Gedagtes vir elke dag
GEDAGTES VIR ELKE DAG
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
DIE LAASTE POUS (10)
Andrè van den Berg
Lees reeks by Die Laaste Pous
HEIDENSIMBOLE EN GEBRUIKE
10.1 Die kruisteken
Die maak van die kruisteken oor die bors is een van die opvallendste kenmerke van Roomsgesindes. Hulle doen dit instinkmatig, selfs tydens sportbyeenkomste. In die Roomse Kerk vind geen aanbidding daarsonder plaas nie. Dit word vir geen ander rede as ‘n bewaringsteken teen bose magte gebruik nie en kom oorspronklik uit Babilon. Heidene wat by die verborgenhede ingelyf was, het die kruisteken as bewaringsteken teen bose magte gemaak. Gelowiges moet kruissimbole van watter aard ookal liefs vermy.
Wees ook gewaarsku dat dit wat goedsmoeds as die Christelike kruis aanvaar word, in werklikheid nie Christelik van oorsprong is nie, maar ook Babilonies. Dis oorspronklik as ‘n simbool ter ere van Tammuz, die hoerseun van Semiramis, ontwerp en die tau genoem. Daarom het dit ‘n T-voorkoms. Tammuz is as songod aanbid (Eseg.8:13-18).
Dr.Austen Layard wat in ou Mesopotamië opgrawings gedoen het, bevestig dat die Babiloniese tau ‘n kruisvormige amulet was wat deur ingewydes soos ‘n hangertjie op die hart gedra is. In Egipte is dit die ankh genoem en as teken op heidenpriesters se ampsgewade aangebring. Heidenkonings se ampsstaf was ook in die vorm van die ankh. Die tempelmaagde van oud-Rome het, net soos die Roomse nonne, die kruis sigbaar om die nek gedra.
Die kruissimbool is minstens 1500 jaar ouer as die Christelike kerk en is deur talle heidennasies gebruik. Die Kelte het bv. die kruis lank voor die geboorte van Christus geken. Die Spanjaarde was verbaas toe hulle die tempels van Anahuak in Mexiko vol kruissimbole gevind het. So ook in ander Suid-Amerikaanse lande.
Die vroeë Christene het hul daarvan weerhou om Christus in sy staat van vernedering aan ‘n kruis voor te stel. Sy staat van verhoging en verheerliking as die opgestane Heiland en Oorwinnaar oor die dood was vir hulle baie belangriker. Daarom het die eertydse Christenkunstenaars niks van die kruisiging uitgebeeld nie. Die eerste uitbeelding daarvan was eers in die vyfde eeu toe ‘n kruissimbool op ‘n houtdeur van die Santa Sabinakatedraal in Rome aangebring is.
Die Roomse kruis spot in werklikheid met Christus omdat ‘n dooie Jesus daaraan hang. Dis tot ‘n godsdienstige voorwerp van beskerming verhoog wat dit nie is nie. Mense het dit selfs gebruik om vampiere (rolprente) mee in bedwang te hou. Dit as sulks skets die bose mag wat daaraagter skuil!
10.2 Die laaste oliesel
Die laaste oliesel is nog ‘n heidengebruik wat die Roomse Kerk tot sakrament verhef het en bestaan uit die salwing van sterwendes deur priesters. Ten spyte van haar beroep op die Bybel, verskil die Roomse salwing ingrypend van diè van die Bybel. Babiloniese priesters het ook ingewydes met magiese olie gesalf ten einde hulle tot die dieper geheime van die verborgenhede toe te laat.
10.3 Lampe en kerse
Die Roomse gebruik van lampe en kerse is suiwer Babilonies van oorsprong. Wanneer die Roomse Madonna iewers in ‘n
Die vroeë Christelike kerk het geen kers vir godsdienstige redes gebruik nie omdat dit terreg as heidens beskou is. Kerse is eers teen die einde van die derde eeu heimlik in die kerk ingevoer. Die Christenskrywer Lucius Lactantius lewer tydens die vierde eeu felle kritiek op hierdie gebruik en sê dat dit dwaas is om kerse vir God te wil brand asof Hy in die duisternis leef.
Die Roomse Kerk gebruik kerse en lampe omdat sy in ‘n geloofsnag vasgevang is. Daarom word daar by elke godsdienstige plegtigheid kerse aangesteek. Desondanks bly dit nag in haar siel. Miljoene mense gaan verlore omdat hulle in die Roomse nagkerk ‘n geestelike tuiste gevind het wat hul soos ‘n magtige seestroom ver verby die reddende genade van Jesus Christus voer. Hulle het soos grotdiertjies aan die geestesduister gewoond geraak en besef nie hoe nodig hulle die ware lig het nie!