Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
God is nie 'n mens dat Hy sou lieg nie, 'n mens dat Hy van gedagte sou verander nie.
Sou Hy iets sê en dit nie doen nie, iets belowe en dit nie uitvoer nie?
Numeri 23:19
DIE LAASTE POUS (5)
Andrè van den Berg
Lees reeks by Die Laaste Pous
DIE POUS
" Johannes skryf in Openb.13:18 dat die Antichris die simboliese getal 666 het; ‘n getal wat mense al eeue lank aan die raai het... In Babilon het elke letter ‘n sekere getalswaarde gehad. S was 60, T= 400, U= 6 en R= 200. Gevolglik is die volle getal van STUR 666. Wie is Nimrod se hoëpriester en verteenwoordiger op aarde? Die pous! Gevolglik is die laaste pous die Antichris."
5.1 Aanstootlike benamings
Die woord pous kom van die Latynse papa wat vader beteken. Roomse priesters word lynreg in stryd met Christus se bevel ampshalwe vader genoem: “En julle moet niemand op die aarde julle vader noem nie, want een is julle Vader, Hy wat in die hemele is” (Mt.23:9).
As magshebber word die pous ook pontifikaat genoem wat brugbouer beteken. Dis ‘n heidentitel waarmee Romeinse keisers, wat ampshalwe ook die hoëpriesters van afgodery was, as brugbouers tussen die aardse en hiernamaalse lewe beskou is. So ‘n keiser het as die Pontifex Maximus bekend gestaan. Siricius (384-399) was egter die eerste biskop van
5.2 Magsbehep
Die vroeë Christelike kerk het geen hierargiese gesagstrukture geken nie. Gelowiges is as dienaars geag en nie as heersers nie. Almal was broers en derhalwe gelyk. ‘n Leraar is as die eerste onder die gelykes beskou en niks meer nie. Namate die Satan die lig van die Evangelie begin verdof het, is ‘n vreemde leer die kerk ingedra met ampsdraers wat, soos in oud-Babilon, met geheimsinnige mag oor ander geheers het.
Gelowiges het van die begin af Christus as die Hoof van die kerk bely. Die Bybel het hulle so geleer. “En Hy het alle dinge onder sy voete onderwerp en Hom as Hoof bo alle dinge aan die gemeente gegee, wat sy liggaam is, die volheid van Hom wat alles in almal vervul ” (Efes.1:22,23). “En Hy is die Hoof van die liggaam, naamlik die gemeente; Hy wat die begin is, die Eersgeborene uit die dode, sodat Hy in alles die eerste
In stryd met die Skrif leer die Roomse Kerk dat die pous die leraar van God, hoof van alle kerke, vader en leermeester van alle Christene en heerser oor die wêreld is. Die pous neem wederregtelik die plek van Christus in. Behalwe dat hy as heilige vader of sy heiligheid aangespreek word, verwag hy onverbiddelike onderworpenheid aan hom. Kardinale het eeue lank voor pouse neergeval en hul voete gesoen!
Die Bybel leer dat die pous nie God se leraar op aarde is nie, maar wel die Heilige Gees: “maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het”(Joh.14:26). Deur homself as heerser van die wêreld te sien, trap die pous in dieselfde strik wat Satan vir Christus probeer stel het (Mt.4:8-10). Hy behoort eerder Christus se voorbeeld na te volg en vir die verleier te sê: “Gaan weg, Satan!”
Die optrede van Roomse pouse verskil hemelsbreed van diè van Petrus wat homself ‘n mede-ouderling noem: “Hou as herders toesig oor die kudde van God… nie uit dwang nie, maar gewilliglik; nie om vuil gewin nie…ook nie as heersers oor die erfdeel nie, maar as voorbeelde vir die kudde” ( 1 Petr.5:2,3).
“Maar Jesus het hulle na Hom geroep en gesê: Julle weet dat die owerstes van die nasies oor hulle heers en die groot manne oor hulle gesag uitoefen; maar sò moet dit onder julle nie wees nie; maar elkeen wat onder julle groot wil word, moet julle dienaar wees. En elkeen wat onder julle die eerste wil word, moet julle dienskneg wees; net soos die Seun van die mens nie gekom het om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as ‘n losprys vir baie” (Mt.20:25-28).
5.3 Fasisties
Pouse het deur die eeue al hoe meer van die leer van die Nuwe Testament afgewyk en mense mislei deur hulle te laat glo dat die Roomse Kerk die enigste weg na die hemel is. Daar was selfs ‘n era wat as die Donker Eeue in die geskiedenis bekend staan; sprekend van die sataniese duisternis wat die lig van die Evangelie verdof het.
Die Roomse Kerk het die ou Babiloniese resep van beheer deur godsdiens toegepas en volle beheer oor die lekedom verkry. Koninklikes soos koningin
Die Roomse Kerk het ‘n bedenklike geskiedenis waarop sy allermins trots
5.4 Onfeilbaarheid
Die Roomse Kerk leer sedert 1870 die onfeilbaarheid van die pous. Wanneer ‘n pous vanuit sy ampsstoel (ex cathedra) as leraar van alle Christene spreek, maak hy kwansuis geen foute nie. Sulke uitsprake word as komende van God beskou waardeur Hy die kerk gereeld oor sake van geloof en sedelikheid inlig ten einde dit te verryk. Ex cathedra-uitsprake geniet in Roomse geledere dieselfde gesag as die Woord van God en is op die hele kerk van toepassing
Die pous word as sulks nie as sondeloos geag nie. Met sy ex cathedra uitsprake werk hy slegs in sy hoedanigheid as geestelike wêreldleier sekere leerstellings wat in die boesem van die kerk is van naderby uit. Alhoewel pouse, teoreties gesproke, nie nuwe leerstellings
Daar was, interressant genoeg, geen ex cathedra uitsprake voor die 11de eeu nie. Selfs in die 14de eeu wat deur lewendige debatte oor die aard van pouslike uitsprake gekenmerk is, het pouslike onfeilbaarheid nooit ter sprake gekom nie. Selfs na 1870 was pouse maar redelik onwillig om hierdie gawe te gebruik. Hulle het eerder biskoppe en teoloë genader om die nodige studie te doen waarna hulle ‘n finale besluit geneem het. Desondanks glo
“Waarom ken julle nie my stem nie? Omdat julle na my Woord nie
Die leer van die onfeilbaarheid van die pous gee miljoene mense valse gerustheid. Hulle weet nie veel van die Bybel nie want die onus vir hulle saligheid berus op die kerk met haar onfeilbare pous. Daarby voer pouse ook geen Skriftuurlike grond vir hul doen en late aan nie. Dis, om die minste te sê, niks anders as valse gewetensverligting nie.
Die leer van die onfeilbaarheid van die pous stuit gelowiges teen die bors. Sondaars het nie ‘n onfeilbare ampsdraer nodig om hulle in die hemel in te lei nie. Daarvoor het hulle die Bybel en die Heilige Gees om hulle in die waarheid te lei. “Want almal wat deur die Gees van God gelei word, diè is kinders van God” (Rom.8:14).
5.5 ‘n Groot verskil
Die verskil tussen Christus en Roomse pouse is net te skerp dat hulle ooit Christus se verteenwoordiger op aarde
5.6 Petrus, die eerste pous?
Die Roomse Kerk leer dat die apostel Petrus in 42 nC as eerste biskop na
Die pousdom het in werklikheid eers in die vyfde eeu in
Benewens die twee briewe wat Petrus geskryf het, is daar ook 13 briewe van Paulus in die Nuwe Testament opgeneem. Nie een van hulle verwys na Petrus as die biskop van
Die Roomse Kerk voer selfs argeologiese getuienis aan dat Petrus wel in
Petrus was na alle waarskynlikheid nooit in
5.7 Die heidendom herleef
Die Roomse Kerk is so van die heidendom deurtrek, dat daar beswaarlik iets Christeliks in te vinde is. Pouse word soos die keisers van ouds as u heiligheid aangespreek en is in die verlede soos keisers van plek tot plek in ‘n drastoel gedra.
Toe die Romeinse Ryk die Christendom tot staatsgodsdiens verklaar het, is afgodery nie summier verban nie. Die geskiedskrywer Hieronimus meld dat daar in
Afgodery het egter geleidelik in onbruik verval totdat dit bykans verdwyn het. Dit het eers later met die lewe en optrede van die biskop van
Die biskop van Rome het spoedig soveel mag gehad, dat ‘n edik in 445 uitgevaardig is wat hom tot hoof van die ganse Christelike kerk verklaar het. Ondergeskiktes moes elke opdrag van hom onvoorwaardelik uitvoer.
5.8 Die Raad van Kardinale
Die biskop van
Oral waar die ou Babiloniese afgodery byval vind, is ‘n hoëpriester aan die stuur van sake. In
5.9 Hoed en staf
Die pous se kenmerkende tweepunthoed wat hy tydens ampsgeleenthede dra, is ook Babilonies van oorsprong. Afbeeldings van die Babiloniese afgod Dagon toon hom met ‘n soortgelyke hooftooisel. In hierdie opsig verskil die pous se hooftooisel skerp van die tulbande wat Aäron en die ander Joodse priesters gedra het. Syne is heidens.
Die pouslike krosier (staf) is ook Babilonies van oorsprong. Wanneer Babiloniese waarsêers die toekoms voorspel het, het hulle ‘n lituus gebruik; ‘n staf wat soos ‘n hoofletter J gelyk het en waarmee die magte van die duisternis om onthullings genader is. Dis waar die mitologiese toorstaf vandaan kom. Nimrod se opvolgers het almal litusse gehad.
5.10 Die getal van die Antichis
Johannes skryf in Openb.13:18 dat die Antichris die simboliese getal 666 het; ‘n getal wat mense al eeue lank aan die raai het. Die verklaring hiervan is nie moeilik indien dit teen die agtergrond van Babiloniese afgodery gesoek word nie. Wie die naam van die misleidingsisteem ken, sal die hoof daarvan herken. Die naam hiervan is verborgenheid en enigste sleutel waarmee die getal ontrafel
Ingelyfdes in die Babiloniese verborgenhede het Nimrod onder die naam STUR vereer. In Babilon het elke letter ‘n sekere getalswaarde gehad. S was 60, T= 400, U= 6 en R= 200. Gevolglik is die volle getal van STUR 666. Wie is Nimrod se hoëpriester en verteenwoordiger op aarde? Die pous! Gevolglik is die laaste pous die Antichris.
Calvyn was in die kol toe hy die pous die Antichris genoem het. In sy Institusie lewer hy kommentaar op Dan.7:25: “En hy sal woorde spreek teen die Allerhoogste en die heiliges van die Allerhoogste mishandel; en hy sal probeer om tye en wet te verander, en hulle sal in sy hand oorgegee word….” Calvyn gaan verder en sê: “Sommige mense reken dat ons te reguit praat en te krities is waar ons die Roomse Katolieke pous die Antichris noem. Maar diegene wat hierdie beskuldiging teen ons inbring, besef nie dat die apostel Paulus self van dieselfde aanmatigings beskuldig is nie. Want ons gebruik slegs sy taal en sê net wat hy lankal reeds verklaar het. Hierdie profesie
Gesien in die lig dat die Roomse Kerk die Babiloniese afgodery voortsit, is elke pous ‘n prototipe van die Antichris. Wie die pous vereer, vereer in werklikheid die Satan. Luister wat sê Paulus van die Antichris: “hy wie se koms is volgens die werking van die Satan…” (2 Thess.2:9). Gevolglik is die Satan die hoof van hierdie magtige, misleidende sisteem van toegeweide boosheid wat vandag Roomse Katolisisme genoem word.
Die kroning van die Antichris sal na alle waarskynlikheid soos die aanwysing van ‘n pous geskied. Die wêreldmedia sal, soos in die verlede, die een wat heilig lyk, vereer. Jesus waarsku ons eindtydse gelowiges baie duidelik: “Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal groot tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei. Kyk, Ek het dit vir julle vooruit gesê” (Mt.24:24,25).