NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Red my van my vyande HERE! By U skuil ek – Ps 143:9

DIE LAASTE POUS (13)

Andrè van den Berg

Lees reeks by Die Laaste Pous

EKUMENE

"Nadat hierdie Rooms georkestreerde Bybelvertaling voltooi is, het die parlement mnr. Pik Botha, destydse Minister van Buitelandse Sake, na Rome gestuur om ‘n luukse uitgawe daarvan persoonlik aan pous Johannes Paulus II te oorhandig.   Daarmee is die vrome aap uit die goddelose mou gelaat – Gereformeerde kerke het gemene sake met die Roomse Kerk gehad! ... Baie min mense het destyds besef dat die Vatikaan besig was om die Boerevolk se Hervormingserfenis te vernietig!"

13.1 ‘n Nuwe teologie

Die Roomse Kerk gaan godsdiens met godsdiens vernietig.  Daarvoor maak hulle van ekumene, die strewe na kerkeenheid, gebruik.  Dis ‘n skynkerk wat Protestantse kerke verkneg deur hulle in die hok van ‘n Rooms georkestreerde gesamentlikheid in te jaag.  Na die Hervorming het die Roomse Kerk nie verniet gesweer dat alle Protestantse kerke nog na haar toe sal terugkruip nie.  Sy doen dit deur die ekumene.

Calvyn het ook ekumeniese gesprekvoering voorgestaan, maar slegs indien dit duidelik omskryf was.  Ekumene durf nooit in ‘n algemene broederskap ontaard nie.  Die inhoud en grondslag daarvan moet vooraf dogmaties bepaal word.   Indien dit nie aan belydenisskrifte gebonde is nie, lei dit tot verdraagsaamheid teenoor heidene en ‘n onverskilligheid teenoor die eie kerkleer.

Verdraagsaamheid lei tot aanvaarding; aanvaarding tot gelykskakeling en gelykskakeling tot ‘n vernietiging van die eie.  Daarbenewens is ekumene sonder grense niks anders as ‘n herlewing van die ou Babeloniese heersersmodel nie – heers deur ‘n kunsmatige eenheid.

Kort voor sy dood het pous Johannes Paulus II die vordering wat daar op die gebied van ekumene gemaak is geloof en gesê dat die hereniging van Christene onomkeerbaar is.  Hy het geglo dat God sy kinders wat uitmekaar gedryf het, wou verenig.  Vir hom was ekumene nie maar net ‘n aspek van die Christelike lewe nie, maar eerder die Christelike lewe self.   Reeds so vroeg as 1928 het pous Pius XI gesê dat ekumene nie as die terugkeer na ‘n enkele kerk gesien moet word nie, maar eerder as ‘n nuwe manier van kerk-wees.

Die eerste soort van ekumeniese sinode is alreeds so vroeg as 325nC te Nicea gehou waaruit die alombekende Geloofsbelydenis van Nicea gespruit het.  Moderne ekumene het egter sy oorsprong in 1925 gehad toe ‘n ekumeniese sinode te Stockholm gehou is.  En wat ‘n verskil was daar nie met diè te Nicea nie!

By Nicea was die stryd teen Arius wat Christus se Godheid ontken het.  In Stockholm is ander doeleindes nagestreef - die vereniging van verskillende kerke vir praktiese doeleindes.  Daar was geen belydenisgrondsag ter sprake nie; slegs ‘n kunsmatige kerkeenheid waarmee die wêreld kwansuis gered moes word.  Die organiseerders het geglo dat kerkverskille mense van mekaar vervreem en dat diens hulle sou verenig.  Daarna is daar etlike ekumeniese byeenkomste gehou wat uiteindelik in 1948 op die stigting van die Wêreldraad van Kerke (WRK) uitgeloop het - een van die grootste wegbereiders vir die koms van die Antichris!

13.2     Vaticanum II

In Oktober 1962 het ekumene openlik op die sakelys van die Vaticanum II konsilie (sinode) verskyn toe ‘n werksplan Die Groot Toenadering tot ander Godsdienste van stapel gestuur is.  Dis kwansuis ontwerp om die breuk tussen Protestante en Roomsgesindes te herstel.  Dit was egter ‘n rookskerm om Protestantse kerke binne te dring en te vernietig.

Kerke is aangemoedig om ‘n gemeenskaplike Bybelvertaling op grond van Roomse Bybelmanuskripte uit te gee.  In Junie 1968 is eenstemmigheid met ‘n ekumeniese dokument Guiding Principles for Interconfessions Co-operation in Translating the Bible bereik, wat o.a tot die Nuwe Afrikaanse Vertaling (1983) gelei het.

Nadat hierdie Rooms georkestreerde Bybelvertaling voltooi is, het die parlement mnr. Pik Botha, destydse Minister van Buitelandse Sake, na Rome gestuur om ‘n luukse uitgawe daarvan persoonlik aan pous Johannes Paulus II te oorhandig.   Daarmee is die vrome aap uit die goddelose mou gelaat – Gereformeerde kerke het gemene sake met die Roomse Kerk gehad!

Kort hierna het ekumeniese bemoeienis die NG Kerk tot opspraakwekkende openbare belydenisse van sg. volks- en horisontale sondes beweeg.   Sy was immers die gewete van die volk!  Vier jaar later is politieke mag vrywillig aan magshonger heidene oorhandig wat die Christelike grondwet geskrap en van Suid-Afrika ‘n misdaadgeteisterde, sekulêre staat gemaak het.

13.3     Van krag tot krag

Die Vatikaan se skaamtelose toenadering tot afgodsdienste gee aan internasionale ekumene ‘n geweldige hupstoot.  Op 27 Oktober 1986 het pous Johannes Paulus II bv. 'n Dag van Gebed vir Vrede in Assisi gehou wat deur meer as 700 afgodsdienaars bygewoon is.   Hy het kort voor sy dood twee verdere ekumeniese gebedsbyeenkomste saam met Boeddiste, Moslems, Shintoïste en voorvadergeesaanbidders in Assissi gehou.  Hy het een daarvan persoonlik gelei sonder om die naam van Christus eenmaal te noem – presies wat ekumene leer - verdraagsaamheid jeens afgodsdiens.

In Oktober 2003 het die Roomse Kerk ‘n intergeloofskongres in samewerking met die Verenigde Nasies (VN) by ‘n Roomse heiligdom ter ere van die Maagd Maria in Fatima (Portugal) gehou.   Dis vir daardie geleentheid in ‘n sentrum omskep waar afgevaardigdes hulle eie gode kon vereer.  Die direkteur, Luciano Guerra, het tydens die openingseremonie al die Hindoe-, Boeddiste-, Joodse en Christenafgevaardigdes asook voorvadergeesaanbidders uit Afrika verwelkom en gesê dat Fatima die weg baan vir godsdienste om te meng.  Die blote feit dat Fatima ‘n Moslemnaam is (die dogter van Mohammed) was volgens hom ‘n aanduiding dat die Maagd Maria so ‘n godsdienseenheid in tyd voorsien het.

By hierdie geleentheid het Jacques Dupuis, ‘n Roomse teoloog, gereelde samekomste van alle gelowe bepleit en die godsdiens van die toekoms as ‘n samevloeiing van alle gelowe onder een kosmiese Christus geskets.  Die Hindoes was die mees ingenome hiermee. Tydens die afsluitingseremonie is die Roomse Kerk groot lof vir haar ekumeniese inisiatief toegeswaai.

Die geskiedenis is besig om homself te herhaal – die Roomse Kerk is besig om die ganse mensdom deur massabewussynsbeheer in ‘n wurggreep te kry; selfs afgodsdienaars!   Die meeste afgodsdienste is skynbaar alreeds aan Rome onderworpe.  ‘n Paar jaar gelede het die tydskrif TIME berig dat die meeste Hindoe-leiers in werklikheid Jesuïetepriesters is!

13.4 Ratzinger laster

Nadat die dokument Dominus Iesus in 2000 deur die Vatikaan vrygestel is, het kardinaal Josef Ratzinger hom tydens ‘n persverklaring as volg uitgelaat: “Ons stem saam dat ‘n Jood, en derhalwe ook mense van ander godsdienste, nie nodig het om Jesus Christus as die Seun van God te ken of te erken ten einde gered te word nie” (In Afrikaans vertaal - Zenit News Story: Are Believers of Other Religions Saved? 5 Sept.2000).

Dit bots lynreg met die Bybel: “En elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word” (Hand.2:21).  “En hy het hulle na buite gebring en gesê: Menere, wat moet ek doen om gered te word?  Toe sê hulle: Glo in die Here Jesus Christus en jy sal gered word.…” (Hand.16:30,31). 

Waarom het kardinaal Ratzinger dit gesê?  Omdat dit deel van Rome se aftakeling van onomstootlike Skrifwaarhede is.  Christus word afgetakel sodat Maria verhef kan word ten einde beheer oor alle kerke te verkry!  Talle afgodsdienste, selfs Islam, begin al hoe meer na die moderne Semiramis (Maria) as die verenigende geloofsmiddelaar op te sien.

13.5 Ekumene eis plaaslik sy tol

Die ekumeniese beweging het ook sy tol aan die suidpunt van Afrika geëis en talle plaaslike Protestantse kerke in ‘n kommerwekkende horisontale versoeningsmanie laat tol.  Die Roomse Kerk het (agter die skerms) met die slenter van ‘n liefdesevangelie van versoening en vergifnis die Boerevolk oorreed om haar vryheid en Christelike grondwet prys te gee.  Die rol wat die NG Kerk hierin gespeel het, is, om die minste te sê, bedenklik!

Vrysinnige teoloë het hul kerkverbande mislei om te glo dat ekumeniese gespreksvoering Protestantse kerke die geleentheid sou bied om ‘n getuienis teenoor Rome te lewer.   Dit was alles wensdenkery.  Al hierdie gesprekke het in kompromievorming geeïndig.   Dis al te duidelik in die NG Kerk se ommekeer jeens die Roomse Kerk te sien.  Benewens haar Rooms georkestreerde Bybel het sy Roomse gebruike soos die kindernagmaal, kerse en van die Roomse liturgie in haar boesem opgeneem.

Protestantse kerke se toetrede tot die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke (SARK) en later ook die Wêreldraad van Kerke (WRK) het vir ‘n vrysinnigheid gesorg wat die Evangelie ondermyn en groot skade in kerklike kringe aangerig het.  Die NG Kerk het lank gepoog om lid van SARK (die plaaslike arm van die WRK) te word en moes vir etlike jare met waarnemerstatus tevrede wees.   Nadat sy die Christelike orde aan die suidpunt van Afrika help afbreek het, het sy eers volle lidmaatskap van SARK verkry.  Haar jammerlike gebrek aan profetiese visie het gemaak dat sy die geselskap van volkssaboteurs glad nie hinderlik gevind het nie!

Ekumeniese betrokkenheid het die NG Kerk nie net haar profetiese visie gekos nie, maar ook laat ver-Rooms.  Dr.Coenie Burger, moderator van die NG Kerk, skryf in 2004 as volg: “Om die Bybel op jou eie te lees en self afleidings te maak oor wat jy glo van God en die lewe en van reg en verkeerd, is baie gevaarlik.  Ons geskiedenis met apartheid sou dalk anders verloop het as ons op een of ander manier deel kon gebly het van die ekumeniese kerk” (Godsdiens Aktueel – 19 Oktober 2004).

Benewens die NG Kerk het die Vatikaan baie ander Protestantse kerke in die drukgang van vrysinnigheid vasgekeer en dogmaties gekastreer.  Ekumeniese gesprekke het uitsluitlik oor sosio-politieke vraagstukke gegaan.   Aartsbiskop Desmond Tutu, ‘n gewese sekretaris van SARK, se beheptheid met strukturele eenheid deur horisontale versoening het bv. tot die vorming van ‘n kunsmatige reënboognasie asook die vestiging van die omstrede Waarheids- en Versoeningskommissie (WVK) gelei.  Beide het ‘n stewige bydrae tot die chaos aan die suidpunt van Afrika gelewer.

Die Roomse aanslag via ontspoorde Protestantse kerklui was so subtiel dat die meeste mense geglo het dat die stryd aan die suidpunt van Afrika maatskaplik, ekonomies en polities van aard was.   Baie min mense het destyds besef dat die Vatikaan besig was om die Boerevolk se Hervormingserfenis te vernietig!

Alhoewel ekumene voorgee om kerke saam te snoer, wakker dit eerder Protestantse kerke aan om deel van die Nuwe Wêreldorde te word.   In hierdie Rooms beheerde karikatuur is daar hoegenaamd geen plek vir ‘n ongesonde geloof soos Protestantisme nie.  Alles moet een word sodat die laaste pous volle beheer oor die mensdom kan kry.

Gevolglik trek die Roomse Kerk die net al hoe stywer om Protestantse kerke.  Aan die einde van die dag gaan min dit ontsnap: “En as daardie dae nie verkort was nie, sou geen vlees gered word nie; maar ter wille van die uitverkorenes sal daardie dae verkort word” (Mt.24:22).  Gelowiges durf geen gemene sake met Rome hê nie en eerder na God luister: “…Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie” (Openb.18:4).

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3834 gaste aanlyn