Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Het jy geweet dat jou lag, en jou klein bewyse van dankbaarheid, 'n baie sterk invloed op die lewens van jou naaste het? Jy is by magte om sy lewe draaglik en goed te maak, selfs in moeilike omstandighede.
DIE LAASTE POUS (14)
Andrè van den Berg
Lees reeks by Die Laaste Pous
KRUIPERIGE ONDERDANIGHEID
" Op 2 April 2005 het Larry King aan Billy Graham gevra of hy glo dat pous Johannes Paulus II se siel by God is. Graham het geantwoord dat hy daarvan meer seker was as van sy eie redding! Hoe
14.1 Hoe durf Europa vergeet!
Die Roomse Kerk is soos ‘n duif met roofvoëlinstinkte. Miljoene mense se bloed drup van haar hande af! Haar verfoeilike geskiedenis, uitbuiting van kerk/staat verhoudings asook onmenslike wreedhede is alles haarfyn opgeteken en word in die Vatikaanstad in ‘n kluis bewaar.
Te oordeel aan haar kruiperige onderdanigheid aan die Roomse Kerk het Europa beslis nie uit haar geskiedenis geleer nie. Het sy dan van die bloedige kruistogte asook bose optredes van Napoleon Bonaparte vergeet? Hoe durf sy gemene sake hê met ‘n kerk wat Adolf Hitler en ander booswigte ondersteun en befonds het?
14.2 Anglikane verkrummel
Brittanje sukkel skynbaar met haar geheue. Van haar grootste nagmerries het juis onder Roomse bewind voorgekom. Dit het selfs daartoe gelei dat koning Hendrik VIII met die Roomse Kerk gebreek en die Anglikaanse Kerk tot stand gekom het. Daarna het talle Britse konings en adelikes groot opofferings gemaak om die Roomse gevaar teen te staan. Vandag lek die Britte soos tjankende honde die hande van hul eertydse kastyders!
In 1966 is die Anglikaans-Roomse Katolieke Internasionale Kommissie (ARKIK) in
Hierdie dokument is in die Westminister Abdy (
Anglikane word selfs aangemoedig om vir die pous te bid en in Walsingham neem Anglikaanse biskoppe gereeld aan marse vir Maria deel. In Mei 1999 het die Anglikaanse Kerk haar lidmate selfs versoek om die pous se wêreldrol te erken en op ‘n gepaste wyse te eerbiedig. Erkenning is die voorportaal van aanvaarding. Net so min as wat Jode ‘n goeie woord vir Adolf Hitler behoort te hê, behoort Protestante ‘n goeie woord vir enige pous te hê!
Die Anglikaanse Kerk is in werklikheid geen suiwer Protestantse kerk nie, maar ‘n vermenging van Protestantisme met Roomse Katolisisme. Die Anglikaanse Kerk is tans onder groot druk en probeer hard om die krake wat met verloop van tyd in haar voorhowe ontstaan het toe te smeer. Hierdie krake is o.a aan vrysinniges se aandrang op die vrou in die kerkamp en homoseksueles op die kansel te wyte.
Vrysinnige skakings van die Anglikaanse Kerk het baie van haar lidmate na konserwatiewe kerke soos die Roomse Kerk laat oorloop. Die Vatikaan se duidelike standpunt teen die vrou in die kerkamp, homoseksualisme, aborsie asook Sabbatsontheiliging, gee aan die Roomse Kerk ‘n aanloklike konserwatiewe karakter. In 2007 alleen het meer as 400,000 Anglikane wêreldwyd by die Roomse Kerk aangesluit!
Die Anglikaanse Kerk versmaai haar kerklike erfenis berekend. Was die Hervorming dan nie juis ‘n ernstige opstand teen die Roomse Kerk nie? Hoe durf die Anglikaanse Kerk ‘n proses loods en in stand hou wat Protestante onder die pous se gesag verenig? Is die Protestantse dogters besig om na hul wrede Roomse moeder terug te keer?
14.3 Geen saligheid binne
Pous Johannes Paulus II het sy lewe lank gepoog om wederstrewige Protestantse dogterkerke na
In werklikheid is daar geen saligheid binne
Hoe
Dit gaan ‘n mens se verstand te bowe dat daar Protestante is wat desondanks alles nog steeds glo dat Roomse Katolieke gered
Roomse Katolisisme is ‘n godsdiens van vrees; vrees vir die priester, vrees vir die bieg, vrees vir die afwesigheid by die misoffer, vrees vir die omvang van boetedoening, vrees vir die dood, vrees vir die vagevuur en ‘n heilige vrees vir die wraak van God. Gevolglik gaan Roomsgesindes hul doodsbed met niks anders as vrees tegemoet nie!
14.4 Geheime agente
Die Roomse Kerk maak van geheime Protestantse agente gebruik om haar openbare beeld te versag. Kathrine Kuhlman was een van hulle; ‘n Charismatiese prediker en hipnotis wat oor bonatuurlike werkinge beskik het. Sy het groot werk vir die Roomse Kerk verrig deur voor te gee dat Katolieke gered is. Sy het bv. gedurig priesters en nonne op haar verhoog gehad en mense met haar glimlag en vurige betoog betower.
Tydens ‘n private gesprek met die destydse pous, het hy ‘n ongehoorde ding gedoen deur haar te seën. Op daardie stadium het geen pous ooit iemand buite die Roomse geloof geseën nie.
Dis skokkend om te weet hoeveel van die sg. verdedigers van die geloof die pous nie al in die Vatikaan gaan spreek het nie. Hoe onthuts sou die stigters van hierdie kerke nie gewees het indien hulle dit moes aanskou nie!
Groot name soos Wycliff, Calvyn, Luther, Wesley, Finney, Moody en Spurgeon het almal geglo dat die Roomse Kerk die groot hoer is waarvan Openbaring 17 praat. Hierdie hoofstuk beskryf nie ‘n oudwêreldse Babilon nie, maar die Vatikaan! Ironies genoeg beteken die heuwel Vaticanus plek van Godsverheerliking in Latyn, terwyl die teenoorgestelde eerder waar is: “..… ‘n woonplek van duiwels en ‘n versamelplek van allerhande onreine geeste ….” (Openb.18:2).