Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Meestal roem ons op onsself wanneer ons groot hoogtes bereik het. Eintlik weet ons dat die Here daardie talente en vermoëns aan ons geskenk het maar ons dink nie veel daaraan nie en word graag voor ander mense vereer. God sê in Exodus 28 aan Moses om met die kunsvaardige mense te reël om vir Aäron heilige klere te maak waarin hy die Priesteramp sal beklee; en dan maak God dit duidelik wie daardie kunsvaardige mense is: ...wat Ék met die gees van wysheid vervul het..." Laat ons deurentyd die eer aan God gee vir al ons prestasies, dit kom Hom toe.
DIE LAASTE POUS (7)
Andrè van den Berg
Lees reeks by Die Laaste Pous
DIE MISOFFER
"Wanneer Christus gelowiges versoek om die nagmaal gereeld te vier, is dit nie by wyse van ‘n offer nie, maar ‘n gedagtenismaaltyd... Tydens die misoffer van die Roomse Kerk is gemeentelede slegs toeskouers van ‘n godsdienstige drama... Die misoffer is ‘n belaglike ritueel en spot in der waarheid met dit wat heilig is... Dit
7.1 ‘n Onvanpaste drama
Die Roomse misoffer is nie bloot ‘n alternatiewe nagmaalsgebruik nie. Dis geen nagmaal nie! Nagmaal is ‘n gedagtenismaaltyd (Luk.22:19) waartydens gelowiges hulle die lyde en sterwe van Christus voor die gees roep. Die Roomse Kerk beskou dit uitsluitlik as ‘n offer soos wat die priesters van weleer gebring het. Vir Rome staan die offergedagte so sentraal, dat selfs die prediking daaraan ondergeskik is. Ook dit is heidens.
Die ou Babiloniese priesters se hooffunksie was om tot eer van Semiramis te offer. ‘n Hoëpriester het hulle daartoe georden. Alle ander funksies was daaraan ondergeskik. Dieselfde gebeur in die Roomse Kerk. Priesters word georden om tot eer van Maria te offer. Tydens die ordening sê die biskop: “Ontvang die gesag om vir die lewendes en die dooies te offer”.
Die vroeë Christelike kerk het nie die misoffer geken nie. Dis eers in 394nC in
Gelowiges durf vir geen oomblik ‘n goeie woord vir die lasterlikheid van die misoffer hê nie. Geen gelowige behoort dit selfs te aanskou nie. Dis ambivalent – ‘n mens wil lag en huil. Lag omdat dit bespotlik is en huil omdat dit Christus moet walg!
Die Roomse Kerk glo dat Christus die misoffer as ‘n sigbare offer aan die kerk nagelaat het om voort te sit totdat Hy weer kom. Dis dieselfde offer as wat Christus aan die kruis gebring het en mag slegs deur ‘n geordende ampsdraer behartig word omdat hy alleen die mag (toorkrag?) het om die tekens van brood en wyn in die liggaam en bloed van Christus te verander. Oud
Tydens die misoffer is gemeentelede slegs toeskouers van ‘n godsdienstige drama. Hulle het geen aktiewe rol daarin nie. Terwyl priesters vir die sondes van lewendes en dooies offer, is die aanwesiges passief. Hulle sing of bid nie. Die liturgie is so rigied, dat dit meganies uitgevoer
7.2 Geen werklike offer nie
Wanneer Christus gelowiges versoek om die nagmaal gereeld te vier, is dit nie by wyse van ‘n offer nie, maar ‘n gedagtenismaaltyd. Die Levitiese wet het die eet van sondoffers streng verbied. Wanneer Christus aan sy dissipels sê: “Neem, eet, dit is my liggaam” en “dit is my bloed” (Mt.26:26,27), moet dit nie letterlik opgeneem word nie. Hy het trouens op daardie tydstip saam met hulle aan tafel gesit en beide tekens vòòr sy kruisiging saam met hulle genuttig. Daar was hoegnaamd van geen offer te sprake nie.
Die misoffer is ‘n belaglike ritueel en spot in der waarheid met dit wat heilig is. Dit
Die misoffer is so absurd, dat ‘n mens nie
Wat sit werklik agter die misoffer?
7.3 Heidense invloed
Die offergesag wat die Roomse priesterorde ontvang, stem presies met diè van die eertydse Babiloniese priesters ooreen. Toe Semiramis teen 400nC onder die naam Maria in die Roomse Kerk begin vereer is, het die kerk dieselfde onbloedige broodjie-offer begin gebruik as wat vir Semiramis gebruik is. Die geskiedskrywer Epiphanius beskryf dit as ‘n klein, ronde wafeltjie wat tydens ‘n verborge seremonie geëet is.
Die Egiptenaars was sonaanbidders en het ook ‘n ronde broodjie as onbloedige offer gebruik. Die ronde broodjie het die songod voorgestel. Indien die Roomse Kerk werklik ‘n kerk van Christus was, sou sy Christus se voorbeeld gevolg het wat die brood letterlik geneem en in stukke voor die oë van sy dissipels gebreek het.