NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

"As ons ooit sou moes veg vir ons voortbestaan en ons vaderland, laat geen mens en geen staat daaroor twyfel hê dat ons dit sal doen nie. Dit is ons land, ons erfenis, waarmee al ons verwagtings en ons verlangens diep verbonde is en waarin ons onder leiding van die Almagtige al die probleme sal oplos op ons eie manier tot almal se voordeel en geluk." – Dr HF Verwoerd 1963

DIE BYBEL SONDER DRUKPERS

DIE  BYBEL (4)

(Lees reeks by DIE BYBEL)

Die “skrifgeleerdes” hou die Ou Testament lewendig en beskikbaar

Die Hebreeuse alfabet is baie oud en het waarskynlik al bestaan toe die Jode Kanaän ingeneem het.  Toe al het hulle hul geestelike ervarings met God neergeskryf. Die wet is byvoorbeeld in geskrewe vorm in die ark gesit.  Hoewel mense baie op mondelinge stories staat gemaak het, was die stukkies godsdienstige dokumente tog daar om hulle mondelinge tradisies in die regte rigting te laat ontwikkel.  Die wet het hulle herinner aan watter God hulle aanbid en daarom was dit die fokus van hulle verhale.  Behalwe die wet is daar soms ook aantekeninge gemaak oor politieke ontwikkelings, die doen en late van konings, algemene daaglikse sake, bouplanne en so meer.

Hoewel die Joodse kinders geleer is om die wet te lees en te skryf, was daar spesiale skrywers in Israel.

  Hulle was bekend as die skrifgeleerdes.  Esra was so ‘n persoon.  Aanvanklik het hulle vir die konings gewerk.  In Jesus se tyd was hulle soos prokureurs, maar het net meer gedoen.  Hulle moes dokumente en ooreenkomste opstel en regsprobleme oplos.  Hulle moes die Skrif kopieer, moes die Skrif bestudeer en as onderwysers van die Skrif optree deur vir mense te preek, asook ander as skrifgeleerdes op te lei.  Hulle was dus die geleerde groep in die gemeenskap.

Omdat skryfmateriaal so skaars was, moes hulle baie mooi en netjjies skryf.  Dit het spesiale opleiding gevra. Hierdie skrifgeleerdes het ook verseker dat die godsdienstige dokumente nie verlore gaan nie, maar het dit getrou gekopieer.

Die proses van oorskryf van die antieke dokumente

Daar was destyds nie drukperse nie.  Die boeke moes moeisaam met die hand oorgeskryf word.

Materiaal
Eintlik is daar destyds op alles moontlik geskryf:  op potskerwe, velle, bene, papier, klip en wat nog alles. Die mees algemene gebruik was om op vel (vellum) of papier (papirus) te skryf.  As iemand in die openbaar vereer is, is daar gewoonlik vir hom ‘n monument van klip opgerig en dan is al sy goeie dade op die klip uitgeskryf.

Papirus is gemaak van die papirusplant wat langs riviere soos die Nyl gegroei het. Die plant het hoog gegroei (3 meter) en ‘n driehoekige vorm gehad. Binne-in het die plant sulke lang drade gehad wat dit sterk gemaak het.  Die plant is langs die drade af in repe gesny.  ‘n Laag van die papirus is dan uitgepak met ‘n tweede laag wat dwarsoor die eerste laag gelê is. Dit het ‘n sterk papier gemaak. Velle is aanmekaar geplak om ‘n lang stuk te vorm. Die lang stuk papier is dan opgerol in ‘n boekrol. Boeke soos ons dit ken, is eers in die tweede eeu nC deur Christene “ontdek”. Die rolle was te moeilik om te lees en te hanteer sodat die “boek” toe uitgedink is.

Vellum
Velle is skoongemaak en goed gebrei. Dit is dan as skryfmateriaal gebruik.  Ink was roet wat met water gemeng is

Kopiëring
Boeke moes met die hand oorgeskryf word. Dit kon op verskillende maniere gedoen word.  ‘n Skrywer  (skrifgeleerde in die Joodse situasie en monnike of priesters in geval van die Christene), kon of die dokument wat oorgeskryf moes word langs hom hou en dan oorskryf, of iemand kon die teks voorlees en dan kon ‘n paar skrywers tegelyk kopieë maak.

Albei hierdie metodes het egter veroorsaak dat daar kleiner foute in die gekopieerde tekste ingesluip het, al is dit na die tyd deur ‘n “twee leser” nagegaan.  Tipiese foute was byvoorbeeld:

Leesfoute
As twee opeenvolgende lyne op ‘n bladsy met dieselfde woorde eindig, kon jou oog “spring” en een sin uitlos, want jou kop het heen en weer beweeg. Woorde kon ook maklik oorgeslaan of verkeerd gespel word.

Dikwels het skrywers dele van die Bybel uit hulle kop geken, byvoorbeeld die Onse Vader.  Markus het  byvoorbeeld ‘n deel,  “aan U behoort die...” by, maar dit is nie deel van Matthéüs nie. Dit het egter gebeur dat ‘n skrywer nie na die teks gekyk het nie en sommer uit sy kop geskryf het.  So kon hulle Markus se teks by Matthéüs ingeskryf het.  Dit was nie oorspronklik daar nie.

Skryffoute 
Sommige woorde klink dieselfde, maar ‘n mens skryf dit verskillend. As iemand vir jou lees, weet jy nie altyd watter woord bedoel word nie en dan kan jy dalk die verkeerde een neerskryf.

Die skrywers is nie toegelaat om te gesels onderwyl hulle gekopieer het nie. Dit het gebeur dat hulle vir mekaar opmerkings skryf in die kantlyn van die dokument wat hulle besig was om te kopieer.  Daar is dan vergeet om dit uit te vee. Die persoon wat die teks later ontvang (op ‘n ander plek) kan dan dink dat die woorde deel van die oorspronklike teks was en dit invoeg.  In 1 Johannes 5 vers 7 het ons selfs ‘n geval waar een van die skrywers bewustelik ‘n stuk in die teks ingevoeg het.  Hy het dit gedoen om die leer van die Drie-eenheid te ondersteun.

Ten spyte van hierdie moontlikhede om foute te maak, is die Bybel tog merkwaardig akkuraat oorgelewer. Die kleiner foutjies maak geen verskil aan die boodskap nie. Daar is in die Bybelwetenskappe egter ‘n spesiale wetenskaplike metode ontwikkel om hierdie foute te probeer opspoor en uitskakel, naamlik tekskritiek.

Tekskritiek 
Die Bybel is baie gekopieer deur die monnike.  Die probleem is egter as een monnik ‘n fout maak en die manuskrip met die verkeerde teks na ‘n ander klooster stuur, sal al die manuskripte wat verder van daardie verkeerde teks afgeskryf word dieselfde fout bevat, want die nuwe kopieerders sal dink dis hoe dit hoort.

Deur dus te kyk watter foute manuskripte bevat, kan daar bepaal word waar hulle vandaan kom.  Daarom word daar van “families van tekste”  gepraat.  ‘n “Familie” is tekste met dieselfde foute in.  Die geheim van tekskritiek is om by die teks uit te kom wat die minste foute in het en so na as moontlik aan die oorspronklike teks was. Daarom is daar byvoorbeeld kleiner verskille in die 1933\ 1953- en 1983-vertalings in Afrikaans. Laasgenoemde het manuskripte gebruik wat volgens die huidige kennis die naaste aan die oorspronklike is, terwyl die 1933-vertaling in sommige gevalle swakker tekste (“formules”) gebruik het.

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1205 gaste aanlyn