NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Die afgelope 24 uur het God alweer vir jou die geskenk van 86 000 sekondes gegee. Het jy een van hulle gebruik om vir Hom dankie te sê?

DIE LAASTE POUS (3)

Andrè van den Berg

Lees reeks by Die Laaste Pous

BABEL EN ROME VERMENG

3.1   Satan se nabootsing

Die vermenging van Babiloniese en Roomse afgodery het tot die ontstaan van die Roomse Kerk gelei.  Dit was ‘n brousel van heksery, Judaïsme en die heidendom wat met ‘n verdraaide Christendom vermeng geraak het.

“Ek verwonder my dat julle so gou afvallig word van hom wat julle deur die genade van Christus geroep het, na ‘n ander evangelie toe, terwyl daar geen ander is nie; behalwe dat daar sommige mense is wat julle in die war bring en die evangelie van Christus wil verdraai” (Gal.1:6,7).

Die Christelike kerk is van meet af aan vervolg, maar het ten spyte van al die teenstand so sterk gegroei dat die Satan van strategie verander het en ‘n valse kerk onder keiser Konstantyn op die been moes bring.   Die Roomse Kerk moes gelowiges mislei en van die Evangelie vervreem.  Konstantyn het die keiserlike waardigheid as hoofpriester van afgodery behou.

Konstantyn was nie ‘n ware gelowige soos algemeen aanvaar word nie.  Sy eie moeder, Helena, was bv. so bang vir hom, dat sy in selfopgelegde ballingskap in Jerusalem gaan woon het.  Hy was ‘n songodaanbidder wat ware gelowiges laat doodmaak het sodat baie van hulle vir hul lewe moes vlug.  Hy was ‘n prototipe van die Antichris en het bv. geweier om gedoop te word.  Hy is eers op sy doodsbed gedoop, waarna al sy senators en ander invloedrykes wat te bang was om gedoop te word, sy voorbeeld gevolg het.

Okkultiese bedrywighede het vrugbare teëlaarde in talle Roomse Kerke gevind.  Baie kloosters was berug vir heksery, towery, beswerings, swart misoffers asook die drink van mensebloed.  Ironies genoeg het die Roomse Kerk dikwels onskuldiges soos Johanna van Arkel en ander verdagtes op brandstapels as hekse laat verbrand!

Die Roomse Kerk is die Satan se nabootsing van die ware kerk en rig die mensdom oneindige skade aan.  Sy het van meet af aan die Evangelie teengestaan en met haar valse verlossingsleer biljoene siele in die verdoemenis laat beland.  Haar ganse kerksisteem, aanbiddingsvoorwerpe, feeste, rituele, seremonies en priesterskap is suiwer Babilonies van oorsprong.  Selfs die pous is ‘n replika van die Babiloniese koning.

Indien koning Belsassar (Dan.5) uit die dood moes opstaan en die fabelagtige Petruskerk in die Vatikaanstad met sy prag en praal moes betree, sou hy heelwaarskynlik dink dat hy in een van sy eie tempels wakker geword en niks sedert die nag van die vinger teen die muur verander het nie!

Roomse katedrale is so vol afgode, dat dit wesentlik niks van Belsasar se paleis verskil nie.  “Hulle het wyn gedrink en die gode van goud en silwer, koper, yster, hout en klip geprys” (Dan.5:4).   Desondanks spog die Roomse Kerk daarmee dat sy die moeder van alle kerke is en dat daar geen redding buite haar te vinde is nie.  Dis die grootste leuen van alle tye.  Daar is in werklikheid geen redding binne Rome nie!

3.2 ‘n Karikatuur

Die Bybel is die enigste objektiewe kenbron waaroor die mensdom beskik. “U woord is ‘n lamp vir my voet en ‘n lig vir my pad” (Ps.119:105).  Wie dit minag, struikel altyd.  Die Roomse Kerk is ‘n sprekende voorbeeld hiervan.  Dis beslis nie die kerk waarvan die Nuwe Testament en die vroeë kerkgeskiedenis melding maak nie, maar ‘n karikatuur daarvan.   Dit het nie die Bybel as fondament nie, maar allerlei menslike leringe en heidentradisies waarteen die Bybel baie duidelik waarsku:

Tot die wet en tot die getuienis!  As hulle nie spreek volgens hierdie woord nie, is hulle ‘n volk wat geen dageraad het nie” (Jes.8:20).

Maar tevergeefs vereer hulle My deur leringe te leer wat gebooie van mense is. So maak julle dan die woord van God kragteloos deur julle oorlewering wat julle bewaar het; en dergelike dinge van dieselfde aard doen julle baie” (Mk.7:7,13).

Maar al sou ons of ‘n engel uit die hemel julle ‘n evangelie verkondig in stryd met die wat ons julle verkondig het, laat hom ‘n vervloeking wees!” (Gal.1:8).

3.3 Misleiding

Toe die Christendom in die Romeinse Ryk versprei, het die heidendom so getaan, dat dit op ‘n stadium gelyk het asof dit dood was. “En die groot draak is neergewerp…” (Openb.12:9).   Die draak is egter slegs neergewerp, maar nie gedood nie.  Die Satan het, soos in die tuin van Eden, slegs van gedaante verwissel ten einde die mensdom te mislei.

“En ‘n ander teken het in die hemel verskyn, en daar was ‘n groot vuurrooi draak met sewe koppe en tien horings, en op sy koppe sewe krone” (Openb.12:3). Vir die Grieke van weleer was ‘n draak ‘n baie groot slang.  Johannes sien in hierdie gesig dus ‘n slang van vuur.

Geestelike verval het reeds in die dae van Noag se seuns met vuur- en sonaanbidding voorgekom.   In Egipte is Ra, die songod, op verskeie maniere voorgestel.  Die algemeenste was ‘n ronde skyf met ‘n slang daarop.  Die Grieke het die vuurslang ‘n basalisk genoem en as ‘n koningsteken gehuldig.  So ook die Egiptenare wat dit selfs op hul konings se hooftooisels aangebring het.

In Babilon is die basalisk Molog (Nimrod) genoem en is daar van tyd tot tyd kinders aan hom geoffer waarna die priesters kannibalisme beoefen het.  Dit verklaar Openb.12:4: “En die draak het gestaan voor die vrou wat op die punt was om te baar, sodat hy haar kind sou verslind sodra sy gebaar het”.

In Openb.13 sien Johannes ‘n dier met ‘n dodelike wond uit die aarde opkom wat genees het: “En ek het een van sy koppe gesien net of dit dodelik gewond was, en sy dodelike wond is genees.  En die wêreld het verwonderd agter die dier aangegaan” (vers 3). Dit het gelyk asof die heidendom dood was, maar dit was nie.  Dit het net in ‘n nuwe gedaante herleef - die Roomse Kerk!

Die vrou wat Johannes in Openb.17 sien, Verborgenheid, die groot Babilon, is die Roomse Kerk met al haar Babiloniese eienskappe. Die enigste verskil is dat dit ’n Christelike voorkoms het om mense te mislei.  Met sy onskuldige voorkoms draai die Satan, net soos in die tuin van Eden, die mensdom weereens ‘n rat voor die oë!  Johannes sien dat die valse kerk die naam Babilon op haar voorkop het (Openb.17).  Haar bedenklike optrede moet vir almal wat die waarheid liefhet soos ‘n merk op die voorkop duidelik wees.

Christus, die apostel Paulus sowel as die Sendbriefskrywers waarsku ernstig teen hierdie godsdiensmisleiding.

Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is” (Matt.7:15).

“Want ek weet dit, dat ná my vertrek wrede wolwe onder julle sal inkom en die kudde nie sal spaar nie.  Ja, uit julle self sal daar manne opstaan wat verkeerde dinge praat om die dissipels weg te trek agter hulle aan” (Hand.20:29,30).

“Maar daar was ook valse profete onder die volk, net soos wat daar onder julle valse leraars sal wees wat verderflike ketterye heimlik sal invoer..…en baie sal hulle verderflikhede navolg, en om hulle ontwil sal die weg van die waarheid gelaster word” (2 Petr.2:1,2)

Kinders, dit is die laaste uur; en soos julle gehoor het dat die Antichris kom, bestaan daar nou ook baie antichriste…Hulle het van ons uitgegaan, maar hulle was nie van ons nie…” (1 Joh.2:18,19).

Soos Babel die hoofsetel van afgodery in die Ou Testamentiese tyd was, is Rome dit vandag.  “En die vrou wat jy gesien het, is die groot stad wat heerskappy voer oor die konings van die aarde”(Openb.17:18).  Die Romeinse geskiedskrywer Propertius maak onbewustelik ‘n profetiese opmerking as hy na Rome as “die trotse stad op sewe heuwels wat die hele wêreld regeer” verwys.   Dis presies wat Johannes later in Openb.17:18 sien.

Wat dus vandag op die oewer van die Tiberrivier (Rome) gebeur, het duisende jare gelede op die oewer van die Eufraatrivier gebeur.   Die Roomse Kerk wys in werklikheid al vir 1500 jaar haar ware kleure sonder dat mense dit opmerk.  So goed is haar misleiding!

3.4     Ooreenstemmende eienskappe

3.4.1     Verborgenheid

en op haar voorhoof was ‘n naam geskrywe: Verborgenheid, die groot Babilon,  die moeder van die hoere en die gruwels van die aarde”. (Openb.17:5).

Die Roomse Kerk maak geen geheim van haar verborge karakter nie.  Haar ampstaal is selfs is ‘n verborge taal (Latyn) wat deur bitter min mense verstaan word.  Niks is oop en bloot nie.  Alles is, soos in Babilon, in duisternis en geheimsinnigheid gehul.

Verborgenhede verberg gewoonlik verkeerde dinge.  ‘n Eerbare saak hoef nie in die geheim gevoer te word nie.   Daarom is alles in die kerk van Christus helder en duidelik.  Ware gelowiges beoefen geen verborgenhede nie.

Wanneer Paulus oor die “verborgenheid van die ongeregtigheid”(2 Thes.2:7) skryf, verwys hy heelwaarskynlik na Babiloniese verborgenhede wat toe alreeds in sekere Christelike kringe kop uitgesteek het. Die leer van hierdie geheimsinnige teëparty is nie openlik die kerk ingedra nie, maar in die geheim beoefen om mense van die eenvoud van die Christelike geloof te vervreem.   Die Roomse Kerk sou dit later openlik doen.

3.4.2     Beeldediens

Al gee die Roomse Kerk amptelik voor om geen afgodery te bedryf nie, is sy in werklikheid deurtrek daarvan.  Omdat ‘n mens eerder die sienlike as die onsienlike aanbid, verbied God gelowiges om beelde te aanbid (Ex.20:4,5).  Die Roomse Kerk steur haar nie daaraan nie en besoedel haarself met beelde en skildery van allerlei sg. heiliges waarvan die Maagd Maria by verre die gewildste is.

Pous Boniface IV het in 610 openlik beeldediens in die kerk gevestig toe hy die Panteon, ‘n heidentempel in Rome wat aan alle afgode gewy was, in ‘n Christelike kerk omskep het.  Daarna het hy afbeeldinge van Roomse heiliges daarin laat plaas en die kerk tydens ‘n luisterryke plegtigheid aan die Maagd Maria gewy.  Vandaar die Roomse Kerk se verfoeilike All Saints fees.

Beskermheiliges speel ‘n baie groot rol in die Roomse Kerk.  Geen kerk word sonder ‘n beskermheilige ingewy nie.  Die eerste beskermheiliges was ver-Christelike Romeinse gode.  Daarna het die Roomse Kerk ‘n eie gallery van beskermheiliges ingerig.  Optogte met beelde van die Maagd Maria op die skouers is ‘n algemene gesig in Roomse lande.  Priesters in veelkleurige tooisels en temerige musiek dra tot die absurde skouspel by.  Sulke optogte verskil wesentlik niks van die sondige gouekalf feesvieringe (Ex.32) nie.

Die opskrif bo-aan Jes.46 lui: “Die gode van Babel en die God van Israel”.

Hulle wat goud uit die geldsak skud en silwer afweeg met die weegskaal, huur ‘n goudsmid, en hy maak daar ‘n god van; hulle kniel neer, ook buig hulle.  Hulle hef hom op die skouer, hulle dra hom en sit hom op sy plek neer…neem dit ter harte, o afvalliges!” (verse 6-9).

Die Roomse Kerk klee en kroon graag haar beelde.  In sekere gevalle word dit selfs van nuwe klere voorsien wat onnodige onkoste meebring.  Diegene wat hulle klee, is uiters bygelowig en glo dat hulle die guns van die betrokke heilige sal ontvang en met voorspoed vir hul daad vergoed sal word.  Oud-Egipte het ook beelde geklee.  Die Rosettasteen gee onder andere besonderhede van so ‘n kleding.

Die kroning van die beelde is egter Babilonies van oorsprong.  Nimrod was die eerste mens wat na bewering ‘n kroon gedra het.  Na sy dood het die heidene beelde van hom laat maak wat van tyd tot tyd gekroon is.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3809 gaste aanlyn