NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Die humanis doen soveel moontlik goeie werke hier op aarde omdat hy glo hy sal in 'n hoër vorm terugkeer met reïnkarnasie – hy probeer dus self sy voorspoed bewerk, min wetende dis alles tevergeefs.  Die Christengelowige doen goeie werke uit dankbaarheid omdat hy reeds gered is van die ewige dood en weet dat hy ná sy kortstondige aardse lewe vir ewig saam met Christus in die Paradys sal wees.

GELD, MAG EN SEKS…

…ONS VOLK SE DRIE-ENIGE AFGOD?

Timothy Keller se publikasie 'Counterfeit Gods: The Empty Promises of Money, Sex and Power, and the Only Hope that Matters' ontbloot die dwaling waar mense die goeie dinge in die lewe neem en dit die heel belangrikste dinge in hulle lewens maak.

Die meeste van ons is op hierdie dwaalpad; en die uiteinde daarvan is presies dít wat ons as volk in 1994 gekry het – die straf op ons afgodediens. En ons kan maar voortgaan om die Swartes en die Kommuniste te skel – die meeste daarvan verdien hulle – maar dit gaan geen snars verander aan ons situasie voordat ons die werklike oorsake van ons knegskap erken, en dit met oortuiging beveg nie.

Waarom sukkel die Afrikanervolk so om na die kern van die waarheid in die Woord van God terug te keer? Natuurlik is herkenning en erkenning van die dwaalpaaie waarop ons stap nooit maklik nie, nog minder die terugkeer na gehoorsaamheid, veral wanneer Satan die waarheid oor ons afgode so versluier dat ons dink ons doen die regte ding; daar is mos niks mee verkeerd nie want ons moet geld hê om van te leef, en ons moet mag uitoefen oor baie dinge in ons lewe, en 'n seksuele verhouding met my huweliksmaat is dan 'n wonderlike geskenk van God self – hoe kan hierdie dinge afgode word?

Dr Alwyn Swanepoel skryf in 'n artikel dat afgode eintlik baie ligsensitief is omdat hulle so graag in die donker kamers van ons harte floreer – daardie kamers wat ons nie volkome aan God oorgee nie. En hierdie afgode is baie skelm, want hulle lyk baie goed en reg en  gaan staan nie in die plek van God nie, maar naas God. Dis dan wanneer ons nie besef dat dit reeds  'n afgod vir ons geword het nie – ons dien mos nog ons God, sy plekkie is mos gereserveer. Maar dis die ruimte reg langs Hom wat die probleem geword het. 'n Goeie voorbeeld is die Christelike geloof wat sedert 1994 onder hierdie Godlose regime in ons staatskole gelyk gestel is aan alle ander gelowe, asof ons Drie-enige God durf vergelyk word met al die ander afgode wat deur ander volke aanbid word! En dan praat ons liewer nie in hierdie artikel oor wat sport, wat dan so gesonde tydverdryf is… aan ons volk gedoen het nie!

Daar is ‘n baie lang lys van dinge wat afgode word sonder dat ons dit besef. Vir elkeen van ons is dit moontlik dat dinge soos my kinders, my werk, my huwelik, my voorkoms, my talente, my afkoms, ja sommer enige wonderlike gawe van God, afgode in my lewe kan word.  Maar heel voor in hierdie ry as volksafgode is geld, mag en seks.  Ons hoor gereeld dat mense sê ons volk moet verootmoedig maar verootmoediging sonder ontbloting en afstanddoen van hierdie afgode is nutteloos.

Die outyd se heidene is ‘n goeie voorbeeld van hoe hulle feitlik enigiets as 'n afgod voorgestel het byvoorbeeld hulle seksgode, geldgode, nasiegode, ensomeer en elkeen 'n naam gegee het. Enigiets kan 'n god wees wat heers en as 'n godheid dien in die hart van 'n persoon of in die lewe van 'n volk. Neem die voorbeeld van  fisiese skoonheid wanneer hierdie aantreklikheid vergoddelik word, met ander woorde, wanneer jy dit die allerbelangrikste ding in jou lewe maak. Dan het ons hier nog 'n Afrodite, die skoonheidsgodin, en nie slegs 'n geskenk waaroor ons God dankbaar moet wees en Hom daarmee dien nie. Dit het selfs 'n hele kultuur geword om voortdurend angstig oor voorkoms te wees, en daaraan buitengewoon baie tyd en geld bestee. Mense is selfs so gek  om 'n ander se karakter op grond van voorkoms te evalueer. Klink dit bekend in ons samelewing?

Soos elke ras, klas, kultuur en geslag sy eie stel afgode het wat hom verslaaf, het ons volk sý stel afgode wat hom in hierdie moeras gedompel het. Daar is geen manier waarop ons die slawe van 'n Swart kommunistiese regime sou word as ons nie ons afgode aan God gelyk gestel het nie.  En hierdie verslawing beteken nie dat ons letterlik voor hierdie afgode gekniel het nie. Juis as Christen-gelowiges het ons nie hierdie afgode bo God gaan stel en Hom verwerp nie, maar ons het toegelaat dat dit reg langs God gaan staan. In dié proses het ons God nie meer bo alles geag nie al dink ons dat ons Hom nog sy regmatige plek in ons lewe gee. Hy is 'n regverdige God, maar ook 'n jaloerse God, soos die Woord dit stel, en Hy eis ons onverdeelde trou en eerbied. Boweal wil Hy hê dat alles, maar alles wat ons doen, tot eer van sy Naam sal strek.

Dr Keller stel sy eie situasie as voorbeeld van hoe maklik die "regte dinge in die lewe" vir mens 'n afgod kan word: hy beweer dat die persoon wat hy die liefste in die hele wêreld het, sy vrou Cathy is. In hulle lewe, sê hy, weet hulle dat een van die grootste versoekings tot afgodery, hul liefde vir mekaar is. Hy sê:
"Ek moet myself voortdurend daaraan herinner om Jesus meer lief te hê as my vrou. Die enigste manier waarop dit gaan gebeur is as ek die Here verheerlik en aanbid en die envangelie bepeins sodat, so lief as wat ek vir my vrou is, die Here Jesus my eerste liefde bly. Nie dat ek my vrou minder wil liefhê nie maar ek wil Hom meer liefhê. Ons weet daar gaan 'n dag kom wat een van ons twee na die ander een in sy kis gaan kyk. As dit jou verlosser en doel van jou lewe is wat in daardie kis lê, hoe gaan dit jou help as jou hart gebreek is? Daar is net een Verlosser wat jou altyd sal help as jou hart gebreek is: Jesus Christus."

Die rede waarom ons so onwetend geestelik lam en verslaaf raak is oor ons kompromieë met die stryd teen afgode in hulle kamoefleerdrag maak want dit lyk darem tog nie só verkeerd nie?  Maar ons mag nie! Ons moet vir onsself duidelike skeidslyne trek. Soos daar met geen volksvyand ooreenkomste gesluit mag word nie om te verhoed dat ons deur hulle oorheers word, mag dit nie met betrekking tot hierdie dinge in ons lewe gedoen word nie.  As ons dit toelaat word ons aan ons geestelike rolstoele gekluister en sal die volk ook geen weerstand kan bied teen die gewelddadige, kommunistiese verknegters wat oor ons heers nie.

Is ons gewillig dat God hierdie ligsensitiewe afgode in ons lewens ontbloot?  As ons weer vry van slawebande oor ons wil wees, ook dié van die onderdrukkers van ons volk, dan moet ons weet waar om te begin.

Bevryding begin by die punt waar ons van afgodskettings bewus raak, en sal besef dat ons self nie die vermoë het om vry te kom nie, met ander woorde: bevryding begin dáár waar ek erken dat ek nie self los kan kom van hierdie gebondenheid nie. En daar waar my krag en eie pogings eindig, daar begin God te werk.

Die vloei van die geskiedenis deur alle tye heen, ook óns volk s'n, is gewortel in die fontein van menslike gedagtes. 'n Mens se gedrag word grootliks bepaal deur wat hy dink. Daarom leer die Woord ons in Spreuke 4:23 om ons hart, meer as alles wat ons het, te bewaar want die oorspronge van die lewe kom daarvandaan.

Die evangelie leer ons ook dat ons keuses het: òf ons laat ander sterwe wat ons afgode bedreig; òf ons kan sterf aan onsself en ons gewaande afgode waar ons tevore vreugde gesoek het. Met laasgenoemde kan ons waarlik lewendig en sterk word tot eer van sy heilige Naam. In Ps 16 en Lukas 9 vertel die Here hoe ons Hom as die Lewe kan vind. As ons dit doen, sál Hy ons land genees en ons volk herstel, soos Hy in sy Woord beloof.

Wanneer die aanslag van satan telkens weer op jou gerig word en jy in swakheid wil swig in afgodediens, onthou dan slegs dit: Nie een van jou afgode kan jou van jou sonde bevry en in jou plek sterf nie, maar Jesus Christus het dit vir jou gedoen sodat jy vry kan wees van alles wat jou op aarde bind.
Dan kan ons met ons oë omhoog ook sê soos in die gediggie van Pannevis:
In werklikheid... 
Al die nasies het één God:
Hy regel ieder volk syn lot;
Hy het vir ieder volk syn taal,
Syn land, syn reg, syn tyd bepaal.
Wie dit verag, sal syn straf dra:
O God, beskerm Suid-Afrika!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2473 gaste aanlyn