NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

 

Net jy kan besluit of jy 'n gelukkige mens of 'n slagoffer van die lewe wil wees. Vertrou op God viralles en word 'n gelukkige mens.

VERSKEIE BEGRIPPE VAN BYBELLEES

DIE BYBEL  (5)

Lees reeks by: DIE BYBEL

VERSKILLENDE MANIERE WAAROP DIE BYBEL AL GELEES IS

Die Bybel is al op baie maniere gelees en vir almal het dit geestelik iets beteken, afhangende van hoe mense die Bybel sien. Sommige lê klem op die magiese kragte van die Bybel.  Die Bybel word vir sy krag gebruik en nie vir sy boodskap nie. Stukkies daarvan word om die nek gedra of onder die kopkussing gesit vir krag en beskerming. Spesiale dele uit die Bybel word ook oor en oor geresiteer om krag in die hande te kry. In baie gevalle word die Bybel oopgemaak en met die vinger op ‘n vers gedruk en dan word dit as die direkte, “natuurlike” boodskap van God gesien.

Naïef

‘n Baie algemene lees van die Bybel is impressiewe of naïewe lees. Mense tel die Bybel op, lees ‘n vers en pas dit direk op hulle geestelike lewe toe, sonder om te vra wat die gedeelte in sy oorspronklike konteks beteken het.

Dogmaties

Die Bybel is in die verlede en word nog in sommige kerke dogmaties gelees.  Daar word nie gevra wat die Bybel se boodskap self is nie. Daar word eerder net bewyse (verse)  uit die Bybel gesoek om die leer of tradisie van die kerk te bevestig.

Allegories

Die Bybel is ook deur die eeue allegories gelees. Dit beteken om aan alles in die Bybel ‘n geestelike boodskap na goeddunke te te ken.  Die vyf klippies van Dawid waarmee hy Goliat gaan aandurf het, is geloof, liefde, of wat ook al. Goliat is natuurlik die duiwel. Daar is niks in hierdie teks wat die geestelike boodskap suggereer nie, maar die leser besluit self wat hy in die gedeelte wil inlees.

Allegorie was baie gewild onder die kerkvaders. Daarvolgens ken ‘n mens ‘n geestelike betekenis toe aan ‘n gedeelte, sonder dat die gedeelte dit sê. Jy besluit self wat die teks wil sê deur te sê wat die verskillende dele van die teks beteken. Die vyf klippies wat Dawid opgetel het om teen Goliat te gaan veg word byvoorbeeld “gebed”,  “Bybelstudie” en  “geloof”. Goliat word die duiwel.  Maar dit is nie wat die gedeelte bedoel het nie.

Histories

Dan is daar ‘n historiese lees van die teks. Van die vroegste tye af is daar erken dat die Bybel in sy konteks gelees moet word. Dit het die Antiogeense skool in Sirië gedoen, maar almal het dit nie gedoen nie en die Bybel is dikwels naïef, dogmaties en allegories in die kerk gelees.

Met die Hervorming het dinge egter radikaal verander. Luther het gesê almal moet die Bybel kan lees en nie net die priesters of dominees nie. Dit het die Bybel op die lessenaars van gewone Christene, asook van die professors by universiteite geplaas. Laasgenoemde het gevra wat die Bybel presies is. Dit is geskiedenis wat in literatuurvorm neergeskryf is, is gesê. Daarom moet daar metodes wees om die geskiedenis te ondersoek en daar moes metodes wees om die literatuur te ondersoek.

Toe het daar in die  negentiende tot twintigste eeu die histories-kritiese metode ontwikkel, om die geskiedenis van Israel,  Jesus en die vroeë kerk te skryf.  Tekskritiek en bronnekritiek het gevolg, en vormkritiek, wat gekyk het watter soort literatuur alles in dokumente gebruik word. Daaruit kon ‘n mens aflei wat alles in die gemeente gebeur het. As jy baie nagmaalstukkies of sendingstukkies in byvoorbeeld Matthéüs kry, kan jy aflei dat die twee sake baie belangrik was in die gemeente aan wie Matthéüs geskryf het.

Tradisiekritiek het gekyk hoe gedagtes uit die Ou Testament in die Nuwe Testament ontwikkel word.  Redaksiekritiek het gekyk hoe die individuele skrywers, soos Matthéüs of Lukas, die bronne wat hulle gebruik het, redaksioneel verander het. Op dié manier wou die wetenskaplikes die geskiedenis van die tekste en die kerk probeer beskryf.  Die Jesusnavorsing, waar die sogenaamde historiese Jesus gesoek word, is ‘n uitloper van hierdie historiese benadering.

Daar word onderskeid getref tussen die historiese Jesus en die verheerlikte Christus. Die Nuwe Testament is eers na Jesus se opstanding geskryf en alles wat oor Hom gesê word, word deur die bril van die verheerlikte en opgestane Here (verheerlikte Christus) gesien. Die Evangelies is dus boeke oor Jesus. Dit is ander se vertellings oor Hom. Maar hoe was Hy self?  Kan ons uit die vertellings wat tussen 30-60 jaar na sy geboorte geskryf is, die “skille” van ander se woorde afsny en uitkom by wat Christus self gesê en gedoen het (dus die historiese Jesus)?

Toe het daar na 1970 ook nog literatuurwetenskap ‘n groot rol begin speel. As ‘n mens die struktuur van ‘n teks kan vasstel, dan het jy die betekenis van die teks.  Toe volg  resepsieteorieë en dekonstruksieteorieë, wat die rol van die lesers beklemtoon het en tot posmodernisme gelei het, naamlik elkeen het die reg om uit die teks te haal wat hy wil.

As elkeen kan dink en glo wat hy wil en uit die teks kan haal wat hy wil, is die Skrif dan nog gesagvol?  Is daar dan nog iets soos ‘n sentrale boodskap wat almal sal kan raaklees, maak nie saak wie hy is nie, of verskil dit maar van mens tot mens?

Maar wat van die Bybel?

Dis baie belangrik om vir jouself te sê wat die Bybel vir jou presies beteken.  Is dit ‘n magiese boek, is dit die fontein waaruit God se Woord direk vir jou vloei, is dit geskiedens of net literatuur?  In die akademiese wêreld word op verskillende maniere na die Bybel gekyk en geglo dat nie een perspektief op die Bybel reg is nie. Daarom word ‘n omvattende lees van die Bybel voorgestaan.  Dit is om na die teks te kyk as venster,  skildery en spieël.

(Volgende keer kyk ons hoe ‘n mens die Bybel moet lees).

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1095 gaste aanlyn