Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Sonskyn en rustigheid sou ons pap en smaakloos soos die Bybelse sout gemaak het. Kalm weer het nog nooit goeie matrose gemaak nie! Daarom beskik God van tyd tot tyd haaie in ons lewenstenk wat ons rondjaag om ons smaaklik te hou.
WEES VOLMAAK
Hannes Ollewagen
Matt. 5:17-48
“Wees julle dan volmaak soos julle Vader in die hemele volmaak is.” (:48).
Hierdie opdrag klink dalk vir ons ’n bietjie onbillik, nie waar nie? Dit is tog nie moontlik dat ons as sondige en nietige mense by die punt van volkmaaktheid in die gelykheid van ons hemelse Vader kan uitkom nie? Maar onthou, ons as mense moet ons nie daarmee bemoei om voor God te besluit wat moontlik en wat nie moontlik is nie. Ons moet onsself toespits op dit wat Hy in sy Woord aan ons leer en met ywer probeer om Hom daarin te gehoorsaam.
Hierdie opdrag om volmaak te word, word ook nie net een maal in God se Woord aan ons gegee nie. Ons lees in Paulus se brief aan die Korinthiërs waar dit weer herhaal word. “Verder, broeders, wees bly; word volmaak; laat julle vermaan; wees eensgesind; hou vrede, en die God van liefde en vrede sal met julle wees.” (2 Kor. 13:11). En ook in Jakobus 1:2-4 lees ons hiervan. “AG dit louter vreugde, my broeders, wanneer julle in allerhande versoekinge val, omdat julle weet dat die beproewing van julle geloof lydsaamheid bewerk. Maar die lydsaamheid moet tot volle verwerkliking kom, sodat julle volmaak en sonder gebrek kan wees en in niks kortkom nie.”
BROKKIES UIT DIE BOEK “DIE VERONTREGTES” (34)
(u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
“Never anger a man who has nothing to lose.”
“Never mind the badmen. They are cowards at heart. But take care if the peace-loving townsmen, the butcher, the baker, the town saw-bones, the storekeeper and the stable-hand get their anger up.”
- Louis L’Amour
Die grootste dryfvere in die wese van normale mense, indien daar sulke wesens is, is liefde, maar ook haat, woede, vrees en bitterheid. Die meeste van die inwoners van Vuilbaardsvlei, maar ook die nuwelinge, wat nie as sogenaamde “inkommers” beskou word nie, maar as deel van die gemeenskap, deel in die verontwaardiging van die vorige bedeling en die situasie waarin dit hulle geplaas het.
BROKKIES UIT DIE BOEK “DIE VERONTREGTES” (33)
083 444 7672)
Die storie volg in Afrikaans onder die Engelse bronne
Five alleged Boko Haram bandits were shot and killed in Bronkhorstspruit, Tshwane on Monday.
The Boko Haram bandits who are believed to be from Mamelodi, reportedly went to a road construction site in Bronkhorstspruit on Monday with an intention to disrupt work on the project and demand a 30% share.
Their dead bodies were later found in an open field in Cullinan.
It is widely believed that after the altercation they had caused at the construction site in demand for a 30% share in the project, the Boko Haram bandits were abducted on their way home to Mamelodi, tortured and killed before being dumped in an open field in Cullinan.
A statement released by Gauteng SAPS spokesperson Colonel Mavela Masondo reads as follows:
DIE MEES GEDUGTE KRYGSMAG IN AFRIKA (6)
DIE SUID-AFRIKAANSE LEËR
Samestelling
Die SA Leër is saamgestel uit 'n Voltydse en 'n Deeltydse Mag. Die Voltydse Mag bestaan uit 'n betreklik klein kerngroep, te wete die Staande Mag wat aangevul word deur dienspligtiges wat hul aanvanklike diensplig ondergaan.
Die Deeltydse Mag, wat die grootste deel van die Leër se slaankrag uitmaak, bestaan uit die Burgermag en die Kommandomag.
Missies
Die SA Leër is derhalwe oorwegend 'n burgermag met drie hoofmissies: Die landwaartse verdediging van Suid-Afrika; samewerking met die SA Polisie in die handhawing van wet en orde in die RSA; en hulpverlening aan burgerlike owerhede ten opsigte van noodlenigingsaksies.
Organisasie
Ten einde hierdie funksies te verrig, is die SA Leër in twee hoofkomponente verdeel, nl 'n Konvensionele Mag en 'n Gebiedsmag.
BROKKIES UIT DIE BOEK “DIE VERONTREGTES” (32)
083 444 7672)
Die storie volg in Afrikaans onder die Engelse bronne
“I would say to the House, as I said to those who have joined this Government, I have nothing to offer but blood, toil, tears and sweat. We have before us an ordeal of the most grievous kind. We have before us many long months of toil and struggle.
“You ask what is our policy. I will say, it is to wage war with all our might, with all the strength that God can give us, to wage war against a monstrous tyranny never surpassed in the dark, lamentable catalogue of human crime.
“You ask what is our aim? I can answer in one word: Victory. Victory at all costs. Victory in spite of all terror. Victory however long and hard the road may be. For without victory there is no survival.”
-Winston Churchill
JY LEEF NET EEN MAAL OP DIE AARDE
Ds A.E. van den Berg
“Leer ons om ons dae so te tel dat ons 'n wyse hart mag bekom!” (Ps.90:12).
Hoe oud is jy? Wat het jy tot dusver met jou lewe gedoen? Onthou die lewe is nie 'n besitting nie maar 'n gawe van God. Hy gee dit spesiaal vir jou om iets mooi daarvan te maak. In die OT word lewe ook die hart genoem. Dis die setel van menswees. Daarom sê mens dat iemand tot bekering gekom het omdat hy sy hart aan Jesus gegee het – sy lewe.
Jou hart behoort of aan Jesus of aan Satan. Jy kies. Daar is geen middelpaadjie nie. Jou keuse bepaal of jy wys of dwaas leef. Dawid skryf “Die dwaas sê in sy hart: Daar is geen God nie. Sleg, afskuwelik maak hulle hul dade; daar is niemand wat goed doen nie.” (Ps.14:1).
Miljoene mense kies om dwaas te leef met geen God bo of langs hulle nie. Die Bybel sê dat God ons Herder wil wees en die lewenspad saam met ons wil loop. Ons moet kies of ons Hom wil toelaat of nie. 'n Dwaas het nie net geen God bo of langs hom nie, maar ook nie 'n God onder hom nie. God is 'n vader wat sy kinders in hul nood wil dra. Dit ontbreek by 'n dwaas.
DIE MEES GEDUGTE KRYGSMAG IN AFRIKA (5)
SA Weermag se hoogtepunte en mylpale in 1988 (2)
“Wat wapentuig betref, is ons nuwe wapenstelsels tydens die internasionale Fida-lugskou in Santiago (Chili) bekend gestel. Die nuwe geleide lug-tot-lug-missiel n1 die Darter (V3C) en die afstandbeheerde Seeker-verkenningsvliegtuig wat tot 200 km van sy basis of kan opereer, het heelwat belangstelling in militêre kringe uitgelok.”
Burgermag en Staande Mag 75 jaar oud
Die Burgermag se 75ste bestaansjaar is tydens 'n luisterryke parade in Johannesburg gedenk. By dié geleentheid, waaraan 1 200 soldate van 32 Burgermageenhede deelgeneem het, is die saluut waargeneem deur die onderburgemeester van Johannesburg en genl maj C.P. van der Westhuizen, Bevelvoerder van Kommandement Witwatersrand. 'n Spesiale uitstalling oor die Burgermag by die Suid-Afrikaanse Museum vir Krygsgeskiedenis, het deel van die verrigtinge gevorm. Die Aktiewe Burgermag het op 1 Julie 1913 as deel van die Unieverdedigingsmag tot stand gekom.
BROKKIES UIT DIE BOEK “DIE VERONTREGTES” (31)
083 444 7672)
Die storie volg in Afrikaans onder die Engelse bronne
NELSPRUIT - The South African Police Service (SAPS) in Mpumalanga, working together with the ProvJOINT structure, including the Department of Home Affairs and other role players like Police Intelligence, have uncovered a suspected military training base in White River and apprehended 95 foreign nationals in connection with the discovery.
Acting Provincial Commissioner of the SAPS in Mpumalanga, Major General (Dr) Zeph Mkhwanazi, convened the Provincial Joint Structures (ProvJOINTS) two days ago after receiving intelligence information about the suspected camp. This led to a joint operation being carried out today, Friday 26 July 2024, resulting in the raid and subsequent arrests.
The place, which was initially designated as a training site, appears to have been converted into an illegal military training base. The 95 individuals taken into custody are all Libyan nationals and are currently being questioned by the relevant authorities.
‘N VOLKOME HART
Hannes Ollewagen
2 Kron. 25:1-28
“En hy het gedoen wat reg was in die oë van die HERE, maar nie met ’n volkome hart nie.” (:2).
Die Woord van God onderrig ons met lesse uit die lewe van koning Amásia uit hierdie gedeelte. Hierdie seun van Joas het op ’n jong ouderdom die koningskap ontvang. Alhoewel hy gedoen het wat reg was in die oë van die HERE, was sy hart nie volkome met God nie. Ons sien dit ook in sy optrede. Wanneer hy gereedmaak vir oorlog blyk sy benadering nie te wees om God met sy hele hart vir die oorwinning in die oorlog te vertrou nie. Hy probeer sy eie planne maak en daarom gaan huur hy hondderdduisend dapper helde om hom in die oorlog te help. Hy steun op hierdie manne saam met sy eie leër se krygsvernuf en krag vir die oorwinning.
BROKKIES UIT DIE BOEK “DIE VERONTREGTES” (30)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
-Virgil
*
Dis baie koud. Die kouefronte wat die een na die ander die Kaap getref het, het aanbeweeg oor die binneland en die sneeu val onophoudelik vir drie dae oor die berge van die ou Oos-Transvaal. Wanneer die son sak, daal die kwik tot ver onder vriespunt, die wind waai en selfs hier, waar hulle in ‘n holtetjie kampmaak, is dit bitter koud. Almal het geweet dat hulle voorsorg moet tref teen koue, en hulle het, maar hierdie is baie erg.
‘n Nuwe aankomeling, Frans Botes, het by hulle aangesluit. Hulle het sy Mitsubishi Pajero van ver af gesien naderkom, met ligte wat beweeg, stilhou en sodra hy voor die ligte inbeweeg en eers die regter en daarna die linkerlig vir ‘n oomblik wegraak, besef Skeer dis tipies van iemand wat uitklim en voor die voertuig, in die pad, spore gaan soek.
BROKKIES UIT DIE BOEK “DIE VERONTREGTES” (29)
083 444 7672)
It is not in our power to anticipate our destiny.
-Winston Churchill
*
“Het jy werklik die kolonel geskiet”
Maya is effens uit die veld geslaan met Arno se vraag. Sy is die afgelope tyd ietwat onseker oor wat met haar emosies gebeur. Vantevore was dit anders. Sy het immers haar lewe en toekoms gebou op ’n loopbaan in die weermag en dit was genoeg. Sy het in ‘n oortreffende trap haarself toegewy aan die uitnemendheid van haar grootste talent en gawe, naamlik om die beste skut en veldkunstenaar te wees wat die SANW – en selfs die SAW – kon oplewer. Sy het baie gelees oor die besondere soldate en sluipskutters die afgelope honderd jaar.
KORT TWEEGESPREK
“Werkers kon vanoggend weer nie by die werk opdaag nie omdat lokasiebewoners die paaie na die dorp met klippe en brandende bande afgesper het. Die rede daarvoor is omdat hulle vir die munisipaliteit kwaad is aangesien hulle reeds ‘n maand sonder krag is. Nou vra mens waarom dié goed hulle eie toegang tot hulle werk versper sodat niemand van hulle by die werk kan kom nie – dus geen betaling nie – net omdat hulle die munisipaliteit verkwalik?”
“Ja, dis nou lekker dom, heeltemal onnosel!”
“Ja, en toe word hulle die sleutels gegee en gesê om die land te regeer sodat die ‘ander’ rugby kan kyk. Wie is NOU dom en onnosel!”
HY IS!
Hannes Ollewagen
2 Kon. 4:1-44
“Toe sê Elísa vir haar: Wat kan ek vir jou doen? Gee my te kenne wat jy in die huis het. En sy antwoord: U dienares het glad niks in die huis nie, behalwe ’n flessie met olie. En hy sê: Gaan leen vir jou van buite af kanne, leë kanne van al jou bure; leen nie te min nie. Gaan dan in en sluit die deur agter jou en jou seuns toe, en giet in al daardie kanne en sit weg wat vol is. Sy het toe van hom af weggegaan en die deur agter haar en haar seuns toegesluit; en terwyl hulle vir haar aanbring, giet sy in. Sodra die kanne vol was, sê sy aan haar seun: Bring vir my nog ’n kan aan; maar hy antwoord haar: Daar is geen kan meer nie. Toe gaan die olie staan. Daarop kom sy om dit die man van God te kenne te gee; en hy sê: Gaan verkoop die olie en betaal jou skulde; van die orige kan jy en jou seuns dan lewe.” (:2-7).
ROER JOU LITTE!
Ds A.E. van den Berg
“En ek het ’n ander stem uit die hemel hoor sê: Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie” (Open.18:4).
In Gen.19 word een van die aangrypendste gebeure in die OT opgeteken – die verhaal van God wat Lot en sy gesin beveel het om uit Sodom pad te gee. In Open 18 kry gelowiges 'n gelykluidende opdrag nl. om uit Babilon pad te gee voordat God se finale oordeel oor haar voltrek word. God waarsku sy kinders altyd vooraf!
Babilon is 'n stad van opstand teen God. Dit het met die bou van die toring van Babel (Gen.11) begin toe die Babiloniërs geglo het dat hulle God kon onttroon. Hulle wou hul eie god wees. Dit het eeue later later ook in die Babiloniese wêreldryk gebeur en daarna weer in die tyd van die Romeinse ryk toe die boek Openbaring geskryf is.
DIE MEES GEDUGTE KRYGSMAG IN AFRIKA (4)
DIE SUID-AFRIKAANSE WEERMAG IN 1988: HOOGTEPUNTE EN MYLPALE
Inleiding
Vir die Suid-Afrikaanse Weermag (SAW) was 1988 weer eens 'n jaar wat talle hoogtepunte opgelewer het. In hierdie verband kan enkeles, soos die SAW se operasionele suksesse in Angola, die beëindiging van vyandelikhede in SWA en die ondertekening van die drieparty-ooreenkoms in New York, die bekendstelling van nuwe wapentuig, die Vloot se geslaagde Oefening Magersfontein en sy deelname aan die Dias-gedenkfees genoem word. En dan was daar ook die instelling van die Nasionale Vaandel.
In 1988 het die SAW ook heelwat gehad om te gedenk, soos onder meer die 75ste bestaansjaar van die Suid-Afrikaanse Geneeskundige Diens (SAGD), die Staande Mag en die Burgermag.
BROKKIES UIT DIE BOEK “DIE VERONTREGTES” (28)
083 444 7672)
Die storie volg in Afrikaans onder die Engelse bronne
A handful of South African soldiers recently had to help their allies in Mozambique when Islamic insurgents launched their boldest attack of the war yet, targeting Macomia, a town in Cabo Delgado.
The renewed attacks in Mozambique’s northernmost province come after the departure of troops from the Southern African regional force (called Samim). It’s a clear indication that the insurgency, which Samim had meant to suppress, has not been quelled. The insurgents were biding their time, knowing that the regional force could not be deployed indefinitely...
*
Chaka het ‘n rewolusionêre manier van oorlogvoering na sy mense gebring. Dit het bestaan uit die kop van ‘n bul, naamlik met die kopgedeelte van die skedel as die hoofmag van die krygers en die horings as die omsirkelende flanke wat aanval, die vyand op ‘n hoop jaag en dan sodoende vernietig, terwyl hulle keer dat niemand ontsnap nie.
BROKKIES UIT DIE BOEK “DIE VERONTREGTES” (27)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Die storie volg in Afrikaans onder die Engelse bronne
Zuma burning down the house.
With its resolve to ditch the constitution and little if any economic nous, Zuma’s MK Party is as much a vehicle to feed his spite and hubris as it is a political party.
Jacob Zuma is a noxious force in South African politics. Nowhere was that on clearer display than his comments at the weekend threatening violence if the Electoral Commission of South Africa (IEC) went ahead with its results announcement on Sunday.
After his MK Party claimed vote-rigging without providing a shred of evidence, Zuma said the IEC would “be provoking us” if it announced the result of last week’s poll. “When we stand up and do something, somebody is going to say: ‘These people are violent. They must be shot. They must be arrested’.”
-Shirley de Villiers
GODSDIENS MET YWER
Hannes Ollewagen
2 Kor. 5:1-10
“Daarom lê ons ons ook ywerig daarop toe, of ons inwoon of uitwoon, om Hom welbehaaglik te wees.(:9).
Hoeveel mense kan vandag soos Paulus sê dat hulle ywerig probeer om te doen wat vir God welbehaaglik is? Dit lyk eerder asof die mensdom ywerig besig is om die welbehae van die satan te doen. Dink byvoorbeeld aan die ywer waarmee gruwels soos homoseksualisme, geslagsveranderinge, materialisme, individualisme en dergelike dinge aangemoedig en bevorder word. Wat is dit anders as ’n ywerige diens aan die satan wat in God se skepping wil steel, slag en verwoes?
Die goddelose mens dink dat daar geen God is nie. Hy leef daarom ’n dwase lewe en handel eenvoudig na eie wil omdat hy nie glo dat daar van hom rekenskap van sy dade geëis sal word nie. “...Die dwaas sê in sy hart: Daar is geen God nie. Sleg, afskuwelik maak hulle hul dade; daar is niemand wat goed doen nie.” (Ps. 14:1).
RKK SONDER GETUIENISKRAG
Die Rooms-Katolieke Kerk het, soos talle ander organisasies en state, ook voor Joodse druk geswig. In wat volg sal u sien waarom daar geen twyfel oor kan wees nie. Een van die sogenaamde Goeie Vrydag rituele was ‘n gebed wat sy oorsprong het in die 4e eeu n.C. Dit sluit die woorde in:
Oramus et pro perfidis Judaeis.
Vertaald beteken dit:
Laat ons ook bid vir die bekering van die ongelowige Jode.
Pous Pous XII het, in sy laaste dae as pous ‘n besoek ontvang van Jules Marx Isaac, ‘n prominente Franse Jood wat ook ‘n Marxis en Vrymesselaar was. Hy het gevra dat die woord “perfidis” (ongelowige) uit die gebed gehaal word. Die pous het geweier omdat dit ‘n feitestelling was.
Pous Johannes XXIII wat Pous XII opgevolg het, het egter die woord “perfidus” uitgehaal. Hy het ook in ‘n ander voorlesing, waarin gestel word dat Jesus (God) vlees geword het onder mense wat Hom sou kruisig, geskraap. Ook by die doop van volwassenes is die verwysing na “ongelowige Jode” weggelaat.
EENWÊRELD- GODSDIENS VOOR ONS DEUR
As u ‘n konserwatiewe christen is behoort u hierdie artikel te lees. As christene glo ons dat die antichris ‘n eenwêreldgodsdiens sal vestig, gebaseer op satanisme en die okkulte, wat met ‘n eenwêreldregering geassosieer word. Die Geldmag hou ons besig met dingetjies wat ons aandag aflei van sulke ernstige sake wat vir ons bittere gevolge gaan meebring en ons kan dalk nie die dinge wat op ons pad kom keer nie maar ons behoort met oop oë, volwaardige kennis en geestelik paraat daarin te stap.
Hoeveel van ons weet dat Pous Franciscus van die Katolieke Kerk reeds in 2019 die aankondiging gemaak het dat daar ‘n Katoliek-Moslem Tussentydse Raad geskep is wat die totstandkoming van die Chrislam-Hoofkantoor in 2022 beoog het. Volgens die getekende ooreenkoms, die Document On Human Fraternity For World Peace, behels dit ‘n kombinasie van Moskee en Kerk wat moet lei na ‘n Eenwêreldgodsdiens – die Chrislam, dus ‘n samesmelting van bestaande godsdienste. Ja, dis dieselfde Pous wat mense leer dat bekering nie die mens se missie is nie maar wel broederskap tussen verskillende godsdienste – direk die teenoorgestelde wat die Bybel ons leer.