NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

As jy die grysheid met 'n gesonde en fiks liggaam begroet en baie trots op jouself daaroor is, raak betrokke by siek en gestremde persone, beleef hulle seer en onmagtigheid sodat jou trots in dankbaarheid kan omskakel - dan wen ook jou siel daarby.

DRIE EEUE VAN ONREG: Hoofstuk 4

Hollandse gierigheid in die 18e Eeu


Toe Jan van Riebeeck met sy gevolg op 6 April 1652 in Tafelbaai aan wal stap, het hy gedink hy kom ‘n verversingstasie aan die Kaap oprig, waar verbyvarende skepe op pad na die Ooste en terug, vars voorrade voedsel en water kon bekom.  Hy het nooit kon droom dat hy in die geskiedenis van Suid-Afrika bekend sou staan as volksplanter van die Afrikanernasie nie.  Ewemin was dit ook die doel van sy sending deur sy sewentien Hollandse geldbase, wat maar net deur hierdie stap hul florerende handel met die Ooste wou bevorder.  Van Riebeeck self het ook van die begin af duidelik laat verstaan dat die Kaap nie sy eind-mikpunt is nie.  Hy het tien jaar lank begeer om met bevordering na Batavië oorgeplaas te word, wat toe ook gebeur het.

 

Gedurende sy verblyf aan die Kaap moes hy noodgedwonge maatreëls tref wat die tydelike verversingstasie aan sy doel moes laat beantwoord.  Daar kon nie in die behoeftes van die verbyvarende skepe voorsien word, indien vleis, graan, groente en vrugte nie op eie bodem geproduseer word nie.  Daarom het Van Riebeeck reeds in 1657 aan ‘n paar van sy amptenare, met toestemming van die Here XVII, klein stukkies grond toegeken om op te boer.  Hulle is  “vryburgers” genoem.  Hierdie maatreël het van die halfwegstasie ‘n permanente kolonie gemaak.

 

Onreg teen Van Riebeeck
Die Here XVII het verwag dat die “koopman” wat hulle Kaap toe gestuur het om hier ‘n verversingspos te kom stig, dit sonder geld moes kom doen.  Van hom is verwag om met ‘n klompie siek en honger manskappe dadelik ‘n fort te bou wat ongeveer 80 persone kon huisves.  Toe hulle agterkom dat hy by geleentheid ‘n aantal matrose van besoekende skepe ingespan het om met die fortbou te help, het die Here XVII hom dit belet en vir hom laat weet dat die arme besoekende matrose moet rus, want die Kaap word nie ontwikkel om gesonde mense siek te maak nie, maar juis om siekes gesond te maak!

 

Van Riebeeck het reeds in sy eerste brief aan die Kompanjie se regering in Batavia geskryf dat daar aan die Kaap genoeg werk vir duisend mense was en dat hy in tye van siekte skaars 50 man op die been gehad het om al die werk te doen.  Hy het sy hande vol gehad om met slegs 90 “swacke oncundige”  mense die mas op te kom.  Hy moes almal van raad bedien en het as boumeester, grawer, tuinier, boer, timmerman, messelaar en smid sy hande vol gehad om almal aan die gang te hou.

 

Die arbeidstekort, saam met ‘n swaar droogte en dan weer die winter se “uijttermaten swaren hagel- en regenbuijen” en siektes, het Van Riebeeck in sy dagregister laat skryf dat hulle besig is om “een arm ende ellendich leven” te lei.  In plaas dat hulle die besoekende skepe van kos voorsien het, het die skepe vir hulle kos gebring.  Op 15 April 1654 het Van Riebeeck aan die Here XVII geskryf dat hy baie spyt voel dat hulle nog nie daaraan gedink het om hom na Indië te bevorder nie.  Hy vra dat sy salaris van 75 gulden tot 150 gulden verhoog moet word.  Maar daarvoor het die suinige geldwolwe nie kans gesien nie.  Hulle het hom probeer troos deur hom die titel van Kommandeur aan te bied met ‘n salaris van 90 gulden per maand, met die belofte dat hierdie bedrag moontlik in die toekoms verhoog kan word, want hy doen tog sulke goeie werk vir die Kompanjie!

 

Van Riebeeck is oorspronklik aangestel as koopman en “opperhoofd” van die Kaap.  Hy wou egter nie graag “koopman” genoem word nie en het die titel van Kommandeur verwelkom.

 

Onreg teen die vryburgers
Net so min sorg en aandag as wat die Kompanjie aan Van Riebeeck en sy mense met hul landing en vestiging aan die Kaap gegee het, het die Here XVII ook aan die eerste vryburgers bestee, wat tog met hulle toestemming deur Van Riebeeck van hulle ampspligte vrygestel is en die ou klein stukkies grond ontvang het om op te boer.  Daar was darem voorwaardes:  Hulle sou 12 jaar lank nie belasting betaal nie en die Kompanjie sou hulle produkte teen vasgestelde pryse koop.  Hulle kon darem met die Hottentotte handeldryf en het ‘n bedraggie geld ontvang vir die aankoop van implemente, saad, ensovoorts.

 

Geen aansoek om vryburger aan die Kaap te word, is uit Holland of Batavia ontvang nie.  Daarom het Van Riebeeck ‘n paar van sy gewillige amptenaartjies van hulle ampspligte onthef.  Hulle het toe in 1657 die eerste vryburgers geword.  Hierdie datum kan aangeteken word as die geboortejaar van blank Suid-Afrika.

 

‘n Groep van vyf mans het ‘n stuk land oorkant die Amstelrivier bekom, sowat drie kilometer vanaf die fort.  Hulle leier was Harmen Remajenne.  Hulle nedersetting is Harmenskolonie genoem.  Hulle is aangesê om graan te produseer.  ‘n Groep van vier mans wat ook vrygestel is, het grond bekom by ‘n plek wat Rondebosch genoem is.  Hulle leier was Steven Jansz en hulle nedersetting het bekend gestaan as Stevenskolonie.

 

Hierdie eerste vryburgers het ‘n harde stryd gevoer om die mas op te kom.  Hulle het niks van boerdery geweet nie, maar was darem al ‘n paar jaar lank gewoond aan die grille van die Kaapse klimaat.  Toe hulle uiteindelik daarin slaag om ‘n bietjie koring te produseer, het die Kompanjie nog nie eers die prys vasgestel wat hulle daarvoor wou betaal nie.  Uiteindelik is dit tog gedoen, maar dit was só laag dat dit nie eers die arme vryburgers se onkoste gedek het nie.  Hulle het ‘n petisie opgetrek en aan Van Riebeeck oorhandig.  Hy het hulle daaroor geskrobbeer en ‘n sedepreek gelewer en vir hulle vertel hoe gelukkig hulle is om vryburgers aan die Kaap te wees.

 

Later is meer amptenare toegelaat om vryburgers te word, want die Kompanjie het gemeen dat hierdie persone dan tog van hulle nekke af is en nie meer as amptenare betaal hoef te word nie.  Van Riebeeck se strewe om die Kaap deur die vestiging van vryburgers selfversorgend te maak, het maar net ‘n wensdroom gebly, hoofsaaklik as gevolg van die kortsigtige beleid en selfsugtige houding wat die Here XVII teen die vryburgers ingeneem het.

 

Die vryburgers wat moes boer, het ten spyte van terugslae en mislukkings na ‘n paar jaar tog hul voete gevind, nieteenstaande die wispelturige beleid wat die Kompanjie teenoor hulle gehandhaaf het.  Skaars vier jaar na die eerstes se vestiging, word Van Riebeeck aangesê om nie nog meer persone aan te stel nie.  Dit sou dan te gevaarlik wees, sê hulle, want in oorlogstyd sal die koste om hulle te beskerm, te hoog wees!

 

Skaars vyf jaar later, toe Holland in 1667 in ‘n handelsoorlog met Engeland betrokke raak, was die HereXVII bang dat hulle Kaapse besitting dalk verower kon word.  Hulle besluit toe dat dit veel goedkoper is om meer vrybugers aan te stel, wat hulself in ‘n oorlog kon verdedig, as om die garnisoen te versterk!

 

In antwoord op Van Riebeeck se smeekinge om tog gesonde immigrasie uit die Moederland aan te moedig en om die garnisoen te versterk, het die Kompanjie gemeen dat dit veel goedkoper sou wees om slawe uit die Ooste in te voer en het dit toe gedoen.  Maar daar was darem al tien jaar na die stigting van die verversingstasie, buiten die amptenare, slawe en bandiete, ‘n paar vrye vissers, kleremakers, bakkers, timmermans, houtsaers, tuiniers, ploeg- en wamakers, messelaars en jagters aan die Kaap.  Vir die klein totale sieletal van die Kaapse bevolking van 144, was dit ‘n merkwaardige verskeidenheid.

 

Hulle almal, maar veral die landbouers, het die mas moeilik opgekom.  Dié wat egter vasberade was, het die Kaapse verversingstasie in ‘n bevolkingskolonie verander.  Maar die Nederlanders het nie soos die Engelse, Spanjaarde en Portugese die belangrikheid van ‘n bevolkingskolonie besef nie, omdat Holland al sy koloniale bedrywighede in die hande gestel het van die selfsugtige, kortsigtige, inhalige, hebsugtige, monopolistiese Oos-Indiese Kompanjie, vir wie dit in die eerste en laaste plek net om handelswins gegaan het.  Toe hulle noodgedwonge besluit het om die verversingspos ‘n kolonie te maak, het hulle sy groei en vooruitgang voortdurend gestrem deur die mees enge en selfsugtige ekonomiese beleid wat daar bedink kon word, op hom toe te pas.

 

Die Kompanjie alleen moes die voordeel trek uit elke sooi wat omgeploeg is, van elke lam wat aangekom het en elke wingerdstok wat geplant is.  Hy het die monopolistiese beleid wat hy in die Ooste gevolg het, net so op die Kaap oorgeplant.  Dit het die arme inwoners só gewurg dat hulle nooit welvarend kon word nie.

 

Die Kompanjie het alleen die reg gehad om handel te dryf.  Private handel is heeltemal verbied.  Die burgers kon ook nie vragvaart beoefen nie, want dit was die Kompanjie se alleenreg.  Die burgers is verbied om enigiets van vreemde skepe wat die Kaap aandoen, te koop.  Hollanders wat privaat op die Kompanjieskepe gereis het, het ook geen reg gehad om iets aan die burgers te verkoop nie.  Die fiskaal is aangesê om die inkomende en vertrekkende skepe te deursoek vir tekens van verbode handel.

 

Die burgers het geen ekonomiese vryheid besit nie.  Die Kompanjie het ‘n ekonomiese pagstelsel ingevoer waarvolgens aan ‘n sekere persoon alleenreg toegeken word om met ‘n sekere produk handel te dryf.  Die eerste pag wat uitgegee is, was vir die handel in brood.  Alleen die twee persone aan wie dit toegeken is, het die reg gehad om growwe of witbrood, koekies of enige ander gebak te verkoop.  Iemand het alleenreg gehad om vleis aan die garnisoen te verkoop.  ‘n Ander een kon sterk drank verkoop.  Dit het ‘n baantjie vir boeties geword.

 

Die vryburgers is dus verbied om enigiets van besoekende skepe te koop.  Hulle is verbied om vryelik met mekaar en met die Kompanjie handel te dryf.  Hulle is ook verbied om van hulle produkte aan verbygaande skepe te verkoop.  Al hulle produkte moes alleen aan die Kompanjie verkoop word, teen pryse wat daarvoor beraam is.

 

Die normale toedrag van sake in enige gemeenskap behoort tog te wees dat die owerheid wat oor hom gestel is, moet omsien na die behoeftes en welsyn van hulle oor wie regeer word en darem ‘n poging moet aanwend om die probleme wat die onderdane ondervind, uit die weg te ruim.  Maar aan die Kaap was dit nie die geval nie.  Die vryburgers het baie gesukkel sonder arbeiders.  Die lui Hotnots was nie gewoond aan werk nie en kon nie gebruik word nie.  Sommige boere het van die soldate gehuur, maar kon skaars sulke duur arbeid bekostig.  Die slawe-arbeid het hulle ook duur te staan gekom.

 
Hoe moet ‘n mens nou suksesvol boer sonder behoorlike implemente en ‘n gebrek aan voldoende trekvee?  Daarby was die wispelturige Kaapse klimaat meermale die oorsaak van misoeste.  As hulle nog iets wen, ontvang hulle bitter lae pryse van die Kompanjie daarvoor.  Hulle het al boerende al dieper in die skuld geraak.

 

Daar was ‘n gebrek aan goeie vrugbare bougrond naby die fort.  Daarom het baie vryburgers die ou swak plasies wat aan hulle toegeken is, verlaat en van werk verander.  Hulle het enigiets anders aangepak in ‘n poging om ‘n lewe te maak.  Hulle het selfs smokkelhandel met die skepe bedryf en die straf verduur wanneer dit ontdek word.

 

Daar was feitlik ‘n deurlopende tekort aan vroue in die Kaap. ‘n Poging om weesmeisies uit Holland in te voer, het die toestand nie veel verlig nie, want daar het heeltemal te min gekom.  Burgerskap aan die Kaap is deur die optrede van die Kompanjie só onaantreklik gemaak dat hy maar baie min immigrante uit die moederland getrek het.

 

Die geledere van die vryburgers is egter tweekeer beduidend versterk met Duitsers wat die ellende van die Dertigjarige Oorlog teen Spanje wou ontvlug.  Hulle het ‘n geruime tyd al in Holland gewoon.  Baie het as soldate in die Kompanjie se diens gekom en ander het hierheen geëmigreer.  Hulle is deur die Hollandse gemeenskap geassimileer.  Uiteindelik was daar byna net soveel Duitsers as Hollanders aan die Kaap. Daar is vasgestel dat in Afrikaners, ongeveer 35% Nederlandse en 34% Duitse bloed vloei.

 

Die Hottentot-plaag
By al die probleme wat die eerste vryburgers  ondervind het om ‘n leefbare bestaan te maak, is hulle ook nog sporadies geteister deur moorddadige aanvalle van Hottentotbendes.  Hulle het aanvanklik deurgeloop onder die oorlamse Herrie se spul strandlopers en is later deur ander groepe uit die binneland aangeval.  Hierdie teistering kon die vryburgers gespaar gebly het, of grootliks verlig geword het indien die Here XVII nie aan Van Riebeeck opdrag gegee het om tog ten alle koste vrede met hierdie ou “natuurvolkie” te handhaaf nie.

 

Hulle is waarskynlik die produk van verbastering tussen Boesmans en die Hamiete van Etiopië en Somalië.  Met hulle suidwaartse beweging was hulle voortdurend in vyandskap met die Boesmans, van wie hulle afgestam het!

 

Van Riebeeck-hulle se gedwonge vriendskap het nie veel indruk op die Hottentotte gemaak nie.  Hulle het na die fort gekom en ewe doodluiters die grond wat deur die Blankes reeds beset is, as hulle eiendom geëis.  Hulle het nooit hierdie eiendom besit nie.  Hierdie strandlopers en ook al die ander bendes die binneland in, was alles behalwe landbouers wat enige aanspraak op grondgebied kon maak.  Hulle het vee besit en daarmee rondgetrek.

 

In opdrag van Van Riebeeck se base, is die Hottentotte darem tydelik tevrede gestel met allerlei geskenkies.  Hulle het toe onder die indruk gekom dat die Blankes vir hulle bang is.  Daarna het die diefstalle begin.


Op Sondag, 9 Oktober 1653 het Herrie en sy maters hulle kans waargeneem toe Van Riebeeck-hulle almal vir ‘n erediens in die fort bymekaar was.  Al hulle vee is gesteel.  Die Hottentotte het die veewagter, David Jansz, wreed vermoor.  Daar het net een os, een melkkoei, 4 kalwers en 60 skape oorgebly.  Hierdie roof- en moordtog is heeltemal ongestraf gelaat.  Herrie het twee jaar lank weggekruip en toe ewe vroom kom lieg dat hulle heeltemal onskuldig is aan wat gebeur het.

 

Die vryburgers het toestemming gekry om onder sekere voorwaardes met die Hottentotte handel te dryf, maar dit wou ook nie vlot nie.  Omdat daar nooit teen die boosdoeners opgetree is nie, het die vryburgers daarna aanhoudend onder hulle deurgeloop.  Moord, roof en doodslag was aan die orde van die dag.  Hulle het naderhand nie meer genoeg osse gehad om te ploeg nie.  Hulle kon nie die rug draai sonder dat alles gesteel word, buiten die swaar ploeë wat hulle nie kon wegdra nie.

 

Toe gebeur daar iets was die Politieke Raad van die Kaap darem laat optree het.  Op 19 Mei 1659 word Simon In’t Velt aangeval en vermoor en hulle steel 70 skape en 30 beeste.  Die Hottentotte is darem agternagesit, maar geen enkele bees is teruggevind nie.  Die kwaaddoeners het glo darem geskrik.

 

In 1672 het hulle weer ‘n opstal afgebrand, vee geroof en twee mans en een vrou vermoor.  Kort daarna het hulle 8 vryburgers wat op ‘n gesamentlike jagtog was, wreedaardig om die lewe gebring.  Daarna is nog drie vryburgers naby Saldanhabaai vermoor en kort daarna nog drie by Breederivier.  Al hierdie gruwelikhede het uiteindelik in 1676 aanleiding gegee tot ‘n Hottentot-oorlog, waardeur eintlik maar niks bereik is nie.



Die HOIK se versuim om teen die Hottentotte op te tree en die inperkende maatreëls teenoor die vryburgers, het by hulle ‘n gevoel van samehorigheid geskep en die besef dat hulle op hulself aangewese is om saam te staan en hul probleme self op te los en dat hulle nie op die owerheid daarvoor kon steun nie.  Die VOC (Verenigde Oost-Indiese Compagnie)  (HOIK) was besig om ‘n kolonie te skep, omdat die onkoste aan die verversingspos te hoog was, maar die uitbou van die kolonie het nog meer onkoste geverg wat hulle nie wou betaal nie.  Die ontwikkeling van die kolonie en die welsyn van sy koloniste het veel te wense oorgelaat, weens die suinige houding van die Maatskappy, wie se enigste oogmerk was om soveel wins as moontlik met so min onkoste as moontlik te maak.  Die Afrikanervolk het nie as gevolg van hulle optrede ontstaan nie, maar ten spyte daarvan.

 

Wat het van die Hottentotte geword?
Na die oorlog van 1676 teen die Hottentotte het daar nog steeds diefstalle voorgekom deur die klein nomadiese stammetjies wat met hulle vee rondgetrek het.  ‘n Aantal Hottentotte het naderhand die teenwoordigheid van die vryburgers verwelkom, omdat hulle die Boesmans uit die noorde en die Kôsas uit die ooste gevrees het.  Teen die einde van die 17e eeu is die Hottentotte tweekeer deur die Kôsas beslissend verslaan en op die vlug gedryf.  Daarom het hulle veiligheid by die vryburgers begin soek.

 

Die koms van die Europese beskawing het siektes na die Kaap gebring wat vir die Hottentotte onbekend was.  In 1713 het ‘n groot pokke-epidemie hulle getref.  Daar is ook meer as 1 000 vryburgers aan die siekte dood.  Die Hottentotte het baie erger deurgeloop weens die onhigiëniese toestande waarvolgens hulle geleef het.  In 1755 het ‘n tweede epidemie die lewens van ‘n verdere 500 vryburgers geëis en groot verwoesting in die Hottentot-geledere gesaai.  In 1767 het ‘n derde epidemie aan die Kaap gewoed.  Daar het 179 vryburgers gesterf.  ‘n Klompie van die Hottentotte wat oor was, het by die vryburgers in diens getree, maar ‘n aantal van hulle het  -  soos die Boesmans  -  ‘n rowersbestaan begin voer.  Dié aan die Kaap het ‘n gebroke Hollands begin praat en met die slawe ondertrou, veral toe die slawe later deur die Engelse vrygelaat is.  In 1795 was daar sowat 18 000 slawe aan die Kaap teenoor naastenby 14 000 Hottentotte.  Hulle vermenging staan vandag bekend as die Kaapse kleurlinge.

 

Maar daar is twee Hottentotstamme wat eers in die omgewing van die Kaapse skiereiland gedeeltelik verwesters is voordat hulle uit die Kolonie padgegee het.  Met gebroke Nederlands, perd en geweer het hulle noordwaarts oor die grense van die Kolonie uitgewyk en hulle noord van die Oranjerivier gaan vestig.  Daar het hulle hul teen die Boesmans en ander Swartes gehandhaaf en ‘n gedugte mag gevorm waarmee die Engelse en die Voortrekkers later moes rekening hou.  Hulle is die Griekwas en Korannas genoem.

 
Die Boesman-plaag
Die andersoortige lewenswyse van die Boesmans het verhoed dat hulle so kwaai soos die Hottentotte deur die pokke-epidemies afgemaai is.  Hulle het in klein geïsoleerde groepies beweeg en kon nie die siekte so maklik aan ‘n groot getal oordra nie.

 

Hierdie klein ligvoetige mense het nie gesaai of geplant of enige vee aangehou nie.  Hulle het van veldkos  en van wildsvleis gelewe.  Hulle het met pyl en boog gejag en die diere met gifpyle doodgeskiet.  In droogtetye wanneer veldkos maar skaars was, moes hulle die mae inbind, want dan was die wild ook skaarser as gewoonlik.  Hulle was van oudsher af geswore vyande van die Hottentotte, want as daar nie wild was om te jag nie, was die Hottentotte se vee maklike skywe vir hul pyle.

 

Met verloop van tyd het die vryburgers al hoe meer ooswaarts beweeg en veeboere geword.  In noordelike rigting het hulle uitbreiding teen die weerstand van die Boesmans gebots.  Die rondtrekkende groepe het op afgebakende jagvelde aanspraak gemaak, wat nou stadigaan deur die vryburgers met hul veestapels beset is. Die boere het dus onwetend die Boesmans van hulle beste jagvelde beroof en hulle het probeer om die blanke indringers terug te dryf.

 

Daar het onsinnige wreedhede plaasgevind.  Die Boesmans het gereeld die skaap- en beeswagters in die veld bygekom en wreedaardig vermoor.  Dan het hulle die veetrop nie vir voedsel weggevoer nie, maar die diere doodgeskiet of hul hakskeensenings afgesny, hulle vermink en daar laat lê.

 

Hierdie wreedheid teenoor hul diere en die grusame moorde wat plaasgevind het, het die lewens en besittings van die vryburgers baie onveilig gemaak.  Hulle moes dit veral in die Nuweveld en die Sneeuberge ontgeld.  Daar was ernstige roofaanvalle in 1715, 1731, 1738 en 1754.  Dit is bereken dat in die twee jaar van 1786 tot 1788 daar 107 veewagters  vermoor is en  99 perde,  6 299  beeste  en 17 970 stuks kleinvee geroof of gedood is.  Daar was naderhand ‘n voortdurende querrilla-oorlog aan die gang.  Die Boesmans het sporadies vee geroof en vernietig, plaashuise afgebrand en boere en beeswagters vermoor.  Die boere het elke Boesman wat hulle onder skoot kon kry, doodgeskiet en kommando’s teen hulle laat optrek.  Die regering het in 1777 ‘n verdelgingsoorlog teen hulle geloods.  Daarna kon die vryburgers op die grens begin asemhaal.  Dit was egter van korte duur, want twee jaar later het hulle aan die oosgrens teen die grootste plaag van almal te staan gekom, toe hulle by die Visrivier teen een van die groot swart stamme, die Kôsas, gebots het.

 

Hebsug en korrupsie
Ten einde ‘n duidelike beeld te verkry van die vryburgers se worstelstryd om vir hulself ‘n lewensvatbare en selfstandige bestaan uit te werk, is ons genoodsaak om van 1779 af die jare weer ‘n bietjie terug te draai tot die jaar 1700, skaars ‘n halfeeu nadat Jan van Riebeeck die verversingspos aan die Kaap kom stig het.  Vanaf 1679 tot 1699 het die goeie en bekwame goewerneur Simon van der Stel ‘n groter buigbaarheid in die starre beleidsrigtings van die Kompanjie aangebring.  Hy het die graanpryse verhoog en die vryburgers toegelaat om onder sekere voorwaardes met die besoekende skepe handel te dryf.  So kon die vryburgers vir die eerste keer teen ‘n wins produseer.

 

Simon van der Stel moes die koms van die Franse Hugenote na die Kaap hanteer.  Hulle koms het die geledere van die vryburgers versterk in hulle verset teen die onregverdige behandeling wat hulle van die owerheid moes verduur.  Dit het ‘n hoogtepunt bereik gedurende die regering van Simon se seun, Willem Adriaan van der Stel, wat hom in 1699 opgevolg het as goewerneur van die Kaap.

 

Simon van der Stel het gedurende sy bewind probeer keer dat die vryburgers die landbou versaak ter wille van veeboerdery wat vir hulle meer betalend was.  Toe Willem Adriaan goewerneur word, het hy veeboerdery aangemoedig en die verspreiding van die veeboere in die binneland verdedig.  Hy het nuwe plase aan nuwe immigrante toegeken in die vrugbare vallei tussen die Obikwa- en die Witsenberge en dit die “Land van Waveren” genoem.  Dit was aanvanklik moeilik om hier landbou te beoefen, sodat feitlik almal na veeboerdery oorgeslaan het.  Willem Adriaan het toe die grootste veeboer van hulle almal geword.

 

Sonder dat hy enigsins daartoe volmag gehad het, het ‘n kommissaris van die Kompanjie, Wouter Valkenier, aan Willem ‘n stuk grond van 400 morge in Hottentots-Holland toegeken.  Van der Stel het toe as goewerneur ‘n stuk grond van 117 morge wat langs syne geleë was, aan Jan Hartog toegeken.  ‘n Bietjie later het hy dit weer van Hartog gekoop en sodoende sy eiendom aansienlik vergroot, alles wederregterlik, want die Here XVII het in 1668 die amptenare belet om grond te besit en grootskaals te boer.

 

Kommissaris Valkenier het ook aan ander amptenare stukke grond toegeken.  Die sekunde, Samuel Elsevier, die fiskaal, Johan Blessius en ds Petrus Kalden het groot plase gekry, maar die gewone amptenare, soos Starrenburg, De Wet en Ten Damme het die gewone plase van 60 morg ontvang.

 

Die amptenare het saam bykans die helfte soveel grond as die vryburgers besit.  Hulle was flukse boere wat net so veel as wat hulle kon, geproduseer het en gesorg het dat hulle produkte eerste aan die besoekende skepe verkoop word. So het hulle die enigste mark wat vir die vryburgers beskikbaar was, gemonopoliseer.  Hulle het ook aan die Kompanjie self verkoop.  Die pakhuise is met hulle produkte gevul.  Hulle kon dit verkoop teen pryse wat hulle self vasgestel het.  Gewoonlik het hulle twee maal soveel as die boere vir hul graan gekry, want die pryse wat die Kompanjie aan die boere betaal het, was uiters laag.

 

Wanneer daar vreemde skepe in die hawe opdaag, moes die boere spesiale verlof van die goewerneur kry om hul produkte aan hierdie skepe te verkoop. Sulke verlof is gewoonlik nie toegestaan voordat die amptenare nie al hul produkte aan die skepe verkoop het nie.  Die vermetele amptenare het hulself as die egte kinders van die Kompanjie bestempel en die koloniste (die vryburger-boere) as die onegtes.  Die wrywing tussen amptenare en boere het groot afmetings aangeneem.

 

Die doen en late van die goewerneur, Willem Adriaan, het die wantoestande aan die Kaap in ‘n krisis laat ontwikkel.  Hy het sy groot plaas, wat hy Vergelegen genoem het, bewerk soos wat min boere dit kon doen.  Hy het daar ‘n pragtige woonhuis op gebou en baie buitegeboue laat oprig, onderwyl hy intussen daar met mening laat boer het.  Binne ‘n jaar of wat het hy reeds 61 morg onder wingerd gehad.  Dit was meer as ‘n halfmiljoen stokke, ‘n kwart soveel as wat daar in die hele Kolonie was.  Daarmee kon hy 600 lêer wyn in ‘n jaar lewer.

 

Hy het ook baie koring gesaai. In 1705-06 het hy 1 100 sakke koring geproduseer, terwyl die totaal vir die Kolonie daardie jaar 4331 sakke was.  Hy het ook grootskaals met vee begin boer.  Daar word beweer dat  hy  uiteindelik 18 000 skape en 1 000 beeste gehad het.

 

Willem Adriaan het baie arbeiders nodig gehad om die werk op Vergelegen te doen.  Hy het 200 slawe besit, maar saam met hulle het hy nog ‘n aantal kompanjieslawe gebruik.  Daarby het hy 60 blanke knegte, wat deur die Kompanjie betaal is, op die plaas laat werk.  Jan Hartog, die baastuinier, moes Vergelegen se tuine uitlê en oor die ander toesig hou.  Al die hout, yster en ander boumateriaal wat gebruik is, het uit die Kompanjie se pakhuise gekom.  Niemand weet of hy daarvoor iets betaal het nie.  Om die materiaal na Vergelegen te vervoer, het hy eenvoudig ‘n paar boere opgekommandeer sodat dit hom niks gekos het nie.  Sodoende het hy Vergelegen in ‘n modelplaas omskep. Die Here XVII het egter niks van sy bedrywighede, of van dié van die ander amptenare geweet nie.


Die Goewerneur het weke aaneen op Vergelegen deurgebring en hom hoegenaamd nie bekommer oor wat in die Kaap aangaan nie.  Die vryburgers het gekla dat ds Kalden ook sy werk verwaarloos, want hy het hom baie meer “met sy landerye bemoei as met die preekstoel”.  Hy het hom later probeer verontskuldig deur te beweer dat hy sy plaas, Zandvliet, nie net besoek het ter wille van sy boerdery nie, maar hy wou dan kwansuis die Hottentotte geleer het met die oog op sendingwerk!

 

Die Goewerneur en die amptenare het lustig voortgegaan om met hul korruptiewe bedrywighede hulself te verryk en die vryburgers gruwelik te veronreg.  Die amptenare het op so ’n groot skaal begin boer, dat hulle die hele mark alleen kon voorsien, sonder die boere.  Die sekunde Elsevier het in 1705 vir die Goewerneur gesê dat daar oor drie of vier jaar nie meer vryburgers aan die Kaap nodig sal wees nie, want hulle paar amptenare sal in staat wees om aan die Maatskappy en aan die Kaap alles te voorsien wat nodig was.  So min het die welsyn van die vryburgers getel.  Hulle is eenvoudig nie ‘n selfstandige bestaan gegun nie.  Dit het tot bittere ontevredenheid gelei.

 

In 1705 het Van der Stel die skroef nog ‘n entjie aangedraai.  Hy het besluit om die wynpag, die reg om wyn aan die skepe te verkoop, nie meer aan vier persone toe te ken nie, maar net aan een alleen.  Toe het hy gesorg dat een van sy gunstelinge dit kry, ene Johannes Phyffer, ‘n bekende skelm, wat al vir wangedrag gegesel en vir ses jaar verban was.

 

Dit het die vryburgers se beker laat oorloop.  Hulle het besef daar word ‘n poging aangewend om hulle van alle bestaansmoontlikhede te beroof en hulle uiteindelik dan uit die Kaap uit te werk.  Hulle het ‘n klagskrif deurgesmokkel gekry na die Raad van Indië, in Batavia. Onderwyl hulle op ‘n antwoord uit die Ooste gewag het, het hulle ‘n tweede klagskrif opgestel wat hulle met ‘n persoonlike afvaardiging aan die Here XVII in Holland wou besorg.  Intussen het ‘n retoervloot uit Indië in 1706 in die Kaap aangekom en ‘n brief gebring waarin die Raad vir Van der Stel versoek om op die klagtes wat die burgers teen hom het, te antwoord.

 

Die Goewerneur het vermoed dat hy ook in Holland aangekla gaan word.  Hy het onmiddellik vir homself ‘n vleiende getuigskrif opgestel waarin hy voorgestel word as ‘n eerbare, deugsame en godsdienstige man, ‘n goeie regeerder wat altyd in belang van die Kolonie optree en die boere help om ‘n afsetgebied vir hulle produkte te kry.  Toe het hy die Kapenaars, arbeiders, slawe en vissers na die kasteel genooi en hulle daar kwistig onthaal op tabak, wyn en bier en hulle versoek om die stuk te teken.  Die meeste het geteken, want hulle het nie mooi begryp waaroor dit gaan nie.

 

Daarna stuur hy vir landdros Starrenburg met die stuk die distrik in sodat die “buiteliede” dit ook moes onderteken.  Die burgers het feitlik almal geweier, maar uiteindelik het Van der Stel 240 handtekeninge gehad, waarvan sommige vervals is.

 

Hy het vasgestel dat Adam Tas die opsteller was van die burgers se griewe en toe vir Tas onverwags gevange laat neem en beslag gelê op sy skryftafel.  Daarin het hy afskrifte gekry van dele van die klagskrif wat hulle teen hom opgestel het.  Hy het nog ‘n paar ander gearresteer en was van plan om vyf van hulle na Holland te stuur, waar hulle aangekla moes word van sedisie en rebellie.  Toe stel hy ook nog ‘n kommissie aan uit die amptenare wat deur die koloniste verkla word, onder voorsitterskap van Starrenburg, wat ‘n regbank moes vorm om die opstandige koloniste te verhoor.  Die meeste het geweier om voor hierdie inkwisisiehof te verskyn.

 

Die toestand het feitlik in ‘n burgeroorlog ontwikkel.  Hy het mense voor hierdie “hof” van hom laat sleep, hulle gevonnis en in die kasteel in die donker gat laat aanhou, of hulle verban.  Intussen was die retoervloot op pad na Holland, met Van der Stel se getuigskrif oor homself, maar ook met vier burgers aan boord, wat hul klagskrif    teen die Goewerneur persoonlik aan die Here XVII sou gaan voorlê.

 

Stryd met oorwinning beloon
Na ontvangs van die klagskrif en die aanhoor van die onomstootlike getuienis van die afgevaardigdes, het die Here XVII nie gehuiwer om vir Willem Adriaan van der Stel te ontslaan nie.  Saam met die skraapsugtige en tirannieke Goewerneur, is ook sy amptenare-kliek, sekunde Samuel Elsevier, ds Petrus Kalden en landdros Starrenburg uit hulle ampte ontslaan en na Holland teruggeroep.  Die burgers is vrygespreek van die aanklag van sedisie, muitery en rebellie en die Politieke Raad van die Kaap is beveel om die gevange burgers onmiddellik vry te laat en die wynpag en die vleispag weer soos vroeër onder verskillende burgers te verdeel.  Die Goewerneur se plaas moes in vier dele verdeel en verkoop word.

 

Stryd bevorder eenwording
Die ontevredenheid oor die wanbestuur van WA van der Stel het die twee bevolkingsgroepe nader aan mekaar gebring.  Die Hugenote en die Hollandse koloniste het tot hiertoe nooit veel vir mekaar te sê gehad nie, maar in die stryd teen Van der Stel het hulle skouer aan skouer gestaan om korrupsie en tirannie te beveg.  Van die 63 burgers wat die klagskrif onderteken het, was 31 Franse.  Daar was goeie samewerking tussen die twee groepe met hulle verset teen Van der Stel.  Hy was hulle gemeenskaplike vyand wat beveg moes word.  Dit het hulle die verskille laat vergeet en hulle geleer om saam te staan.  Dit het daartoe bygedra dat die Hugenote en die ou Hollandse koloniste mettertyd tot een nasie saamgesmelt het.

 

Die stiefmoederlike behandeling duur voort
Nadat die koloniste  -  ons kan hulle hierna nie meer vryburgers noem nie  -  hulle stryd teen Willem Adriaan van der Stel gewen het, het die son van geregtigheid nie meteens oor hulle opgekom nie.  Die meeste van hulle was nog landbouers wat uit die Kaapse aarde ‘n bestaan moes maak. Daar was lank reeds ‘n oorproduksie van landbouprodukte.  Indien hulle talryker in geledere was, kon die Kaapse mark self die aanbod absorbeer, maar die plaaslike mark was beperk en sy uitbreidingsmoontlikhede was gering.  Die Kaapse wyn was op hierdie stadium nog nie vir uitvoer geskik nie weens die swak gehalte daarvan.  Hulle graan kon nie op die Europese mark meeding nie.  Die boere was afhanklik van die beperkte uitvoer wat na Batavia plaasgevind het.  Die Oos-Indiese regering het in 1695 geweier om die Kaap se oorskotgraan te koop want hulle kon goedkoper voorsien word uit die Ooste.  Groot hoeveelhede graan het toe in die Kompanjie se skure in die Kaap begin bederf.

 

Veeboerdery ontwikkel
Met so ‘n beperkte mark vir landbouprodukte, het baie koloniste wat as landbouers begin het, hulle meer op veeboerdery begin toelê.  Die grondslag waarop kolonisasie en uitbreiding aan die Kaap plaasgevind het, het geleidelik verander.  In die 17e eeu het die landbouer die uitbreiding na die binneland gelei.  Die veeboer het egter ongemerk op die voorgrond getree en die pionierstipe geword wat gedurende die 18e eeu die uitbreiding na die binneland sou lei.

 

Goewerneur Simon van der Stel wou graag sien dat die Kaap ‘n digbewoonde en maklik verdedigbare landboukolonie word, maar toe neem sy seun, Willem Adriaan, die voortou met die uitbreiding van die kolonie.  Sy amptenare het in 1703 begin om wettige weilisensies uit te reik aan almal wat oor die bestaande grens wou beweeg.  Die jonger geslag het gretig van hierdie vergunning gebruik gemaak, want hulle het geen ander keuse as veeboerdery gehad om aan die lewe te bly nie.  Die seun van die landbouer het dan met sy klein klompie vee en sy weilisensie binne in sy Bybel in die wakis, oor die grense van die kolonie na die dieper hinterland getrek om ‘n selfstandige bestaan te gaan uitkap.  By die veepos is aanvanklik net skaapwagtershutte gebou,  maar geleidelik het dit in voltyds bewoonde  veeplase verander.  Hulle het vir hulle vroue in die Kaap gaan haal en permanente woonhuise gebou.  Al wat betaal moes word, was ‘n jaarlikse huur van 24  riksdaalders.

 

Elke veeboer het homself so ver as moontlik anderkant sy buurman gaan vestig, omdat die weiding daar nog ongeskonde sou wees en hulle nie mekaar se skoorsteenrook sou sien nie.

 

Die geleidelike uitbreiding het voortgegaan totdat hulle voor natuurlike hindernisse te staan gekom het.  Al noordwaartse langs die weskus op, is die wêreld droog en sanderig en is die water brak en skaars.  Ooswaarts met die kusstrook langs, is hulle deur die digte Knysnabosse gestuit.  Hulle moes naderhand maar deur die berge breek om uit te brei.

 

In 1743 het hulle ‘n kerk gestig in die Land van Waveren, op die plek waar vandag die dorp Tulbagh is.  In 1745 het hulle ‘n kerk in die Swartland gestig.  In 1743 het daar ‘n drosdy op Kliprivier tot stand gekom.  In 1748 het dit die naam Swellendam gekry.

 

Na 1750 het die grootskaalse trekboer-beweging onverpoosd voortgeduur.  In die noorde het verskeie boere die droë Karooveld oorgesteek en hulle teen die hange van die Bokkeveld en die Roggeveldberge gevestig.  Teen 1760 was hulle alreeds aan die Sneeuberge en teen 1768 het hulle die Kamdeboo (Graaff-Reinet) binnegetrek.  In 1750 was hulle al waar Calvinië vandag is.

 

Met die ooswaartse trek is spoedig plase aangelê teen die Lange- en Swartberge.  Teen 1765 het die voorposte tot aan die Gamtoosrivier gelê en is plase steeds verder ooswaarts uitgegee.  Goewerneur Van Plettenberg het in 1779 ‘n reis na die binneland onderneem, met die veeboere gesels en hulle klagtes oor verwaarlosing aangehoor.  Hulle wou ‘n drosdy en ‘n kerk gehad het.  Die Here XVII het dit ses jaar later eers aan hulle toegestaan en die dorp Graaff-Reinet gestig.

 

Die oosgrens van die kolonie is in 1780 weer bepaal en vasgestel as die Visrivier.  Almal is ten strengste verbied om dit oor te steek.  Die voorhoede van die trekboere het toe al 1 200 km noordwes en 600 km oos van Kaapstad af gestaan.  Die hele gebied is deur minder as 20 000 koloniste bewoon.

 

Die ooswaartse uitbreiding van die Kolonie het vroeg na 1780 tot ‘n einde gekom toe die voorste boere aan die Visrivier die eerste keer teen die swart negroïede ras, die Bantoes, se Kôsastam te staan gekom het.  Hulle was ook veeboere wat ‘n klein bietjie landbou beoefen het.  Hulle was die mees-vooruitgeskowe Bantoestam, wat reeds honderde jare lank vanaf hulle herkoms in Midde-Afrika, besig was om voetjie vir voetjie suidwaarts te versit.  Hulle het die grootste plaag geword wat die koloniste nog getref het.

 

Die onmoontlike regering
Gedurende die lang beheer wat die HOIK oor die Kaap uitgeoefen het, het die koloniste nooit enige politieke of selfs ekonomiese regte bekom nie.  ‘n Politieke Raad, onder voorsitterskap van die goewerneur, het die kolonie regeer.  Die Here XVII het so af en toe ‘n kommissaris Kaap toe gestuur, wat allerlei bevele aan die goewerneur kom uitreik het.  Dit het òf uit Holland òf uit Batavia gekom.  So het die Kaap eintlik twee base gehad wat soms teenstrydige bevele uitgereik het.  Albei hierdie gesagsoorde was nooit haastig om tot ‘n beslissing oor Kaapse aangeleenthede te kom nie.

 

Alleen die amptenare van die Kompanjie aan die Kaap het sitting op die Politieke Raad gehad.  Geen vryburger het ooit gedurende die eeu en ‘n half wat hierdie handelsmaatskappy die Kaap besit het, enige verteenwoordiging daarop gehad nie.  Die Politieke Raad was die wetgewende, uitvoerende en regterlike gesag, sommer alles in een.  ‘n Meer outokratiese regering, wat boonop nie veel vir die belange van sy onderdane omgegee het nie, is moeilik om te bedink.  Korttermyn-winste was die belangrikste oogmerk, wat korrupsie en ander vergrype in die hand gewerk het.  Die Here XVII het dikwels ‘n spesifieke amptenaar in ‘n belangrike pos aangestel, sonder dat hy sy dade aan die Politieke Raad of die goewerneur moes verantwoord.  Die koloniste het swaar onder sulke persone gely, wat hulle gewoonlik ook nog vyandiggesind was.

 

Die V O C  het hard probeer om die Kaap van die res van die wêreld te isoleer, maar die koloniste het die vryheidswinde van die Amerikaanse Rewolusie, die politieke stryd in Nederland en die Franse Rewolusie opgevang.  Dit het ‘n vlammetjie van politieke bewussyn by hulle aangesteek en ‘n behoefte laat groei om iets te doen wat hulle haglike posisie kon verbeter.

 

Die gehate Willem Boers
Na die Willem van der Stel-debakel het die amptenare hulle nog maar steeds die reg toegeëien om die handel te monopoliseer en die koloniste uit te sluit.  Die Here XVII het egter ‘n poging aangewend om die korrupsie en wanpraktyke te beveg deur ‘n Onafhanklike Fiskaal aan te stel wat ‘n ogie oor die sake aan die Kaap moes hou.  Hy was volkome onafhanklik om te doen wat hy wou.

 

Dit het ‘n rukkie goed gegaan totdat hulle vir Willem Cornelis Boers aangestel het.  Onder hom het korrupsie ‘n ander betekenis gekry.  Die enigste mark wat die boere vir hulle produkte gehad het, was die Kompanjie self.  Boers het hulle gedwing om vals kwitansies te onderteken, waarop baie hoër pryse aangebring is as dié wat hulle ontvang het.  ‘n Paar van hulle het geweier om dit te doen.  Hulle ontdek toe dat die Kompanjie nie meer hulle produkte wil koop nie; die gehalte daarvan was kastig te laag.



Boers het begin om heffings te vorder op alles wat die koloniste gedoen het.  Hulle het skielik ontdek dat hulle een Kaapse Gulden aan die Fiskaal moes betaal vir elke 45 kg meel, beskuit of vet of vir elke sak koring of gars wat hulle aan vreemde skepe verkoop het.  Daarby het hy die kassier opdrag gegee om ‘n ekstra half persent van alle gelde terug te hou wat aan boere betaal moes word vir produkte wat hulle gelewer het, bo en behalwe die 10% heffing wat reeds vir die Kompanjie afgetrek is.  Toe stel Boers nog verdere heffings in van 6 riksdaalders per jaar op mense wat skuite aangehou het en ook op mense wat tente langs die strand opgeslaan het om eetware te verkoop.  Die koloniste het naderhand nie meer geweet watter heffings wettig is en watter eenvoudig maar net in die sakke van die amptenare verdwyn nie.

 

Aan die Fiskaal is ook magtiging verleen om vir klein oortredings boetes op te lê wat nie 200 riksdaalders mag oorskry nie.  Fiskaal Boers het egter begin om boetes op te lê van 1 200, 1 500 en selfs 5 000 riksdaalders.  Hierdie manewales van Boers het selfs vir die onbekwame goewerneur Van Plettenberg dwars in die krop gesteek, maar hy kon daar niks aan doen nie, want die onafhanklike Fiskaal was geen verantwoording aan hom verskuldig nie.

 

Boers het al hoe astranter geword.  In een of ander regterlike beslissing het hy ‘n  burger, Jan Jurriaansz, met 5 000 riksdaalders beboet en hom ‘n skuldbewys ten gunste van Boers self, laat teken. Sy meerderwaardigheidskompleks het gevaarlik gegroei.  Vir hom was die Kompanjie-amptenare die eerste, vernaamste en noodsaaklikste persone in die samelewing en die burgers het geen bestaansreg nie, vergeet nog van enige reg om handel te dryf.

 

Boers se vergrype en buitensporighede het al hoe erger geword.  Hy het by geleentheid swaarde gekruis met ‘n burger, Carel Buytendach, teen wie hy ‘n grief gekoester het.  In Januarie 1779 het hy vir Buytendach hardhandig uit sy huis laat verwyder en sonder enige verhoor na Batavia verban.

 

Die poppe begin dans
Dit was die laaste strooi.  Die burgers het begin vergaderings hou en het ‘n klagskrif opgestel, genoem die “Burgerpetisie” en dit deur ‘n afvaardiging self in Holland gaan aflewer.  Toe die Here XVII  in 1782 nog nie uitspraak oor hulle klagtes en versoeke gegee het nie, het hulle ‘n nadere versoekskrif ingedien om die oorspronklike petisie aan te vul.  Trou aan hulle aard, het die Here XVII  in 1785 eers so ver gegaan om uitsluitsel te gee oor al die klagtes, versoeke en voorstelle in die burgers se twee petisies.  Daar het nie veel van gekom nie.

 

Toe Boers se ontslag weens die klagtes teen hom onderhewig gemaak is aan ‘n borgtog van 5 000 riksdaalders, het hy gou sy bedanking ingedien weens “partikuliere omstandigheden”.  Die Here XVII  het later hierdie ou straffie opgehef.  ‘n Paar ander amptenare, soos majoor Van Prehn, hoof van die milisie aan die Kaap en die ekwipasiemeester, Damien Hugo Staring, Boers se intieme vriend, wat deur die burgers “die bloedsuier” genoem is, het ook onverwyld hulle bedankings ingedien en na Nederland teruggekeer.

 

Vryheidswinde steek op
Alhoewel die selfsugtige Oos-Indiese Kompanjie ‘n beleid van isolasie met die Kaap gevolg het,  het buitelandse gebeurtenisse tog ‘n beduidende invloed op die feitlik verskanste Kolonie begin uitoefen.  Besoekende skepe het die burgers op die hoogte gehou van wat in die
Amerikaanse Vryheidsoorlog met die dertien kolonies plaasvind en hulle het ook gehoor en gelees van die Franse filosowe se stories oor vryheid, voor die uitbreek van die Franse Rewolusie.  Daardie invloede het na die Kaap oorgewaai en by die burgers ‘n politieke bewussyn laat ontwikkel.  Daar het by hulle ‘n behoefte ontstaan om iets te doen wat hulle posisie sou verbeter.  Die voorbeeld van die moederland, waar ‘n Patriotte-beweging ontstaan het in opposisie tot die Oranjemanne, het die burgers nou vir hulleself ‘n Patriotte-beweging gestig.  Hulle het nou al hoe meer die gesag van die VOC verwerp en probeer om al hul griewe aan die Stategeneraal voor te lê.  Die Kompanjie het hulle eerste poging om dit te doen, in die wiele gery.  ‘n Tweede poging het geslaag, maar die koloniste was bitter teleurgesteld toe hierdie regeringsliggaam van Holland nie kans sien om iets vir hulle te doen nie.  Hulle wou hulle nie bemoei met die Kaapse besitting van die Kompanjie nie.

 

Vergane glorie
Holland was nie meer die lewenskragtige moondheid wat hy in die 17e eeu was nie.  Teen die einde van die 18e eeu het daar niks van oorgebly nie.  Die Franse en die Engelse het hom lank reeds verbygeskiet op koloniale gebied.  Die feit dat hy sy koloniale nedersettings oorsee uitsluitlik laat bedryf het deur ‘n kortsigtige, inhalige handelsmaatskappy, wat niks omgegee het vir die welsyn van die inwoners nie, het al hierdie gebiede laat kwyn, soos Australië, Nieu Zeeland, Oos-Indië en Suid-Amerika.  Uiteindelik het net die Kaap oorgebly, ten spyte van hul selfsugtige en kortsigtige bestuur.

 

Holland was  jarelank ‘n bondgenoot van Engeland.  Die Amerikaanse Vryheidsoorlog het dit tydelik beëindig toe Engeland Hollandse skepe aangeval het wat met die dertien kolonies handel gedryf het.  Tydens die Franse Rewolusie het Frankryk Holland verower en hom ‘n vasalstaat gemaak wat toe die Bataafse Republiek genoem is.  Prins Willem van Oranje het na Engeland gevlug en vir hulle gevra om tog die Kaap te gaan beskerm teen ‘n moontlike Franse  aanval.  Dis hoe die eerste Britse verowering in 1795 plaasgevind het.


Eerste treetjies van die Afrikanervolk
Die bakermat van die Afrikanervolk lê nie in die westelike distrikte van die Kaapkolonie, waar die koloniste die landbou en ander beroepe beoefen het en ‘n worstelstryd gevoer het om aan die lewe te bly nie.  Hy het sy eerste weifelende treetjies gegee aan die Oos-Kaap, waar hy tree vir tree besig was om vir hom ‘n nuwe vaderland op Suid-Afrikaanse bodem te ontworstel.  Eers is hy die vryburger wat ‘n stukkie grond ontvang het om daarop te probeer boer.  Toe is hy die kolonis by sy veepos, wat die grense van sy veeplaas al verder verskuif op sy ooswaartse trek, totdat die Swartes daar perk en paal aan stel.  Daarna word hy die Voortrekker wat die Engelse juk afskud en sy wawiele noordwaarts laat rol na die vryheidslig wat voor in die wapad brand.  Dan word hy die Boer van die Vrystaat en Transvaal, wat tot die dood toe moes veg teen die grypsug van die Britse wêreldmag, om uiteindelik as gelouterde Afrikaner sy land te ontvang en sy roeping te aanvaar wat God vir hom hier aan die suidpunt van Afrika beskik het.

 

Wanneer jy daar aan die Kaapse oosgrens in die laaste helfte van die 18e eeu sou kon luister hoe hulle praat, kon jy reeds in hulle taal iets fris en vinnigs gewaar, so asof daar nie nog tyd is om al die naamvalle en verbindings van die mooi Nederlands in die golwe van die Noordsee heen en weer te laat rol nie, en dit maar liewer kwyt te raak en ‘n nuwe klank teen die berge en oor die vlaktes van die harde Suid-Afrika te laat eggo.  Afrikaans was reeds al stadig maar seker besig om te ontwikkel.

 

Nog meer beproewings
Teen die einde van die 18e eeu het die volksplanting al oor vier distrikte gestrek.  Die eerste was die Kaap, vanaf St. Helenabaai, ‘n smal strook tot by Valsbaai.  Die tweede was Stellenbosch, geweldig groot, vanaf die Buffelsrivier in die weste, oor die bergreekse in die noorde tot aan die Groot Karoo.  Die derde was Swellendam, ‘n strook tussen die Klein-Karoo en die suidelike kus, ongeveer 500 kilometer lank.  Laastens was dit Graaff-Reinet, die uitgestrekte oostelike gebied vanaf Plettenbergsbaken in die noorde, tot aan Swellendam en die suidooskus.

 

Die koloniste se pionierslewe in veral die twee oostelike distrikte was vol ontberings sonder kerke en skole en ‘n bekombare mark om hulle produkte te verhandel weens die lang afstande.  Aan die oosgrens het hulle by die Visrivier teen die groot swart gevaar te staan gekom.  Op daardie stadium het die Boesmanplaag ook nog gewoed.  Hulle het saam met die Kôsas gespan en veral aan die grensboere ontsettende skade berokken, soos wat reeds vroeër in hierdie hoofstuk beskryf is.  Sedert die bymekaarkomslag van die burgers en die Kôsas by die Visrivier in 1778, wat die grenslyn tussen wit en swart sou wees, was daar steeds moeilikheid.

 

Hierdie groot stam het baie vee aangehou en feitlik geen landbou beoefen nie.  Hulle het wild gejag vir die gebruik van die velle en nie vir die vleis nie.  Hulle het met begerige oë na die veestapels van die boere gekyk.  Hulle was gewoond om alles wat hulle wou hê, met geweld te vat en het hoegenaamd niks verkeerd daarin gesien nie.  Hulle was goed georganiseer onder tradisionele kapteins en was met hulle werp- en steekassegaaie ‘n groot bedreiging vir die grensboere.

 

Die veediefstalle het gedurende 1778 langs die Vis- en Boesmansriviere so toegeneem, dat baie grensboere hulle plase ontruim het.  Die boere het geweet dat daar geen hulp vanaf die Kaap te wagte was nie.  Hulle het toe self ‘n kommando saamgestel onder kommandant Adriaan van Jaarsveld, om die Swartes te gaan straf en terug te dryf.



Van Jaarsveld en ‘n vriend van hom, Willem Prinsloo, en nog ‘n paar ander koloniste, het toe reeds oos van die Visrivier gewoon.  Die Kaapse regering was nie in staat om hulle dit te belet nie.  Goewerneur Van Plettenberg en sy Politieke Raad het feitlik niks vir die welsyn van die grensbewoners gedoen nie.  Hulle was meer begaan oor die insameling van rekognisiegeld as oor die instelling van ‘n behoorlike administrasie.  Van Jaarsveld-hulle het gevra dat in hulle oostelike grensgebied ‘n administratiewe sentrum opgerig moet word en ‘n kerk en ‘n skool gebou word.  Van Plettenberg het toe ‘n reis na die binneland onderneem.  Toe die grensboere hom vertel hoe die Kôsas moor en hulle vee roof, het hy gaan mooipraat met hulle opperhoof, Kobe.  Dié het toe beloof om sy onderdane in toom te hou en die grens te eerbiedig.

 

Adriaan van Jaarsveld vertel self wat verder gebeur het:  “Ons het die vrede nie vertrou nie.  Kon die Goewerneur werklik so liggelowig wees dat hy hierdie barbaar geglo het?  Die Swartes het enige toegewing van die Blankes as swakheid beskou.  Dit was ook weer so.  Eers nadat die Kôsas ons onherstelbare verliese en ontsettende skades berokken het, het die Politieke Raad in 1779 so ver gekom om my toe te laat om ‘n kommando op die been te bring om hulle te gaan straf.

 

“Ek het my medeburgers opgeroep.  Teen die winter van 1781 het ons al ‘n klein kommando’tjie op die grens saamgetrek gehad.  Ek het vir die Kôsa-hoofde laat weet dat ek elke Swarte wat ek aan hierdie kant van die grens aantref, gewapen of ongewapen, as ‘n vyand sou behandel, want ek het liewers te gou as te laat geskiet.

 

“Onderwyl ons daar besig was, gewaar ek ‘n groot klomp Swartes wat naderkom en met hul assegaaie tussen die burgers indring, onder die voorwendsel dat hulle tabak kom vra.  Ek het dadelik oneaad vermoed en my manne in ‘n lyn laat opstel, sodat hulle vorentoe en agtertoe kon skiet.  Toe het ek gou ‘n paar rolle tabak in stukkies laat kerf en dit ‘n ent van hulle af op die grond laat strooi.  Hulle het daarop toegesak en dit begin optel, want skielik was dit vir elkeen baie belangrik om eers al hierdie heerlike lekkernye in die hande te kry voordat hulle begin om die witmense dood te maak.

 

“Toe gee ek bevel om te vuur.  Wat ‘n konsternasie!  ‘n Klompie slaan neer en bly lê en die ander vlieg om en hardloop sonder hulle assegaaie deur die bosse langs die rivier af.  Hulle bloedstollende gille en krete weergalm teen die rantjies, terwyl ons nog ‘n paar lopers agterna stuur totdat hulle uit die gesig verdwyn.”

 

Van Jaarsveld het met sy kommando vanaf 1779 tot 1781 die Suurveld tussen die Vis- en die Boesmansrivier skoongevee van die Kôsas en baie van hulle geroofde vee teruggebuit.  Dit het gelyk of die oosgrensboere die stryd teen hulle nuwe swart vyand gaan wen.  Maar toe stel die onbekwame goewerneur Van Plettenberg in 1785 vir Mauritz Woeke as landdros aan van die nuutgeproklameerde distrik van Graaff-Reinet, genoem na die volgende onbekwame goewerneur en sy vrou, Reinet.

 

Woeke het opdrag gekry om al die Kôsa-hoofde te besoek en hulle vriendskap met allerhande presentjies te koop.  Hy moes ook sorg dat die koloniste nie oor die Visrivier trek nie.  Hulle het hulle nie daaraan gesteur nie en die Swartes nog minder.  In Maart 1789 het ‘n groot aantal Kôsas die Suurveld binnegestroom.  ‘n Aantal boere moes daar uitvlug.  Baie van hul vee het in die slag gebly.  Van Jaarsveld was magteloos, want sonder Woeke se toestemming het hy geen reg gehad om weer ‘n kommando op te roep om die barbare te verdryf nie.

 

Om alles te kroon het Woeke in Graaff-Reinet ‘n sekretaris gekry met die naam Honoratius Maynier.  Hierdie kêrel was ‘n filantroop wat geglo het dat die Swartes onskuldige natuurkinders en edele barbare was.

 

Toe die rooftogte te erg word, het Van Jaarsveld daarin geslaag om weer ‘n kommando teen die stropers op die been te bring en hulle teen die walle van die vol Visrivier vas te keer, maar toe ontvang hy ‘n dringende bevel om die kommando te ontbind, sonder dat daar ‘n enkele skoot op die indringers gevuur is.

 

Goewerneur Van de Graaff het daarna vir Woeke en Maynier na die grens toe gestuur om met hulle presentjies, soos krale en stukkies geelkoperdraad, die Kôsas te paai.  Die Kaapse owerheid en al sy amptenare het nie die vaagste benul gehad van wat in die koppe van hierdie swart barbare geleef het nie.  Hulle het hul gladnie meer aan die toestand op die oosgrens gesteur, of oor die behoeftes en veiligheid van die grensboere bekommer nie.  In werklikheid kon hulle ook nie meer vir die koloniste iets doen nie, want die HOIK  was bankrot.  Hulle glorieryke beheer van die wêreldhandel in die 17e eeu het in die 18e eeu gekwyn weens hulle kortsigtige beleid, wat meegehelp het om Holland self ekonomies te verswak, sodat hy gedurende die Napoleontiese oorloë homself nie polities en militêr teen Frankryk en Engeland kon verweer nie.  Die H O I K  se Kaapse besitting  -  al wat hulle nog oorgehad het  -  het in 1795 weerloos aan die suidpunt van Afrika gelê.

 

Die koloniste in die vier distrikte het weerloos gevoel by gebrek aan ‘n regering om hulle te beskerm en weens al die onreg wat so voortdurend teen hulle gepleeg is.  Die onsimpatieke Kaapse goewerneurs en die Politieke Raad het saam met die ander amptenare deurgaans ‘n beleid van groot verkwisting gevolg en hulle eie sakke deur woekertransaksies gevul.  Dit het die HOIK se bankrotskap aangehelp.

 

Die boere in die binneland se belange het vir hulle geen saak meer gemaak nie.  Hulle het geen mark vir hulle produkte gehad nie en het geen reg gehad om die Swartes te straf vir al die plundertogte en moordaanvalle waarmee hulle geteister is nie.  Maynier het vir Woeke in 1793 as landdros van Graaff-Reinet opgevolg.  Hy was ‘n geesdriftige aanhanger van Rousseau se idees en het elke Swarte “in sy natuurlike, onbedorwe toestand” as die toonbeeld van onskuld en deug aangesien.

 

Teen 1793 het ‘n groot aantal Kôsas wederregterlik wes van die grens tussen die boere ingedring.  Vertoë aan Maynier, die nuwe landdros, om op te tree, het niks gehelp nie.  Die Kôsas het die hele landstreek tussen die Swartkops- en die Visrivier beset, baie vee gebuit, plaashuise afgebrand, ‘n aantal boere en bediendes gedood en 120 plase verwoes.  Maynier het die boere belet om teen die Kôsas op te tree.  Hy het tussen hulle gaan rondry en probeer om vrede te maak.  Die Kôsas het nie weer verhuis nie en die veediefstalle het toegeneem.  Die owerheid het bepaal dat gebiedskeiding “met alle mogelijke zagtzinnigheid” moet plaasvind.  Die landdros sou, deur jaarliks geskenke aan die Kôsas uit te deel, probeer om hulle vriendskap te wen.

 

Die boere se posisie was ondraaglik.  Die owerheid wou hulle nie beskerm nie en wou hulle ook nie toelaat om hulself te beskerm nie.  Al wat vir hulle oorgebly het, was die afwerping van die gesag van hul onsimpatieke owerheid.  Die stiefmoederlike behandeling het nie hulle moed gebreek en moreel afgetakel nie.  Hulle het besef dat hulle nie doelloos die binneland geleidelik binnetrek nie.  Hulle eenderse belange in hulle stryd teen ‘n onsimpatieke owerheid, het hulle in ‘n eenheidsband saamgesnoer, onder die besef dat hulle hul eie heil moes uitwerk.  Stadig maar seker het daar onder hulle ‘n eie volksgevoel ontwikkel.  Hulle was lankal nie meer Hollanders of Duitsers of Franse nie, maar burgers van ‘n nuwe land aan die suidpunt van Afrika, wat reeds veel opgeoffer het om huis en haard teen die barbare se aanvalle te beveilig.  Hulle het besef dat hulle alleen vir hul eie belange se beskerming sal moet veg.  Die wete dat hulle vir hul voortbestaan net op hulself aangewese was, het die eenheidsband tussen hulle versterk, in die wete dat hulle die eerste Afrikaners was wat besig was om die beskawing op die voorposte van hierdie pragtige suidland in te dra.

 

Die Kôsa-inval van 1793 se verwoestende  plunder-,  roof- en moordtogte was die laaste strooi op die gemoedere van die geteisterde inwoners van die distrikte van Graaff-Reinet en Swellendam.  Onder Maynier het die ou probleem van korrupsie ook weer kop uitgesteek.  Hy het kwitansies vervals en homself ten koste van die arm burgers verryk.  Hy het ‘n baasspelerige houding teenoor hulle ingeslaan.  Hy het vir hulle gesê hy is nie net die landdros nie, maar ook die weesmeester en die vendusiemeester.  Hy is die koning van Graaff-Reinet.  Woeke kon nie doen wat  hy wou nie, maar hy, Maynier,    sal doen net wat hy wil en die vlerke van die Patriotte knip, al moet hy dit deur die heidene laat doen.

 

Die Graaff-Reinetters het op 29 Januarie 1795 ‘n petisie teen Maynier opgetrek en op 6 Februarie ‘n stormagtige vergadering gehou.  Hulle het Maynier aangesê om die drosdy onmiddellik te verlaat en twee heemrade en ‘n burgeroffisier wat met Maynier bevriend was, saam met hom Kaap toe gepos.  Daarna het hulle onder leiding van Marthinus Prinsloo vir hulle ‘n eie regering van sewe persone saamgestel.  Hulle het ook hul eie landdros, sekretaris en bode aangestel.  Wanneer hierdie raad byeenkom en heenraadsaangeleenthede bespreek word, sou Jan Booysen voorsit, maar as krygsake bespreek word, sou Adriaan van Jaarsveld as president die leiding neem.

 

Die inwoners van die ander buitedistrik, Swellendam, het die voorbeeld van die Graaff-Reinetters gevolg.  Sestig gewapende manskappe het onder hulle “selfverkose nasionale kommandant,”  Petrus Delport, die drosdy van Swellendam beset en die landdros, Anthonie Faure, en drie heemrade verplig om hul ampte neer te lê.  Delport-hulle het ander administratiewe beamptes aangestel.  Daarna het hulle vir hulle ‘n raad, genoem die Nasionale Konvensie, onder presidentskap van Hermanus Steyn saamgestel.

 

Die burgers van albei distrikte het alle bande met die Kaapse regering en die Kompanjie verbreek.  Hulle was gewillig om hulle “laatste droppel bloed te presenteeren voor onze vrijheid, om onder onze vrije Republiecq te sorteeren.”  Daarmee het hulle nie bedoel om twee onafhanklike republieke te stig nie, maar dat hulle hulself eintlik onder die gesag van die Stategeneraal van Holland geplaas het.

 

So is die diktatoriale gesag van die H O I K,  wat ‘n eeu en ‘n half lank die koloniste geteister het en hul vooruitgang gestrem en belemmer het, afgewerp en beëindig, om net onmiddellik weer vervang te word  met ‘n langdurige Engelse arrogante verdrukking en agtervolging van die ergste graad, toe die tweede eeu van onreg teen die Afrikanervolk aangebreek het.

 

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 998 gaste aanlyn