Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
'Groot' sondes kan ons maklik vermy: dit verg nie groot opoffering om nie moord, egbreuk, diefstal, ens , te pleeg nie; maar dit is die klein jakkalsies wat die wingerde verniel: ons woede-uitbarstings, stilstuipes, ons selfsug, vloek en twis, ens, waaraan ons meestal skuldig is – dus is daar nie werklik 'groot' en 'klein' sondes nie...
1919: AFRIKAANS EERSTE KEER IN KERK
KULTUURDAGBOEK 10 NOVEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
By die Sinodesitting van die Kaapse NG Kerk in 1919 is op voorstel van dr BB Keet besluit dat Afrikaans naas Hollands op die kansel gebruik kan word. Daar is ook besluit om met die medewerking van ander NG Kerke en die twee susterskerke, naamlik die Gereformeerde Kerk en die Nederduitsch Hervormde Kerk, daadwerklik aandag te gee aan die vertaling van die Bybel in Afrikaans.
Dit was egter nie die eerste besluit wat in dié verband geneem is nie; die Vrystaatse Sinode van die NG Kerk het reeds in Mei 1916 op voorstel van dr NJ van der Merwe 'n derglike besluit geneem.
1917: 1e VIERING VAN AFRIKANERDAG
KULTUURDAGBOEK 10 NOVEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Ná die Rebellie van 1914 het hoë bedrae aan eise, boetes en hofkostes teen die rebelle opgebou, veral in die Vrystaat waar ook genl CR de Wet onder diegene was wat verhoor en swaar boetes en tronkstraf opgelê is. Vrystaters het groot bedrae ingesamel om vir die genoemde doel te gebruik maar teen Julie 1917 was daar in dié provinsie en in Transvaal nog R220 000 nodig.
Hierna is die insamelingsveldtog landwyd verder gevoer in 'n grootse Helpmekaar-inspanning om Afrikaners van verarming te red.
1483: MARTIN LUTHER
KULTUURDAGBOEK 10 NOVEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Martin Luther is op hierdie dag in Eisleben gebore en op 18 Februarie 1546 oorlede. Die magtige protes van "die monnik wat die wêreld geskud het" teen die dwaalleringe en misbruike van die Kerk van sy tyd het op die groot Kerkhervorming van die sestiende eeu in Europa, met sy verreikende gevolge op kerklike, maatskaplike en staatkundige gebied oor die wêreld heen uitgeloop.
SA WEERMAG VOOR 1994 (3)
Lees reeks by SA Weermag voor 1994
BEDREIGING EN REAKSIE
“Sedert Januarie 1980 is nege aanvalle deur klein taakgroepe van die SAW op ANC-basisse in buurstate geloods. Die feit dat 1 076 dade van terreur in dieselfde tydperk in die RSA gepleeg is, is ‘n duidelike bewys dat die RSA se aanvalle op terroristebasisse in buurstate ten volle geregverdig was.”
In 1962 was die bedreiging vir die nuutgestigte Republiek nog uiters gering (1 jaar later). Suid-Afrika se uittrede uit die Statebond het egter 'n groter mate van selfstandigheid ten opsigte van sy verdedigingsbehoeftes geïmpliseer. Terselfdertyd moes hy sy sekerheidsituasie heroorweeg teen die agtergrond van die chaos, verwoesting en onstabiliteit wat in sommige van die nuwe onafhanklike Afrikastate gewoed het.
In die Verenigde Nasies het 'n aantal lidlande deelgeneem aan 'n veldtog wat die isolasie en omverwerping van die Suid-Afrikaanse regering ten doel gestel het. Vanaf 1960 het verskeie lande boikotte teen Suid-Afrika ingestel terwyl internasionale sanksies verder aangehelp is deur die aksies van anti-Suid-Afrikaanse organisasies.
Gedurende die opvolgende 20-25jaar is nuwe dimensies tot Suid-Afrika se sekerheidsituasie toegevoeg. Sy posisie is nadelig geraak deur verwikkelinge soos die algehele wapenverbod (1977), Kubaanse betrokkenheid in Suidelike Afrika en die groeiende bedreiging van terroristebewegings.
1900: WH COETZER – ONTWERPER VAN KUNS IN VOORTREKKER- MONUMENT
KULTUURDAGBOEK 9 NOVEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Willem Hermanus Coetzer is op hierdie dag in Tarkastad gebore. Vanaf sy 17e jaar is hy in Johannesburg ook as koetsbouer opgelei. Sy kunsopleiding het hy veral in Londen gehad. Ná verskeie oorsese reise waartydens hy meesal per fiets gereis het, keer hy in 1930 na Suid-Afrika terug. Hier het hy bekendheid begin verwerf met sy kuns en ontwerpe van historiese aard. Hy doen eers historiese navorsing, veral oor die Voortrekkers, versamel Africana en bring al hierdie elemente in sy kuns tot uiting.
Die Simboliese Ossewatrek van 1938 bied vir Coetzer uitstekende geleentheid in hierdie verband; hy ontwerp talle voorwerpe wat tydens die feesjaar gebruik is soos gedenkseëls, eetgerei en boeke. Maar veel belangriker in dié tyd is ontwerpe vir die marmerfriese en sogenaamde tapisserieë (eintlik is dit wolborduurwerk) vir die Voortrekkermonument in Pretoria.
DIE UURGLAS LOOP UIT (10)
DIE BOEKE IS GEOPEN
“En ek het die dode, klein en groot, voor God sien staan, en die boeke is geopen; en ’n ander boek, die boek van die lewe, is geopen. En die dode is geoordeel na wat in die boeke geskryf is, volgens hulle werke. En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp” (Openb.20:12,15).
Paulus het nooit die evangelie verkondig sonder om na ʼn baie belangrike waarheid te verwys nie nl. dat elke mens met die oordeelsdag rekenskap van sy lewe voor Jesus sal moet gee nie:
“Want ons moet almal voor die regterstoel van Christus verskyn, sodat elkeen kan ontvang wat hy deur die liggaam verrig het, volgens wat hy gedoen het, of dit goed is of kwaad” (2 Kor.5:10).
Dis ʼn waarheid wat gelowiges verbly en ongelowiges baie ongemaklik maak. Net voor sy teregstelling vermaan Paulus die jong Timoteus om hierdie waarheid te bly verkondig. Hy skryf dat die mense van die laaste dae dit nie meer sal wil hoor nieomdat hulle ʼn renons in hierdie waarheid gaan hê (2 Tim.4).
DIENSBAAR AAN GOD – DIE ENIGE HERE
Hannes Ollewagen
Deut. 6:1-25
“Hoor, Israel, die HERE onse God is ’n enige HERE.Daarom moet jy die HERE jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag.En hierdie woorde wat ek jou vandag beveel, moet in jou hart wees;en jy moet dit jou kinders inskerp en daaroor spreek as jy in jou huis sit en as jy op pad is en as jy gaan lê en as jy opstaan.Ook moet jy dit as ’n teken bind op jou hand, en dit moet as ’n voorhoofsband tussen jou oë wees.” (:4-8).
Die Here herinner sy volk daaraan hoedat Hy hulle van hul slawerny in Egipte verlos het. Hy beveel hierdie volk wat Hy vir Homself as eiendom verkry het om hulself met oorgawe aan Hom te wy. Hy eis hul onverdeelde liefde en trou.
Die God waarvan ons in Deuteronómium lees, is dieselfde God wat ware gelowiges wat in God Drie-enig glo vandag nog aanhang en aanbid. Dit is die God van Abraham, Isak en Jakob. Dit is die God van Dawid, die God wat sy geliefde Seun, Christus Jesus, na die aarde gestuur het om sy volk met sy kosbare bloed te koop. Dit is die onsienlike, onverderflike, alleenwyse God.
“Aan die Koning van die eeue, die onverderflike, onsienlike, alleenwyse God, kom toe die eer en die heerlikheid tot in alle ewigheid. Amen.” (1 Tim. 1:17).
Dit is die onveranderlike God.
1938: DR DF MALAN SE BOODSKAP VIR BLANKE VOORTBESTAAN
Lees volledig by Kultuurdagboek
In die Voortrekkereeufeesjaar het dr DF Malan op die tweede Uniale kongres van die Nasionale Party in Bloemfontein gesê: "Die Eeufeesjaar waarin ons lewe is vir ons 'n Godgegewe geleentheid. Hy is dit, omdat elke volk magteloos is sonder idealisme, en dit die jaar is waarin ons weer uit die doodslaap van materialisme ontwaak tot nuwe lewe en nuwe besielende vergesigte."
Dr Malan het sy boodskap gerig in 'n tyd toe die Afrikanervolk in armoede verval was en juis in daardie omstandighede die groot taak op sy skouers moes neem om te beur teen die magte wat die blankedom bedreig het.
Die Afrikaner het in die Eeufeesjaar as volk weer opgestaan en voortgebeur tot nuwe politieke, ekonomiese en kulturele hoogtepunte.
1679: STELLENBOSCH GESTIG
KULTUURDAGBOEK 8 NOVEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Minder as drie weke nadat Simon van der Stel in 1679 as kommandeur van die nedersetting by die Kaap aangekom het, het hy en 'n paar amptenare te perd 'n inspeksietog na Hottentots-Holland (later Somerset-Wes en omgewing) onderneem. 'n Paar vryburgers het daar geboer. Nadat hulle werk in die Hottentots-Holland afgehandel was, het hulle met 'n ompad teruggegaan.
Op 8 November het hulle by 'n landstreek uitgekom wat in die Dagregister beskryf word as 'n "vlacke valeij, in sich begrijpende attelijcke duysent morgen schoon weijlant,mede seer treffelijcke afwaterende verse rivier, ter wedersijde met schoone hooge boomen versiert, beguam tot tuijnen en brandhout."
Hulle het op 'n eiland in die rivier (wat later Eersterivier genoem is) oornag. Op hierdie eiland was baie pragtige hoë bome.
1901: 'NATIONAL SCOUTS CORPS' SKANDNAAM IN VOLKSMOND
KULTUURDAGBOEK 7 NOVEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Aanvanklik het die Britse militêre owerheid Boere wat in die Tweede Vryheidsoorlog oorgegee het, as spioene en verkenners gebruik maar dan op 'n nie-amptelike basis. Die geringe uitwerking van die Britse proklamasie van 7 Augustus 1901, waarvolgens burgers wat ná 15 September nog met die stryd voortgegaan het, vir altyd uit die land verban sou word of al hulle eiendom sou verloor, het die Britse owerheid egter laat besluit om voortaan meer georganiseerd van hierdie mense wat so moeg vir oorlog was, gebruik te maak.
Invloedryke Boere wat reeds die eed van trou aan die Britse kroon afgelê het soos onder andere generaals APJ Cronjé en Piet de Wet, het in Desember 1900 die sogenaamde Burgervredeskomitees gestig omdat hulle die guerilla-oorlogvoering as sinloos en selfvernietigend beskou het.
SA WEERMAG VOOR 1994 (2)
Lees reeks by SA Weermag voor 1994
Geskiedenis van SA Weermag voor 1994
Om volle waardering vir ons destydse weermag te hê is dit goed om 'n kort stukkie geskiedenis sover terug soos die vyftiende eeu, oor die rede vir hulle ontstaan na te gaan.
Ontdekkingsreisigers en handelsvaarders het reeds sedert die laat vyftiende eeu om die Kaap die Goeie Hoop gevaar, maar niemand het dit belangrik genoeg geag om 'n permanente teenwoordigheid aan die suidpunt van Afrika te vestig nie. Die eerste permanente nedersetting het in 1652 tot stand gekom nadat toenemende handelsverkeer om die Kaap die Hollands-Oos Indiese Kompanjie laat besluit het om 'n verversingspos hier te stig. 'n Klein garnisoen — wat in sterkte tussen 70 en 170 man gewissel het — is vir plaaslike beskerming daargestel. Hierdie mag was nie sterk genoeg nie en is in 1658 deur 'n Burgerwag aangevul.
Die Burgerwag het algaande in 'n kommandostelsel ontwikkel wat bestaan het uit sowel burgers as beroepsoldate wat teen 1670 ter verdediging van die Kaapse Nedersetting opgetree het. Die eerste werklike burgerkommando onder aanvoering van burgeroffisiere is in 1715 goedgekeur en hierdie stelsel het in swang gebly totdat Brittanje die Kaap permanent beset het.
1900: SLAG BY BOTHAVILLE – BOER SWAK VERTOON
KULTUURDAGBOEK 6 NOVEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Genl Christiaan de Wet het teen hierdie tyd van die oorlog met sy besondere en suksesvolle wyse van oorlogvoering by die Engelse magte 'n onuitwisbare begeerte laat ontstaan om die vermaarde generaal vas te keer. In die laaste drie maande van die jaar 1900 het hulle twee keer byna daarin geslaag en het genl De Wet ernstige teenslae gely.
Aan die begin van Oktober het genl De Wet se kommando Frederickstadstasie beset en genl Barton vyf dae daar vasgekeer. Vanweë ernstige versuim van die kant van sommige offisiere het Engelse versterkings hulle ongesiens bereik en moes die burgers terugtrek met 'n lewensverlies van 30. Van daar het hulle na Bothaville beweeg. Langs die pad het pres MT Steyn, op weg terug van Transvaal, hom by hulle aangesluit.
Op 5 November het hulle Bothaville bereik, voor die aanrukkende Engelse kolonnes.
1940: HNP IN VRYSTAAT GESTIG
KULTUURDAGBOEK 6 NOVEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Op hierdie dag het Vrystaatse verteenwoordigers van dr DF Malan se Nasionale Party en ondersteuners van genl JBM Hertzog, wat by die oorlogverklaring van September 1939 van die Verenigde Party afgeskei het, in 'n kongres in Bloemfontein vergader om die Herenigde Nasionale Party of Volksparty te stig (die woord 'hereniging' hier dui op die byeenkom van Nasionaliste wie se paaie by Samesmelting in 1934 geskei het toe die Nasionale Party onder leiding van dr DF Malan voortgesit is, maar die grootste deel daarvan in die toé gestigte Verenigde Party opgegaan het.)
Onderhandelinge vir die hereniging is onmiddellik na September begin, en dr Malan het aangekondig dat hy genl Hertzog as leier van die nuwe party sou aanvaar.
DIE SA WEERMAG VOOR 1994 (1)
Lees reeks by SA Weermag voor 1994
DIE MEES GEDUGTE KRYGSMAG VAN AFRIKA
Ons het in hierdie jaar weer 'n naby blik op die weermag van hierdie land gekry toe hulle tydens die eerste fases van Covid-19 ontplooi is. En wat 'n gesig was dit nie! Die ongedissiplineerdheid, korrupsie, onvermoë en magsbeheptheid van onopgeleides is 'n skande en wil mens dit werklik nie die Suid-Afrikaanse Weermag noem nie! Kom ons kyk weer na hoe 'n ware weermag lyk, en dan onthou ons wat 'n voorreg ons gehad het toe ons 'n waardige, gedissiplineerde en trotse weermag in die apartheidsjare gehad het.
Die Suid-Afrikaanse Weermag (SAW), wat allerweë as die mees gedugte krygsmag op die vasteland van Afrika beskou is, dieselfde instrument waarmee miljarde rande aan die jarelange grensoorlog vir die landsbeveiliging teen terrorisme spandeer is voordat Suid-Afrika uiteindelik aan dieselfde terroriste persent gegee is (nie omdat die weermag te swak was nie maar omdat Afrikanerleiers die volk en hulle land verraai het), het uit vier vertakkinge bestaan. Die Leër, die Lugmag, die Vloot en die Suid-Afrikaanse Geneeskundige Diens (SAGD) se hoofkwartiere was almal in die Pretoriagebied geleë. Hulle is deur nog een ondersteuningsdiens aangevul, naamlik die afdeling van die Kapelaan-generaal.
1605: VERLOOPTE AFRIKANERS, ARROGANTE BRITTE, EN 'GUY FAWKES' - DAG
KULTUURDAGBOEK 5 NOVEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Baie jare is die stuk Britse geskiedenis wat hom in 1605 afgespeel het, toe ene Guy Fawkes die Buskruitkomplot teen die Britse vors Jakobus I en sy parlement in werking wou stel, ook in Suid-Afrika en selfs deur Afrikaners wat niks begryp het van die oorsprong van hierdie dag nie, heel vrolik saamgevier.
Klappers is afgeskiet, geld is van huis tot huis deur vuilgesmeerde kinders ingesamel, en vreugdevure is aangesteek. Niemand het eintlik die foltering en verraad rondom die Guy Fawkes-voorval geken nie maar intussentyd is hierdie Britse episode ewe verraderlik in ons land lewend probeer hou.
Algaande het die Afrikaner se nasionale trots en selfkennis egter die oorhand begin behaal en was dit net die waarlik verlooptes en onkundiges wat hierdie dag nog met klappers herdenk het.
‘N SIEK WÊRELD WORD SIEKER
Aangesien 'n nuwe soort entstof vir COVID-19 binnekort op ons afgedwing gaan word, bevraagteken meer mense die doeltreffendheid en veiligheid van die entstofprotokol. Om vreemde stowwe in die liggaam in te spuit om inflammatoriese reaksies te hiperstimuleer in die hoop dat die immuunstelsel kunsmatige immuniteit sal ontwikkel, is werklik wat dit is: HOOP; want daar is baie meer gevare aan verbonde as wat die meeste mense van bewus is .
In Amerika was daar reeds baie jare allerhande wetgewing wat mense verplig het om talle inentings te ontvang. Dis eers later wat Suid-Afrika in ‘n mate gevolg het deur kinders se inentings verpligtend te maak.
Dat die Covid-19 se entstof verpligtend sal word is verseker. Vir die Geldmag hang alles hiervan af om só die bevolking van die wêreld in hulle mag te kry. Daar is nie ‘n beter metode om die massas te verplig om ‘n mikroskyfie te ontvang nie. En sodra dit gedoen is, het Big Brother digitale toegang tot en beheer oor al die persoonlike inligting van die persoon wat die mikroskyfie saam met die inspuiting ontvang het. Maar wat nie vir die mense gesê word nie, is dat daar ook ernstige gesondheidsnagevolge aan verbonde is. Dit is reeds jare wat veral die Amerikaners al ernstiger teen inentings weerstand bied omdat hulle gesien het wat dit aan hulle gesondhede doen.
Die Sentrum vir Siektebeheer en Voorkoming en die Amerikaanse voedsel- en dwelmadministrasie hou 'n databasis van inligting oor nadelige gevolge van die toediening van entstowwe wat in die Verenigde State gelisensieer is. Die databasis heet die Vaccine Adverse Event Reporting System (VAERS), 'n federale program geskep ingevolge die Wet op Nasionale Inenting van Kinders in 1986.
1939: ONTWERP- GRONDWET VIR REPUBLIEK WORD OPGESTEL
KULTUURDAGBOEK 4 NOVEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die Afrikanereenheidskomitee (AEK) wat op 9 Junie 1940 saamgestel is om die breuke in Afrikanergeledere te heel, het 'n bykomende taak gehad: om 'n grondwet vir 'n toekomstige republiek op te stel.
Reeds op 4 November 1939 het 'n groep Afrikaners in dr HF Verwoerd se kantoor by Die Transvaler in Johannesburg byeengekom om 'n ontwerp-grondwet vir 'n moontlike republiek te bespreek. Die ontwerp sou na voltooiing ter beskikking van die Nasionale Party gestel word.
1910: 1e UNIE- PARLEMENT OPEN
KULTUURDAGBOEK 4 NOVEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Kaapstad was ryklik versier vir hierdie geleentheid. Dwarsoor Adderleystraat is talle boë opgerig met slagspreuke in Engels en Nederlands. Oor laasgenoemde was baie mense ontevrede want die Afrikaner moes hierdeur sy onderdanigheid aan veral Brittanje toon.
Verder was orkesuitvoerings, danspartye, uitstallings en historiese voorstellings aan die orde van die dag. Ironies genoeg, die embleem vir die feesverrigtinge was die later bekende Nazi-swastika.
Burggraaf Gladstone het as eerste goewerneur-generaal, die hertog van Connaught, sy vrou en hul dogter, prinses Patricia, ontmoet. Oud-president FW Reitz was die eerste President van die Senaat en James Molteno die eerste Speaker van die Volksraad.
Toe Molteno sy plek die eerste keer inneem het baie mense hande geklap en volgens Britse protokol was dit 'n ernstige fout.
DONASIES AAN BRAND-GETEISTERDE VRYSTAAT-BOERE
Met alle eer aan ons Here: die fonds staan reeds op R57,600.00
Geagte lesers,
Gelofteland en van sy lesers het die hartsbehoefte om ons volksgenote wat soveel in die onlangse brande verloor het finansieel by te staan. Daar is talle donateurs wat vragte welkome produkte vir dier en mens na die noodplekke aanry maar die fondse is nog min.
In die verlede het ‘n paar frontorganisasies help fondse insamel vir ons boere in moeilike omstandighede maar ongelukkig ook groot bedrae agtergehou. Met hierdie poging wil ons dit probeer teenstaan en onderneem Gelofteland om elke skenking, klein of groot, aan die brandslagoffers te besorg. Daarom het ons besluit om van ‘n blanke organisasie in Viljoenskroon in die Vrystaat gebruik te maak wat al reeds drie jaar lank hulpbehoewende blankes maandeliks voorsien van noodsaaklike lewensmiddele. Deur middel van hulle geregistreerde nie-winsgewende organisasie kan ons verseker wees dat al die fondse wat in die onderstaande bankrekening inbetaal word, die brandslagoffers sal bereik. Alle transaksies sal deursigtig hanteer word en enige in- en uitbetalings kan nagegaan word deur enigiemand wat daarin sou belangstel. State kan aangevra word by die epos-adres: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Enige donasies kan in die volgende rekening inbetaal word:
Viljoenskroon Huisgemeente (NPO)
Eerste Nasionale Bank
Tjekrekening
Rekeningnommer: 627 869 017 38
Takkode: 231 136
Verwysing: Hulpfonds (Onthou om die woord “Hulpfonds “ as verwysing te gebruik vir die brandfondsrekening)
1906: ATV GESTIG
KULTUURDAGBOEK 3 NOVEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Jan Hendrik Hofmeyr de Waal het in 1903 redakteur van De Goede Hoop geword en sy lesers aangespoor om in Afrikaans te skryf. Ondanks teenstand uit verskeie oorde het hy met die hulp van manne soos drr A.I. Perold, D.F.Toit Malherbe, en D.F Malan, wie pas uit die buiteland teruggekeer het, die taalstryd voortgesit.
Op 3 November 1906 word die Afrikaanse Taalvereniging in Kaapland gestig. Die hoofdoel was om die gebruik van suiwer Afrikaans as spreek- en skryftaal aan te moedig en om meer liefde en waardering by die volk daarvoor op te wek.