Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Nederigheid is 'n wonderlike gawe – wie dit nie het nie moet werk om dit te bekom, want dit bring rykdom en eer vir die gees, en vestig vir jou 'n lewe van bevrediging en geluk.
TRUMP EN DIE AFRIKANER (1)
Die Uitoerende Bevel
Die aankondiging deur die Amerikaanse administrasie dat die regering van die VSA besorgd is oor die wel en weë van die Blankes hier in Suid-Afrika maak groot opslae. Die Amerikaanse regering spreek veral kommer uit oor die pas-aangenome Grondgryp-wet. Dit is opgevolg met ‘n uitvoerende bevel (“executive order”) deur Trump wat Afrikaners toelaat om in Amerika vlugtelingstatus te verwerf.
Alhoewel die bevel spesifiek verwys na Afrikaners wat deur bogenoemde wet van hul grond/eiendom beroof word, stel die bevel verder dat vlugtelingstatus toegestaan sal word aan Arfikaners “who are victims of unjust racial discrimination”, wat in effek sou beteken dat alle Afrikaners outomaties daarvoor sou kwalifiseer.
Onteiening is logiese volgende stap
Die vraag is natuurlik waar die vreeslike besorgdheid van die Amerikaanse regering oor die lot van die Afrikaner nou skielik vandaan kom. Amerika was saam met die Verenigde Koninkryk die hoofrolspelers om druk op die vorige Nasionale Party-regering uit te oefen. Daardie druk het hulle uiteindelik laat kapituleer en dit het tot direkte gevolg gehad dat die politieke mag aan ‘n kommunistiese Swart meerderheidsregering oorgedra is. Toe die Afrikaner daardeur sy vryheid en politieke seggenskap oor sy eiendom verloor het was die Amerikaners verheug daaroor. Waaroor dan nou die vreeslike besorgdheid oor die logiese gevolg van daardie stap – naamlik dat die Afrikaner ook van sy grond en eiendom beroof word. Afrika het immers bewys dat presies dit die opeenvolging van gebeure is wat volg op Swart bewindsoorname. En die ANC se Freedom Charter wat hierdie proses ook woord-vir-woord so uitspel, was reeds voor 1994 aan almal bekend. Ook aan die Amerikaners en Engelse wat met toenemende diplomatieke druk aangedring het op “ political reforms”.
BROKKIES UIT DIE BOEK: POENA (17)
083 444 7672)
“Ag nee, ons is te laat!”
Die plek smeul nog, met n bietjie rook wat uit die gebrande toonbank kom. Die vensters is natuurlik almal uitgeslaan en hulle moet oor die glasstukke loop, wat kraak onder hulle stewels en skoene. Van die katte en hondekossakke is oopgeskeur en dis duidelik dat honger mense daaraan geëet het. Dit stink na gebrande vleis en geskroeide hare. Die gil wat Drienie gee, is een wat uit haar geknakte siel kom.
“Ag nee!”
Agter in die praktyk is ‘n goeie veertig hokke, waarin katte en honde na operasies versorg is. Die vlamme het die diere se hare begin skroei en dit laat ‘n bitter reuk in die lug hang.
“Hoe kan mense so wreed wees? Kyk wat het hulle gedoen!”
Dis duidelik dat die honde en katte met iets lank en skerp gesteek is. ‘n Jong Pitbull-reun se snoet en wange is bebloed gelaat, soos hy probeer terugbyt het aan wat ookal gebruik is om hom dood te martel.
BROKKIES UIT DIE BOEK: POENA (16)
083 444 7672)
Die meeste vierwieldryf-voertuie staan bekend as “sportnutsvoertuie”. Oor die algemeen is die goed gebou om ‘n meerdoelige funksie te hê; dis ‘n sedanmotor, ‘n stasiewa en ‘n vier by vier (wat selde gebruik word). Daarby is die suspensies sagter as byvoorbeeld ‘n 1970 Land Rover, Land Cruiser of Chev K20 en natuurlik die 1970’s Nissan Patrol’s wat nie veel meer was as twee baie fris aste, ‘n enjin met enorme wringkrag, ‘n driespoed handratkas en ‘n oordrakas met baie lae laestrekverhoudings, ‘n matlose kajuit en laaibak. Dit het feitlik niks in gemeen met die ou CJ-klas Jeeps van weleer nie, behalwe dat albei vier wiele het. Dis luukses en die nuutstes word verkoop as gevolg van die grootte van die skerm op die paneelbord, of dit Bluetooth, selfoonlaaiers, tru-kameras en Zenon ligte het.
Die bande is breed en sterk genoeg om die vlakker slaggate, wat nou meer algemeen voorkom, te hanteer en het baie beter padhouvermoë as die baie ou kruislaag bande, waarmee die vierwieldrywe van vroeër uitgekom het. Daar is klimaatreguleerders, duur en sterk klankstelsels, en allerlei elektroniese speelgoed om verveelde passasiers mee besig te hou.
GOD GENEES GEBROKENES
Ds A.E. van den Berg
“Hy genees die wat gebroke is van hart en Hy verbind hul wonde” (Ps.147:3)
Die Franse skrywer Tagore skryf in een van sy boeke dat sy bediende een dag nie vir werk opgedaag het nie. Hy was vies omdat ’n besige dag vir hom voorgelê het. Toe die bediende die volgende dag opdaag, is hy summier afgedank. Terwyl die man sy persoonlike besittings bymekaar maak, sê hy vir Tagore: “Ek wil net vir u sê dat my dogtertjie laas nag oorlede is” Ja, hoe maklik kyk ons nie verby die gebrokenheid van mense by ons nie. Ons is te besig met eie belange en sien hulle nie raak nie.
Gees-gebrokenheid neem skerp toe. Dis om elke hoek en draai – straat op en straat af. Miskien selfs in ons eie gesinslewe. Sulke wonde neem verskeie vorms aan soos groot verdriet, onvervulde verlangens, eensaamheid ens. Elke huis het sy kruis. Die Kategismus sê tereg dat die lewe dikwels 'n jammerdal is wat God tot ons heil beskik. Wat word daarmee bedoel? Dat die mens se verleentheid dikwels God se geleentheid met hom is.
TRUMP MET STAATSGREEP BESIG?
Soos die ver-linkse kommentators by media-afsetpunte soos Politico die verskuiwende dinamika in Washington tipeer as 'n grootskaalse afbreek van liberale beleide, weerspieël dit die vrese van wakker aktiviste wat lank probeer om beheer oor die narratief te behou. Die kommer onder hulle het koorshoogte bereik, veral met Trump se stygende goedkeuringsgraderings.
In 'n besonder absurde bewering wat op MSNBC gemaak is, het Joy Reid die optrede van 'n demokraties verkose president as 'n staatsgreep bestempel. Hierdie ironie herinner die publiek aan dieselfde stemme wat ‘n tyd gelede oor 'n staatsgreep gekla het en een keer probeer het om die IRS aansienlik uit te brei om Amerikaanse burgers te oudit. Sulke belaglike bewerings beklemtoon die ontkoppeling tussen die media se uitbeelding van die werklikheid en die werklike sentimente van die kiesers.
NASIES VAN DIE MIDDE-OOSTE

Skrywer: Dr Gustav Norval
U kan sy boeke bestel by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Mesopotamië was ‘n landstreek wat eens op ‘n tyd geleë was by die Tigris- en Eufraatriviere in sentraal Irak, en wat teen 5000 vC bewoon was deur Sumerieërs. Hulle het bekend gestaan as die “swartkop mense” en die eerste Sumeriese beskawing was bekend as die Uruk-dinastie. Die Sumeriese ryk het bestaan tot 2002 vC, waarna die Akkadieërs die Sumerieërs verplaas het. Volgens historici het hierdie ryk bestaan tussen 2334 en 2154 vC. Vervolgens het die Chaldieërs op die toneel verskyn en volgens geskiedskrywers was hulle afstammelinge van Terah en dus verwant aan Abraham. Hulle het hul ryk teen 1800 vC gevestig en dit het geduur tot 539 vC met die val van Babilon. Tans woon hul nasate in Suid-Irak, hulle staan bekend as Irakese en hul taal is Arabies.
Dan was daar mense wat as Elamiete bekend gestaan het en deel van die ou Iran en Irak bewoon het. Die Assiriese ryk hulle verdryf na Iran. Die Elamiete was waarskynlik die nasate van Elam, seun van Sem (Gen. 10 vers 22) en tans bewoon hul nasate die Khuzestan-streek in Iran. Hul taal verskil van die Iranese en Arabiese tale.
Die Assiriese ryk het teen 2600 vC te voorskyn getreë en dit het tot ‘n val gekom in 609 vC toe die Chaldeërs hul ryk en hoofstad Nineve verwoes het. Die Assirieërs was die nasate van Asur, seun van Sem (Gen. 10 vers 22) en Mesopotamieërs. Al wat van die Assirieërs oorgebly het is sowat 3 miljoen mense wat tans in Noord-Oos Irak woon. Hulle taal verskil van die Persiese -en Arabiese tale.
Oorblyfsels van Nineve in Noord-Irak langs die stad Mosul
BROKKIES UIT DIE BOEK: POENA (15)
083 444 7672)
Bouts vloek meer as gewoonlik. Die bakkie sit nou so laag in die modder dat hy amper nie die deure kan oopmaak nie en soos dit nou aangaan, kan hy maar die ding oor ‘n uur of drie koebaai waai. Hy het tyd gemors om die dooie mense weg te sleep, maar as hy hier naby moet slaap, gaan dit nie tussen ‘n klomp lyke wees nie.
Die wiele het in die gemaal en gesukkel die modder agter, voor en na die kante opgeskop en dit lyk asof iemand dit daarmee gespat het. Hy wat Bouts is, is ook vol daarvan en as hy daaraan ruik, is dit die modder van iets wat baie lankal verrot het. Dit wat die wiele die laaste keer opgeskop het, is nie meer bruin nie, maar ‘n donker grys-swarterige kleur. Dit stink!
BROKKIES UIT DIE BOEK: POENA (14)
083 444 7672)
Terwyl Bouts op die bak rondgrawe vir sy kamp en slaapgoed, sien hy iets uit die hoek van sy oog. ‘n Groep mense kom deur die veld gehardloop. Dit bestaan uit vyf mans en daar is nie vrou of kind naby hulle nie. Hy kan nie uitmaak watse wapens hulle het nie, maar hy is seker daar is nie vuurwapens by nie, want dan sou hulle al begin skiet het. Hy het twee keuses: hy kan weghardloop en al sy goed net so los, of hulle verskrik of doodmaak. Hy besluit op laasgenoemde, loop oor sy goed agter-op die bak en gryp die haelgeweer van die sitplek af.
“Gee pad, ek sal skiet!” skreeu hy. Hy besef nie dat hy een van die kardinale reëls van ‘n skietgeveg oortree nie – ‘n mens sê nie jy het ‘n wapen nie en as jou lewe onvermydelik in gevaar is, waarsku jy nie jy gaan skiet nie.
WAT SÊ DIE BYBEL OOR ONWETTIGE IMMIGRASIE?
“’n Relevante analogie is dat die meeste mense snags hul deure sluit – nie omdat hulle die mense buite haat nie, maar omdat hulle lief is vir die mense binne. Dit is die plig van elke regering en elke bekwame burger om die swakkes binne ons grense te versorg en te beskerm”.
Terwyl die Trump-administrasie begin het met deportasies en strenger toepassing van hulle immigrasiewette, wonder baie mense wat die Bybel oor hierdie onderwerp sê. Sommige redeneer dat dit empaties en deernisvol is om buitelanders in’n land te verwelkom, daarom is dit glo verkeerd om onwettige immigrante in hegtenis te neem en te deporteer. Ander glo dat die beskerming van ons land Bybels is, en arrestasies en deportasies noodsaaklik is om die veiligheid van burgers te verseker.
Christene wêreldwyd, is erg verdeeld oor die kwessie van onwettige immigrasie. 'n Pew-opname het bevind dat 51% van die Evangelies en 47% van die Katolieke saamgestem het dat die verhoogde aantal deportasies van onwettige immigrante 'n goeie ding is. Aan die ander kant staan die Evangelical Immigration Table, 'n koalisie van Suidelike Baptiste-leiers, die National Hispanic Christian Leadership Conference, en die National Latino Evangelical Coalition – slegs 'n paar jaar gelede gevorm om die Kongres te beywer vir pro-amnestie-immigrasiewetgewing.
'N NASIONALE RAMP!
MEDEWERKER
Afrika is ‘n plek van wrede ontnugterings. Neem maar net Suid-Afrika as voorbeeld wat sedert die volkstigting ‘n verlengstuk van Europese beskawingswaardes was. Blanke owerhede kon tot en met die afskaffing van apartheid altyd daarin slaag om wet en orde te handhaaf. Daarna nie meer nie. Suid-Afrika het, soos die res van Afrika, ‘n lewensgevaarlike plek geword om in te wees.
Toe swartes by die parlement se voordeur inloop, het wet en orde by die agterdeur uitgeloop waarna wetsgehoorsames die soort angs begin ervaar het wat in die verlede uit die botsing tussen blankes en swartes gespruit het. Kinders word selfs van hierdie euwel bewus gemaak alvorens hulle die alfabet leer ken!
Wat geweld in Suid-Afrika so uitsonderlik maak, is dat dit dikwels sonder aanleiding voorkom. Misdaad is in der waarheid meer as blote moord en doodslag. Dis dwang. Dwang ontneem wetsgehoorsames die reg van besluitneming en maak hulle bang vir die lewe. So ‘n gemeenskap hou mettertyd op om normaal te bestaan.
BEWAAR JOU GEESTELIKE ERFENIS
Ds A.E. van den Berg
“.... So het Esau dan sy eersgeboortereg verag” (Gen.25:34).
In die 60er jare koop 'n vrou op die Kaapse parade 'n ring vir R20 nadat die smous haar verseker het dat dit 'n egte diamant was. Sy was skepties maar dit tog gekoop. Toe sy dit laat waardeer, was dit 'n diamant van twee karaat! Ja, sommige mense het al bitter min vir 'n kosbaarheid betaal. Maar nog nooit is iets so kosbaars vir so min verkoop as dit waarvan die gelese gedeelte melding maak nie.
Die tragiese verhaal van Esau se geringskatting van dit wat vir hom kosbaar moes wees, is met 'n doel opgeteken sodat ons nie dieselfde fout maak nie. Paulus skryf: “Maar al hierdie dinge het hulle oorgekom as voorbeelde en is opgeskrywe as 'n waarskuwing aan ons...” (1 Kor.10:11). Ook Esau se onverskilligheid.
GOD OF MAMMON?
Hannes Ollewagen
Matt. 6:19-34
“Die lamp van die liggaam is die oog. As jou oog dan reg is, sal jou hele liggaam verlig wees. Maar as jou oog verkeerd is, sal jou hele liggaam donker wees. As dan die lig in jou donkerheid is, hoe groot is die donkerheid nie! Niemand kan twee here dien nie; want òf hy sal die een haat en die ander liefhê, òf hy sal die een aanhang en die ander verag. Julle kan nie God én Mammon dien nie!” (:22-24).
Hier het ons te make met een van daardie baie reguit stellings wat God maak. Hy praat nie hier deur gelykenisse of beeldspraak nie, maar onomwonde stel Hy dit – “Julle kan nie God én Mammon dien nie!”. En hoe nodig is dit nie dat hierdie boodskap hard en duidelik in ’n sekulêre en materialistiese wêreld verkondig word nie. Ja, ook onder ons volk waar hierdie materialisme aan ons kom kleef het, is dit nodig om hierdie boodskap duidelik aan te hoor.
ROOFSUG
Medewerker
Struggle is ‘n woord eie aan die Afrika-politiek en vir jare kwistig gebruik om plaaslike sowel as internasionale steun vir die vernietiging van blanke staatsgesag in Afrika te verkry. Swartes het geglo dat die beëindiging van blanke owerheid hemel op aarde vir hulle sou bring. Net die teenoorgestelde het gebeur toe die hel aan die voete van wetsgehoorsames losgebars en mense se dagdrome in nagmerries en lugkastele in puinhope verander het!
Sedertdien haal Suid-Afrika gereeld die wêreldnuus; hoofsaaklik vir die verkeerde redes. Op 18 Februarie 2007 het John Simpson van die BBC Nuus geen doekies omgedraai toe hy gesê het dat Suid-Afrika een van die allergevaarlikste plekke ter wêreld is nie. Die ANC het hom onmiddellik van rassehaat beskuldig; ‘n ou, geykte verdedigingsmeganisme wanneer swartes ‘n waarheid nie kan betwis nie. En so gaan dit vandag nog, net baie erger.
Die einde van die plaaslike swartes se stryd was die begin van myne. My stryd is egter nie etnies of rassisties van aard nie, maar teen ‘n verbreking van die agtste gebod: “Jy mag nie steel nie” (Ex.20:15). Ek het ‘n stryd met rowers wat toegelaat word om my land in die naam van demokrasie van ‘n gehaltebestaan te beroof en die lewe uit die ekonomie te suig.
BROKKIES UIT DIE BOEK: POENA (13)
083 444 7672)
Twee manne wat ontkom het uit die burgeroorlog in Kroasië, Jadranko en Matté, skryf dat hulle glad nie vir die geweld en hartseer voorberei was nie. Eintlik was niemand nie, behalwe die regering wat dit gestook het, maar as hulle terugkyk, kan hulle die mylpale wat daartoe gelei het, raaksien.
Eerstens was daar ‘n kunsmatige skeiding wat die owerhede teweeg gebring het tussen die twee groot groepe, naamlik Moslems en Christene. Die tweede ding wat oor hulle pad gebring is, is deur die een groep bo die ander voor te trek, deur kontrakte en en gereserveerde werksgeleenthede.
Daarna het die sogenaamde “no-go” areas in werking getree. Belastings is op een groep afgedwing en die ander daarmee oorgesien. Die jurisdiksie en die polisie was openlik gekant teen die een groep. Wapens is geregistreer en lisensies het haas onbekombaar geword. Die dag nadat wettige wapens gekonfiskeer is, het die oorlog begin.
DIE KROON VAN GOD SE SKEPPING
Hannes Ollewagen
Génesis 1:1-31
“En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip. En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape.” (:26&27).
In die gelese gedeelte bevoorreg God ons om ’n klein stukkie van die wonderlike gebeure tydens die Skepping aan ons te openbaar. Hy leer ons hierin hoe die heelal ontstaan het, maar ook wat die oorsprong van die mens is. Die oorsprong van die mens is eenvoudig – hy het ontstaan op die oomblik toe God dit so besluit het. “En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, ...”
1957: DURBANSE ONDERWYS- KOLLEGE GESTIG
KULTUURDAGBOEK 29 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
In die agterplaas van die Durban Girls' High School, in 'n opslaangebou, word 'n Engelse tak van die Natal Training College op 29 Januarie 1957 gestig. Uit die agterplaasverlede van die Durbanse Onderwyskollege, wat 'n sprokiesverlede vir die Dokkies was, het die Aspoestertjie van die Natalse Onderwys sommer onmiddellik en onbeskeie haar voet vir 'n glaspantoffeltjie uitgehou en nie gerus voordat albei voete stewig en onbeweeglik 'n vastrapplek op die Natalse bodem verkry het nie.
WEF GEBRUIK SA AS TOETSGROND - ROOI WAARSKUWING
DIE WÊRELD EKONOMIESE FORUM SE PLAN VIR SUID-AFRIKA AS TOETSGROND VIR HUL BOSE PLANNE: AGENDA 2030
Om dit ‘n volkome samesweringsrealiteit te maak, moet daar op alle vlakke gebou en elke element met mekaar verbind word op 'n manier wat in lyn is met 'n oorkoepelende globale agenda. Hier is hoe dit opgestel kan word:
1. DIE GRONDWETSONTWERP EN EIENDOMSBESLAGLEGGING
• Kernsameswering:
Die Wetsontwerp op Grondonteiening is nie bloot 'n beleid om historiese grondwanbalanse aan te spreek nie, maar 'n berekende stap om private grondeienaars van hul eiendom te stroop onder die dekmantel van "openbare belang."
• Agenda 2030-verbinding:
Deur die vae taal van “openbare belang” aan te roep, kry die regering die mag om grond te hertoewys om die globale “30x30”-biodiversiteitbewaringsdoelwitte te bereik. Die uiteindelike doel is om beheer van grond te sentraliseer, private eienaarskap te verwyder, en Suid-Afrika se beleide in lyn te bring met WEF-voorskrifte vir 'n groen globale ekonomie.
GEEN GOUE EEU SONDER VREDE
Volgens Children's Health Defense (CHD) of The Defender, die organisasie wat gestig is deur Robert F. Kennedy Jr. wat genomineer is om Sekretaris van Gesondheid te word onder die nuwe Trump-administrasie, het die Biden-administrasie op Biden se laaste dag in die amp – 19 Januarie 2025 – US$ 590 miljoen aan die farmaseutiese korporasie, Moderna, toegeken vir die ontwikkeling van mRNS-griep-entstowwe met “pandemiepotensiaal”.
Die Biden-administrasie weet, sowel as die WGO, dat mRNS-inspuitings doodskote is. Dit veroorsaak ernstige beserings en maak mense dood. Dit is die afgelope vier jaar aanhoudend bewys.
Die Biden-administrasie het tot op sy laaste dag die Wêreld Ekonomiese Forum (WEF) en die VN se Agenda 2030-sleuteldoelwit nagestreef nl: globale ontvolking van die wêreld. Natuurlik is die WEF en die VN net uitvoeringsagentskappe vir 'n sinistere ‘Deep State’.
BROKKIES UIT DIE BOEK: POENA (12)
083 444 7672)
Minder as vyf persent van die totale Suid-Afrikaanse bevolking is nié aan die beweeg nie. Feitlik elke man, vrou, kind, bejaarde, sieke, gestremde, het die moontlike prooi van geweld geword. Die maklikste opsie vir enige spesie wat gejag word, is om te vlug.
Een van die hoofredes waarom ‘n jagtende spesie (predatore) se oë aan die voorkant van sy kop sit, is om die prooi goed te kan sien, om daarop te kan fokus en om die afstand goed te kan skat, vir die laaste aanval. Net so is die oë van die gejagdes aan die kante van hulle koppe, sodat hulle die jagters betyds kan raaksien en sodoende op vlug kan slaan. Daarby is die dier geseënd met beter gehoor en reuksintuie as die mens, en met min uitsonderings, groter spoed en ingeboude wapens, soos slagtande of horings.
Alhoewel die mens as spesie eintlik relatief hulpeloos is teen die natuur, het hy twee kenmerke wat vir hom enorme voordeel bied. Die een is dat hy ‘n duim het (soos sommige ander primate) wat teenoor sy ander vingers kan toevou om behoorlik vas te hou en in meeste gevalle ‘n gebruiksvoorwerp, soos byvoorbeeld gereedskap – of bamboes. Maar dit werk ook goed om wapens te vervaardig en gebruik, hetsy dit ‘n klip, stok, kierie, spies, boog of vuurwapen is.
GOD HAAT ONREG
Ds A.E. van den Berg
“Daarna weer het ek gesien al die verdrukkinge wat onder die son plaasvind, en kyk, daar was trane van verdruktes, en vir hulle was daar geen trooster nie; en aan die kant van hulle verdrukkers was mag.....” (Prediker4:1).
God haat onreg. Dis 'n pessiekte wat 'n volk besmet en later uit mekaar laat val. Dit tas regspleging onder die voorwendsel van geregtigheid vir almal aan en verdof die lig van almal wat opreg leef. Daarom moet gelowiges dit bewustelik teenstaan. Om dit te doen, is 'n deeglike kennis van die Bybel nodig. Die Bybel is 'n gids deur die mynveld van onreg en sê vir ons wat reg of verkeerd is.
Onreg besoedel regspleging. Regsgesag kom van God. Wie daarmee gemoeid is, is vir hul optrede eerstens aan Hom verantwoordelik. “En hy het aan die regters gesê: Kyk wat julle doen, want julle spreek nie reg vir die mens nie, maar vir die HERE; en Hy is by julle in die regspraak” (2 Kron.19:6).