NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Toe ek benoud was, het ek die HERE aangeroep, en ek het tot my God geroep om hulp; Hy het my stem uit sy paleis gehoor, en my hulpgeroep voor sy aangesig het in sy ore gekom – Ps 18:7

DIE KAKEBEENWAENTJIE

Die kakebeenwaentjie se vorm en houtwerk

Hy was die algemeen bekende rytuig oor die vlaktes, bulte en berge van Transvaal en is al amper aan die vergetelheid prysgegee, al het ons voorouers daar jare en jare lank mee klaargekom.  Dis wonderlik om te dink dat hulle so ‘n wa sonder die hulp van vakmanne kon vervaardig.

Waarom het hy so ‘n snaakse naam gedra?

Op die oog af het sy wiele net soos dié van  ons bokwaens gelyk, maar die busse was anders. Ons ou bokwaens se wiele het  deurlopende busse gehad, terwyl die kakebeenwaentjie se wielbusse uit twee dele bestaan het. Daarby het sy wiele nie  metaal-aste  gehad nie, maar  aste wat van die sterkste en taaiste hout gemaak was. Verder was daar aan die wiele se skene en lunste ook verskille met dié van die latere bokwaens.

Die agterstel en voorstel van die wa het amper gelyk soos dié van ons nuwe waens, maar alles was ‘n bietjie growwer gemaak en nie so mooi met lyntjies en blommetjies beskilder nie.

Die wa se lengte was twaalf tot vyftien voet. Die twee sykante van die wa is die “leer” genoem.  Die vorm van die wa se leer het baie ooreengekom met die vorm van ‘n bees se onderkaak.  Daarom is dit ‘n kakebeenwa genoem.  Voor was die leer twee voet hoog en het orals ewe breed deurgeloop tot ongeveer die derde skei van agter.  Hiervandaan het die leer met ‘n boog na agter opgeloop tot ongeveer drie voet hoogte.  Die twee geboë latte wat weerskante aan die sye opgeloop het, is “leerbome” genoem.  Om die leerbome so mooi gebuig te kry het die boere hulle in kookwater verwarm tot jy hulle kon buig soos jy wil.  Die leer is verder gemaak met geelhoutplanke, met harde stinkhout-leerbome onder en bo.

Spoelstra praat ook nog van leerskeie wat in die leerbome gekap was met tappe en wat die “leermannetjies”genoem is en ook van “houtronge” wat in die skamels vasgesit is.  Dit word ‘n bietjie moeilik om ‘n duidelike idee hiervan te vorm. Ek hoop u kan wel; ek kon nie.

 

Die tent op die waentjie

Hulle het hierdie soort wa altyd met ‘n tent gebruik en hom self opgesit.  Hulle het latte wat met kramme weerskante aan die leerbome geheg is in pare bo na mekaar toe gebuig en met riempies vasgemaak  om boë te vorm.  Elke wa het vyf boë  gekry en die boë is verbind deur ribbetjies wat uit spaansriet gesny is en kunstig met riempies aan die boë vasgemaak is.  Hulle het die tent voltooi deur dit oor te trek met materiaal wat hulle in rolle gekoop het.

Die voorkis het altyd voor op die wa gestaan.  Dit was die bergplek vir ‘n groot klomp van die nodigste goedjies, maar terselfdertyd was dit ook die sitplek van die drywer.  Hy het daar met sy lang sweep gesit om die tien groot vet osse te dryf.  Hulle het gewoonlik tien ingespan. Die drywer kon met die lang, dun voorslag van sy sweep, van die wakis af selfs die voorosse bykom.  Die sweep is uit ‘n riem van ‘n beesvel gesny.  Die eerste paar span daarvan was maar dun en dan word hy ‘n paar span verder ‘n bietjie dikker en loop later dun uit tot op die punt.  Hulle het die dik deel die “pens” van die sweep genoem.  Feitlik die hele sweep, buiten die voorslag-deel is toegevleg met gebreide bokvelriempies.  Dit het lank geneem om dit te doen, want die toegevlegte deel moes drie faam en drie span lank wees.  (Jammer, ek kan nie vir u sê hoe lank ‘n “faam” en ‘n “span” was nie.  Spoelstra het aanvaar dat ons dit sommer net moet weet).

 

Die draagkrag van die waentjie

Sy maksimum vrag is vasgestel op min of meer twaalf sakke graan.  Veertien mud mielies is gereken as ‘n uitermate swaar vrag agter tien osse.  Die kakebeenwa het swaarder getrek as ons nuwe bokwaens, want sy houtaste het meer wrywing veroorsaak as ysteraste.

 

Die remskoene

Met die afry van ‘n steil afdraand moes daar iets wees wat die wa kon rem.  By elke wa het jy dan ‘n “remskoen” gekry.  Dit was ‘n blok hout van sowat agtien duim lank, nege duim breed en van ses tot agt duim dik.  Die blok is ‘n bietjie uitgehol, sodat die band van die wiel daarin pas.  Die blok word só aan die buikplank van die wa vasgemaak, dat indien hy voor die wa se wiel neergesit word, klim die wiel op hom  en sleep dan verder saam. So is die wa gerem totdat die remblok weer verwyder word.  Soms het hulle sulke kwaai steiltes afgery, dat hulle ‘n remskoen  by albei agterwiele moes gebruik.  As die pad baie kwaai afdraand was, dat die remskoene alleen nie genoeg was om die wa te hou nie, het hulle ‘n swaar tak of ‘n jong boom agter die wa laat sleep om nog sterker te kan rem.  So het hulle oor berge gekom, waar ons nog bang sou wees om af te ry.

‘n Lastige ding was dat die waentjie maar min laaiplek gehad het.  As ‘n gesin trek, moes alles saamgaan en die tent was gou vol met kooigoed, klere en kos. Dan het hulle houte tussen die agter- en voorwiele onder die buik van die wa vasgebind.  Daarop is ‘n hoenderhok, gelooide velle, leeste vir skoene en enige ander ding opgepak. Dit het die gelaaide waentjie baie breër gemaak, maar daar was gelukkig nog nie hekke waar hy teen sou vashaak nie.

 

Die ligterhout en die voetjie om die wa te smeer

Hulle het nog nie domkragte gehad nie.  Die voetjie was ‘n blok hout wat hulle onder die wa-as ingewerk het, sodat die wiel los van die grond af was. Hulle het hom met ‘n paal, wat hulle die ligterhout genoem het, opgehefboom om bo-op die voetjie te rus. So kon die wiele uitgehaal word om gesmeer te word..  Hulle het nie ghries gehad nie en het skoonteer (Stockholm-teer) gemeng met harde vet gebruik.

As ‘n man nalatig was met die smeer van die aste, het die houtas onder die ry aan die brand geraak, maar ‘n paar emmers water was genoeg om dit weer af te koel.  Daarna moes die as weer gesmeer word.  As ‘n as langs die pad breek, het die boer dit net daar langs die pad gelas en later by die huis met ‘n nuwe vervang.  Die oumense was gewoond daaraan om hulself te help, ook langs en in die wapad.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1489 gaste aanlyn