NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons lewens is wat ons gedagtes daarvan maak.  Die dinge waaraan ons dink, bepaal ons persoonlikheid.  Dit maak dat ons lewe die kleur van ons gedagtes aanneem.  Daarom is dit moontlik om ons lewe te verander deur ons gedagtes te verander.  Gedagtes kan die hemel in hel verander of van ons hel ‘n hemel maak.  Daarom moet ons altyd positief dink en sê: “Wat ek nie kan wegdink nie, gaan ek reg dink!”

DIE VIERPERDEWA

Die rytuig om te gaan trou

Die liedjie, “Daar kom die wa, die vierperdewa, hy het nie naam nie, sy naam moet hy nog kry”, wat ons vandag nog by volkspeletjies sing, se Vierperdewa was  ‘n soort  spaaider  (“spider”)  waarmee die jongmense vanmelewe dorp toe gery het om te gaan trou.

Die hofmakery was heel anders as vandag.:  ‘n Jongkêrel wat by ‘n sekere dogter wou gaan kuier, het eers vir sy pa en ma gevra wat hulle van haar dink. As hy ‘n bietjie skrikkerig vir sy pa was, het hy vir sy ma gevra om met sy pa te gaan gesels. As die dogter heeltemal teen die sin van sy ouers was, het hy later maar ‘n ander keuse gedoen en weer die storie herhaal.   Indien sy ouers toestem, kry hy sy beste pak klere gereed, saal die fluksste perd op en ry.  Kom hy by die nooi se woonplek, vra hulle of hy wil afsaal.  Die perd kom op stal en die seun word binnegenooi.  Die huisgesin weet goed waarom hy daar is en aan hulle houding kan hy agterkom of hy wekom is of nie.

 

Die hofmakery met die jong nooi

Die kêrel moet die nooi se ouers vooraf inlig waarom hy daar is.  As hulle teen sy besoek gekant is, kan hy  maar getroos weer sy perdjie vat en huis toe ry, maar as hulle niks teen hom het nie, dan kan hy die dogter gaan vra.  As sy merk dat haar ouers met hom tevrede is, dan weet sy ook dat sy familie haar ouers se respek wegdra.  As die twee nou by mekaar begin kuier, dan weet hulle hul kan op albei se ouers se volle toestemming reken.

Na die kêrel se eerste kuier, besluit hulle wanneer hy weer sal kom.  Nie te lank daarna nie, ken die perd al die pad na die kuierplek.  Hy weet goed waar die stal is, waar hy die beste voer gaan kry en hy weet ook dat elke kuier nie baie lank duur nie, want die jongkêrel was op sy goeie naam gesteld en het nie van die kuierplek ‘n lêplek gemaak nie, maar gewoonlik het hulle  met die derde opsitslag al oor die verlowing gepraat..  As hulle verloof raak, het hulle dit nie  publiek gemaak nie.

 

Die trouplanne

Die troudatum is gewoonlik ook sommer gou bepaal.  Op ‘n goeie môre nadat die jongmense die aand ‘n bietjie gesels het, kom die jongkêrel met ‘n knop van angs in die keel na die ouers van die nooi om hulle voornemens bekend te maak. Hy het amper nie geslaap nie, soos hy heelnag gedink en prakseer het wat hy vanmôre vir haar ouers gaan sê, maar uiteindelik kry hy dit uit dat hulle dogter en hy besluit het om te gaan trou en dat hy hoop dat dit nie teen hulle sin sal wees nie.  Natuurlik is daar dan geen beswaar nie en hulle begin met voorbereidings vir die troue. Na die bekendmaking en die opplak van die gebooie, verloop so naastenby vier weke.  Al was die dorp ver, was daar geen ander plek waar die huweliksband geknoop kon word nie.

 

Die perde mooi versorg

Vier mense het gewoonlik saamgery, die bruid, die bruidegom, die strooimeisie en die strooijonker.  Vir hierdie swaar vrag is nie ‘n kar gebruik nie, maar die vierperdewa, ‘n lekker rytuig op vier wiele, met lekker sagte vere en genoeg plek vir vier mense, amper soos ‘n groot “spider”, maar eenvoudiger afgewerk.

Dit het mooi gelyk as die vier blesse met wit voete so in die tuie klim as hulle wegtrek.

Die predikant of landdros se tyd om die mense te trou, was gewoonlik om tienuur die môre.  Hulle het dan al die vorige aand tot naby die dorp gery en by bekendes geslaap, waarvandaan hulle die

volgende môre verfris, en opgetof  by die huweliksbevestiger aangekom het,  Nadat die huweliksband gelê is, het hier en daar ‘n bekende hulle kom gelukwens. Dan laat vat hulle maar gou-gou weer huis toe. Op die heenreis is die vier perde ‘n bietjie gespaar, maar op die terugreis moes hulle weet dat dit ‘n eer is vir ‘n perd om die vierperdewa te trek.  Waar hulle dit kon reël, het hulle na elke 12 myl se ry, van mense langs die pad weer vier vars perde gekry om weer te kon voortspoed.

 

Die reis huis toe

Dit was vir jou iets om te sien, te aanskou en te beleef!   Die vier vars perde loop of daar geen wa agter hulle is nie.  Op vier of ses myl van die huis kom vriende op perde hulle tegemoet en dis ‘n gejuig en ‘n gehoera-skreeuery sonder end..  ‘n Ruiter met ‘n vlag aan ‘n sweepstok ry vooruit.  Die ander ruiters is nou voor, dan langs, dan agter die wa.  Die vier diere voor die wa steek aan by die ander perde en wil net hardloop. Vir die laaste trek is ook nog vir vier van die mooiste, ratsste en sterkste perde gesorg.  Die drywer kry swaar om hulle te beheer en hou vir al wat hy werd is.  Lang ente ver moet hy maar die briek vastrap en soms draaie in die veld gooi om die perde ‘n bietje te laat bedaar.

As die wa vir die mense by die huis in gesig kom, begin die een helfte te sing:  “Daar kom die wa, die vierperdewa!” terwyl die ander helfte hulle met loskruitsarsies verwelkom.  ‘n Paar minute lank sing en skiet dit deurmekaar en dan maak die wa sy laaste draai en hou voor die deur stil.  Dadelik is alles stil.  Die mense word uit die wa gehelp en na binne geneem, waar hulle op ‘n mooi versierde plek gaan sit. Almal teenwoordig word gehaal om hulle geluk te wens..  Die strooimeisie lei al die mans na binne en die strooijonker bring al die vroue om die egpaar geluk te wens.

 

Die gelukwense

Gelukkig is elkeen se wense nie lank nie, maar nogtans is die moeë paartjie bly as dit verby is.  Daarna kry die egpaartjie die eerste kans om te gaan sit en iets te eet en te drink.  Almal word onthaal op koek en koffie, eiegemaakte bier of lemoenstroop en soms ook op wyn.  Van kos en drinkgoed s daar ‘n oorvloed.

 

Plesier

Na die eet en drink kom die speletjies, maar kort-kort hoor jy die bekende refrein van “Daar kom die wa!” Hulle dink nie daaraan dat die wa al by die huis staan nie.   Die plesier hou aan tot laat in die nag.  Die bruidspaar glip nie weg nie, maar doen mee tot die laaste.

Die plesier eindig eers in die vroeë oggendure en dan kom die “vierperdewa” uiteindelik tot rus, totdat ‘n volgende paartjie hom nodig kry.

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 901 gaste aanlyn