NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons is meestal so bang dat ons lewens sal eindig, maar ons behoort baie meer bang te wees oor die feit dat ons dalk nog nie eers begin leef het nie!

DIE DUISTERNIS VAN HIERDIE EEU (6)

Frank Peretti

Lees reeks by Die duisternis van hierdie eeu

Dis is ’n donker, reënerige nag en die druppels wat teen die vensters vasslaan, hou Hank en Mary uit die slaap. Namate die ure verbygaan, sluimer Mary tog in. Hank bly egter wakker — gespanne en bewus van 'n geweldige las wat op hom rus. Dit was 'n moeilike dag. Hy het lank gesukkel om die afskuwelike swart letters doodgeverf te kry en die wete dat mense hom so haat, het hom diep ontstel. Boonop kon hy nie sy gesprek met Alf Brummel vergeet nie. En die gemeentevergadering van Vrydagaand lê soos 'n berg voor hom. Hy lê in die donker en bid woordeloos. Die matras voel so hard en knopperig. Die slaap wil nie kom nie. Hy rol van die een sy na die ander. As hy net nie vir Mary uit die slaap hou nie. Die kussing voel so hard. Eindelik soek hy ’n sakdoek en blaas sy neus. Hy kyk op sy horlosie. Dis tien minute oor twaalf. En hulle het tienuur kom lê.

Eindelik raak hy tog aan die slaap, ’n onrustige slaap vol ontstellende drome. Aanvanklik is dit ’n gewone droom, ’n rit in ’n motor, wat eindig in ’n vliegtuig, maar dan begin dinge chaoties word. Allerhande gevare begin op hom toesak. Hy voel asof hy van ’n hoë gebou afval en hy proe bloed in sy mond. Allerhande figure en kleure verskyn voor hom. Dit voel asof hy moet veg vir sy lewe.
Hy kan niks verstaan nie — alles is deurmekaar en verward, maar een ding weet hy — ’n verskriklike, onbeskryflike vrees oorweldig hom.

Hy hoor die geklop in sy kop. Dit word harder en harder. Die hele wêreld draai in die rondte. Hy is half-wakker en probeer sy oë oopmaak. Hy verbeel hom dat hy eienaardige vorms sien — ’n aaklige gesig met uitpeuloë. ’n Reuk van swawel laat hom na asem hyg.

Dan gaan sy oë oop. Hy verbeel hom dat die gesig wegsmelt. Hy voel ’n verskriklike hou op sy bors. Hy hyg na sy asem. Sy hart klop asof dit uit sy borskas wil uitspring. Hy voel die sweetdruppels wat oor sy hele liggaam uitpars. Sy klere is papnat. Die onbeskryflike angs druk hom op die bed vas.

Dis net ’n nagmerrie . . . net ’n nagmerrie . . . maar tog voel dit so werklik. En hy kan net nie wakker word nie. Hy maak sy oe heeltemal oop en kyk deur die kamer. Alles lyk normaal. Die figuur wat hy gesien het, is net sy hemp wat oor ’n stoel hang en die vreemde lig is maar net die straatlig wat na binne skyn en op sy horlosie weerkaats.

Maar die vrees bly — iets tasbaars en bedreigend. Hy bewe van kop tot tone. Hy wag en luister. Selfs die stilte voel dreigend. Hy weet daar is iets, iets boosaardigs, iets of iemand wat net wag vir die regte oomblik om aan te val.

Meteens hoor hy iets? Wat is dit? ’n Gekraak iewers in die huis!
Is dit voetstappe? Nee, dis net die wind teen die ruite aan. Die reën het opgehou. Maar dan hoor hy iets in die woonkamer. Hy het nog nooit voorheen so iets gehoor nie. Hy moet wakker word . . . hy moet wakker word! As sy hart net nie so hard klop nie!

Met kragsinspanning kom hy orent. Hy bewe van kop tot tone. ’n Paar minute sit hy roerloos, met sy hand teen sy kloppende hart vasgedruk. Hy voel hoedat sy sweet yskoud word. Wat moet hy doen?
Moet hy opstaan of weer lê. Slaap is buite die kwessie. Hy besluit om op te staan — ’n bietjie in die huis rond te loop. Miskien voel hy dan beter.

’n Gekletter soos iets wat val, klink vanuit die kombuis. Sy hare staan orent. Hy begin bid.

Marshall ondervind dieselfde worstelstryd, dieselfde vreesaanjaende drome en die uitmergelende angs. Hy hoor stemme. Iemand wat iewers praat. Is dit Sandy? Of die radio?

Hy glip uit die bed. Wat gaan in hierdie dorp aan? Dis asof bose magte hier losgelaat is. Hy trek sy pantoffels aan en glip na die hangkas om ’n bofbalkolf in die hande te kry. Hy moet darem ’n wapen hê om homself te verdedig. Iemand se kop gaan in die slag bly!

Hy loer by sy kamerdeur uit — op en af in die gang. Alles is donker, net sy flitslig beweeg teen die mure heen en weer. Maardie vrees knel op die krop van sy maag. Wat gaan aan? Waarom is hy so bang? Hy reik na die skakelaar van die ganglig en skakel dit aan. Duisternis! Die gloeilamp het blykbaar geblaas. Hy voel hoe sy moed geleidelik wegsypel.

Desperaat gryp hy die kolf stywer vas. Hy beweeg stadig in die gang af, al langs die muur. Hy luister aandagtig. Hy hoor iets — ’n geskuifel. Toe hy die woonkamer binnegaan, sien hy iets. Angstig druk hy homself teen die muur vas.

Die voordeur is oop! Nou klop sy hart regtig met dawerende slae, maar tog voel hy effens beter. Dit beteken immers dat daar ’n werklike vyand is, iemand van vlees en bloed. Maar hierdie vrees! Wat veroorsaak dit? Hy het vroeër die dag dieselfde angs deurgemaak.

En toe kry hy ’n vreemde gedagte. Daardie professor — sy moet hier iewers in die huis wees!

Hy sluip in die gang af na Sandy se kamer toe om seker te maak dat sy veilig is. Hy wil Kate en Sandy teen die vyand daar buite beskerm, wie of wat dit ook al mag wees. Sandy se kamerdeur is oop, en dit is vreemd. Hy sluip versigtig nader en met die kolf gereed in sy hande, loer hy na binne.

Die kamer is leeg — sy is weg! Hy skakel die lig aan. Sy het in die bed geslaap, want die beddegoed is deurmekaar en die kamer is in wanorde.

Terwyl hy in die donker gang afsluip, wonder hy of sy nie dalk net ’n glas water gaan haal het nie. Miskien kon sy nie slaap nie. Dalk sit sy iewers en lees. Maar dan weet hy, diep in sy hart, dat dit nie so is nie. lets is verkeerd, verskriklik verkeerd. Hy haal diep asem om homself te probeer kalmeer, maar dit voel asof iets dreigend al nader en nader kom — ’n monster of iets afskuweliks.

Hy bereik die badkamer en skakel die lig aan. Alles lyk dood normaal. Hy laat die lig aan en gaan terug na die woonkamer. Hy loer versigtig na binne. Dan hoor hy weer die eienaardige, skuifelende geluid. O, dis seker net die luggie wat deur die gordyne ritsel.
Maar Sandy is nêrens te sien nie. Miskien is sy buite.

Maar die gedagte om deur die woonkamer na die voordeur te stap, vul hom met angs. Dalk skuil iemand agter die meubels. Nogtans moet hy Sandy gaan soek. Met die kolf in sy hande sluip hy behoedsaam teen die muur langs, langs die musieksentrum verby en tot by die voordeur.

Eindelik is hy buite op die voorstoepie in die vars, koel naglug. Meteens voel hy veiliger. Die dorp is baie stil die tyd van die nag. Almal slaap seker. Niemand is so mal soos hy om in die middel van die nag met ’n kolf in die hand in sy huis rond te sluip nie.

Hy gaan weer na binne en sluit die deur agter hom. Die oomblik toe hy dit doen, voel dit asof hy homself in ’n kamer vol giftige slange toegesluit het. Weer sak die vrees oor hom toe. Waarom is dit so verskriklik donker? Die ligte brand, maar dit lyk asof al die gloeilampe dof is. Die groot man druk sy rug teen die muur vas en staar voor hom uit. Wat gaan aan? Daar moet iets of iemand in die huis wees al kan hy niks sien nie.

Buitekant tussen die groen plantegroei huiwer Tal en sy makkers en hou die situasie dop. Daar is ongeveer veertig bose geeste wat Marshall van alle kante af toetakel. Hulle vlieg in en uit soos groot swart voëls en gil en vloek aanhoudend. Tal hou sy oë oop vir Rafar, maar die gedugte leier van die bose magte maak nie sy opwagting nie. Nee, hy is nie hier nie, maar dis baie seker dat hy die demone gestuur het.

Tal en sy makkers voel intens saam met Marshall. Hulle weetwat hy deurmaak en hulle simpatiseer met hom. Hulle sien hoedat ’n klein demoon met skerp penne en kloue op sy lyf op Hogan se skouers klim en hom treiter en martel.

“Jy gaan sterf, Hogan, jy gaan sterf” kreet hy dit uit. “Jou dogter is dood en jy gaan ook sterf.”

Guilo kan homself amper nie meer beheer nie. Hy pluk sy groot swaard uit sy skede, maar Tal se sterk hand gryp hom vas.

“Asseblief, Kaptein,” pleit Guilo. “Ek kan nie so stilsit en sien hoedat hulle die man verniel nie.”

“Nee, Guilo. Hou jouself in toom,” maan Tal.

“Ek wil net een hou slaan, Kaptein.”

“Nee, my vriend,” se Tal stilweg. “Hy moet dit deurgaan. Dit is noodsaaklik.”

Hank het al die ligte in sy huis aangeskakel, maar tog bly die lig so dof met baie eienaardige skaduwees. Soms lyk dit amper asof die skadu’s beweeg, ’n bonatuurlike, vreemde, ritmiese beweging, ’n onderaardse asemhaling wat Hank se hare laat rys. Hy staan in die deur tussen die kombuis en die woonkamer en luister aandagtig.
Hy voel ’n wind wat deur die huis beweeg, maar dis nie ’n koel wind van buite nie, nee, ’n warm, drukkende, benoude wind van iewers binne die huis.

Die gekletter wat hy vroeër in die kombuis gehoor het, was blykbaar ’n mes wat van die opwasbak afgegly en op die vloer te lande gekom het. Maar alhoewel hy nou weet wat die geraas veroorsaak het, is hy nog net so bang, indien nie banger as voorheen nie. Hy weet hy moet een of ander tyd die woonkamer betree en ondersoek instel, maar hy bewe van angs. Eindelik skep hy al sy moed bymekaar! Die eerste tree in die woonkamer voel asof hy in ’n donker gat afstort. Al sy hare staan orent en hy begin desperaat en hardop bid.

Toe val hy, plat op die vloer! ’n Verskriklike gewig druk hom neer. Hy spartel so al wat hy kan, nes ’n vasgekeerde dier. Sy arms en bene slaan en skop in alle rigtings. Meubels val om, maar in sy angs voel hy geen pyn nie. Dit voel asof die hele vertrek vol rook is.

Donkerte oorweldig hom. Hy verloor kontak met die werklike lewe. Hy voel dat hy besig is om te sterf. Dan sien hy twee afskuwelike geel oë vol haat wat hom glurend aanstaar. Sy keel word stadig maar seker toegedruk.

“Jesus,” roep sy onderbewussyn, “help my asseblief!”

’n Gedagte skiet hom te binne: “Bestraf die duiwel. Die Bybel sê: ‘Bestraf die duiwel en hy sal van julle wegvlug’.”

Toe praat Hank met al die gesag tot sy beskikking: “Gaan weg van my af, in Jesus se Naam.”

Die verskriklike gewig is meteens weg en Hank voel asof hy kan vlieg. Hy haal diep asem. Sy opponent is weg, maar die donker vrees is nog daar.

Hy sit regop en haal diep asem. Toe praat hy weer: “Ek gebied jou, in Jesus se Naam, gaan weg uit my huis!”

In die slaapkamer skrik Mary wakker. Die vreeslikste geluide, gille en krete weerklink deur die huis. Maar hulle word spoedig sagter en sterf dan weg.

“Hank,” roep Mary desperaat. “O Hank!”

Marshall lig die kolf bo sy kop en skreeu so hard as wat hy kan. Sy opponent gil ook — deurdringend! Net betyds sien hy dis Kate!

“Marshall,” snik sy, ontsteld en kwaad. “Wat op aarde doen jy? Waarom wil jy my met die kolf slaan?”

Marshall sug en sak inmekaar soos ’n afgeblaasde ballon: “Kate, o Kate!”

“Was daar iemand in die huis?” vra sy verskrik.

“E . . . nee . . . nee,” mompel hy met ’n gevoel van verligting. “Ek het gekyk.”

“Maar ek het jou met iemand hoor praat?”

Hy kyk haar aan asof sy van haar sinne af is: “Lyk dit vir jou of ek ’n gesprek met iemand gehad het?” vra hy verergd.

“Nee,” erken Kate en skud haar kop fronsend. “Maar ek het stemme gehoor. Ek het seker gedroom. Tog was dit so werklik. Is jy seker jy het nie met iemand gepraat nie?”

“Nee, ek het nie. Miskien is dit spoke.”

Sy druk haar vingers in sy vleis in. “Moenie so praat nie, asseblief.”

Sandy is weg!” verander hy die onderwerp.

“Wat! Wat bedoel jy?”

“Sy’s weg. Haar kamer is leeg.”

Kate drafstap in die gang af na Sandy se kamer toe. Marshall volg haar. Saam kyk hulle die kamer deur.

“Marshall,” se Kate eindelik ontsteld. “Hier’s van haar klere weg. . . en haar boeke. O, my man, sy het die huis verlaat. Sy’s regtig weg.”

Hy kyk haar ’n hele ruk woordeloos aan. Dan stamp hy met sy kop teen die muur uit pure frustrasie.

“Sy en ek het weer vandag ’n bloutjie geloop.”

“Ja, dit het ek besef toe jy sonder haar huis toe gekom het.”
“Wie het Haar toe gebring?”

“Terry, daardie vriendin van haar.”

“Miskien het sy by Terry gaan oornag.”

“Moet ons soontoe skakel?”

Marshall sluit sy oë om te dink. Dan skud hy sy kop: “Nee, dis baie laat. As sy daar is, is sy daar en as sy nie daar is nie, het ons hulle verniet wakker gemaak.”

“Maar . . . maar ons moet tog weet,” se Kate paniekerig. “Ek gaan bel.”

“Nee . . . wag, gee my net ’n oomblik om te dink.”

“Ek wil net weet of sy veilig is.”

“Nou goed dan . . . nes jy wil . . .”

Kate merk skielik dat Marshall nie goed lyk nie. Hy is wasbleek en haal moeisaam asem.

“Wat makeer, Marshall?” vra sy bekommerd.

“Gee my . . . net . . . ’n oomblik . . .”

Bekommerd sit sy haar arm om hom. “Wat makeer?” hou sy vol.
“Ek . . . ek is bang . . .” fluister hy eindelik, en leun teen die deurkosyn aan. “Kate ek is bang en.ek weet nie waarom nie.”
“Marshall?” Kate voel die angs in haar opstoot.

“Toe maar,” troos hy. “Moenie op hol raak nie.”

“Miskien moet ek ’n bietjie melk gaan warm maak. Dalk sal dit jou beter laat voel,” fluister sy eindelik.

“Ja, dankie, dis ’n goeie plan.”

Dis die eerste keer dat Hank Busche bose geeste in Jesus se Naam bestraf het, maar hy het hom besonder goed van sy taak gekwyt. Die bykans honderd demone wat met soveel aggressie en vermetelheid op die huis toegesak en die jong predikant getreiter het, kom meteens gillend en skreeuend uit die huis gevlieg soos ’n groep verwilderde vlermuise. Krioni, Triskal en die ander wat die situasie monitor, merk met verligting hoe die kwaaddoeners die aftog blaas.
Hulle weet dat Ba-al hierdie moeilikheidmakers gestuur het en nou is die vraag hoe hy gaan reageer noudat sy trawante deur die jong predikant verwilder is.

Eindelik is almal weg en kalmte daal weer neer. Krioni en Triskal haal makliker asem. Hulle is baie beïndruk.

“Tal was reg,” se Krioni. “Hierdie jong man is innerlik sterk.”

Maar waar Hank en Mary by die kombuistafel sit, voel nie een van hulle juis sterk of manhaftig nie. Inteendeel, Hank het ’n knop op sy voorkop en talle skrape aan arms en bene. Hy is maar te dankbaar dat hy met sy lewe daarvan afgekom het. Arme Mary ly beslis nog aan skok.

Albei van hulle voel verleë en nie een wil eerste oor die gebeure praat nie. Dis so abnormaal dat hulle wonder of dit nie dalk aan ’n te groot aandete te wyte kan wees nie. Tog word die knop op Hank se voorkop al groter. Dit kan hy nie ontken nie en daarom moet hy haar vertel wat gebeur het. Mary luister aandagtig en sy glo elke woord, want sy het die verskriklike geskreeu gehoor. Hulle besef dat die gebeure van die nag nie maar net ’n nagmerrie was nie, maar die koue, harde werklikheid.

“Dit was demone,” fluister Hank eindelik.

Mary knik instemmend.

“Maar waarom?” vra Hank fronsend. “Waarom?” Na ’n kort pouse vervolg hy: “Ek dink ek het een les geleer. Ek was nie voorbereid op so ’n aanval nie.”

Mary plaas ’n handdoek met ysblokkies op sy voorkop. Hy krimp ineen.

“Ek was nie gereed nie. O, Here, help my om in die toekoms voorbereid te wees. Help my om die wysheid en insig te hê om te weet wat gaande is.”

Mary druk sy hand bemoedigend. Dan fluister sy: “Miskien is die Here reeds besig om dit te doen. Deur hierdie gebeurtenis berei hy jou voor op die stryd wat nog moet kom. Hoe sal ’n mens ooit die magte van die bose kan weerstaan as jy nie eers van hulle bewus is nie.”

“Natuurlik! Jy’s reg, Vroutjie.”

“En wat meer is, jy het hulle deur die genade van die Here oorwin. Hulle is weg, nie waar nie? En jy is nog hier. Ek het hulle wanhoopskrete gehoor.”

“Is jy seker dit was nie my krete nie?”

“Ja, ek is.”

’n Paar oomblikke stilte daal tussen die twee jongmense neer.

“Wat moet ons nou doen?” vra Mary eindelik.

“Bid,” antwoord Hank. Vir hom is dit altyd die logiese optrede in enige situasie. Hulle neem mekaar se hande en daar in die kombuis bid hulle ernstig en dringend tot hulle Hemelse Vader. Hulle dank Hom dat Hy hulle beskerm het. Vir meer as ’n uur bid hulle; vir hulle kerk en gemeente, vir die hele dorp, vir die mense in beheer, vir die land en vir die hele wêreld. En namate hulle bid kom die wonderlike oortuiging dat God hoor. Hulle weet hulle het kontak met die lewende almagtige God. En Hank weet vas en seker, dat hy die stryd moet voortsit. Hy mag nie toegee nie. God wil hê dat hy in Ashton moet aanbly en die stryd aanknoop.

 Die warm melk en Kate se teenwoordigheid werk kalmerend op Marshall se gemoedstoestand en gaandeweg groei die oortuiging dat hy darem die lig van die nuwe dag sal aanskou.

“Voel jy beter?” vra Kate terwyl sy nog ’n sny roosterbrood smeer.

“Ja,” antwoord hy verlig. “Sjoe, ek weet darem nie wat met my gebeur het nie.”

Kate oorhandig twee snye roosterbrood aan hom en hy begin eet. Na ’n rukkie sê hy: “Dan is Sandy nie by Terry nie.”

Kate skud haar kop: “Wil jy oor Sandy praat?” vra sy sag.

“Ja. Ek dink ons het heelwat om oor te gesels. Dink jy dis alles my skuld?”

“Ag Marshall, ek weet nie wat om te dink nie.”

“Toe, wees maar eerlik. Miskien het ek nodig om die waarheid te hoor.”

Hulle kyk mekaar ’n paar oomblikke in stilte aan. Dis ’n blik van wedersydse liefde en vertroue.

“Nee, ek dink nie dis jou skuld nie,” se Kate eindelik.

“Wei, vandag het ek ’n gemors van alles gemaak.”

“Ons maak almal foute. Sandy ook. Onthou, sy moet ook besluite neem.”

“Miskien gee ons haar nie die geleentheid om te kies nie,” sê Marshall.

“Dink jy nie jy moet die situasie met pastoor Young bespreek nie?”

Hogan skud sy kop. Hy lyk meteens teneergedruk. “Ag, ek weet nie. Young is so ’n dramatiese persoonlikheid ... so besig om haaie van uitwissing te red ...”

“Maar ek dog jy hou van die man,” sê Kate verbaas.

“Ag wel, ek weet nie. Maar somtyds voel dit nie vir my of ek kerk toe gaan nie. Sommige van sy dienste kan net so wel ’n lesing wees — ja, een van Sandy se sielkundige lesings.” Hy kyk haar ondersoekend aan. Sy luister aandagtig: “Kate, voel jy nie ook somtyds dat God tog groter moet wees nie. Die God wat Young aan ons voorstel voel soms vir my so klein . . . en amper onwerklik . . .en dom! Ek kan nie verwag dat Sandy na sy preke moet luister nie. Ek self vind niks daar nie.”

“Ek het nooit besef dat jy so daaroor voel nie,” sê Kate.

Hy sug. “Miskien het ek self ook nie voorheen so daaraan gedink nie. Dis net, hierdie besigheid van vanaand. Dis grillerig. En die laaste tyd gebeur baie sulke dinge.”

“Wat se dinge, Marshall? Wat bedoel jy?”

Marshall antwoord nie. Hoe kan hy dit aan haar verduidelik? Sy sal mos nie verstaan as hy vertel van die eienaardige gevoel wat hy in Brummel se kantoor gekry het nie; of in daardie professor se klas — die angs en benoudheid. Dis alles so onverklaarbaar. En die ergste van alles is sy onvermoë om terug te veg. Dit voel asof hy deur iets beheer word. Maar hy kan tog nie hierdie dinge aan Kate vertel nie.

“Ag ... dis ’n lang storie,” se hy eindelik. “Al wat ek weet is
dat ons hele bestaan, ons lewenswyse, ons huislike lewe, ons godsdiens, ja alles, werk nie. Ek sê jou, dit werk nie. lets moet verander.”

“Maar jy wil nie met pastoor Young gesels nie?”

“Nee . . ."

En toe, eenuur in die nag, lui die telefoon.

“Dis seker Sandy!” roep Kate uit. Marshall gryp die gehoorbuis.

“Hallo,” sê hy.

“Hallo,” klink ’n vrouestem in sy oor. “Jy’s nog wakker?”

Marshall herken die stem. Teleurstelling wel in hom op. Dis nie Sandy nie, maar Bernice.

“O, hallo Bernie,” sê hy en Kate wat hom angstig dophou, byt op haar lip van teleurstelling.

“Jammer dat ek so laat bel, maar ek was uit en toe wou ek die film laat ontwikkel ... is jy kwaad?”

“Ek sal more kwaad wees, maar nou is ek te moeg. Wat het jy gevind?”

“Luister mooi,” se Bernie en haar stem bewe van opwinding. “Daar was twaalf foto’s in die rol insluitende die een van Brummel, Young en die drie onbekendes wat ek by die karnaval afgeneem het. Almal het uitgekom behalwe die wat ek by die karnaval geneem het. . . hulle is heeltemal dof. En daar is niks met my kamera verkeerd nie.”

Marshall staan doodstil. Hy sê niks nie.

“Marshall . . . is jy nog daar?” vra Bernie eindelik.

“Hmmm ... dis interessant.”

“Daar’s iets aan die gang, daarvan is ek oortuig. Lyk my of daar enkele vingerafdrukke op die rol is. Ek wonder of ek kan vasstel wie s’n dit is.”

“Hoe het die ander vrou gelyk?” vra Marshall skielik. “Die blonde een.”

“Nie te oud nie, lang blonde hare . . . nie baie vriendelik nie.”

“Vet of maer?”

“Baie mooi gebou.”

Marshall frons. Sy geheue werk oortyd. Eindelik sug hy: “Ek sien jou moreoggend.”

“Goed.  Dankie dat jy geantwoord het.”

Marshall plaas die gehoorbuis neer. Kate kyk hom vraend aan:
“Wat wou Bernie gehad het?”

“Niks besonders nie. Sommer iets oor die koerant. Waaroor het ons nou weer gepraat?”

“Oor die moontlikheid dat jy met pastoor Young moet gaan gesels,” sê Kate.

“Young!” Marshall staar voor hom op die tafel. Dan meteens kyk hy op. “Ja, ek wil met hom praat. Beslis sal ek met hom praat.”
Hy praat soos iemand in ’n droom. “Definitief.”

“Dit kan immers nie kwaad doen nie . . .”

“Nee, dit kan nie.”

Kate kyk Marshall vraend aan. Hy klink meteens so anders, so aggressief. Dis of daar weer ’n nuwe lewenslus in hom opgevlam het. En vir die eerste keer, sedert hulle uit New York weg is, sien sy weer die vuur in sy oë — die ou veglus waarvoor hy altyd bekend was.

“Marshall,” sê sy skielik moeg. “Kom ons gaan lê.”

“Ek glo nie ek sal kan slaap nie.”

“Ek weet,” antwoord sy stilweg.

Terwyl hierdie gesprek aan die gang is, luister Tal, Guilo, Nathan en Armoth na elke woord. Niks ontglip hulle nie. Hulle sien alles en verstaan alles.

Tal glimlag en sê met genoegdoening: “Ja, Marshall, jy was nog nooit iemand wat baie geslaap het nie. En nou het Rafar jou weer wakkergemaak. Nou sal die poppe dans!”

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1913 gaste aanlyn