NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Mens, jy is meer werd as jou geld. Jou waarde is nie te meet in terme van geld en goed nie. Met geld alleen is jy nie 'n sent werd nie...

DIE LAASTE POUS (11)

Andrè van den Berg

Lees reeks by Die Laaste Pous

PROTESTANTISME

"Diegene wat by die Ryksdag van Spiers (1529) teen die dekrete van die Roomse Kerk beswaar gemaak het, is destyds Protestante genoem en in ‘n baie slegte lig geplaas.  Dieselfde het later in Suid-Afrika gebeur toe mense wat teen die NG Kerk se vrysinnige beleidsverandering beswaar gemaak het as beswaardes geëtiketeer is."

11.1     Geen nuwe kerk nie

Roomse Katolisisme is ‘n reuse sisteem van hervormde afgodery wat deur die eeue miljoene siele in die ewige verdoemenis laat beland het.  Christus het egter verhoed dat die waarheid van God se Woord geheel en al in die stortvloed van Roomse afgodery wegspoel.  “En die aarde het die vrou te hulp gekom en die aarde het sy mond oopgemaak en die rivier opgesluk wat die draak uit sy bek uitgegooi het” (Openb.12:16).

Hy het sy Kerk deur klein groepies Skrifgetroue gelowiges wat die Evangelie suiwer verkondig het, eeue lank bewaar.  Soos die 7000 Israeliete wat in die tyd van Elia die knie nie voor Baäl gebuig het nie (1 Kon.19:18), het hulle hul nie met Roomse afgodery besoedel nie.  Dit het later tot die vestiging van Protestantisme gelei.

Protestantisme is in werklikheid geen nuwe geloof wat met Luther en Calvyn se optredes begin het nie, maar eerder ‘n geseënde herlewing van die oorspronklike Christelike kerk soos deur die apostels gestig is.  Ten spyte daarvan dat die Satan dit op afgodiese syspore wegrangeer het, het Christus gesorg dat daar altyd gelowiges was wat die Bybel as die enigste kenbron van hulle geloof geleer en gehandhaaf het. “gebou op die fondament van die apostels en profete, terwyl Jesus Christus self die hoeksteen is” (Efes.2:20).

‘n Kerk is net suiwer indien haar leer op die Bybel gegrond is. “Want niemand kan ‘n ander fondament lê as wat daar gelê is nie, dit is Jesus Christus” (1 Kor.3:11).   Die Bybel is in die eerste eeu na Christus voltooi en van meet af aan in die belydeniskrifte van Evangeliese kerke as die enigste objektiewe maatstaf bely.

Gedurende die eerste drie eeue het gelowiges hul geloof alleenlik op die Bybel gegrond. Eers nadat keiser Konstantyn die Christendom in 324 nC tot staatsgodsdiens verklaar het, het dinge begin skeefloop. Duisende heidene het t.w.v die fisiese voordele die kerk binnegestroom en bloot op grond van hulle doop en nie hul bekering nie, tot die kerk toegelaat.  Dit was ‘n fatale fout!

Konstantyn het nooit tot bekering gekom soos voorgegee word nie.  Hy was tot en met sy dood ‘n sonaanbidder wat die Christendom misbruik het om sy magsbasis uit te brei.  Gevolglik het hy die Christendom oneindige skade berokken.  Die gekerstende heidene was nie met die eenvoud van die oorspronklike Christendom gediend nie en het spoedig vreemde gebruike in die kerk gevestig ten einde die Christendom meer aanvaarbaar te maak.  Heidengebruike is van Christelike name voorsien en die kerk besoedel.

Heidentempels is in kerke omskep en afgodery voortgesit.  Beeldediens, offers, heilige waters en ander heidengebruike het kort voor lank van die kerk ‘n karikatuur van die oorspronklike Evangeliese kerk gemaak.   Ironies genoeg het die Roomse Kerk deur die eeue die vrome leuse semper idem (altyd dieselfde) gehad.  Dis ‘n leuen!  Sy het eeue gelede die eenvoud van die Evangelie verlaat en in ‘n anti-Evangeliese kerk ontaard.  Gevolglik was Protestantisme ‘n welkome terugkeer na die ware Christendom met sy geseënde eenvoud; die kerk wat Rome t.w.v heidene eeue tevore verlaat het.

11.2           Terug na die Bybel

Satan het die Bybel van meet af teengestaan en met leuens en tradisies probeer afwater.  Die meeste hiervan was van Babiloniese oorsprong.  In die tyd van Christus was Judaïsme baie sterk.  Kerkleiers het tradisie feitlik net so hoog as die Skrif aangeslaan.   Hulle het nie net die plaaslike Romeinse owerheid beïnvloed nie, maar ook die Joodse volk.  Hulle was as’t ware die gewete van die volk en vir hulle gedink.  Die Jode moes nie dink nie, maar slegs volg; iets wat later in die Roomse Kerk herhaal sou word.

Gelowiges se aangetekende misnoë met die Roomse Kerk dateer so ver terug as 1140 met die eerste hervormingsbeweging.   Tydens en na die groot Hervorming (1517) het miljoene mense die Roomse Kerk verlaat.   Die gevoel was so sterk, dat ‘n sekere John Clark in 1524 'n plakkaat teen 'n kerkdeur in Melden vasgespyker het waarin hy die pous openlik die Antichris genoem het!

Diegene wat by die Ryksdag van Spiers (1529) teen die dekrete van die Roomse Kerk beswaar gemaak het, is destyds Protestante genoem en in ‘n baie slegte lig geplaas.  Dieselfde het later in Suid-Afrika gebeur toe mense wat teen die NG Kerk se vrysinnige beleidsverandering beswaar gemaak het as beswaardes geëtiketeer is.

Protestante het destyds teen die leer van die Roomse Kerk beswaar gemaak en ‘n dringende terugkeer na die onbesoedelde eenvoud van die Nuwe Testamentiese kerk en Bybel as geheel bepleit.  Met hierdie terug-na-die-Bybel beweging het die ware kerk met krag deurgebreek en aan ‘n magdom soekendes ‘n onbesoedelde geestelike tuiste gebied.

Die Hervorming het die Roomse Kerk tot in haar fondamente geskud.  Gelowiges is opgeroep om na die Bybel terug te keer en te ontdek hoe verkeerd die aanbidding van beelde, heilige waters, die misoffer, prediking in verborge taal (Latyn) en talle ander heidengebruike was.  Protestantisme was ‘n vars bries in ‘n bedompige kamer!

Nadat Protestante die Bybel as die hoogste kenbron in ere herstel het, het baie mense met die Roomse Kerk gebreek.   Hulle het vir die eerste keer die Bybel in hulle eie taal ontvang en is aangemoedig om dit te lees.  Dit het nooit in die Roomse Kerk gebeur nie.  Die Roomse Kerk het lidmate verbied om die Bybel te lees omdat dit hulle kwansuis sou verwar.   Die Bybel is tydens die Konsilie van Valencia (1229) selfs op die lys van verbode boeke geplaas, waar dit vir etlike eeue gestaan het.  Vir miljoene wat die naam van Christen gedra het, was dit ‘n verseëlde boek.

Die verbod om die Bybel te lees, het die despotiese mag van Roomse kerklui aansienlik versterk.  Deur priesters die alleenverklaarders van die Bybel te maak, het die Roomse Kerk priesters gebruik om mense van die saligmakende kennis van God te beroof.  Die Roomse Kerk verbied tot vandag toe nog alle Bybels wat nie deur die Roomse Kerk gedruk is nie.  Slegs Roomse Bybels met die nodige verklarende aantekeninge mag gelees word - kerklike despotisme!

Protestante se lewenskoers verskil ingrypend van diè van Katolieke.  Daarom getuig baie mense wat die Roomse Kerk verlaat het dat hulle die Evangelie vir die eerste keer werklik lees en verstaan.  Protestante se lewenskoers word deur die Bybel bepaal.  Roomse Katolieke s’n deur die kerk, by name die pous.  Daarom moedig die Roomse Kerk as sulks nie Bybelstudie aan nie.  Is sy bang dat mense dinge in die kerk sal vind wat nie met die Bybel strook nie?

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3841 gaste aanlyn