?” Rom. 6:14-16.

U sal dalk vanoggend vir my vra of God se genade dan nie vir u ook genoeg is soos vir Paulus nie. “En Hy het vir my gesê: My genade is vir jou genoeg, …”. (2 Kor. 12:9). En ek sal vir u hierop vra: “Met watter gesindheid of bedoeling in Paulus se hart het hy hierdie hartroerende vertroosting van God ontvang? Was hy wat Paulus is besig om allerhande verskonings te maak en uit te dink om sy verkeerde dade te “regverdig” sodat hy doodluiters daarmee kon volhou? Óf was hy in ‘n ontsettende worsteling en stryd teen die ongeregtigheid in sy lewe gewikkel? En was hy besig om te pleit voor die Here om hom te verlos van die mag van die bose wat vir hom te sterk was?” 2 Kor. 12:8:”Hieroor het ek die Here drie maal gebid, dat hy van my sou wyk.” Hy het die Here drie maal gebid! Dit was vir Paulus ‘n ernstige saak dat daar dinge in sy lewe was waarmee die Here nie tevrede sou wees nie – waaraan Hy sy goedkeuring nie sou skenk nie. Hierdie man was besig om hard te stry om seker te maak dat hy in God se koninkryk mag ingaan. “Stry hard om in te gaan deur die nou poort, want baie, sê Ek vir julle, sal probeer om in te gaan en sal nie in staat wees nie.” (Luk. 13:24). Hy het ten bloede toe probeer weerstand bied in sy stryd teen die sonde. “Julle het nog nie ten bloede toe weerstand gebied in julle stryd teen die sonde nie.” (Heb. 12:4). Hy het die sonde gehaat omdat God dit haat en wou daarvan wegkom! Hy wou graag doen wat vir die Here aanneemlik is omdat hy Hom waarlik liefgehad het.

Die woorde van die Here aan Paulus - dat sy genade vir hom genoeg is - was nie bedoel om God se genade goedkoop te maak soos wat talle dwaalleraars dit probeer voorhou nie. Dit was om die volkomenheid van die offer wat Christus voor God gebring het te onderstreep. Dit was om Paulus te herinner dat hyself nie op meriete iets hoef te bereik om homself voor God te regverdig nie. Daar was nie “nog ietsie” wat saam met Christus se soenverdienste gevoeg moes word om voor God geregverdig te word nie. Daar was nie ‘n oortreding te groot dat dit nie deur hierdie kosbare bloed weg gewas kon word nie. Nee, Christus se soenverdienste was GENOEGSAAM, maar nie GOEDKOOP nie. Sy genade vir my en vir u was GENOEG, maar NIE MAKLIK of NIKSWERD sodat dit verontagsaam mag word nie.

Die offer wat Hy aan God gebring het, red ons van God se toorn en oordeel. Dit was die prys wat Christus betaal het om ons uit die mag van duisternis te koop sodat Hy ons teen volle koopprys as sy eiendom kon verkry. “… want U is geslag en het ons vir God met u bloed gekoop uit elke stam en taal en volk en nasie,” (Open. 5:9).Wanneer ‘n mens eienaarskap oor iets bekom, sal jy daarmee handel nou eie wil. So handel God dan ook met ons na sy wil nadat Hy ons as sy eiendom gekoop het. En Hy spel ook vir ons uit wat sy wil met en vir ons is – ons heiligmaking! “Want dit is die wil van God: julle heiligmaking; …” (1 Thess. 4:3). Ons redding van die sondemag. Ons vryheid in Christus. “Want julle is tot vryheid geroep, broeders; gebruik net nie julle vryheid as ’n aanleiding vir die vlees nie, maar dien mekaar deur die liefde.” (Gal. 5:13).

As jy in Christus vrygekoop is, waarom sou jy weer terugkeer na Egipte om in slawerny onder ‘n harder, vernietigende meester te gaan dien? God het u lief, bitterlik lief. Hy het u só lief dat Hy bereid was om sy enigste Seun te stuur om die marteling en dood te smaak en die volle grimmigheid van God te ervaar sodat u dit gespaar mag word. Moenie u rug keer op hierdie liefdevolle God nie. Moenie saam soos die verbygangers by Gólgota God beledig en Hom met doelbewuste sondes in die aangesig slaan nie. Strek u hand uit na Hom en laat u red deur Jesus Christus was juis hiertoe geroep is en as ons Verlosser in hierdie wêreld gekom het. “Want ons was ook vroeër onverstandig, ongehoorsaam, op ’n dwaalweg, verslaaf aan allerhande begeerlikhede en singenot; ons het in boosheid en afguns gelewe; ons was haatlik en het mekaar gehaat.Maar toe die goedertierenheid van God, ons Verlosser, en sy liefde tot die mens verskyn het —nie op grond van die werke van geregtigheid wat ons gedoen het nie, maar na sy barmhartigheid het Hy ons gered deur die bad van die wedergeboorte en die vernuwing deur die Heilige Geeswat Hy ryklik uitgestort het op ons deur Jesus Christus, ons Verlosser;sodat ons, geregverdig deur sy genade, erfgename kan word ooreenkomstig die hoop van die ewige lewe.” (Titus 3:3-7).

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1762 gaste aanlyn