Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Die afgelope 24 uur het God alweer vir jou die geskenk van 86 000 sekondes gegee. Het jy een van hulle gebruik om vir Hom dankie te sê?
DIE LAASTE POUS (3)
Andrè van den Berg
Lees reeks by Die Laaste Pous
BABEL EN
3.1 Satan se nabootsing
Die vermenging van Babiloniese en Roomse afgodery het tot die ontstaan van die Roomse Kerk gelei. Dit was ‘n brousel van heksery, Judaïsme en die heidendom wat met ‘n verdraaide Christendom vermeng geraak het.
“Ek verwonder my dat julle so gou afvallig word van hom wat julle deur die genade van Christus geroep het, na ‘n ander evangelie toe, terwyl daar geen ander is nie; behalwe dat daar sommige mense is wat julle in die war bring en die evangelie van Christus wil verdraai” (Gal.1:6,7).
Die Christelike kerk is van meet af aan vervolg, maar het ten spyte van al die teenstand so sterk gegroei dat die Satan van strategie verander het en ‘n valse kerk onder keiser Konstantyn op die been moes bring. Die Roomse Kerk moes gelowiges mislei en van die Evangelie vervreem. Konstantyn het die keiserlike waardigheid as hoofpriester van afgodery behou.
Konstantyn was nie ‘n ware gelowige soos algemeen aanvaar word nie. Sy eie moeder,
Okkultiese bedrywighede het vrugbare teëlaarde in talle Roomse Kerke gevind. Baie kloosters was berug vir heksery, towery, beswerings, swart misoffers asook die drink van mensebloed. Ironies genoeg het die Roomse Kerk dikwels onskuldiges soos Johanna van Arkel en ander verdagtes op brandstapels as hekse laat verbrand!
Die Roomse Kerk is die Satan se nabootsing van die ware kerk en rig die mensdom oneindige skade aan. Sy het van meet af aan die Evangelie teengestaan en met haar valse verlossingsleer biljoene siele in die verdoemenis laat beland. Haar ganse kerksisteem, aanbiddingsvoorwerpe, feeste, rituele, seremonies en priesterskap is suiwer Babilonies van oorsprong. Selfs die pous is ‘n replika van die Babiloniese koning.
Indien koning Belsassar (Dan.5) uit die dood moes opstaan en die fabelagtige Petruskerk in die Vatikaanstad met sy prag en praal moes betree, sou hy heelwaarskynlik dink dat hy in een van sy eie tempels wakker geword en niks sedert die nag van die vinger teen die muur verander het nie!
Roomse katedrale is so vol afgode, dat dit wesentlik niks van Belsasar se paleis verskil nie. “Hulle het wyn gedrink en die gode van goud en silwer, koper, yster, hout en klip geprys” (Dan.5:4). Desondanks spog die Roomse Kerk daarmee dat sy die moeder van alle kerke is en dat daar geen redding buite haar te vinde is nie. Dis die grootste leuen van alle tye. Daar is in werklikheid geen redding binne
3.2 ‘n Karikatuur
Die Bybel is die enigste objektiewe kenbron waaroor die mensdom beskik. “U woord is ‘n lamp vir my voet en ‘n lig vir my pad” (Ps.119:105). Wie dit minag, struikel altyd. Die Roomse Kerk is ‘n sprekende voorbeeld hiervan. Dis beslis nie die kerk waarvan die Nuwe Testament en die vroeë kerkgeskiedenis melding maak nie, maar ‘n karikatuur daarvan. Dit het nie die Bybel as fondament nie, maar allerlei menslike leringe en heidentradisies waarteen die Bybel baie duidelik waarsku:
“Tot die wet en tot die getuienis! As hulle nie spreek volgens hierdie woord nie, is hulle ‘n volk wat geen dageraad het nie” (Jes.8:20).
“Maar tevergeefs vereer hulle My deur leringe te leer wat gebooie van mense is. So maak julle dan die woord van God kragteloos deur julle oorlewering wat julle bewaar het; en dergelike dinge van dieselfde aard doen julle baie” (Mk.7:7,13).
“Maar al sou ons of ‘n engel uit die hemel julle ‘n evangelie verkondig in stryd met die wat ons julle verkondig het, laat hom ‘n vervloeking wees!” (Gal.1:8).
3.3 Misleiding
Toe die Christendom in die Romeinse Ryk versprei, het die heidendom so getaan, dat dit op ‘n stadium gelyk het asof dit dood was. “En die groot draak is neergewerp…” (Openb.12:9). Die draak is egter slegs neergewerp, maar nie gedood nie. Die Satan het, soos in die tuin van
“En ‘n ander teken het in die hemel verskyn, en daar was ‘n groot vuurrooi draak met sewe koppe en tien horings, en op sy koppe sewe krone” (Openb.12:3). Vir die Grieke van weleer was ‘n draak ‘n baie groot slang. Johannes sien in hierdie gesig dus ‘n slang van vuur.
Geestelike verval het reeds in die dae van Noag se seuns met vuur- en sonaanbidding voorgekom. In Egipte is Ra, die songod, op verskeie maniere voorgestel. Die algemeenste was ‘n ronde skyf met ‘n slang daarop. Die Grieke het die vuurslang ‘n basalisk genoem en as ‘n koningsteken gehuldig. So ook die Egiptenare wat dit selfs op hul konings se hooftooisels aangebring het.
In Babilon is die basalisk Molog (Nimrod) genoem en is daar van tyd tot tyd kinders aan hom geoffer waarna die priesters kannibalisme beoefen het. Dit verklaar Openb.12:4: “En die draak het gestaan voor die vrou wat op die punt was om te baar, sodat hy haar kind sou verslind sodra sy gebaar het”.
In Openb.13 sien Johannes ‘n dier met ‘n dodelike wond uit die aarde opkom wat genees het: “En ek het een van sy koppe gesien net of dit dodelik gewond was, en sy dodelike wond is genees. En die wêreld het verwonderd agter die dier aangegaan” (vers 3). Dit het gelyk asof die heidendom dood was, maar dit was nie. Dit het net in ‘n nuwe gedaante herleef - die Roomse Kerk!
Die vrou wat Johannes in Openb.17 sien, Verborgenheid, die groot Babilon, is die Roomse Kerk met al haar Babiloniese eienskappe. Die enigste verskil is dat dit ’n Christelike voorkoms het om mense te mislei. Met sy onskuldige voorkoms draai die Satan, net soos in die tuin van
Christus, die apostel Paulus sowel as die Sendbriefskrywers waarsku ernstig teen hierdie godsdiensmisleiding.
“Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is” (Matt.7:15).
“Want ek weet dit, dat ná my vertrek wrede wolwe onder julle sal inkom en die kudde nie sal spaar nie. Ja, uit julle self sal daar manne opstaan wat verkeerde dinge praat om die dissipels weg te trek agter hulle aan” (Hand.20:29,30).
“Maar daar was ook valse profete onder die volk, net soos wat daar onder julle valse leraars sal wees wat verderflike ketterye heimlik sal invoer..…en baie sal hulle verderflikhede navolg, en om hulle ontwil sal die weg van die waarheid gelaster word” (2 Petr.2:1,2)
“Kinders, dit is die laaste uur; en soos julle gehoor het dat die Antichris kom, bestaan daar nou ook baie antichriste…Hulle het van ons uitgegaan, maar hulle was nie van ons nie…” (1 Joh.2:18,19).
Soos Babel die hoofsetel van afgodery in die Ou Testamentiese tyd was, is
Wat dus vandag op die oewer van die Tiberrivier (
3.4 Ooreenstemmende eienskappe
3.4.1 Verborgenheid
“en op haar voorhoof was ‘n naam geskrywe: Verborgenheid, die groot Babilon, die moeder van die hoere en die gruwels van die aarde”. (Openb.17:5).
Die Roomse Kerk maak geen geheim van haar verborge karakter nie. Haar ampstaal is selfs is ‘n verborge taal (Latyn) wat deur bitter min mense verstaan word. Niks is oop en bloot nie. Alles is, soos in Babilon, in duisternis en geheimsinnigheid gehul.
Verborgenhede verberg gewoonlik verkeerde dinge. ‘n Eerbare saak hoef nie in die geheim gevoer te word nie. Daarom is alles in die kerk van Christus helder en duidelik. Ware gelowiges beoefen geen verborgenhede nie.
Wanneer Paulus oor die “verborgenheid van die ongeregtigheid”(2 Thes.2:7) skryf, verwys hy heelwaarskynlik na Babiloniese verborgenhede wat toe alreeds in sekere Christelike kringe kop uitgesteek het. Die leer van hierdie geheimsinnige teëparty is nie openlik die kerk ingedra nie, maar in die geheim beoefen om mense van die eenvoud van die Christelike geloof te vervreem. Die Roomse Kerk sou dit later openlik doen.
3.4.2 Beeldediens
Al gee die Roomse Kerk amptelik voor om geen afgodery te bedryf nie, is sy in werklikheid deurtrek daarvan. Omdat ‘n mens eerder die sienlike as die onsienlike aanbid, verbied God gelowiges om beelde te aanbid (Ex.20:4,5). Die Roomse Kerk steur haar nie daaraan nie en besoedel haarself met beelde en skildery van allerlei sg. heiliges waarvan die Maagd Maria by verre die gewildste is.
Pous Boniface IV het in 610 openlik beeldediens in die kerk gevestig toe hy die Panteon, ‘n heidentempel in
Beskermheiliges speel ‘n baie groot rol in die Roomse Kerk. Geen kerk word sonder ‘n beskermheilige ingewy nie. Die eerste beskermheiliges was ver-Christelike Romeinse gode. Daarna het die Roomse Kerk ‘n eie gallery van beskermheiliges ingerig. Optogte met beelde van die Maagd Maria op die skouers is ‘n algemene gesig in Roomse lande. Priesters in veelkleurige tooisels en temerige musiek dra tot die absurde skouspel by. Sulke optogte verskil wesentlik niks van die sondige gouekalf feesvieringe (Ex.32) nie.
Die opskrif bo-aan Jes.46 lui: “Die gode van Babel en die God van Israel”.
“Hulle wat goud uit die geldsak skud en silwer afweeg met die weegskaal, huur ‘n goudsmid, en hy maak daar ‘n god van; hulle kniel neer, ook buig hulle. Hulle hef hom op die skouer, hulle dra hom en sit hom op sy plek neer…neem dit ter harte, o afvalliges!” (verse 6-9).
Die Roomse Kerk klee en kroon graag haar beelde. In sekere gevalle word dit selfs van nuwe klere voorsien wat onnodige onkoste meebring. Diegene wat hulle klee, is uiters bygelowig en glo dat hulle die guns van die betrokke heilige sal ontvang en met voorspoed vir hul daad vergoed sal word. Oud-Egipte het ook beelde geklee. Die Rosettasteen gee onder andere besonderhede van so ‘n kleding.
Die kroning van die beelde is egter Babilonies van oorsprong. Nimrod was die eerste mens wat na bewering ‘n kroon gedra het. Na sy dood het die heidene beelde van hom laat maak wat van tyd tot tyd gekroon is.