NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Soms kalmeer die HERE die storm, en soms laat Hy die storm woed en kalmeer sy kind.

ROOMSE MISLEIDING ONTMASKER (4)

Ds A E vd Berg

Lees reeks by Roomse misleiding ontmasker

Godin-verering

Babilon het in die Bybel altyd ʼn ongunstige betekenis. Vanaf die bou van die toring (Gen.11) tot in Openb.18 staan dit in die teken van opstand teen God.   Babel was ʼn stad aan die benedelope van die Eufraat- en Tigrisriviere (tans Irak). Die Grieke het dit Babilon genoem omdat Babel die hoofstad daarvan was. Babel beteken godspoort. Ironies genoeg was dit nie ʼn poort na God toe nie, maar eerder na die Satan toe.

Die Babiloniërs was almal afgodsdienaars wie se godsdiens om die as van verborgenheid gedraai het. Slegs priesters kon mense in dié geheimsinnigheid onderrig. Wie dit te wete wou kom, moes vooraf eers ʼn geheime drank drink wat hulle bedwelm en in die mag van die priesters geplaas het.

Jeremia verwys hierna as hy sê dat Babel ʼn goue beker is wat die aarde dronk en nasies rasend maak (Jer.51:7).   Johannes praat simboliese van haar:

“...en sy het in haar hand ʼn goue beker gehad, vol van gruwels” (Openb. 17:4). “...omdat al die nasies gedrink het van die wyn van die grimmigheid van haar hoerery …” (18:3).

Die Babiloniërs se drang na kennis van die verborgenhede het aan die priesters ongekende mag besorg. Hulle is as die enigste vertolkers en uitlêers hiervan geag en gevolglik die enigstes wat mense daarin kon onderrig. Sonder die priesters se hulp het Babiloniërs nêrens gekom nie.      

Om by die verborgenhede ingelyf te bly, moes ʼn persoon gereeld alles wat op sy gemoed was aan ʼn priester bekend maak.   Vandaar die oorsprong van die RK se bieg.   Gevolglik het priesters alles van almal geweet. Dit het tot godsdiensdespotisme gelei soos wat later ook in die RK die geval was.

Babiloniese priesters is aan kaal koppe of ʼn kaalte bo-op die kop (kroonskeer) gekenmerk. Dit was heidens en vir Joodse priesters taboe:

Hulle mag op hul hoof geen kaalte maak …” (Lev. 21:5).

Sekere Roomse priester-ordes is later daaraan gekenmerk wat hul Babiloniese herkoms verraai het. Dit was immers dieselfde godsdienssisteem!

Babilon se godsdiens het om die aanbidding van ʼn godin gedraai - Semiramis, die vrou van Nimrod.   Sy was ʼn werktuig in die hand van die Satan wat allerlei heiden-gebruike soos bv. die selibaat gevestig het waardeur priesters en tempelmaagde vir haar diens afgesonder is. Sy is as ʼn verhewe vrou met ʼn goue beker in haar uitgestrekte hand uitgebeeld wat magshebbers aan haar onderwerp.

Nadat Nimrod vermoor is, het ʼn priester ʼn seun by haar verwek wat sy Tammuz genoem het. Sy het haar onderdane egter laat glo dat Nimrod een nag uit die dood teruggekeer en haar op bonatuurlike wyse bevrug het. Die Babiloniërs het die storie geglo en Tammuz as ʼn wonderseun en reïnkarnasie van Nimrod aanvaar.   Daarna is daar oral in die beelde van haar as ʼn moeder met die wonderseun in haar arms in die ryk opgerig.

ulle Hulle Semiramis is egter eers na haar dood as godinmoeder vereer en die hemelkoningin genoem waarna daar aan haar begin offer is; selfs Bondsvolklede in tye van godsdiensverval:

“En as ons vir die hemelkoningin rook laat opgaan en vir haar drankoffers uitgiet …” (Jer.44:19).

Heidene het gereeld aan haar geoffer. Die broodjie-offer was die gewildste. Dit was ʼn ronde wafeltjie:

“ … is dit dan sonder ons mans dat ons vir haar koeke maak om haar af te beeld en drankoffers vir haar uitgiet?” (Jer.44:19).  

Slegs toegewydes is toegelaat om dit te nuttig.   Die RK het later dieselfde offer as ʼn karikatuur van die Nagmaal voortgesit – die mis (Engels: Mass).  

Die vroeë kerk het nooit ʼn probleem met Maria gehad totdat die RK haar as hemelkoningin gekroon het nie.   Die NT sê weinig oor Maria.   Haar laaste aangetekende woorde is aan die begin van Jesus se amptelike bediening toe sy by ʼn bruilof sê:

Net wat Hy vir julle sê, moet julle doen” (Joh.2:5).

Nêrens in die Bybel word sy tot dieselfde vlak as Christus verhef of aanbid nie.   Sy was slegs geseënd omdat sy die Jesus-kind gebaar het en niks verder nie.   Daarom het Maria-verering in die vroeë kerk ontbreek.   Gelowiges sou dit as afgodery beskou en summier veroordeel het!

Gelowiges sal nooit die RK se afgodiese liefde en toewyding aan Maria begryp nie. Daarvoor moet ʼn mens met ʼn Roomse gewete gebreinspoel wees.   Die fabelleer oor haar stem met die leer van die Melekiete ooreen; ʼn vroeë sekte wat tydens die Sinode van Nicea (325nC) die kerk wou oortuig dat die Drie-eenheid uit God (Vader), Christus (Seun) en Maria (middelaar) bestaan het.   Hul kettery is summier verwerp.

Die RK laster as sy van Maria as moeder van God praat.   Daar was niemand voor God nie! Die RK leer ook dat sondaars wat hulle voor Jesus verootmoedig, nie altyd van gebedsverhoring seker kan wees nie omdat Hy hom hoofsaaklik met geregtigheid en oordeel besig hou en genadebetoning aan sy moeder oorlaat. Gevolglik het sondaars ʼn beter kans om met hulle versugtinge by Maria geholpe te raak as by Jesus. Dit bots met Jesus se eie woorde:

Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is en Ek sal julle rus gee” (Mt.11:28)

Die RK beeld Jesus dikwels as ʼn hulpelose mens uit – ʼn baba dood in Maria se arms of dood aan ʼn kruis.   So ʼn negatiewe beeld sal mense vir seker aan sy middelaarskap laat twyfel. Dit verwek hoogstens meegevoel, maar nie hoop en vertroue nie. Daarom aanbid die RK eerder ʼn lewende Maria as ʼn dooie Jesus!

In 1950 het Pous Pius XII gesê dat Maria se liggaam drie dae na haar dood opgewek is waarna sy as hemelkoningin opgevaar en ʼn troon aan die regterhand van Jesus ontvang het. Die RK glo dat Maria se geboorte bonatuurlik en dat sy derhalwe sonder sonde was. Daarom is haar bonatuurlike koms na die aarde met ʼn bonatuurlike verlating daarvan afgesluit.

Nee, Maria was ʼn gewone sondaar en sondaars kan nie verlossers wees nie.

En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie” (Hand.4:12).  

Die RK bid eerder tot Maria as tot God.   Hulle glo dat Maria en die heiliges wat na hulle dood deur die RK verheerlik is van God die reg ontvang het om gebede aan te hoor. Dis verfoeilik, om die minste te sê! Die Bybel sê dat gelowiges alleenlik vir mekaar, maar nie tot mekaar mag bid nie.  

Daar is al soveel fiksie en fabel aan Maria toegedig, dat die werklike Maria in die stortvloed van Roomse onsin verdwyn het.   Desondanks bly sy as die moderne Semiramis die rolmodel vir Roomse vrouelidmate. Kortom: Sy is bloot van die een afgodsisteem na ʼn ander een verplaas; net met ʼn ander naam!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3780 gaste aanlyn