Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Spaar jouself teleurstelling deur vroegtydig vrede te maak met die feit dat jou grootste opoffering moontlik die minste dank sal kry – en moenie jou daardeur laat ontmoedig nie; dit was nie die doel van jou taak nie.
DIE LAASTE POUS (12)
Andrè van den Berg
Lees reeks by Die Laaste Pous
ROOMSE WRAAK
" ...dat hulle gewete hul beveel om my vrou te verbrand, my kinders te verwurg en myself keel af te sny as hulle die geleentheid kry nie. Die burgeroorlog sou nooit moontlik gewees het sonder die rampspoedige invloed van die Jesuïete nie. Ons het dit aan die Pousdom te danke dat ons ons land nou rooi van die bloed van ons seuns sien". (W.S McLoud)
12.1 Die Inkwisisie
Die Roomse Kerk het ‘n bedenklike verlede en het haar dikwels aan moord, roof, vervolging, omkopery en bedrog skuldig gemaak. Sy het dikwels van bondgenote gebruik gemaak om haar teenstanders te laat vermoor. Die bloedigste slagting was teen die Waldense (10de eeu) waartydens duisende andersdenkendes vermoor en hele dorpies deur Roomse lojaliste uitgewis is.
Die Hervorming het die Roomse Kerk se aansien so geskaad, dat die Jesuïete Orde op 15 Augustus 1534 in Parys gestig is om die Hervorming hardhandig teen te werk. Hieruit het die berugte Inkwisisie, 'n kerklike terreurorganisasie, ontstaan wat na berekening 68 miloen mense gemartel en/of vermoor het. Dis deur ‘n Spanjaard, Ignatius van Loyola, aangevoer wat weens sy wreedhede die Swart Pous genoem is. Hy het tydens die opspraakwekkende Bartlomeusnag (24 Augustus 1572) 40,000 Protestante in Parys alleen laat vermoor. Von Loyola is na sy dood tot heilige verklaar!
Hy was by Satanisme betrokke en het by geleentheid vergunning van die pous ontvang om ‘n nuwe priesterorde, die Gemeenskap van Jesus (Jesuïete), te stig. Geen priesterorde was so by die okkulte betrokke soos die Jesuïete nie. Daarbenewens het hulle Loyola blindweg gevolg en elke opdrag uitgevoer. Die Jesuïete was almal hoogs intellektueel en is getaak om Evangeliese kerke binne te dring om leidsliede op ‘n dwaalweg te bring.
In Openb.11 sien Johannes 'n stryd tussen die ware en valse kerk en ontvang die opdrag om die heiligdom te meet, maar nie die voorhof nie. Alhoewel dit soos 'n deel van die heiligdom gelyk het, was dit nie deel daarvan nie. “dit is aan die heidene gegee" (vers 2). Die voorhof het slegs die skyn van godsdienstigheid gehad, maar het aan die heidene behoort. Wat is dit anders as die misleiding van die Roomse Kerk?
"En Ek sal aan my twee getuies gee dat hulle, met sakke bekleed, duisend-tweehonderd-en-sestig dae lank sal profeteer" (vers 3). Diè getuies is die ware kerk (Protestantisme) en stem met die twee olyfbome van Sagaria 4 ooreen. Dis die Hervorming waartydens die dier (Roomse Kerk) die getuies (Protestante) doodmaak.
Die Ou- sowel as die Nuwe Testament praat van ‘n wellustige vrou wat haarself verhef en teen gelowiges stryd voer. "Hoor dan nou dit, wellustige wat so veilig sit, wat in jou hart sê: Dit is ek en niemand anders nie! Ek sal nie as weduwee sit of kinderloosheid ken nie" (Jes.47:8). "Namate sy haarself verheerlik het en weelderig geleef het....Omdat sy in haar hart sê: Ek sit as koningin en is geen weduwee nie, en droefheid sal ek nooit sien nie" (Openb.18:7).
12.2 Die Jesuïete
Die Jesuïete Orde staan sentraal in die doolhof van Roomse organisasies wat daarop ingestel is om Protestantisme te skaad en te vernietig. Die Roomse Kerk pak nie al haar eiers in een mandjie nie en weet dat geldmag alleen nie genoeg is om wêreldheerskappy te verkry nie. Daarom maak sy van 'n magdom van suborganisasies gebruik om haar doel te bereik. Al hierdie organisasies staan gereed om die pous se wense tot op die letter uit te voer. Alles moet aan die Roomse Kerk onderwerp word - regerings, kerke, kultuurverenigings, organisasies, kortom: alles!
Jesuïete word vir 14 jaar opgelei waarna die ingewydes die drakoniese Jesuïete-eed aflê en o.a sweer dat die pous God se verteenwoordiger op aarde is en die ware kerk verteenwoordig. Hulle sweer om alle ketterse regerings (dié wat sonder die pous se goedkeuring optree) teen te staan en te probeer vernietig. Verder onderneem hulle om Protestantse kerke en teologiese skole binne te dring en te ondermyn.
Die Jesuïete het soveel probleme veroorsaak, dat 11 lande die orde gedurende die 19de eeu verban het. Hulle bose invloed kon egter nie gestuit word nie en het geleentheid selfs die Vatikaan oorheers. Die stert het die hond geswaai!
Die Jesuïete is intens by Vrymesselary betrokke, ‘n bitter gevaarlike en kragtige handlanger van die Roomse Kerk. Dit poog om almal wat magtig en invloedryk is aan die Roomse Kerk te onderwerp. Vrymesselary is net so misleidend soos die Roomse Kerk. Na 'n skynbare instemming met die Christendom eindig dit altyd in vyandskap daarmee.
12.3 Veranderde strategie
Die Roomse Kerk se wreedhede het nie ongesiens verbygegaan nie. Talle lande het bande met haar gebreek. Dit het haar genoodsaak om van strategie te verander. Sy het geweet dat indien sy 'n held wil wees, sy haarself eers moes vernietig alvorens sy verdere invloed kon hê. Dis wat 'n spioen doen indien daar te warm op sy spoor gelê word. Hy speel toneel en laat mense glo dat hy dood is, waarna niemand hom verder verdink nie en hy ondergronds beweeg.
Die Roomse Kerk het dood gespeel, ondergronds beweeg en ‘n sisteem op die been gebring waarmee sy haar bose ideale suksesvol voortgesit het – Atheïsme. Laasgenoemde was ‘n taktiese Roomse skuif. Die Roomse Kerk sou hierdie sisteem later self vernietig om die nuwe held te word.
Die Franse Rewolusie het die era van Atheïsme ingelei met name soos Robespierre, Voltaire, Danté en Jean-Jacques Rosseau. Hulle was almal fel teen die Christendom gekant; altans so het dit gelyk. In werklikheid was hulle almal Roomse lakeie. Robespierre was hoof van 'n invloedryke Jakobynse klub en Voltaire 'n hoogs opgeleide Jesuïetepriester. Almal het die Roomse Kerk se opdragte tot op die letter uitgevoer!
Uit die Atheïsme het 'n verdere ideologie gespruit wat God wou onttroon en die mens verheerlik – Humanisme. Dit het selfs God se Wet (Tien Gebooie) met 'n Handves van Menseregte vervang en groot ontwrigting veroorsaak. Bo aan die oorspronklike Handves van Menseregte pryk die Sataniese driehoek-en-oog embleem. Van diegene wat die eerste handves op 25 Augustus 1789 in Parys onderteken het, was 300 Vrymesselaars.
Uit die Humanisme het Liberalisme gespruit; ‘n meesterplan waarmee die Roomse Kerk ‘n ketting gesmee het om Protestantse kerke mee te verwurg. Liberalisme het die Satan se driepunt plan vir die vernietiging van Evangeliese kerke in werking laat tree. Eerstens moes Protestante teologies verwar word, daarna met mekaar bots en laastens mekaar vernietig.
Liberalisme was ‘n reuse sukses. Liberaliste het baie kerke so ongesiens binnegedring, dat die meeste mense dit nie eens vermoed het nie. Kerke se gewilligheid om die sosio-politieke rommel wat voor hulle deur afgelaai is by hul voordeur in te vee, het hulle hul profetiese visie gekos. Die NG Kerk is ‘n sprekende vorobeeld hiervan!
Sedert die skeuring in die 11 de eeu, haat die Roomse Kerk die Ortodokse kerke met ‘n passie. Die laaste tsaar van Rusland was die beskermheer van die Russies Ortodokse Kerk en is in 1917 deur
12.4 Adolf Hitler
Die Jesuïete het 'n beduidende aandeel aan die uitbreek van beide die Eerste- en Tweede Wêreldoorloë gehad. Hulle wou deur die Derde (Duitse) Ryk die Roomse Kerk se mag wêreldwyd vestig. Toe Adolf Hitler in Januarie 1933 aan bewind geplaas is, het Frans von Papen gesê dat die Derde Ryk weer die beginsel van die pousdom in werking geplaas het. Hitler was met bose dinge deurmekaar. Sy eerste mentor, Dietrich Echart, was 'n erkende Satanis en die swastika sowel as die arendembleem Satanssimbole.
Hitler was lid van die Jesuïete Orde en ‘n begeesterde Katoliek. Himler, sy adjudant, het ook noue bande met die Jesuïete Orde gehad en is by geleentheid selfs met Ignatius van Loyola vergelyk! Josef Goebbels, die minister van Inligting, was ook 'n opgeleide Jesuïet.
Hitler het ‘n magiese invloed op sy onderdane gehad. Hulle het gedoen wat hy gevra het. Dit was massahipnose op sy gevaarlikste! Daarvoor het hy Jesuïete leermeesters gehad. Hulle was meesters op die gebied van mensebeheer. (Wyle prinses Diana het na bewering ook 'n Jesuiet aan haar sy gehad om haar te leer hoe om mense te beïnvloed en harte te verower). Hitler se optrede was haarfyn beplan - alles op ‘n Roomse Katolieke lees geskoei. Of hy op 30 April 1945 werklik selfmoord gepleeg het, soos voorgegee is, is ‘n ope vraag. Sy liggaam is na bewering nooit uitgeken nie. Dis geen geheim dat die Roomse Kerk talle Nazi-leiers na Suid-Amerika help ontsnap het nie!
12.5 Die Ustachi
Die Ortodokse Kerk in die voormalige Joegoeslawië het die Roomse wraak bitter sterk gevoel. Tydens die Tweede Wêreldoorlog het die Ustachi, 'n gewetenslose terroriste-organisasie onder aanvoering van ene Ante Pavelitch, ongekende doodslag gesaai. Die Ustachi is in Oktober 1934 gestig en deur die Roomse Kerk befonds om Ortodokse kerke te vernietig.
Nadat koning Alexander van Joegoeslawië tydens ‘n besoek aan Frankryk deur die Ustachi vermoor is, het Pavelitch na Italië gevlug waar die Roomse Kerk hom beskerm het. Nadat Joegoeslawië in 1941 binnegeval en oorrompel is, het Pavelitch die nuwe president geword. Hy is hartlik deur die pous in
Daarna is 'n verdere 100,000 Ortodokses deur die Ustachi vermoor terwyl 250 Ortodokse kerke òf verwoes òf in Katolieke kerke omskep is. Stepinac, die plaaslike leërkapelaan, het hierdie wrede menseslagting as die werk van die Here bestempel! Daar het na berekening meer as 500,000 burgerlikes aan die hand van die Ustaschi gesterf terwyl 244,000 Ortodokse burgerlikes gedwing is om Katolieke te word!
Die Roomse Kerk is magsdronk en beheer ‘n magdom van wêreldorganisasies en finansiële instellings. Regerings, konings en presidente dans al eeue lank na haar pype. Sy laat selfs oorloë uitbreek as dit haar geval. Die oostelike deel van Duitsland was bv. die hart van Europese Protestantisme en is tydens die Tweede Wêreldoorlog feitlik geheel en al vernietig; ‘n duidelike bewys van die Roomse Kerk se haat vir Protestantisme.
12.6 Kommunisme
Geen kerk het ooit so ‘n houvas op die mensdom soos die Roomse Kerk nie. Let bv. op die invloed van wyle pous Johannes Paulus II. Toe hy in 1978 pous geword het, het hy soveel gesag gehad, dat hy selfs die aartssosialis, Fidel Castro, oorreed het om Kersfees in Kuba her in te stel. Hy was besiel met die eenwording van Europa en wou Oos- en Wes-Europa in ‘n magsblok onder Roomse beheer verenig. Daarvoor moes hy eers van die Ystergordyn, wat Europa in twee verdeel het, ontslae raak. Dit het in 1979 begin toe hy
Sy toesprake het nie alleen die Ystergordyn deurdring nie, maar ook die Sowjet-Unie in 1991 in duie laat stort. Hoe kon ‘n kerk so ‘n magtige ideologie soos Kommunisme laat tuimel? Baie maklik - sy het dit dan ontwerp en aan die lewe gehou! Kommunisme is ‘n Rooms ontwerpte ideologie wat bedoel was om die oë van die wêreld van haar verfoeilike optredes af weg te neem.
Die rol wat pous Johannes Paulus II in die val van Kommunisme gespeel het,
Wat werklik gebeur het,
12.7 Moord
Die Roomse Kerk raak van almal wat in haar pad staan ontslae, selfs pouse. In 1978 het Pous Johannes Paulus 1 sy amp slegs 33 dae beklee toe hy skielik oorlede is. Dit was geen geheim dat die Vatikaan baie terleurgesteld in hom was nie. Hy het meer in die teologie as in die wêreldpolitiek belang gestel. Hoe het hy so vinnig aan sy einde gekom? Pous Clemens XIV is in 1774 vergiftig nadat hy op Jesuïete se tone getrap het. In 1939 het pous Pius XI ook op geheimsinnige wyse gesterf.
Die Roomse Kerk raak nie net van ongewenste mense ontslae nie, maar ook van probleemlande. Let daarop dat elke Ortodokse land in die voormalige Europese Oosblok verwoes is. Roemenië en Joegoeslawië het die slegste daarvan afgekom, terwyl Roomse lande in dieselfde wêrelddeel feitlik niks oorgekom het nie. Is dit bloot toevallig? Die Roomse Kerk verlustig haar in die skemerwêreld van ideologiese oorlogvoering. Sy teiken sekere lande waarna sy dit op haar eie tyd en manier vernietig.
Roomse wraak het selfs die lewens van etlike buitelandse hooggeplaastes gekos. Abraham Lincoln was fel teen die Roomse Kerk gekant en het kort voor sy sluipmoord gesê:
"Hoe haat, vervloek en vernietig die Roomse Kerk nie die vryheid van gewete waar sy dit ookal veilig
Talle pouse het donker verledes gehad. Johannes Paulus II was bv. ‘n sianiedhandelaar wat tydens die Tweede Wêreldoorlog gif aan die Nazis verkoop het waarmee Jode vergiftig is. Dit het die Roomse Kerk egter nie verhoed om hom pous te maak nie. Pous Benediktus XVI het net so ‘n bedenklike verlede. Hy was deel van die berugte Hitlerjeug en ‘n lugafweersoldaat tydens die Tweede Wêreldoorlog.