Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Ons Afrikanervolkie kan vandag ook soos in Psalm 80 by ons hemelse Vader pleit: "U het aan ons trane vir kos gegee en ons 'n beker vol verdriet laat drink. Almagtige God, laat dit weer met ons goed gaan, verskyn tog tot ons redding!"
WES-KAAP WIL AFSTIG
Is die afstigting van die Wes-Kaap werklik ‘n haalbare opsie?
Dr Danie Theron
(Gelofteland deel nie skrywer se siening oor afstigting van ‘n gebied vir ‘n Afrikanerstaat nie. In hierdie artikel is daar egter baie ander interessanthede en plaas ons dit.)
Dr Corne Mulder van die VF Plus het onlangs in ‘n toespraak by die KaapstadsePersklub gestel dat “ons” toekoms in ‘n onafhanklike Wes-Kaap lê. Meer bepaald dan dat daardie provinsie selfbeskikking deur middel van sesessie (afstigting) moet oorweeg en ‘n onafhanklike staat moet word.
Hy het aangevoer dat 71% van die inwoners nie wil hê dat die ANC oor hulle moet regeer nie en dat die ANC maar hoogstens 36% van die mense aldaar sedert 1994 kon oorreed om vir hom te stem, ‘n persentasie wat intussen kleiner geword het.
Ek het reeds in ‘n vorige artikel daarop gewys dat afstigting van ‘n gebied (en daarmee saam onafhanklikheid) die tussentydse aangewese opsie vir die Afrikaner is. (Gelofteland het dit goedgedunk om nie die vorige artikel te plaas nie – Red). Of die Wes-Kaap, soos hy tans daar uitsien, egter die oplossing is, kan bevraagteken word. Dit vanweë die etniese samestelling van die provinsie.
1926: BALFOUR- VERSLAG AANVAAR
KULTUURDAGBOEK 19 NOVEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die aanvaarding van die Balfourverslag deur die Britse Rykskonferensie van 1926 is 'n reusebaken in die staats- en volkeregtelike onafhanklikwording van Suid-Afrika. Die argitek was genl JBM Hertzog, wat as Premier na Londen gegaan het met die doel om enige sprake van Suid-Afrika se onderhorigheid aan Brittanje uit die weg geruim te kry.
Nadat hy die saak aangeroer het, is dit na 'n komitee verwys wat op 27 Oktober onder voorsitterskap van lord Balfour met sy werk begin het. Hertzog se pleidooi om die uitreik van 'n gesaghebbende verklaring oor die vryheid en onafhanklikheid van die Britse Dominiums is dadelik teengestaan. LS Amery, Britse minister van dominiale sake, was van oordeel dat die Rykskonferensie nie bevoeg was om 'n "deklarasie van regte" uit te reik nie.
1876: JOHANNA BRANDT
KULTUURDAGBOEK 18 NOVEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Johanna Brandt, die jongste dogter van ds NJ van Warmelo, is op hierdie dag op Heidelberg gebore waar sy ook haar kinderjare deurgebring het. Tydens die Tweede Vryheidsoorlog het sy en haar moeder hulle in Pretoria bevind waar hulle ná die besetting van die Hoofstad deur die vyandelike magte, gehelp het om die Boerespioenasiediens aan die gang te hou.
Van haar ondervindings in hierdie tyd het Johanna 'n dagboek gehou wat sy later verwerk het in haar bekende boek, Die Kappiekommando, wat in 1913 verskyn het.
Tydens die oorlog was sy ook verpleegster in die Irene-konsentrasiekamp.
1497: DA GAMA SEIL OM KAAP
KULTUURDAGBOEK 18 NOVEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Manoël I, Koning van Portugal, het Vasco da Gama aangestel as die opperbevelhebber van die ekspedisie wat Dias se werk moes voltooi, naamlik die ontdekking van die seeroete na Indië.
Die eskader van vier skepe het in Julie 1497 uit Portugal vertrek, op 18 November is Tafelberg gewaar, en in Mei 1498 het hulle Kalikoet aan die Malbarkus van Indië bereik.
Na baie wedervaringe word Da Gama teen die einde van Augustus 1499 as held in Lissabon terugverwelkom. Vanweë hierdie epiese ontdekkingsvaart is die Islamitiese monopolie van die speseryhandel van die Ooste verbreek. Vir die Portugese vorstehuis het dit groter rykdom en mag beteken, en dit sou ook aanleiding gee tot Europese oorheersing in die Ooste.
ONTMASKER DIE MASKER...
Nege maande ná die COVID-19-pandemie duur die bittere konflik oor die dra van maskers in elke land nog voort. Die meeste van ons hou nie van die ding oor ons gesig nie maar daar is diegene wat glo dat die dra daarvan noodsaaklik is. En dit word steeds deur owerhede op die publiek afforseer te midde van die feit dat alle navorsing sover aantoon dat die dra van maskers nie die verspreiding van virale siektes voorkom nie.
In ‘n video voer Robert F. Kennedy Jr., stigter van Children's Health Defense, 'n onderhoud met die ondersoekjoernalis Jeremy Hammond - bekend vir sy talle artikels oor buitelandse beleid, finansies, inentstowwe en meer onlangs oor pandemiese reaksiemaatreëls.
In die onderhoud het hulle 'n reeks vrae bespreek, waaronder:
• Wat is die einddoel van wêreldwye maatreëls soos inperkings en die dra van maskers?
• Gaan dit regtig om die beskerming van die volksgesondheid, of is daar 'n ander agenda?
• Wat sê die wetenskap oor die doeltreffendheid van maskers teen virussiektes? Is daar nadele, soos gevolge vir slegte gesondheid? Moet kinders maskers dra, alhoewel hul risiko vir die opdoen van COVID-19 feitlik nie bestaan nie?
• Wat is die groter samelewingsgevolge van die dra van maskers?
Wat sê die wetenskap?
1939: FAK EKONOMIE INSTITUUT GESTIG
KULTUURDAGBOEK 17 NOVEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die FAK is op sy eerste Ekonomie Volkskongres, wat van 3 tot 5 Oktober 1939 in Bloemfontein gehou is, versoek om 'n Ekonomie Instituut in die lewe te roep om uitvoering te gee aan die kongresbesluite en om sodanige verdere stappe te doen as wat hy bevorderlik ag vir die ekonomiese opheffing van die Afrikaner – 'n benarde ekonomiese toestand waarin die Afrikaner daardie tyd verkeer het.
In die Instituut is verteenwoordiging gebied aan die FAK se Uitvoerende Komitee en sy Ekonomiese Kommissie, en aan Afrikaanse finansiers, nyweraars, handelaars, boere, arbeidersorganisasies, universiteite en handelsopleidingskolleges en die Armesorg-organisasies van die Afrikaanse kerke.
DIE WONDER VAN GOD SE WOORD (4)
DIE BOODSKAP VAN DIE BYBEL
Die Bybel is in hoofsaak met die verhaal van God se verlossing in Jesus Christus gemoeid. As ons die Bybel lees, maar die verhaal van verlossing mis, mis ons die boodskap en betekenis van die Bybel. Die verhaal van Jesus is in feitlik elke boek van die Bybel te vinde. Hy is die volgende:
Genesis: Die Saad van die vrou
Exodus: Die Paaslam
Levitikus: Die versoenende Offer
Numeri: Die geslane Rots
Deuteronomium: Die Profeet
1855: AANLEG VAN PRETORIA
KULTUURDAGBOEK 16 NOVEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Pretoria, genoem na kmdt-genl Andries Pretorius, het sy aanleg as hoofstad van die ZAR te danke aan die feit dat Potchefstroom en Lydenburg nie sentraal genoeg geleë was vir die vergaderings van die Volksraad nie. Die kommandante-genenaal MW Pretorius en Piet Potgieter het die Volksraad, wat in September 1853 in Lydenburg sitting gehad het, versoek om 'n sentraal geleë hoofstad vir die Republiek te stig.
MW Pretorius het in 'n bygaande brief die Volksraad ook versoek om vir die doel van die voorgestelde dorp twee plase aan die Apiesrivier naamlik Elandspoort en Daspoort, van Andries van der Walt en JJP Prinsloo aan te koop. Omdat die Volksraad sy versoek geweier het, het Pretorius vervolgens self hierdie twee plase gekoop.
DIE UURGLAS LOOP UIT (11)
Die verheerlikte bruid
“En een van die sewe engele .... het na my gekom en met my gespreek en gesê: Kom hierheen, ek sal jou die bruid toon, die vrou van die Lam”(Openb.21:9).
In die OT lees ons van Moses wat by geleentheid op ʼn berg geklim het waar God hom noukeurig voorgeskryf het hoe om die tabernakel op te rig en daarna reg in te rig. Dit moes as ʼn sigbare simbool van God se inwoning onder sy volk dien en almal wat dit besoek het, moes weet dat God op besondere wyse hier te vind was.
In Openb.21 word Johannes ook deur die Gees na ʼn hoë berg meegevoer om hom te wys hoe die woonplek van God onder die mense op die nuwe aarde gaan lyk. Die eerste tabernakel het net een poort aan die oostekant gehad. Die laaste een het 12 poorte; drie in elke windrigting en kan van alle kante af binnegekom word.
Johannes sien die name van die 12 stamme van Israel op die stadspoorte en die name van die 12 apostels op die stadsfondamente. Dis die simbool van die apostels se uitdra die evangelie van verlossing aan alle volke, tale en nasies. Dis die ware kerk en bruid van Christus deur die eeue. Johannes sien die eindproduk.
Bruide doen altyd groot moeite om hulle vir hul troudag mooi te maak. Geen bruid vergelyk egter met die skoonheid van die bruid wat hier beskryf word nie. Volgens die Bybel was Moses ʼn aantreklike man. Toe hy destyds na die opdrag om die tabernakel in te rig, van die berg gekom het, het sy gesig so geskitter dat mense nie na hom kon kyk nie. Hy moes ʼn sluier moes dra (Ex. 34).
1911: UNIE-STAAL- KORPORASIE GESTIG
KULTUURDAGBOEK 15 NOVEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die Unie-Staalkorporasie van Suid-Afrika is gestig om staal uit skroot te vervaardig. Binne twee jaar na die stigting is die eerste staal in Suid-Afirka vervaardig en baan USCO sodoende die weg vir 'n gevestigde staalbedryf wat in die jare wat sou kom, vir Suid-Afrika groot aansien in die oë van die wêreld verwerf het.
1855: MW PRETORIUS PRESIDENT VAN ZAR
KULTUURDAGBOEK 15 NOVEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Transvaalse leiers het geglo dat 'n nuwe grondwet die verdeeldheid wat gedurende die vroeë vyftigerjare van die vorige eeu in die Oorvaalse gebied geheers het, sou beëindig, en daarom is 'n grondwetkommissie, onder voorsitterskap van Jacobus Stuart (1803 – 1878), benoem.
Hierdie kommissie, wat in Oktober 1855 op Potchefstroom vergader het, het hoofsaaklik die Bataafse konstitusie van 1798, die Vrystaatse grondwet en die grondwet van die Verenigde State van Amerika as modelle geneem en 'n konsepgrondwet opgestel waarin die beginsel van skeiding van wetgewende en uitvoerende magte ingevoer is.
As opsteller van hierdie grondwet, wat later byna onveranderd aanvaar is, het Stuart 'n blywende diens aan die Zuid-Afrikaansche Republiek gelewer.
OM ONS NAASTE LIEF TE Hê
Hannes Ollewagen
Markus 8:28-34
“En die tweede, hieraan gelyk, is dit: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Daar is geen ander gebod groter as dié nie.” (:31).
Die naasteliefde – so ‘n kosbare deug waaraan ons samelewing ‘n geweldige gebrek het; en het dwaalleraars grootlik bygedra in die vernietiging daarvan. Hoe groter die verkondiging word van ‘n skewe “God is NET LIEFDE”-teologie, hoe kleiner word die mens se liefde vir God en vir sy naaste. Ja, hierdie kettery dat jy onder die “sogenaamde liefde van God” maar elke begeerte wat in jou hart opkom kan uitleef en dat daar géén skepsel so kosbaar en dierbaar as jy is nie is soos petrol op die vuur wat ons liefde vir God en die liefde vir ons naaste verteer. Ja, daardie vuur van selfsug en selfliefde wat ‘n spoor van verwoesting agterlaat.
Geliefdes, hoeveel liefde sien ons wanneer ons rondom ons kyk? U wonder dalk hoe ons dan liefde kan raaksien – dit is tog iets diep binne in ‘n mens. Maar dit wat in ons hart en gedagtes aangaan, word tog eindelik deur ons optrede vergestalt. En beskryf die Woord van God tog nie so mooi hoe die liefde lyk nie?
"Die liefde is lankmoedig en vriendelik; die liefde is nie jaloers nie; die liefde praat nie groot nie, is nie opgeblase nie, handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, word nie verbitterd nie, reken die kwaad nie toe nie, is nie bly oor die ongeregtigheid nie, maar is bly saam met die waarheid. Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.” (1 Kor. 13:4-7).
1837: DOBBEL DEUR TVL VOLKSRAAD VERBIED
KULTUURDAGBOEK 14 NOVEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
President Thomas Burgers vaardig 'n proklamasie uit "met advies en konsent" van die Uitvoerende Raad van die ZAR, waardeur dobbelary in die land, en veral op die goudvelde, verbied word.
13 NOVEMBER 1833: "NAG VAN DIE STERRE-VAL"
KULTUURDAGBOEK
Al het hierdie toneel in Noord-Amerika afgespeel, het dit tog op ons betrekking en kan ons in verwondering daarna kyk. Op hierdie dag in 1833 het die bewoners van Noord-Amerika die voorreg gehad om een van die grootste “sterre-val” ooit, te aanskou.
In daardie jare was daar nog nie elektriese straatligte nie en was die nagte besonder donker. Daarom was dit ‘n ongelooflike gesig toe ongeveer 72 000 meteore per uur grond toe val. Die omgewing was so helder verlig dat inwoners wat wakker was gedink het hulle huise is aan die brand.
Die volgende oggend toe die son opkom het die “sterre” steeds geval. Wanneer dit op die grond land het dit gebars en weggespat. Die gebeure is beskryf as die grootste meteore-val en die mees aanskoulike toneel in die geskiedenis. Daarom het dit die naam gekry “nag van die sterre-val”.
SA WEERMAG VOOR 1994 (5)
Lees reeks by SA Weermag voor 1994
SA WEERMAG SE HOOGTEPUNTE EN MYLPALE IN 1988 (2)
“Wat wapentuig betref, is ons nuwe wapenstelsels tydens die internasionale Fida-lugskou in Santiago (Chili) bekend gestel. Die nuwe geleide lug-tot-lug-missiel n1 die Darter (V3C) en die afstandbeheerde Seeker-verkenningsvliegtuig wat tot 200 km van sy basis of kan opereer, het heelwat belangstelling in militêre kringe uitgelok.”
Burgermag en Staande Mag 75 jaar oud
Die Burgermag se 75ste bestaansjaar is tydens 'n luisterryke parade in Johannesburg gedenk. By dié geleentheid, waaraan 1 200 soldate van 32 Burgermageenhede deelgeneem het, is die saluut waargeneem deur die onderburgemeester van Johannesburg en genl maj C.P. van der Westhuizen, Bevelvoerder van Kommandement Witwatersrand. 'n Spesiale uitstalling oor die Burgermag by die Suid-Afrikaanse Museum vir Krygsgeskiedenis, het deel van die verrigtinge gevorm. Die Aktiewe Burgermag het op 1 Julie 1913 as deel van die Unieverdedigingsmag tot stand gekom.
Die Staande Mag was in 1988 ook 75 jaar oud. Die Staande Mag wat op 1 April 1913 gestig is, het destyds grotendeels uit vyf regimente van die Zuid-Afrikaansche Bereden Schutters (ZABS) bestaan. Die ZABS was in werklikheid 'n militêre polisiemag wat meestal polisietake in hul onderskeie gebiede verrig het. Die laaste oorblywende regiment van die ZABS is op 31 Maart 1926 onthind, maar die Staande Mag, wat 'n nukleus vir die Unieverdedigingsmag sou vorm en later ‘n deel uitgemaak het van die Voltydse Mag, was toe reeds gevestig.
1839: SLAG BY KAPAIN
KULTUURDAGBOEK 12 NOVEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die uitgeweke veggeneraal van Tsjaka, Silkaats, het die Matebelestam langs die Groot-Maricorivier gevestig en 'n voortdurende gevaar vir die Voortrekkers en ander swart stamme geblyk te wees.
In 'n strafekspedisie onder leiding van Hendrik Potgieter en Gerrit Maritz, is op 17 Januarie 1837 in die sogenaamde slag by Mosega die Matebeles 'n vernietigende nederlaag toegedien.
Potgieter wou dit opvolg met 'n tweede ekspedisie teen Silkaats, wie by Kapain was met die slag by Mosega.
12 NOVEMBER 1780: PIET RETIEF
KULTUURDAGBOEK 12 NOVEMBER
Piet Retief is op hierdie dag in die Wakmakersvallei by Wellington gebore waar hy skoolonderrig ontvang en die skryfkuns besonder goed bemeester het. As jeugdige aan die Kaap het hy die politieke en maatskaplike ontwrigting ervaar wat met die Britse politieke en maatskaplike ontwrigting tydens die Britse oorname gepaard gegaan het.
Ondanks mislukte grondtransaksies en ander onderneminge wat hom finansieel ten gronde gebring het, het sy intelligensie, ondernemingsgees en persoonlikheid hom vroeg reeds as gerespekteerde leier na vore laat tree.
Op Stellenbosch is hy in 1812 as 'n kommandant aangestel, en na sy verhuising na die Oos-Kaap beklee hy van 1822 af die regeringspos van veldkommandant.
Aan die Oosgrens het Retief die probleme met die regering se grensbeleid en die gevolglike verslegting van die grenstoestand intens ervaar en het hy as voorspraak vir die geteisterde grensboere opgetree.
11 NOVEMBER 1880: BEZUIDENHOUT SE WA ONS VOORBEELD
Ons Afrikanervolk ly reeds 26 jaar onder die hiel van swart kommunistiese oorheersers wat die land onwettig “regeer”, as gevolg van die verraad van De Klerk, Botha en Kie. Dit is nie die eerste keer wat ons volk ons in hierdie situasie bevind nie. Ons geskiedenis is deurtrek van gebeure van verraad en oorheersing deur magsugtige vyande soos Brittanje wat van ons onderdane gemaak het. Maar ons het telkens met weerstand in ons murg en gebeente weer opgestaan en ons land terug verower.
Die vraag is nou of ons weer daardie weerstandige dapperheid van ons voorsate sal openbaar om vir hopelik die heel laaste keer uit ons slawernyskap op te staan en met die genade van God ons land te kan terugneem wanneer die geleentheid hom voordoen. En dit is nie “as” die geleentheid hom voordoen nie, wel “wanneer”, want dit lyk asof ons slawernyslaap besig is om verby te gaan. Daar was meer nasionalistiese ontwaking die afgelope maande ten tye van die Black Lives Matter-aksies en die Covid-19-leuens as wat daar in die afgelope 26 jaar sigbaar was. As ons nie hierdie momentum deurdag aanwend om die juk van ons af te gooi nie sal dit ons later ernstig berou. In hierdie tyd is daar die tipe sneller wat ons nodig het om tot aksie oor te gaan.
1880: BEZUIDENHOUT SE WA OPGEVEIL
KULTUURDAGBOEK 11 NOVEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
In die geskiedenis van die mensdom het dit dikwels gebeur dat 'n geringe insident as vonk gedien het om die oorlogskruit te laat ontplof. So 'n insident het op hierdie dag in Potchefstroom plaasgevind, wat uiteindelik aanleiding tot die Transvaalse Vryheidsoorlog van 1880 tot 1881 gegee het.
Die burgers van Potchefstroom en omgewing het beswaard gevoel oor die belasting wat hulle aan die Britse gesag moes betaal. Op 7 Oktober 1880 het genl PA Cronjé en 130 burgers van die Schoonspruit-omgewing by die landdros op Potchefstroom beswaar aangeteken oor die belasting en onder meer verklaar dat hulle bereid is om aan hulle wettige regering belasting te betaal, maar dat die Britse regering "op een onwettige wijze" en teen hulle wil, hulle land geannekseer het en derhalwe weier hulle om belasting te betaal. Hulle het dit ook duidelik gemaak dat hulle alleen voor oorweldigende geweld buig.
SA WEERMAG VOOR 1994 (4)
Lees reeks by SA Weermag voor 1994
HOOGTEPUNTE IN 1988
DIE SUID-AFRIKAANSE WEERMAG IN 1988: HOOGTEPUNTE EN MYLPALE
Inleiding
Vir die Suid-Afrikaanse Weermag (SAW) was 1988 weer eens 'n jaar wat talle hoogtepunte opgelewer het. In hierdie verband kan enkeles, soos die SAW se operasionele suksesse in Angola, die beëindiging van vyandelikhede in SWA en die ondertekening van die drieparty-ooreenkoms in New York, die bekendstelling van nuwe wapentuig, die Vloot se geslaagde Oefening Magersfontein en sy deelname aan die Dias-gedenkfees genoem word. En dan was daar ook die instelling van die Nasionale Vaandel.
In 1988 het die SAW ook heelwat gehad om te gedenk, soos onder meer die 75ste bestaansjaar van die Suid-Afrikaanse Geneeskundige Diens (SAGD), die Staande Mag en die Burgermag.