NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

'Groot' sondes kan ons maklik vermy: dit verg nie groot opoffering om nie moord, egbreuk, diefstal, ens , te pleeg nie; dit is die klein jakkalsies wat die wingerde verniel: ons woede-uitbarstings, stilstuipes, ons selfsug, vloek en twis, ens, waaraan ons meestal skuldig is – dus is daar nie werklik 'groot' en 'klein' sondes nie...

DIE BOER: LEERLOOIER, SKOENMAKER

Dr JP Botha

Ons gaan nou  Die boer as leerlooier en skoenmaker bekyk.

Die looikuip

As ‘n boer op ‘n plaas gekom het en hy het sy huis klaar gemaak, was een van  die eerste dinge waarvoor hy moes sorg, die looikuip. Uit die looikuip moes die leer vir die skoene kom, maar ook die gelooide velle vir die klere wat hulle gedra het.

Die beste kuip is van ‘n kwaggavel gemaak en die tweede beste was ‘n blouwildebeesvel. Die vel word aan ‘n houtraam geheg wat weer op vier ingeplante paaltjies vaskom.  Soms is ‘n hele paar kuipe gemaak, een vir looi en een om asyn in te maak.

Die looi van leer

In die kuip kom sterk kalkwater, waarin die vel geplaas word om die hare te laat afgaan.  Daarna word die vel buite opgehang en die hare met ‘n mes afgestroop. Dan word die kalk uitgevars uit die vel deur dit lank in vars water te spoel.  Daarna begin die looiery.  Dit het met die blare van bergbas plaasgevind of met die wortels van elandsboontjies.  Bergbasblare het leer gelooi wat lig was en  elandsboontjie-wortels se leer was rooier.   Indien die boer die rooi kleur wou uittrek, laat lê hy die vel in ‘n mengsel van appelboomblare.  Die vel word dan so bleek soos gekoopte molsvel.  Daarvan het hulle klere gemaak.

Met noukeurige werk by die looiery,  waar die bas dikwels vervang is, is dun velle soos bokvelle en skaapvelle klaar gelooi in 15 dae.  Beesvelle en wildebeesvelle het tot 30 dae gelê voordat hulle deurgelooi was.

Na die looi word die vel  uitgestoot met die graaf en op ‘n klip geslaan tot die leer droog is.  Dit word gedoen om die leer sag te laat bly.

 

Die riempieskoen sonder lees gemaak

As die pa vir sy seun ‘n paar draskoene wou maak, het hy ‘n stuk soolleer in die water gesit. As dit sag is, moes die seun sy voet daarop sit en dan meet pa die regte vorm en grootte sool af en sny dit uit.  Dan meet hy oor die kind se voet hoe groot die twee stukke oorleer van die voor- en agterklap moes wees. Dit word met riempies van duikervel aan die sool vasgewerk en die skoene was klaar.

Hierdie velskoene het lekker gedra, al het hulle punte omgekrul.  Die meisies se skoene was van dun velle en ‘n bietjie hoër gemaak.  Daar is nooit kouse by die skoene gedra nie.

 

Die riempieskoen oor leeste gemaak

Volwassenes het vir hul skoenmakery leeste gebruik, wat hulle eers self moes maak.  Die hout vir die leeste moes nie te hard wees nie.  Wilgerhout is meesal gebruik.  Dit is afgewerk met behulp van ‘n snymes, ‘n klein byltje en ‘n rasper.   Toutjies is gebruik om op die voet en op die lees te meet hoeveel om op ‘n sekere plek nog afgeneem moes word.  Die leeste is gewoonlik effens groter as die voete gemaak, want hulle het nie gehou van skoene wat te nou was en liddorings gedruk het nie.  Die skoen, die sool, voor- en agterklap, is op en om die lees vasgesit en geheel en al  vasgewerk en voltooi.  As die skoene klaar is, moes hulle op die leeste goed droog word, om in  goeie vorm te bly .  Vir vroumense is die oorleer van dunner velle gemaak.  As sy lief is vir swart skoene, het sy ‘n stukkie geroeste yster in asyn laat lê vir ‘n paar dae..  Die asyn het die bruin gelooide leer só swart gemaak dat dit geblink het.

Daar was geen spyker in die leer wat ‘n mens kon seermaak nie.  Alleen onder die hak was daar ‘n dubbel sool.  Die skoen was lekker sag en lig, maar het nie baie van water gehou nie want dan het die riempies gerek en losgegaan.  Daarom het hulle later begin om skoene te maak deur skoenspykertjies te gebruik, maar dan moes daar ‘n binnesool wees.  Die skoene het nou swaarder en stywer geword as die riempieskoene, maar het water beter verdra en was maklik om op die ysterlees te versool.

 

So het die oumense hulself voorsien van goedkoop, gemaklike skoeisel wat nie hul gerief of gesondheid benadeel het nie.

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 837 gaste aanlyn