Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Ek het my hande die hele dag uitgebrei na 'n opstandige volk wat wandel op 'n weg wat nie goed is nie, agter hulle eie gedagtes aan, 'n volk wat My gedurigdeur in die aangesig terg... Ek sal nie swyg nie, tensy Ek dit vergeld het... Ek sal doen ter wille van my knegte, om nie alles te verniel nie... maar julle wat die HERE verlaat... Ek sal julle bestem vir die swaard, en julle almal sal buig om geslag te word - Jesaja 65.
WAT IS JEUGDAG?
Johan Dorfling
Hierdie dag in Suid-Afrika het sy oorsprong by die opstande van ouer skoliere op 16 Junie 1976 in Soweto. Daar is steeds nie duidelikheid oor die rede vir die opstand nie omdat verwarrende berigte deur joernaliste die wêreld ingestuur is. Die regering het 'n ondersoek gelas om agter die waarheid te kom, maar onrusstokers wat ondergronds te werk gegaan het, het daarin geslaag om feite toe te smeer. Dat hulle hulself weerspreek het, is duidelik uit hulle bewerings.
Aan die een kant is beweer dat Afrikaans deels as onderrigtaal in die skole ingestel moes word, wat tot gewelddadige verset gelei het. Let wel deels.
Dan beweer die opstokers dat Bantoe-onderwys beveel het dat Afrikaans, wat as die "taal van die onderdrukker" beskou is, as een van die onderrigmediums op skool ingestel word. Nou was dit skielik nie meer deels nie, maar verpligtend.
16 JUNIE - 'N BARBAARDAG GEVIER
OPGEVOEDES SOU WOU VERGEET VAN SULKE BARBAARSHEID
Die meeste mense vier graag die Nuwe Suid-Afrika se talle publieke vakansiedae sonder om te weet presies waar die swart regime dit uitgekrap het. Behoudende blanke Afrikaners behoort egter te weet waar elkeen van hierdie dae sy oorsprong het sodat hy kan besluit of hy daaraan wil meedoen.
Die sogenaamde jeugdag wat weer vandag landswyd gevier word is nog een van die kommunisties-geïnspireerde instellings wat teen elke blanke en Afrikaner in die besonder gemik is. Soos meeste van die Nuwe Suid-Afrika se feesdae het dit sy oorsprong uit swart opstand, wanorde en barbarisme. Hierdie keer was dit hordes swart skoolleerlinge in Soweto wat op 16 Junie 1976 in die Orlando Stadium bymekaargekom het uit protes teen Afrikaans as onderrigtaal in skole. Afrikaans is destyds, net soos vandag waar 'n felle stryd daarteen gevoer word, gesien as die taal van die onderdrukker.
1965: BLOEMFONTEIN ONDERWYS- KOLLEGE SKEI VAN UOVS
KULTUURDAGBOEK 16 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Na aanbevelings van dr John Brebner aan die Vrystaatse Volksraad, word die Normaalskool op 12 Oktober 1898 met mnr PJ du Pré le Roux as hoof geopen.
Ná die Tweede Vryheidsoorlog heropen die 'Normal School' op 1 Augustus 1902 met mej EM Firks as hoof.
In 1912 word die Kollege herdoop tot die Normaal- en Politegniese Kollege, maar toe die huidige hoofgebou op 8 Februarie 1916 betrek is, is die politegniese gedagte laat vaar.
1953: FEDERALE MYNBOU BEPERK GESTIG
KULTUURDAGBOEK 16 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Federale Mynbou Beperk, die eerste Afrikaanse mynfinansierings- en eksplorasiemaatskappy, is deur Federale Volksbeleggings en Bonuskor gestig nadat FVB reeds in 1943 finansiering verskaf het vir die Klipfonteinsteenkoolmyn, 'n pioniersonderneming van die broers Jacques en Wentzel du Plessis.
Die maatskappy is met 'n aanvanklike kapitaal van R120 000 gestig, met as die eerste direkteure dr WB Coetzer (voorsitter), dr MS Louw en menere GJ van Zyl, CH Brink en PR Rörich.
Federale Mynbou se bedrywighede het aanvanklik grootliks steenkoolontginning behels,
KULTUUR- DAGBOEK 16 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. 1900: Lord Roberts van Brittanje onderteken 'n proklamasie tydens die Tweede Vryheidsoorlog dat Boerevroue en – kinders voortaan, nadat hul huise afgebrand is, gevange geneem en in konsentrasiekampe aangehou moet word. Dié handtekening het verreikende gevolge vir die Afrikanervolk gehad: die dood van sowat 28 000 weerlose vroue, kinders en bejaardes.
2. 1953: Lees in hoofartikel oor die stigting van Federale Mynbou Beperk.
3. 1965: Bloemfonteinse Onderwyserskollege word losgemaak van die UOVS. Lees hieroor in hoofartikel.
KERK, KULTUS OF KLUB?
Ds A.E. van den Berg
“...naamlik die ongelowiges in wie die god van hierdie wêreld die sinne verblind het, sodat die verligting van die evangelie van die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is, op hulle nie sou skyn nie” (2 Kor.4:4).
Sedert die sondeval lei Satan gedurig mense van God af weg, veral op godsdienstige gebied. Dit laat mense die sentrale Bybelse waarhede versaak en van ‘n randsteen-saak, ‘n hoofpad-geloofsaak maak. Dis hoe sektarisme asook kultusse ontstaan. Kultusse wentel om die as van mensebeheer en is 'n dodelike vorm van breinspoeling.
Kultuslede dink basies eenders soos wat die kultus wil hê. Wie logies met hul wil redeneer, loop hul keer op keer teen ʼn denk-blok vas. Dis asof kultuslede nie die waarheid kan insien nie. Satan blokkeer hulle verstand.
BROKKIES UIT DIE BOEK – MAX (3)
-Robert F. Kennedy
*
Afrika het ‘n baie swakontwikkelde begrip van die toekoms. Dis nie ‘n kritiek op hulle as ras nie, maar eerder op hulle kultuur. Dit is waarom nou belangriker as môre is, waarom vandag se onbedagte seks nie rekening hou met die feit dat ‘n kind verwek kan word, gebore sal wees en grootgemaak sal word nie en dat daar moontlik nie geld is om hom of haar te versorg nie.
KOMENDE KUNSMATIGE INTELLIGENSIE-KRISIS
Stephen Hawking is wyd aangehaal vir sy uitspraak op BBC: "Die ontwikkeling van volle kunsmatige intelligensie kan die einde van die mensdom beteken."
Volgens 'n omvattende verslag deur die McKinsey Global Institute kan byna 39 tot 73 miljoen Amerikaanse werksgeleenthede teen 2030 weens KI-outomatisering verlore gaan... ...‘n navorsingstudie van die Brookings Institution beklemtoon dat 36 miljoen Amerikaanse werksgeleenthede wat 'n hoë risiko loop, waar 70 persent of meer geoutomatiseer kan word met behulp van bestaande tegnologieë, deur Kunsmatige Intelligensie oorgeneem kan word. Die kwesbaarste rolle sluit in kantooradministrasie, vervaardiging en produksie, vragmotorbestuur en basiese regsloopbane.
Amerika voor in die ry, maar ook elke westerse land, staar 'n groeiende krisis in die gesig wat voor ons oë ontvou en waarskynlik in die komende jare sal vererger. Vreemd genoeg kry hierdie kwessie min objektiewe aandag in die hoofstroommedia.
BROKKIES UIT DIE BOEK – MAX (2)
Cornelle Maritz ervaar ‘n mengelmoes van gedagtes in haar normaalweg presiesgeordene gedagtegang. Soos enige ingenieur ‘n proses stap vir stap uitredeneer en verwerk, in werking stel en in die verloop daarvan die probleme wat opduik, die hoof bied, so is sy uiters prosesmatig in haar denke en optrede. Maar nie vandag nie. Sy weet dat vandag anders sal wees.
Waar sy altyd in totale beheer was, met die een na die ander eksperiment wat resultate opgelewer het; soms soos sy verwag en gehoop het, maar soms negatief, het sy selfs dan geweet hoe die ding nié gaan werk nie. Inderdaad het sy gelees Thomas Edison het 10 000 eksperimente gemaak, waarvan hy telkens gesê het hy weet wat nie gaan slaag nie, tot hy uiteindelik die wolfram in ‘n vakuum geplaas het en siedaar!
PINKSTER-DANKBAARHEID
Ds A.E. van den Berg
“En dag vir dag het hulle eendragtig volhard in die tempel en van huis tot huis brood gebreek en hulle voedsel met blydskap en eenvoudigheid van hart geniet terwyl hulle God geprys het en in guns was by die hele volk. En die Here het daagliks by die gemeente gevoeg die wat gered is” (Hand.2:46,47).
Daar is niks so lekker as om iets nuuts aan te pak nie. Mense geniet uitdagings omdat dit die eentonigheid van die alledaagse verloop van sake verbreek en nuwe wêrelde laat oopgaan. Die grootste nuwigheid in menseheugenis het op Pinksterdag 33nC in Jerusalem in aanvang geneem – die totstandkoming van die eerste Christengemeente. Dit was ʼn omwenteling soos wat die wêreld nooit weer sou beleef nie. Die geskiedenis sou ook nooit weer dieselfde wees nie!
OMSINGEL DIE LAER VAN DIE HEILIGES
“Ons Afrikaners vergeet somtyds dat ons sedert 1652 bestaan; elkeen van ons, en nie sedert elkeen se individuele geboortedatum nie. Ons bestaan strek nie oor ons eie leeftyd nie, maar oor ons volk se leeftyd. Ons bestaan verteenwoordig onder meer beskawing, orde, vooruitgang, verantwoordelikheid, norme, sedes, vreedsame naasbestaan, geloof, visie, standvastigheid, vrede, respek. Dit wat ons nou het (en waarvoor liberale Afrikaners gepleit het) is die teenpool van alles wat eens as die hoogste gemene deler beskou was; dis inderdaad ‘n strewe na die laagste gemene deler. Elke instelling en gesag tree onsedelik op. Elke daad van sogenaamde deernis verberg leuenagtigheid en lafhartigheid. Elke instelling wat ontwerp is om te beskerm, is in ‘n staat van verval en ontbinding. Die armes, eens onderdane van sorg, word herbedink as voertuie van verowering. Raspail se insig was eenvoudig verstommend - liberale demokrasieë, gestroop van lojaliteit aan hul eie mense, draai teen hulself onder die dekmantel van deug.”
Daar is boeke waarvan die relevansie mettertyd vervaag, deur veranderinge in tyd en verloop van gebeure ingehaal word, of doodgewoon irrelevant raak. Camp of the Saints van Jean Raspail is nie een van hulle nie. Dit is reeds in 1973 deur die Franse romanskrywer en ontdekkingsreisiger geskryf. Reeds toe is die krisis wat sou wag vir state (in sy geval Frankryk) van wettelose immigrante verwag, voorspel en in bykans sienersterme beskryf.
BROKKIES UIT DIE BOEK – MAX (1)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Darius Maxim, oftewel, Max, soos almal hom ken, sit op die harde, halfverweerde parkbankie reg oorkant die Pretoriase stadsaal, naby die standbeeld van Andries Pretorius en sy perd.
Dis ‘n laat wintersdag, met die Augustuswinde wat vroeg vanjaar opgesteek het. Hy het ‘n ou, lang weermagjas wat uit sy neef se dienspligdae dateer aan, een wat by die ou soldate bekend was as ‘n “aapjas”, met die wollerige voering aan die binnekant en ‘n kappie aan die bokant, amper soos die nuwerwetse “hoodies” wat deesdae mode is, veral onder die jeug.
Max het die afgelope tyd van al sy vooropgestelde idees van ‘n reënboognasie ontslae geraak, grootliks as gevolg van sy ervarings saam met Bella Vos, wat hy uit die berge in die Wes-Kaap gaan haal het, nadat sy haar voet gebreek en amper verkluim het as gevolg daarvan.
PRESISIEVOEDING TOT VOORKOMING VAN ALTZHEIMERS... (2)
... IN APOE4-DRAERS (APOLIPO-PROTËIN E)
Insulienweerstand en Glukosemetabolisme
Insulienweerstand is 'n sentrale kenmerk van Altzheimer se siekte. Pasiënte met Altzheimer se siekte toon wydverspreide verswakking in serebrale glukosemetabolisme. Interessant genoeg blyk insulienweerstand en ApoE4 'n sinergistiese effek te hê. Die relatiewe risiko vir die ontwikkeling van Altzheimersiekte met tipe II-diabetes alleen is 1.8, terwyl die bykomende teenwoordigheid van 'n ApoE4-variant die relatiewe risiko tot 5.5 verhoog. Ook opvallend is dat PET-skanderingstudies toon dat kognitief normale middeljarige ApoE4-draers verswakte serebrale glukosemetabolisme het, in vergelyking met nie-draers.
Presisie-voedingsoorwegings
Voeding vir ApoE4-draers moet fokus op die voorkoming van insulienweerstandigheid. Ware insulienweerstandigheid word gewoonlik gekenmerk deur hiperinsulinemie (wanneer daar abnormale hoë insulienvlakke in die bloed is) en 'n toename in vastende insulien. Dit kan bereik word deur middel van lae-glisemiese indeks of lae-koolhidraatdiëte. Interessant genoeg is daar gesien hoe hoë-koolhidraat diëte bydra tot AS. Onder Nigeriërs byvoorbeeld, is daar ‘n hoë voorkoms van ApoE4 maar omdat hulle ‘n kwart van die hoeveelheid suiker gebruik as wat Amerikaners doen, is daar ‘n baie lae voorkoms van Altzheimers.
BROKKIES UIT DIE BOEK – ROBYN (13)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Na ‘n vuurgeveg is daar twee verrassings wat op ‘n mens wag. Die eerste een is die besef van hoeveel skote jy getrek het, en dus baie ammunisie gebruik het, sonder dat jy dit geweet het. Die tweede is dat baie minder mense gesneuwel het as wat jy gedink het. Menige soldaat of leier is al geskok oor beide hierdie twee gebeure.
Daarby is dit soms vreemd oor hoeveel skote die menslike liggaam kan absorbeer sonder om te gaan lê, maar ook die feit dat ‘n skynbaar ligte skoot ‘n mens kan laat omkom. Wanneer genoeg skote afgevuur word in ‘n algemene rigting van iemand, bepaal die wet van gemiddeldes dat iemand getref kan word, soos die Bybel meld van koning Ahasia, waar iemand aan die einde van die geveg sommer ‘n pyl losweg geskiet het en dit die koning tussen sy pantserplate getref het terwyl hy op sy strydwa wegjaag.
PRESISIEVOEDING AS VOORKOMING VAN ALTZHEIMERS... (1)
... IN APOE4-DRAERS (APOLIPO-PROTËIN E)
Ons het gister gekyk na wat nuwe navorsing oor hoëvet dieëte te sê het met betrekking tot verspreiding van kanker in die liggaam. Vandag se navorsingsonderwerp behels ‘n minder bekende aspek nl die ApoE4-geen wat sommige mense dra en grootliks tot Altzheimer se siekte kan bydra. Hierdie artikel fokus hoofsaaklik op die dieet wat draers van hierdie geen behoort te volg om Altzheimers te probeer voorkom maar voordat ons daarby kom, moet ons eers meer uitvind oor wat hierdie ApoE4- geen werklik is, want mense met die grootste genetiese risiko om AS te kry is diegene wat die ApoE4-geen dra.
BROKKIES UIT DIE BOEK – ROBYN (12)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
“Jy weet, die eerste keer dat ek jou kar gesien het, het ek gedink dis vreemd dat die ding so ver gekom het. Ek het altyd gehoor die goed is onbetroubaar, lek olie, word warm as jy oor sestig ry, en jy is eintlik nie veronderstel om in een te klim sonder die selnommer van ‘n goeie insleepdiens nie en daarby moet jy ook nie verder ry as waar jy jou huis se dak kan sien nie, of so nie moet jy ‘n goeie paar stapskoene en ‘n bottel water byderhand hê.”
“En nou?”
“Nou wil ek ook een hê, maar een presies soos hierdie, nie die goed wat uit die fabriek kom nie.”
“So, jy dink nie meer ons gaan jou skoeter moet gebruik nie?”
“Na alle waarskynlikheid nie. Ek hoop in elk geval nie so nie.”
Hulle het vanoggend weer begin ry, nadat die reën genoeg bedaar het. Dit kom nog sterk af, maar dis asof die woede daaruit gevat is.
NUUTSTE OOR HOËVET DIËTE...
...EN DIE VERSPREIDING VAN KANKER
'n Onlangse navorsingstudie gepubliseer in Nature Communications het ondersoek hoe 'n hoëvet dieet die weg baan vir borskanker om te versprei, met die fokus op drievoudig-negatiewe borskanker, een van die mees aggressiewe subtipes. Navorsers het opgespoor hoe dieetvet die liggaam se interne omgewing in muise verander het, wat gelei het tot die vorming van "pre-metastatiese nisse" – plekke waar kankerselle meer geneig is om te vestig en te floreer.
Metastatiese (uitgesaaide/verspreide) borskanker is die stadium waar die siekte dodelik word – nie as gevolg van die oorspronklike gewas nie, maar omdat kankerselle na verafgeleë organe beweeg en wortel skiet. Die meeste vroue word nie gewaarsku oor die stille veranderinge in hul liggaam wat hierdie verspreiding meer waarskynlik maak nie. Nog minder word vertel dat wat hulle eet een van die kragtigste invloede is.
GELOOF EN ONS TOEKOMS
Hannes Ollewagen
Gén. 26:1-35
“En die HERE het aan hom verskyn en gesê: Moenie aftrek na Egipte nie; woon in die land wat Ek jou sal aanwys. Vertoef as vreemdeling in hierdie land, en Ek sal met jou wees en jou seën; want aan jou en jou nageslag sal Ek al hierdie lande gee: Ek sal die eed bevestig wat Ek vir jou vader Abraham gesweer het. En Ek sal jou nageslag vermeerder soos die sterre van die hemel en aan jou nageslag al hierdie lande gee, en in jou nageslag sal al die nasies van die aarde geseën word; omdat Abraham na my stem geluister en my ordening, my gebooie, my insettinge en my wette onderhou het. So het Isak dan in Gerar gebly.
Isak het toe in dié land gesaai en daardie jaar honderdvoudig gewen, want die HERE het hom geseën.” (:2-6, 12).
Ons het in die afgelope paar weke gesien hoe liries mense raak nadat die president van Amerika ’n paar uitlatings teenoor Suid-Afrika – en meer spesifiek die Afrikaner – gemaak het.
BROKKIES UIT DIE BOEK – ROBYN 11)
Hermaans staan die bek van die vlak grot en kyk buitentoe. Die reën maak ‘n ondeursigtige gordyn, wat sig beperk tot so vyftien meter. Die bedompige hitte wat die storm voorafgegaan het, het nou verander in ‘n koel, amper koue atmosfeer. Dis asof die wind effens gaan lê het, maar die reën neem in intensiteit toe.
Hy sidder as hy dink dat hy dalk daarin moes wees in plaas van hierdie plek waar dit droog is. Daar is natuurlik oorgenoeg water om te drink, maar die droë hout is al opgebruik en sy kos is klaar. Hy wens een of ander gedierte wil weer binnekom, of selfs net naby genoeg dat hy hom kan doodmaak en eet. Dis mos die wet van die natuur: eet, of word geëet.
WEES DAN BARMHARTIG
Hannes Ollewagen
Luk. 6:17-49
“Wees dan barmhartig, soos julle Vader ook barmhartig is.” (:36).
Twee dinge is vir my baie duidelik uit hierdie gedeelte in Lukas 6. Die eerste is dat God van ons verwag om barmhartigheid in ons lewens te openbaar – m.a.w. barmhartigheid moet deel vorm van die karakter van kinders van God. En die tweede is dat barmhartigheid ’n eienskap van God self is. Hierdie eienskap wat Hy ook in die lewe van sy kinders wil sien – daarom die duidelike opdrag in Lukas 6 om sy voorbeeld hierin na te volg.