NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Daar is 'n egte manier om jou rykdom te meet: moet dit nie meet aan wat jy besit nie maar meet dit aan dié dinge wat jy nooit vir geld sal verruil nie.

DIE BYBEL (9)

Dr JP Botha

Lees reeks by DIE BYBEL

DIE APOKRIEWE BOEKE

Ons gaan eers ‘n bietjie kyk na die Apokriewe van die Ou Testament. Die Griekse vertaling van die Ou Testament asook die Rooms-Katolieke Bybel bevat twaalf boeke of byvoegings by Hebreeuse boeke, wat deur die Protestante die apokriewe boeke genoem word.  Hierdie boeke is in die Griekse vertaling opgeneem, maar deur die Jode uitgelaat tussen die boeke wat hulle besluit het deel van hulle kánon (gesaghebbende geskrifte) moet wees.

Hierdie besluit is moontlik aan die einde van die eerste eeu nC geneem, alhoewel die Jode vir ‘n lang periode oor die onderwerp gedebatteer het. Omdat dit in die Griekse kánon opgeneem is, het die vroeë Christelike kerk dikwels van hierdie boeke en byvoegings gebruik gemaak.  Hul posisie in die Christelike Bybel is nooit volledig uitgeklaar nie tot die Rooms-Katolieke Kerk in die 16e eeu in reaksie op die Protestante se besluit om dit nie in die kánon op te neem nie, besluit het dat dit wel deel van die Roomse kánon is.  Die Hervormers het toegegee dat die boeke gelees kan word, maar het bepaal dat leerstelling nie daaruit geformuleer mag word nie.  Gelowiges mag dit lees tot eie bemoediging.

Die boek Esdras
Dit bestaan uit sewe visioene.  Die eerste visioen verduidelik hoekom Sion (Jerusalem) so ly, terwyl haar sonde nie so groot is soos dié van haar verdrukker nie.  Die tweede visioen stel die vraag hoekom God se uitverkore volk Israel, oorgegee is aan ander nasies.  Die derde visioen  vra hoekom die Jode nie die aarde beërwe nie.  Die vierde visioen sien ‘n vrou wat treur (Jerusalem).  Die vyfde visioen wys ‘n arend met twaalf vlerke en drie koppe.  Die sesde visioen is van ‘n man wat uit die see kom en ‘n klomp mense vernietig.  Die laaste visioen is van Esra wat die heilige boeke van die Hebreërs red.

Tobit
Is ‘n kortverhaal oor ‘n regverdige Hebreër, wat as deel van die Noordryk in ballingskap weggevoer is saam met sy seun Tobias.  Terselfdertyd bid Sara, ‘n jong Hebreeuse vrou van Ekbatana in Egipte, vir redding van die demoon Asmodeus wat reeds sewe keer haar eggenote op haar huweliksnag vermoor het.

Judit
Is die verhaal van ‘n moedige jong Joodse weduwee.  Haar tuisdorp word beleer deur Holofernes, koning Nebukadnesar se leerhoof.  Judit gaan na die kamp van die vyand met die doel om geheime aan die hoof mee te deel.  Sy kuier tot laat in die nag by hom, waarna sy sy kop afkap en na haar mense terugneem, ensovoorts.

Byvoeging tot Daniël kom in die Griekse vertaling, die Septuagint voor.  Die gebed van Asarja, wat die jongman se gebed in die vuuroond is, is aan Daniël 3 geheg, naas die Lied van die Drie Heilige kinders wat hulle sing as hulle in die vuur rondstap.  Dit bevat ook die verhaal van Susanna, die pragtige en deugdelike vrou van ‘n ryk Jood in Babel.  Die stories van Bel en die Draak toon die dwaasheid aan om afgode te aanbid.

Byvoegings tot Ester behels ses gedeeltes wat by die Hebreeuse teks ingevoeg is., soos Mordegai se droom, Ahasveros se bevel om die Jode dood te maak, Ester en Mordegai se gebede, ensovoorts.

Dan is daar ook die gebed van Manasse, en die Brief van Jeremia aan die ballinge in Babel.

Die boek van Barug is in vier dele geskryf en  is veronderstel om die werk van Jeremia se sekretaris te wees.  Hy spreek die Babiloniese ballinge toe, hy besing die wysheid en laat Jerusalem ‘n klaaglied oor die ballinge sing.

‘n Baie belangrike geskrif is Die Wysheid van Salomo. Dis ‘n oproep om wysheid as hoogste ideaal na te jaag.  Die eerste vyf hoofstukke beskryf die seëninge wat op Jode wag wat wysheid met hul hele lewe nastreef. Daar is vier hoofstukke wat die lof van goddelike wysheid as ‘n vroulike hemelse wese voorstel en tien hoofstukke verder beskryf Israel se geskiedenis in breë trekke.

Die Apokriewe van die Nuwe Testament
Dit verwys breedweg na die boeke wat lyk of dit oorspronklike getuienis oor Jesus en die apostels bevat, maar wat nie in die Bybel opgeneem is nie.  Dit word in die vorm van evangelies, handelinge en briewe aangebied en die meeste is tussen die tweede en negende eeu geskryf.  Dis in baie verskillende tale geskryf, soos Latyn, Grieks, Kopties, Siries, Arabies en Slavonies.

Daar word in die laaste tyd gesê dat die apokriewe Evangelie van Tomas ouer is en waarskynlik meer betroubare inligting oor Jesus bevat as van die ander evangelies in die Nuwe Testament.

Die name van die boeke:
Evangelies:
Die proto-evangelie van Jacobus, Evangelie van Tomas, Evangelies van Petrus, Nicodemus, Maria, Filippus, die Ebioniete, die Hebreërs, die Egiptenare.

Handelinge: Handelinge van Johannes, Petrus, Paulus, Andreas en Tomas, Andreas, Petrus en Paulus, Petrus en Andreas, Andreas en Mattias, Filippus , Taddaeus, Petrus en die Twaalf Apostels, die Martelaarskap van Matthèüs en die Slavoniese handelinge van Petrus.

Hierdie boeke het veral die dade van die apostels in die oog.  Hulle is geïnteresseerd in hoe die apostels dood is en ‘n mens kan selfs lees van luise wat vir Johannes gehoorsaam en van ‘n leeu wat gedoop is.

Briewe: 3 Korintiërs, Brief aan die Laodisense, Briewe van Paulus en Seneka, Jesus en Abgar, Preud-Titus.

Apokalipse (Openbaring):  Apokalipse van Paulus, Maria, Sofonias, Tomas, Elia, twee van Jacobus, drie van Petrus, die Wysheid van Jesus Christus, die Brief van Petrus aan Filippus.

Die Apokalipse is almal pseudoniem (onder skuilnaam geskryf) en beskryf die goddelike openbarings wat deur een of ander Bybelse figuur ontvang is.  Hulle konsentreer veral op beskrywings van die hemel en die hel of hoe ‘n mens gered kan word.

 

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1081 gaste aanlyn