Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Gelowiges is anders as wêreldlinge; beproewings maak hul geloof sterk. Gelowiges wen deur hul verliese, ontvang krag in hul siekwees, wen vriende in hul beproewing en behaal oorwinning deur hul verliese.
DIE LAASTE POUS (6)
Andrè van den Berg
Lees reeks by Die Laaste Pous
PRIESTERS
"Die Bybel ken slegs die vrywillige weerhouding van die huwelik waar enkelinge soos Paulus hulle aan ‘n groot doel gewy het. Die gawe van weerhouding is wel ‘n seën, maar om die selibaat op kerklui af te dwing, is heidens en gee dikwels aanleiding tot seksuele vergrype... Die huwelik is ‘n vrou se natuurlike, Godgegewe voorreg. Haar hoogste doel op aarde is nie om ‘n non te wees nie, maar om ‘n goeie vrou vir haar man en goeie moeder vir haar kinders te wees..."
6.1 ‘n Uitgediende amp
As die hoof korrup is, moet die res van die liggaam ook korrup wees. Roomse ampdraers vertolk almal ‘n heidenrol - van die pous tot by die priesters. Gevolglik skiet hulle ver tekort by die Bybelse voorskrifte vir kerklike opsieners (1 Tim.3:1-7). Evangeliedienaars voed God se skape deur sy Woord (Mt.4:4). Allermins Roomse priesters! Hulle bedien ‘n uitgediende amp waarvan die geestelike voedsel geen kilojules bevat nie.
In die Ou Testament het die priester ‘n waardige amp bedien deur vir sondaars by God in te tree en met offergawes versoening vir hulle sondes te verkry. Priesters was egter ‘n voorafskuwing van Christus, die eintlike Hoëpriester, wat in die volheid van die tyd na die aarde gekom het (Gal.4:4). Daarom is die priesteramp na die kruisiging van Christus afgesluit omdat sondaars God voortaan direk en sonder enige tussenganger kon nader.
Die priesterskap is met ‘n nuwe amp vervang. Elke gelowige is ‘n priester met Jesus Christus as Hoëpriester. “Maar julle is ‘n uitverkore geslag, ‘n koninklike priesterdom….” (1 Petr.2:9). “….Aan Hom wat ons liefgehad het en ons van ons sondes gewas het in sy bloed en ons gemaak het konings en priesters vir sy God en Vader….” (Openb.1:5,6).
Sondaars word nie op grond van persoonlike toewyding of eie verdienste geregverdig nie, maar alleenlik op grond van Christus se soenverdienste. Sy offer aan die kruis is genoegsaam. Toe Hy in pyn uitroep: “Dit is volbring” (Joh.19:30) en sterf, het Hy die perfekte offer gebring wat op geen manier herhaal, aangevul of vernuwe
Daarmee is die bring van offers nie gestaak nie. Gelowiges het op drie nuwe maniere geoffer. Eerstens deur die bring van geestelike offers soos lofprysing: “Laat ons dan gedurigdeur Hom aan God ‘n lofoffer bring, dit is die vrug van die lippe wat sy Naam bely” (Hebr.13:15). Tweedens deur stoflike gawes sodat die werk van die Here
Die Nuwe Testament maak nêrens van ‘n voortsetting van die Ou Testamentiese priesterskap of offers melding nie. “En Hy het gegee sommige as apostels, ander as profete, ander as evangeliste, ander as herders en leraars om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk…” (Efes.4:11). Geen woord word oor priesters gerep nie. Die brief aan die Hebreërs handel onder andere oor die wegdoen van die priesterskap.
Deur te leer dat God nog steeds deur priesters genader moet word, verstaan die Roomse Kerk baie duidelik nie God se pad van versoening nie. Gelowiges daarenteen glo dat die mens slegs op grond van Christus se versoeningsdood vrye toegang tot God het. Deur priesters tussen God en die mens in te druk, maak die Roomse Kerk sondaars se pad na die hemel bewustelik toe.
“Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Jesus Christus” (1 Tim.2:5). Die Roomse Kerk leer dat daar baie is – priesters, Maria, heiliges, engele ens. Daar word selfs tot hulle gebid. Johannes wou dit ook in ‘n verrukking van sinne doen, maar is ter stond verhoed: “En ek het voor sy voete neergeval om hom te aanbid; maar hy het vir my gesê: Moenie! Ek is ‘n mededienskneg van jou en jou broeders wat die getuienis van Jesus het. Aanbid God…” (Openb.19:10).
Toe Christus aan die kruis op
Die vroeë Christendom het geen priesteramp gehad nie. Nêrens in die Nuwe Testament word diè woord vir ‘n kerklike voorganger gebruik nie. Petrus stel hom as volg voor: “Ek vermaan die ouderlinge onder julle, ek wat ‘n mede-ouderling en getuie van die lyde van Christus is…” (1 Petr.5:1). Paulus het nie priesters nie, maar ouderlinge in nuwe gemeentes aangestel.
Geen funksie van Nuwe Testamentiese leraars stem met diè van Roomse priesters ooreen nie. Titels soos aartsbiskop, kardinaal of pous kom nêrens in die Bybel voor nie; alleenlik biskop. Dit was destyds ‘n geheel ander amp as wat
6.2 Outokraties
Christus het baie wonderlike voorregte vir sy Kerk bestem. Met die voortsetting van die priesteramp gooi
Die Christendom is wesentlik demokraties.
In die Roomse Kerk het lidmate geen inspraak in die samestelling van die plaaslike kerk nie – nie in die keuse van priesters, kerklike administrasie of gemeentelike bates nie. Die kerk verwag van mense om hulle onvoorwaardelik aan die kerklike gesag te onderwerp en alle voorskrifte slaaf na te kom.
Daarom meng die Roomse Kerk gedurig in private aangeleenthede in - selfs in sake tussen man en vrou en ouers en kinders. Sy meng gereeld met die verloop van hofsake en erflatings in en het al dikwels regerings gedwing om katedrale te bou en priesters se salarisse te betaal. Mense wat weerstand gebied het, het dikwels lelik tweede gekom! Sommige het hul werk, eiendom of selfs hulle lewe verloor. Die Roomse Kerk is ‘n kerklike tirannie soos nêrens anders op aarde gevind word nie!
Katolieke is aan die opdragte van die Konsilie van Trent (16de eeu) gebind. Een daarvan lui dat ‘n priester ‘n man van God is en dat elkeen wat hom verag, God verag. Elkeen wat na hom luister, luister na God. Daarbenewens
Rome leer haar mense van jongs af om nie net die gesag van die priester oor die hele spektrum van hul morele, sosiale en politieke lewe te erken nie, maar ook onvoorwaardelik te aanvaar. Sonder ‘n hierargiese priesterskap stort die pouslike sisteem in duie.
Kortom verskil Roomse kerklui weinig van hul eertydse Babiloniese kollegas wat ook ‘n bose houvas op hulle mense gehad het. Dis immers een en dieselfde sisteem! Almal moet soos
6.3 Misleiers
Roomse Katolisisme is die verleidelikste sisteem van alle tye. “En uit die aarde het ek ‘n ander dier sien opkom en hy het twee horings gehad net soos ‘n lam en het gepraat soos ‘n draak” (Openb.13:11). Johannes sien hoedat die gedrog daarin slaag om die mensdom te verlei sodat hulle die dier wat die dodelike wond ontvang het, aanbid.
Die Babiloniese afgod Nebo het die kop en horings van ‘n ram gehad. Hy het godsprake (orakels) gelewer, waargesê, getoor en allerlei verbysterende wonders gedoen. Van die dier uit die aarde word gesê: “Hy doen ook groot tekens, sodat hy selfs vuur uit die hemel laat neerdaal…” (Openb.13:13). Daarom waarsku die Bybel teen valse profete wat soos wolwe in skaapsklere na mense sal kom om hulle te mislei. Roomse kerklui lyk soos vredeliewende skape, maar is in werklikheid wrede wolwe!
Waar pas Christus in die Roomse prentjie? Hy val die oog nie maklik op nie. Daar moet behoorlik na Hom gesoek word. Hy is iewers op die agtergrond - ágter Maria, ágter die priester, ágter die kerk; iewers daar baie, baie vèr agter. Daarom is die geestelike peil van Roomse lidmate opvallend swak en verkeer Roomse lande in geestelike duisternis.
6.4 Die bieg
Die Roomse bieg is ook Babilonies van oorsprong en verskil hemelsbreed van die Bybelse voorskrif: “Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar” (Jak.5:16). Min dinge het die eertydse heidenpriesters soveel mag oor ondergeskiktes besorg as die bieg.
Die gedwonge onthulling van sondes ten einde vergifnis te verkry, maak dat Roomse priesters alles van almal weet. Inligting is uiteraard mag.
Skuldbelastes word in ‘n biegkamer ondervra waar hulle ‘n volledige sondebelydenis moet doen en niks weglaat nie. Die weglaat van ‘n enkele sonde maak die bieg kwansuis waardeloos. Tydens die bieg sê die persoon die eerste gedeelte van die biegformulier op: ”Ek bely teenoor die almagtige God, die geseënde Maagd Maria, die geseënde aartsengel Migail, die geseënde Johannes die Doper, die heilige apostels Petrus en Paulus, al die heiliges, en aan u vader, dat ek gruwelik gesondig het”.
Maria, Johannes die Doper, Petrus, Paulus, Roomse heiliges en die betrokke priester word in die Roomse Kerk op dieselfde vlak as God gestel. Is daar dan teen almal van hulle gesondig? Hoe rym dit met Mark.2:7: “....Wie
Tydens die Konsilie van Trent is besluit dat Roomse priesters God se ambassadeurs op aarde is en daarom dieselfde mag het om sondes te vergewe - ‘n bose verdraaiing van Mt.16:19.
Die Roomse priester verleen nie alleen vryspraak na sondebelydenis nie, maar oefen indirek gesag op so ‘n persoon uit; ‘n gesag wat hy van sy biskop ontvang. Die priester vra God nie namens die sondaar om vergifnis nie, maar verleen self die verlangde vergifnis asof hy self God is.
Die Nuwe Testament leer dat gelowiges hul sonde op grond van Christus se soenverdienste sonder ‘n tussenganger aan God bekend maak. Daarom maak die Nuwe Testament geen melding van die bieg nie. Nog minder is dit in die vroeë kerk beoefen. Dis eerder ‘n bedenklike Babiloniese gebruik waardeur priesters mense se siel en verstand as’t ware op ‘n altaar offer!
6.5 Die selibaat
Alhoewel Rome die huwelik as ‘n sakrament beskou, verbied sy haar kerklui om dit aan te gaan. Hierdie verbod word die selibaat genoem en is eweneens heidens van oorsprong. Dis in oud-Rome sowel as Babilon beoefen. Die selibaat is ‘n reuse teenstrydigheid; eendersyds omdat
Die selibaat het geen Skriftuurlike gronde nie, maar is ‘n leerstelling van Satan: “Maar die Gees sê uitdruklik dat daar in die laaste tye sommige van die geloof afvallig sal word en verleidende geeste en leringe van duiwels sal aanhang deur die geveinsdheid van leuenaars wat gebrandmerk is in hulle eie gewete, wat verbied om te trou” (1 Tim.3:1-3).
Die selibaat veroorsaak by Roomse kerklui ‘n kunsmatige weersin in die dinge van die wêreld. Dit maak hulle later so lewensvreemd, dat hulle net agter hoë kloostermure wil skuil. “As julle dan saam met Christus die eerste beginsels van die wêreld afgesterf het, waarom is julle, asof julle nog in die wêreld lewe, onderworpe aan insettinge soos : raak nie, smaak nie, roer nie aan nie? …wat, alhoewel dit ‘n skyn van wysheid het, in eiesinnige godsdiens en nederigheid en in gestrengheid teen die liggaam, geen waarde het nie, maar strek tot versadiging van die vlees” (Kol.2:20,21,23).
Die Bybel ken slegs die vrywillige weerhouding van die huwelik waar enkelinge soos Paulus hulle aan ‘n groot doel gewy het. Die gawe van weerhouding is wel ‘n seën, maar om die selibaat op kerklui af te dwing, is heidens en gee dikwels aanleiding tot seksuele vergrype. Die seksuele vergrype van sekere selibaatpriesters het die ou Romeinse senaat by geleentheid genoop om hulle uit die ryk te verdryf!
Johannes skryf in Openb.17:5: “Babilon, die moeder van die hoere en die gruwels van die aarde”. Hierdie gruwel is heelwaarskynlik homoseksualisme wat dikwels onder Roomse priesters voorkom. Toe pous Paulus V jare gelede oorweeg het om al die wettige bordele in
Nêrens verbied Christus leraars of voorgangers om te trou nie. Nog minder maak enigeen van die apostels daarvan melding. Toe Christus sy kerk opgerig het, het Hy apostels geskies waarvan sommige getroud was. Hy het by geleentheid selfs Petrus sy skoonmoeder van koors genees. Volgens oorlewering het Petrus se vrou hom dikwels op sy sendingtogte vergesel.
Indien selibaatpriesters ‘n beter voorbeeld vir die gemeente sou wees, sou Christus ongetroudes vir die apostelamp gekies het. Hy het nie. “’n Opsiener dan moet onberispelik wees, die man van een vrou…..” (1 Tim.3:2). Die huwelik is ‘n vrou se natuurlike, Godgegewe voorreg. Haar hoogste doel op aarde is nie om ‘n non te wees nie, maar om ‘n goeie vrou vir haar man en goeie moeder vir haar kinders te wees (Gen.30:1; Ps.113:9; 127:3; 128:3,4; Spr.18:22; 31:10,28).
Nonne het ‘n onmenslike stryd om hulle natuurlike, moederlike instinkte te onderdruk. Die kerk dwing hulle om alle hoop op dit wat vir ‘n vrou so oneindig baie beteken (die huwelik) prys te gee. Die geestelike, psigiese en fisiese slawerny waarin
6.6 Kloosters
Kloosters is ‘n baie ou instelling en lank voor die Christelike era alreeds in gebruik. Die Boeddistiese kloostersisteem is byvoorbeeld meer as 500 jaar ouer as die Roomse sisteem. Boeddiste het hulle monnike en heilige tempelmaagde in kloosters afgesonder. Laasgenoemdes was almal maagde wat Boedda gedien, heilige water aangedra, klokke gelui en skilderye wat deur die priester geseën is, vertoon het.
Christus het geen kloosters opgerig nie. In die Christelike kerk is daar nie hoë klipmure, geslote deure of versterkte vensters soos in die meeste kloosters nie. Die hele kloostersisteem is heidens van oorsprong en skep in werklikheid ‘n abnormale lewe. Daarbenewens staan dit Christus se opdrag in Mt 5 teen dat gelowiges sout van die aarde en lig van die wêreld moet wees.