NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons huil Here, ons rou oor ons volk wat so verdruk en uitgemoor word. U sien dit en U weet dit. En U bemoei U met ons ellende want U weet hoe swaar ons kry. Help ons om te onthou dat U ons nooit sal vergeet nie maar nou met ons werk sodat ons weer na u sal wil terugkeer. Help ons ook veral om te onthou dat U reeds die finale oorwining oor die Bose vir ons bewerk het, en dat 'n nuwe aarde en 'n nuwe hemel aan die kom is.

GOD SE KRAG IN ONS SWAKHEID

Hannes Ollewagen

2 Kor. 12:1-10

“En Hy het vir my gesê: My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring. Baie liewer sal ek dus in my swakhede roem, sodat die krag van Christus in my kan woon. Daarom het ek behae in my swakhede, in mishandelinge, in node, in vervolginge, in benoudhede, om Christus wil. Want as ek swak is, dan is ek sterk.” (:10).

As jy nou na ’n mooi voorbeeld van ’n paradoks soek, is hierdie ’n goeie opsie – “...want my krag word in swakheid volbring.” En dan word dit boonop in die volgende vers op ’n effense ander wyse herhaal – “...as ek swak is, dan is ek sterk.” Die herhaling is vir ons ’n beklemtoning van die waarheid – hierdie waarheid wat juis as ’n paradoks aangebied word sodat dit sal tref en ons hierin moet delf om by die kosbare skat wat daarin opgesluit is uit te kom. Hierdie verskynsel vind ons ook in Filippense 4:13 waar ons die oënskynlike teenstrydigheid dalk nie dadelik so duidelik raaksien nie. “Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.” Nou waar is die teenstrydigheid hierin? Maak die tweede gedeelte van hierdie vers die fokus of beklemtoning, nl. “...deur Christus wat my krag gee.” (eerder as die eerste gedeelte wat ons almal seker geneig is om te doen) en dan sal die teenstrydigheid soos ’n lig deur ’n skrefie begin skyn. Ek is tot alles in staat deur ’n krag wat nie my eie is nie? Hoe kan ek tot enigiets in staat wees sonder enige merkwaardige krag van my eie? Of, as dit nie mý krag is nie, is dit dan ék wat daartoe in staat is? Nou sien ons ten minste die teenstrydigheid in hierdie vers beter.

Dit is juis hierdie kosbare gedeelte uit Filippense 4:13 wat vir ons ’n sleutel is om die kosbare skat uit Korinthiërs 12 oop te sluit. Wanneer ons die gedeelte uit Fil. 4:13 lees en ons fokus is gerig op “Ek is tot alles in staat...” sal ons by ’n heel ander eindpunt kom as wanneer die tweede gedeelte die fokuspunt is. Wanneer ons hierdie gedeelte lees en ons fokus is op die eerste gedeelte van die vers, sal ons maklik in die strik van Satan trap wat ons tot onverskilligheid sal probeer verlei met ’n valse versekering dat ons Christus in ’n lewe van eiesinnigheid agterna kan sleep wat op ons opdrag en aandrang moet reageer omdat ons dan mos enigiets kan regkry deur ons bevele na Hom te gee. ’n Verkeerde fokus skep by ons die verkeerde gedagte dat onsself die god is en God die dienskneg in ons lewe, terwyl ’n suiwer fokus tot gevolg het dat ons God in sy verhewenheid aanskou en onsself as onderdanige, gehoorsame kinders voor Hom. Onthou, Satan het God se woorde ook gebruik toe hy vir Adam en Eva versoek het. Hy het selfs God se Woord aangehaal toe hy vir Christus in die woestyn versoek het. Adam en Eva het hul fokus deur sy misleiding van God na hulself laat verskuif en so voor die versoeking geswig terwyl Christus met ’n vaste fokus op God die Satan telkens op sy misleiding gewys het en sodoende die versoeking kon weerstaan. En daarom is dit só belangrik om te verseker dat ons suiwer en met opregtheid met God se Woord omgaan.

Kom ons kyk nou na die eindpunt wanneer ons die fokus op Fil. 4:13 verskuif na waar dit behoort te wees – “...deur Christus wat my krag gee.” Ewe skielik vloei my eie selfversekerdheid soos water uit my weg. En nou staan ek in ootmoedigheid, swakheid en afhanklikheid voor Hom. Maar tog, só groot en oorweldigend is hierdie krag van Hom dat dit my besiel en versterk in die wete dat daar niks is wat hierdie krag van Hom kan oorweldig nie. Daarenteen is daar soveel dinge in hierdie lewe wat my kan oorweldig. Hierdie krag van Hom is soveel beter as my eie. Ek kan as sy kind op hierdie krag van Hom staatmaak om my staande te hou! En deur hierdie krag van Hom in my lewe word Hy verheerlik. En hierdie heerlikheid kom Hom ook toe omdat dit sy krag in my is en nie my eie nie. Nou maak die woorde van Korinthiërs 12 soveel meer sin – “...Want as ek swak is, dan is ek sterk.”

Ek wil graag vir u ook ’n paar voorbeelde uit die Woord voorhou wat hierdie begrip verder by ons versterk. Wanneer God vir Josua as Moses se opvolger toespreek, verseker Hy Josua dat niemand voor hom sal standhou nie. En dan maak God dit duidelik wat die Bron van hierdie oorweldigende krag van Josua sal wees. “Niemand sal voor jou standhou al die dae van jou lewe nie; soos Ek met Moses gewees het, sal Ek met jou wees; Ek sal jou nie begewe en jou nie verlaat nie.” (Jos. 1:5). Sy sekerheid en krag lê nie in sy goeie krygsvernuf nie. Dit lê nie in sy ervaring in die lewe of die bystand van sy ondersteuningstruktuur of krag van sy volk nie. Sy sekerheid lê in God en in sy krag. En in hierdie krag van God het Josua dan ook die volk Israel volgens God se Woord die beloofde land laat erwe.

’n Ander kosbare voorbeeld wat ek graag aan u voorhou is die een van Gídeon waarvan ons in Rigters 6 lees. “En die Engel van die HERE het aan hom verskyn en vir hom gesê: Die HERE is met jou, dapper held! Toe vra Gídeon Hom: Ag, my heer, as die HERE met ons is, waarom het al hierdie dinge ons dan oorgekom? En waar is al sy wonders waar ons vaders ons van vertel het, deur te sê: Het die HERE ons nie uit Egipte laat optrek nie? Maar nou het die HERE ons verwerp en ons oorgegee in die hand van die Midianiete. Toe draai die HERE na hom toe en sê: Gaan in hierdie krag van jou en verlos Israel uit die hand van die Midianiete. Is dit nie Ek wat jou stuur nie?” (Rigt. 6:12-14). Wanneer ons na Gídeon se verslae en moedelose antwoord luister op God se groet van “dapper held”, voel ons asof dit beslis net God is wat hierdie man se dapperheid kon raaksien. Maar juis hierin was Gídeon se krag – sy soeke na oplossings deur na God te vra en nie op sy eie vermoë of planne te steun nie. En in hierdie toestand waar Gídeon van steun op sy eie krag gestroop is – in stille ootmoed – kom God se krag duidelik na vore. En dan sien ons later hoedat Gídeon wéér ’n proefneming doen met die wolvlies en God bid om bevestiging dat hy die opdrag voor hande reg verstaan. Hierdie gebeure bevestig vir ons sy erns en opregtheid met God en die sekerheid wat hy wou verkry dat hy nie uit sy eie hart en oortuiging of uit eie krag optree nie, maar dat hy in opdrag van God handel. Daarom dat God ook nie op hom toornig geraak het met hierdie versoek van hom wat meer as eenmaal herhaal is nie – omdat hierdie oefening van Gídeon op selfondersoek gerig was en nie op ’n ondermyning van God se opdrag nie. Tewens, hy wou juis sekerheid verkry dat hy God nie deur sy optrede minag nie.

Daar is nog soveel voorbeelde waarna ons kan kyk. U kan gerus na Hebreërs 11 verwys na die geloofshelde wat hier gelys word – mense wat in ootmoedige gehoorsaamheid en vertroue op God se krag telkens die “onmoontlike” vermag het – nie omdat hulself verhewe bo ander sterflinge was nie, maar omdat hulle juis nie op hul eie krag gesteun het nie, maar in diensbaarheid aan God die verhewe krag van God wat in hulle gewerk het, ten toon stel.

Ek sluit af met ’n laaste voorbeeld – natuurlik die lewe van onse Here Jesus Christus. Satan het tydens die versoeking in die woestyn alles in die stryd gewerp om Hom oor te haal om op sy eie krag te steun – “...sê dat hierdie klippe brode word.” En dan probeer hy Hom oorhaal om van die tempel se dak te spring en die opdrag tot God te gee om engele te stuur om Hom te red. En na hierdie versoeking in die woestyn was dit nie die laaste nie – hierteen moes Hy stry totdat Hy eindelik aan die vloekhout kon uitroep – “Dit is volbring!”. Maar kort voor hierdie woorde uitgespreek is, het Satan nog ’n laaste poging aangewend om Hom daartoe oor te haal om op sy eie krag te steun en so die tentoonstelling van God se krag en sy verheerliking te verhoed. “En die soldate het Hom ook bespot en gekom en vir Hom asyn gebring en gesê: As U die Koning van die Jode is, verlos Uself.” (Luk. 23:36&37). ’n Koning is mos nie só magteloos nie? En ten spyte daarvan dat hierdie beproewing tot op die spits gedryf is en Hy gevoel het asof God Hom versaak het – steun Hy steeds nie op sy eie krag nie. Hy roep hierdie magtelose kreet uit – “...Eli, Eli lama sabagtáni? Dit is: My God, my God, waarom het U My verlaat?” (Matt. 27:46). Dit wat daar ten aanskoue van die volk gebeur het, het sekerlik nie na die beste ten toonstelling van God se krag gelyk nie – so ’n toestand van verlatenheid, pyn, hulpeloosheid. ’n Inspanning van sekerlik die laaste liggaamskrag om uit te roep – “...Vader, in u hande gee Ek my gees oor! En toe Hy dit gesê het, blaas Hy die laaste asem uit.” (Luk. 23:46). En hierop volg ’n aardbewing, die voorhangsel van die tempel skeur in twee, rotse skeur en grafte gaan oop! En mense begin bely – “Waarlik, Hy was die Seun van God.” God se krag in sy “swakheid” volbring. En daarna word God se krag weer ten toon gestel wanneer Hy uit die dode deur Hom opgewek word! En hierdie krag van Hom wat vandag nog, duisende jare hierna, in ons lewens openbaar word wanneer ons in ootmoed voor Hom leef en nie op ons eie krag steun nie, maar op die krag van Hom wat in ons leef.

Laat ons opnuut daarna streef om nie in ons eie krag nie, maar in die krag van God tot sy verheerliking te lewe.

“Want al is Hy gekruisig uit swakheid, lewe Hy tog uit die krag van God. Want ons is ook swak in Hom, maar ons sal saam met Hom vir julle lewe deur die krag van God.” (2 Kor. 13:4).

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2454 gaste aanlyn