NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Mense is soos wyn.  Sommige verander met die jare in asyn terwyl ander weer verbeter.

BUURSKAP

In hierdie interessante rubriek het ons al gekyk hoe hulle hul plase uitgemeet het en hoe hulle koeëls gegiet en gewere gelaai het..  Nou gaan ons kyk na die pragtige BUURSKAP wat hulle in daardie tyd onderling gehandhaaf het..

Die hoeveelheid hekke.

As ons bevoorreg kon wees om saam met hulle in die pad te ry, sou ons steen en been gekla het oor die baie hekke wat ons moet oop- en toemaak.

Amper elke plaas is opgesny in klein stukkies, afsonderlik toegemaak met draad.   Waar die pad oor die lyne van ‘n stukkie grond gaan,  is ‘n hek.  Soms is die stukkies so klein dat ‘n swart klonkie wat saamgevat word vir die hekke, maar van die een hek na die ander kan loop in plaas van elke keer op en af te klim.  Al die hekke maak dat die perde, beeste en skape nie so maklik wegraak nie, maar vir die reisiger is dit baie lastig.

 

Die outydse verhouding van bure

Die oumense het in hulle jong dae nie draad geken nie en ‘n man het ook nie omgegee dat ‘n buurman se vee op sy plaas loop nie.  Die veld was vry vir elkeen.  Dit het ook sy skadukant gehad want die vee het dikwels op soek geraak.  As die wagter nie mooi opgelet het nie, het hulle ‘n verkeerde koers ingeslaan, en by die buurman s’n uitgekom.  Buurman het dan gemaak of dit sy eie is en hulle mooi versorg totdat sy buurman hulle weer kon laat haal.  Bure was goedgesind teenoor mekaar en het mekaar gehelp.

 

Vee in die veld in gevaar

Die vee wat ‘n nag in die veld sou uitbly, was altyd in gevaar om verskeur te word, want die ongediertes was oral volop. Vee wat uit die hande geraak het, kon dus alleen veilig wees as dit deur die man wat dit raakgeloop het, by sy eie in die kraal toegemaak is vir die nag.  Die eienaar het dan na sy diere gaan soek, maar die veld was oop en dit het maklik gebeur dat hy drie uur te perd of nog verder in ‘n verkeerde rigting gery het, soms ‘n week of langer gesoek het  en nog niks gehoor het van die verlore goed nie.

 

Ou boeregewoonte

Dit was daarom ‘n vaste gewoonte dat elke man wat vreemde diere raakgeloop het, aan elkeen wat hy by kom, vertel hoeveel diere hy gekry het, wat hulle kleur en hulle oormerk is en dan vra om dit rond te vertel.  Al het dit op hierdie wyse soms lank geneem, het elke man uiteindelik weer sy vee teruggekry in ‘n ewe goeie toestand as of hy dit self opgepas het, want elke môre met sonop moes al die veel uit al die krale uit wees.

 

Die veewagter en wilde diere

Die wagter het dan al sy eerste maaltyd agter die skape geniet en dra ‘n bladsak saam met kos vir die tyd wat hy in die veld sou bly.  Die vee moes vroeg veld toe en die wagter moes die hele dag by hulle bly.  Hy kon nie waag om die diere ‘n paar uur te laat staan en by die huis te gaan eet nie, want die wilde diere was soms só astrant dat hulle in die helder ligdag skape verskeur het.  Ongediertes wat in die dag baie gepla het, was veral hiënas, wildehonde en jakkalse.  Die wildehonde het in klompies  gejag , hol tussen die klomp beeste of skape deur sonder om te bly staan maar ruk en skeur van elke dier wat hulle bykom, ‘n stuk vleis af en beseer die diere so ernstig dat die eienaar verplg is om die diere keel af te sny.  Elke wagter was daarom gewapen met ‘n roer en die eienaar het die swartes wat as veewagters in die veld moes bly, geleer om te skiet.  Al het die wagter dan nie die ondier raak geskiet nie, het die lawaai wat hy gemaak het, hom darem laat skrik en op die vlug geja.

 

 

 

Vee in diekrale

Elke aand moes al die vee in die krale kom en die wagter moes sorg dat hy voor sononder by die huis is, want die baas wil alles deurkyk en tel om te weet of daar goed weg is..  As die wagter ‘n bantoe of hottentot was, dan het dit soms gebeur dat hy nie al die diere gebring het wat hy in die môre saamgevat het nie en dan moes hy kom verslag gee, wat ook maar moeilik was.  As die wagter een van die seuns van die boer was, was daar maar selde iets verkeerd, want hy kon van elke dier verslag gee.  As daar vee van een of ander buurman opgevang en saamgebring is  dan het die seun baie keer geweet wie die eienaar was, want hy het goed geweet van watter kant af die vee gekom het. En so het die boer geweet wie se vee het by hom uitgekom.   Hy het die volgende môre laat opsaal om vir die eienaar van sy vee te gaan vertel. In die nag moes alles in veiligheid gebring word in die kraal, wat van klei of klipmutre gemaak was.

 

Op die nuwe plaas

As ‘n boer op ‘n nuwe plek aangekom het, moes hy maar gou ‘n kraal van doringtakke maak, waardeur ongediertes nie kon kom nie.  As daar nie doringbome was nie, het hy sy vee by ‘n buurman laat bly totdat hy ‘n plan kon maak.  Bure was lief vir mekaar en het mekaar gehelp en gesteun.  Kain se verweer dat hy nie sy broer se oppasser was nie,  was nie op die Voortrekkerfamlies van toepassing nie.

 

Besoekers op die plaas

Die ou Voortrekkermense was bly om kuiermense te kry.  As hulle in die verte ‘n wa sien aankom, word hy dopgehou.  Draai hy met die pad af huis toe, dan roep die kinders “Ma, die wa kom hiernatoe!”

 

As die wa op die werf stilhou, staan die baas van die huis in die deur.Die baas van die wa en die huisbaas stap nou heel kalm na mekaar toe om halfpad tussen die wa en die huis by mekaar  te kom.

Hier groet hulle mekaar en vra die bewoner van die huis aan die ander of hy nie wil uitspan nie.. As hy ja sê, word vir hom gewys waar die beste veld vir die osse is, waar hulle water vir die diere kan kry en waarvoor die wagter moes oppas.

 

Die bewoner van die huis laat help uitspan deur sy seuns of bediendes, of help self en dan gaan die twee mans huis toe.  Indien by die wa ook vroumense is, word hulle na binne genooi en die vrou van die huis gaan na buite om die vrou van die wa te ontmoet.  Die ontmoeting, die versoek om binne te kom , die wys van die veld en water , is volgens min of meer vasgestelde  reëls gedoen, maar as die eerste ontvangs verby is, moet  die  kuiermense, al was hulle nog vreemdelinge wat mekaar nou vir die eerste keer in hulle lewe sien, behandel word soos mense wat aan die huis behoort het.  Alles wat by en in die huis is,  wat kos of drinke betref, was  vry om te gebruik.  Die mense wat van die wa afgeklim het, moes die huis beskou as hulle s’n met alles wat daarin is.  Hulle mag niks meer gebruik van die goedjies wat op die wa is nie.  As hulle probeer om van die wa se goedjies te vat of by te sit, dan is dit as ‘n belediging opgeneem deur die bewoners van die huis.  As die besoekers in die vrugtetyd aankom, hoef hulle nie na vrugte te vra nie, maar moes net aanstap bome toe om te eet soveel as wat hulle wou

 

Indien die mense met die wa dieselfde dag nog verder moes gaan, word hulle na ‘n paar uur met die inspan gehelp en verkwik en verfris het hulle dan die reis hervat.  As daar kans was om langer te bly, moes hulle die hele dag eet en drink by die huis, die aandgodsdiens ook bywoon, maar met slaaptyd na hul eie wa gaan.  Hulle het op die wa in die tent op hul eie bed geslaap.  As die mense by die wa trekmense is wat graag die osse ‘n paar dae wou laat rus, dan het hulle bly oorstaan so lank as wat hulle wou, maar het dan weer in hulle eie onderhoud voorsien.  Maar wat die mense kortgekom het, kon hulle maar by die huis gaan haal en mag nooit na die prys vra nie.  Waar die huis se mense kon help, het hulle dit gedoen sonder om ooit vergoeding daarvoor aan te neem.

Die afskeidneem was soms maar swaar, want as die wa wegry, het dit soms maande geduur voordat daar weer ‘n ander opgedaag het.

Die ontmoeting wat halfpad tussen die wa en die huis plaasvind by die aankoms van kuermense, was in een opsig ‘n soort beleefdheidsvorm, maar in ‘n ander opsig noodsaaklik,  omdat elke boer gewoonlik ‘n vreeslike kwaai hond aangehou het.  Die hond kon ‘n reisiger bedreig as hy huis toe gekom het.  Die boer moes die hond altyd mooi oppas as ‘n vreemde aangekom het en hy kon tog sonder ‘n kwaai hond nie klaarkom nie want die ongediertes het in die nag die huis besoek.  Maar nadat die boer nie meer sulke kwaai honde nodig gehad het nie, het die ou groetgewoonte voortgeduur en by baie ou boermense is die gewoonte nog in gebruik.  Die boer en sy vrou sal nog albei na buite gaan as kuiermense aankom.  Hulle sal nie binne bly om die mense te laat aanklop nie.  Hulle sal nog groet voor die mense by die deur is.  As dit gebeur dat iemand onverwags kom, sal baie verontskuldigings gemaak word indien hy moes klop voordat hy gesien word.

As ons op die dorpe kom waar daar nog baie afstammelinge van die ou Voortrekkers is, dan is dit amper onbegryplik dat ‘n mens by hulle huise moet klop en klop en aanhou klop en as die deur nie oopgemaak word nie, moet dink dat die huis verlate is, totdat daar eindelik na ‘n lang wag ‘n bediende miskien die deur kom oopmaak om te sê dat die baas of nooi netnou sal kom.  In die lewe van die mense onder mekaar het soveel verandering gekom dat ons kan uitroep: “O tempora, o mores!”  (“O tye, o sedes!”) Dit skyn soms in ons tyd of die kenmerke van die hoogste beskawing die grofste vorm van onbeleefdheid is. Of is dit nie onbeleef om ‘n mens na hy geklop het lank te laat wag nie?

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1113 gaste aanlyn