NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Daar is soveel gapende afgronde elke dag op ons pad van heiligmaking – wat ons nie eers raaksien nie! Ons blindheid veroorsaak dat ons luidkeels teen die Vaderhand wat ons daar wegruk, protesteer.

STEL ONS DIE HERE VOOR ONS?

Hannes Ollewagen

Ps. 16:1-11

”Ek stel die HERE altyddeur voor my; omdat Hy aan my regterhand is, sal ek nie wankel nie.” (:8).

Geliefdes, ons lees in 1 Konings 18 waar Elía die volk Israel aanspreek om ‘n keuse te maak.  Hulle moes kies wie hulle voor hul sal stel om in die lewe na te volg – dit sou òf die HERE God wees, óf dit sou Baäl wees. 

“En Elía het nader gekom na die hele volk en gesê:  Hoe lank hink julle op twee gedagtes?  As die HERE God is, volg Hom na; en as Baäl dit is, volg hom na!  Maar die volk het hom niks geantwoord nie.” (:21). 

Maar hulle sou nie die HERE met halfhartigheid kon volg nie.  Hulle sou ‘n keuse moes maak.

Ons lees ook hiervan in Josua 24 waar die volk deur Josua aangespreek word om ‘n keuse te maak. 

“...kies dan vir julle vandag wie julle wil dien: òf die gode wat julle vaders daar oorkant die Eufraat gedien het, òf die gode van die Amoriete in wie se land julle woon; maar ek en my huis, ons sal die HERE dien.” (:15). 

Dit is in altwee hierdie gevalle baie duidelik dat die HERE nie vir een oomblik daarmee tevrede is om in ‘n mens, of ‘n volk, se lewe ‘n tweede plek in te neem nie.  En hiervan getuig God self ook op verskeie plekke, waaronder Matt. 22:37&38:

”...Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.  Dit is die eerste en groot gebod.”

Ons lees in Lukas 9:23 die volgende:

“EN Hy sê vir almal: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis elke dag opneem en My volg.”

En ek wonder hoe gehoorsaam ons aan hierdie opdrag van die HERE is, geliefdes?  Is ek en u regtig bereid om ons kruis elke dag op te neem en in sy voetspore te volg?  Ja, is ons bereid om in sy voetspore van opoffering, volkome ootmoed, diensbaarheid met nederige bereidwilligheid te volg?  Ons word so maklik deur die humanistiese dwaalleer rondom ons besoedel en voordat ons weet, wil ons ook die HERE aan ons probeer diensbaar maak.  In plaas daarvan om daagliks ons kruis op te neem en Hom na te volg, Hom voor oë te stel, wil ons daagliks ons eie planne en begeertes najaag.  Maar ons wil baie graag hê dat die HERE ons sal volg, Hy moet ons tog vergesel sodat Hy kan help wanneer ons dit dalk nodig het.  Dit is nie dat ons niks met Hom te doen wil hê soos ‘n goddelose mens nie, maar die fout lê daarin dat ons voorskriftelik in plaas van diensbaar teenoor Hom wil staan.

Geliefdes, daar is niks mee fout om in ootmoedige afhanklikheid hulp van die HERE te vra nie.  En die HERE stel dit selfs dat ons ons begeertes in gebed aan Hom moet bekend maak. 

“...maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God.” (Fil. 4:6).

 Maar hierdie opdrag stel dit ook dat ons dit met smeking en danksegging moet doen.  Dit dui daarop dat ons hierdie begeertes met ootmoed en afhanklikheid na die HERE moet bring en nie met ‘n gesindheid asof die HERE aan ons iets verskuldig is of ons selfs op sy hulp geregtig is nie.  Ons moet altyd in gedagte hou dat ons diensknegte van die HERE is en met vrymoedigheid tot Hom kan gaan wat ons in al sy barmhartigheid, liefde, trou en almag kan, en ook wil help.  Maar ewe belangrik moet ons onthou dat Hy nie die dienskneg is na Wie ons met opdragte kan gaan wat aan ons hulp verskuldig is en na ons pype moet dans nie. 

Ons lees in 1 Konings 3 waar Salomo van die HERE wysheid vra om oor die volk waaroor hy koning geword het na die welbehae van die HERE te regeer.  Hierdie optrede getuig tog daarvan dat Salomo homself as diensbaar aan die HERE beskou het en nie opgetree het asof die HERE enigiets aan Hom verskuldig is nie.  Salomo het nie hierdie wysheid van die HERE gevra om sy eie eer en voordeel daarmee te probeer soek nie, maar eerder om sy verantwoordelikheid teenoor die HERE na behore na te kom.  Ja, hy het hierdie versoek aan die HERE gerig sodat hy sou weet om die HERE op die regte wyse na te volg en voor oë te hou.  En ons weet wat ‘n geweldige behae die HERE hierin gehad het. 

“En dit was goed in die oë van die Here dat Salomo dit begeer het.  En God het vir hom gesê:  Omdat jy hierdie versoek gedoen het en nie vir jou ‘n lang lewe begeer het en nie vir jou rykdom begeer het en nie die lewe van jou vyande begeer het nie, maar vir jou verstand begeer het om regsake te verhoor, so doen Ek dan volgens jou woord: Kyk, Ek gee jou ‘n wyse en verstandige hart, sodat een soos jy vóór jou nie gewees het en een soos jy ná jou nie sal opstaan nie.  Ja, selfs wat jy nie begeer het nie, sal Ek jou gee, rykdom sowel as eer, sodat onder die konings niemand soos jy sal wees al jou dae nie.” (1 Kon. 3:10-12).

Geliefdes, mag ek en u ook deur die voorbeelde waarvan ons vandag weer bewus gemaak word uit die Woord van die HERE tot selfondersoek gebring word.  Ja, mag dit gee dat ons ook ons eie lewens, planne en begeertes met eerlikheid beoordeel en vasstel of ons daarin met eiesinnigheid handel en of ons werklik daarmee probeer om aan die HERE diensbaar te wees. 

Probeer ons in ons planne en in ons lewe die HERE voor oë hou en na sy wil te handel en sy leiding te volg?  Laat ons eerder na sy wil en leiding in ons lewens soek en dit probeer navolg as wat ons ons wil van Hom probeer afdwing en verwag dat Hy ons moet volg.  Maak die regte keuse – hou die HERE voor oë en kies die weg van waarheid. 

“Ek het die weg van waarheid verkies; u verordeninge het ek voor my gestel.” (Ps. 119:30).

Amen.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

    _____________________

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

  •                                                                        ______________

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel

    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 767 gaste aanlyn