NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

 

Hoe ouer ‘n mens word, hoe meer moet jy jou waarde vir ander besef.  Jy het uiteraard meer ervaring en derhalwe ook meer wysheid om met ander te deel.

DRIE EEUE VAN ONREG: Hoofstuk 5

Engelse arrogansie in die 19e Eeu

Die  H O I K  se swanesang
In 1785 het luitenant-kolonel Jacob van de Graaff vir Joachim van Plettenberg as goewerneur opgevolg.  Gedurende sy bewind aan die Kaap, het die uitgawes van die HOIK so reusagtig toegeneem weens sy buitensporige verkwisting en dié van die ander amptenare, dat hulle hom in 1791 teruggeroep het na Holland.  Die Kompanjie het onder ‘n enorme skuldlas gebuk gegaan en het ‘n gewisse bankrotskap en ondergang in die gesig gestaar.  Die Here XVII het twee kommissarisse, Nederburgh en Frykenius, na die Kaap gestuur.  Hulle het probeer om verbeteringe aan te bring, maar al hulle pogings was blote lapwerk.  Hulle het in 1793 na Batavia vertrek en die bestuur van die Kaap oorgedra aan Abraham Sluysken, ‘n hooggeplaaste amptenaar, wat moes probeer red wat daar nog te redde was, te midde van die beroeringe wat besig was om in die oostelike distrikte plaas te vind.

 

Die Kaap word Engels
Die Britte het lank reeds met begerige oë na die Kaap gekyk.  Gedurende die Amerikaanse Vryheidsoorlog het die vinnige optrede van ‘n Franse vlooteskader verhoed dat die Kaap in Engelse hande val.  Na die oorlog het Holland sy bondgenootskap met Engeland weer hernu.  Daarna is hy stadigaan fyngemaal in die Frans-Britse tweestryd.  Toe dit naderhand lyk of Holland óf ‘n kolonie van Engeland, óf van Frankryk gaan word, val die nuwe republikeinse Frankryk die Brits-Nederlandse bondgenootskap aan.  ‘n Reuse Franse leër het die grens oorgesteek op pad na Amsterdam en Den Haag.  Holland het op 16 Mei 1795 oorgegee en ‘n vasalstaat van Frankryk geword, met die naam, die Bataafse Republiek.  Prins Willem V van Oranje het na Engeland gevlug en gaan vra dat hulle tog asseblief die Kaap moet gaan beskerm teen ‘n moontlike Franse besetting daarvan.

 

Die Engelse het dit met groot plesier gedoen, want hulle het lankal die waarde van  die Kaap besef.  Met ‘n brief van Willem van Oranje aan Abraham Sluysken, om die Kaap aan die vriendelike Engelse te oorhandig, het admiraal Elphinstone in Junie 1795 met 6 000 troepe aan boord onder generaal Craig, in Simonsbaai anker gegooi.  Kommissaris Sluysken het probeer om die Kaap te verdedig, maar sy twee senior militêre offisiere, kolonel Robert Gordon en die lafhartige luitenant-kolonel De Lille, wat kastig die Franse “beginsels” verafsku het, het ‘n fiasko van die verdediging gemaak.  Die Kaap is deur die seëvierende Britte geannekseer.

 

Die Engelse en die Kaapse bevolking
Die groeiende aantal Kaapse kleurlinge  -  kruisings tussen Hottentotte en slawe  -  was nie veel gepla deur die koms van die Engelse nie.  In Kaapstad self was baie van die inwoners en ook die meeste amptenare van die Kompanjie ten gunste van die prins van Oranje en selfs pro-Brits, op grond van eie belange.  Hulle het in Kaapstad en sy hinterland  -  die Boland  -  met hulle gesigte na die see geleef.  Hulle bestaan was van die skeepsverkeer afhanklik, waardeur hulle kontak met die buitewêreld gehou het.  Alhoewel hulle Hollands bly praat het, het hulle kosmopolities geword deur hulle gereelde kontak met Nederlandse, Franse en Britse besoekers.  Hulle het nie die stryd geken van die binnelanders nie en het nooit verinheems nie.  Dit is die Kaapse koloniste, wat die koms van die Engelse feitlik verwelkom het.

 

Die derde groep inwoners was die veeboere in die binneland, wat byna geen kontak met die buitewêreld gehad het nie.  Hulle het totaal verinheems en is deur die voortdurende stryd teen die natuur, die Boesmans en die Kôsas geslyp.

 

Swellendam word onderwerp
Onderwyl hulle in Swellendam en Graaff-Reinet besig was om die knellende juk van die Hollandse Kompanjie finaal van hul skouers af te werp, het die Engelse met ‘n veel meedoënloser een in Kaapstad aan wal gestap.  Van al die inwoners van die Kaap is verwag om die eed van getrouheid aan die Engelse koning af te lê.  Die westelike distrikte se inwoners het geen probleem daarmee gehad nie, maar die burgers van Graaff-Reinet en Swellendam was nie geneë om die vryheid wat hulle pas verwerf het, aan die Engelse af te staan nie.  Die burgers van Swellendam het egter na oorweging maar besluit om toe te gee, op enkele uitsonderings na.  Een van hulle was die nasionale kommandant, Petrus Delport.  Die Engelse goewerneur McCartney het hom na Holland verban.

 

Graaff-Reinet in opstand
In Graaff-Reinet was die weerstand teen die Engelse besetting veel groter as in Swellendam.  Generaal Craig het ‘n sekere Bresler as hulle nuwe landdros na hulle gestuur.  Toe hy die Union Jack hys, het die burgers hom neergehaal en weer die Nederlandse vlag gehys.  Hulle het geweier om die eed van getrouheid af te lê en het vir Bresler na Kaapstad teruggestuur.  Toe Bresler in die Kaap aankom, het hy al die skuld vir die opstandigheid van die burgers op Graaff-Reinet se distriksgeneesheer, dokter Jan Woyer, gepak.  Daarna is Woyer voëlvry verklaar.  Hy het gevlug, in ‘n Deense skip vanaf Algoabaai na Batavia ontsnap en die Hollandse goewerneur-generaal omgehaal om hulp vir die Graaff-Reinetters teen die Engelse te stuur.  Die goewerneur het ‘n brik, Het Haasje, vol wapens en ammunisie en 8 kanonne laat laai en onder bevel van Jan de Freyn suidwaarts gestuur.  ‘n Kwaai storm het die skip in Delagoabaai laat skuiling soek.  Daar het die Portugese hom verraai en vir die bemanning van die Engelse skip, Hope, gehelp om sy bemanning gevange te neem.

 

Intussen was die Graaff-Reinetters nog opstandig genoeg om hul “eed voor de Stategeneraal” te hernu. Hulle was nie van plan om onder die Britse juk te swig nie en het gemeen dat hulle in staat sou wees om vry van die Britse bestuur te bly.  Toe het generaal  Craig die vervoer van wapens en ammunisie en alle lewensmiddele na Graaff-Reinet afgesny.  Daarsonder kon hulle op die oosgrens nie leef nie en het toe maar besluit om hulle aan die kroon van Engeland te onderwerp.

 

Die arrogante John Barrow
Frans Bresler het weer as landdros in die drosdy die leisels in die hande gehad.  Goewerneur Macartney het hom oosgrens toe gestuur om die toestande aldaar te gaan ondersoek en ‘n sekere John Barrow saamgestuur om hom te help.  Hierdie John het die grootste vooroordeel en minagting vir die grensboere gekoester.  Hy het nie hulle taal verstaan nie.  Volgens hom kon hulle maklik met Sjinese landbouers vervang word.

 

Nadat hy ‘n draai saam met Bresler tot aan die Keiskamma gemaak het, het hy genoeg slegmaak-materiaal versamel gehad vir sy boek Travels into the Interior of Southern Africa.  Dit is vol halwe waarhede, verdigsels en leuens.  Die gesagvoerders het hom egter geglo, nie net in die Kaap nie, maar ook in Engeland waar sy stories verkoop is.  Hy het die goewerneurs se optrede teenoor die Kôsas en die grensboere, oor ‘n lang tydperk bitter nadelig beïnvloed.  Dit het geduur tot in die Bataafse tydperk, toe De Mist onder Barrow se invloed beveel het dat daar sagkens met die onskuldige natuurkinders te werk gegaan moet word.

 

Graaff-Reinet weer in opstand
Die gedwonge “vrede” het nie baie lank in Graaf-Reinet geduur nie.  Dit het ekonomies baie moeilik met die burgers hier op die oosgrens gegaan, weens die gebrek aan ‘n mark of afsetgebied vir hulle produkte en weens die plundertogte van die Swartes.  Om te oorleef, het hulle begin om belastings te ontduik, want hulle het geen geld gehad nie.  Toe Adriaan van Jaarsveld met die betaling daarvan agterstallig raak, het hulle hom voor die geregshof gedaag, maar hy het nie gegaan nie.  Op 17 Januarie 1799, toe hy niksvermoedend op Graaff-Reinet aangery kom, word hy deur landdros Bresler in hegtenis geneem en die volgende môre Kaap toe gestuur, vergesel van ‘n sekere Oertel, die distriksekretaris, en drie soldate.  Sy vriend, Marthinus Prinsloo, het daarvan gehoor en gou ‘n perdekommando van 40 man by Bruintjieshoogte bymekaar gemaak en vir Oertel agternagesit en hulle op 21 Januarie ingehaal.  Hulle het Van Jaarsveld bevry en hom na Graaff-Reinet teruggeneem, terwyl Oertel en sy drie soldate hul reis na Kaapstad voortgesit het.  Bresler het daarna ‘n benoude tydjie in Graaff-Reinet beleef.

 

Goewerneur Dundas het op 17 Februarie 1799 ‘n troepemag onder bevel van generaal Vandeleur van Kaapstad af na Graaff-Reinet laat opruk om die opstandelinge te gaan straf.  Hy het nog ‘n tweede mag by Algoabaai laat land, om daarvandaan na Graaff-Reinet te marsjeer.  Toe die kommando wat intussen tot 160 aangegroei het, van die oormag verneem wat teen hulle opruk, het hulle maar vergiffenis vir hulle opstand gevra en hulle onvoorwaardelik onderwerp en hulle wapens by Bruintjieshoogte neergelê.

 

Die meeste van die burgers is met klein boetes gestraf, maar Van Jaarsveld en Prinsloo en 16 van die manne is na Kaapstad geneem en in die kasteel opgesluit.  Adriaan van Jaarsveld en Marthinus Prinsloo is tot die dood veroordeel.  Van die ander manne is verban en twee het ‘n paar jaar tronkstraf gekry.  Die regering het probleme ondervind om die twee doodvonnisse te bekragtig en het toe sommer maar vir Van Jaarsveld en Prinsloo onbepaald in die donker gat in die kasteel opgesluit.  Die bittere ontbering en foltering het vir Adriaan van Jaarsveld te veel geword. Hy het na ‘n noodlottige val daaronder beswyk en gesterf.  So is die eerste ernstige offers vir vryheid gebring.

 

Die ewige Maynier
Maar die “boors” moes nog verder gestraf word.  Daarom is die kreatuur Honoratius Maynier weer oor hulle aangestel!  Daarna is ‘n klomp Hottentotte bymekaar gemaak en bewapen, om Maynier by te staan.  Om die burgers verder te terg, is hulle kerk as onderdak aan hierdie Pandoers gegee.

 

Toe Vandeleur met sy troepemag na Bruintjieshoogte marsjeer om die Graaff-Reinetters te gaan onderwerp, het daar ‘n klomp Hottentotte langs die pad by sy troepe aangesluit.  Vandeleur het hulle ontwapen, want hulle het gewere gehad, maar hulle toegelaat om by sy troepe te bly.  Maar hulle het die Engelse nou gewantrou en almal na die Kôsas toe weggeloop om met hulle saam te span teen die Blankes.

 

Op Vandeleur se terugreis na Kaapstad, is hy deur ‘n Kôsa-hoof aangeval wat gedink het die Engelse gaan hom oor die Visrivier terugdryf.  Die ontstoke Vandeleur wou hieroor die Kôsas ‘n deeglike les leer, maar die gesagvoerders in Kaapstad was volkome onder invloed van Maynier en Barrow, wat vir hulle wysgemaak het dat al die onluste veroorsaak is deur onderdrukking, onreg en tergery deur die Blankes.  Vandeleur het opdrag gekry om die toestand te red deur ‘n versoenende houding met geskenke en beloftes.

 

Daarna het die Kôsas in 1801 die hele suidelike Graaff-Reinet oorstroom en verskriklike verwoesting aangerig.  Goewerneur Dundas verskyn toe self op die oosgrens, vergesel van Maynier, om hulle versoeningspolitiek deur te voer.  Die Kôsas het presentjies gekry en beloof om nie verder te plunder nie.  Hulle is toegelaat om in die Suurveld te bly.

 

Maynier is aangestel as resident-kommissaris van albei grensdistrikte.  Hy was nou beklee met nog groter gesag as voorheen, wat hy na hartelus probeer uitvoer en misbruik het, naamlik met streng bevele dat die Hottentotte baie goed behandel moes word en ‘n drastiese verbod op gewapende optrede teen die veerowers.

 

In Oktober 1801 was daar gerugte dat die regering die boere as soldate wil oproep.  In die chaos wat gevolg het, het hulle die gehate Maynier in sy drosdy gaan beleër en sterk-bewoorde petisies teen hom opgetrek.  Majoor Sherlock is met ‘n troepe-afdeling na Graaff-Reinet gestuur en Maynier is na Kaapstad teruggeroep, waar hy vrygespreek is en weer in ‘n ander pos aangestel is.

 

Groot ellende aan die oosgrens
Maynier was nou weg, maar die probleme aan die oosgrens was nog daar.  Die boere was erg gedemoraliseer.  Hulle kon nie hul gesinne verlaat om op kommando te gaan om die stropers te gaan straf nie.  Die distrikte het soos ‘n verowerde land gelyk.  Honderde huise en plase het afgebrand gelê en die Kôsas het uitgebreide dele van die Blanke se gebied in besit geneem.  Baie boere is al verder weswaarts gedwing en het met hul huisgesinne en vee ‘n rondswerwende bestaan begin voer.

 

Nie een van die vier Engelse goewerneurs wat die Kaap gedurende die eerste Britse besetting vanaf 1795 tot 1803 regeer het, het iets gedoen om die boere se beproewings op die oosgrens te verlig nie.  Generaal Craig, graaff McCartney,  Francis Dundas en sir George Yonge, het hulle laat lei deur persone soos Maynier en Bresler.  Hulle het voortgegaan om die gruwelike onreg wat reeds meer as ‘n eeu al teenoor die wordende groepie Afrikaners gepleeg is, voort te sit, deur hulle nie te beskerm teen die invalle van die swart barbare op die grens nie.  Die ergste van alles was dat hulle boonop ook nog belet is om hulleself te beskerm.

 

Die Bataafse tydperk
Volgens ooreenkoms tussen Engeland en  Frankryk in 1801, moes die Nederlandse regering die kolonies wat Engeland van hom verower het, terugkry.  Holland was toe die Bataafse Republiek.  Kommissaris-generaal  J A de Mist het op 21 Februarie 1803 die Hollandse driekleur by die kasteel gehys.  Hy het twee jaar lank aan die Kaap gebly en die regering op ‘n gesonde grondslag geplaas.  Daarna het goewerneur Janssens die regering oorgeneem totdat die Engelse die Kaap in 1806 weer ‘n tweede keer kom verower het.

 

Gedurende die Bataafse tydperk was daar al verskeie sendinggenootskappe aan die Kaap bedrywig.  De Mist het vaste stasies aangewys aan die Hernhutters se Morawiese Sending.  Die Rotterdamse Sendinggenootskap het plek gekry aan die Sakrivier en die Londense Sendinggenootskap onder Van der Kemp en Read, het met hul leeglêer-Hottentotte na Bethelsdorp aan die oosgrens verhuis.

 

De Mist se houding ten opsigte van die oosgrens-probleem, was kerngesond.  Alle Bantoes moes uit die Suurveld, oor die Visrivier, na hulle eie gebied gedryf word.  Daar mag geen kontak tussen die koloniste en die Swartes wees nie.  Daarom sou niemand toegelaat word om heen en weer oor die grens te beweeg nie, want die kern van al die moeilikheid ontstaan uit die feit dat die Bantoes geen besef van “myne” en “joune” gehad het nie.  Twee honderd jaar later het hulle dit nog steeds nie.

 

De Mist en Janssens sou hierdie beleid kon uitvoer met ‘n sterk krygsmag, wat die Bataafse regering nie gehad het nie.  Daarbenewens het die heruitbreek van die oorlog in Europa verhoed dat ‘n kragtige beleid toegepas kon word.  Intussen het die koloniste wat moes vlug, begin om na hulle plase terug te keer, maar die Kôsas is nie uit die Suurveld verwyder nie.

 

Die Kaap word vir goed Engels
Toe die oorlog weer in Europa uitbreek, het Engeland nie gras onder sy voete laat groei om die Kaap ‘n tweede keer te kom roof nie.  Generaal David Baird het op 8 Januarie 1806 met 4 500 troepe by Blaauwberg geland.  Generaal Janssens kon nie eers 2 000 skraapsels teen hom monster nie.  Die Kaap het finaal Engels geword.

 

Die veroweraar se erfenis het bestaan uit 26 000 Blankes, 30 000 slawe en 20 000 Hottentotte.  In Kaapstad self het toe 6 000 Blankes, 9 000 slawe en 450 Hottentotte gewoon.  Buiten die openbare geboue het Kaapstad uit 1 250 huise bestaan.

 

Die Kaap se stategiese waarde vir die beskerming van Brittanje se groot Oosterse belange, het by die veroweraar swaarder geweeg as die heil en welsyn van sy inwoners, maar die eerste goewerneur, lord Caledon, het tog twee goeie dinge gedoen, en die Hottentotte se bewegings in ‘n mate aan bande gelê deur die instelling van paswette asook rondgaande howe.

 

Die filantrope was baie gou op hulle agterpote oor die paswette.  Vir hulle was dit ‘n skending van menseregte en ‘n bedekte vorm van slawerny.  Die twee sendelinge, Read en Van der Kemp, het ‘n vals tweesang gesing oor die “onmenslike” behandeling wat die Hottentotte van die kant van die Blankes moes verduur.  Hulle het vir Caledon en die amptenare van pligsversuim beskuldig omdat hulle niks gedoen het om ‘n einde aan die “onreg en verdrukking” te maak nie.  Read het na Engeland geskryf dat hy van meer as 100 moordgevalle weet wat alleen in die distrik Uitenhage gepleeg is.

 

Die Filantrope
Hierdie vrome Engelse  sendelinge van die Londense Sendinggenootskap, Read, Van der Kemp en dr Philip, het die saak van die Afrikaners aan die oosgrens groot skade berokken met die verkondiging van hulle klomp leuens, wat in regeringskringe in Londen geglo is.  Die ergste onder hulle was die groot filantroop, dr John Philip, wat onder die invloed van die Franse filosoof, Jean Jaques Rousseau was, met sy konsep van die “edele barbaar.”  Hy het gesê:  “Die Hottentotte het vele goeie eienskappe, maar die mees uitstaande een is ‘n absolute getrouheid aan die waarheid.  Die Hottentotte kan vrygespreek word van die algemene en onvergeeflike kwaad soos leuens en diefstal.”

 

Hy kon net sowel gesê het die Hottentotte is nie soos alle ander mense aan die sondeval onderhewig nie; hulle het dit vrygespring.  Die filantrope het die snert wat hulle verkondig het, self geglo.  Hulle het in Engeland in magsposisies gesit.  Hulle het die Engelse regering gedwing om aan hulle bewerings aandag te gee en die Kaapse regering aan te sê om ondersoek in te stel en teen die barbaarse, wreedaardige “boors” op te tree, wat die arme, onskuldige Hottentotte so uitmoor.  Alles wat ‘n Hottentot gesê het, is aangeneem as die waarheid en niks anders as die volle waarheid nie.  Daarteenoor is die Afrikaners nie geglo nie,  hoe goed of reg hulle ook al hul saak bewys het.

 

Bethelsdorp, die rowersnes
By Van der Kemp en Read se sendingstasie te Bethelsdorp, het die Hottentotte kos en klere gekry sonder om ‘n steek werk te verrig.  Hulle het daarheen geswerm, sodat die stasie spoedig ‘n onheilsnes geword het, want luiheid is die duiwel se oorkussing.  Van der Kemp-hulle het gesê die Hottentotte is ‘n lydende en onderdrukte volk.  Hulle woord moet nooit in twyfel getrek word nie.  Die Hottentotte het gou agtergekom dat alles wat hulle gesê het, vir soetkoek opgeëet word.

 

Saam met hul groot liefde vir die Hottentotte, het die sendelinge ook ‘n wrewelrige haat teenoor die boere ontwikkel, want hulle het elke grusame storie wat die “waarheidsgetroue” Hottentotte oor die “Dutch Boors” verkondig het, geglo.  Hulle het gesê die behandeling van die Hottentotte is een van die swartste en bloedigste bladsye in die geskiedenis en dat die boere niks beter is as ‘n horde plunderende barbare nie.

 

Gedurende die afgelope 200 jaar het daar nog niks hiervan verander nie.  Die Afrikaners word nog steeds aangekla as die “onderdrukkers” van die Swartes, ten spyte van die feit dat geen ander volk op aarde nog ooit soveel vir ander volke gedoen het as wat die Afrikaners vir die swart volke gedoen het nie.

 

Die Swart Ommegang
Die “rein, onskuldige natuurkinders” het met mekaar gewedywer oor wie die grusaamste storie kon vertel.  Die Kaap het skielik soos ‘n slagpale begin lyk soos die lyke opmekaar gestapel is.  Read het op 8 Januarie aan die owerheid geskryf dat daar in die klein deel van die Kolonie alleen, waar hulle was, oor die honderd moorde gepleeg is.  Dit is ‘n veld van onskuldige bloed wat tot God om wraak roep.

 

Die minister van kolonies het aan goewerneur Caledon opdrag gegee om die aangeleentheid te ondersoek, sodat die misdadigers gestraf kon word en die verontregte naturelle in die toekoms teen die barbarisme van hul onderdrukkers beskerm kon word.  Daarom het Caledon in 1812 die rondgaande hof aangesê om die klagtes in Tulbach, Swellendam, George, Uitenhage en Graaff-Reinet te ondersoek.  Meer as 50 Afrikaners is gearresteer en voor die hof gedaag op aanklagte van aanranding en moord.  Ongeveer 100 is aangesê om te kom getuig.  Die verhore het maandelank voortgesloer, onderwyl die beskuldigdes en getuies van hul plase afwesig was.

 

By geen een van die plekke waar die hof gesit het, kon ‘n enkele moord bewys word nie.  So hier en daar is ‘n boer skuldig bevind op sogenaamde “aanranding”, wat maar net daarop gedui het dat hy ‘n vreklui Hottentot op sy plaas met die sambok moes bykom, om hom ‘n bietjie aan te wakker.

 

Die hof het vir Read en Van der Kemp streng aangespreek omdat hulle die klomp leuens geglo het sonder om ondersoek in te stel.  Hulle het die beginsel van vryheid so ver gerek dat die nauurlike staat van die barbare die beskawing en sosiale orde oortref.  Luiheid en ledigheid, en gevolglik smerigheid en vuilheid groei voortreflik by hul sendingstasie.  Baie Hottentotte by Bethelsdorp het deelgeneem aan die plundering, berowing en afbranding van opstalle en selfs aan moorde op die inwoners.

 

Hierdie striemende uitspraak teen die filantrope kom van ‘n Engelse hof.  Ongelukkig het dit nooit die samelewing só deursuur dat die grensboere daardeur gebaat het nie.  Die Britse samelewing was klaar deurtrek met die droewige filantropie.

 

Die vernedering wat die Afrikaners tydens die openbare verhore ondergaan het, het verwydering tussen hulle en die Engelse gebring.  Dit was die eerste teken dat die Engelse en die nie-blankes later nog hegter sou saamspan om die Afrikaners te probeer vernietig.  Hierdie ongelukkige gebeurtenis is die Swarte Ommegang genoem, omdat dit net Afrikaners was wat voor die hof gedaag is vir beweerde misdade teen Hottentotte.  Nie ‘n enkele Hottentot is verhoor vir misdade en vergrype teen Afrikaners nie.

 

Slagtersnek:  Geen genade nie
Die Engelse het vanaf hulle eerste besetting van die Kaap begin om Hottentotte te bewapen en te gebruik om Afrikaners te intimideer.  In Graaf-Reinet het dit tot rebellie  teen die Britse gesag gelei.  Onmiddellik na 1806 het hulle weer met dieselfde ding begin.  Die Pandoere, die Engelse se gewapende Hottentot-mag, is veral gebruik om Afrikaners mee te tart en te verneder.  So’n ongelukkige gebeurtenis het in 1815 onder die goewerneurskap van die outokratiese lord Charles Somerset plaasgevind, toe daar weer ‘n klag teen ‘n Afrikaner gelê is deur sy Hotnot-werknemer.  Frederik Bezuidenhout het op die oosgrens aan die Baviaansrivier gewoon.  Sy Hottentot-bediende het hom van mishandeling aangekla, waarna Bezuidenhout gedaag is om voor die hof op Graaff-Reinet te verskyn.  Freek het nie gegaan nie.

 

Op 16 Oktober 1815 is twaalf Hottentot-soldate onder aanvoering van ‘n blanke luitenant gestuur om hom in hegtenis te neem.  Na die smaad van die Swarte Ommegang, was hierdie voorval seker vir Bezuidenhout soos ‘n rooi doek voor ‘n bul se kop.  Hy het verwoed op hulle losgebrand, maar die oormag was te veel en hy is doodgeskiet.  Tydens sy begrafnis het sy broer Johannes Bezuidenhout wraak gesweer en ‘n aantal manne oorreed om saam met hom teen die onderdrukkende Engelse regering te rebelleer.  Net 60 man was bereid om die wapen op te neem.

 

Landdros Cuyler het op 18 November met ‘n gemengde mag van blanke soldate en Hottentot-dragonders teen hulle uitgetrek en hulle te Slagtersnek ontmoet.  Hulle het wyslik besluit om sonder bloedvergieting aan die oormag oor te gee, maar Johannes Bezuidenhout en sy swaer Faber en twee Botmas het met hulle gesinne oor die Visrivier in die Swartes se gebied in gevlug.  Hulle is ingehaal.   Bezuidenhout is doodgeskiet en die ander gevange geneem.

 

Al die gevangenes is op Uitenhage verhoor.  Van die 47 aangeklaagdes is 39 skuldig bevind en gevonnis. Hendrik Prinsloo, Cornelis Faber, Stephanus Botma, Abraham Botma, Theunis de Klerk en Willem Krugel is ter dood veroordeel.  Die ander is  tronkstraf en boetes opgelê.   ‘n Paar van hulle is na ander distrikte verban.  Willem Krugel is begenadig.

 

Die ander vyf manne is ten aanskoue van hul vriende en familie te Slagtersnek opgehang wie gedwing is om die teregstelling by te woon.  Die vyf man is aan ‘n haastigvervaardigde galg gehang.  Vier van hulle se toue het gebreek en hulle het half-bedwelm op die grond neergestort.  Die toeskouers het om begenadiging gepleit, maar dis hardvogtig geweier.  Hulle moes weer die galg bestyg en is weer gehang.

 

Slagtersnek gooi ‘n lang skaduwee oor die geskiedenis van die Afrikanervolk.  Die rebellie het ‘n gees van verset in die jong volkie aangesteek wat nie weer geblus kon word nie.  Toe die Voortrekkers twintig jaar later uit die Kolonie wegtrek, het hulle daardie galgbalk saamgeneem.  In 1877, toe die vermetele Shepstone Transvaal kom annekseer het, was daar oproepe dat hy en sy vrybuiters, as nasionale weerwraak aan dieselfde balk opgehang moes word.  Die Voortrekkers in Natal het vir kommissaris Cloete gesê:  “Ons kan Slagtersnek nooit vergeet nie.”  Slagtersnek het lank daarna nog soos ‘n muur tussen Afrikaner en Engelsman gestaan.

 

Verdeel en heers
Die Engelse het hulle beproefde beleid van verdeel en heers, waarmee hulle ander volke in al hulle koloniale gebiede onderwerp het, saamgebring Kaap toe.  Die begin van die toepassing daarvan was om die Hottentotte teen die Afrikaners op te rui en in die harnas te jaag.  Daarmee was die filantrope vir hulle van groot hulp, want hoe groter die vyandskap van ander volke teen die Afrikaner aangeblaas word, hoe meer word sy vegkrag verdeel, sodat hy maklik onderwerp en oorheers kan word.

 

Hulle moet vernietig word
Die Engelse Kaapse regering het nie lank gewag voordat hulle maatreëls in werking gestel het nie met die hoop dat dit sou uitloop op die vernietiging van die Afrikaner.  Die eerste aanslag was op sy taal toe daar in Cradock en Somerset se bewind Nederlands met Engels vervang is in die staatsdiens, die geregshowe, in die skole en selfs in die kerk.  Engelse onderwysers en Engelse predikante moes die ding kom doen.  Somerset se proklamasie van 1822 het Engels die amptelike en enigste taal van die Kolonie gemaak.  Mettertyd is die Hollandse stelsel van landdroste en heemrade met magistrate en juries vervang.  Geleidelik is die Romeins-Hollandse regstelsel met die Britse Gemenereg vervang.  Die Royal Charter of Justice het verseker dat geen Afrikaanse regsgeleerde, prokureur of advokaat in ‘n regsposisie aangestel kon word nie.  Alleen regslui uit Engeland, Ierland of Skotland kon in die geregshowe aangestel word.  Die regsberoep is vir die Engelse gereserveer en die Afrikaners daaruit geweer.

 

Hierdie maatreëls het die Engelse taal stewig verskans en daarvoor gesorg dat die Afrikaners uitgesluit is van politieke regte, politieke aanstellings en poste in die staatsdiens.  Dit het nie net vir die Engelse gegaan om ‘n bevoorregte posisie vir hulself te verseker nie, maar was ‘n doelbewuste poging om die Nederlandse stam aan die Kaap te vernietig.  In hul arrogansie het hulle ook nie geskroom om die Afrikaners in hul private lewens aan te tas nie.

 

In die uitvoering van hulle beleid van volksmoord, het hulle in Ierland,  Skotland en Wallis groot sukses behaal deur hulle kerke en skole aan te val.  Aan die Kaap het hulle dit nie moeilik gevind om op beide toe te sak nie want die kerk en die skool was tradisioneel aan die staat ondergeskik.

 

Aanslag teen die kerk
Reeds gedurende die eerste Britse besetting het Baird tweekeer predikante ontbied om voor hom te verskyn en verantwoording te doen vir uitsprake wat hulle vanaf die kansel gemaak het.  Die verskoning was toe dat die Britse koning hoof is van die Church of England.  Die goewerneur is sy verteenwoordiger en daarom is hy die leier van die kerk, wat aan hom onderdanig moet wees!

 

Om sy gesag oor die kerk uit te oefen, het Baird toe ‘n spesiale politieke kommissaris aangestel, wat die goewerneur in die kerkraad moes verteenwoordig en hom moes inlig oor alle besprekinge, veral wanneer daar anti-Engelse besprekinge in die kerkraad plaasvind.  Die Afrikaners het sterk beswaar gemaak teen hierdie politieke misbruik van hulle kerk, maar natuurlik was dit tevergeefs.

 

Die Engelse bewind het goed geweet hoeveel die Afrikaner se kerk vir hom beteken.  Daarom is doelbewuste pogings aangewend om die kerk te vernietig. Toe lord Somerset in 1814 die bewind oorneem, het hy probeer verhoed dat Afrikaners na Nederland gaan om in die teologie opgelei te word.  Die gevolg was ‘n kunsmatige tekort aan predikante aan die Kaap.  Daar was naderhand drie vakatures wat nie gevul kon word nie.  Somerset het dadelik die tekort met Skotse predikante gevul.  Hy het tevore reeds werwingswerk in Skotland laat doen en was gereed om met die ontstaan van die vakatures, die Skotte op hierdie ongelooflik outokratiese wyse op te dring, sonder om die saak eers met die kerkrade te bespreek.

 

Toe maak Somerset sy volgende skuif.  Hy dring daarop aan dat daar in die toekoms in Engels gepreek moes word en dat alle kerkdokumente in Engels vertaal moes word.  Die Afrikaners het weer ervaar dat hulle volkome hulpeloos was.  Verskeie van hulle wat na hulle studie in Nederland na die Kaap teruggekeer het, het ontdek dat daar vir hulle geen beroepe beskikbaar was nie, want dit was reeds deur Skotte gevul.  Die Afrikaner se kerk in ‘n vreemde taal is nie meer sy kerk nie.

 

Aanslag teen die onderwys
Die volgende stok van die Engelse owerheid om die Afrikaners mee te slaan, was die onderwys.  Goewerneur Cradock het op 2 November 1812 beveel dat die rektor van die Latynse Skool in Kaapstad ‘n Engelsman moet wees en dat hy die Engelse taal moet bevorder en laat seëvier.  Lord Charles Somerset het in 1814 nie net beveel dat die medium van onderrig in alle skole in die Kolonie, Engels moet wees nie, maar dat dit alleen deur Engelse onderwysers onderrig moet word.  Hoor net hoe eufemisties hy hierdie noodlottige bepaling probeer verdoesel het:  “Algehele vereniging en samesmelting van die ou en die nuwe inwoners, is iets wat elke verligte kolonis moet beskou as ‘n wenslike en belangrike doelwit.”   In duideliker taal wou hy daarmee sê die Nederlandse bevolkingsgroep, en in besonder die Afrikanerdom, moet vernietig word.

 

Maar die ontluikende Afrikanervolkie, wat nog skaars nasionaal bewus was van homself, het geweier om onegte Engelse te word.  Baie van hulle het hul kinders uit die Engelse staatskole geneem en in privaatskole geplaas.

 

Die vasberade poging wat die Engelse owerheid aangewend het om die Kaap heeltemal te verengels, het nie geslaag nie, want die Afrikaners in die binneland het baie min kontak met hulle gehad en hulle min gesteur aan wat in Kaapstad gebeur.  Hulle het feitlik selfversorgend en selfstandig op hulle plase gewoon.  Maar die vindingryke Britse owerheid het ‘n plan bedink om hulle by te kom.

 

Die 1820 werklose Engelse setlaars
Hulle het vantevore in Brittanje self ‘n mate van sukses behaal met bevolkingsvermenging toe hulle ‘n klomp Engelse in nasionalistiese Noord-Ierland gaan plant  het in ‘n poging om die Ierse volk ‘n nekslag toe te dien en volkome te verengels.  Aan die Kaap wou hulle hul doel ook deur immigrasie en integrasie bereik.

 

In 1820 was daar nog maar 4 000 Engelse aan die Kaap, teenoor  43 000  Nederlandse koloniste.  Om die Kaap te verengels, moes hulle dus baie Engelse invoer.  Na die ellende van die Napoleontiese oorloë was dit nie moeilik om immigrante te werf nie.  Elkeen van die 5 000 setlaars wat gekom het, het ‘n stukkie grond aan die oosgrens gekry, met die opdrag om daarop te boer.  Hulle was bewus daarvan dat van hulle verwag word om die Afrikaners, tussen wie hulle beland het, te verengels.  Hulle het weinig sukses behaal, want die meeste van hulle het nooit South Africans geword nie, omdat hulle Engeland steeds as hulle home beskou het.  Die doel van hul koms was ‘n politieke aksie teen die Afrikanervolk.

 

Na die koms van die setlaars was daar 9 000 Engelse aan die Kaap, teenoor die 43 000  Nederlandstalige bevolking.  Die Kaap het nog lank ongeveer 80% Hollands gebly en die Engelse het besef dat hulle nie maklik ‘n getalsoorwig sou bereik, waarmee hulle die Afrikaners mee kon onderploeg nie.

 

Integrasie
Omdat die Engelse owerheid nie daarin kon slaag om die klompie halsstarrige Afrikaanse boere te versmoor met die werklose setlaars wat hulle tussen hulle geplant het nie, het hulle hul nou na integrasie gewend om hulle politiek van verdeel en heers verder te bedryf.  Daarvoor het hulle al die ander rasse in Suid-Afrika ingespan.

 

Vanaf 1823 het ‘n groeiende aantal Swartes die Kaapse grens oorgesteek en hulle in die Kolonie kom plak.  Dit was groepe vlugtelinge wat wou wegkom voor die moordtogte en vernietigingsgolwe wat die land in die noorde oorspoel het, toe Tjaka en Silkaats se hordes duisende der duisende Swartes uitgewis het, sodat die Vrystaatse en Transvaalse vlaktes oortrek was met hulle geraamtes.  Die oorlewendes het begin om die Kaap binne te stroom.  Teen 1836 was daar al 17 000 binne die grense van die Kolonie.  Hulle was Fingo’s wat kom kos en werk soek het.  Net buite die grense was daar reeds 35 000 van hulle gevestig, bestaande uit verskillende vlugtelingsgroepe, onder andere Mantatese, Betsjoeanas, Barolongs en Korannas.  Hulle het in gewapende groepe in die Kolonie rondbeweeg en veral in die oostelike gebiede vir die Afrikaners die Swart gevaar skrikwekkend laat toeneem.  Die Engelse owerheid het niks gedoen om hulle weer oor die grense te dryf nie.  Die filantropiese sendelinge het hulle koms verwelkom en geleentheid gesien om in hulle skole vir hulle Engels te leer en hulle teen die Afrikaner-boere op te maak.

 

Om die integrasieproses te bevorder, het goewerneur Bourke in 1828 met die uitvaardiging van die Ordonnansie 49 al wat leef en beef in die Kaapkolonie verwelkom.  Hy het in die wet ‘n paar van die groepe wat toegelaat word, genoem: Any Kafirs, Gonaguas, Tambookies, Griquas, Bosjesmen, Betchuanas, Mantatees, Namaquas, or other natives of the interior of Africa.

 

Die Ordonnansie het alle grensreëlings vervang.  Die hele Afrika het toegang tot die Kaapkolonie verkry.  Die sendelinge het hulle aangemoedig en van passe voorsien.  Hulle het die hele Kolonie oorstroom.

 

Drie dae nadat Ordonnansie 49 in werking getree het, vaardig Bourke Ordonnansie 50 uit, wat ook aan die Hottentotte volledige vryheid van beweging toelaat, net soos aan die ander Swartes.  Duisende Hottentotte het hul werkplekke verlaat en in groepe deur die land geswerf om van roof en veediefstal te lewe.

 

Verlies van duurgekoopte slawe
Die volgende hou wat die Britse outoriteite na die Afrikaners gemik het met die doel om hulle groot skade te berokken en ekonomies heeltemal lam te lê, was die afskaffing van slawerny.  Eers het hulle allerhande irriterende, onnodige en verkleinerende wette gemaak oor die behandeling van die slawe aan die Kaap,  asof hulle daarmee wou voorgee dat die koloniste hulle slawe net so wreed en sleg behandel het as wat die Engelse self met hulle eie slawe in Wes-Indië en ander Engelse kolonies gedoen het.  Daarna het hulle die slawe vrygestel.

 

Daar was op hierdie tydstip 39 000 slawe aan die Kaap, met ‘n geraamde waarde van iets oor die R6 miljoen.  Die slawe-eienaars se ontnugtering was egter baie groot toe hulle ontdek dat daar maar skaars R2½ miljoen aan hulle uitbetaal sou word, as vergoeding vir die vrystelling.  Die skok het nog groter geword toe hulle verneem dat alle uitbetalings in Londen sou plaasvind, nie in kontant nie, maar in 3.5 %  staatspapiere, dat alle administrasiekoste afgetrek sou word en op elke eis seëls ter waarde van R3 geplak moes word.

 

Daar was groot verbystering aan die Kaap.  Baie verbande is opgeroep.  Oorsese agente en spekulante het die koloniste uitgebuit deur hul eise vir ‘n appel en ‘n ei op te koop.  Baie slawe-eienaars het maar ongeveer een vyfde en selfs minder van die waarde van hul slawe gekry.  Baie families is hierdeur totaal verarm.  Dit was veral die Afrikaanssprekende koloniste wat hierdie las moes dra, want die Engelse setlaars van 1820 is nie toegelaat om slawe aan te hou nie.

 

Inflasie
Die armoede wat deur al die ellende soos reeds beskryf, veroorsaak is, het gedurende die eerste jare van die Engelse bewind veral aan die oosgrens drasties toegeneem, met die waardevermindering van die riksdaalder.  In 1806 was hierdie geldeenheid se waarde nog ongeveer 41 sent.  Die Engelse goewerneurs  -  en veral die spandabelrige  Somerset  -  het roekeloos en onoordeelkundig ‘n groot aantal papier-riksdaalders laat druk sonder sekuriteitsdekking, sodat die waarde daarvan naderhand in 1815 nog net 15 sent was.  Dit het ‘n vloedgolf van inflasie veroorsaak en diepgaande ontevredenheid uitgelok, wat veral in Graaff-Reinet tot onmiskenbare vyandige gevoelens gelei het.

 


Die sesde oorlog teen die Swartes
Maar die beproewings van die Afrikaners op die oosgrens moes nog eers in ‘n groot krisis vermenigvuldig word, voordat hierdie laaste strooi die kameel se rug sou knak en hulle vir hul ‘n ander heenkome sou gaan soek.  Die weifelende grensreëlings was die hoofoorsaak van die uitbreek van die oorlog.  Bourke het Somerset se reëlings afgebreek en Cole het weer Bourke se maatreëls onvergewerp.  Die Swartes het hierdie aarseling en onsekerheid van die owerheid as swakheid van die Witman vertolk en al hoe meer in die neutrale gebied gaan plak.  Die goewerneur het ‘n strafekspedisie uitgestuur om veediefstalle te straf.  Dit het die oorlog laat uitbreek.

 

Op 21 Desember 1834 het 15 000 Kôsas die Kolonie binnegeval en die grensbewoners totaal onvoorbereid oorval.  Hulle het 22 mans vermoor, 456 huise afgebrand en 5 700 perde, 115 000 beeste en 161 000 skape weggevoer.  Die boere het haastig hulle plase verlaat en in laers en ook in Grahamstad gaan beskerming soek.  Die gestroopte distrikte was ‘n verlate wildernis.

 

Die Engelse: Wes-Kaap
Nadat die Engelse dertig jaar lank doelbewuste pogings aangewend het om die Hollandse bevolking wat hulle in die Kaap aangetref het, te verengels, kon hulle met tevredenheid en groot genoegdoening ervaar dat hulle beleid ‘n sukses was wat die inwoners van die skiereiland en die westelike distrikte betref.  Dit is  die kolonialers wat hulle eed van getrouheid aan die Britse koningin getrou gehandhaaf het en met rasse skrede verengels het.  Die meeste het hul taal versaak vir Engels en baie het selfs hul  NG Kerk verruil vir die Anglikaanse Kerk.  Aan die Kaap was daar naderhand volop verengelste Cloetes, De Wets, Van der Byls, Myburghs en Brands.

 

Die Afrikaner: Oos-Kaap
Hier was dit ‘n ander storie.  Die Afrikaners het te veel onreg gelei onder die arrogante, onsimpatieke Engelse regime, wat hulle nie teen die Swartes beskerm het nie en doelbewus probeer het om hul ondergang te bewerkstellig.  Die ontplooiing van ‘n nasionale bewussyn by hierdie Afrikaners was reeds so ver ontwikkel  dat hulle hul nie meer vrywillig aan Britse gesag wou onderwerp nie.

 

Na die gruwels van die sesde oorlog teen die Swartes, was daar heethoofde onder hulle wat wou hê dat hulle weer in militêre opstand teen die Engelse regering moes kom.  Maar hulle het besef dat hulle nie sou slaag nie omdat hulle te min was en die Kolonialers hulle nie sou help nie en Engeland oor die water onbeperkte magte kon aanvoer om hulle te onderwerp.

 

Dan trek ons maar die binneland in
totdat ons vry is
Die Afrikaner-veeboer se heftig-ontevrede reaksie het dus nie weer die vorm van rebellie aangeneem nie, maar was ‘n opstand wat in die vorm van ‘n massaverhuising plaasgevind het.  Hierdie geniale oplossing vir hulle probleme is deur die Afrikaner-grensboere self ontwerp en uitgevoer.  Dit was nie ‘n spontane volksbeweging nie, maar eenvoudig net die beste en enigste oplossing wat ‘n paar leiers aan die hand kon doen om die jong Afrikanervolkie van ‘n gewisse ondergang in die Kaapkolonie te red want die Kolonialers van die westelike distrikte het daarin berus om in ‘n nuwe Kaapse reënboognasie op te gaan, wat natuurlik Engelstalig sou wees en groot getalle nie-blankes sou insluit.  Daarom het die Afrikaners hulle verset teen so ’n geïntegreerde eenheidstaat waarin hul eie gemeenskap vernietig sou word.  Hierdie daad sou die voortbestaan van die Afrikanervolk verseker.

 

Pogings om die trek te verongeluk
Toe die Kaapse regering bewus word van die feit dat sy Afrikaner-onderdane besig is om in georganiseerde trekgeselskappe die Kolonie te verlaat, het hierdie burgers van die oostelike distrikte, vir wie se welsyn nooit ‘n flenter omgegee is nie, skielik vir die Kolonie baie waardevol geword.  Goewerneur Benjamin D’Urban het vir lord Glenelg, die Koloniale Sekretaris in Londen, geskryf dat hulle die oudste en fatsoenlikste inwoners van die oostelike distrikte is.  Hulle is onverskrokke, geduldig, arbeidsaam, ordeliewend en godsdienstig.  Hulle is die bebouers van die grond en die verdedigers en die belastingbetalers van die land.  Sulke waardevolle burgers moet belet word om die land te verlaat.  Maar die prokureur-generaal het die regering meegedeel dat hy geen reg of mag besit het om sy onderdane te verbied om te verhuis nie.

 

Die regering het dit egter vir die Trekkers so moeilik as moontlik gemaak om weg te kom.  Hulle het in 1834 deur ‘n ordonnansie bepaal dat dit vir enigiemand onwettig is om meer as 4½ kg kruit te besit of te vervoer.  Maar die voornemende Trekkers het goeie voorsorgmaatreëls getref en met genoeg kruit en lood die Kolonie verlaat.  Met hulle uittog is hulle waens daagliks deur spesiale kommissarisse deursoek.  Daarom het hulle elke aand hulle voorraad kruit en lood op perde gepak en dit in die nag ver vooruit gestuur en dit gaan versteek onder ‘n beesvelbeskutting teen reën.

 

Om hulle nog verder te ontmoedig om te trek, het die regering in 1836 ‘n wet gemaak, The Cape of Good Hope Punishment Act, wat sogenaamd die Britse gesag proklameer tot aan die 25e graad suiderbreedte.  Dit was om vir die Trekkers te sê dat hul trekkery ‘n nodelose onderneming is, want waarheen hulle ook al trek, bly hulle nog steeds Britse onderdane.  Op die Trekkers se navraag waar hierdie 25e graad loop, sodat hulle kon weet wanneer hulle tot noord van hom getrek het, was die antwoord:  “Wanneer julle saans uitspan en die jukke en die trekkettings neerlê vir die volgende dag, dan lê die 25e graad net so ‘n paar tree verder as die voorste juk.”

 

Waarheen hulle getrek het
Louis Trichardt is al in 1833 vanaf die oosgrens met ‘n klompie volgelinge oor die Swart Kei en in 1835 oor die Grootrivier.  Lang-Hans van Rensburg het omtrent dieselfde tyd die Kolonie verlaat met 8 huisgesinne en by Trichardt aangesluit.  Hulle is by Suikerbosrand verby, deur Trichardtspoort en die Olifantsrivier en deur Strydpoort op pad na die noorde, met die plan om kontak met die Portugese hawens te maak.  By die Soutpansberg het Trichardt halt geroep en Van Rensburg is verder oor die Limpopo, waar sy trekgeselskap deur die Knopneuse aangeval en almal vermoor is.

 

Trichardt het ‘n jaar lank by die Soutpansberg tevergeefs op die Potgieter-trek gewag en toe na Delagoabaai getrek, waar hulle op 13 April 1838 aangekom het.  Hy en die meeste van sy mense is daar aan Malaria dood.  Later is die oorlewendes per skip na Port Natal, na die Natalse Voortrekkers geneem.

 

Hendrik Potgieter het vanaf die Tarka die Kolonie aan die einde van 1835 met 35 weerbare manne verlaat.  Sarel Cilliers het by Smithfield by hom aangesluit en in die omgewing van Colesberg ook die Krugers, met die tienjarige Paul daarby.  Hulle is by Thaba Nchu verby tot by Winburg.  Die trekgeselskap het toe al 200 siele getel.  Potgieter het by die Batuang-kaptein die stuk grond tussen die Vet- en die Vaalrivier vir 49 beeste geruil met die plan om die Republiek Winburg daar te stig.

 

Op 30 Junie 1836 het hy met ‘n kommissie van 11 man en vergesel van Sarel Celliers, by Louis Trichardt aan die Soutpansberg aangekom en vir hom gevra om daar te wag totdat sy trek wat aan die Vaalrivier gestaan het, by Trichardt hulle sou aansluit, sodat hulle saam na die Portugese hawens kon trek.

 

By sy terugkeer het Potgieter gevind dat Silkaats die Trekkers by die Vaalrivier aangeval het.  Hy het dadelik by Vegkop laergetrek en die Matebeles se aanval afgeslaan, maar hulle het al die vee van die Trekkers gebuit en weggevoer.

 

Intussen was die trek van Gerrit Maritz uit Graaff-Reinet  op pad na die noorde.  Hulle het by Thaba Nchu by Potgieter s’n aangesluit.  Die Trekkers het vir Maritz daar as president en regter gekies en vir Potgieter as “legerkommandant.”  Die twee leiers het saam ‘n straftog teen Silkaats beplan en hom in Januarie 1837 uit sy Mosega-vesting naby Zeerust gaan verdryf.

 

Piet Retief se trek het teen die einde van Maart 1837 ook hier by Thaba Nchu aangekom.  Daar was teen die najaar en die winter van 1837 ongeveer 5 000 siele bymekaar, waarvan ongeveer 1 500 weerbare manne was. Hier is Retief as goewerneur van die Trekkers gekies en Maritz as voorsitter en landdros.  Potgieter is oor die hoof gesien.

 

Die Trekkers het besluit om almal saam oor die Drakensberg na Natal te trek en hulle daar te vestig.  Langs die pad het daar op 14 Augustus 1837 nog ‘n trek van 170 persone onder Piet Uys by hulle aangesluit.  Uys was ‘n korrelkop wat nie onder die gesag van die ander leiers wou buig nie, maar hy het saam getrek Natal toe.

Toe die Trekkers die berg oor is, het hulle in die Tugela-vallei gaan wag, onderwyl Retief met Dingaan gaan onderhandel het.  Potgieter en Uys het met ‘n kommando na Transvaal teruggekeer en vir Silkaats ‘n tweede keer gaan aanval en hom in ‘n negedaagse slag in sy Kapain-vesting naby Enselsberg in Marico, verpletterend verslaan.  Silkaats het oor die Limpopo gevlug.  Andries Pretorius, wat uit die Kolonie die Trekkers kom besoek het, was as waarnemer by hierdie slag teenwoordig.

 

Potgieter en Uys is daarna met hul manne terug na Natal.  Retief het gereed gemaak om op sy tweede sending na Dingaan te vertrek, waar hy met 67 man en 4 seuns en 30 agterryers op 6 Februarie 1838 by Ungungundlovu wreed vermoor is.  In ‘n verrassingsaanval het die Zoeloes in die nag van 16 Februarie die laers by Bloukrans en Boesmansrivier tot aan die Rensburgspruit, bekruip en 40 mans, 56 vroue, 185 kinders en 250 bediendes vermoor.

 

Die Trekkers het ‘n strafkommando onder Potgieter en Uys gestuur om die vyand aan te durf.  Die twee leiers sou elkeen sy eie manne aanvoer.  Op pad na die tiran se hoofstad is Uys se afdeling by Italeni in ‘n lokval gelei.  Potgieter het vir hulle ‘n pad oopgeskiet om te ontvlug, maar Piet Uys en Dirkie Uys en 10 manne het gesneuwel.  Ses dae later het ‘n klompie Engelse wat by Port Natal gewoon het, saam met ‘n impi mak Zoeloe-volgelinge, Dingaan se hordes aan die Tugela aangeval en in ‘n daglange verwoede geveg ook die onderspit gedelf, met verlies van meer as 1 000 van hulle Zoeloe-krygers en 13 Blankes wat gesneuwel het.

 

Die ontstelde en moedelose Trekkers het vir Potgieter die skuld gegee vir die mislukte veldtog teen die Zoeloes.  ‘n Paar dae later is hy met 160 man, hul families en vee weer terug oor die Drakensberg.  Daarna was die Trekkers feitlik leierloos, want Maritz en Celliers was nie invloedryk genoeg nie.  Hulle het na Andries Pretorius in Graaff-Reinet gestuur om sy hulp in te roep.

 

Onderwyl hulle vir Pretorius gewag het, het die Zoeloes weer toegesak op die voorste laer aan die Boesmansrivier, maar kommandant Hans de Lange het hulle aanval in ‘n driedaagse slag afgeslaan.

 

Andries Pretorius het op 22 November by die laer aan
die Klein Tugela aangekom en voorbereidings getref vir die straftog teen Dingaan.  Op Sondag 9 Desember was hy en sy veglaer reeds by Wasbank, waar die gelofte afgelê is.  ‘n Week later het die roemryke slag van Bloedrivier plaasgevind en kort daarna is Dingaan se mag heeltemal verpletter.  Uiteindelik kon die Trekkers begin reëlings tref vir hulle permanente verblyf, Potgieter in die Noord-Vrystaat en Transvaal en Pretorius-hulle in Natal.

 

Die Engelse spook het saamgetrek Natal toe
Toe Piet Retief sy eerste sending na Dingaan onderneem het, was daar in Port Natal ‘n Engelse seekaptein, Gardiner, wat in 1835 by  Dingaan aangekom het met die storie dat hy hom onder die Zoeloes as sendeling wil vestig.  Nadat hy Dingaan se vertroue deur allerhande twyfelagtige handelinge gewen het, het hy vir eerwaarde Owen in Engeland gaan haal en hom naby Dingaan se kraal gevestig.  Daarna is Gardiner na Port Natal, waar hy voorgegee het dat hy ‘n magistraat is.  Hy het teen die sin van die klompie Engelse wat daar by die kus gewoon het, oor hulle begin baasspeel.  Hulle het vir hom gesê die grond in die baai behoort nie aan Engeland nie. Hulle het dit van Dingaan se voorganger, Tsjaka, gekry.

 

Gardiner het sy invloed by Dingaan bly behou.  Hy het hom wysgemaak dat die Trekkers wat besig was om Natal binne te kom, misdadigers is wat van die Britse koning af wegloop om straf te ontduik.  Sulke drosters is mos strafbaar met die dood.  Dit het in die barbaar se gemoed vasgesteek.

 

Owen, die sendeling wat Gardiner by Dingaanstat gaan plant het, het vir Retief tydens sy eerste besoek aan Dingaan gesê dat die grond wat Retief van die Zoeloe-koning wou vra, alreeds aan die Engelse afgestaan is.  Dit was ‘n leuen om die Trekkerleier te ontmoedig.  Met Retief se tweede besoek aan Dingaan het hierdie Owen baie goed geweet dat die tiran van plan was om die Trekkers te vermoor, maar hy het nie ‘n vinger verroer om hulle te waarsku nie.

 

Toe Pretorius na die slag van Bloedrivier in Port Natal aankom, moes hy ontdek dat ‘n sekere Samuel Charters intussen die Engelse vlag daar kom plant het.  Hy is gestuur deur die arrogante Kaapse goewerneur Napier, wat gedurende sy bewind geen goeie woord ooit vir die
Trekkers gehad het nie en hulle wou laat verstaan dat hulle nooit iets anders as minderwaardige Britse onderdane sou wees nie.  Charters het van Pretorius geëis om die verdere agtervolging van die Zoeloes onmiddellik te staak!

 

Napier was ‘n bietjie te oorhaastig om Natal toe al vir Engeland in te palm, want hy het sonder die toestemming van die Britse regering gehandel.  Charters is voor die einde van 1839 weer teruggeroep.  Die Trekkers het in 1840 die Republiek van Natal geproklameer en gedink dat hulle nou van die Engelse onslae is, maar dit was nie so nie.  Hulle swart bondgenote het eerste toegeslaan.  Die Bakastam op die suidgrens van die Republiek het kom vee steel en is daaroor gestraf.  Sy buurman, Fakoe en die Pondo’s, was net sulke groot veediewe.  Fakoe skrik toe groot en vra vir Napier beskerming teen die wrede Boere.  Napier het nie op hom laat wag nie.  Hy het dadelik ‘n afdeling troepe na Pondoland gestuur.

 

Die Natalse Volksraad het ‘n versoek tot hom gerig dat hy as verteenwoordiger van die Britse regering die staatkundige selfstandigheid van die nuwe Afrikanerstaat moet erken.  Napier was moedswillig nie haastig om te reageer nie, maar hy het naderhand in 1841 nader besonderhede gevra voordat hy sou besluit.  Daarop het die Volksraad sy versoek om erkenning van sy onafhanklikheid dringend herhaal.  Napier het nou skielik geweier om te onderhandel, tensy die Trekkers eers erken dat hulle Britse onderdane is en bereid is om die gesag van die Britse regering te gehoorsaam.  Eers ‘n jaar daarna het hy aan hulle laat weet dat die Engelse regering weier om hul onafhanklikheid te erken.  Die Volksraad wou egter nie berus nie en het in Desember 1841 weer aangedring om erkenning van sy politieke vryheid, waarna Napier dit weer ontken het.  Hy het gedreig om Port Natal weer met ‘n militêre mag te laat beset.

 

Die Engelse regering was op hierdie stadium half onwillig om sy oorsese gebiede nog verder uit te brei, maar Napier het geweet watter snaar hy moet tokkel om sy sin te kry.  Hy het vir hulle ‘n vals deuntjie begin sing op die wysie van “O hoe wreed word die arme Swartes nie deur die Boere verdruk nie!”  Sulke stories het die Engelse regering altyd graag geglo.  Hulle het toegestem dat Napier die Republiek vir Engeland annekseer.  Hy het sy proklamasie op 2 Desember 1841 uitgevaardig en kaptein Smith vanaf Pondoland met ‘n troepemag van 300 na Port Natal gestuur.  Smith het op 4 Mei 1842 die hawe beset.

 

Die Trekkers wou hul duurgekoopte onafhanklikheid nie sonder slag of stoot prysgee en weer onder die onregverdige Britse verdrukking buk nie. Andries Pretorius het besef dat daar min hoop vir die handjievol Afrikaners was om die magtige Engeland te verslaan en uit Natal te verdryf, maar hy het ‘n moedige poging aangewend om met sy klein militêre mag vir Smith en sy troepe te beleër.  Die Engelse aanvoerder het in die nag van 23 Mei by Congella ‘n aanval op Pretorius se beleëringsmag gemaak in ‘n poging om uit te breek, maar dit het hom duur te staan gekom.  Hy het die Boere se militêre weerbaarheid onderskat want hy is teruggslaan met ‘n verlies van 17 man dood, 31 gewond, 3 vermis en twee van sy kanonne het in die hande van die Boere geval.

 

Daar is voortgegaan om Smith te beleër.  Een van sy manne, Dick King, het in die nag ontsnap en seshonderd myl in ses dae na Grahamstad afgelê om hulp te gaan soek.  Op 26 Junie het ‘n groot vloottaakmag van 800 soldate uit die Kaap in die hawe geland en met hulle skeepskanonne se gebulder vir Smith ontset.  Pretorius moes toe maar met sy handjievol Boere en hulle verouderde voorlaaiergewere die wyk neem voor die getalsterke vyand met hul moderne wapentuig.

 

Die Engelse ontsettingsmag is aangevoer deur ‘n verengelste kolonialer, luitenant-kolonel A J Cloete.  Hy het onmiddellik begin om ‘n soort militêre regering oor die Trekkers toe te pas en die tradisionele swart bondgenote van die  Engelse in te span om die lewens van die Trekkers te vergal.  Panda, wat vroeër die Trekkers goedgesind was en deur die Trekkers as koning van die Zoeloes aangestel is, het nou skielik pro-Brits geword.  Sy bendes het begin om die hele Natal te oorstroom en Cloete het hulle opdrag gegee om die Boere se vee te gaan roof en dit na die Engelse kamp te bring.  Hy sou hulle daarvoor vergoed.

 

Pretorius moes die stryd opgee en sy manne huis toe stuur om hul gesinne te gaan beskerm teen die swart plaag wat hulle skielik weer bedreig het.  Drie ou mans is koelbloedig vermoor deur Cloete se “vreedsame” rowers en vroue en kinders is mishandel.  Die toestand het baie gou in ‘n orgie van amptelike moord, roof en verkragting ontaard, waarmee die Engelse en hierdie verengelste Cloete die Afrikaners tot oorgawe wou bring.  Die Volksraad het geen ander keuse gehad as om op 12 Mei 1843 ‘n akte van oorgawe te teken nie.  Natal het ‘n Britse kolonie geword.

 

Cloete is terug Kaap toe.  In sy plek is sy verengelste broer, Henry Cloete, na Natal gestuur as gevolmagtigde van die Britse regering om die nuwe gebied te administreer.  ‘n Aantal vroue, onder leiding van die vrou van Erasmus Smit, het vir Cloete ‘n benoude tydjie besorg.  Hulle het hom as ‘t ware in sy kantoor gaan omsingel en vir hom gesê dat hulle hul nooit aan Britse gesag sou onderwerp nie en as hulle verset daarteen tevergeefs is, sal hulle liewers kaalvoet oor die Drakenberg terugstap na vryheid, as om onder Britse bestuur in Natal te bly.  Hulle het vir hom gesê hulle wagwoord is “Die Vryheid of die Dood.”  Maar Natal was vir die Trekkers verlore.

 


Die Engelse spook trek Vrystaat toe
Onmiddellik na die anneksasie van Natal deur die Engelse in 1843 het die uittog van die Trekkers na die Vrystaat en Transvaal begin, want skielik het hulle in hul gewese Republiek al die ellende en beproewings begin beleef wat hulle sewe jaar vantevore aan die Kaapse oosgrens gely het.  Teen die einde van 1843 was daar skaars nog 500 Trekkergesinne in Natal oor.  Andries Pretorius het op sy plaas Welverdiend by Pietermaritzburg bly woon en probeer om in die bres te tree vir sy mense by die nuwe Engelse outoriteite.  Hy kon natuurlik geen hond haaraf maak nie.  Hy het selfs Kaap toe gegaan om te gaan kla, maar die goewerneur het geweier om hom te woord te staan.  Toe dit naderhand onhoudbaar word weens die toestroming van al die swart roof- en moordbendes, het Pretorius die Trekkers wat daar nog was, bymekaar gemaak en in ‘n trek na die Vrystaat beweeg.

 

Aan die begin van 1848 het hulle in laers aan die Tugela gestaan.  Die nuwe Kaapse goewerneur, sir Harry Smith, het hulle daar besoek en hulle probeer oorreed om in Natal te bly.  Skielik was hulle nou vir die Engelse owerheid waardevolle inwoners van Natal.

 

Nie een is terug nie.  Pretorius self het ‘n plaas bekom in Transvaal aan die Magaliesberg by Hartebeespoort.  Baie van die Natalse Trekkers het hulle ook in Transvaal by Potchefstroom en Rustenburg gevestig en die ander is na die noordelike deel van die Vrystaat, waar Potgieter Winburg aangelê het, tussen die Vet- en die Vaalrivier.

 

Toe die Natalse Trekkers in die Vrystaat aankom, was die Engelse spook al ‘n geruime tyd besig om daar amok te maak.  Vanaf die Oranje- tot aan die Vaalrivier het daar op hierdie stadium verskeie groepe mense gewoon.  Die Afrikaner-Trekkers, onder leiding van Jan Mocke en Jan Kock, het in die Republiek Winburg gewoon.  Dit is die gebied wat Hendrik Potgieter gekoop het van die Batuang-kaptein, geleë tussen die Vet- en die Vaalrivier.  Die gebied suid van die Vetrivier tot aan die Oranje, genoem Transoranje, is deur verskeie groepe mense bewoon.  In die suid-westelike deel daarvan was die basterkaptein, Adam Kok, met sy Griekwas by Philippolis.  In die oostelike bergstreek was die geslepe Mosjes met sy Basoeto’s.  In die suidelike deel tot aan die Oranje was daar hier en daar nog Afrikaner-Trekkers wat nie Winburg toe is nie, maar tussen hulle het ‘n klompie gewone trekboere gewoon wat nie Voortrekkers was nie en tussen hulle was daar ‘n groep Engelse wat ook al oor die Oranje getrek het en hulle daar gevestig het.  Hulle leier was ‘n verengelste Michiel Oberholzer.

 

Hierdie Engelse het hul owerheid gesmeek om die Vrystaatse gebied vir Engeland te annekseer.   Die Britse owerheid was egter nog nie bereid om dit te doen nie,  maar hulle het al die inwoners van Transoranje duidelik laat verstaan dat hulle almal Britse onderdane is, alhoewel hulle nie op Britse grondgebied woon nie, want waar hulle ook al gaan, bly hulle onder jurisdiksie van die Cape of Good Hope Punishment Act.

 

Om die Afrikaner-Trekkers in Winburg en ook almal in Transoranje se lewens te vergal, het die Kaapse goewerneur Napier ‘n nuwe ding uitgedink en met goedkeuring van sy owerheid toegepas.  Hy het verdrae gesluit met hulle twee bondgenote in Transoranje, Adam Kok en Mosjes en hulle aangestel om oor die Afrikaners wat in hulle gebied gewoon het, baas te speel.

 

In die verdrae is Kok en Mosjes gevlei as getroue vriende en bondgenote.  Hulle moet die orde in hul gebiede handhaaf en misdadigers uitlewer en die Kaap waarsku as daar enige vyandelikhede teen die Kolonie uitbreek.  Kok kry daarvoor wapens en ammunisie en R200 per jaar.  Mosjes kry R150 òf wapens en ammunisie. (R200 of £100 was daardie tyd baie geld).

 

Kok se verdrag het feitlik die onafhanklikheid van die Griekwas erken en hy kon nou namens die Engelse oor die Afrikaners baasspeel. Dit het die sendelinge groot vreugde verskaf om te sien dat Afrikaners nou die onderdane van die Hottentotte word. Hy het sy pasverkreë gesag ook probeer handhaaf deur hulle te hiet en te gebied en selfs te laat arresteer en vir vermeende misdrywe hof toe te sleep.  Dit kon die Winburgers nie sluk nie. Jan Mocke het ‘n klein kommando op die been gekry en noord van Philippolis laergetrek.  ‘n Engelse mag het hom daar ná ‘n paar skermutselings verdryf.  Kort daarna is daar in 1846 ‘n Britse “resident”, Warden, met ‘n militêre mag in Bloemfontein geplaas.

 

Dit was dus duidelik dat die Engelse vas van plan was om die hele Vrystaatse gebied te annekseer.  Die Kaapse goewerneur, sir Harry Smith, het vir Andries Pretorius gesê die meeste inwoners van die Vrystaat is ten gunste van Britse anneksasie van die gebied.  Hierdie onsin wou hy aan die Voortrekkerleier wysmaak toe Pretorius in 1847 met die laaste Voortrekkers wat Natal verlaat het, reeds in laers aan die Tugela gestaan het, op pad na die Vrystaat en Transvaal. Pretorius het vir hom gesê die Afrikaners gaan vir hul vryheid veg of verder noordwaarts trek as die Engelse grypsug die Vrystaat ook gaan inpalm.  Smith het ingestem om met sy anneksasie te wag totdat Pretorius bewys lewer dat die Vrystaters teen die anneksasie gekant is. Pretorius het vyftien vergaderings in Transoranje en die Winburggebied gehou, waar almal voor die voet teen die voorgenome anneksasie gekant was.  Goewerneur Harry Smith het egter nie op die uitslag gewag nie, maar op 3 Februarie 1848 die hele Vrystaatse gebied, vanaf die Oranje tot aan die Vaal, vir Engeland geannekseer onder die  naam Orange River Sovereignty.

 

Teen hierdie tyd het die Afrikaners al deeglik besef dat die Engelse waarskynlik aan ‘n onversadigbare psigopatiese behoefte en drang gely het om hulle tot aan die eindes van die aarde te vervolg en heeltemal te verdelg.  Nie aan die oosgrens, nie in Natal en nie in die Vrystaat is daar aan hulle enigsins die geringste bestaansreg gegun nie.  Maar hulle het nie sonder slag of stoot gaan lê nie.

 

Met die anneksasie van die Vrystaat vir Engeland, het die onrus in hierdie geteisterde gebied toegeneem, want op enige plek op aarde waar die lang-arm van die Engelse verskyn het, het rus en vrede verdwyn en warboel en chaos en opstand gevolg.  Die eerste daarvan het in Winburg  plaasgevind, waar die Afrikaner-landdros Jacobs, deur ‘n Engelse magistraat Biddulph, vervang is.  Die Winburgers het hom ‘n maand lank verdra en toe aangesê om die dorp te verlaat.  Hulle het herhaaldelik boodskappe aan Pretorius gestuur om hulle te kom help om die Engelse juk af te gooi.

 

Pretorius het aan hulle versoek gehoor gegee.  Hy het sy plaas by die Magaliesberg verlaat en so ver as wat hy gegaan het, manskappe versamel om teen Smith op te tree.  Sir Harry het van sy koms verneem en ‘n prys van £1 000 op sy kop gesit as beloning vir die persoon wat vir Pretorius gevange neem.  Smith het dadelik met ‘n sterk mag van 850 man na Winburg opgeruk.  Sy geledere is langs die pad versterk met nog 250 berede Griekwas wat by hom aangesluit het.  Pretorius het hulle by Boomplaas ingewag met ongeveer 750 man.

 

Die botsing het op 29 Augustus 1848 plaasgevind.  Na ‘n kort maar warm geveg het Pretorius sy kommando opgebreek en die slagveld ontruim.  Voorlaaiers kan nie teen kanonne standhou nie.

 

Vir sir Harry Smith was hierdie manne nie Afrikaners wat vasberade vir hul vryheid geveg het nie, maar slegs ‘n klompie rebelle wat teen die wettige gesag wat oor hulle gestel is, in opstand gekom het.  Daarom moes hulle ‘n les geleer word.  Hy het die prys op Pretorius se kop verdubbel na £2 000 en ‘n jong seun, Thomas Dreyer, wat tydens die slag krygsgevange geneem is, voor ‘n vuurpeleton tereggestel.

 

Op hierdie stadium het al die teleurstellings die Afrikanervolkie se vryheidsvlam maar laag laat brand.  Daar het ‘n vlaag van neerslagtigheid oor hulle toegesak, want alles waarvoor hulle gely en gestry het, was of verlore of ernstig bedreig.  Die Engelse het hulself openbaar as die enigste volk ter wêreld wat die reg het om te vat net wat hulle wil hê en enige middel te mag gebruik om dit te bekom, terwyl hulle probeer om hul misdade met ‘n vals morele kleed te bedek.

 

Transvaal word die laaste toevlugsoord
Die Engelse spook het in 1848 nog nie ‘n poging aangewend om sy kloue noord van die Vaal in te slaan nie.  Uiteindelik het hierdie wilde, ongetemde binneland die enigste heenkome gebied aan die uiters verarmde Afrikaners, wat nog baie jare nodig sou hê om te herstel van al die verliese wat hulle gedurende die Trek gely het.

 

Hendrik Potgieter het probeer om net so ver van die Engelse af weg te kom as moontlik.  Hy het geglo dat waar die see is, sal die Engelse ook wees.  Daarom wou hy nie Natal toe trek nie, maar het verkies om die binneland vir die Trekkers te beveilig en mak te maak vanaf die Vetrivier tot aan die Limpopo en die Trekker-republiek daarop te vestig.  Nadat hy met die Matebele-gevaar afgereken het, is Winburg aangelê en in 1839 ook Potchefstroom.  Daarna het die Trekkers hulle ook in die omgewing van die Magaliesberg by Rustenburg gevestig.  Potgieter het egter die noodsaaklikheid van die bekombaarheid van ‘n hawe besef, waar hulle sou kon handeldryf met die buitewêreld en sy oë gewend na die Portugese hawe in Delagoabaai.

 

En de koffieboom groeid aldaar in het wild
Die lotgevalle van die Trekkers is vanaf 1845 tot ongeveer 1852 beïnvloed deur ‘n paar persone in Nederland, wat die welsyn van hulle verafgeleë afstammelinge wou bevorder. ‘n Sekere professor UG Lauts het baie belang gestel in die wel en weë van die Voortrekkers.  Sy boek, De Kaapsche Landverhuizers of Neerlands Afstammelingen in Zuid-Afrika, het die Hollanders op hoogte gebring met wat in Suid-Afrika plaasgevind het tydens die Groot Trek.  Om die Hollanders aan te moedig om na Suid-Afrika te emigreer en die dapper Trekkers se geledere te kom versterk, het professor Lauts allerlei mooi dinge van hulle gesê en ‘n aantreklike prentjie van die land geskilder.  Hy het onder andere beweer dat koffiebome hier sommer wild groei.  Waarskynlik het hy gehoor dat die Trekkers hul eie koffie maak, wat natuurlik so was, want hulle het die wortels van die witgatboom gedroog, gestamp, gemaal en gebrand en as plaasvervanger vir egte koffie gebruik.

 

Deur professor Lauts se bemiddeling is geld ingesamel om in die Trekkers se behoeftes te help voorsien.  Hy het groot steun ontvang van ‘n groot handelsfirma, Ohrig, Klein & Kie, wat in 1842 ‘n skip, die Brazilië, uitgerus het en met hulle kantoorkneg, J A Smellekamp, gestuur is om met die Trekkers in Port Natal te kom handel dryf.  Die skip se teenwoordigheid in die hawe het die anneksasie van die Republiek in 1843 verhaas, omdat dit vir die Engelse ‘n doring in die vlees was om ‘n Hollandse skip in die hawe van Port Natal te sien.

 

Na 1843 kon die Trekkers nie meer op die Natalse hawe vir handelsdoeleindes reken nie want dit was in Engelse besit.  Daarom het Potgieter daardie jaar met ‘n kommissie na Delagoabaai gegaan om met die Portugese te gaan reëlings tref.  Hulle ontmoet toe daar ‘n predikant, ds Ham, wat bestem was om die Trekkers geestelik te kom versorg.  Ds Ham is deur Smellekamp daar afgelaai toe hy ‘n tweede keer deur die Trekkers se Hollandse vriende gestuur is om met hulle te kom handel dryf.  Hy het eers Port Natal aangedoen, want hy het nie geweet die hawe is nie meer in die Trekkers se besit nie.  Die Engelse wou hom nie daar toelaat nie en daarom het hy na Delagoabaai geseil en vir ds en mev Ham daar afgelaai, met die hoop dat hulle op een of ander wyse die Trekkers in die binneland sou bereik.  Hy het ook vir hulle ‘n onderwyser gebring, ene Martineau, maar hy is op see oorlede.  Daarna het Smellekamp na Batavia vertrek.

 

Mev Ham is kort na hulle aankoms in die baai met haar bevalling saam met die baba wat gebore is, oorlede en ds Ham het Malaria opgedoen.  Onder hierdie treurige omstandighede het hy nie meer kans gesien om saam met Potgieter-hulle te gaan nie en wou hy maar liewer na sy vaderland terugkeer.

 

Potgieter en die Transvaalse Trekkers was nou vol moed oor die moontlikheid om handelsbetrekkinge met die buiteland te bewerkstellig deur van die Portugese hawe in Delagoabaai gebruik te maak.  Daarom was hy al weer in die winter van 1844 met 80 Winburgers en Potchefstromers met ossewaens en gedeeltelik te perd op die lang ongebaande pad na Delagoabaai.  Toe hulle uiteindelik die berg oor is en na die seevlakte begin afdaal, moes hulle weens die moeilike terrein die waens onder die sorg van die helfte van die geselskap agterlaat en die tog verder te perd voortsit.

 

Hulle was verras om vir Smellekamp in die baai aan te tref, pas terug van Batavia, voordat hy na Holland sou terugkeer.  Smellekamp het vir Potgieter aangeraai om hom met sy Trekkers tot net noord van die 26e graad suiderbreedte, buite die Engelse invloedsfeer en nader aan die Portugese hawe te vestig.  Die Portugese goewerneur was daarmee eens.  Sodoende sou ‘n gereelde handel met Holland en ander lande tot stand kom.  Potgieter het besluit om dit te doen.  Hulle het met nuwe moed die lang terugreis aanvaar.

 

Toe hulle die stroom bereik waar hulle die walaer twee maande tevore agtergelaat het, was dit weg.  Potgieter sou met sy ruiters net ‘n maand wegbly en toe dit naderhand twee maande word, het hulle gedink dat almal omgekom het.  Hulle het die rivier waar hulle gelaer was, die naam Treurrivier gegee en in ‘n treurige stemming die terugreis aanvaar.  Maar hulle was nouliks by die volgende rivier, toe die perdekommando van die baai af terug hulle inhaal.  Hulle het hierdie rivier toe die naam Blyderivier gegee.

 

Tsetsevlieë en Malaria
Potgieter het in 1845 uitvoering gegee aan die besluit om nader aan die Portugese hawe te trek.  ‘n Groot deel van die Trekkers uit Potchefstroom en die Magaliesbergstreek het saam met hom verhuis.  Hulle het die nedersetting waar hulle hul in Oos-Transvaal gevestig het, Ohrigstad genoem, ter ere van Georg Ohrig, die Hollandse mede-eienaar van die handelsmaatskappy wat vir Smellekamp as opperstuurman met die skip, die Brazilië, na Port Natal gestuur het.

 

Die Trekkers se verwagting oor handeldryf met Holland en die buiteland was ydele hoop.  Die roete wat hulle vanaf Ohrigstad na die baai met hul ossewaens moes aflê, was plek-plek met tsetsevlieë besmet, wat hulle osse by hope laat vrek het.  Hul besoeke aan die baai het nooit saamgeval met Smellekamp se aankoms nie.  Hy het in 1848 daarin geslaag om weer met ‘n skip, die Amino, die Portugese hawe te besoek, met handelsware wat vir die Trekkers bestem was, maar die Portugese se vriendelikheid het intussen opgedroog, want hulle wou hom nie laat land nie omdat hy nie onder Portugese vlag geseil het nie.  Hy het vroeg in 1851 ‘n laaste poging aangewend om die Trekkers te bereik, toe hy weer in die baai aangekom het met die Portugese skip, die Vasco da Gama.

 

Die artikels wat die Trekkers baai toe geneem het, was swak op prys en dié wat Smellekamp gebring het, was peperduur.  Daarby het die Portugese owerheid skielik ‘n afsydige en onsimpatieke houding teenoor die Trekkers ingeneem.  Die oorsaak daarvan was weer die Engelse spook, wat die Portugese gaan bedreig het omdat hulle die Trekkers aanvanklik goedgesind was.

 

Die nedersetting te Ohrigstad het misluk.  Daar was spoedig onenigheid tussen die twee groepe wat daar gevorm het; dit is die aanhangers van die Volksraadparty en dié van die Potgieterparty.  Kommandant Potgieter het toe in 1848 met sy volgelinge noordwaarts getrek en Soutpansbergdorp gaan aanlê.  Ohrigstad was so ‘n ongesonde streek weens die Malaria, wat baie lewens geëis het, dat die Volkraadparty ook noodgedwonge in 1849  moes verhuis na ‘n gesonder hoërliggende terrein, waar hulle toe die dorp Lydenburg aangelê het.

 


Die tweedrag-spook maak sy verskyning
Na die slag van Boomplaas het Andries Pretorius ontmoedig na sy plaas by Magaliesberg teruggekeer.  Die Afrikaner-trekkers noord van die Vaalrivier het nou in ylverspreide groepe vanaf Potchefstroom, Magaliesberg-Rustenburg, Ohrigstad-Lydenburg en Soutpansberg-Schoemansdal gewoon.  Dan was daar natuurlik ook die Winburgers in die Noord-Vrystaat en die Afrikaners in die suidelike deel van die Oranjerivier-Soewereiniteit.  Op hierdie stadium het eenheid onder die Afrikaner-trekkers totaal ontbreek.

 

Toe Hendrik Potgieter hoor dat Andries Pretorius die Engelse by Boomplaas gepak het, het hy hom dit baie kwalik geneem, want hy was bang Pretorius maak slapende honde wakker, sodat die Engelse ook die gebied noord van die Vaal kom annekseer.  Daarom het  Potgieter homself met sy volgelinge by die Soutpansberg geïsoleer.  Die Volksraadparty het hulleself afgeskei van die res  en Lydenburg beskou as die hoofstad van die Voortrekker-republiek wat tot stand moes kom.

 

Smellekamp het in 1848 tydens sy besoek aan die Portugese hawe in Delagoabaai met die skip die Amino, daar ‘n sekere H T Bührmann afgelaai.  Smellekamp het hierdie Bührmann, ‘n kantoorkneg van Amsterdam, aanbeveel as skoolmeester vir die Trekkers te Ohrigstad, maar Bührmann het voorgegee dat hy namens Smellekamp kom om arbiter te speel tussen die strydende groepe.

 

Bührmann het weens sy “versoeningspogings” naderhand oorhoops gelê met al die leiers.  Hy het die volksraad van Lydenburg se teenkanting verder aangeblaas, vir Potgieter beskinder en vir Pretorius sleggemaak, totdat Potgieter naderhand in Desember 1849 vir Pretorius geskryf het:  “Waarom moet ons ons nog langer van ‘n dolsinnige Hollander aan die neus laat lei en so baie beledigings van hom verduur?”

 

Uiteindelik ‘n stukkie vryheid!
Maar intussen was Pretorius nog nie klaar met die Engelse nie.  Dié se groot boesemvriend, Mosjes, met wie hulle ‘n vriendskapsverdrag gesluit het, het begin om roof- en moordtogte buite sy Thaba Bosigo-gebied te pleeg.  Al die inwoners van die Oranjerivier-Soewereiniteit het swaar daaronder begin ly.

 

Die Britse resident in Bloemfontein, majoor Warden, was verplig om met sy garnisoen teen die Basoeto’s van Mosjes, hulle oogappel, op te trek.  Hy wou hê die Afrikaners moes hom help, maar hulle het geweier en hy moes maar self die kastaiings wat die Engelse in die vuur gegooi het, uitkrap.  Hy het in die slag by Viervoet ‘n reuse nederlaag gely en moes in alleryl Bloemfontein toe vlug.  Die Kaapse goewerneur Cathcart het hom dadelik met 2 500 man na die Orangeriver Sovereignty gehaas en met Mosjes gaan onderhandel.  Toe dit nie help nie, het hy tot die aanval oorgegaan, maar by Bereaberg is die Britse mag weer verslaan.  Die geslepe Mosjes het egter gemaak of hy die neerlaag gely het en om vrede gesmeek en vir Cathcart met ‘n slapriem gevang.  Die Basoeto-probleem het in volle blom gestaan en die Engelse het nie geweet hoe om dit op te los nie.

 

Die Engelse se jarelange grypsug en verowering van nuwe gebiede in Suid-Afrika en oor die hele wêreld en die ontwikkeling en administrasie daarvan, het baie geld gekos, wat die Britse skatkis by tye moeilik kon dra.  So ‘n tyd het aangebreek onderwyl Mosjes hulle soveel moeilikheid besorg het.  Die minister van kolonies het vir Cathcart laat weet hy moet hom aan die gebied noord van die Oranje onttrek.

 

Andries Pretorius was intussen gereed om weer die Afrikaners in die Soewereiniteit te hulp te snel met hulle Basoeto-probleme, wat vir die Engelse een te veel was.  Hy het agtergekom dat daar ‘n kentering besig was om plaas te vind in die Engelse koloniale beleid en het toe sy kans waargeneem om met die toegeeflike outoriteite te onderhandel oor onafhanklikheid van die Afrikaners noord van die Vaalrivier.  So is Transvaal se onafhanklikheid deur die Engelse op 16 Januarie 1852 met die Sandrivierse Konvensie erken.

 

Dit het die Afrikaners suid van die Vaalrivier aangespoor om self vir die herstel van hul verlore vryheid te agiteer, ten spyte van verbete teenstand van die klompie Engelse wat in die suide gewoon het.  Die Britse owerheid was nie lus vir verdere uitbreiding nie en het in 1854 die hele Vrystaat onafhanklik verklaar deur die Bloemfonteinse Konvensie.

 

So is ‘n vryburger-, Voortrekker- en Afrikanerdroom en strewe 200 jaar nadat Jan van Riebeeck die volksplanting aan die Kaap begin het, verwesenlik.  Dit is ‘n wonder.  Nêrens het daar onder die volkerery nog so iets plaasgevind nie.  Twee honderd jaar lank was hulle onderhewig aan verontregting, onderdrukking en pogings tot uitwissing, maar dit kon hulle nie onderkry of hulle nasionale bewussyn vernietig nie.

 

Die Suid-Afrikaanse Republiek
draf rond in sy kinderskoene
Die Afrikaners wat in 1852 noord van die Vaalrivier gewoon het, was soos reeds aangetoon is, maar baie yl versprei.  Daarby was hulle leierloos.  Andries Pretorius en Hendrik Potgieter is albei in 1852 oorlede.  Die mantel van hul leierskap het op hul seuns geval.  Piet Potgieter is in 1854 dood en Marthinus Wessel Pretorius was nie opgewasse vir die taak wat op sy skouers gerus het nie, alhoewel hy die saak van die jong Republiek met ywer en toewyding gedien het.

 

Die Afrikanerbevolking noord van die Vaal was yl versprei, vanaf die Mooirivier en die omgewing van die Magaliesberg, tot by die ondersteuners van die Volksraadparty te Lydenburg en in Noord-Transvaal by die Soutpanberg, die getroue volgelinge van Hendrik Potgieter te Schoemansdal.  Na onafhanklikheidswording het onder hierdie groepe die eenheidsvernietigende verskynsel van twis en tweedrag uitgebreek, wat die Afrikanersaak by tye nou al anderhalfeeu lank benadeel.

 

Daar is vir die hele Republiek ‘n sentrale volksraad gekies, waaraan die Lydenburgers hulle nie wou onderwerp nie.  H T Bührmann het in Lydenburg gaan woon en saam met hulle die vuur teen die res van die Republiek gestook.


Op 16 Mei 1853 het daar ‘n predikant, ds Dirk van der Hoff, in Transvaal aangekom, deur bemiddeling van professor Lauts van Holland.  Bührmann en Lydenburg wou nie vir ds Van der Hoff as predikant aanvaar nie.  Hulle was ten gunste daarvan dat die Republiek se kerk by die Kaapse sinode ingelyf moes word.  Toe gebeur dit dat die nimlike J A Smellekamp aan die begin van 1854 uit Holland in Lydenburg aankom en vir ds Van der Hoff daar ontmoet.  Daar was onmiddellik onenigheid tussen die twee, want Smellekamp wou sonder bemiddeling van professor Lauts, ‘n predikant vir Lydenburg alleen kry.  Hy gaan toe ‘n rukkie daarna Rustenburg toe en loop daar en vertel dat ds Van der Hoff nie georden is nie en dat die hele kerkraad van Rustenburg godloënaars is. Die kerkraad het hom by die volksraad verkla.  Smellekamp het egter toe ontken dat hy gesê het dat ds Van der Hoff nie georden was nie.  Daarna het die kerkraad by die krygsraad gaan hulp soek.  Hulle het vir veldkornet Paul Kruger na die volksraad gestuur om te vra waarom die kerkraad nie na behore beskerm word nie.  Hulle eis dat ‘n vorige besluit uitgevoer moet word, naamlik dat ‘n persoon wat die kerk belaster, met 500 riksdaalders beboet moet word en by ‘n tweede oortreding verban moet word.

 

Smellekamp is toe beboet.  Daarna is hy na Potchefstroom, waar hy vir MW Pretorius as voorsitter van die krygsraad, gaan slegmaak het deur ‘n beledigende brief aan hom te skryf.  Die landdros van Potchefstroom het hom toe gelas om die Republiek te verlaat.



Die verskille en twis tussen Lydenburg en die res van die Republiek het naderhand so groot geword dat Lydenburg op 16 Desember 1856 in ‘n aparte republiek afgeskei het.  Maar MW Pretorius het weer die vriendskapsband aan hulle gereik sodat die verskille uit die weg geruim is en hulle weer met die Suid-Afrikaanse Republiek verenig is.

 

Daarmee was die geskarrel van onenigheid en twis nog gladnie hokgeslaan nie.  MW Pretorius, wat as president van die ZAR verkies is, was hoofsaaklik die oorsaak daarvan.  Hy wou graag hê dat die twee republieke, die Vrystaat en Transvaal, moes verenig en toe president Boshoff van die Vrystaat in 1859 bedank, neem Pretorius sewe maande verlof en gaan kuier so ‘n bietjie in die Vrystaat rond.  Die gevolg daarvan was dat die Vrystaatse volksraad hom toe as hulle volgende president kies.  Dit was strydig met die Bloemfonteinse en die Sandrivierse Konvensie.  Die Transvaalse volksraad kon dit nie toelaat nie en het hom gedwing om as president van Transvaal te bedank.  Hulle kies toe vir J Grobbelaar as waarnemende president in sy plek.  Maar toe was die gort gaar.  Stephanus Schoeman, die kommandant-generaal van Soutpansberg, was bitter ontevrede daaroor en kom toe met ‘n kommando vanaf Soutpansberg om vir Grobbelaar te kom verdryf, maar kommandant Paul Kruger het met ‘n kommando vanaf Rustenburg teen hom opgeruk.  Gelukkig het dit nie tot ‘n burgeroorlog ontwikkel nie, want MW Pretorius, wat weer hier in Transvaal rondgekuier het, het die struweling ontlont en as vredemaker opgetree.

 

Transvaal het in 1862 ‘n nuwe volksraad gekies, wat toe vir Willem van Rensburg as waarnemende staatspresident gekies het.  Schoeman was weer erg ontevrede.  Hy het sy burgers opgeroep en die nuwe dorp, Pretoria, binnegedring, maar Paul Kruger het hom verdryf en tot by Potchefstroom agtervolg.  Schoeman is die Vaalrivier oor en kom toe met ‘n versterkte leër uit die Vrystaat terug.  Gelukkig was MW Pretorius weer as bemiddelaar beskikbaar.  Hy het die twee partye omgehaal om die vyandelikhede te staak en op die uitslag van ‘n nuwe verkiesing te wag.  Die volksraad het weer vir Van Rensburg gekies en vir Paul Kruger as kommandant-generaal aangestel.  Maar hieroor was kommandant Viljoen van Marico só ontstoke dat hy met ‘n sterk leërmag na Pretoria opgeruk het.  Kruger se kommando was nie sterk genoeg om hom huistoe te dryf nie en na ‘n kort skermutseling ‘n endjie noord van Silkaatsnek, het        MW Pretorius weer as vredemaker en bemiddelaar opgetree.  Almal het besluit om tot ‘n volgende verkiesing te wag.  Dit het in 1864 plaasgevind, toe Pretorius self weer tot president van die ZAR gekies is en die broedertwis ‘n einde gekry het.

 

Help, die President wil my vermoor!
Soos reeds aangetoon, was die probleme wat die Engelse in die Oranjerivier-Soewereiniteit met Mosjes ondervind het, een van die hoof-oorsake  waarom hulle aan die Afrikaners van die Vrystaat deur die Bloemfonteinse Konvensie in 1854 onafhanklikheid gegee het.  Toe moes die arme klein Republiekie van die Oranje-Vrystaat maar self die mas opkom en sien hoe hy hierdie groot Basoeto-probleem oplos.

 

Die eerste president van die Vrystaat, Josias Hoffman, was ‘n vriend van Mosjes.  Hy het ‘n vaatjie kruit aan Mosjes present gegee, waaroor die volksraad so ontevrede was dat hy verplig was om te bedank.  Die volgende president wat die volksraad in 1855 gekies het, Jacobus Boshoff, het ‘n kommando teen Mosjes uitgestuur toe hy sy tande begin wys en sy rowerbendes die Boeregebied binnestroom.  Hulle is teruggedryf tot binne in hulle hoofvesting, Thaba Bosigo.  Die burgers het gemeen dat Mosjes nou genoeg straf weg het en die vyandelikhede gestaak, maar Mosjes het nog onaangetas in sy nes bly sit.

 

Hier het die Engelse weer hulle neus in Afrikanersake kom insteek.  Goewerneur George Grey van die Kaap het as bemiddelaar ‘n grenslyn tussen die Vrystaat en Basoetoland vasgestel  waardeur die Boere ongeveer 30 plase verloor het.  President Boshoff het in 1859 bedank en na sy plaas in Natal teruggekeer.

 

Daar het nou ‘n paar jaar lank ongunstige toestande in die jong Republiek geheers weens ‘n geldskaarste en ‘n kwaai droogte wat die land geteister het.  MW Pretorius se bemoeienis met die Vrystaat, tot hy weer in 1864 terug is na Transvaal, het onsekerheid en kommer gewek, want die Vrystaat was toe herderloos en die Basoeto-stelery het onverpoosd voortgegaan.  Hulle het al tot 30 kilometer verspreid aan die Vrystaat se kant van die grens gewoon.  Hulle het kastig nie meer geweet waar die lyn geloop het nie!

 

Onder hierdie omstandighede het Jan Brand die presidentskap van die Vrystaat aanvaar.  Die verantwoordelikheid het toe op sy skouers gerus om onder andere met die onoorwonne, geslepe Mosjes af te reken.  Brand het geëis dat die Basoeto’s die Vrystaatse grond moet verlaat en na hulle eie gebied terugtrek.  Slim Mosjes vra toe dat sy goeie vriend, goewerneur Wodehouse van die Kaap, moet kom wys waar die grenslyn loop.  Wonder bo wonder het Wodehouse die saak in 1864 in die guns van die Vrystaat beslis.

 

Die Basoeto’s het egter nie die Vrystaatse gebied ontruim nie.  Brand het toe aan die spits van ‘n kommando teen hulle uitgetrek en die besette Vrystaatse plase skoongevee.  Die Basoeto’s het die beskutting van Thaba Bosigo ingevlug, waar hulle baie moeilik oorrompel kon word.  Die Boere het huiswaarts gekeer.

 

Toe haal Mosjes weer sy “beroemde” streek uit waarmee hy goewerneur Cathcart vroeër so lekker geflous het.  Hy het ‘n dringende oproep om hulp aan die Kaapse goewerneur gerig..  Hy het letterlik moord en brand geskree:  “Brand wil my vermoor!  O, kom help ons tog en red ons tuine en ons lewens.  Môre sal dit te laat wees.  Dis nie ons skuld dat daar oorlog uitgebreek het nie.  Die President het my ingehardloop.  Hy het ‘n stuk van my mantel afgeskeur.  Nou wil hy hê ek moet die ongedierte wat daarop is in toom hou.  Ek stuur saam met die boodskapper ook ‘n jakkalskaros vir koningin Victoria.   Sê vir haar ek is die karos en die ongedierte is my volk.  Sê vir haar sy moet haar vlerke oopmaak dat ek en my volk daaronder kan inkruip.  Ek beskou my reeds as haar kind.”  Die stuk van sy mantel wat glo afgeskeur is, is die stuk grond wat die Vrystaat weer herower het.

 

Goewerneur Wodehouse het vir Mosjes baie jammer gekry en hom dadelik te hulp gesnel en voordat die Vrystaat hom die pak kon gee wat hy verdien het, het Wodehouse Basoetoland in Maart 1868 vir Engeland geannekseer en dit in 1871 finaal by die Kaapkolonie ingelyf.  Die Engelse grypsug en grondhonger, wat ‘n klein rukkie lank oënskynlik ‘n versadigingspunt bereik het met die toekenning van onafhanklikheid aan Transvaal en die Vrystaat, het weer ontwaak en sou spoedig weer net so erg soos in die verlede word.  Die groot Britse ryk het nie skaam gekry om sy onversadigbare uitbreidingsdrang met ‘n universele leuen te regverdig nie deur telkens voor te gee dat hy vir die inboorlinge, wat tog so onregverdig deur die Boere behandel word, in die bres moet tree.  In die proses wat volg, sluk hy dan sommer die lekker happie grondgebied ook in.

 

Die Vrystaat se diamante word geroof
Na die “oplossing” van die Basoeto-moeilikhede, wat volgens Wodehouse in almal se belang was, het die Engelse spook nou wakker geloop in die Vrystaat.  Sy volgende geleentheid om die Boere te veronreg het aangebreek met die ontdekking van diamante in 1867 en 1871 in Vrystaatse en Transvaalse gebied.

 

‘n Sekere Van Niekerk, wat by ene Jacobs gaan kuier het op sy plaas langs die Oranjerivier in die omgewing van Hopetown, het gesien dat een van die klippies waarmee die kinders gespeel het, nie ‘n gewone een was nie.  Dit was toe ‘n diamant.  Later het Van Niekerk by ‘n toordokter nog ‘n groot diamant van 83 karaat vir beeste geruil.  Dit is “Die Ster van Suid-Afrika.”

 

Dit het geblyk dat die gebied tussen die Vaal- en die Hartsrivier, wat Transvaalse grond was, ryk was aan spoeldiamante.  Maar die rykste vondste is in die weste van die Oranje-Vrystaat ontdek, naby die samevloeiing van die Vaal- en Oranjerivier.  Toe dit rugbaar word, het die fortuinsoekers soos aasvoëls daarheen geswerm.  Die Transvaalse regering het wet en orde gehandhaaf op die delwerye wat in sy gebied ontstaan het en president Brand het dit in die Vrystaatse gebied laat doen.

 

Dit was nie hoe lank nie of daar was ‘n hele swetterjoel aanspraakmakers op besitreg van die ryk diamantgronde.  Afgesien van die twee republieke, wie se grond dit onteenseglik was volgens die bepalings van die twee konvensies waarvolgens Brittanje hul onafhanklikheid erken het, was daar veral ook Griekwa-groepe, onder aanvoering van Niklaas Waterboer, Andries Waterboer, Adam Kok, Kerneels Kok, ensovoorts.  Die meerderheid van hul onderdane het gladnie meer in die Vrystaat gewoon nie, maar ver wes daarvandaan by Griekwastad en omgewing.  Ene David Arnot, ‘n Colesbergse prokureur, het met duistere bymotiewe al die diamantgronde vir sy kliënt, Niklaas Waterboer opgeëis en in die beroeringe wat ontstaan het, het die Kaapse goewerneur, Barkly, ‘n gulde geleentheid gesien om weer namens Engeland in te gryp.  Hy het luidkeels beswaar gemaak dat die republieke oor hul regmatige eiendom wet en orde handhaaf.  President Brand het Kaap toe gegaan om met hom die saak te bespreek, maar hy het geweier om hom te woord te staan.

 

Intussen het president MW Pretorius in goedertrou toegestem dat Transvaal se aanspraak op die diamantvelde in sy eie gebied, aan die beslissing van ‘n arbitrasiehof onderwerp sou word.  Dit het in 1871 in Bloemhof gebeur, waar goewerneur Keate van Natal uitspraak gegee het in die guns van Waterboer.  Daar is gesê dat president Pretorius Transvaal se saak baie onbeholpe voorgedra het  en dit daarom verloor het.  Dit was egter nie die geval nie; die beslissing van hierdie hof was vooraf reeds ‘n uitgemaakte saak.

 

Barkly wou die Vrystaat se eise ook aan arbitrasie onderwerp, maar president Brand het prontweg geweier.  Toe hy die burgermag wat gesag op die delwerye gehandhaaf het, versterk, stuur Barkly ook ‘n sterk troepemag na Hopetown.  Hy het intussen toestemming uit Engeland gekry om die diamantvelde te annekseer, wat hy toe gedoen het.  Die Kaapse parlement en die Vrystaatse volksraad het protesteer, maar Barkly was nie te keer nie.  Die Engelse het besef dat die Vrystaat hom nie so maklik van sy regmatige eiendom sou laat beroof nie en het toe in 1876 ‘n hof ingestel wat alles weer moes ondersoek en bevind het dat Waterboer se aanspraak op die grond heeltemal vals is.  Daarna is president Brand na Engeland om die Vrystaat se saak weer te gaan stel, maar lord Carnarvon het aan hom gesê dat dit noodsaaklik was dat die sterkste moondheid in Afrika in besit van die diamantvelde moes wees.  Hiermee en met ‘n troosprysie van £90 000 as vergoeding vir die onreg wat hom aangedoen word, moes die Vrystaat maar tevrede wees.  Die ryk diamantgebied wat die sterkste moondheid in Suid-Afrika van die Vrystaat geroof het, is later as Griekwaland-Wes by die Kaapkolonie ingelyf.

 

Die Engelse spook word ‘n federasiespook en ‘n jakkals verander van haar maar nie van sin nie
Die ryk diamantvelde wat Brittanje van die twee Afrikaner-republieke geroof het, het die aandag van hierdie “sterkste moondheid in Afrika” daarna permanent op die grondgebied van hierdie twee onafhanklike state gevestig, want sy nuutontwaakte grondhonger het hom met begerige oë vars planne laat beraam om hulle vir hom algeheel in te palm.  Die minister van kolonies, die aarts-liberalis, lord Carnarvon, het met die plan gekom om al vier Suid-Afrikaanse state, die Kaap, Natal, die Vrystaat en Transvaal in ‘n federasie saam te bind.  Vir die twee Boererepublieke is vertel van die ontsaglike voordeel wat so ’n verbintenis met die twee Engelse kolonies aan hulle sou besorg.  Daarom moet hulle eers sag gemaak word om so’n federasie gewillig te aanvaar.  Hulle sou eers op Transvaal konsentreer en as dié naderhand tot federasie instem, sal die Vrystaat só vasgedruk en geïsoleerd voel, dat hy sommer vanself by die federasie sal aansluit.

 

President Thomas Francois Burgers
kom in die prentjie
Om Transvaal sag te maak, het hulle ‘n paar leuens die wêreld ingestuur, soos onder andere dat Transvaal bankrot is en dat president Thomas Burgers sy oorlog teen Sekoekoenie verloor het.  Hulle het ook ‘n paar maatskappye in die buiteland gaan bedreig met wie president Burgers kontrakte gesluit het vir die bou van ‘n spoorlyn vanaf Pretoria na Lourenco Marques, sodat sy spoorwegplanne misluk het.  Hulle het ook verhoed dat die Boere enige houvas op die hawe van Delagoabaai kry, deur eers die Portugese die skrik op die lyf te jaag deur die hawe vir hulself te eis en dan kastig hul eis te laat vaar indien die Portugese vir Engeland die eerste opsie gee in geval hulle dit sou oorweeg om die hawe te verkoop!

 

Ds Burgers, vroeër ‘n predikant te Hanover, Kaap, wat vir M W Pretorius as president opgevolg het, het as gevolg van al die agitasies teen hom, ‘n omstrede figuur geword.  Hy het nie net teenkanting uit Engelse kringe verduur nie, maar weens die mislukking van ‘n paar van die skemas wat hy aangepak het, ook die steun van‘n groot deel van die burgers verloor.  Hulle het ook nie baie gehou van sekere vrysinnige godsdiens-idees wat hy gehuldig het nie, maar hy het probeer om sy verpligtinge en verantwoordelikhede as president van die Republiek, eerlik en nougeset na te kom, ten spyte van die struikelblokke wat sy pad gekruis het.  Die vernaamste hiervan was die Britse regering se plan om Transvaal in ‘n federasie in te sluk.

 

Lord Carnarvon het ‘n bekende Engelse geskiedskrywer, J A Froude, na Suid-Afrika gestuur om vir sy federasieplan te kom propaganda maak.  Nadat Froude homself op die hoogte gestel het met die omstandighede en gesindhede wat nie net in die twee Boererepublieke geheers het nie, maar ook in die twee Britse kolonies, het hy die Britse regering as volg geantwoord:

“Julle het die twee kolonies aan hulle lot oorgelaat, maar die oomblik toe daar diamante ontdek is, toe soek julle ‘n verskoning om weer mag uit te oefen oor gebiede wat julle vroeër verwerp het.  Waar van grense sprake was, het julle steeds probeer om die ‘Dutch’ te verneuk deur die grense te vervals.  Toe hulle hul vyand, die Basoeto’s beveg en onderwerp het, het julle op die kantlyn gestaan totdat die saak besleg was en toe stap julle in om te keer dat die Afrikaners die voordeel van hul sukses geniet.  Al julle optrede teen die Afrikaners was een lang streep van selfsug, verraad en bedrog van die begin af tot die end en nou dat hulle deur verstandige regering en voordelige omstandighede minerale in hul gebiede ontdek het en die stand van hul vooruitstrewende republieke opgehef het, en al julle redes vir die gryp van die grond uitgeput is, nou nooi julle hulle uit om hulle weer eens onder die Britse vlag te plaas, wat hulle deur tradisie van hul voorvaders, en nou deur hul eie ervaring, geleer het om te verag.”

 

Carnarvon het hom nie aan Froude se sieninge gesteur nie.  Hy het met sy planne voortgegaan.  Hy het die haat wat die sendelinge teenoor die Afrikaners gekoester het, gebruik om hulle weer eens, soos voor die Groot Trek, in ‘n baie swak lig te stel.  Hulle is weer valslik daarvan beskuldig dat hulle slawe aanhou en dat hulle met onmenslike wreedheid die Swartes veronreg en verdruk.  Die werklike toedrag van sake was dat die Engelse besig was om die Swartes van gewere te voorsien, met geen ander doel nie as om teen die Afrikaners in opstand te kom.  Hulle het die Zoeloes oorreed om ‘n grensgeskil met Transvaal te voer, wat na arbitrasie natuurlik deur die Zoeloes gewen is.  Die jarelange opstokery van die Zoeloes teen die Afrikaners, was om die Swartes die natuurlike vyand van die Boere te maak.  Die man wat dit vir die Engelse moes bewerkstellig, was die ywerige en geslepe Bantoekommissaris vir Natal, Theophilus Shepstone.

 

Carnarvon se trawante het ook daarin geslaag om die Bapedi-kaptein, Sekoekoenie, in opstand teen die Z A R  op te rui.  Daarom moes president Burgers in 1876 ‘n strafekspedisie teen hom uitstuur.  Toe is die leuens verkondig dat Sekoekoenie die oorlog gewen het, dat Transvaal heeltemal bankrot is en dat die meerderheid van die Afrikaners in die Republiek ten gunste van Carnarvon se federasieplan is.

 

Shepstone se manewales
Carnarvon het in 1876 ‘n konferensie in Londen gehou, waar al sy medepligtiges teenwoordig was.  Shepstone is hier tot ridder geslaan en teruggestuur Suid-Afrika toe met die opdrag om die Z A R vir Brittanje te kom annekseer.  Hy is goed vir sy taak afgerig en moes sorg dra dat hy tog nie die vryheidsliewende Boere in die harnas jaag nie.  Hy moes as “redder” kom en nie as veroweraar nie.  Hy moes die land kom “red” van ‘n dreigende Zoeloe-inval en van ‘n nuwe opstand deur die Bapedi-hoof, Sekoekoenie.  Dan moes hy ook vir die President kom raad gee hoe om die land se geldskaarste op te los.

 

Shepstone het uit Pietermaritzburg vir president Burgers van sy koms in kennis gestel.  Hy het op 22 Januarie 1877 sy verskyning aan die spits van 25 berede polisiemanne in Pretoria gemaak.  ‘n Klompie Engelse in die dorp het ‘n luidrugtige ovasie van sy koms gemaak en hom met groot ophef ontvang.  Daarna het hy deur middel van danse, eetmale, gesellighede en drinkpartye probeer om die inwoners van die Republiek gunstig te stem vir wat hy beoog het.  Vir president Burgers en die volksraad het hy gesê hy het gekom om sekere griewe uit die weg te ruim.  Die land word nie goed regeer nie, is bankrot en kan die Swartes in sy gebied nie beheer nie.  Dit was natuurlik onsin, want die werklike redes om die Republiek aan te tas was omdat hulle gevrees het dat hierdie Afrikaner-vesting met sy minerale rykdom en ‘n onafhanklike seehawe, as Burgers met sy Delagoabaai-spoorlyn kon slaag, die Republiek tot die sterkste mag in Suid-Afrika sou laat uitgroei  en die Engelse kolonies sou oorskadu.  Dit moes tot elke prys verhinder word.  Daarom het Shepstone, ten spyte van president Burgers se plegtige protes, op 12 April 1877 Transvaal vir Engeland geannekseer.  Hy het die Vierkleur neergehaal en die Engelse vlag gehys.

 

Na aanleiding van hierdie soveelste daad van aggressie en onreg wat deur die arrogante Britse regering teenoor die klein Afrikanervolkie gepleeg is, skryf ‘n historikus as volg:

“Die sinisme waarmee die Britte hul internasionale politiek bedryf het, is skokkend.  Die manier waarop hul telkens in hul stryd teen die Afrikaners die swartes as hul kanonvoer ingespan het, is afstootlik.  Die feit dat dieselfde swartes ook nog as morele regverdiging moes dien, en as voorwendsel waaragter die Engelse telkens hul wettige rooftogte kon deurvoer, is siek.  In der waarheid is die ganse 19e eeuse geskiedenis van die Engelse in      Suid-Afrika erger as enige afstootlike verhaal wat in die rioolpers mag verskyn.  Tog was dit ‘n tyd waarin mag reg was, ongeag van wat hulle gedoen het en weer eens was die klein Afrikanervolk uitgelewer in die mag van die grootste rowers in die geskiedenis.  Weer eens het dit gelyk asof hulle die einde van hul pad bereik het.”
(P F Bruwer:  Vir volk en vryheid)

 

Maar die Skepper van volke, wat ook oor hulle lotgevalle beslis, wou nie dat hierdie pasgebore Afrikanervolkie ondergaan nie.

 

Julle  het die Engelse op Majuba laat kom !
Julle  sal hulle daar gaan afhaal !
Toe die burgers agterkom wat aan die gang is, wou hulle na die wapen gryp, maar manne soos Paul Kruger het hulle tot kalmte gemaan en belowe dat ander maatreëls eers in werking gestel sou word om die land se onafhanklikheid terug te kry, voordat hulle tot geweld sou oorgaan.  Hy en dr Jorissen het nog dieselfde jaar tevergeefs vir die teruggawe van hul vryheid gaan pleit.  ‘n Jaar later het Piet Joubert weer saam met hom na Londen gegaan.  Dit was alles tevergeefs.

 

Na hulle terugkeer is op 16 Desember 1880 ‘n groot volksvergadering te Paardekraal gehou, waar 600 burgers plegtig onderneem het om saam te staan en vir die herstel van die Republiek se vryheid te veg.  Hulle het hulle besluit met ‘n groot klipstapeling op die terrein verseël en vir Paul Kruger, Piet Joubert en MW Pretorius as driemanskap gekies om die leiding verder op hulle te neem.

 

Die Eerste Vryheidsoorlog het begin.  Hulle het die Vierkleur op Heidelberg gehys en die Engelse garnisoene te Pretoria en Potchefstroom beleër, die vyand by Laingsnek teruggeslaan en vir kolonel Anstruther by Bronkhorstspruit ‘n groot neerlaag besorg.  Maar sir George Colley was uit Natal met 6 kanonne en 1 000 troepe op pad.  Hy het daarin geslaag om in die nag van 26 Februarie 1881 die kruin van Amajubaberg ongesiens te bereik.  Generaal Piet Joubert was met sy kommando aan die voet van die berg gelaer.  Toe die Engelse vroeg daardie môre van 27 Februarie op die berg gewaar word, het hy vir die burgers geskree:  “Julle het hulle daar laat kom en julle sal vir hulle daar gaan afhaal!”

 

Dit is gedoen deur minder as 200 Boere onder bevel van generaal Nicolaas Smit, wat die berg bestyg het en die meer as 800 manskappe wat generaal Colley op die berg gehad het, in ‘n verpletterende neerlaag op die vlug gedryf het.  Colley self en 92 van sy manskappe het gesneuwel, teenoor net twee aan Boerekant.

 

Die liberale Engelse regering het op hierdie stadium nie baie lus vir verdere uitbreiding gehad nie en na onderhandeling het die driemanskap daarin geslaag om vir die Republiek ‘n beperkte onafhanklikheid by die Pretoriase Konvensie te verkry.  Maar in 1883 is hierdie susereiniteit opgehef toe Paul Kruger, generaal Smit en ds SJ du Toit weer Londen toe gegaan het en deur die Londense Konvensie die Republiek se onafhanklikheid weer feitlik volledig herstel is.  In dieselfde jaar is Stephanus Johannes Paulus Kruger tot staatspresident van die Zuid-Afrikaanse Republiek gekies.  Hy het 18 jaar lank in die bres gestaan vir die ontluikende Afrikanervolk in sy felle stryd teen die meedoënlose aanvalle van die arrogante Engelse owerheid, wie se grondhongerige grypsug voortdurend gepoog het om die feitlik weerlose Republiek in te sluk.

 

Vrystaat  !
Intussen was die Republiek van die Oranje-Vrystaat besig om rustig te ontwikkel tot ‘n modelstaat.  Na die verlies van  groot grondgebied met die Britse anneksasie van Basoetoland en die verlies van ontsaglike rykdom met die roof van sy diamantvelde, het die Britse rower uiteindelik alles gehad wat hy van hierdie klein Afrikaner-staatjie kon afneem.  Daarom is hy verder met rus gelaat.

 

President Jan Brand was ‘n regsgeleerde wat vir vyf agtereenvolgende termyne herkies is.  Hy het die amp tot met sy dood in 1888 beklee.  Hy is opgevolg deur die bekwame regsgeleerde, FW Reitz, wat die Vrystaatse wa weer verder gedryf het totdat hy weens swak gesondheid in 1895 moes uittree en die leisels oorhandig aan MT Steyn, die eerste gebore Vrystater wat tot president verkies is.  Marthinus Theunis Steyn het ‘n uitstaande rol gespeel.  Hy is een van die grootste manne wat sy volk opgelewer het.

 

Onder hulle bekwame leiding en omdat die Engelse spook die Vrystaat na die diamant-rooftog verder met rus gelaat het, het hy die mees homogene staat in Suid-Afrika geword, die volkstaat wat elke Afrikaner-inwoner gelukkig kon stem en waarin hy tot sy volle potensiaal kon ontwikkel.  Weens die afwesigheid van stryd gedurende hierdie tydperk, het die Oranje-Vrystaat die mees vreedsame, ordelike en verdraagsame gemeenskap op die sub-kontinent geword.

 

Die aasvoëls vreet goud
Gedurende hierdie twee dekades wat die Engelse spook dit vir die Vrystaat gegun het om vreedsaam op sy eie te ontwikkel, het hy egter met al sy Britse magsvertoon die ander Afrikaner-vesting onophoudelik bedreig met pogings om hom dood te smoor, totdat hy hom in die Tweede Vryheidsoorlog totaal verpletter het.

 

Met die bewindsoorname van die Konserwatiewe Party onder lord Salisbury, het daar in Engeland ‘n nuwe vlaag van imperialisme vaardig geword wat spoedig weer die onversadigbare drang tot verdere uitbreiding van die reeds magtige Britse ryk aangeblaas het.  Vanaf 1884 was die Suid-Afrikaanse Republiek voortdurend die begeerde prooi, wat die grondhonger en goudlus van die Britse leeu moes versadig.

 

Dat dié ou klompie Afrikaners van Transvaal so ‘n oortuigende militêre oorwinning by Amajubaberg kon behaal en ‘n man soos Paul Kruger ‘n diplomatieke oorwinning in Londen vir die Boere by die onderhandelingstafel kon bereik, het die Britse trots verneder.  Die neerlaag by Amajuba moes gewreek word.

 

In 1886 is die ryk goudvelde aan die Witwatersrand ontdek.  ‘n Swerm fortuinsoekers uit die buiteland het daarop toegesak.  Dit was meesal die opdrifsels wat in hul eie lande nie meer ‘n behoorlike heenkome gehad het nie.  Die meeste van hulle het uit Engeland gekom en hul Britse arrogansie en hoofvaardigheid saamgebring.  Hulle het die republikeinse regering gekritiseer en begin om vir stemreg te agiteer.  Hulle het op luidrugtige vergaderings soveel griewe gelug dat hul harde geskree die simpatieke ore van die Britse regering bereik het.  Daarop het die oorgretige Engeland die een na die ander eis namens haar “veronregte” kinders aan die Republiek gestel.

 

Die persone wat al die griewe uitgedink en saamgestel het, was nie die gewone myners en werkers aan die Rand nie, maar die aandelemark-operateurs, die manipuleerders van die geldmark, die maatskappystigters, die dobbelaars en ‘n klomp Jode.  Die gewone werkers het min griewe gekoester.  Hulle het dikwels met verbasing in die Britse koerante gelees van hulle baie “griewe”.  Die stem van Johannesburg was dié van die geldmag wat die pers beheer het.  Hulle het die nuus wat Engeland moes bereik, gekontroleer en gerangskik en gesorg dat oor die telegraaflyne op aangewese tye fiktiewe verhale oor onrus, paniek en dreigende rewolusie wat in Johannesburg sou plaasvind, na die gretige ore in Londen versend word.

 

‘n Historikus het hierdie mentaliteit van die Engelse as volg uiteengesit:  “Vir die Engelse, wat hulself as die hernvolk beskou het, was dit eenvoudig ondenkbaar dat hulle in ‘n land kon woon wat nie aan die Britse ryk behoort het nie.  Hulle heerssug was só sterk dat hulle dit eenvoudig nie kon afskud nie.  Hulle kon dit nie verdra dat hulle nie almal kon hiet en gebied nie.  Die uitstaande eienskap van ‘n Engelsman enige plek is die hoë dunk wat hy van homself het en die lae dunk wat hy van ander het, of dit nou Franse (Frogs), Duitsers (Huns), Sjinese (Koelies) of Afrikaners (Boors) is, maak nie saak nie. Hierdie Engelse eienskap is al toegeskryf aan ‘n ‘eiland-mentaliteit.’  Omdat hulle uit ‘n eiland stam, het hulle nog nooit nodig gehad om respek teenoor ander te betoon nie.  Die volke wat hulle daar aangetref het, het hulle eenvoudig onderwerp en oorheers en met minagting op hulle neergekyk.
Al hierdie eienskappe van die Engelse het in 1886 met die ontdekking van goud in Transvaal in die oortreffende trap verskyn.”           (P F Bruwer:  Vir Volk en Vryheid)

 

Die Republiek word beleër
Vantevore was daar hoop dat die Republiek ‘n hawe deur Swaziland by Kosibaai kon verkry.  Toe Engeland dit gewaar het hy eenvoudig die hele gebied ten ooste van Swaziland geannekseer en die Republiek se pad na die see afgesny.  Eweneens is enige uitbreiding van die Republiek se grens noordwaarts oor die Limpopo, in die wiele gery deur die tussenkoms en bemoeienis van Rhodes, wat vir sy Chartered  Company ‘n konsessie in Matabeleland verkry het en die Republiek se pad na die noorde gesluit het.  Enige uitbreiding of konsolidering weswaarts is die Republiek ook ontneem, nadat die Britte die twee republiekies, Stellaland en Goosen, verongeluk het en Betsjoeanaland geannekseer het.

 

In al hierdie verwikkelinge het die groot Britse imperialis, Cecil John Rhodes, baas van die Kimberleyse diamantvelde wat van die Vrystaat geroof is, ‘n hand gehad, ten einde sy groot ideaal te verwesenlik om ‘n rooi streep te trek vanaf Kaapstad tot in Kaïro.  Daarmee het hy lynreg te staan gekom teenoor die geniale president Paul Kruger, wat met sy strewe die bolwerk geword het van die ontwikkelende Afrikanernasionalisme, wat die stukrag was waarmee die Engelse aanslag beveg is.  Kruger is in 1888, 1893 en 1898 herkies tot staatspresident.  Dit was die bewys dat die Boerevolk sy diens waardeer het en hom ondersteun het in die stryd wat hy besig was om vir hul belange te stry.

 

Julle wil nie stemreg hê nie
Julle wil my land hê !
President Kruger en die volksraad was genoodsaak om die stryd ook op ekonomiese gebied teen die Britse geldwolf te voer, toe die Kaapse spoorlyne met toestemming van die Vrystaat noordwaarts tot aan die Vaalrivier verleng is en in 1882 met Transvaal se toestemming vanaf Vereeniging tot in Johanneburg voltooi is.  Die Republiek se eie spoorlyn wat vanaf Delagoabaai na Pretoria en Johannesburg in 1895 voltooi is, was sy aangewese handelsverbinding met die buitewêreld,  maar die goudmynbase het verkies om hulle  ware deur die Kaapse spoorweë te laat vervoer.  Kruger het toe die tariewe op die stukkie spoor tussen Vereeniging en Johannesburg verhoog.  Toe laai die handelaars al hul goedere by Viljoensdrif af en laat dit per ossewaens na Johannesburg aanry.  Daarna het president Kruger die driwwe in die Vaalrivier laat sluit.  Dit het so’n konsternasie veroorsaak met proteste wat tot in Engeland weerklink het, dat hy dit maar weer oopgestel het.  Die hand van Rhodes is voortdurend bespeur in al die agitasies wat teen die Republiek gevoer is.

 

Om te verhoed dat die duisende uitlanders wat die Republiek binnegestroom het, die burgers spoedig sou verswelg, het die volksraad die wet wat bepaal dat ‘n persoon vyf jaar in die Republiek woonagtig moes wees voordat hy stemreg kon bekom, in 1890 verander na veertien jaar.  Om vir die uitlanders in ‘n mate verteenwoordiging in die republikeinse regering te gee, is daar ‘n “Tweede Volksraad” in die lewe geroep, waarop hulle sitting kon hê na ‘n tweejarige verblyf in die Republiek en die Eerste Volksraad oor uitlanderbelange kon adviseer.

 

Dit het nie hul griewe opgelos nie.  Hulle het ‘n Reform-beweging gestig en al hoe luidrugtiger teen die Republiek geagiteer.  Rhodes het in 1895 in die geheim saamgeknoei met dr Jameson van Rhodesië om met 500 man vanaf Mafeking die Republiek binne te val, die uitlanders aan die Rand te hulp te snel en die Republiek te verower.  Maar hy is op Nuwejaarsdag 1896 vasgetrap by Doringkop, naby Krugersdorp, waar hy moes oorgee.  Dit het Rhodes se rol in hierdie debakel ontmasker en hom verplig om as Eerste Minister van die Kaapkolonie te bedank.

 

Lord Salisbury het in 1895 Engeland se Eerste Minister geword en vir Joseph Chamberlain aangestel as Koloniale Staatsekretaris.  ‘n Jaar later het Alfred Milner as Britse Hoëkommissaris na Suid-Afrika gekom.  Hierdie Milner en Chamberlain was albei met ‘n wrewelrige haat besiel teen die Boere en het geen steen onaangeroer gelaat om die verhouding tussen die Republiek en Groot- Brittanje te vertroebel nie.  In die hele Britse ryk was daar seker geen groter oorlogstokers as hierdie twee nie.  Hulle het die pers ingespan om in Engeland die publiek wys te maak dat die arme Britse onderdane aan die Rand op ‘n gruwelike wyse veronreg en verdruk word.  As twisappel het hulle die stemregkwessie gebruik en daarmee met die Republiek skoor gesoek.  Toe sake in 1899 baie warm word, het president Kruger toegestem om vir Milner in Bloemfontein te ontmoet.  Milner wou nie dat president Steyn, wat die konferensie gereël het, teenwoordig wees nie.  Hy het geëis dat die stemregkwalifikasie na vyf jaar verlaag moes word, wat natuurlik geweier is.  Toe Milner nog meer onmoontlike eise stel, het president Kruger vir hom gesê hy sien nou dat hulle nie die stemreg nie, maar sy land wil hê.

 

Die Afrikanervolk se bitterste uur
‘n Bietjie later het die volksraad toegestem om die stemregwet se kwalifikasies na sewe jaar af te bring en uiteindelik was hulle gewillig om dit te verlaag na vyf jaar onder sekere voorwaardes.  Maar toe het Chamberlain en Milner besef dat indien hulle hierdie voorstelle aanvaar, wat presies was wat hulle van die begin af geëis het, sou hulle geen twisappel meer hê waarmee hulle teen die Republiek kon oorlog stook nie.  Hulle het met allerlei nuwe eise gekom, wat vir president Kruger en vir president Steyn laat besef het dat Groot-Brittanje meedoënloos op oorlog teen die Republieke afstuur, want die Vrystaat was ook daarin betrokke.  Die twee Republieke het ‘n verdrag gesluit om mekaar te steun.

 

‘n Geruime tyd vantevore het die Britse regering begin om troepesametrekkings op die suid-westelike en suid-oostelike grense van die Suid-Afrikaanse Republiek saam te trek.  Dis om geen ander rede hoegenaamd gedoen nie, as om gereed te wees om op ‘n gegewe oomblik die Republieke  binne  te  val en te verower.  Daarom het die ZAR ook geen ander keuse hoegenaamd gehad nie as om in ‘n ultimatum te eis dat hierdie troepe weggeneem moet word en die duisende wat op pad was, teruggestuur moet word.  Die oorlogsverklaring wat die Republieke van hul arrogante vyand ontvang het, was dat hul eise en voorstelle só belaglik is, dat haar majesteit se regering dit nie die moeite werd ag om dit te bespreek nie.

 

So het die Tweede Vryheidsoorlog op 11 Oktober 1899 tot oorstelpende vreugde van Joseph Chamberlain, Alfred Milner en ander aarts-liberaliste begin, as beloning vir hulle volgehoue pogings om Groot-Brittanje om te haal om hierdie onregverdige wapenstryd teen die Suid-Afrikaanse Republiek en die Oranje-Vrystaat te begin.

 

Ons weerstand sal die wêreld verstom
Nege dae nadat die oorlog uitgebreek het, het president Kruger hierdie profetiese woorde in ‘n verklaring gebruik.  Die wyse waarop die klein ou Afrikanervolkie, wat toe nog Boere genoem is, homself verdedig en verweer het teen die meedoënlose aanslag van sy magtige vyand, het die ganse bekaafde wêreld eenvoudig verstom.  Later het hulle verstomming in afgryse oorgegaan by die aanskouing van die wrede en moorddadige metodes wat die Christelike Groot-Brittanje aangewend het om die twee Republieke tot oorgawe te dwing.  Alhoewel die dapper vegtende Boere die bewondering en meegevoel weggedra het van feitlik al die Europese moondhede  -  en selfs van Amerika  -  het nie een van hulle, buiten koningin Wilhelmina van Holland, ‘n vinger verroer om hulle militêr te hulp te snel nie, só bang was almal vir die groot en magtige Brittanje.

 

Aan die begin van die oorlog het die Boeremagte die Engelse troepesametrekkings by Mafeking, Kimberley en Ladysmith beleër.  In Natal en aan die suidfront het die Engelse gedurende die eerste ses maande van die oorlog groot neerlae gely.  Maar sy skepe was besig om troepe aan te ry uit Engeland, Skotland, Ierland, Kanada, Nu-Zeeland en Australië, totdat daar naderhand 250 000 in Suid-Afrika was, om die 40 000 Boertjies wat die twee Republieke saam teen hulle in die veld kon stoot, te verpletter.

 

Die oormag onder lord Roberts wat uit die suide aangeruk het, was te groot.  Eers is generaal PA Cronjé met 4 000 Boere by Paardenberg tot oorgawe gedwing op 27 Februarie 1900 en daarna is Bloemfontein beset op 13 Maart 1900.  Daarna het ‘n sterk mag Kimberley gaan ontset.  ‘n Ander troepeafdeling onder kolonel Mahon het op 17 Mei Mafeking ontset, onderwyl Roberts met sy hoofmag van duisende in Junie Johannesburg bereik het en kort daarna Pretoria binnegetrek het.

 

Duisende Tommies het vermoeid gesug:  “Thanks God, the war is over.”   Maar hulle is kort daarna ontgogel toe hulle ontdek dat die Boere onder leiding van generaal Christiaan de Wet in die Vrystaat, generaal Koos de la Rey in Wes-Tranvaal en generaal Botha in Oos-Transvaal beweeglike “vlieënde” kommando’s  gereed gehad het om die lompe Britse troepesamestellings in verrassingsaanvalle die hoof te bied.

 

Hierdie guerrilla-fase van die oorlog het tot aan die einde van die vyandelikhede in Mei 1902 geduur.  Lank voor hierdie tyd het die goeie ammunisie van die Boere se Mauser-gewere opgeraak, maar teen die einde van die oorlog het elke bittereinder nog lustig geveg met die Lee-Metford-gewere en ammunisie wat hulle van die Engelse afgeneem het.  Hulle het selfs Engelse kanonne gebuit en dit teen die vyand gebruik.  Hulle het die Engelse se verbindingslinies afgesny deur die telegraaflyne te knip, treinspore op te blaas en konvooie met voedselvoorrade en ammunisie te buit.

 

Kom ons dwing hulle om oor te gee
deur hul vroue en kinders te vermoor
Toe die vyand gewaar dat die Boere gereeld voedselvoorrade vanaf hul plase bekom, waar hulle vroue en kinders agtergebly het om hul eiendom te versorg, het hulle begin om die plase een vir een te verwoes, tuine en landerye te stroop en die woonhuise af te brand.  Die hawelose vroue en kinders is dan na konsentrasiekampe geneem  -  meesal te voet aangejaag  -  waar ‘n sekere dood op hulle gewag het weens verhongering, vergiftiging van die skraal voedselrantsoene en gebrek aan mediese sorg.

 

Oor die troepe se wrede vernielsug en voedselvernietiging skryf  JC Otto in Die Konsentrasiekampe:  “Die Britse vernielingskolonne het die Boerehuise op die plase met geweld binnegedring en daar gedoen wat hulle wou.  Die huise is deursoek,    sogenaamd na Boere,  en na willekeur gestroop, terwyl die diere op die werf, die varke, hoenders, kalkoene, eende skape, ensovoorts, voor die voet afgemaai is, soms op grusame wyse.  Bajonette is hiervoor gebruik, maar die kolonnes het nie seker gemaak dat alles dood is alvorens hulle padgee nie, met die gevolg dat daar orals op die vlaktes vee deur die Boerekommando’s aangetref is wat só grieselrig verwond is dat die Boerekommando’s die diere maar self van kant moes maak.”

 

MER  skrywe in  Oorlogsdagboek van ‘n Transvaalse burger te Velde, van die ontberings van ‘n ou weduwee Steenkamp van Skoonpoort, naby Dullstroom.  Haar dogter was met nege kinders by haar in die huis.  Die kinders se pa het aan die Natal-front gesneuwel.  Die vroue pak toe hul beddegoed en klere op ‘n ou wa wat onder ‘n boom staan.  Toe daag die Engelse brandparty op en jaag die vroue en kinders uit die huis en steek dit aan die brand.  ‘n Kaapse kleurling gooi ‘n brandende houtstomp op die wa.  Toe alles deur die vuur verteer is, ry die groepie misdadigers weg en laat die vroue en kinders daar alleen onder ‘n vyeboom as hul enigste skuiling.

 

Nog een van die honderde gruwelverhale, vertel deur Cornelia Makwayer in Stemme uit die Vrouekampe, lui so:  “Op die 3e Augustus toe ek na my huis gaan, vind ek alles verwoes.  Die lewendige diere was stukkend gesny; die werf was geverf met bloed; my huisraad was uitmekaar geslaan, my kiste oopgebreek en verniel.  Alles wat hulle kon neem het hulle geneem en die huis aan die brand gesteek.”

 

Oorlog teen die vrouelaers
Toe die plaasverbranding en verwoesting en die wegvoering van die vroue en kinders na die helkampe begin, het baie vroue hul noodsaaklikste besittinkies op waens gepak en begin rondvlug in ‘n poging om uit die hande van die wrede vyand te bly.  Later het hulle vir groter veiligheid laers gevorm om mekaar te kon ondersteun.  Mans wat te oud vir kommandodiens was, het saam met die vroue rondgetrek en hulle bygestaan.  Hulle het lewende hawe by hulle gehad vir voedsel om aan die lewe te kon bly.  Die kommando’s het ‘n ogie oor die vrouelaers gehou. Wanneer Engelse spioene so ’n laer ontdek het waar hulle veral in die Transvaalse bosveld probeer wegkruip het, is ‘n troepemag gestuur om hulle te gaan aanval.  Gelukkig het die kommando’s die meeste van die lafhartige aanvalle op die vrouelaers onderskep en die vyand hard teruggeslaan.

 

Ewald Steenkamp vertel in Helkampe van ‘n vrouelaer wat in die hande van die Engelse geval het.  Die vroue het skape vir slagdoeleindes by hulle gehad, wat hulle binne die kring van waens aangehou het.  ‘n Paar Engelse het tussen die skape ingespring en boude en ander dele van die lewendige diere afgekap.  Nadat ‘n paar van die diere gruwelik vermink is, het die vroue en kinders eers besef met watter helse plan die Engelse besig is.  ‘n Paar offisiere het die walaer aan die brand gesteek.  Die verminkte en gesonde skape het begin stik in die rook. Hulle kon nie uitkom nie want hulle is by die uitgange voorgekeer.  Die vlamme het ‘n verterende vuur geword en die skape het stadig doodgebrand.  Steenkamp se beskrywing in besonderhede hoe dit plaasgevind het, is te aaklig om weer te herhaal.  Al die skape het lewendig verbrand, saam met die waens van die vroue en kinders.  Die Engelse sit ‘n endjie daarvandaan en braai die vleis wat hulle van die lewendige skape afgekap het.  Al laggende en spottende sit hulle die vleis smaaklik en opeet, terwyl die hawelose, reddelose honger vroue en kinders staan en toekyk.

 

Lord Roberts, die Engelse leëraanvoerder, het in ‘n brief aan president Steyn die skynheilige bewering gemaak dat die Engelse 74 000 vroue en kinders in die kampe aanhou om hulle te “beskerm.”  President Steyn het vir hom gevra of hy dan nie weet op watter gruwelike wyse die arme weerloses deur sy troepe van hulle huise weggeskeur word nie en hoe hulle alle lewende hawe en goed verniel en verwoes nie.  Dis so erg dat die arme onskuldige slagoffers in wind en weer, dag en nag moet rondvlug wanneer ‘n Engelse leër aankom, om tog nie in hul hande te val nie.  “Dit gebeur terwyl U Eks. se troepe weet dat dit slegs vroue en kinders is, maar dit nie ontsien om met kanonne op hulle te skiet om hulle in die hande te kry as hulle met hulle waens vlug nie.”  President Steyn noem verder vir hom dat menige vrou so gewond en gedood is.  Dit het op 6 Junie naby Reitz gebeur, waar ‘n vrouelaer gevang is.  Die offisiere het egter valslik aan Roberts verslag gedoen dat dit ‘n “Boerekonvooi” was.  Die laer is weer deur die Boere ontset, terwyl die troepe agter die laer skuiling gesoek het.  Toe daar vir die Engelse versterking opdaag,  het Roberts se soldate met kanonne en kleingewere op die vrouelaer losgebrand!  President Steyn sê daar was honderde sulke gevalle.

 

In E Neethling se boek, Mag ons vergeet?, vertel Martha Kriel van Ladybrand hoe die arme vroue moes rondvlug om uit die hande van die Engelse te bly.  Op 11 September 1901 het die vyand hulle hele groot laer by Spitskop, naby Lindley, verras en oorrompel en die vroue en kinders weggevoer kampe toe, maar gelukkig het ‘n klompie vroue met sowat 30 rytuie daarin geslaag om te ontvlug. Vier Engelse kolonnes het hulle agtervolg.  Die arme vroue en meisies slaan toe die osse met hulle kappies en ander bid in hulle nood.  Sy het omgekyk en gesien hoe die Kakies die laer bestorm.  Soos ‘n groot trop beeste wat op loop is, jaag hulle daarop af en skiet vreeslik met geweers en kanonne op die arme vroue. Ten spyte van die donderslae agter hulle, jaag hulle toe oor die bult en kom so onder skoot uit.

 

Dade van die swart Engelse
Die ontberings, smarte en ellende wat die vroue op die plase ervaar het voordat hulle moes vlug of na die kampe gesleep is, is nie net deur die beskaafde Tommies veroorsaak nie, maar ook deur hulle swart bondgenote wat hulle bewapen het en vryspel verleen het om hulle weerlose slagoffers op die plase te gaan molesteer, aanrand en verkrag.  F D Conradie haal in Met Cronjé aan die Wesfront die “slimmighede” aan van ‘n sekere Joe Jingo, waarskynlik ‘n Kleurling, wat vir die Empire  ‘n nuwe Battle Hymn sing:  “And the niggers, they will come, at the beating of our drum, the Swazi’s and Basutos and the rest.  They will rape and burn and slay, and we shall not say them nay.  For the hunting of the Boer, they are the best.”

 

Generaal Jan Smuts skryf in Januarie 1902 in ‘n brief aan president Kruger:  “Toe die mishandeling van vroue en kinders geen ander uitwerking op die Boere gehad het as om nog harder te veg en te volhard in hul regverdige stryd nie, toe wend die vyand ‘n nog fataler middel aan om ons te beveg, die bewapening en die gebruik van gewapende naturelle.”  Hy skryf in dieselfde brief dat toe die vyand in 1901 Nylstroom en Pietersburg ingeneem het, het hulle geskenke en wapens aan die swart kapteins van Waterberg en Soutpansberg gegee. Kort daarna het onverwags die vreeslikste moorde op vroue, kinders en oumense gevolg.  GD Scholtz sê in  Generaal CF Beyers dat die stryd in Noord-Transvaal werklik tussen Boer aan die een kant en Brit en Kaffer aan die ander kant gegaan het.  Ds RD McDonald skryf in In die Skaduwee van die Dood dat hierdie gewapende swartes in die woonhuise gegaan het en met geweer in die hand uiters brutaal en beledigend teenoor die vroue opgetree het.  Hulle het eenvoudig brood, botter, melk, klere, perde en enigiets wat hulle wou hê, geëis en wee die vrou wat dit nie gou vir hulle gegee het nie.

 

Al hierdie treitering het met goedkeuring en met behulp van die Engelse plaasgevind.  Hulle het hul swart broers beveel en gebruik om hulle vuil werk op die plase te doen en die verskillende stamme opgerui om teen die Boere in opstand te kom.  Tydens die beleg van Mafeking het die vasgekeerde Baden-Powell die burgers van generaal Snyman wat hom daar beleër het, probeer bangmaak deur te dreig om al die swart stamme op die wesgrens van die Republiek te beveel om die distrikte Marico en Rustenburg met grootskaalse invalle te verwoes, indien hulle nie die beleg opgee en hul wapens neerlê nie.  Generaal Joubert het na aanleiding van Baden-Powell se dreigbrief aan die burgers opgemerk dat hy “dezen jingo” in 1881 leer ken het en “dat de Engelschen en een kaffer uit een geest en bloed bestaat en daarom, als het op handelen aankomt, zullen zij één werk doen.”

 

Ewald Steenkamp skryf in Helkampe:  “Op 10 September 1900 is kaffers deur die vyand in Reitz rondgestuur om al die vrouens, kinders en oues van dae te arresteer, wat nie toegelaat is om in die dorp agter te bly nie.  Later het die berede kaffers hulle deur die strate aangejaag en gedurig uitgevloek.  Ten spyte van hul hewigste proteste en beroepe op menslikheid van die vyand, is talle vroue se trouringe van hul vingers geruk.  Magteloos moes die vroue hierdie vernedering verduur, terwyl die blanke vyand meer gedoen het om die kaffers in hul brutaliteit te sterk as om hulle teen te gaan.”

 

Steenkamp sê verder:  “Talle vrouens en kinders op Reitz het, toe hulle verneem dat hulle kamp toe moes gaan, probeer om mielies en koring in klein sakkies saam te neem.  ‘Die waens is te vol en swaar,’ het die offisiere uitgeroep, terwyl hulle al die sakkies koring en ander voeding vir die beeste op die grond uitgeskud het.  Baie vroue wat toe al goed wis dat hulle van honger in die kampe sou omkom, wou iets daarvan vir hul kinders terugkry en het tussen die beeste rondgekruip en probeer om weer ‘n bietjie koring op te tel en in hul voorskote en klein sakkies te bêre, onder die aaklige uitjouery en gespot van die kaffers:  ‘Nou is die vrouens waar hulle moet wees!  Die beeste sal vir hulle skrik en weghol!’”

 

Die hel in die moordkampe
Die gevange vroue en kinders se beproewings het begin nog voordat hulle die kampe bereik het.  Mevrou      PH Venter getuig in  Stemme uit die Vrouekampe  dat hulle gedurende hul reis na Port Elizabeth feitlik geen voedsel gekry het nie.  Hulle  -  en veral die kindertjies  -  was byna verhonger toe hulle daar aanland.  Hulle is uit die trein gehaal en onderwyl hulle aanstap, is ‘n ry soldate aan weerskante van hulle geplaas.  Sy sê dit was Koelies, Kaapse Hotnots “en enige gekleurde nasie van die wêreld,” wat toe hulle lyfwagte was.  Hulle gooi hulle met vrot eiers en die gruwelikste aanmerkings en lelikste vloeke reën op hulle.  Hulle het veral die naam van die Here verskriklik gelaster.  ‘n Paar vroue vra smekend vir hul kindertjies ‘n bietjie kos, maar al wat hulle kry is:  “Go and ask your God for food.”

 

In die kampe het die honger dag en nag geknaag.  Mev  EJ van Rensburg vertel dat sy een keer gesien het hoe ‘n klompie seuns en dogtertjies by die slagpale besig was om derms van geslagte skape uit te ryg.  Hulle wou dit gaan kook en eet om die knaende honger te stil.  Mev Cornelia Makwayer het by die Irene-kamp se slagpale honderde kinders sien staan om die derms van die vee te kry wat hulle afslag.  Een van hulle, ‘n agtjarige dogtertjie, het met haar vonds tent toe gegaan sodat haar moeder dit vir die kleintjies kon gaarmaak, maar toe sy daar kom, lê haar moeder dood langs die vuurtjie wat sy aangesteek het om dit te doen.

 

Mev  S M  Scheepers sê in die kamp waar sy was, was die sterftesyfer twaalf per dag, meesal kinders wat tot geraamtetjies uitgeteer het.  ‘n Volwasse persoon het  een pond meel per dag gekry, twee  pond vleis per week en ‘n lekseltjie koffie en suiker.  Die wurms krioel in die meel en die half ontbinde vleis stink en is oneetbaar.

 

Moord deur vergiftiging
Wanneer die kampowerhede ontdek het dat ‘n vrou of ‘n kind in haar tent siek lê, is hulle onverwyld na die kamphospitaal geneem, wat gewoonlik oorvol was.  Ewald Steenkamp sê in Helkampe, op elke bed lê ‘n vrou of kind en wag op die dood om hulle van die bittere lyding te verlos.  Die honderde vlieë wat die plek verpes, martel die kindertjies, wat te swak is om hulle te verdryf.  Hulle lê magteloos onderwyl die siektedraers in hulle neusgate inkruip en die wurms later weer uitkruip.


Geen vrou of kind wat in die hospitaal beland het, het weer herstel en na hul tente teruggekeer nie.  Daarvoor het die onsimpatieke behandeling van die sogenaamde verpleegsters en dokters gesorg.  Niemand minder nie as die edel vrou, Emily Hobhouse, vertel in Die Smarte van die Oorlog dat die hoofapteker in die Bloemfonteinse kamp strignien aangemaak het waaraan drie kindertjies dood is.

 

Dorothea Jones sê in Stemme uit die Vrouekampe dat toe hulle in die kamp kom, het masels en kinkhoes uitgebreek. Haar suster het in een maand al haar kinders verloor.  Daar het tot 20 mense op een dag gesterf.  Toe rig hulle ‘n hospitaal in die kamp op, maar toe sterf die mense éérs, sê sy, want die Kakies kon hulle toe gif ingee soos hulle wou.  As hulle kos vra, kry hulle net “Beaf tea” en kondensmelk.  Dié wat op sterwe lê en smekend om ‘n bietjie kos vra, word toegesnou:  “Vrek maar, dan is dit een minder om voor te sorg.”

 

GE Bezuidenhout sê in Uit die donker Woud dat almal in die kamp altyd net een soort medisyne gekry het.  Dit het na pepperment gesmaak en het so’n gelerige kleur gehad.  Cornelia Makwayer het een keer vir ‘n siek kind ‘n bietjie van hierdie “medisyne” by die apteek gaan haal.  “Toe ek dit vir die kind gee, is sy asem op die oomblik weg.  Toe vat ek die medisyne en gooi dit op die groen gras en die gras was dadelik verbrand asof die vuur daaroor gegaan het.”

 

Mev Mollet verklaar in Stemme uit die Vrouekampe dat daar soms weerhakies in die vleis en Coopers-poeier in die meel was.  Sy het ook vitrioel in die suiker gekry.
Mev MC Stander vertel in Stemme uit die Vrouekampe  van haar smartlike ondervinding by die afsterwe van haar tienjarige dogtertjie Annie.  Die kind het siekerig gelyk toe die “lynmeisie” by die tente rondgaan en dit opmerk en die huilende kind hospitaal toe neem.  Daar is sy net met kondensmelk en water gevoer.  Na twee maande was sy weggekwyn, doodsbleek, uitgeteer, verhonger, geen kos, net kondensmelk en water.  Die moeder sien die dood in die kind se gesig en vra om tog by haar te mag bly.  Die suster dra net sterk drank aan en gee dit vir haar in.  Toe kom dr Davies in met ‘n glas geel vloeistof.  Dit was ‘n soort aangemaakte maagpoeier.  Die moeder vra of sy die “medisyne” kan kry, maar hy weier en gee dit vir die kind in.  Sy het net een snik gegee en toe gesterf.

 

Daar was Engelse wat diep geskok was oor die koelbloedige wreedheid wat hul eie nasie teenoor weerlose en onskuldige vroue en kinders gepleeg het.  WT Stead sê in  Methods of Barbarism:  “We could neither kill, wound or capture the burghers who were still in the field.  But we could catch their women and their helpless little children.  Having caught them, we could pen them in our substitude for our Spanish Inquisition, the prison camps.  Instead of stretching them on the rack, using the thumb-screw, or applying the red-hot iron to the soles of their feet, we achieve the same result by inflicting the refined and horrible torture of slow starvation.  Under this peine forte et dure the children sickened, pined away to living skeletons, and then happily were released by death from their sufferings.  Every one of these children who so died of the result of cutting down on rations by half, in order to bring pressure to bear upon their relatives in the field, was deliberately murdered.”

 

So is meer as 26 000 Afrikanervroue en kinders tydens die Tweede Vryheidsoorlog deur die Engelse vermoor, waarmee hulle die kroon geplaas het op die volgehoue stroom van arrogante onregsdade wat hulle gedurende die negentiende eeu teen die wordende Afrikanervolkie gepleeg het, in ‘n poging om hom totaal te vernietig.

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 768 gaste aanlyn