NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

"...gee my nie armoede of rykdom nie, laat my geniet die brood wat wat vir my bestem is; dat ek nie, as ek oorversadig geword het, U verloën nie, en sê: wie is die HERE? En dat ek nie, as ek arm geword het, steel en my aan die Naam van my God vergryp nie." – Spreuke 30:8-9

DIE SEËN VAN PROTESTANTISME (2)

Ds Andrè van den Berg

Lees reeks by DIE SEËN VAN PROTESTANTISME

Die sakramente en Maria-verering

Die sakramente

1.  Die doop en bieg

Die Bybel leer dat daar net twee sakramente  is – die doop en die nagmaal.  Rome het sewe sakramente waarvan die doop, boetedoening en die misoffer die belangrikste is omdat God daardeur sy genade in besonder aan sondaars skenk.  Altans so glo die RK.

Sy dwaal om te glo dat die doop die wedergeboorte is waardeur God erfsonde vergewe.   Alle sonde wat na die doop gepleeg word, kan net deur boetedoening en deelname aan die misoffer vergewe word.   Dit beklemtoon opnuut die RK se kerndwaling dat Christus se kruisdood nie genoegsaam vir redding is nie, maar deur sakramente aangevul moet word.

Die bieg is vir Rome baie belangrik.  Sy glo dat sondaars wat deur sonde van God se genade verval het, dit deur te bieg kan regstel.   Die Konsilie van Trent (16de eeu) verklaar dat indien iemand na sy doop sondig, ʼn priester nadat daar gebieg is, die nodige vergifnis van sonde kan skenk.

2.   Die misoffer

2.1   ʼn Karikatuur

Vir Rome is liturgie uiters belangrik.  Sy beskou dit as die fontein waaruit God se genade na mense vloei.   Die grootste deel van haar liturgie draai egter om die as van die misoffer, iets wat nie met die Bybelse nagmaal verwar moet word nie.  Die misoffer is ʼn karikatuur daarvan.

Die misoffer is ʼn weersinswekkende onbloedige wederkruisiging van Christus.  Hier teenoor leer die Bybel baie duidelik dat dit ʼn gedagtenis maaltyd is.  Jesus sê: “Doen dit tot my gedagtenis”.  Daarom dwaal die RK gruwelik deur dit as ʼn werklike offer en herhaling van dit wat op Golgota gebeur het, te verkondig.

Die Bybel leer baie duidelik dat Christus sy offer eens en vir altyd gebring het: “Want die dood wat Hy gesterf het, het Hy vir die sonde eens en vir altyd gesterwe...” (Rom.6:10).   Dit kan dus nooit herhaal word nie.

Die Griekse woord wat hier vir eens en vir altyd gebruik word, is ephapax en dui op ʼn handeling wat nie herhaal kan word nie.  Die skrywer van die Hebreër brief gebruik twee keer dieselfde woord om Jesus se dood as ʼn afgehandelde gebeure te beskryf (9:25,26; 10:10).

Soos wat Christus nie weer aan ʼn kruis kan sterf nie, kan sy liggaam nie weer geoffer word nie: “... en sonder bloedvergieting vind daar geen vergifnis plaas nie” (Heb.9:22).   “Waar daar nou vergifnis van hierdie dinge is, is daar geen offer meer vir die sonde nie” (Heb.10:18).   Die misoffer is die satan se bespotting van die Bybelse nagmaal!

2.2  Transsubstansiasie

In die misoffer neem Rome Jesus se woorde in Joh.6:53 baie letterlik op as Hy sê: “ Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as julle nie die vlees van die Seun van die mens eet en sy bloed drink nie, het julle geen lewe in julle self nie”. Rome glo dat as die voorganger oor die tekens van brood en wyn gebid het, dit in die werklike liggaam en bloed van Christus verander.   Daarom word daar voor die misoffer gekniel en die tekens aanbid omdat dit vir hulle Christus se liggaam is.

In die RK gebruik alleenlik die priester van die wyn en nie die lidmate nie uit vrees dat van die wyn op die grond mag val en mense dan op die bloed van Jesus trap.   Om te verhoed dat dit ook met die brood gebeur, neem lidmate dit nie self ter hand nie, maar plaas ʼn priester dit direk in hul mond.   Dank God vir die eenvoud van die Protestantse nagmaal!

Die misoffer laat sekere vrae in gelowiges se gemoed ontstaan.   Indien die tekens waarlik Christus se vlees en bloed sou word, is die gebruikers daarvan dan nie per sè kannibale nie?   Wat maak Rome met Christus se woorde in Mt.15:17:  “Begryp julle nog nie dat alles wat in die mond ingaan, in die maag kom en in die heimlikheid uitgewerp word nie?”

2.3  ʼn Ander maaltyd

Die misoffer het geen raakpunte met die OT Pasga of Joodse kultuur nie, maar stem eerder met die oud Egiptiese heilige maal van Osiris ooreen en is derhalwe wesenlik afgodies.  Tydens die misoffer moet priesters bv. die presiese formulier soos deur die kerk opgestel is voordra sonder om een woord uit te laat.   Sou hy iets uitlaat, verander die tekens nie in Christus se liggaam en bloed nie.   Dit laat ʼn mens eerder aan ʼn towerformule dink.   As ʼn towenaar net een woord uitgelaat het, was die towerspreuk kragteloos.

ʼn Paar jaar gelede het ʼn Amerikaanse vrou getuig dat sy tydens ʼn misoffer ʼn onsigbare teenwoordigheid aangevoel het.   Dit het vir haar gesê het dat hy Christus is.   Toe sy kort daarna ʼn soortgelyke ervaring in haar huis gehad het, het sy besef dat dit ʼn bose gees was!

2.4   Lasterlik

Die misoffer is lasterlik.  Hoe durf ʼn priester Jesus offer terwyl die Bybel baie duidelik sê dat Christus Homself geoffer het?   Wil Roomse priesters as Jesus se teregstellingbeamptes optree?!   Pous Johannes Paulus II het die Maria-demoon selfs die Moeder van die Misoffer genoem terwyl pous Benediktus XVI mense gewaarsku het dat diegene wat versuim om die misoffer te gebruik, God se oordeel oor hulle haal.

Die rituele gebruik van die nagmaalsbeker deur ʼn priester is ook met bose rituele deurspek.  In Openbaring sien Johannes die RK: “En die vrou was bekleed met purper en skarlaken... en sy het in haar hand ʼn goue beker gehad...” (17:4).    Babel het ook van ornamentele bekers van edelmetaal op altare gebruik gemaak.

Semiramis, die Bioniese hemelkoningin, is ook as ʼn verhewe vrou met ʼn goue beker in ʼn uitgestrekte hand uitgebeeld wat onderdane in ʼn blinde onderdanigheid aan haar onderwerp.   Jeremia verwys ook na Babel as ʼn vrou met ʼn goue beker in die hand wat nasies rasend maak (Jer.51:7).  So ook Johannes: “...omdat al die nasies gedrink het van die wyn van die grimmigheid van haar hoerery …” (18:3).

2.5  Groter deelname

Omdat deelname aan die misoffer deur die jare skerp afgeneem het, maak die RK toenemend van nuwe evangelisasiemetodes gebruik om beter deelname te verkry.   Daar word gereeld konferensies en werkwinkels oor liturgie en die sakramente gehou.   Dit is so dat mistieke godsdienstige ervarings mense oor die algemeen prikkel.  Die toename in charismatiese kerkgetalle bewys dit.

3.  Die aanbidding van Maria

3.1  Die hemel koningin

Die vroeë Christene het nooit probleme oor Maria, die aardse moeder van Jesus gehad nie totdat Rome Christus verdring, ʼn troon vir haar ingerig, haar as hemelse koningin gekroon en begin aanbid het.   Rome glo verkeerdelik dat sy die Bybelse Maria vereer terwyl sy in werklikheid die Babiloniese godin Semiramis aanbid. “Die kinders maak hout bymekaar, en die vaders steek die vuur aan, en die vroue knie deeg om koeke te maak vir die hemelkoningin en vir ander gode drankoffers uit te giet om My te terg” (Jer.7:18).

Semiramis is bloot vanuit die een afgodsisteem na ʼn ander een oorgebring en ʼn nuwe naam gegee – Maria.   Die Babiloniërs het ook geglo dat Semiramis na die hemel opgevaar het waar sy as hemelkoningin ʼn ereplek beklee.   Semiramis word dikwels as ʼn vrou met ʼn goue wynbeker in ʼn uitgestrekte hand uitgebeeld.  Johannes sien haar ook:  “En die vrou was bekleed met purper en skarlaken en versierd met goud en kosbare stene en pêrels, en sy het in haar hand ʼn goue beker gehad …” (Openb.17:4). Purper en skarlaken is nie toevallig die RK se amptelike kleure nie.  Dis ʼn waarskuwing!

In 1825 het die RK, glad nie toevallig nie, ʼn herdenkingsmedalje uitgegee wat die kerk as ʼn sittende vrou met ʼn beker in ʼn uitgestrekte hand uitbeeld.  Die onderskrif lui: “Die hele wêreld is haar setel”.   Rome gaan net voor die wederkoms van Christus die hele wêreld beheer. Johannes skryf: “… en die bewoners van die aarde het dronk geword van die wyn van haar hoerery” (Openb. 17:2).

Rome laster deur Maria moeder van God te noem.   Daar was niemand voor God nie!   Rome glo ook dat sondaars wat hul voor Christus verootmoedig, nooit van verhoring seker kan wees nie omdat Christus Hom eerder met geregtigheid en oordeel besig hou en die genadebetoning aan sy moeder oorgelaat het.   Daarom kniel lidmate onbeskaamd voor beelde van Maria en is daar selfs spesiale aanbiddingsplekke vir haar ingerig waar die Maria-demoon al aan mense verskyn het en waarheen pelgrims na plekke soos Lourdes (Frankryk), Fatima (Portugal) en “Ons Dame van Guadalupe” (Mexiko) reis om seën of genesing te ontvang.

Nêrens in die Bybel is daar enige aanduiding dat Maria tot dieselfde vlak as Jesus verhef, aanbid of verheerlik moet word nie.  Sy was slegs geseënd omdat sy die Christuskind gebaar het en niks meer nie.  Daarom het die vroeë Christelike kerk geen Mariaverering geken nie.   In die 21 apostoliese briewe wat vir ons in die Bybel opgeteken is, word daar nie eenmaal na Maria verwys nie omdat sy geen rol in die uitbreiding van die Christendom sou speel nie.

Protestante sal Rome se afgodiese liefde en toewyding aan die Maria-demoon nooit begryp nie.  Daarvoor moet ʼn mens met ʼn Roomse gewete gebreinspoel wees. Rome se fabelleer oor Maria stem baie met die leer van die dwaalsieke Melekiete van die vierde eeu ooreen.  Dit was ʼn sekte wat tydens die Sinode van Nicea (325n.C) die kerk probeer oortuig het dat die Drie-eenheid uit God (Vader), Christus (Seun) en Maria (middelaar) bestaan.

Rome se uitbeelding van Christus stuit Protestante teen die bors.  Hy word altyd as ʼn hulpelose uitgebeeld; of as ʼn baba, of dood in Maria se arms of dood aan ʼn kruis.   So ʼn hulpelose beeld sal oningeligte mense vir seker aan Christus se middelaarskap laat twyfel!   So ʼn Christus wek hoogstens gevoelens van meegevoel en hartseer op,  maar nie van hoop of vertroue nie.   Geen wonder dat Rome ʼn lewende Maria bo ʼn dooie Jesus verkies nie!

Pous Pius XII het in 1950 die grootste onsin oor Maria kwytgeraak toe hy in ʼn ex cathedra-uitspraak gesê het dat haar liggaam drie dae na haar dood opgewek is om as koningin van die hemel op ʼn troon aan die regterhand van Christus te gaan sit.  Wat is dit anders as ʼn bose parallel van Christus se opstanding en hemelvaart met ʼn Maria wat Christus na die kroon steek?

Rome leer in werklikheid niks nuut nie.  Die Babiloniërs het ook geglo dat Semiramis uit die dood opgestaan en ten hemel gevaar het en ʼn ereplek as die hemelkoningin beklee.    In aansluiting hierby glo die RK dat Maria se geboorte ook soos Christus s’n bonatuurlik was en dat sy sonder sonde was.   Daarom is haar bonatuurlike koms met ʼn bonatuurlike verlating afgesluit.

Soos wat die Jesus wat in die Mormoonse kerk verkondig word nie die Jesus van die Bybel is nie, is die Maria van die RK nie die Bybelse Maria nie maar ʼn demoon wat vir die misleiding dieselfde naam aangeneem het.   Die Bybelse Maria was geseënd, nederig en het ʼn behoefte aan ʼn Verlosser gehad.   Sy was ʼn sondaar en sondaars kan nie redders wees nie.  “En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie” (Hand. 4:12).

Die uitbeelding van Maria is geensins Joods nie maar eerder Babilonies.  Maria word as ʼn jong vrou met blou oë en blonde hare uitgebeeld.  Dit stem eerder met afbeeldings van Semiramis uit argeologiese opgrawings ooreen.  Die Roomse Maria word net soos Semiramis dikwels met ʼn stralekrans om die kop uitgebeeld.   Die stralekrans is die simbool van die songod.

Daar is deur die eeue al soveel fiksie en fabels aan die valse Maria toegedig, dat die ware Maria in die stortvloed van Roomse onsin verdwyn het.   Desondanks bly die Semiramis-Maria die rolmodel vir alle Roomse vrouelidmate wat haar hartstogtelik aanbid!

3.2   Gebedekrale

Die aanbidding van Maria sluit ook met die gebruik van gebedekrale (Rosary) in.  Dis in der waarheid ʼn minagting van Christus se waarskuwing:  “En as julle bid, gebruik nie ʼn ydele herhaling van woorde soos die heidene nie, want hulle dink dat hulle deur hul baie woorde verhoor sal word”(Mt.6:7).

God het geen behae in betekenislose woorde en vormgodsdiens soos die gebruik van hierdie gebedekrale waarin 52 keer tot Maria gebid word sonder om een maal die naam van Jesus te noem!   ʼn Toegewyde lidmaat bid dus in ʼn gemiddelde leeftyd van 70 jaar meer as een miljoen keer tot Maria.   Wat ʼn misleiding!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3813 gaste aanlyn