NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Die 'oumense' het graag gesê dat liefde blind is omdat die waarheid so lelik is. As jy in oorleg met God die regte lewenskeuses maak sal jy egter vind dat die waarheid pragtig en die liefde rein en baie aanskouelik is.

DIE BYBEL (30)

Dr JP Botha

Lees reeks by DIE BYBEL

Palestina, ‘n land van kontraste

‘n Strategiese ligging

Palestina (die huidige Israel) is – en was nog altyd – ‘n land van konflik.  In die verlede het dit baie te doen gehad met die strategiese ligging van die land.  Kyk ‘n mens op ‘n kaart, sien ‘n mens dat Palestina soos ‘n brug tussen die groot moondhede van die antieke tyd gelê het.  Egipte was een van die groot magtige lande van daardie tyd.  Die twee ander belangrike areas was Giekeland/ Italië (die Romeine) in die weste en die area na die ooste waar die hedendaagse Irak lê.  Noodwendig moes hierdie groot moondhede met mekaar handel dryf, en die groot prys was natuurlik as hierdie lande mekaar kon verower, soos Alexander die Grote van Griekeland in die vierde eeu vC met Egipte en Babilonië gedoen het.

Maar hoe het die Grieke in Egipte gekom?  Die kortste pad was al met die kus langs, en dit neem hulle in die middel van Palestina deur.  As Palestina nie wou gehad het dat hulle daarlangs moes beweeg nie, kon hulle nie in Egipte uitkom nie.  Hulle kon nie óm Palestina trek nie, want aan die een kant was ‘n woestyn en aan die ander kant die see.  Dieselfde het vir die Assiriërs, Babiloniërs (die huidige Irak)  gegeld.  Hulle kon nie deur die woestyn trek nie en het dus om die woestyn tot bokant Palestina gereis en dan verder deur Palestina na Egipte. Die smal strook tussen die Middellandse See en die Arabiese woestyn was maar tussen 80 en 120 kilometer breed.  Palestina was dus die brug tussen die beskawings van destyds.  Daarom was daar gedurig oorlog, want wie hierdie stuk land beheer het, het die brug tussen hierdie beskawings beheer.  Palestina was die mees strategiese stuk grond in die westerse wêreld.

Van woestyn tot woud

Palestina is ‘n land met uiteenlopende klimate; van woestyn tot heuwelland, vrugbare valleie, berge met sneeu en ‘n vrugbare rivier met groot mere.

Die bekendste kenmerk is waarskynlik die Jordaanvallei.  Die Jordaan begin in die Hermonberge in die noorde (by Sesarea-Fillipi  waar Jesus sy dissipels gevra het wie hulle dink Hy is) en loop in twee mere in waarvan die See (Meer) van Galilea of Tiberias die belangrikste is (dertien kilometer wyd en 21 kilometer lank.) Van die See van Galilea af loop die Jordaan vir 105 kilometer kronkelend suidwaarts deur ‘n vallei tot dit in die Dooie See uitmond.  Dié vallei is ‘n natuurlike skeur in die aardkors.  Die Jordaan kronkel só dat dit meer as twee maal sy lengte sou wees as dit pylreguit was.

Die Dooie See (in die Ou Testament word dit dikwels die Soutsee genoem) is natuurlik om verskeie redes interessant.  Dit is die laagste punt in die wêreld: dit lê ongeveer 393 meter onder seespieël met die diepste punt ongeveer 800 meter of meer onder seespieël  Omdat dit ook geen uitloop het nie en die water van die Jordaan al die soute uit die mineraalryke grond in die Dooie See inspoel , is die water baie souter as seewater, sodat mens op die water kan dryf.  Vir eeue reeds word die minerale ontgin en gebruik.

Omdat Jesus uit Galilea kom, is dit ‘n tweede bekende gebied.  Galilea het ook sy eie geografiese eiesoortighede.  Galilea is hoofsaaklik ‘n heuwelagtige hoogland wat geleidelik oploop na die Libanonberge in die noorde. Die laerliggende dele is vrugbaar  en daar is reeds in die tyd van Jesus graan en vrugte gekweek.  Hoe hoër ‘n mens opgaan, hoe onvrugbaarder word die land.  In die berge in die noorde is daar woudstreke. Die Libanonberge was ook bekend vir die seders wat in die noorde gegroei het.  Vandag is die seders feitlik uitgewis.

Die vis uit die see van Galilea het ‘n belangrike bydrae tot die ekonomie van hierdie streek gelewer.  Ons weet dat Petrus-hulle ‘n visbesigheid met hul eie bote gehad het.

‘n Ander streek wat duidelik uitstaan, is die kusstrook of  kusvlakte. Die strook strek oor 200 kilometer, van die grense van Libanon in die noorde tot by Gasa in die suide.  Dit is die tradisionele woonplek van die Filistyne.  Hulle was ywerige kusvaarders.  Daar was altyd maar spanning tussen hierdie kusbewoners en die Israeliete en Kanaäniete, wat in die heuwelagtige binneland gewoon het.

Hierdie kusstrook het sandduine, moerasagtgheid en bosse.  Dit was nie baie geskik vir landbou nie.  Die interessante is dat die Jode ook nooit regtig kusvaarders geword het nie, miskien omdat daar nie regtig ‘n geskikte hawe aan die kus suid van die Karmelberg was nie.  Herodus die Grote was die eerste een wat ter wille van handel ‘n kunsmatige hawe by Sesarea  gebou het, waarvan die ruïnes vandag nog sigbaar is.  Dit het nie lank voor Jesus se geboorte gebeur nie.  Noord van die Karmelberg het die kusstrook vernou en was die kus meer geskik vir hawens.  Die Fenisiërs het hulle vaardighede as seevaarders en handelaars van hieraf (Tirus) beoefen.

Die middelste gedeelte van Palestina, tussen die kusstrook en die Jordaanvallei, wat tot twaalf kilometer breed is, is heuwelagtig.  Jerusalem is op verskeie heuwels gebou,  Daarom hoor ons van die verskillende valleie  om Jerusalem, byvoorbeeld die Kidronvallei, waar die tuin van Getsemane geleë was.

In die noorde begin die heuwelagtige strook by die berg van Karmel aan die kus.  Hierdie heuwelagtige strook van die  Karmelberg af sny die kusstrook in twee.  Noord lê die kusstrook van Aser en suid die kusstroke van Filisea en Saron.  Omdat die heuwelgebied moeilik begaanbaar is, het die paaie nie deur dié gebied geloop nie.  Die kusstrook of die gebied aan die oorkant van die Jordaan was meer gewild onder die reisigers.

Dit was ook moeilik om hier landbou te beoefen.  Die boere het terasse gebou, en natuurlik was daar ook goeie weiding vir vee.

In die gebied oorkant die Jordaan,  Transjordanië, het ons nog hoër heuwels en berge as in die sentrale gebied van Palestina.  Dit vorm ‘n hoogland en is geskik vir boerdery omdat dit genoeg reën kry.  Dit vorm ‘n vrugbare buffer van sowat 30 kilometer breed tussen die droë Arabiese woestyn en Palestina.  Dit was die gebied waar die Moabiete asook die stamme van Ruben en Gad gewoon het.  Omdat dit ‘n vrugbare hoogland was, was dit ideaal vir reisigers.  Die “koninklike hoofweg” het daarlangs geloop. Ons lees ook dikwels in die Bybel dat mense deur die Transjordaniese gebied gereis het as hulle byvoorbeeld tussen Galilea en Jerusalem wou reis.

‘n Mens sou seker die Megiddoplein as die broodmandjie van Palestina kon beskryf.  Dit is ‘n heuwelagtige gebied in die noorde van die land.  ‘n Pragtige vrugbare plein wat Galilea van die noordelike bergreeks afsny.  Daar is ook baie oorloë hier geveg.

In die suide is die woestyngebied, ook bekend as die Negebwoestyn. In Hebreeus beteken negeb “droog”.  Dit is nie heeltemal sand soos die Namib of die Sahara nie, maar is dor.  Daar val minder as 50 millimeter reën per jaar.  Daar is tog ook Oases, soos die bekende Jerigo.  In die heel suidelike deel loop die Negeb in die Sinaïwoestyn in.

Om Egipte te bereik, moet mens deur die woestyn reis.  Daarom was putte van soveel belang.

Die klimaat

Die kusstreek het matige Meditereense winters (gemiddeld 12 grade in die winter in Januarie) terwyl dit heelwat kouer in die heuwelagtige binneland is (gemiddels 7 grade C in die winter in Januarie).  In die somer is die temperature min of meer oral warm.

Dit is ‘n  winterreënvalgebied.  Die eerste reëns begin in Oktober en duur tot Januarie en die laat reëns van in April tot Mei.  Die gemiddelde reënval wissel van 40 sentimeter aan die kus tot sowat 75  sentimeter per jaar in die hoër gebiede van Galilea en die Transjordaanse hoogland.  Soos ‘n mens suid geweeg, word die gebied al hoe meer woestynagtig en kan as steppe geklassifiseer word.  Die reënval neem ook af en die temperatuur kan 40 grade C haal.

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1079 gaste aanlyn