NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Hoewel 'n mens in gebed enigiets van God kan vra, benadruk Johannes in 1 Joh 5 dat diegene wat iets in ooreenstemming met God se wil vra, daarop kan reken dat God dit wil en sal gee. Gebed is nie 'n manier om God se gedagtes te verander  (en Hom dus te manipuleer om jou wense uit te voer) nie. Om volgens God se wil te bid is ook nie 'n towerformule om te kry wat jy wil hê nie. Gebed is juis om jóú planne en ideale in ooreenstemming te bring met God s'n.

AS 'N ENGEL VERVEER (4)

Ds AE van den Berg

Lees reeks by As 'n engel verveer

GOLIAT WORD VERSLAAN

Dit lyk gewis na oorlog, my heer" sê Jeres aan Saul nadat hy van die grenswagte verneem het dat die Filistyne by Efes-Dammim tussen Sogo en Aséka saamgetrek het.

"Sal ons dan nooit van die verdomde heidene ontslae wees nie?" vra Saul vies en kyk sy leërowerste mismoedig aan.

"Dit lyk nie so nie, my heer" sê Jeres en sug ewe swaar.

"Hulle gee ons al sedert Samgar se dae onophoudelik probleme" voeg Saul en spuug op die grond.

Nadat die Filistyne destyds by Mispa verpletter is, was daar vir lank vrede in Israel.  Niemand het die volk van God gehinder nie.  Toe Saul later van 'n opbou van vreemdelinge op Israel se suidwestelike grens verneem, het hy geweet dat dit net die Filistyne kon wees en sy leër betyds in gereedheid gebring. Iewers het 'n skerpioen onder die sand geskuil.

"Wat stel jy voor moet ons doen?  Moet ons wag en sien wat gaan gebeur, of moet ons maar inklim en eerste slaan?" vra Saul sy leërowerste om raad.

"Ek dink ons moet die heidene maar die stryd aansê.  Hulle is nie vir ‘n magsvertoon nie. Hulle soek ons bloed!" antwoord Jeres en vryf liefdevol oor sy swaard.

"Ek trek môreoggend baie vroeg saam met julle op” sê Saul.

Drie dae slaan Jeres en sy manskappe kamp op teen die westelike berg by die dal van die terpentynboom reg oorkant die Filistyne.  Saul kyk na die dal met die pragtige terpentynbome voor hom.  Dis jammer dat sulke mooi natuurskoon 'n gevegsterrein moet word, dink hy by homself.

"Ek wonder waarom val die ellendelinge nie aan nie?" vra Saul sy leërowerste vererg.

"Ek verstaan dit nie, my heer” antwoord Jeres bekommerd.

"Die Filistynse leër het seker nie kom vakansie hou nie" spot Saul.

"Miskien is hulle maar baie versigtig, my heer" probeer Jeres na ‘n antwoord soek.

"Hulle beter versigtig wees!  Dié keer vernietig ons hulle eens en vir altyd.  Israel is keelvol vir hulle oorlogsugtigheid!" sê Saul vies.

Dan trek iets Jeres se aandag.  'n Reuse Filistyn stap tot in die middel van die dal.

"Kyk net daardie reus van 'n mens!" roep Jeres verbaas uit.

"Genugtig! Ek het nog nooit so 'n groot mens gesien nie!" se Saul en skud sy kop in ongeloof

Die heidenkryger is ongeveer drie meter lank en dra 'n kolossale koperhelm en swaar skeenplate aan sy bene.  Sy gepoleerde koper borswapen blink soos 'n spieël in die vroeë oggendson.

"Ek is Goliat, die onoorwinlike" bulder hy met 'n stem wat die kranse antwoord laat gee.

"Is julle bang om teen ons te veg?  Waarom kruip julle soos muise tussen die lang gras weg?  Is julle bang die Filistynse arend vreet julle op?" spot die reus en lag dat die rotse bewe.

"Ons wil met julle 'n ooreenkoms aangaan” bulder die reus. “Bring julle dapperste kryger om teen my te veg.  As hy wen, is ons julle slawe. Wen ek, is julle ons slawe! “

"Hoe kan ons so ‘n uitdaging aanvaar, my heer?" vra Jeres bekommerd.

"Het ons iemand wat met hierdie heiden kragte kan meet?" vra Saul skepties.

"Ons het niemand naastenby so groot soos hy nie, my heer" sug Jeres.

"Dan aanvaar ons vir eers nie die uitdaging nie.  Laat ons maar eers net swyg.  'n Verkeerde besluit kan ons duur te staan kom" sê Saul mismoedig.

"Kom julle lae misbaksels wat sê dat julle God die sterkste is.  Julle lieg!  Hy is nie!  Kom veg teen my dat ons kan sien wie se god die sterkste is!" daag Goliat die Israeliete weer uit.

"Hoe lank gaan hy nou al so aan?" vra Samma aan sy broers.

"Dis nou al die veertigste dag" antwoord Eliab en sug.

"Miskien moet ek hom maar gaan aandurf.  Ons kan nie langer soos muise tussen die gras bly skuil nie" sê Abinadab mismoedig.

"Moenie jou dapper hou nie!  Die reus is te sterk.  Hy sal enigeen van ons soos 'n vlooi tussen sy vingernaels dooddruk en nog daaroor lag!" sê Samma en gooi sy spies moedeloos langs hom neer.

Die drie broers is baie mismoedig.

"Is dit nie Dawid wat hier aankom nie?" vra Eliab toe hy die jong man in die veldpaadjie sien naderkom.

Samma en Abinadab kan hul oë nie glo nie.  Dis jou wrintiewaar hul jongste broer!

"Pa stuur vir julle kos" sê Dawid bly om sy broers te sien.

"Moes jy nie by die paleis gewees het nie?" vra Samma half onrustig.

"Koning Saul het my 'n paar dae verlof gegee om huis toe te gaan terwyl hy op die gevegsfront is" antwoord Dawid en sit die mandjie voor Eliab neer.

"Dis gaaf van jou om al die pad hierheen te kom" sê Eliab en loer in die mandjie.  Dit lyk lekker.

"Pa is bekommerd oor julle en het my gestuur om te sien hoe dit gaan" sê Dawid en gaan sit by sy broers.

Hulle is 'n hegte familie en bly om hom te sien.

"My naam is Goliat en ek daag enigeen van julle wat sê dat julle God lewe om teen my te veg.  Kom julle klomp bangesels, bring vir my julle beste vegter!  Ek is nie vir een van julle bang nie, nog minder vir julle God.  Niemand kan my oorwin nie.  Kyk na my, ek is julle god.  Aanbid my en word ons slawe!" spot die reus en lag met ‘n donderende stem.

"Wie is daardie heiden wat God so belaster?" vra Dawid ontsteld.

"Dis die reus wat ons nou al veertig dae lank tart" sê Bartog, een van die soldate wat by Dawid en sy broers kom sit het.

"Ek wens ons het 'n man gehad wat hierdie Filistyn se bek vir ewig kon toemaak!" sis Eliab deur sy tande.

"Ek wens ek het die moed gehad.  Koning Saul bied selfs rykdom en sy dogter in ruil vir 'n oorwinning aan" sê Bartog en sug swaar.

"Ek sal teen hom veg!" sê Dawid manhaftig.

"Jy is mal om die reus te wil aandurf!  Hy sal jou binne 'n oogwink die ewigheid instuur!" probeer Samma sin in sy broer se kop in te praat.

"Ek is nie bang vir hom of enige ander mens wat met my God spot nie!" sê Dawid en staan vasbeslote op.

"Mag God met jou wees, my broer" sê Abinadab en druk Dawid teen hom vas.

Die ander twee volg sy voorbeeld.

Wanneer Saul verneem dat daar iemand is wat Goliat se uitdaging aanvaar, laat hy hom roep.

"Is dit tog nie jy nie, Dawid?" vra Saul verbaas toe sy jong siterspeler voor hom staan.

"Dis net ek, my heer" sê Dawid en glimlag breed.

"Jy is seker nie ernstig om teen die heidenreus te wil veg nie?" vra Saul verbaas.

"Ek is, my heer.  Gee my net die kans.  Met die krag van God sal ek die spotter vir ewig stilmaak soos wat ek al in die verlede met 'n leeu en 'n beer gedoen het" antwoord Dawid dapper.

"Jy is maar net 'n seun en hy 'n gesoute kryger" protesteer Saul.

"Laat my nogtans toe om teen hom te veg, my heer.  God is met my" sê Dawid en kyk Saul vol in die oë.

Die onwrikbaarheid in die jongman se oë dwing agting af.

"Mag God met jou wees en jou behoed, my seun!" sê Saul en omhels die jongman.

"Mag ek maar my eie klere aanhou?  Ek is nie aan krygsklere gewoond nie" vra Dawid toe Jeres hom van krysgsklere wil voorsien.

Jeres knik instemmend.

Vroeg die volgende oggend beweeg Dawid ongemerk teen die berg af.  Hy het net sy staf en herderstas by hom.  By die spruitjie onder in die dal tel hy 'n paar ronde spoelklippies op en haal sy slingervel uit die tas.

Goliat kan sy oë nie glo toe die jong seun naderkom nie.  Dit kan tog nie Israel se dapperste kryger wees nie, dink hy by homself.  En dit nogal 'n bogkind!  Wie dink Israel is hy?  Ongeveer 100 meter van hom af, steek die reus oorbluf vas.  Sien hy reg of bedrieg sy oë hom?  Die seun het dan nie eens gevegsdrag aan of 'n wapen by hom nie, slegs 'n herderstaf.

"Is ek miskien 'n hond dat jy met 'n stok na my toe kom jou klein wurm?  Ek gaan jou nie net doodmaak nie, maar jou in fyn stukkies opkap vir die aasvoëls om op te vreet sodat jy voëlmis kan word!" skreeu die Filistyn verontwaardig.

Dawid kyk die briesende reus vreesloos aan.

"Jy kom tevergeefs met gevegswapens na my toe.  God gee jou vandag in my hand.  Ek gaan jou kop afkap en jou lyk saam met dié van jou volksgenote aan die wildediere en aasvoëls gee.  Dan sal almal weet dat daar net een God is, naamlik dié van Israel" sê Dawid en gaan 'n paar treë van die reus af staan.

Buite homself van woede storm Goliat op Dawid af.  Die jong Israeliet neem 'n klippie en plaas dit in sy slingervel en begin dit te slinger.  Wanneer die reus feitlik op hom is, trek hy los.  Die klip dring deur die heiden se skedel.  Wanneer ‘n bloedstraal by sy voorkop uitspuit, slaan hy bewusteloos op die grond neer.  Dawid hardloop vinnig nader, trek die reus se swaard uit sy skede en steek hom in die hart.  Goliat sterf  roggelend.

"Sy kop!  Sy kop!" skreeu die Israeliete buite hulself van vreugde.

Dawid tel die swaar bebloede swaard tot hoog bokant sy kop.  Dis so swaar dat sy bene onder hom wil swig.  Wanneer die hou val, rol Goliat se kop soos 'n granaat wat uit 'n boom val van sy lyf af weg.  Die Israeliete is rasend van blydskap!

Dawid staan roerloos en kyk na die kop met sy gapende mond.  Die mond wat soveel gelaster het, is nou stil.  God het dit vir ewig stilgemaak.  Dan raak die skare stil.  Alle oë is op Dawid.  Hy is hulle nuwe held.  Dawid tel die Filistyn se kop op en stap daarmee tot by Saul en gooi dit voor sy voete neer.

"Die Here het Israel vandag verlos, my heer!" sê hy en stap weg terwyl trane van dankbaarheid oor sy wange rol.  Die Here is goed!

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3077 gaste aanlyn