Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
As iemand wat jou te na gekom het en jou vergifnis vra sê die Woord jy moet hom vergewe:
"Pasop vir julleself. En as jou broeder teen jou sondig, bestraf hom; en as hy berou kry, vergewe hom. En as hy sewe maal op 'n dag teen jou sondig en sewe maal op dag na jou terugkom en sê: Ek het berou – moet jy hom vergewe." – Lukas 17:3,4
En as hy nie vergifnis vra of berou toon nie?...
DIE LAASTE POUS (2)
ROME
Andrè van den Berg
Lees reeks by Die Laaste Pous
2.1 Afgode
Die Romeine was uiters bygelowig en het in tye van oorlog baie van hul gode verwag. As hulle oorwin het, is daar aan die gode geoffer asof hulle die oorwinning gegee het. Die grootste teleurstelling was egter in 218 vC toe
2.2 Misleiding
Die keiser het egter ‘n plan gemaak en sy onderdane doelbewus met godsdiens begin mislei. Hy het die ganse Romeinse gemeenskapslewe op bygeloof gebou ten einde die gepeupel te beheer. Hulle was so onbeskaafd, wetteloos en onstabiel, dat
Die gepeupel was spoedig so bygelowig, dat hulle nie meer vir hulself wou dink nie. Die geskiedskrywer Strabo kla dat mense van sy tyd so bygelowig was, dat hy glad nie logies met hulle kon redeneer nie.
Die Romeinse geskiedskywer Varro onderskei die drie godsdienssoorte van sy tyd. Eerstens die mitiese soort wat slegs van literêre belang was. Tweedens die fisiese soort waaroor daar nie in die openbaar gepraat is nie. Derdens die burgerlike soort waar dit in staatsbelang was om onderdane deur misleiding te beheer.
Laasgenoemde is baie sterk aangemoedig omdat dit logika onderdruk het. Mense moes nie dink nie; hulle moes net volg - followers not thinkers. Diegene wat wel gedink het, was nie baie gewild nie. Lucretius het bv.met sy De Rerum Natura mense van die bygeloof waarin die Grieks-Romeinse wêreld verval het, probeer bevry en homself baie ongewild by die keiser gemaak!
Met verloop van tyd het die tradisionele heidendom begin taan en is afgodstempels al hoe minder besoek. Etlikes het selfs in algehele onbruik verval. Desondanks het die gepeupel bly glo dat daar wel gode was wat mense voorspoedig of ongelukkig kon maak. Guns kon slegs deur toewyding verkry word.
2.3 Keiseraanbidding
Nadat Gaius Octavianus in 31 vC die burgeroorlog wat na die dood van Julius Caesar ontstaan het beëindig het, is hy as held en redder van die Romeinse ryk gehuldig. Hy is met die titel Augustus (die verhewene) vereer en openlik aanbid.
Die behoefte om ‘n mens te aanbid, was egter niks nuuts nie. Na Julius Caesar se dood het die Roomse senaat ‘n bevelskrif uitgevaardig dat hy voortaan as ‘n god beskou en aanbid moes word waarna keiseraanbidding ‘n nasionale kultus geword het. Babilon het ook konings aanbid (Dan.6).
Keiseraanbidding het uit die staanspoor vrugbare teëlaarde gevind. As gevolg van die onderlinge struwelinge en jaloesie onder priesters, was nie een van die gode of tempels gewild nie. Gevolglik kon die Romeinse Senaat die probleem oplos deur keiser Augustus as die onbetwiste hoof van die veelgodendom aan te wys. Daarna is keiseraanbidding op alle Romeinse burgers afgedwing en is oortreders selfs vervolg.
Die gepeupel het keiseraanbidding verwelkom bloot omdat dit iets nuuts was. Op daardie tydstip was die bevolking van
Keisers het van spioene gebruik gemaak om hulle van die gesindheid van die gepeupel te vergewis. Die vergoeding wat hierdie spioene ontvang het, was net so verfoeilik soos hul dade - priesterskappe, diplomatieke poste en goewerneurskappe. Ander het as’t ware die keiser se voetbank geword. Dit het gemaak dat
Met geen vooruitsig om uit die bose groef van wantroue en haat te ontsnap en geen mag om aan die boeie van gedwonge onderdanigheid te ontkom nie, was die opwinding van ‘n godsdiens wat ‘n beter hiernamaals voorgehou het vir baie burgers die enigste ligpunt van hoop in hul armsalige bestaan. Vir slaaf, soldaat en armlastige was godsdiens ‘n welkome geestesontvlugting. Vir priesters was dit ‘n patetiese komedie van aangedikte heiligheid!