Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Here, sal U my asseblief my onvergewensgesindheid vergewe? U weet hoe ek sukkel om mense wat my te na kom van harte te vergewe – en selfs kry ek dit reg kan ek dit nie vergeet nie. Help my asseblief ook om vergifnis te aanvaar van die mense teenoor wie ék skuldig staan. Dankie dat U my baie meer as 70 maal sewe vergewe!
HOE IS MENSE IN OU TESTAMENTIESE TYD GERED?
Ds. A.E van den Berg
“Maar voordat die geloof gekom het, is ons onder die wet in bewaring gehou, ingesluit met die oog op die geloof wat geopenbaar sou word” (Gal.3:23).
Wat beteken Paulus se woorde “voor die geloof gekom het”? Geloof was immers al van Genesis af daar want daarsonder sou niemand gered word nie. Paulus skryf oor geloof wat nadat die kruis-evangelie verkondig is en met Jesus se offer aan die kruis te doen het.
God het geweet dat Jesus vir die sondes van die mensdom sou betaal en dit met talle simbole in die OT laat deurskadu. Die Pasga in Egipte is so 'n voorbeeld: die bloed teen die deurkosyn wat die Israeliete van die dood gered het. So sou Jesus, die ware Paaslam, se bloed aan die kruis siele van die ewige dood red.
BROKKIES UIT DIE BOEK HELDELAND (13)
083 444 7672)
Wanneer Basjan voor dagbreek terugkeer van sy verkenning af, is hy meer as net effens onrustig. Hy is seker dat die aanval binnekort gaan plaasvind en hy oorweeg dit om die kinders te vat, in die Touareg te laai en pad te gee. Maar daar is ‘n iets binne hom wat nog nooit van ‘n lekker geveg af weggeskram het nie, en hy gaan ook nie nou nie.
Hy voel ook ‘n mate van lojaliteit teenoor die mense wat hulle so goed ontvang het, aanvaar het sonder verwyt en gevoer het. Hy praat met ‘n paar manne oor sy vrese en onrustigheid en, om nie vir Johan die harnas in te jaag nie, belowe hulle om dit vir hulleself te hou, maar nogtans soveel mense as moontlik te kry om meer paraat te wees. Hy sorg dat sy wapens altyd beskikbaar is en selfs die kinders hou hulle s’n naby,
HOU HOM IN ERKENTENIS!
Hannes Ollewagen
Rom. 1:18-32
“En omdat hulle dit nie die moeite werd geag het om God in erkentenis te hou nie, het God hulle oorgegee aan ’n slegte gesindheid, om te doen wat nie betaam nie: hulle is vervul met allerhande ongeregtigheid, hoerery, boosheid, hebsug, ondeug; vol nydigheid, moord, twis, bedrog, kwaadaardigheid; nuusdraers, kwaadsprekers, haters van God, geweldenaars, trotsaards, grootpraters, uitvinders van slegte dinge, ongehoorsaam aan die ouers; onverstandig, ontrou, sonder natuurlike liefde, onversoenlik, onbarmhartig,...” (:28-31).
Wanneer ons deur die lys van ongeregtighede lees wat hier by die naam genoem word, is dit hartseer om tot die besef te kom dat geeneen van hierdie dinge in ons samelewing raar is nie. Ons kan nie eers meer die verskoning aanvoor dat ons besef dat ons as ’n volk sondig is, maar darem doen ons nog nie hierdie of daardie of die een of die ander nie. Daar is niks, maar niks wat op hierdie lys ontbreek nie. U sou dalk sê: “Nee, wag ’n bietjie. Ons is nog nie haters van God nie – dit is darem één ongeregtigheid waarvan ons nie aangekla kan word nie.” Ek sou selfs hierin met u verskil.
SOOS IN DIE DAE VAN NOAG
Ds. A. E. van den Berg
“Net soos die dae van Noag was, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees” (Mat.24;37).
Die Bybel vertel ons van die grootste natuurramp wat die aarde ooit getref het nl. die Sondvloed. Al die natuurrampe wat daarna gevolg het, was plaaslik. Die Sondvloed was wêreldwyd en het die hele aarde met water oordek en was God se straf op sonde. Hy het besluit om die uitwis-knoppie te druk en alle mense op die aarde uit te wis. Net Noag en sy gesin (agt mense in totaal) is gespaar.
Watter sonde het God dit laat doen? Die antwoord lê in Jesus se woorde in Mat 24 as Hy die einde van die wêreld met die dae van Noag vergelyk. Hy vertel sy dissipels dat die verlede die sleutel vir die toekoms is.
BROKKIES UIT DIE BOEK HELDELAND (12)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Hulle ry stadig met die Kaftan-heining langs. Miskien is daar mense in Messina wat vir hulle ‘n veilige hawe bied. Maar onverwags, naby die Madimbo-hek, is daar skielik ‘n Land Cruiser agter hulle. Die bakkie het uit die bosse anderkant ‘n koppie verskyn en dis duidelik op kwaad uit.
Die drywer breek so vinnig die pad binne, dat die voertuig neig om buite beheer te raak, dit slinger ‘n paar keer dronkerig oor die pad en dan kry die agterwiele vastrap en die voertuig beur vorentoe.
Voor in sit twee manne met uniforms en agter-op is daar vier met gewere. Die lope van die AK’s steek onbeskaamd bokant die kajuit uit. Die Touareg is baie kragtiger, met permanente vierwieldryf, dis baie meer padvas as die Toyota, en baie vinniger en Basjan trek met gemak onder die Land Cruiser uit.
BROKKIES UIT DIE BOEK HELDELAND (11)
083 444 7672)
“Middag. My naam is Chris Visagie. Welkom by ons.”
Basjan se hande is vol bagasie. Hy het die lang geweer in ‘n duvet toegedraai en die ander twee wapens is in sy rugsak. Hy knyp die geweer onder sy armholte vas, sukkel om sy hand tussen die ander bagasie uit te steek en skud Chris Visagie se hand.
“Basjan Jones. Hierdie is my kinders, Jona en Bella en ons brak, Oubaas.”
Bella kyk vraend op na Basjan wanneer hy praat van “my kinders”.
“Gaan julle net iets eet en dan terug skip toe, of wil julle ‘n chalet hê?”
“‘n Chalet, asseblief.”
“Een of twee kamers?”
“Twee, as jy het.”
BROKKIES UIT DIE BOEK HELDELAND (10)
083 444 7672)
“Ja-nee. Ek het ook genoeg van die skip gehad. Dit lyk vir my dis net een moeilikheid op die ander. Op die land is daar ook probleme, maar daar weet ek darem wat om te doen.”
“Wat gaan met my en Bella gebeur as ons weer op land is, Oom?”
“Julle gaan saam met my. Ek weet nog nie waarheen nie, maar ons gaan vir eers die pad saam loop.”
“Oom weet my pa en ma is dood, nê?”
“Ja, seun. Ek het so gedink. Dit kan nie maklik vir julle wees nie. Hoe lank sorg jy nou alleen vir jou sussie?”
“Voor Oom kom help het? Ek weet nie, ‘n paar maande, miskien langer. My patrone vir my geweer was amper klaar.”
“Watse geweer was dit?”
BROKKIES UIT DIE BOEK HELDELAND (9)
083 444 7672)
Vanaf die middel tagtigerjare het seerowery weer begin kop uitsteek.
Hierdie praktyk, wat vir meer as ‘n honderd jaar beperk was tot enkele gevalle in die Verre-Ooste, het momentum gekry met die burgeroorlog in Somalië. Natuurlik was daar hongersnood in die land, waar die oorlog nou reeds vanaf 1988 woed. Dit het meegebring dat die kuswag verslap het en dat skepe die geleentheid gebruik het om toksiese afval naby die kus te stort.
Dit het op sy beurt meegebring dat die vislewe uitgesterf het en die vissermanne het begin honger ly. Uit wraak het die vissermanne van hierdie skepe aangeval, wat dit te naby die kuslyn gewaag het. Natuurlik was daar buit op die skepe; dit het mettertyd ‘n groot en georganiseerde skeepsrowery tot gevolg gehad, waar hele skepe soms selfs gekaap is en die skip met vrag en bemannig as losprys aangehou is. Die aanvanklike vissersbootjies en ou, uitgediende gewere het plek gemaak vir die alombeskikbare AK 47’s en mettertyd selfs swaarkaliber masjiengewere, voor op die boeg van die boor gemonteer.
MISLEIDING VAN DIE VOLKERE (1)
Klaus Dieter Vaqué
"Vandag is die wêreldverhoog in gereedheid gebring vir die derde bedryf (die Derde Wêreldoorlog; - skrywer) wat die doel het om die proses te voltooi. Die geldmag en die rewolusionêre mag is klaar formeel gevestig en wel in duidelik afgebakende simboliese vorm; ('Kapitalisme of Kommunisme') en in presies gedefinieerde vesting ('Amerika' of 'Rusland'). Die prentjie wat vir die massas gewys word om genoeg onrus by hulle te verwek, is dié van 'n vyandige en wanhopige konfrontasie ... Dit is die spektakel wat openlik vir die mense as wêreldtoneel voorgehou word. Maar wat daarvan as manne van dieselfde gesindheid, met dieselfde geheime doel voor oë in albei kampe baas is en hulle doelwitte probeer bereik deur die botsing van die massas?"
Douglas Reed in Behind the Scene.
In hierdie boek is daar nou al baie oor die agtergrond van die huidig onverklaarde oorlog teen Suid-Afrika geskryf. Die leser word versoek om, op grond van die beskrewe werklikhede, die gebeurtenisse en veral die toekomstige verwikkelinge, self vas te stel of die insigte in hierdie boek strook met die waarheid. Vir miljoene mense lê hierdie waarheid nog altyd verborge in die donker van vyandelike propaganda, wat Pete Simple van die Londense "Daily Telegraph" as ‘n wêreld vol leuens beskryf het.
BROKKIES UIT DIE BOEK HELDELAND (8)
083 444 7672)
Orkaan Heather het begin as ‘n warm kol in die Indiese Oseaan. Hierdie warmgebakte oppervlak het veroorsaak dat vogtige lug amper vertikaal die lug ingestyg het. Toe dit die koue bolug getref het, het dit aan die buitekante begin afsak in die vorm van reën. Swaar reën. Hierdie stelsel genereer geweldige energie en, solank die warm see-oppervlak en die koue bo-lug teenwoordig is, bou dit op.
Dan begin die hele ding stadig draai as gevolg van die draai van die aarde. Met hierdie stelsel gevestig, begin dit oor die oppervlak beweeg, altyd van Oos na Wes, in die Suidelike Halfrond. Hoe groter die deursnit van die sikloon, hoe groter die winde wat dit genereer. Hoe groter die verskil tussen die see-oppervlak en die koue bo-lug, hoe meer energie wek dit op. Alhoewel die hele stelsel relatief stadig as geheel beweeg van een punt na ‘n ander, is die winde geweldig sterk.
VREES NIE DIE REUSE IN JOU LEWE
Ds A.E. van den Berg
“Verder sê Dawid: Die Here wat my gered het uit die klou van die leeu en uit die klou van die beer, Hy sal my red uit die hand van hierdie Filistyn. Toe sê Saul vir Dawid: Gaan, en mag die Here met jou wees!” (1 Sam 17:37).
God was baie lief vir Dawid en het hom dikwels in moeilike situasies laat beland om sy geloof te toets. Dawid moes leer om nie op mense staat te maak nie, maar op sy hemelse Vader. In die gelese gedeelte het Dawid letterlik en figuurlik voor 'n reuse probleem te staan gekom wat maklik tot sy dood kon lei. Hy het egter op God vertrou en 'n opsienbarende oorwinning in die dal van die terpentynbome behaal.
Die dag van hierdie oorwinning het vir die jong man soos enige ander dag in sy lewe begin. Hy het skape opgepas. Die dag sou egter baie anders eindig as wat hy ooit kon droom. Sy pa het hom vroeg die oggend met kos vir sy broers op die gevegsfront gestuur waar hulle met Saul teen die Filistyne vir 'n oorlog gereed gemaak het.
OM GOD LIEF TE HÊ
Hannes Ollewagen
1 Kor. 8:1-13
“Maar as iemand God liefhet, dié word deur Hom geken.” (:3).
‘n Treffende stelling. Watter mens wat in God glo wil nie beslis weet dat God hom ken nie? En tog is daar baie mense wat hulle met godsdienstige sake besig hou, maar sonder dat daar ’n ware verhouding tussen hulle en God bestaan. Die rede hiervoor is dat daar in hul godsdienstige aksies geen liefde is nie – dit bestaan uit gewoonte of gewoon aangeleerde kennis. Laasgenoemde is veral kenmerkend van soveel teoloë in ons tyd wat ’n groter aanhang vir hul sogenaamde akademiese kennis as vir God het. En dit verduidelik natuurlik vir ons waarom dit hulle min traak dat God se Woord en insettinge geminag, verdraai en vertrap word, want hulle voel nie iets vir Hom nie – daar is in hulle geen liefde vir God nie.
BROKKIES UIT DIE BOEK HELDELAND (7)
083 444 7672)
Niemand gee handelsware van miljoene rande sommer prys nie. Nogtans het hy hulle gevra om die kinders te laat gaan. ‘n Mens probeer mos immers die geweldlose opsie eerste.
“Los die kinders. Niemand hoef vanaand seer te kry nie.”
Ongelukkig is die woorde van Al Capone meermale as nie, waar:
“You can get much further with a kind word and a gun, than just a kind word”.
Die enigste reaksie was geweld. En vir elke aksie is daar ’n teenoorgestelde reaksie, maar nie altyd gelyke nie. Die leier van die groep het onmiddellik die Makarov, wat hy reeds in sy hand gedra het, gelig. Basjan het die lang geweer agter sy blad gehang en met die nege millimeter CZ in sy hand het hy egter tussen die groep en die kar ingeloop en die manne kan hom nie sien teen die helder ligte in nie.
VETOKSIDASIE - VERBORGE VERSNELLER VAN VEROUDERING
Dr Joseph Mercola
(Hierdie artikel is nie noodwendig die mening van Gelofteland nie, dit word geplaas om sodoende menings uit te lok - Red.)
'n Onlangse studie gepubliseer in Science Advances het ontbloot hoe die manier waarop ons selle vet verbrand veroudering direk beïnvloed. Kortom, daar is gevind dat 'n verskuiwing van glukose-oksidasie na vetsuuroksidasie, lei tot sellulêre veroudering deur mitochondriale energiemetabolisme te verander.
Het jy geweet dat die manier waarop jou liggaam vet verbrand, direk kan beïnvloed hoe vinnig jy verouder en ouderdomsverwante siektes ontwikkel? Soos dit blyk, is verhoogde vetoksidasie gekoppel aan sellulêre veroudering – 'n proses waar selle ophou verdeel, wat bydra tot veroudering en ouderdomverwante siektes – en die verskuiwing van glukose na vetmetabolisme versnel hierdie proses.
Dit is nie goeie nuus vir die lae-koolhidraat-keto-gemeenskap nie, wat meer as betower is met die oënskynlike gesondheidsvoordele van ketose. Terwyl kort sarsies van vas, soos 12 tot 16 uur, aanvaarbaar is, is dit 'n voorskrif vir langtermyn gesondheidsrampe om konsekwent op vette te vertrou as jou brandstofbron.
NUWEJAARSDAG
Soos ʼn boom by waterstrome
Ds A.E. van den Berg
“Welgeluksalig is die man wat nie wandel in die raad van die goddelose en nie staan op die weg van die sondaars en nie sit in die kring van die spotters nie; maar sy behae is in die wet van die Here, en hy oordink sy wet dag en nag. En hy sal wees soos 'n boom wat geplant is by waterstrome, wat sy vrugte gee op sy tyd en waarvan die blare nie verwelk nie; en alles wat hy doen, voer hy voorspoedig uit” (Ps.1:1-3).
As ʼn nuwe jaar aanbreek besef jy dat die tyd vlieg. Moses skryf: “Want al ons dae gaan verby deur u grimmigheid, ons bring ons jare deur soos 'n gedagte” (Ps.90:9).Dat tyd vlieg, is sleg. Die goeie is dat jy die loods is en moet soos Moses bid: “Leer ons om ons dae so te tel dat ons 'n wyse hart mag bekom!”
God is ons vlieginstrukteur en wil ons leer om hierdie jaar reg te vlieg want elke mens gaan een of ander tyd ʼn Nuwejaar beleef waarvan hy nooit die Oujaar sal sien nie. En dit kan jy wees! Paulus sê: “Pas dan op dat julle nougeset wandel, nie as onwyse nie, maar as wyse; en koop die tyd uit, omdat die dae boos is”" (Efes.5:15,16).
BELA-WET ONDERTEKEN
Futiliteit van openbare deelname-proses
Die omstrede BELA-wet is vandeesmaand in sy totaliteit aanvaar en in wetgewing vasgelê nadat Ramaphosa die wetsontwerp onderteken het.
Vir volksgenote wat hulle deur die DA, die VF+ en Solidariteit laat mislei het om te glo dat daar daadwerklike opposisie daarteen is tot so ‘n mate dat die wetsontwerp gestuit sou word, was dit ‘n geweldige ontnugtering.
“Kragtige” Solidariteit/ANC ooreenkoms beteken niks!
Dirk Herman van Solidariteit roem nog rondborstig aan die begin van Desember oor die bilaterale ooreenkoms tussen hulle en die kommunistiese regering – volgens Herman sou dit ‘n kragtige ooreenkoms wees wat hulle in ‘n posisie plaas “waar pres. Ramaphosa wel die laaste besluit het, maar nie net eenvoudig kan doen wat hy wil nie”. Hy reken toe dat hierdie ooreenkoms Solidariteit “in ‘n ongelooflike sterk posisie” geplaas het. Dié ooreenkoms sou dan kwansuis verseker dat die twee mees omstrede gedeeltes van die wetgewing, naamlik dié oor toelating- en taalbeleid nié in Desember geïmplementeer sou word nie.
BROKKIES UIT DIE BOEK HELDELAND (6)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Jona en Bella is angsbevange. Die mense het nog nie een van hulle fisiese leed aangedoen nie, maar die feit dat hulle vasgebind, soms geblinddoek en gemuilband word, is amper te veel vir die twee kleintjies. Jona bly so na as moontlik by Bella, en probeer haar met sy teenwoordigheid gerusstel. Wanneer die toue afgehaal word, hou hy haar vas. As hulle kan praat dan gesels hy saggies met haar en probeer haar gerusstel.
Selfs as hulle vasgebind word, draai hy so dat hy ten minste met sy een hand aan haar kan vat. Dit hou ook sy gedagtes besig om vir sy sussie te troos en dit maak dat Jona nie so baie aan sy eie veiligheid dink nie.
Wanneer een van die manne naby haar kom, maak sy kerm-geluidjies en probeer om haar lyfie so ver moontlik van hom af weg te trek. Hulle is albei te jonk om van seksuele uitbuiting te weet of van die huidige handel in mense, maar daar is ‘n instinktiewe wete dat hulle net veilig gaan wees solank die reis gaan aanhou.
VERTROU OP DIE HERE VIR EWIG
Hannes Ollewagen
Jes. 26:1-21
“Vertrou op die HERE vir ewig, want in die Here HERE is ’n ewige rots.” (:4).
Wanneer ons so aan die einde van ’n kalenderjaar kom en die afgelope jaar in terugskoue neem, besef ons weer dat daar baie dinge is wat dieselfde bly, maar tog ook baie is wat verander. En wanneer ons langer is ’n jaar terugkyk, is dit asof daar selfs meer dinge is wat verander het en minder is wat dieselfde gebly het. Hoe verder die terugblik, hoe meer of groter die verandering. Ek is ook van mening dat hierdie toenemende en gedurige veranderinge ’n groot oorsaak van mense se onsekerheid vandag is. Vastigheid en dissipline bied tog vir enige mens sekerheid. Die teendeel is dan natuurlik ook waar.
BROKKIES UIT DIE BOEK HELDELAND (5)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Die bevelvoeder van die manne was ‘n sersant Maritz, ‘n aangename, innemende man. ‘n Goeie soldaat. ‘n Halfuur nadat die Buffel by hom weg is, is dit gebombardeer. ‘n MIG het die damwal en die Buffel getref. Hy het dikwels gewonder wat sou gebeur as hy hulle nie opgehou het nie.
ONS SAL 'N 3e KEER OPSTAAN!
Waar ons volk te doen het met die derde maal wat ons ons vryheid verloor het, is dit sinvol om te kyk na die geskiedenis: wat sê die geskiedenis van die vorige twee gevalle waar ons ons vryheid verloor het? Die merkwaardige feit is dat ons tevore tweemaal ons vryheid verloor, maar dit ook reeds twee maal herwin het. Dit is waarskynlik die mees aktuele en betekenisvolle feit in hierdie saak. Ná die verlies van ons vryheid in 1877 het dit net vier jaar geduur tot 1881 toe die vryheid met die wapen herwin is by Amajoeba. Ná 1902 het dit 46 jaar geduur tot 1948, toe die Afrikaners die politieke mag oor Suid-Afrika verower het, en 60 jaar tot 1961, toe Suid-Afrika ‘n republiek geword en die Afrikaners se politieke beskikking oor die hele Suid-Afrika bevestig is.
Die geskiedenis hiervan is vir ons ter sake om meer as een rede. Die twee vrae is: waarom het Afrikaners die politieke vryheid herwin, en op watter wyse? Dit is die twee belangrikste sake wat ter sake is. Nou is die eenvoudige feit in verband hiermee dat die Afrikaners die politieke vryheid herwin het, omdat hulle van die begin af geweier het om die onderwerping te aanvaar. Hulle het nie berus in die onreg van die verowering nie. As daardie enkele besluit nie geneem was nie, sou daar in die rigting geen verdere gevolge uit voortgevloei het nie.