NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Omdat dit makliker is probeer ons om te vergeet sonder om te vergewe. As jy geestelik volwasse wil wees, bid dat God jou eers sal help om jouself en diegene wat jou te na gekom het, te vergewe. Dan eers sal jy heeltemal kan vergeet.

BLANKES IN SPERVUUR VAN SWART WOEDE

KRIEWELKOP

Ons lees in die vorige berig op hierdie blad dat selfs Israel nou bereid is om die volksmoord op Blankes in hierdie land en spesifiek die Afrikanervolk aan die hele wêreld te verkondig; dat hulle in Jerusalem, Israel, 'n protesoptog op 2 Januarie gehou het teen die swye wat gehandhaaf word oor die uitwissing van ons volk. So is daar ook in sommige ander lande opregte meegevoel met die Boerevolk van Suid-Afrika en die haglike omstandighede wat heers sedert die Swart kommunistiese regime in 1994 alle wet en orde omver gewerp het; dit is wat rewolusie beteken. Ons skryf ook op hierdie blad oor Duitsland se vriendskapsbande met die Afrikanervolk (Duitse weeskinders 1948). En so is daar menige lande wat hulle reeds uitgespreek het teen die moorde en misdade vandat die ANC die land persent gekry het. Dan verwonder mens jou dat soveel Blankes in hierdie land geensins bekommerd is nie en maar net saam met die vloei van gebeure gaan. Daarvoor het ons in groot mate sekerlik die Nasionale Pers te blameer wat gewilliglik die woord van swye spreek van dié wie se brood hulle eet. Dit laat mens dink aan die spreekwoordelik verkulde vrou in die huwelik wie die heel laaste is om te hoor van haar man se ontrouheid.

Hierdie situasie het net twee moontlike uitweë. Dit kan aanhou soos tans totdat die heel laaste Blanke vermoor is. Of dit kan in 'n oogwink verander in 'n onbeheerbare gewelddadige situasie wat sekerlik nie deur Blanke opstand of ons simpatiseerders aangevoer sal word nie maar deur die barbarisme van die Swart volke wat mekaar deur al die eeue nog nooit kon verdra nie.

Laasgenoemde is die groter waarskynlikheid aangesien die geskiedenis van die Swart volke in Afrika ons geleer het hoe hulle te werk gaan om mag en grondgebied te bekom. Met die komende verkiesings in 2011 waar hulle mekaar sal opponeer en in die maande daarna sal Suid-Afrika 'n fase betree wat deurslaggewend sal wees vir die voortbestaan van die Blanke hier want ons sal in die spervuur van hulle woede staan.

Wat is veronderstel om met Suid-Afrika te gebeur indien geweld onkeerbare afmetings aanneem? Sal dit die VN wees soos so dikwels gedreig word, of dalk NAVO wat gereed sit om sogenaamde orde te kom skep met 'n interim-regering waarin die Afrikaner geen sê sal hê nie?

So onlangs soos 'n jaar en 'n half gelede tydens 'n vergadering van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (NAVO) se Veiligheidskomitee in Julie 2009, het 'n Suid-Afrikaanse verteenwoordiger die eskalerende geweld in die land bespreek. Op sy vraag of 'n mag van die Verenigde Nasies ingestuur sal word as hier onbeheerbare anargie en chaos uitbreek, was die antwoord aan hom: "Nee, die VN is nie by magte om in enige konfliksituasie ferm op te tree en vrede te herstel nie want hy is vandag grootliks 'n Derde Wêreldorganisasie wat magsbehep, verwaand en net so onordelik en lafhartig en onbeholpe is soos die lande waarheen hy gestuur word. Hy is nie in staat om magsbehepte tiranne en diktators aan bande te lê nie. Die wapen wat ons in sy hand gestop het, gee aan hom die illusie dat hy die groot vredemaker is maar dis van alle waarheid ontbloot.

"Wanneer Suid-Afrika in chaos verval stuur ons onmiddellik 'n NAVO-taakmag in om die situasie te stabiliseer en dan beheer van die land oor te neem met 'n interim-regering, en julle Blankes sal maar daarmee vrede moet maak, óf die gevolge dra..."

Kom ons bekyk die organisasie NAVO  en die verdrag tussen die onderlinge state van nader.

Die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie het tot stand gekom toe  'n militêre verdrag ter wedersydse beskerming en samewerking tussen westerse lande waaronder ook Frankryk, Duitsland, België, die VSA en Brittanje aangegaan is met die doel om 'n front teen die Kommunisme vanuit die Oosblok te vorm. Die verdrag van Warskou het op sy beurt op 14 Mei 1955  die lig gesien om as teenvoeter vir NAVO te dien.

Die kern vir die doel van die NAVO-verdrag wat in Artikel 5 gestipuleer word, stel dat ingeval 'n aanval op een van die state geloods word, alle lidlande onder hierdie verdrag sal help om die aanval af te weer. Sedert die einde van die Koue Oorlog het hulle hul egter begin toespits op die bestryding van terrorisme en anargie. So het hulle ná die aanslag van 11 September 2001 in New York en Washington die VN, wat intussen volgens sy meesters 'n nuttelose organisasie geword het, bygestaan met onder andere radarvliegtuie.

Die Sekretaris-generaal is die hoogste outoriteit in NAVO en die pos word tradisioneel deur 'n Europiër gevul. Van 2004 tot 2009 was dit 'n Nederlander, Jaap de Hoop Scheffer, wat ook die voorsitter van die Noord-Atlantiese Raad (NAR) is. Die NAR bestaan uit permanente verteenwoordigers van die lidstate. Hulle vergader elke Woensdag, word bygestaan deur die Militêre Komitee waar elke lidstaat ook verteenwoordig is, en hier word die uiteindelik finale politieke besluite geneem.

Die hoogste militêre kommandant van NAVO met die vername titel die Supreme Allied Commander Europe (SACEUR), was tot dusver nog altyd 'n Amerikaner, en is ook kommandant van NAVO-troepe buite Europa. Die politieke hoofkwartier van NAVO is egter in Brussels gesetel, waar ook die NAR gevestig is. Die heel eerste NAVO-hoofkwartier was in Londen opgerig waarna dit in 1960 na Parys geskuif is en in 1966 na Brussels. Tans word daar 'n splinternuwe gebou in Brussels ontwerp om as nuwe hoofkwartier te dien.

Die Supreme Headquarters Allied Power Europe (SHAPE)  is hulle militêre kommandosentrum wat in die noorde van België gevestig is.

In 1986 is ook 'n outonome oorkoepelende liggaam opgerig, die Eurogroep. Alle Europese NAVO-lidsstate behoort hieraan en in hierdie organisasie word hulle gemeenskaplike standpunte bespreek en gevorm.

Dit is duidelik dat NAVO 'n goedgeorganiseerde instansie is wat sy besluite getrou en met vasberadenheid uitvoer en alleen die besluit sal neem oor wie hy as 'n geskikte tussentydse regering beskou indien hulle in Suid-Afrika se binnelandse krisis sou ingryp. Daarom kan aanvaar word dat die dreigement wat uit daardie vergadering van 2009 gespruit het dat Suid-Afrikaners die gevolge sal moet dra indien hulle in opstand sou kom teen die regering wat deur NAVO aangewys sal word,  nie 'n ydele dreigement sal wees nie. Dit sal egter bomenslike inspanning van elke reggeaarde Afrikaner verg om nie in opstand te kom teen wie vermoedelik aangewys sal word nie; dit verg nie veel intelligensie om te sien waarmee FW de Klerk  en sy gespuis besig is nie. Daar is geen manier waarop NAVO die omgekeerde land in die hande van nog 'n Swart, geweldsbehepte regering sal plaas nie wat van De Klerk en sy meelopers die ideale kandidate maak; hieraan werk hy reeds sedert 1995.

Om terug te keer na Naspers se swye oor die moontlikheid van totale anargie en chaos, dít wat die buiteland wel vir Suid-Afrika in die nabye toekoms voorsien: daar was 'n tyd toe die media in ons land nie so totaal verblind was deur liberalisme en angs  in hulle beriggewing nie. Hulle het dit selfs gewaag om Swart en Blank by die naam te noem, iets wat nooit weer onder die Swart regime gebeur het nie omdat hulle verbied is; en dan wil hulle nog voorgee dat hulle die afgelope amper 17 jaar vry en onpartydig hulle plek volstaan.

Op 15 April 1993, net na die chaotiese begrafnis van Chris Hani toe geweld hoogty gevier het, skryf Beeld:

"Die gesinne van die Suid-Afrikaanse ambassade-personeel in Umtata is gister inderhaas in veiligheid gebring nadat 'n deel van 'n skare van sowat veertigduisend oproeriges die gebou binnegestorm en verniel het.

"Die aanval op die ambassade het gevolg op 'n gedenkdiens vir die vermoorde mnr Chris Hani in die Transkeise hoofstad. Teen druktyd was die ambassade se telefone steeds afgesny en die Departement van Buitelandse Sake in Pretoria kon nie daarin slaag om hulle te bereik nie.

"Derduisende rande se skade is aan die gebou aangerig. Die oproeriges het die ambassade-hek afgebreek voordat hulle die terrein binnegestroom het. Vensters is stukkend geslaan, water- en rioolpype is afgeruk en bome in die ambassade-tuin is ontwortel. Selfs die grasperke is verniel.

"Blanke verslaggewers was geskok toe hulle deur swart jeugdiges aangeval is. Geweld het dwarsdeur Suid-Afrika versprei terwyl honderde duisende swartes aan hulle woede uiting gegee het.

"Twee blanke Suid-Afrikaners wat hul huise probeer beskerm het, is lewendig verkool, en 'n derde is in 'n ernstige toestand in die hospitaal nadat sy tong afgesny is..."

Op 21 April 1993 berig Beeld:

"Mnr Nelson Mandela het gekla dat swartmense se lewens goedkoop is in Suid-Afrika. Dit is nie net Swartmense wie se lewens goedkoop deur sommige ander mense geag word nie. Enige mens, enige lewe word nie ontsien nie..."

Klink die toestand bekend? Behalwe dat dit nou baie erger is waar ongeveer 22 000 mense per jaar in die land vermoor word. Geen wonder dat die Amerikaanse Intelligensielede die toestand in Suid-Afrika met arensdoë monitor nie; hulle hou geruime tyd reeds asem op en dwarsdeur die wêreld stroom berigte dat Suid-Afrika die ergste misdaad beleef terwyl Naspers se verantwoordelik teenoor die veiligheid van die landsburgers op 27 April 1994 tot einde gekom het.

Dat daar vir ons 'n veelbewoë tyd voorlê is nie te betwyfel, daarteen is ons vir baie jare gewaarsku. Die tekens bevestig elke dag dat profete soos Jaap Marais se politieke insig jare gelede ter harte geneem moes word. Nou is dit egter te laat om die momentum van die rewolusie-wiel te stop en kan ons ons vir hulp tot net een Bron wend. Laat ons dit dan knielend en getrou in hierdie jaar doen want daar wag lig aan die ander kant van hierdie donker tonnel; dit is wat rewolusie beteken: wat bo is sal weer na onder, en wat onder is sal weer na bo; ons wat reeds in jare geen volk was nie, sal weer die volk van God word, en Hy sal weer sy barmhartigheid aan ons bewys as ons in erkenning en dankbaarheid voor Hom verootmoedig.

 

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3116 gaste aanlyn