Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Grys hare is wel ‘n bewys van ouderdom, maar nie noodwendig van wysheid nie - soms daag die ouderdom alleen op!
BROKKIES UIT DIE BOEK HELDELAND (4)
083 444 7672)
Jona skrik wakker. Hy ruik hulle nog voordat hulle by hom is, en hy kry genoeg tyd om die geweer oor te haal voordat die eerste een by hom is. Instinktief skiet hy in die man se rigting en die koeël tref die ou aan die linkerkant van sy bors. Die projektiel mis die man se hart, maar perforeer sy long. Die man is egter nog teen die impak bestand; adenalien en die liggaam se natuurlike weerstand daarteen maak dat hy net ‘n klap teen die bors voel. Die gevolge sal eers oor ‘n paar minute kom. Hy pluk die geweer uit Jona se hand en skop na hom.
Oubaas het opgevlieg en byt na ‘n ander paar bene. Hy kry egter ‘n skop wat sy wind uit hom uitslaan en hy bly vir die oomblik lê. Hy is nog ver van uitgegroei af en hy het seer. Hy tjank-tjank en gaan staan so ver as moontlik van die manne en sodra hy sy wind terugkry blaf hy sonder ophou.
HOE LYK JOU VREDE OP HIERDIE KERSDAG?
Ds Andrè van den Berg
“Eer aan God in die hoogste hemele en vrede op aarde, in die mense ʼn welbehae” - Luk.2:14
Op Kersdag ervaar talle gelowiges ʼn ambivalensie. Hierdie groot woord beteken om twee uiteenlopende ervarings gelyktydig te ervaar. Dis soos om te wil lag en ter selfde tyd ook te wil huil. Kersdag is enersyds ʼn vreugdevolle dag maar andersyds ook ʼn hartseer dag. Vir gelowiges is dit ʼn vreugdevolle dag omdat Jesus se koms na die aarde herdenk word, maar andersyds ook ʼn hartseer dag omdat die meeste mense dit vir die verkeerde rede vier.
Kyk maar net hoe gaan dit tydens die Kerstyd. Handelsomgewings is ʼn miernes van bedrywigheid; mense jaag van die bank na die winkels en soms selfs wéér terug bank toe! Kerstyd is die tyd van die jaar waar mense oorboord gaan met buitensporige aankope en vergrype. En dit maak gelowiges opreg hartseer. Kerstyd moet eerder daardie tyd van die jaar wees om voor God stil te raak en met die geestesoor die engelekoor van die grootsheid van Christus hoor sing, net soos wat die skaapwagters hulle daardie nag in Betlehem hoor sing het.
KERSFEES – JA OF NEE?
Ds Andrè vd Berg
“En terwyl hulle daar was, is die dae vervul dat sy moes baar” (Luk.2:6).
Is 25 Desember werklik die geboortedag van ons Here Jesus of was dit ʼn heidenfees wat van ʼn Christenbaadjie voorsien is soos wat sommige mense beweer? Die antwoord op beide vrae is nee; 25 Desember is nie die werklike geboortedag van Jesus nie en dis ook nie van die heidendom verkry nie.
Jesus se koms is nie ’n geboortedag-herdenking nie, maar ’n herdenking van sy geboorte.
Jesus se geboorte moes baie naby aan 25 Desember gewees het. Die vroeë kerk het aan die hand van ou Joodse geskrifte die tyd van Sagaria se diensbeurt in die tempel vasgestel. Sagaria was Johannes die Doper se pa en priesters moes jaarliks oorgeskrewe dienste in die tempel in Jerusalem nakom.
Sagaria se diensbeurt was in September van daardie jaar. En in daardie tyd het ’n engel aan hom verskyn en hom van sy seun se komende geboorte ingelig. Werk dit nou uit – Elizabeth was ses maande swanger toe ’n engel Maria oor Jesus se komende geboorte ingelig het en dus in Maart van daardie jaar. Die vroeë kerk het hierdie datum op 25 Maart bereken. Jesus se geboorte was nege maande later – 25 Desember.
BROKKIES UIT DIE BOEK HELDELAND (3)
083 444 7672)
“Nou kom.”
Uiteindelik is die luukse kar in die middel van die rivier. Gasket, wat self bestuur, het die lugreëling aan en, alhoewel die verkoelingsisteem baie goed ontwerp en gebou is, selfs vir Suid-Afrikaanse hitte, loop die kar nou gevaar om te oorverhit. Die Jeep sou dit vir ‘n entjie trek, en dan grawe sy eie groot bande diep in die sand in. Onder die harde sandkors is daar nou nattigheid en die kar sak tot op sy onderstel. Daar word gestoot, die sand voor die wiele weggegrou en hy vorder ‘n paar meter. Die sweet tap in die hitte en die humiditeit. Humeure word korter.
“Basjan, reverse tot by die Benz en dan pluk jy hom. Dan hardloop jy tot anderkant.”
“Gasket, dit gaan nie werk nie. Iets gaan breek.”
“Kom, comrade. Ons sal moet try.”
“Ons kan, maar as iets breek is dit nie op my rekening nie.”
BLY IN HOM!
Hannes Ollewagen
Joh. 15:1-27
“Bly in My, soos Ek in julle. Net soos die loot geen vrug kan dra van homself as dit nie in die wysntok bly nie, so julle ook nie as julle in My nie bly nie. Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie.” (:4&5).
Wie in Christus bly en Christus in Hom – hy dra veel vrug, want sonder Hom kan ons niks doen nie. Honderd maal, duisend maal voel ek vandag om hierdie woorde te herhaal sodat hierdie woorde in ’n vrugtelose samelewingmag insink. Hierdie woorde moet ingang vind in ’n samelewing wat onvrugbaar geword het omdat die mens in sy waansinnige humanisme dink dat hyself tot goeie dinge in staat is! En kyk hoe onvrugbaar en toegegroei van onkruid lyk ons volksakker nie vandag nie. Die rede hiervoor is eenvoudig – ons het nie in Hom gebly nie.
17 FEBRUARIE 1838 - BLAAWKRANTZ
UIT DIE DAGBOEK VAN EERWAARDE ERASMUS SMIT
Die man sit en skryf in sy tent terwyl die vrou buite deur die laer stap. Sy is nog in die gloed van haar jare met hare en oë soos die nag, maar vir die man het dit reeds winter geword en skemer dit al witter in sy baard. Albei het uit die verre Europa hier na Afrika gekom: hy uit die koue Lae Lande by die see, sy uit die warm Italiaanse suide. Hulle is deur geen band aanmekaar gevind nie, en hul weë sal net eenmaal kruis. Die man se pad loop onder 'n ster, al is sy liggie ook maar flou, en sy aangenome volk sal hom nie vergeet nie; maar Therese, die vrou, verskyn soos 'n komeet en verdwyn.
BROKKIES UIT DIE BOEK HELDELAND (2)
083 444 7672)
Net na sesuur die volgende oggend skuif Basjan die Jeep se passasiersitplek tot heel vorentoe en sluit ‘n waterdigte houer op die vloer oop. Hy haal ‘n satelietfoon uit, sleutel ‘n kodewoord in en daarna ‘n nommer. Hy wag ongeduldig vir ‘n halfminuut.
“Yebo, Baba.”
“Gasket, ek is terug in die Limpopo.”
“Jy soek biesagheid?”
“Positief.”
“Kan jy oor drie dae by nommer veertien wees?”
“Ek kan.”
BROKKIES UIT DIE BOEK HELDELAND (1)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Die verdedigers by die voertuie hoor die ver-af knal van Basjan se geweer, oor en oor. Na ‘n paar skote word die mortiere stil. Hulle hoor egter hoe die skote steeds voortgaan, bo die geknetter van die kleiner wapens van die aanvallers.
Basjan sien ‘n groep aanvallers, tussen die mortiere en die verdedigers en verstel sy hoogte en verander van teikens. Hy kies eers diegene uit wat soos leiers lyk, dit wil sê diegene wie se uniforms nuwer is, meer handgebare vertoon en lyk of hulle op die ander skreeu.
Die trefkrag van die magtige .338 is fenomenaal, selfs op hierdie afstand. Dit skiet nie net raak nie, maar stukkend.
AANLOOP TOT EN DIE SLAG VAN BLOEDRIVIER
Deur Boeta Erasmus
Vyf groot Trekgeselskappe
Die Groot Trek het uit hoofsaaklik 5 groot trekgeselskappe bestaan:
- Trichardt uit die oosgrens waar die konflik tussen die Boere en die Xhosas veral groot was
- Potgieter uit die Tarka waar die familie van Paul Kruger by Colesberg by hom aangesluit uit.
- Piet Uys en sy mense uit Uitenhage.
- Gerrit Maritz met sy trekgeselskap uit Graaff-Reinet.
- Piet Retief
Alle trekke het deur Thaba Nchu gegaan. Vandaar het trekgeselskappe uit mekaar gegaan. Sommige het hulle gaan vestig in Wes-Transvaal (Potchefstroom). Trichardt se trek is noordwaarts oor die Limpopo tot in Mosambiek maar die meeste trekkers het Natal as hul bestemming gekies. ‘n Totaal van naastenby 5000 siele het permanent die Kaapkolonie verlaat.
SALOMO SE SONDE
“Die eertydse verbod op rassevermenging is nog net so van krag soos die wet teen afgodery, diefstal en moord. Christus het dit nooit herroep nie.”
Ds. A.E van den Berg
“En koning Salomo het baie uitlandse vroue liefgehad; en wel behalwe die dogter van Farao, Moabitiese, Ammonitiese, Edomitiese, Sidoniese, Hetitiese — uit die nasies waarvan die HERE aan die kinders van Israel gesê het: Julle mag nie met hulle meng nie, en hulle mag nie met julle meng nie; hulle sal voorwaar julle hart verlei agter hulle gode aan — Salomo het hulle met liefde aangehang. En hy het sewehonderd vroue, vorstinne, gehad, en driehonderd byvroue, sodat sy vroue sy hart verlei het. En in die tyd van Salomo se ouderdom het sy vroue sy hart verlei agter ander gode aan, sodat sy hart nie volkome met die HERE sy God was soos die hart van sy vader Dawid nie” (1 Kon.11:1-4)
God het van Israel se leier vereis om vir die volk in alle opsigte ʼn voorbeeld te wees; ook in die liefdeslewe. Sy opdrag in Deutr.17:17 laat geen ruimte vir twyfel nie: “Ook mag hy nie baie vroue aanskaf nie, dat sy hart nie afwyk nie; hy mag ook vir hom nie uitermate baie silwer en goud aanskaf nie”.
RASSEVERMENGING BAAR RASSEHAAT
Ds. A.E van den Berg
Rassevermenging is onnatuurlik en kunsmatig. Om dit op ʼn veelrassige landsbevolking af te dwing, het ernstige gevolge en maak rassehaat onafwendbaar. Dit veroorsaak dieselfde soort angs as wat tydens rassebotsings ervaar word en laat ʼn bloedspoor na. Die meer as 60 moorde per dag in Suid-Afrika getuig daarvan. Rassevermenging laat mense onveilig voel en solank as wat mense vir hul lewens vrees, sal hulle diegene wat hul bedreig, haat.
Dit gebeur as die verlede onophoudelik in ʼn vyandige rassepatroon vertolk word en politici se uitsprake met lagwekkende onkunde tot weersinswekkende dreigemente deurspek is. Dit jaag net rassespoke op!
DIE WONDERS VAN GOD!
GELOFTEDAG 2024
Hannes Ollewagen
Joh. 12:1-11
“En Maria het ‘n pond egte, baie kosbare nardussalf geneem en die voete van Jesus gesalf en sy voete afgedroog met haar hare. En die huis is vervul met die reuk van die salf.” (:3).
Die besoek wat Christus aan hierdie familie se huis bring, het ’n heel ander stemming as die vorige besoek waarvan ons lees. Die vorige keer wat Christus vir Martha, Maria en Lasarus besoek het, was Lasarus dood. Christus kom en vind hierdie mense in ’n ellendige toestand, maar te midde van hierdie slegte omstandighede het hulle steeds met verwagting en geloof op Hom gehoop. “En toe Maria kom waar Jesus was en Hom sien, val sy aan sy voete neer en sê vir Hom: Here, as U hier gewees het, sou my broer nie gesterf het nie.” (Joh. 11:33). Hierdie hoop van Maria-hulle beskaam dan ook nie. Christus gebruik hierdie ellendige toestand om die krag van God vir hulle wat glo aan die skare op hierdie dag teenwoordig te openbaar. “Jesus sê vir haar: Het Ek nie vir jou gesê, as jy glo, sal jy die heerlikheid van God sien nie? Hulle neem toe die steen weg waar die oorledene lê. En Jesus het sy oë opgeslaan en gesê: Vader, Ek dank U dat U My verhoor het; en Ek het geweet dat U My altyd verhoor, maar ter wille van die skare wat rondom staan, het Ek dit gesê, sodat hulle kan glo dat U My gestuur het.”(:40-42). En met ’n enkele bevel verander God hierdie ellendige toestand in ’n situasie van onbeskryflike dankbaarheid en vreugde. “En nadat Hy dit gesê het, het Hy met ’n groot stem geroep: Lasarus, kom uit! En die oorledene het uitgekom, ....” (:43&44).
LAAT DIE STEM VAN GOD...
... DIE STEM VAN DIE VOLK WORD
Ds A. E. Van den Berg
In Spr.16:25 skryf Salomo: “Daar is 'n weg wat vir 'n mens reg lyk, maar die einde daarvan is weë van die dood”. Demokrasie is een daarvan en geensins ʼn Bybelse riglyn vir die beste regering nie. Waarom nie? Omdat demokrasie van die standpunt van Vox Popule, vox Dei uitgaan – die stem van die mense is die stem van God. Dis baie verkeerd. ʼn Godsvererende regering sê Vox Dei, vox Popule – die stem van God is die stem van die mens.
ʼn Regeringsvorm waarin God nie seggenskap het nie, kan nooit geseënd wees nie. Ongelukkig staar mense hul blind teen die term ‘demokrasie’ en weet nie dat dit ʼn regeringsvorm is wat die saad van ondergang in hom dra nie. Demokrasie het bv. tot beide die Griekse en Romeinse ryke se val bygedra. Ongelukkig leer die geskiedenis dat die mens nie uit die geskiedenis leer nie!
GOD VERLOS GELOWIGES IN HUL NOOD
Ds A.E. van den Berg
“Verlos ons dan nou tog uit sy hand, Here onse God, dat al die koninkryke van die aarde kan weet dat U, Here, alleen God is” (2 Kon.19:19).
Wyle Ronnie Belcher skryf: “Die lewe is soos 'n Eenster hotel, kry nie altyd wat jy bestel”. Dis so waar. Eers skyn die son in jou lewe en dan word dit skielik donker. Soms is daar rus en vrede in jou lewe en eensklaps keer dit in onrus en onvrede om, selfs so erg dat jy wonder of die lig ooit weer sal skyn. Israel het eeue gelede ook gewonder of dit nie dalk klaar met kees was nie!
Die gelese gedeelte speel ongeveer 700vC in Israel af. Die volk was in so 'n benarde situasie, dat hulle algehele uitwissing in die gesig gestaar het. Koning Agas was alreeds dood, 'n diplomatiese man wat in relatiewe vrede met Assiriër geleef het al was dit teen 'n duur prys. Assirië was destyds baie sterk en het oor swakker lande gestoomroller, hul onderhorig gemaak en hoë belastings op hul afgedwing. Na Agas se dood was Israel bang om tot volle onderdanigheid aan Assirie gedwing te word.
GOD SE LEIDING
Hannes Ollewagen
Ps. 25:1-22
“Tet. Die Here is goed en reg; daarom sal Hy sondaars leer aangaande die weg.Jod. Hy sal die ootmoediges lei in die reg en die ootmoediges sy weg leer. Kaf. Al die paaie van die Here is goedertierenheid en trou vir die wat sy verbond en sy getuienisse bewaar. Lamed. Om u Naam ontwil, Here, vergeef my ongeregtigheid, want dit is groot. Mem. Wie tog is die man wat die Here vrees? Hy sal hom leer aangaande die weg wat hy moet kies.” (:8-12).
Daar is seker min dinge in ons dae waarvan ’n mens kan sê – “dit is goed en reg.” En dan is daar seker nog minder dinge wat vandag wel goed en reg is, wat oor ’n paar dekades steeds goed en reg sal wees. Ons kan egter vandag nog, duisende jare na koning Dawid, in alle eerlikheid saam met hom getuig – “Die Here is goed en reg;”. Hy was in Dawid se tyd en selfs voor Dawid goed en reg. Hy was na Dawid in elke geslag tot by ons goed en reg. En Hy sal na ons tot in ewigheid goed en reg bly. Ons kan dus met reg vra waar in die heelal die mens beter leiding in die lewe kan kry – leiding wat hierdie goeie en regte Leidsman kan oortref? Dit is gewoon onmoontlik.
BROKKIES UIT DIE BOEK “DIE VERONTREGTES” (37)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Die hele geveg is byna ‘n anti-klimaks. Die oorblywende soldate van Heinz von Kleibel het min dekking, maar veg verbete terug teen ‘n vyand wat hulle nie werklik kan sien nie. Steeds skiet hulle magasyn na magasyn die heuwels in, met geen plan om oor te gee nie. Immers is hulle op geen genade geregtig nie, net so min as wat hulle in die verlede gegee het.
Die een na die ander val gewond neer, met pynkrete hier en daar. Op ander plekke sal een bloot omdop as hy ‘n dodelike skoot weg het.
“Gaan hulle nie ooit oorgee nie?”
“Nee. Dis nie in hulle aard om genade te gee nie en daarom verwag hulle niks.”
“So, ons gaan maar net aan om hulle so af te maai?”
“Ek dink nie ons kan anders nie.”
“En as hulle weghardloop?”
KERSFEES VIER OF NIE?
Ds A.E. van den Berg
“En die engel sê vir hulle: Moenie vrees nie, want kyk, ek bring julle 'n goeie tyding van groot blydskap .... dat vir julle vandag in die stad van Dawid gebore is die Saligmaker wat Christus, die Here, is. (Luk2 :10,11).
Is 25 Desember die werklike geboortedag van Jesus of kom hierdie datum uit die heidendom soos sommige mense beweer? Die antwoord op beide die vrae is nee. 25 Desember is nie die werklike geboortedag van Jesus nie, maar kom ook nie uit die heidendom nie. Wat wel waar is, is dat 25 Desember sedert die vierde eeu nC. die Christenkerk se feesdag is waarop Jesus se geboorte gevier word. Let wel: sy geboorte en nie sy geboortedag nie.
Wyle koningin Elizabeth het ook ’n amptelike verjaarsdag met ’n nasionale fees gehad maar wat nie op haar werklike verjaarsdag gevier is nie. Met Kersfees is dit dieselfde; dis nie ’n geboortedag-herdenking nie, maar ’n herdenking van Jesus se koms na die aarde. Dis twee verskillende dinge.
BROKKIES UIT DIE BOEK “DIE VERONTREGTES” (36)
083 444 7672)
"Those who can win a war well can rarely make a good peace, and those who could make a good peace would never have won the war."
-Winston Churchill
*
Is this an implosion or a deployment?
Two clear points of view emerging in the analysis of Floyd Shivambu and others leaving the EFF for MK. Either it's the beginning of the end for Julius Malema's party or it's a long term plan for progressive forces to align ahead of 2029.
*
Niemand staan in die oggend op met die wete dat hy of sy gaan sterf nie, behalwe met uitsondering soos terminaal siekes, mense met selfmoordneigings of diegene wat tereggestel gaan word en van laasgenoemdes leef steeds met ‘n stukkie hoop dat iemand op die laaste oomblik tussen beide sal tree.
“SÓ HET PIK BOTHA ONS UITVERKOOP” – OUD-RECCE
DIE NP-REGERING VERSUS DIE OU SUID-AFRIKAANSE WEERMAG (SAW), WAT EEN VAN DIE MAGTIGSTE EN DOELTREFFENDSTE WEERMAGTE IN AFRIKA WAS EN INTERNASIONAAL HOOG GEAG WAS, HET NIE DIESELFDE SIENSWYSES GEDEEL NIE.
In ’n nuwe boek oor sy militêre loopbaan skryf kol. Herman van Niekerk, ’n afgetrede Recce-offisier, dat oudminister Pik Botha hom en sy makkers – onder wie die oudkrygsgevangene maj. Wynand du Toit – moontlik in ’n oproep na die Withuis in Washington “uitverkoop het”. Sarel van der Walt berig.
In sy boek Born to Storm skryf Van Niekerk dat hy in 1985 op dieselfde dag as wat Du Toit in die Cabinda-provinsie van Angola gevange geneem en twee van sy makkers doodgeskiet is, ’n ander Recce-sending in Angola gelei het wat nie heeltemal volgens plan verloop het nie.
Van Niekerk sê hy het oor ’n Angolese radiostasie gehoor dat Du Toit gevangene geneem is en dat ’n Suid-Afrikaanse spesmagte-eenheid dieselfde nag die Menonque-vliegveld in die suidooste van Angola aangeval het.
BROKKIES UIT DIE BOEK “DIE VERONTREGTES” (35)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Die hele geveg is byna ‘n anti-klimaks. Die oorblywende soldate van Heinz von Kleibel het min dekking, maar veg verbete terug teen ‘n vyand wat hulle nie werklik kan sien nie. Steeds skiet hulle magasyn na magasyn die heuwels in, met geen plan om oor te gee nie. Immers is hulle op geen genade geregtig nie, net so min as wat hulle in die verlede gegee het.
Die een na die ander val gewond neer, met pynkrete hier en daar. Op ander plekke sal een bloot omdop as hy ‘n dodelike skoot weg het.
“Gaan hulle nie ooit oorgee nie?”
“Nee. Dis nie in hulle aard om genade te gee nie en daarom verwag hulle niks.”
“So, ons gaan maar net aan om hulle so af te maai?”
“Ek dink nie ons kan anders nie.”
“En as hulle weghardloop?”