NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Voel jy dat jou laste te swaar druk?   Kniel dan neer!  Want met elke neerkniel sal jou las ligter word!  Vertel God alles.  As jy Hom al die stukke gee, wil Hy jou gebroke hart heelmaak!

EK HET GESTERF ! (15 - SLOT)

Hierdie naby-dood ervaring is in Afrikaans vertaal en neergeskryf

deur Anita Joubert

Jesus het baie ernstig vir my gesê: “Nick, jou lewenswyse en jou gedobbel, lei tot jou ewige vernietiging. Jy moet nóú kies watter pad jy wil volg. Wil jy voortgaan om afgode te aanbid, of kies jy My – die weg, die waarheid en die lewe?”

       My naam is Nick Carter. Ek is 35 jaar oud en ek bly in Las Vegas, Nevada. Op die oog af , het ek ʼn lewe gelei wat ander mense dalk sou beny. Ek het die voorkoms en sjarme gehad wat nodig was, en ook die vermoë om myself uit enige situasie uit te praat.

       Ek was ʼn professionele dobbelaar en het die lewe geniet. Ek was altyd die middelpunt van belangstelling op elke partytjie; mooi vrouens het van my gehou en ek het ʼn weelderige lewenstyl gehad.

       Wat ander mense egter nie gesien het nie, was die donker skadu’s in my lewe wat maar altyd daar was. My ouers was goeie, hardwerkende mense wat ons goed groot gemaak het. Ons was nie ryk nie, maar het genoeg gehad. Hulle het my van kleinsaf van die Here en die waarde van harde werk geleer, maar nogtans het ek altyd gedroom van ʼn lewenstyl waarop ander mense jaloers sou wees.

       Ek het in Las Vegas kom woon, omdat ek geglo het dat dit die stad van geleenthede is. Niemand vertel egter vir ʼn mens dat dit ʼn stad is wat jou kan vernietig nie. Mense kom dikwels hierheen met baie planne, maar verlaat die stad dan later met niks – ontnugterd.

       Alhoewel dit aanvanklik niks ernstig was nie, het ek op ʼn baie jong ouderdom begin dobbel. Nadat ek in Las Vegas kom woon het, het dit toegeneem. Die opwinding was vir my heerlik, en ek is gou daarin vasgevang. Ek was goed daarmee en het gou geleer hoe om die spel in my guns te manipuleer.

       Iets wat niemand ʼn mens van dobbel vertel nie, is dat dit nie soseer gaan oor die geld nie, maar oor die opwinding, wat absoluut verslawend is. Jy voel só in beheer, maar waaraan jy glad nie dink nie, is dat jy net so vinnig alles kan verloor.

       Dit was nie lank nie, toe moes ek begin geld leen – báíe daarvan. Aan die begin was dit net ʼn bietjie hier en ʼn bietjie daar, maar dit het al hoe meer geword. Ek het belowe om dit terug te betaal. Een verlies na die ander het egter gevolg en ek het mense naderhand oraloor geld geskuld.

       Elke dag was daar nog ʼn leuen, nog ʼn belofte wat ek nie kon nakom nie. Ek het van een persoon begin leen om ʼn ander mee terug te betaal. Ek het ʼn meester leuenaar en manipuleerder geword. Tog kon ek nog aangaan om voor te gee. Ek het ʼn pragtige vriendin gehad, Melissa. Ons het ʼn luukse lewenstyl geniet en sy het glad nie geweet hoe sleg dit eintlik gaan nie.

       Die skuld het meer geword en al wat ek kon doen, was om aan te hou dobbel. Die leuens, die skuld wat opgehoop het, al die beloftes wat ek nie kon nakom nie, het my ingehaal. Ek kon nie meer slaap nie en was te bang om my telefoon te antwoord, want my skuldeisers het my aanhoudend gebel en hulle was woedend.

       Een aand het ek teruggekeer van ʼn poker-spel waarin ek weer ontsettend baie geld verloor het – alles geleende geld. Daardie aand was anders as ander aande. Ek het ongemaklik gevoel. Daar was ʼn swaar, drukkende gevoel in my borskas. Ek was alleen en het so leeg gevoel, dat ek ʼn bottel whisky gegryp het en vir myself ʼn drankie ingeskink het. Miskien sou ek beter voel, maar iets wat ek baie lank nooit ervaar het nie, het my beetgepak – ʼn oorweldigende vrees.

       Ek het nog ʼn whisky ingeskink – miskien sou dit help. ʼn Geweldige steekpyn het skielik deur my borskas geskiet, so asof iemand ʼn skerp mes deur my hart gedruk het. Ek het gesnak na asem; my oë het skielik dof gevoel. Ek het na die badkamer probeer strompel, maar my knieë het ingegee en ek het op die vloer neergesak.

       Met ʼn helder sekerheid het ek geweet – dit is die einde. Vir ʼn paar oomblikke het my hele lewe voor my afgespeel – al my leuens, my bedrog, my skuld, my liefdeloosheid teenoor Melissa en my familie, ek het alles gesien. Daarna het alles swart geword.

       Toe ek weer van myself bewus geword het, was ek nie meer in my meenthuis nie. Ek het in ʼn skemer plek gestaan. Donker skadu’s het om my rondgesluip en ek het hulle hoor fluister. Die ergste van alles was dat ek besef het hulle praat van my. “Hy behoort aan ons. Wou mos nooit luister nie.”

       ʼn Geweldige benoudheid het my oorval. Dit kan mos nie wees nie. Dit kan nie waar wees nie!

       ʼn Helder lig het skielik nader gekom. Toe Hý voor my staan, het ek geweet wie dit is – Jesus Christus. Sy teenwoordigheid was oorweldigend. Ek kon nie na Hom kyk nie. Hy was heilig, skitterend, koninklik. Hy was net liefde; wysheid; Goddelik – iets wat ek nog nooit beleef het nie.

       Ek het skaam gevoel, maar tog het ek ʼn liefde ervaar wat ek nie kan beskryf nie. Hy het na my gekyk en gesê: “Nick, jy hardloop nou al so lank weg, maar nou moet jy besluit. Jou lewenswyse en jou gedobbel, lei slegs tot jou ewige vernietiging. Ek het jou baie kanse gegee, maar nou moet jy kies watter pad jy wil volg. Wil jy voortgaan om afgode te aanbid, of kies jy My – die weg, die waarheid en die lewe?”

       Ek het baie sleg en skuldig gevoel. Tog het ek iets gevoel wat ek glad nie geken het nie: ʼn Liefde en aanvaarding wat vir my heeltemal vreemd was. Dit het gevoel asof ek omhels word deur ʼn krag so ver bo enigiets wat ek nog ooit geken het.

       Alles om my het skielik verdwyn en ʼn uur later, het ek op my badkamervloer wakker geword. Die pyn in my borskas was weg en ek het heeltemal soos ʼn ander mens gevoel. Ek kon dit nie beskryf nie, maar vir die eerste keer in my lewe het ek ‘hoop’ gevoel. Ek kon glad nie sin daarvan maak nie. My liggaam was moeg en seer, soos dié van iemand wat ʼn baie vermoeiende ervaring gehad het.

       In my was ʼn eienaardige gevoel asof daar ʼn wond in my oopgegaan het en besig is om te dreineer. Dit moet egter nog genees. Toe ek effens beter voel, het ek my foon gaan soek en die klomp gemisde oproepe en boodskappe gesien. Daar was ʼn hele klomp van Melissa, maar ek het gehuiwer om haar terug te bel. Hoe gaan ek alles wat met my gebeur het, verduidelik? Ek verstaan dit self nie eers nie.

       Ek het bewerig opgestaan en deur die venster na die nagliggies van die stad gekyk. Daar het ʼn hele paar uur verloop vandat ek my eerste whisky ingeskink het. Die naglewe buite lyk meteens so leeg en oppervlakkig en ek dink aan Jesus se woorde: “Jou lewenswyse en jou gedobbel lei tot ewige vernietiging.”

       Toe ek die moed bymekaar kon skraap, het ek vir Melissa gebel. Al wat ek kon sê: “Ek is regtig jammer.” Hoe kon ek vir haar verduidelik dat ek vir Jesus gesien het; dat Hy my gewaarsku het; dat daar ʼn algehele verandering in my binneste plaasgevind het; dat ek net ʼn bietjie tyd nodig het?

       “Jy sê dit elke keer, Nick. Ek sien nie meer daarvoor kans nie.” Sy het die oproep beëindig en ek het geweet dat sy reg is. Ek het haar in hierdie gemors ingesleep. Diep in my binneste het ek geweet dat daar ʼn manier is om hier uit te kom. Ek het geweet dat ek nie weer kan teruggaan na die lewe wat ek gelei het nie. Ek kan nie meer weghardlooop nie, ek kan nie meer lieg en bedrieg nie. Die gedagte daaraan het my gewalg. Ek kon nie meer die waarheid ignoreer en aanhou om vir myself te lieg nie.

       Ek het ʼn besluit geneem – geweet dit gaan nie maklik wees nie, maar ek móét net verander. Dit gaan ʼn lang en moeilike reis wees, maar ek het geen keuse nie.

       Die volgende paar dae het soos ʼn oorlog gevoel – ʼn geveg tussen myself en die Nick wat ek was. Vir soveel jare was ek so gefokus op die gejaag, die gedobbel, die groot wen wat moet kom, dat ek nie eers besef het hoe ver ek geval het nie – tot daardie nag toe ek voor die Waarheid gestaan het: voor Jesus Christus, die Verlosser van die mensdom.

       Ek het nie meer geweet wie ek was nie, maar ek het goed geweet wie ek nie meer wil wees nie. Steeds het diegene vir wie ek geld geskuld het, dit van my terug geëis, maar ek het absoluut niks gehad nie. Alles was weggedobbel. Elke oproep en elke dreigement wat ek gekry het, het my soos ʼn volslae mislukking laat voel. Tog was daar binne-in my ʼn ongekende vrede.

       Daar was soveel vrae in my kop: Wat beteken dit om vergifnis te vra? Is ek ooit sy vergifnis waardig? Kan ek werklik verander en die lewe wat ek gelei het, agterlaat? Ek het die lewe wat ek moes agterlaat, oordink. Die pyn en die skuldgevoelens oor Melissa, was amper ondraaglik. Ek wou haar so graag alles vertel, maar ek kon nie. Sou sy my ooit glo?

       ʼn Klein stukkie in my het nog steeds verlang na die opwinding en adrenalien van die gedobbel; die wonder of jy gaan wen. Ek het nie geweet hoe om daarvan ontslae te raak of hoe om vorentoe te gaan nie.

       Ek het aanhoudend teruggedink aan die geestesrealm wat ek beleef het; aan die duisternis wat ek ervaar het – die versmorende gevoel daarvan. Ek het met benoudheid teruggedink aan die donker skadu’s se fluisterstemme: “Hy behoort aan ons. Hy het afgode aanbid.” Die lig wat die duisternis terug gedryf het, was so suiwer, so helder, so oorweldigend dat dit deur die duisternis gedring het. Dit was nie net die lig wat vir my uitgestaan het nie, dit was die liefde. Sy liefde het my laat voel asof ek die kosbaarste wese in die hele heelal is. Sy woorde het in my ore weerklink: “Ek het jou lief, maar jy kan nie op hierdie manier aanhou lewe nie. Jy moet kies.”

       Dit was hierdie keuse wat my geskud het. Ek het altyd daarvan gehou om ander te beheer, self te besluit wat ek wil doen. Ek het op die troontjie van my eie lewe gesit, en nou, nou word ek gevra om dit alles prys te gee, om oor te gee, om my knieë te buig voor hierdie groot Liefde. Hoe doen ʼn mens dit? Ek was bang vir die gevolge van my keuse.

       Een aand het ek na ʼn klein kerkie toe gegaan daar naby my woonplek. Daar was nie mense nie en ek het agter gaan sit en gekyk na die kruis wat agter die kansel was. Ek het nie geweet hoe om te bid of wat om vir God te sê nie. Hoe kan ek, so ʼn groot sondaar, vra vir vergifnis.

       Ek het vir baie lank daar gesit toe die stilte meteens deur ʼn stem verbreek word. Dit was nie baie hard nie, maar baie duidelik: “Ek is hier Nick. Ek was nog altyd by jou.” My hart het geruk – dit was Jesus wat met my praat! Ek kon sy Teenwoordigheid en sy liefde voel. Ek het op daardie oomblik geweet dat ek nie meer alleen is nie.

       “Jesus,” het ek saggies gesê, “ek weet nie wat om te doen nie. Ek het alles verloor. Ek weet nie of ek kan verander nie.”

       “Jy kan en jy moet, Nick, maar jy moet jou verlede laat gaan. Jy moet kies om My te volg.”

       Trane het oor my wange geloop en vir die eerste keer het ek werklik hoop gehad, hoop dat ek kan verander en vergewe kan word.

       Die dae na daardie dag in die kerk, was vir my onwerklik – dof. Ek kon nie ophou om aan sy stem te dink nie. My hande het gebewe elke keer wanneer ek my foon opgetel het om ʼn oproep van een van my skuldeisers te antwoord. Ek kon nie langer wegkruip nie. Ek moes dit hanteer. Ten spyte van my skuldgevoelens oor al my leuens, die manier waarop ek vir Melissa behandel het, al die geld wat ek uitgemors het, het ek geweet dat dit oor iets veel dieper gaan. Dit gaan oor my ewige lewe.

       Een aand, terwyl ek baie alleen gevoel het, het ek vir ʼn drankie na ons plaaslike kroeg toe gegaan. Ek wou my deurmekaar gedagtes gaan verdrink. Ek het met my drankie in ʼn hoekie gaan sit – die mense dopgehou wat lag en gesels. Ek was nie daar vir geselskap nie, maar om te vergeet. Uit die hoek van my oog het ek ʼn vrou sien inkom. Daar was iets besonders aan haar, alhoewel sy heel gewoon voorgekom het. Toe sy by my verby geloop het, het ons oë vir ʼn paar sekondes ontmoet.

       “Is alles in die haak?” het sy met ʼn sagte stem gevra. “Jy lyk asof iets swaar op jou skouers druk. Jy hoef nie jou las alleen te dra nie.” Wie is hierdie vrou en waarom praat sy met my, het ek gewonder. Dit was asof sy deur die mure kon sien wat ek om myself gebou het. “Ek makeer niks,” het ek geantwoord, maar dit het soos nog ʼn leuen gevoel.

       Die vrou het oorkant my kom sit en gesê: “Ek weet hoe dit is om so verlore te voel, maar ek het iemand gevind wat my gehelp het.” Sy het geklink asof sy vanuit haar eie ondervinding gepraat het.

       “Wie het jou gehelp?” Haar gesig was sag: “Jesus. Hy het my gered.” Sy het opgestaan met die woorde: “Jy sal dit maak, Nick. Ek weet jy sal.” Toe is sy weg. In my hart was ʼn opflikkering van hoop, maar hoe doen ek dit?

       Ek het nie ʼn antwoord gehad nie, maar ek het een ding geweet: Ek kan nie aanhou weghardloop vir die waarheid nie. Ek het die Bybel begin lees. Ek het gewonder wie die afgode Mammon, Gad en Meni was van wie die donker skadu’s gefluister het. Ek het die name op die internet gesoek en agtergekom dat dit afgode van geld, geluk en noodlot was. En ek het hulle aanbid! Hoe vra mens vir Jesus om jou te vergewe?

       Ek het gewens dat ek net kon verdwyn, want my skuldeisers het gebel, gedreig. Dit was so maklik om terug te glip in my ou gewoontes; om in te gee vir die versoeking. Ek was paniekerig. Ek het besef dat ek nie bang is daarvoor om alles wat ek ooit besit het, te verloor nie. Ek was bang dat ek my kans op verlossing kan verloor. Dit was die één ding wat my vrede kon gee.

       My gedagtes was ʼn warboel van hoop, skuldgevoelens, wonder wat om te doen. Skielik, deur al die chaos, het die vrou in die kroeg se stem deurgebreek: “Jy sal dit maak, Nick. Ek weet jy sal.” Al wat ek duidelik besef het, al ken ek nie al die antwoorde nie, is dat ek net ʼn keuse moet maak. Ek moet kies om die Here Jesus te volg – Hom te dien. Ek het geweet dit sou nie maklik wees nie. Ek sou my skuld moes afbetaal; ek sou my verhoudings moes herstel. Ek kon nie langer van die waarheid af weghardloop nie.

       Die volgende dag het ek weer in die kerk gaan sit – net om vrede en stilte te soek. Met ʼn hees stem het ek ʼn eenvoudige gebed gebid: “Jesus, help my, asseblief. Ek het U nodig. Vergewe my asseblief.”

       Vir die eerste keer in ʼn lang tyd het ek gevoel asof ek kon asemhaal. My probleme het nie verdwyn nie, maar ek het begin glo. My skuldeisers het aangehou bel. Ek het verduidelik dat ek verander het, maar hulle was baie wantrouig.

       Ek het al hoe meer begin Bybel lees en myself in sommige gelykenisse gesien. Hoe meer ek gelees het, hoe meer het ek verstaan. Ek het van Saggeus gelees. Hy was ʼn tollenaar, ʼn leuenaar en ʼn dief – net soos ek. Toe Jesus hom geroep het en in sy huis tuisgegaan het, het hy nie net om verskoning gevra nie. Hy het dinge reggemaak (Luk. 19:1-10) Jesus het daarop gesê: “Vandag het daar redding vir hierdie huis gekom ...”

       Ek het besef dat redding nie iets daar ver is wanneer ek sterf nie, dit is ook ʼn werklikheid vir hierdie lewe. Ek kan dit nou al verkry as ek bereid is om weg te draai van my sondige lewe en vir Jesus te volg.

       Dit was egter nie maklik nie. Ek was gewoond daaraan om my pad deur die lewe te manipuleer, te lieg en ander mense te misbruik vir persoonlike voordeel. Die versoekings het my letterlik agtervolg. Een aand, nadat ʼn skuldeiser geweier het om my meer tyd te gee, het ek myself weer voor ʼn Casino bevind. Ek het dit nie beplan nie, maar ek het gevoel asof ek daarheen gesleep is deur ʼn onsigbare krag.

       Daar het ek vir ʼn paar minute gestaan, na die flikkerende ligte gekyk en na die mense wat in en uit geloop het, hulle gesigte vol afwagting. Amper het ek ingegaan, maar iets binne-in my het gesê: “Stop!” Ek het die vrou in die kroeg se gesig en haar woorde onthou: “Jy sal dit maak, Nick!”

       Met ʼn diep asemteug het ek omgedraai. Ek het geweet dat iets binne-in my verander het. Alles in my lewe het nie meer net om myself gedraai nie. Ek het besef dat daar ook ander mense rondom my is. Ek het begin om uit te reik na die mense wat ek seergemaak en gemanipuleer het. Ek kon nie almal se geld onmiddellik terugbetaal nie, maar ek het begin.

       Ek het gereeld begin kerk toe gaan. Soms het ek nog onwaardig en skuldig gevoel, maar dan het ek onthou van my ervaring met Jesus in die kerk – sy belofte van verlossing.

       Terwyl ek een aand Bybel gelees het, het ek ʼn vers raakgelees wat my getref het: “Iemand wat aan Christus behoort, is ʼn nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom” (2 Kor. 5:17). Meteens het ek gesnap wat dit beteken. Ek word nie geoordeel vir my verlede, my sonde en die foute wat ek gemaak het nie. Ek is nou ʼn nuwe mens in Christus. Hy het my vergewe en Hy het my baie lief. As dit dan beteken dat ek alles moet verloor, dan is dit so. Ek het verliese beleef wat ek nooit voorsien het nie. My vriende het my bespot. Amper die heel ergste was die finansiële terugslag wat ek moes hanteer. My skuld het nie sommer verdwyn nie. Ek het my skuldeisers een vir een gaan sien en belowe om alles terug te betaal. Al wat ek gevra het was tyd. Die meeste van hulle was skepties.

     Al wat ek kon doen was om eerlik te wees, nederig te vra en om my beloftes na te kom. Ek het bewus geword van ʼn vrede in my, ʼn doel in die lewe. Ek het gereeld begin kerk toe gaan. Dit het gevoel asof elke preek net vir my gepreek is. Geleidelik het ek iets begin ervaar wat ek glad nie geken het nie, en dit was vreugde. Nie kortstondige vreugde nie, maar ʼn diep onwrikbare vreugde omdat ek geweet het dat God my liefhet, dat die Here Jesus my skoon gewas het met sy bloed wat Hy vir my gestort het.

       Een Sondag na ʼn kerkdiens, het ʼn vrou, wat ek soms gesien het in die kerk, na my toe gekom. Haar naam was Sarah, en sy het vir my gesê dat sy vir my bid. “God sien elke stap van jou reis,” het sy gesê. “Hy is trots op jou en Hy sal jou nooit in die steek laat nie.” (Heb. 13:5) Haar woorde was vir my ʼn wonderlike bevestiging.

       Tog het ek myself betrap dat ek soms verlang na die opwinding van die Casino. Ek het die fluisterstemme van die sluipende skadu’s gehoor wat in my ore gefluister het: “Gaan terug. Dit sal soveel makliker wees.”

       Een aand het ek weer voor dieselfde Casino gestaan waarvandaan ek maande vantevore weggegaan het. Hierdie keer was dit anders: Ek het nie vasgevang gevoel nie. Ek was vry. Na ʼn paar oomblikke het ek omgedraai en weggestap – nie omdat ek bang was nie, maar omdat ek iets veel beter gehad het. Ek het die Here Jesus geken. Ek het ʼn vooruitsig op ʼn volmaakte ewige lewe gehad; ek wil hemel toe gaan. Ek gaan nie weer afgode aanbid nie.

       Mammon is die afgod van geld. (Matt. 6:24). Gad en Meni is die afgode van geluk en die noodlot. (Jes. 65:11-12).

Die God wat ons aanbid, sê in Eksodus 20:3-5 “Jy mag naas My geen ander gode hê nie ... Ek eis onverdeelde trou aan My.”

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2136 gaste aanlyn