NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons het almal geraamtes in die kas en verwyte oor ons verlede. Gelukkig verwyt God ons nooit oor ons verlede nie. Wanneer Hy ons vergewe, doen Hy dit volkome en dink nie weer daaraan nie – maar dan mag jy ook nie!

DIE LAASTE POUS (4)

Andrè van den Berg

Lees reeks by Die Laaste Pous

MARIA EN DIE HEILIGES

4.1     Die Bybel swyg

Die Christendom het nooit soveel probleme met Maria gehad totdat die Roomse Kerk Christus verdring, ‘n troon vir haar ingerig en haar as hemelse koningin gekroon het nie.   Die Nuwe Testament sê baie min oor Maria.  Haar laaste aangetekende woorde is reg aan die begin van Christus se amptelike bediening toe sy tydens ‘n bruilof te Kana vir die diensknegte gesê het: “Net wat Hy vir julle sê, moet julle doen” (Joh.2:5).

Nêrens is daar enige Bybelse aanduiding dat sy tot dieselfde vlak as Christus verhef, aanbid of verheerlik moes word nie.  Sy was slegs geseënd omdat sy die Christuskind gebaar het en niks meer nie.  Daarom het die vroeë Christelike kerk geen Mariaverering geken nie. In die 21 apostoliese briewe wat in die Bybel opgeteken is, word daar nie eenmaal na Maria verwys nie.   Sy sou geen rol in die uitbreiding van die Christendom speel nie.  Daarom is daar niks oor haar geskryf nie.

Tydens die verheerliking van Christus op die berg sê God: “Dit is My geliefde Seun in wie Ek ‘n welbehae het.  Luister na Hom!” (Mt.17:5).  Rome doen dit nie, maar luister eerder na Maria!  Let veral op Hebr.1:1: “Nadat God baie keer en op baie maniere in die ou tyd gespreek het tot die vaders deur die profete, het Hy in hierdie laaste dae tot ons gespreek deur die Seun…” God praat slegs deur Christus.  Verder gee Hy ook nie deur Maria nie, maar deur Christus: “Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, alles wat julle die Vader sal vra in my Naam, sal Hy julle gee” (Joh.16:23).

4.2       ‘n Kultus

Protestante sal Rome se afgodiese liefde en toewyding aan Maria nooit begryp nie.  Daarvoor moet ‘n mens met ‘n Roomse gewete gebreinspoel wees.   Roomse Katolisisme is in werklikheid ‘n kultus.  ‘n Kultus ontstaan waar buitengewone eerbetoon aan en/of aanbidding van ‘n mens geskied.  Luister wat sê Benediktus XVI na sy verkiesing tot pous:

“Liewe broeders en susters.  Na die heengaan van die groot pous, Johannes Paulus II, het die Raad van Kardinale my, ‘n eenvoudige, nederige werker in die Here se wingerd gekies.  Ek troos my daaraan dat dit vir die Here moontlik is om met ‘n gebrekkige instrument te werk.  Bo alles steun ek op julle gebede.  Laat ons voorwaarts in die vreugde van die opgestane Here gaan, verseker van sy permanente hulp.  Die Here sal ons help.   Maria, sy heilige moeder is aan ons kant.  Dankie” (Afrikaanse vertaling van NBC News 19 April 2005).   

Rome volg Babilon slaafs na deur Maria tot koningin van die hemel te verhef.   Die Bybel weet van geen koningin van watter aard ookal in die hemel nie.  Hoe word God nie geterg nie!  “Die kinders maak hout bymekaar, en die vaders steek die vuur aan, en die vroue knie deeg om koeke te maak vir die hemelkoningin en vir ander gode drankoffers uit te giet om My te terg” (Jer.7:18).

Rome se fabelleer oor Maria stem met die leer van die Melekiete ooreen.  Die Melekiete was ‘n vroeë Christelike sekte wat tydens die Sinode van Nicea (325nC) die afgevaardigdes probeer oortuig het dat die Drie-eenheid uit God (Vader), Christus (Seun) en Maria (middelaar) bestaan.

Die fabelleer oor Maria (Marialogie) is deur die eeue met allerlei lasterlike aankondigings en ‘n magdom van buite Bybelse tradisies opgebou.  Die meeste daarvan is uiters subjektief soos haar verskynings aan mense.   Die Marialogie, soos dit vandag verkondig word, is egter nie so oud nie.  Die meeste daarvan is eers in die 20 ste eeu bygevoeg.

Wanneer dit by Mariaverering kom, het die lasteraar Alfonsus Liguori geen gelyke nie.  Hy is in 1696 in Napels gebore en het ‘n boek Die Verheerlikinge van Maria geskryf.  Hy skryf dat ‘n sondaar wat hom direk tot Christus wend gewoonlik bedroë daarvan afkom omdat hy hom in Christus se wraak op die sonde kan vasloop.  Daarom is dit raadsaam dat sondaars hulle eerder tot Maria vir bemiddeling sal wend.  Deur Christus haar borste waaraan Hy as baba gesoog het te wys, bedaar sy wraak.

Liguori laster indien hy sê dat Christus nie die nodige liefde en meegevoel vir sondaars toon alvorens sy moeder Hom daartoe oortuig nie.  Hy speel Christus dus as ‘n stroewe, hardvogtige Regter teen ‘n genadige en liefdevolle Maria af en sê dat haar moederhart meer toeganklik vir mense met probleme is.  Christus is altyd gereed om reg en geregtigheid op te eis.  Maria daarenteen is sagter, toegankliker en genadiger.

Geen mens het Christus ooit so onttroon soos Alfonsus Ligouri nie.  Hy het meesterlik daarin geslaag om Christus te verwyder en Maria op die troon van Roomse harte te plaas.  In plaas daarvan dat hy weens laster en kettery uit die kerk geban is, is hy in 1819 tot heilige verklaar!

4.3     ‘n Lasterlike uitdrukking

Die Roomse Kerk laster deur Maria moeder van God te noem.   Hierdie uitdrukking is vir die eerste keer tydens die Konsilie van Efese (431nC) gebruik en is later ook in die Geloofsbelydenis van Calcedon (451nC) opgeneem.   Die Konsilie van Efese wou Maria nie verheerlik nie, maar slegs Christus se Godheid teenoor afvalliges wat sy gelykheid aan die Vader en Heilige Gees betwyfel het, beklemtoon.

God is ewig en het derhalwe geen moeder nie.  Maria was slegs na die vlees Christus se moeder; beslis nie die moeder van Jesus, die ewige Seun van God nie.  As tweede Persoon van die Drie-eenheid is Jesus ewig en derhalwe ook Maria se Skepper. “Jesus sê vir hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, voordat Abraham was, is Ek” (Joh.8:57).

‘n Moeder bestaan altyd voor haar kind.  Daar was niemand voor God nie.  Gevolglik laster Rome as sy Maria vereer asof sy voor God was.  Met hierdie benaming keer Rome die Bybelse orde om.   Sy verhoog die persoon wat die Heilige Gees klein wil sien (Maria) en verneder die Persoon wat Hy groot wil maak (Jesus).  Daarom verwerp gelowiges hierdie uitdrukking met al die veragting wat dit verdien!

4.4   ‘n Valse middelaar

Die Roomse Kerk dwaal as sy leer dat sondaars wat hulle voor Christus verootmoedig, nooit werklik van gebedsverhoring seker kan wees nie.  Sy leer dat Christus Hom eerder met geregtigheid en oordeel besig hou en genadebetoning aan sy moeder oorlaat.   Gevolglik het sondaars ‘n beter kans om met hulle versugtinge by Maria geholpe te raak. Niemand sal buitendien na Christus wil gaan indien sy moeder meer toeganklik is nie.

Aartsbiskop Francesco Gioia skryf in sy Mary, Mother of the Word, Model of Dialogue between Religions dat God die enigste raakpunt tussen die Christendom en Islam is.  Naas Hom weerkaats mense slegs sy heerlikheid.  Mohammed het dit vir die Islam en Maria vir die Christendom gedoen.  Deur Christus buite rekening te laat, weerspieël hy sy kerk se siening dat Maria die eintlike middelaar tussen God en mens is.

Die Roomse Kerk beeld Christus graag as ‘n hulpelose uit – ‘n baba, dood in Maria se arms of dood aan ‘n kruis.  So ‘n negatiewe beeld laat mense beslis aan sy middelaarskap twyfel.   Die Roomse Christus mag hoogstens gevoelens van meegevoel en hartseer opwek, maar beslis nie van hoop en vertroue nie!

Rome verkies al te duidelik ‘n lewende Maria bo ‘n dooie Christus.  Strydig met die Bybelse belofte probeer Rome voorgee dat dit nie soseer die saad van die vrou (Jesus) is wat die kop van die slang vermorsel (Gen.3:15) nie, maar die vrou (Maria) self!

Rome voer ‘n onsinnige argument aan en leer dat omdat Christus deur Maria na die mens gekom het, mense deur haar na Hom moet gaan.  Haar sielelyding by die aanskoue van die kruisiging is glo net so versoenend soos Christus se lyding aan die kruis.  Dit maak van haar as’t ware ‘n vierde persoon in die Godheid.

Pous Pius XII het op 1 November 1950 die grootste onsin nog ooit oor Maria kwygeraak.  Hy het in ‘n ex cathedra uitspraak verklaar dat haar liggaam drie dae na haar dood opgewek is waarna sy as die koningin van die hemel opgevaar het.  Daar het God haar ‘n troon aan die regterhand van Christus laat inneem.

Daarmee trek die Vatikaan ‘n parallel met Christus se opstanding en hemelvaart.  In aansluiting hierby glo Rome dat Maria se geboorte bonatuurlik en sy sonder sonde was.  Daarom is haar bonatuurlike koms met ‘n bonatuurlike verlating afgesluit.

Die kerkvader Augustinus skryf in sy De Peccatorum Meritis terreg dat Maria van sondige vlees was.  Omdat sy uit Adam gebore is, is sy weens die sonde dood.  Daarom moes die vlees van Jesus, omdat dit uit Maria was, ook sterf om die sonde weg te neem.

Maria was ‘n sondaar en sondaars kan nie redders wees nie.  “En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie” (Hand.4:12).

4.5     Die aanbidding van Maria

4.5.1   ‘n Verbreking van die tweede gebod

Die Roomse Kerk behoort na reg eintlik die Mariakerk genoem te word.  Maria is immers die vernaamste voorwerp van hulle aanbidding.  Pouse bid onbeskaamd tot haar en moedig mense aan om hul voorbeeld te volg.  In Augustus 1993 het pous Johannes Paulus II tydens ‘n groot misoffer in Denver (VSA) bv. die jeug en die hele wêreld onder die beskerming en leiding van Maria geplaas.

Katolieke bid eerder tot Maria as tot God.  Hulle glo dat Maria en ander heiliges na hulle dood verheerlik is en van God die voorreg ontvang het om gebede aan te hoor.  Mense  wat tot dooies bid, sondig gruwelik.  Dis ‘n verbreking van die tweede gebod.  Dooies kan buitendien nie gebede hoor of verhoor nie.

Die Bybel leer dat gelowiges alleenlik vir mekaar mag bid, maar nooit tot mekaar nie.  Desondanks leer Rome lynreg teen Hebr.4 dat daar wel vir en tot dooies gebid moet word.  Deutr.18:10-12 waarsku baie duidelik teen geestestussengangers wat dooies raadpleeg.

Roomsgesindes kniel en bid onbeskaamd voor beelde van Maria.  Pous Johannes Paulus II het die titel van Totus Tuam Maria (Alles vir jou Maria) gehad.  Hy het twee keer by die dood omgedraai en daarna amptelik verklaar dat die heilige moeder sy lewe van die dood gered het.  Hy moes beslis tot haar gebid het.  Semiramis, die koningin van die hemel, is en bly na meer as 2,500 jaar nog steeds gewild!

Nêrens in die Bybel is daar enige aanduiding dat daar tot Maria gebid moet word nie.  Die wyse manne uit die Ooste het die Jesuskind aanbid en nie Maria nie.  In die Ou Testament het gelowiges nooit tot Abraham, Moses, Dawid of enige ander geloofsheld gebid nie.  Nog minder het enigeen van die apostels gelowiges versoek om tot ‘n ontslapene te bid.

Die Bybel praat ook nêrens van mense wat na hul dood skakeling met lewendes behou het of dat hulle enige gebede kon hoor nie.  Desondanks leer die Roomse Kerk dat Maria gebede kan hoor en verhoor.  Dit maak nie sin nie.  Hoe sukkel ‘n mens nie om na drie of vier mense tegelyk te luister nie?  Maria is nie alwetend of alomteenwoordig soos God nie!

4.5.2     Nie sonder sonde nie

Op 8 Desember 1854 het biskoppe uit alle wêreldele in Rome byeengekom en met slegs vier teenstemme besluit dat Maria sonder sonde ontvang en gebore is en voortaan as die Onberispelike Maagd vereer sou word.   Dit rym nie met Maria wat in haar eie woorde haar behoefte aan ‘n verlosser erken nie: “My siel maak die Here groot, en my gees is verheug in God, my Saligmaker” (Lk.1:46,47).  Alleenlik sondaars het ‘n behoefte aan ‘n verlosser. “want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God” (Rom.3:23).

4.5.3  Aanbiddingsplekke

Die Roomse Kerk het deur die jare spesiale aanbiddingsplekke vir Maria ingerig.  Miljoene pelgrims stroom jaarliks na plekke soos Lourdes (Frankryk), Fatima (Portugal) en “Ons Dame van Guadalupe” (Mexiko) om spesiale seën of genesing te ontvang.  Daar is mense wat beweer dat Maria op die berg Karmel aan hulle verskyn het.

Lourdes is egter die gewildste pelgrimsoord.   Vier jaar na die pouslike uitspraak oor die vlekkelose geboorte van Maria, het sy in 1858 glo 18 keer aan ‘n Franse dogtertjie by Lourdes verskyn en haar as die Onberispelike Maagd voorgestel.  Omdat die kind op daardie stadium niks van diè pouslike uitspraak geweet nie, het Rome diè verskynings as ‘n goddelike bevestiging van die kerk se nuwe leer beskou.  Die verskynsel het die kind aangesê om op die plek waar sy gestaan het vir water te gawe waarna die water ‘n riviertjie gevorm het waarin mense na bewering genesing vind.

4.5.4    ‘n Valse Maria

Rome se Marialogie weerspreek die Evangelie dat God sy heerlikheid aan niemand anders as Jesus Christus gegee het nie.  Net soos wat die Jesus wat in die Mormoonse kerk verkondig word nie die Jesus van die Bybel is nie, is die Maria van die Roomse Kerk nie die Bybelse Maria nie.   Die regte Maria was geseënd, nederig en het ‘n behoefte aan ‘n Verlosser gehad.

Daar is deur die eeue soveel fiksie en fabel aan Maria toegedig, dat die werklike Maria in die stortvloed van Roomse leuens en misleidings verdwyn het.  Desondanks bly die valse Maria die rolmodel vir vrouelidmate van die Roomse Kerk.  Sy word as’t ware die dwangbuis waarin Rome al haar vrouelidmate probeer dwing ten einde hulle te beheer.

Die laaste keer dat die Bybel van haar melding maak, bid sy op dieselfde vlak saam met haar medegelowiges: “Hulle almal het eendragtig volhard in gebed en smeking, saam met ‘n aantal vroue en Maria, die moeder van Jesus…” (Hand.1:14).      

4.6   ‘n Heidenooreenkoms

Semiramis is bloot vanuit die een afgodiese sisteem na ‘n ander een oorgeplaas.  Haar naam is verander, maar nie haar sonde nie.  Dis nog steeds afgodery.   Johannes skryf in Openb.13:14 dat daar ‘n beeld van die dier waarvan die dodelike wond genees is, gemaak is.  Dis die Mariabeeld waarvan daar miljoene in die wêreld in omloop is.  In Efese waar Semiramis as Diana bekend was, is daar eeue gelede duisende silwer beelde van haar gemaak en verkoop.  Argeoloë het al etlikes hiervan tydens opgrawings gevind.

Wat in die Roomse Kerk gebeur, is niks nuuts nie.  Dis ‘n herlewing van heidense beeldeverering.   Die Babiloniërs het ook geglo dat Semiramis uit die dood opgestaan en ten hemel gevaar het om vir ewig ‘n ereplek as die hemelkoningin te beklee.

Johannes sien in Openb.14 dat die dier uit die aarde aan die beeld spraak gee.   Die beeld het dus geen lewe of ‘n eie stem nie.   Die dier gee beide.   Maria spreek by wyse van dwaalleer.  Sy buikspreek die Satan en staan die ware kerk teen.

Die Roomse uitbeelding van Maria is geensins Joods nie maar eg Babilonies.  Maria word as ‘n jongvrou met blou oë en blonde hare uitgebeeld.  Dit stem eerder met afbeeldings van Semiramis, soos deur die argeoloog Sir Robert Ker-Porter jare gelede in Babilon gevind is, ooreen.  Rome stel Maria dikwels met ‘n stralekrans om die kop voor.  Semiramis is op soortgelyke wyse afgebeeld.  Die stralekrans is simbool van die songod.

Semiramis is ook as ‘n vrou met ‘n wynbeker in haar uitgestrekte hand uitgebeeld. Johannes beskryf die kerk van die Antichris as ‘n magtige vrou met ‘n goue beker in haar hand:  “En die vrou was bekleed met purper en skarlaken en versierd met goud en kosbare stene en pêrels, en sy het in haar hand ‘n goue beker gehad….” (Openb.17:4).  Purper en skarlaken is die Roomse Kerk se amptelike kleure.

In 1825 het pous Leo X11 ‘n herdenkingsmedalje uitgegee wat die Roomse Kerk as ‘n sittende vrou met ‘n beker in haar uitgestrekte hand uitbeeld.  Die onderskrif lui: “Die hele wêreld is haar setel”.    Die Roomse Kerk gaan aan die einde van alle tye so magtig word, dat sy die wêreld gaan beheer.  Johannes vergelyk haar invloed met hoerery: “…en die bewoners van die aarde het dronk geword van die wyn van haar hoerery”(Openb.17:2).  Semiramis is ook deur baie konings vereer.

4.7     Heiliges

Die Roomse Kerk bid ook nog tot heiliges – dooies wat baie vir die kerk gedoen en na hulle dood tot heiliges verklaar is.  Pous Gregorius I is bv.in 1295 tot heilige verklaar en word as die beskermheilige van kerkskole, koorsang, onderwysers, skoliere, studente, sangers, musikante, messelaars en knoopmakers vereer.  Daar word ook tot hom vir die verlossing van jig of builepes gebid.


In die Vatikaanstad is die gebalsemde liggame van ‘n aantal pouse in glaskaste te sien.  So is pous Johannes XXIII, wat in 1964 oorlede is, bv. in 2000 opgegrawe en in ‘n glaskis geplaas.  Ongelowiges kniel en bid gereeld voor sy kis.

Die Woord van God verwerp uitdruklik die aanbidding van heiliges.  Die apostel Petrus is ‘n sprekende voorbeeld hiervan.  “Toe Petrus dan binnekom, het Cornelius hom tegemoetgegaan en aan sy voete neergeval en hom hulde bewys.  Maar Petrus het hom opgerig en gesê: Staan op, ek is self ook maar ‘n mens” (Hand.10:25,26).  Paulus en Barnabas doen dieselfde in Hand.14.  Die aanbidding van dooies is suiwer Babilonies en maak die bidder vir demoniese besitname ontvanklik.

Die Bybel praat ook van heiliges, maar met diè verskil dat hulle lewe - die gelowiges van destyds. “Paulus, ‘n apostel van Jesus aan die heiliges wat in Efese is…” (Efes.1:1).  Sondaars het nie die bemiddeling van Maria, ontslapenes of selfs engele vir hul redding nodig nie.  Daar is ‘n direkte verbindingslyn deur Jesus Christus met God.  Die brief aan die Hebreërs handel breedvoerig hieroor.

Om redding uit die hande van die Saligmaker te neem en in die hande van mense te plaas, is ongehoorde laster.  Om menslike middelaars tussen die Saligmaker en sondaars in te druk, pluk die hart uit die Evangelie.  Christus sê duidelik: “Kom na My toe” (Mt.11:28).  Hoe durf ‘n kerk hieraan verander!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3804 gaste aanlyn