NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Word almal geoordeel?  Ja, maar nie almal word veroordeel nie.  Slegs diegene wat sonder Jesus gesterf het.  En die gelowiges?   Oor hulle aanvanklike klagstaat is die bloed van Christus gestort: “....En die bloed van Christus reinig ons van alle sonde” (1 Joh.1:7).   Dis God se uitveër!

ELIA EN ELISA (9)

Lees reeks by Boek: ELIA EN ELISA

GOD SE STRAFGERIG

Dr JP Botha

Die bondgenootskap wat Israel met Aram gesluit het, het drie jaar lank geduur.  Gedurende hierdie tyd was die vriendskap tussen Agab en Benhadad tegelykertyd voordelig en nadelig vir Israel.

Opkoms van 'n nuwe wêreldmag

Ver na die noordooste in Mesopotamië, in die bo-vallei van die Tigris, het die Assiriërs van Nineve op die wêreldtoneel verskyn as 'n nuwe militêre mag om mee rekening te hou.  Hulle het onder hul koning, Salmaneser, begin om die wêreld suidweswaarts te verken en het 'n bedreiging vir Sirië-Damaskus en vir Israel geword.  Agab en Benhadad kon nou hul gekombineerde mag teen die nuwe vyand monster.  Maar gedurende die drie jaar wat hulle saamgeveg het, het "vriend" Benhadad plekke wat aan Israel behoort het, soos Ramot in Gilead, beset en vir homself toegeëien.

Die Assiriërs slaan toe

Intussen is Salmaneser se magte in 853 v.C. in hul suidwaartse beweging deur Agab en Benhadad se gekombineerde leër by Orontesrivier in Noord-Sirië gestuit.  Salmaneser spog daarmee dat hy 'n groot oorwinning behaal het.  Hy sê hulle het soveel van die vyand doodgemaak en in die rivier gegooi, dat hulle droogvoets op 'n brug van lyke die rivier oorgesteek het!  Waarom het die Assiriërs dan na die slag van Karkar teruggetrek en vyf jaar lank weggebly as hulle vir Israel en Aram so 'n groot neerlaag besorg het?

'n Nuwe bondgenootskap

Agab en Isébel se dogter, Atalia, is getroud met Jehoram, die seun van koning Josafat van Juda.  Dit het uitgeloop op vrede en vriendskap tussen Noord- en Suid-Israel, sodat Agab op militêre hulp van Juda kon reken, nadat sy bondgenootskap met Benhadad, wat hom herhaaldelik in die rug gesteek het, beëindig is.

Oorlog met die Arameërs

Die Siriese koning het nie sy ooreenkoms met Agab nagekom nie en was na die slag van Karkar in besit van die waardevolle Ramot in Gilead.  Dit het vir Agab gegrief en hy het 'n nuwe bondgenoot gesoek om teen sy ou bondgenoot op te trek.  Gelukkig vir hom, kom sy swaer, koning Josafat van Juda, in Samaria aangery om 'n bietjie te kom kuier.  Agab het sy kans waargeneem en gevra dat Juda hom moet help om Ramot in Gilead van die Arameërs te bevry.

Die 400 profete

Koning Josafat was gewillig om Juda se leërmag saam met Israel s'n in 'n oorlog teen die Siriërs in te stoot.  Maar as 'n gelowige koning wat nie graag teen die wil van die Here gehandel het nie, het hy vir Agab aangeraai om eers die Here te raadpleeg voordat hulle teen die Arameërs optrek.  Agab het alle profete wat hy in die hande kon kry, laat bymekaarmaak en hulle na Samaria ontbied.  Daar het 400 van hulle opgedaag.

Die leuengees

Die twee konings het buite die poort van Samaria op 'n dorsvloer op hul koninklike stoele gesit, met die klomp profete voor hulle.  Dié was aanhoudend besig om te profeteer dat die konings maar die oorlog teen die Arameërs of Siriërs kan begin, dat hulle sal wen en Ramot in Gilead weer sal herower.

Koning Josafat het hierdie uitspraak nie heeltemal vertrou nie en vra vir koning Agab of daar dan nie nóg 'n profeet van die Here is wat geraadpleeg kan word nie.  Agab het toe teen sy sin die profeet Miga laat haal, wat vir hulle gesê het dat die Here 'n leuengees deur die monde van die profete laat praat het, om die konings om te haal om oorlog te maak.  Koning Agab gaan in hierdie stryd sneuwel en Israel gaan leierloos verstrooi word en die oorlog verloor.  Hulle het nie vir Miga geglo nie en het hom in die tronk gestop.

Die geveg

Die twee konings het ooreengekom dat Josafat in sy koninklike mondering op sy strydwa aan die geveg moet deelneem, terwyl Agab hom as 'n gewone soldaat sal vermom en saam met sy manne die aanval loods.

Koning Benhadad het vir sy manne gesê:  "Moenie julle tyd mors met Israel se gewone soldate nie. Kyk uit vir koning Agab, want ons moet hom in die hande kry!"

Toe die twee strydmagte uiteindelik teen mekaar te staan kom, was die enigste koninklike figuur wat die Arameërs gewaar het, koning Josafat van Juda.  Hulle het in groot getalle op hom afgestorm en sy manskappe kon hom ter nouernood red en hom met sy strydwa buite die gevegsterrein bring.

Agab sneuwel

Die Arameërs het gesien dat hulle hul vergis het.  Hulle het die koning van Israel nêrens gewaar nie.  Toe skiet een van hulle sommer 'n peilskoot in die rigting van Israel se strydwaens, onbewus daarvan dat sy pyl die koning van Israel tussen die skubbe van sy harnas en die borsplaat getref het.  Hy het sy drywer beveel om die perde om te ruk en hom uit die geveg uit te bring.

Die Arameërs het meedoënloos aangeval en die gewonde koning het besef dat hy hom nie geheel en al moet onttrek nie, maar dat hy op sy strydwa moet bly staan, om sy soldate aan te moedig en hulle moreel te versterk.  Maar Israel en Juda se strydmagte was aan die verloorkant.  Hulle kon die heeldag lank nie daarin slaag om die Arameërs terug te dryf en Ramot in Gilead weer te verower nie.

Koning Agab het laatmiddag in sy strydwa gesterf. Toe die nuus dat die koning dood is, die vegtendes bereik, het hulle moedeloos omgespring en al vlugtende voor die Arameërs uit na hulle tuistes teruggekeer.

Die koning se wa het teen die aand in Samaria aangekom.  Die buikplank van die wa het vol bloed geloop en dit is na die dam van Samaria geneem, waar die prostitute hulle gewoonlik gewas het.  Daar is die bloed afgewas en het die rondloperhonde dit opgelek.

Ahasia sit afgodediens voort

Die strafgerig oor die huis van Agab was besig om in vervulling te gaan.  Hy is in Samaria begrawe en sy goddelose seun Ahasia, het in sy plek koning geword.  Opgevoed deur sy Baäl-aanbiddende moeder Isébel, het hy voortgegaan om die afgode te dien en gemaak asof die Here God, aan wie Israel behoort, nie bestaan nie.

Ahasia se ongeluk

Hy was skaars 'n jaar lank koning, toe hy vanaf die boonste verdieping van die Samaria-paleis 'n bietjie te ver uit 'n venster geleun het en daar afgetuimel het.  Hy is ernstig beseer en almal  het vir sy lewe gevrees.  Hy stuur toe 'n paar boodskappers om vir die afgod Baäl-Sebub in Ekron te gaan vra of hy weer gesond sal word.

My laaste opdrag

Toe praat die Here weer met my en sê ek moet hulle op die pad gaan voorstaan en vir hulle vra of daar dan geen God in Israel is nie, dat hulle sover gaan om 'n afgod te gaan raadpleeg.  Die Here sê, omdat Ahasia sulke dinge doen, sal hy nie van die bed af opstaan nie, maar sterf.

Deur vuur verteer

Hulle is terug na die koning en toe hulle hom vertel dat 'n man met 'n leergordel om die heupe en 'n harige mantel met hulle gepraat het, het hy dadelik geweet dat dit ek, Elia was wat hierdie boodskap van die Here aan hom gestuur het.  Hy stuur toe 'n offisier met 50 manskappe om my te gaan vang.  Hulle het my opgespoor waar ek op die top van 'n berg sit.  Die offisier het na my toe opgeklim en gesê ek moet saamkom na die koning toe.  Toe het ek die Here gevra om hom en sy manskappe deur vuur te laat verteer.  Dit het gebeur.

Na 'n lang ruk gewaar ek weer 'n ander groep van 50 soldate wat my kom arresteer.  Die Here wou dit nie toelaat nie en het hulle ook almal deur vuur laat verteer.

Ek gaan na Samaria

Alhoewel daar toe al reeds deur Ahasia se obsessie om my te vang, meer as honderd mense die lewe ingeskiet het, was hy vasberade om my in die hande te kry en stuur 'n derde groep van 50 om my te gaan haal.  Hulle leier was baie versigtig.  Hy het die berg uitgeklim en voor my neergeval en gesmeek dat ek hul lewens moet spaar.

Toe sê die Engel van die Here vir my:  "Klim af saam met hom; moenie vir hom bang wees nie."  Ek is saam met hom die berg af na die paleis in Samaria, net om voor die siek koning Ahasia te gaan staan en vir hom te sê:

"So sê die Here:  Omdat jy boodskappers

gestuur het om Baäl-Sebub, die god van

Ekron te raadpleeg, asof daar geen God

in Israel is wat geraadpleeg kan word nie,

sal jy nie opstaan uit die bed waarin jy nou

lê nie.  Jy gaan sterf."

Joram word koning

Die Here was besig om die strafgerig wat Hy oor die huis van Agab uitgespreek het, stadigaan uit te voer.  Koning Ahasia het gesterf en is deur sy jonger broer Joram opgevolg.  Hierdie Joram was nie heeltemal so goddeloos soos sy broer Ahasia en sy pa Agab nie.  Hy was ooggetuie van verskeie wonders wat deur die almag van God plaasgevind het en kon nie onverskillig daar teenoor staan nie, maar die invloed van sy goddelose moeder, Isébel, het 'n demper op sy regering en sy geloof in God geplaas.

Uitroei van Agab se geslag

Die Here se strafgerig het nie net by die dood van Agab en dié van sy seun Ahasia geëindig nie, maar het voortgegaan totdat al die nakomelinge van Agab om die lewe gebring is.  Die Here het  vir koning Jehu van Israel daarvoor gebruik.

Elisa

Die verhaal hoe dit alles plaasgevind het, sal my opvolger, die goeie Elisa, vir jou vertel.  My optrede voor Ahasia, koning van Israel, waarheen die Here my gestuur het, was die laaste werk wat ek vir Hom op die aarde gedoen het.  Hy het aan my openbaar dat my werk vir Hom afgehandel is en dat Hy my na Hom toe gaan roep.  Ek het geweet dat as dit gebeur en ek nie meer op die aarde sal wees nie, sal die Here God daardie goeie man, Elisa, net so gebruik as vir my, om sy Woord aan Israel en sy konings te bring.

Ek wag dat die Here my moet kom haal.

 

_______________

 

 

 

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3000 gaste aanlyn