Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Twyfel jy of God 'n plan met jou lewe het? Jy vertrou dan op die son, die maan en die getye. En jy glo dat God 'n plan het met dag en nag, met wisselende seisoene van die jaar. Sal God dan versuim om 'n vir jou lewe te hê?
ETNOMASOCHISME
Die veragting vir eie ras
Ds. A.E van den Berg
Inleiding
Etnomasochisme is ʼn betreklik nuwe begrip wat in die 20ste eeu ideologiese vorm verkry het toe sekere vrysinnige blankes hul eie ras begin verag en nie-blanke rasse begin ophemel het. Dit wat as ʼn klein stroompie op die politieke akker begin het, is tans ʼn sterk stroom wat blankes toenemend met skuldgevoelens besoedel. Omstrede kerklui, akademici en opvoedkundiges verdrink in die proses om vir swartes ʼn anker te wees.
Etnomasochisme is egter nie tot Suid-Afrika beperk nie maar neem ook ernstig in die VSA toe. Sekere blanke komediante maak gereeld haatlike grappe oor rasgenote en musikante skryf haatlirieke teen hulle. Dis alles aan ʼn vrees vir moontlike swart vergelding te wyte. Hulle wil die beeld skep dat hulle baie anders as die gemiddelde blanke is en pleeg in der waarheid selfbeeldmoord.
1. Selfverwyt
Etnomasochiste wil blankes laat glo dat hulle ʼn onverdiende bevoorregte posisie beklee en baie skuldig moet voel. Hierdie skuldgevoelens moet hulle gewillig maak om met swartes te versoen, swart politici se bedenklike optredes oor die hoof te sien en roofwetgewing as boetedoening aanvaar.
Hulle glo dat blankes verdien om slagoffers van swart onreg te wees en moet hul dus van enige kritiek teen onbevoegde swart regering weerhou. Hulle het dit kwansuis oor hulself gebring en moet eerder die oorblyfsels van onregte van die verlede (apartheid) opspoor en uitroei.
2. Denkfoute
Etnomasochiste maak kritieke denkfoute en weet niks van dit wat die sielkunde oor skuldgevoelens leer nie. Laasgenoemde verlam ʼn mens se psigiese energie en knou sy selfrespek wat tot swakker werksvermoë lei. Daarbenewens lei skuldgevoelens tot selfhaat en belemmer die normale verhoudingsverkeer met ander rasse. Dit vergroot ook die kans om foute te herhaal.
Skuldgevoelens laat mense gedurig in die verlede vasval. Sulke mense probeer tevergeef om in trurat vorentoe te beur. Dit veroorsaak neerslagtigheid, angs, waardeloosheid, magteloosheid, mislukking en minderwaardigheid. Sulke dinge maak mense passief omdat hulle altyd bang is om ʼn fout te maak.
Etnomasochiste hou nie met die gevolge van hul ideologie rekening nie. Hulle volstaan met die dwaasheid dat indien daar nie apartheid was nie, blankes en swartes op gelyke voet met mekaar sou wees. Sportspanne sou oorwegend swart wees en puik presteer. Swartes sou ook suksesvolle landbouers wees en landboukorporasies uitmuntend bestuur. Daar sou weinig ongelykhede wees en ʼn byna volmaakte onderlinge broederskap aan die suidpunt van Afrika heers.
Dis alles wensdenkery. Etnomasochiste se gebrek aan kennis van vergelykende internasionale geskiedkundige studies is betreurenswaardig. Hulle kyk slegs na Suid-Afrika en nie verder nie. Van al die ander Afrikalande wat nie apartheid gehad het nie en waar ongelykhede baie groter is, word geen kennis geneem nie. Om so selektief te werk te gaan en alternatiewe te minag is naïef en baie dwaas!
Indien Suid-Afrika nie apartheid gehad het nie, sou klasverskille tussen blankes en swartes vandag nie veel anders daar uitgesien het nie. Hierdie verskille het reeds lank voor 1652 bestaan. As apartheid boos was, waarom is Suid-Afrika vandag die mees ontwikkelde land in Afrika? Is dit weens of ten spyte van apartheid?
Om blankes se prestasies aan bevoorregting toe te skryf is kwaadwillig. Hul voortreflikheid is oral ter wêreld aan die vlak en vrug van hul beskawing, verstandelike vaardighede en skeppingsvermoë toe te skryf. Om swart ellende voor die deur van blankes te lê, is belaglik!
Die kernfout wat etnomasochiste maak, is dat hulle oneerlik teenoor hul eie hart is en die faktore wat vir swart ellende verantwoordelik is, bewustelik minag. Oorbevolking, ʼn verknogtheid aan die heidendom en sedelose lewenswyses is enkeles daarvan. Swartes pootjie hulself. Om blankes die skuld vir swartes se ellende te gee, is ʼn verbreking van die negende gebod!
3. Verwronge geregtigheid
Desondanks bly etnomasochiste glo dat blankes swartes bewustelik te na gekom het en dat swart ekonomiese bemagtiging, regstellende aksie en grondonteiening sonder vergoeding al manier is om hierdie onreg reg te stel – boetedoening.
Oral waar wetteloses se regte hoog aangeskryf word, heers daar onreg soos in Suid-Afrika waar swart bemagtiging ʼn rookskerm vir rassehaat is. Booswigte skuil graag agter die masker van gewaande onreg terwyl dwase geregtigheid by onregsdienaars soek.
Om van blankes te verwag om hul hardverdiende welvaart aan swartes af te staan, is ʼn resep vir rassehaat. Dit kelder alle versoeningsmoontlikhede aan die suidpunt van Afrika waar rasseversoening net eenrigtingverkeer is. Blankes moet glo met swartes versoen en nie anders om nie. Swartes het glo niks verkeerd gedoen nie. Etnomasochiste kyk met ʼn arendsoog na blankes se foute, maar met dié van ʼn mol wanneer dit by swartes kom!
Swartes word altyd as die slagoffers van rassehaat, onderdrukking en uitbuiting gesien sonder om ʼn woord te rep oor diegene wat miljarde rand sonder enige noemenswaardige bydrae van hul kant af op ʼn skinkbord ontvang het. En as blankes die voorregte waarvoor hard gewerk is nie met luiaards wil deel nie, word hulle maklik in die modderpoel van onregskepping versmoor.
Roof slaan die groot tamboer in Suid-Afrika. Dit word selfs gewettig. Want wat is regstellende aksie anders as gewettigde roof? Dis saam met swart ekonomiese bemagtiging twee van die mees blatante voorbeelde van gewettigde roof in ons ganse geskiedenis, iets waarvoor blankes self te blameer is. Die Boerevolk is die enigste volk ter wêreld wat sy politieke mag onder die voorwendsel van geregtigheid vir almal prysgegee het!
4. Kerke
Etnomasochisme verdien die veragting wat dit toekom. Veral in hoofstroomkerke. Sommige leraars laat lidmate glo dat hulle nie op die voorregte wat hulle in die verlede geniet het geregtig is nie. Hulle word vanaf kansels aangespoor om hul verlede te versmaai en skuldige gewetens as boetedoening te kweek. Daar is genoeg leraars om hulle daarmee te help – mense met die stem van Jakob, maar die hande van Esau.
Wie sy kudde in die drukgang van misplaaste berou druk, is nie met die saak van die Here besig nie. Sulke berou is nie uit die Gees van God nie, maar van die bose. Gevolglik is daar min mense gevaarliker as diegene met teologiese kennis maar 'n misplaaste hart!
5. Wat sê die Bybel?
Die Bybel praat anders as etnomasochiste oor skuldgevoelens. Gelowiges neem nooit wraak op hulself nie. Jesus het juis gekom om mense van valse skuldgevoelens en negatiewe emosies te bevry en wil hê dat hulle hul verlede moet los. Paulus skryf dat gelowiges hul moet losmaak van dinge wat agter hul is en na dinge wat voorlê moet streef.
Die Woord van God is gelowiges se gids deur die mynveld van onreg. Wie deur die Heilige Gees gelei word om berou oor onreg te bely, moet dit in sy binnekamer doen:
“Maar jy, wanneer jy bid, gaan in jou binnekamer, sluit jou deur en bid jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde” (Mt.6:6).
Slot
Etnomasochisme hou nêrens vir altyd stand nie. Dit werk vir ’n wyle waarna dit weens ’n gebrek aan ʼn fondament onder sy eie gewig meegee. Dit kan selfs gevaarlik wees. Wie monsters beveg, moet waak om nie self een te word nie.
Etnomasochiste het in die kokon waarin hul hulself toegespin het verstrengel geraak. Die gevolg is dat hulle gedurig windmeulens bestorm en al wat spook is opjaag. Hulle maak hulself deur hul eie testament van kant. Net ʼn dom bees geniet die rit op pad slagpale toe!
Gelowiges voel dikwels magteloos teen die onreg van die plaaslike heidendom. Dit mag hulle nooit laat ophou om daarteen te stry nie. Mense durf nie op die ashoop van valse skuldgevoelens gaan sit nie. Die lewe sal kwyn as gelowiges oor onreg swyg. Die Boerevolk moet hul summier aan die suigkrag van etnomasochisme onttrek. Verloopte kerke behoort bo-aan die lys te wees.
Die onreg wat baie van ons volksgenote weens swart onreg ly, gryp ʼn mens aan die hart. Dit behoort ons sterker teen die heersende onregswette te laat optree. Baie volksgenote benodig ʼn helpende hand. Al die ander rasse geniet meer as genoeg onregverdige voordele!