NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

God het geen behae in die dood van die goddelose nie maar dat hy hom moet bekeer. Wat doen ons om mekaar te waarsku teen verkeerde dinge? Sluit ons liewe  vredesonthalwe ons oë toe vir ons kinders en geliefdes se sondige lewens? God sê dat daardie verlore siel se bloed dan aan ons hande sal wees. As ons die persoon wel waarsku en hy gaan voort om in goddeloosheid te leef, sê God dat ons daardeur ons eie siel gered het (Eség 33).

DIE BYBEL (41)

Lees reeks by DIE BYBEL

Dr JP Botha

Tweelingseuns

Die antieke mens het geglo dat veral die laaste woorde wat ‘n mens op aarde praat, groot krag het.  Daarom word Isak se sterfbedwoorde hier opgeteken.

Voor hy praat wil Isak eers saam met sy oudste seun eet.  Rebekka steek ‘n stokkie voor die destydse gebruik dat die oudste seun altyd die voorreg ontvang om die leier van die groep te word en die naam van die groep voort te sit.  Jakob deel sy ma se siening.  Hy het geen beginselbesware om saam te jok nie, maar is net bang dat hy uitgevang sal word.   Die blinde Isak laat hom oortuig dat Jakob sy oudste seun is en spreek die seën oor hom uit:  materiële seën wat vrugbaarheid, voorspoed en rykdom insluit, en politieke seën wat daaruit bestaan dat ander nasies hom sal dien.

Wanneer Isak ontdek dat hy bedrieg is, huil hy hartverskeurend saam met sy oudste seun wat sy gunsteling is.  As troos kry hy die belofte dat sy onderwerping aan sy broer nie permanent hoef  te wees nie.  So word die geskiedenis van Israel (Jakob) en Edom (Esau) oor baie eeue aan die hand van Isak se seën verklaar.  Vir lang rukke sou Israel oor Edom heers. Maar met tye het Edom in opstand gekom en soms selfs die oorhand gekry.  Wanneer Juda in 722vC deur Babilonië in ballingskap weggevoer word, is Edom dadelik by om die vlugteling-Judeërs uit te lewer aan die Babiloniërs en om die mense van Juda verdere skade te berokken.

Natuurlik het Esau ‘n appeltjie met sy broer te skil gehad, en hy wag net tot sy pa doodgaan.  Rebekka hoor dit en stuur Jakob onmiddellik weg  na haar eie familie in Haran.

Jakob, mens in konflik:

Konflik met Esau

Die eintlike rede vir Jakob se vertrek word versag deur die motief dat hy nie moes ondertrou met mense van ander godsdienste nie.  Daarom plaas Isak sy offisiële seën op Jakob se vertrek.

Bemoediging

‘n Mens sou verwag dat as die Here vir Jakob op die pad na die vreemde ontmoet,  Hy sou praat oor die wyse waarop Jakob die eersgeboortereg gesteel het.  Die Here herhaal die beloftes wat soos ‘n refrein deur die aartsvaders se lewens loop: ‘n groot nageslag en die seën van die Here, leiding en land.  Die Here beloof:  “Ek is by jou,  Ek sal jou beskerm, en ek sal jou terugbring na hierdie land”.  Jakob reageer op die openbaring in die droom: hy bely dat die Here sy God sal wees as die beloftes waar word.  Hy skep die aanbiddingsplek waar die openbaring plaasvind en hy onderneem om tiendes vir die Here te gee.

Kuller:  Jakob gekul

In die Bybel ontmoet mense mekaar dikwels by ‘n put, omdat hulle soveel tyd daar by hul vee deurgebring  het.  Jakob ontmoet Rachel daar.  Kort voor lank is hy verlief op die mooi meisie, maar kan nie die duur bruidsprys betaal nie.

Die antieke mens moes ‘n bruidsprys aan die pa van die bruid betaal wat as sekuriteit gedien het  indien die eggenoot iets sou oorkom.  Lea en Ragel besef albei dat die bruidsprys wat hulle pa vir hulle gekry het buitensporig hoog was: veertien jaar se arbeid!

Sy aanstaande skoonpa maak egter ‘n bedrieglike ooreenkoms met hom.  Hy laat hom jare lank werk om sy bruidsprys te verdien.  Wanneer hy uiteindelik met die meisie van sy drome trou, vind hy uit dat hy die ouer suster, Lea, gekry het.

Die bedrieër het hom nou vasgeloop in iemand wat  selfs nog beter is in die kuns om ander te bedrieg.  Jakob is egter ‘n verliefde man en hy werk verder om Ragel ook te kry.

Lea en Ragel – Lea se naam beteken moontlik “koei”.  Sy kry haar naam van haar “sagte oë” wat aan ‘n koei se oë herinner het.  Ragel se naam beteken “skaapooi”.  Antieke mense se name het betekenis gehad.  Dit was gladnie beledigend bedoel as jou ouers jou na ‘n mak dier vernoem het nie.

Konflik oor kinders

Genesis 29: 31-35 vorm die kern waarom die Jakob-verhale draai en word omring deur die konflik met en kullery van Jakob.  Die onderlinge tema van die gedeelte is die Here se belofte van ‘n groot nageslag van Abraham. Lea is die minder geliefde en die Here sien dit raak en troos haar met kinders.  Die onreg word reggestel.  Ragel sukkel om kinders te hê.

Uit pure desperaatheid gryp Ragel na ‘n volksgeloof dat liefdesappels vrugbaarheid bevorder.  Wanneer sy uiteindelik ‘n seun het, noem sy hom Josef, wat “ag geslaan” of  “aan haar gedink” beteken.

Liefdesappels is onder die bed geplaas in die geloof dat dit tot bevrugting sal lei.

Kuller:  Laban gekul

Die drie gedeeltes wat nou volg, het almal met kullery te doen.

In die eerste vertelling wil Jakob terugtrek na sy ouerhuis.  Laban is nie daarmee geneë nie omdat hy besef dat Jakob ‘n geseënde van die Here is en dat hy daardeur bevoordeel word.  Jakob se “u hoef my niks te betaal nie” is ‘n oud-Oosterse manier van hoflikheid om die bedinging op die tafel te kry.  Natuurlik wil Jakob  vergoeding hê vir die lang jare van diens aan sy skoonpa.  Hy beding ‘n aanteel in die aanteelvee.  Hy kies die onwaarskynlikste deel van die aanteelvee.

In die Midde-Ooste was bokke meesal swart of bruin en skape meesal wit.  ‘n Afwyking was ‘n uitsondering.  Jakob kies die uitsondering, naamlik bont vee.  Hy probeer die kleur van die vee manipuleer deur wit en swart strepe in die drinkwater te sit.  So bou hy sy eie kuddes.  Eers agterna besef hy dat dit eintlik die Here was wat die onreg reggestel het wat sy skoonpa teen hom gepleeg het.

 

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 971 gaste aanlyn