Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Waarom wil ons gedurig ander beïndruk met allerhande ingewikkeldhede? Probeer 'n keer eenvoudig leef, praat, lag, doen, en jy sal vind hoe bevrydend dit is, hoeveel vreugde en balans dit vir jou bring.
POLITIEKE KORREKTHEID
Die waarheid het talle karikature. Politieke korrektheid is een van die skadelikste. Dis ʼn sosiale euwel wat veld begin wen het toe Kommunisme in Oos Europa ineen begin stort het. Politieke korrektheid breek stabiele volke se trotse geskiedenis as ʼn vergoeding vir sogenaamde onregte van die verlede af. Ironies genoeg het dit nog nêrens ter wêreld enige gewaande onreg herstel nie, maar dit eerder aangevuur!
Politieke korrektheid het in 1923 in die Frankfurt Skool van Denke (Duitsland) as ʼn nuwe denkpatroon ontstaan.
Die skool sou aanvanklik die Instituut van Marxisme genoem word, maar toe die Instituut van Sosiale Navorsing genoem ten einde die bose wortels van Marxisme te probeer verbloem.
Die doel van die instituut was om die Weste se vertroue in enkelinge se vermoë om hul eie politieke heil uit te werk, bewustelik te ondermyn. Kommunisme glo dat enkelinge geen sinvolle politiek kan bedryf nie, slegs groepe. Daarom ondergrawe hulle die regte van enkelinge en hits die Westerse wêreld aan om hulself te vernietig.
Daarvoor moes die Weste se taalgebruik en denkpatrone verander word. Enkelinge moet soos die groep dink en dienooreenkomstig optree. Daarvoor is politieke korrektheid as ʼn intellektuele dwangbuis ontwerp. Dit moet mense breinspoel en saam met die stroom laat swem.
Politieke korrektheid is in werklikheid Marxisme met alles wat daarmee gepaard gaan soos byvoorbeeld ʼn verlies van vryheid van spraak, die beheer van gedagtes en die ontwrigting van die tradisionele samelewingspatrone. Die mikpunt is ʼn totalitêre staat wat onverbiddelike gelykheid op al sy burgers afdwing ten einde hulle te beheer.
Politieke korrektheid wil die tradisionele Westerse kultuur uitwis en enkelinge by ʼn kunsmatige eensydigheid indwing. Daarvoor moet nugtere denke gesmoor word. Mense mag nie meer sê wat hulle dink nie. Stellings, idees en woorde wat vir lank gebruik is, moet verdag gemaak en met polities inkorrekte denke en taalgebruik vervang word. Dit laat mense nie meer praat oor dit wat hul hinder nie uit vrees dat hulle van politieke inkorrektheid aangekla en selfs vervolg kan word. Almal verdwyn in so ʼn gedwonge, kunsmatige eendersheid.
Marxiste probeer hul weergawe van hemel op aarde op die mensdom afdwing. Hulle doen hulself as nie rassisties voor met skynbare oplossings vir wêreldvrede. Ironies genoeg het hulle nog nêrens ter wêreld rasseverhoudings verbeter nie, maar dit dikwels vertroebel!
Politieke korrektheid beskou voor die hand liggende waarhede as struikelblokke op die pad na wêreldvrede. In plaas van kinders op skool met die waarheid te voed, word hulle met die onsmaaklike brousel van politieke korrektheid gevoer.
In die internasionale politiek gebeur niks toevallig nie. Politieke korrektheid is niks anders as ʼn verbloemde weergawe van die Marxistiese klassestryd nie. Mense word subtiel beïnvloed om hul lotsgebondenheid met kultureel vreemde mense te aanvaar. Sodra die reg hulle ontneem word om sekere voorkeure uit te oefen, ontstaan ʼn ongebalanseerde, misdaad geteisterde samelewing waar sedes daal en misdaad styg.
Politieke korrektheid het ook kerke binnegedring. Die Belhar-belydenis is een van hierdie produkte. Dis Marxisties en teologies dwaas. Desondanks onderskryf sekere kerke dit vir geen ander rede as dat dit polities korrek is nie en swaai die stert die hond.
Polities korrekte mense is oorhoeks sensitief vir negatiewe verwysings na anderskleuriges. Daar mag bv. nie na ʼn persoon se VIGS-status verwys word nie omdat dit hoofsaaklik onder swartes voorkom. Die gevolg is dat verwarde denke geen probleem oplos nie maar dit herrangskik. Spyt kom altyd te laat as mense nie leer wat om betyds te vermy nie!
Suid-Afrika staan op die drumpel van georganiseerde bloedvergieting soos Siener van Rensburg jare gelede voorspel het. Terwyl eerbare burgers verbete teen ʼn stroom van agteruitgang swem, spoed ander onverpoosd in polities korrekte doodloopstrate voort. Mag God gee dat die dag baie gou aanbreek dat die sirene van die waarheid harder as die geskreeu vir politieke korrektheid loei!