VERWOERDMAAND

LES VAN DIE GESKIEDENIS

“In die engtes waarin die Afrikanervolk weer vanaf 1990 gedwing is deur die politieke verraad van leiers van die party wat die draer van Afrikaner-nasionalisme moes gewees het, sal die stryd gaandeweg moontlik met middels gevoer moet word wat aangepas is by die eise van die tyd. En besinnig daaroor is dringend nodig. Hoe dit gedoen sal word, is belangrik, maar belangriker is die wil tot stryd, die weiering om oor te gee, die gehegtheid aan ’n ideaal van vryheid in ’n vaderland waarvoor alles gegee word wanneer daartoe geroep word."

Die Afrikanervolk het in sy betreklik kort bestaan in Afrika deur geweldige beproewings gegaan. Telkens het hy op die rand van ’n afgrond beweeg as gevolg van die aanslae op sy bestaan. Maar dit is ’n opvallende feit van die geskiedenis dat die Afrikanervolk, selfs in sy vroeë wordingsjare, die vermoë gehad het om by die eise van die stryd aan te pas en sy nederlae in oorwinning te omskep.

Die reeks gebeurtenisse in Natal in 1838, waarin eers Retief en sy manne vermoor is, daarna die menseslagting by Bloukrans, Moordspruit en Weenen plaasgevind het, toe die strafkommando van Potgieter, Maritz en Uys ’n nederlaag toegedien is, was van so ’n aard dat dit mense tot die grens van wanhoop gedryf het. Maar uit die rampspoed het ’n ander gevegsmetode ontwikkel. In plaas van die vyand te perd tegemoet te gaan, het Andries Pretorius die vyand vanuit die walaer uitgelok tot die geveg en sodoende die oorwinning by Bloedrivier behaal, wat die hele gang van die geskiedenis van Suid-Afrika bepaal het en tegelyk die Afrikanervolk in die middelpunt van die historiese ontwikkeling van Suid-Afrika geplaas het. Uit die smart en wanhoop van daardie angsvolle jaar het die wordende Afrikanervolk met geloof en geroepenheid verrys om hierdie land te bewoon, te bewerk en as vaderland te bewaak.

In die Engelse Oorlog kon die Boere nie met getalle teen die Britse magte opweeg nie, maar het vinnig aangepas en die oorlog voortgesit deur guerillametodes, wat die Afrikanervolk se groot helde opgelewer het. Verslaan, nie deur die militêre oormag nie, maar deur die gruwelike vergryp teen beskaafdheid wat Kitchener beoefen het met die verwoesting van plase, die doodmaak van diere en die onmenslike blootstelling van vrouens en kinders in konsentrasiekampe, was die bitterheid teen die Britse grypsug diep en die verlies onbeskryflik groot.

Ander middels

Maar uit die verslaentheid en vernedering is die stryd met ander middels opgeneem. Veral rondom die Afrikaanse taal het genl. Hertzog die Afrikanervolk opgevorder tot herwinning van hulle selfrespek; en stap vir stap deur die politieke stryd is die militêre nederlaag gewreek, al het dit 22 jaar geduur van 1902 tot 1924.

In die era was die Rebellie van 1914 nog ’n donker vlak in die pynlike gang van die geskiedenis van daardie tyd. Die mislukte gewapende protes het die lewens gekos van die uitnemende genl. De la Rey en die knap genl. Beyers. Daarnaas was die bemindste man uit die Engelse Oorlog, genl. De Wet, ’n gevangene in die Fort in Johannesburg. Genl. Maritz en ander het uit die land gevlug om gevangeneming te vermy. En die jagters van hierdie Boerehelde was Louis Botha en Jan Smuts, medekrygers teen Brittanje, wat teen hulle volk en krygmakkers gedraai het in diens van Brittanje.

Uit hierdie mislukte en neerdrukkende poging om met geweld die vryheid van Britse oorheersing te herwin, het die aanpassing gekom om Bot­ha en Smuts by die stembus te verslaan. En onder die leiding van genl. Hertzog het dit geslaag.

In die engtes waarin die Afrikanervolk weer vanaf 1990 gedwing is deur die politieke verraad van leiers van die party wat die draer van Afrikaner-nasionalisme moes gewees het, sal die stryd gaandeweg moontlik met middels gevoer moet word wat aangepas is by die eise van die tyd. En besinnig daaroor is dringend nodig. Hoe dit gedoen sal word, is belangrik, maar belangriker is die wil tot stryd, die weiering om oor te gee, die gehegtheid aan ’n ideaal van vryheid in ’n vaderland waarvoor alles gegee word wanneer daartoe geroep word.

Opsoek na inligting?

  • VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD

    Stuur u aansoek saam met ’n CV waarin u ‘n persoonlike bekendstelling, werkservaring en tersaaklike kwalifikasies insluit, voor 15 September 2018 aan ds. CM Erasmus by die e-pos adres: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Vir meer inligting:

    VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD


    __________

    BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

    ___________

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

DIT IS GRATIS

In ons moderne tyd en veral in die Nuwe Suid-Afrika waar orde nie meer 'n saak van belang is nie, is daar maar min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. As leiers binne die Afrikanervolk sal ons vinnig moet leer hoe om dissipline en orde te handhaaf waar 'n paar mense byeenkom - sonder hierdie kennis en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms sinloos wees - vandaar die chaotiese wanorde binne die regime.

Kliek hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures gratis af te laai.  Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

Dit is deur Johan Dorfling geskryf en kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind ongeag die agenda of doel van die byeenkoms.

'n Opegte dankie aan Johan wat baie moeite hiermee gedoen het. Mag dit tot groot heil en samewerking in ons volk meewerk!

 
 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________ 

 

APARTHEID:

Dr Verwoerd het gesê skeiding beoog volle kanse vir almal op woongebied, landgebied en lewensterrein binne elkeen se eie rassegemeenskap tot elkeen se voorspoed, tevredenheid en beskerming. Hy stel sy beste werkkrag, geesteskrag, elke oomblik van sy lewe, tot beskikking.

                                              ___________________                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1642 gaste aanlyn