NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Sonskyn en rustigheid sou ons pap en smaakloos soos die Bybelse sout gemaak het.   Kalm weer het nog nooit goeie matrose gemaak nie!    Daarom beskik God van tyd tot tyd haaie in ons lewenstenk wat ons rondjaag om ons smaaklik te hou.

HEEL GROOTSTE COVID-BEDROG

En ons dink dat die ergste bedrog met betrekking tot geld vir ‘n covid-hulpfonds hier in Suid-Afrika plaasgevind het? Moenie glo nie, Amerika wen by verre!

In die VSA is daar ‘n covid-hulpprogram gestig by name Paycheck Protection Program (PPP) om mense wat finansiëel die ergste daaronder gely het, tot hulp te wees. Die probleem het egter ingekom toe die kleinsake-administrasie basies vir mense gesê het: Doen aansoek, teken en sê vir ons dat jy regtig op die geld geregtig is. En natuurlik is dit vir bedrieërs 'n uitnodiging.

Die voorkoms van die covid-hulpbedrog is al 'n geruime tyd bekend maar die enorme omvang en die ontstellende implikasies daarvan word nou eers duidelik. "Iets soos hierdie het nog ooit gebeur nie," sê Matthew Schneider, 'n voormalige Amerikaanse prokureur van Michigan. “Dit is die grootste bedrog in enige generasie.”

Die regering se uitgangspunt was: “Jy kan spoed hê of jy kan sekuriteit hê. En ons wil eerder net die geld uitkry.” Dit klink mos na ‘n bielie van ‘n slang in die gras, dan nie? Want ons praat hier van miljarde dollars: behalwe die $400 miljard wat gesteel is uit die Covid-werkloosheidsverligtingsprogram van $900 miljard, is nog $80 miljard geplunder uit 'n aparte Covid-ramphulpprogram – minstens die helfte  deur internasionale bedrieërs geneem. En daarmee is talle Lamborghinis, Ferraris en Bentleys gekoop. En Teslas, natuurlik. Baie Teslas. Ook herehuise, private stralervlugte en spoggerige vakansies was op die lys.

Die totale bedrog in alle Covid-hulpfondse kom neer op 'n verbysterende bedrag belastingbetalersgeld van nagenoeg $600 miljard. En daar is nog $600 miljard wat wag om by die deur uit te gaan!

Die PPP-program het banke en ander finansiële instellings gemagtig om staatsgesteunde lenings aan besighede te maak, lenings wat as skenkings sou deurgaan as die maatskappye die geld aan besigheidsuitgawes bestee. Byna 10 miljoen sulke lenings is reeds kwytgeskeld. Baie van die lenings wat skenkings geword het was vir miljoene dollars, toon die openbare rekords.

Kenners sê miljoene leners het hul getalle werknemers opgeblaas of maatskappye uit die lug geskep. Vir 'n groot deel van 2020 het leners min moes doen om die aansoeke te verifieer, sê aanklaers en kenners, deels omdat die Kongres vereis het dat die Small Business Administration (SBA), wat die program bestuur het, eksplisiete leiding gegee het in die belang om “die geld vinnig uit te kry. Die Staatsaanspreeklikheidskantoor het gewaarsku teen bedrogrisiko, maar die program het onder daardie reël voortgegaan.

"Die regering het ongeveer 21 miljoen lenings aan individue verskaf," sê Haywood Talcove, die uitvoerende hoof vir regering by LexisNexis Risk Solutions.

Die SBA se inspekteur-generaal het bykomend $78.1 miljard in potensieel bedrieglike ekonomiese Beseringsramplenings geïdentifiseer, nog 'n Covid-verligtingsprogram vir besighede. Die geheime diens het sy eie skatting hieroor: $100 miljard.

Die basiese skema, het Talcove gesê, was "regtig eenvoudig." Mense het op staatswebwerwe gegaan en die name van bestaande besighede geneem of nuwe, vals ondernemings geregistreer. “Daar is absoluut geen sekuriteit daar nie. Daar is geen bekragtiging van enige inligting nie,” het Talcove gesê. "En voila, jy het maatskappy ABC met 40 werknemers en 'n betaalstaat van $10 miljoen. En jy gaan doen aansoek vir 'n PPP-lening. Dit was ’n stukkie koek.”

Dit is miljarde belastingbetalersdollars wat gestroop is en die mense wat wel hul werk verloor het, wat vir besighede gewerk het wat nie vir hierdie geld kon aansoek doen nie omdat dit weg was, het die slegste daarvan afgekom.

Mens sal ten slotte graag wil weet wat in sulke bedrieërs se koppe aangaan. Een voorbeeld van so ‘n bedrogsaak kan 'n mens dalk hulle denkwyse en karakter laat tipeer.

‘n Foto en inligting van Danielle Miller by 'n luukse Los Angeles-hotel (@ killadmilla / via Instagram) vertel die storie gedeeltelik:

In 40 minute het sy $100 000 aan belastingbetalersgeld gehad, lui van die hofstukke. Sy het gou 'n private straler van Florida na Kalifornië bespreek, waar sy $5 500 by 'n luukse hotel in Wes-Hollywood spandeer het. Op haar Instagram-rekening wat 34 000 volgelinge het, het Miller foto's geplaas van haar verblyf by twee deftige hotelle wat met die "lening" betaal is. Haar verklaring waarom sy dit gedoen het: "Ek wil dit hê."

Miller se kriminele rekord sluit in arrestasies in vyf verskillende state waarvan die meeste verband hou met diefstal en identiteitsverwante bedrog. Miller het onskuldig gepleit.

Sy het deelgeneem aan 'n onlangse profiel in die tydskrif New York wat haar uitgebeeld het as 'n kind van ryk Manhattan-ouers wie se lewe ontspoor is deur die verspreiding van 'n seksueel eksplisiete video toe sy in die agtste graad was.

"Eerlik, ek beskou myself meer as 'n oplichter as enigiets," het die tydskrif haar aangehaal. “Weet jy hoe sê hulle dat jy ys aan 'n Eskimo kan verkoop? As daar iets is wat ek wil hê, kry ek dit.

Dit sê genoeg van sulke “leners” se karakter, maar dis net een aspek. Die ander is die staat se blantante uitdeel van soveel miljarde. Geen regering is werklik so onnosel om so iets van stapel te stuur sonder ‘n grootse korupte rede nie – iets verklap dat hulle ook aan die ontvangkant kon wees… want, die idee dat jy sekerheid vir spoed opoffer, is kategories vals.

Sien ons nie dieselfde hier in Suid-Afrika nie? As die ANC-regime iets wil hê, dan vat hulle dit. Selfs die paar kospakkies wat aan benadeeldes toegeken was.

Wat ‘n skande en vlek op regerings se naam! Geen wonder dit gaan so sleg in die wêreld nie.

Opsoek na inligting?

  • ‘n Nuwe boek deur doktor Mike du Toit het op die rak verskyn getiteld:

    ‘N ORGANIESE, EKONOMIESE EN POLITIEKE BESTEL

    VIR ‘N TOEKOMSTIGE AFRIKANERVOLKSTAAT

    Na Du Toit se oordeel het die kapitalisme en demokrasie ernstige tekortkominge en funksioneer dit tot nadeel van alle volkere wat wens om as organiese eenhede met ʼn eie identiteit te bestaan. Hierdie tekortkominge word in die boek uitgewys. Die kapitalisme en demokrasie berus op die liberale lewensbeskouing. As alternatief tot die liberalisme stel Du Toit die organiese lewensbeskouing. Lees alles wat u daaroor wil weet by hierdie skakel NUWE BOEK DEUR DR MIKE DU TOIT

    ______________

    UBUNTU; Herbedink

    Die gonswoord van 'n dekade of wat gelede, nl 'Ubuntu', het 'n mens nuuskierig gemaak. Wat sou die mooiklinkende woord: 'u-bun-tu' wat blykbaar oornag groot handelswaarde ontwikkel het, werklik beteken? Nadat Desmond Tutu in 'n videosnit die betekenis verduidelik het as:'I am because we are' en Bill Clinton daarop probeer verbeter het met: 'I am because you are', kon dit nie anders nie. Dié saak moes ondersoek word.

    Na 'n ompad deur Afrika en selfs die antieke geskiedenis, is weer in die eie tyd, by uitsprake van Mbeki, Tutu, Steve Biko en andere uitgekom. Daarna is na Ubuntu en die wêreldpolitiek gekyk, maar ook na 'n ubuntuplan en ekonomiese seifbeskikking met die oog op oorlewing.

    Die skrywer, Tobie Hart, slaag met hierdie werk om die leser te boei met aktuele inligting wat elkeen raak. Ook die voorblad, met reënboog en standbeeld praat met die leser.

    Die boek, teen R260-00 per harde kopie kan bestel word by: Groep 7 Drukkers Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..         Die boek is ook in Engels beskikbaar as Ubuntu: Re-invented

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2134 gaste aanlyn