Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Waar die Here boosdoeners aan die stuur van landsake toelaat, is hulle ‘n instrument in God se hand. God gebruik hulle as ‘n tugroede om sy kinders mee te straf. Daarvan kon oud-Israel getuig! Agab en Manasse was twee sulke konings. As hulle verkeerd gedoen het, het God ‘n goddelose koning oor hulle laat heers.
1831: GENL PJ JOUBERT
KULTUURDAGBOEK 20 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Petrus Jacobus Joubert is op hierdie dag in 1831 op Damaskus naby Prins Albert gebore en was naas Paul Kruger die gewidste figuur in die Zuid-Afrikaansche (Transvaalse) Republiek. As kind het hy Retief se trekgeselskap met die Voortrekkers vergesel maar op 16-jarige leeftyd het hy na Transvaal getrek en hom, ná sy huwelik met Hendrina Johanna Susanna Botha op 2 April 1851, op Rusfontein in die distrik Wakkerstroom gevestig.
In die openbare lewe het hy vinnig opgang gemaak. In 1855 was hy veldkornet, in 1865 Volksraadslid ('n amp waartoe hy reeds in 1860 verkies is maar nie kon aanvaar nie omdat hy nog nie 30 jaar oud was nie); in 1873 voorsitter van die Volksraad en in 1875 selfs waarnemende staatspresident tydens pres TF Burgers se afwesigheid in Europa.
EKONOMIESE ONTKNEGTING VAN DIE AFRIKANER
Nico van der Dussen
" Die Afrikaner is die enigste etnies-kulturele groep ter wêreld wat vrywillig sy kapitaal volledig tot beskikking van sy vyand stel... Die sukses van hierdie ekonomiese verknegtingsproses was sodanig dat die Afrikaner sy vryheid prysgegee het sonder om eers een enkele skoot te skiet – die tragiek was dat geen politieke of kulturele leier besef het dat jy vandag moeilik 'n gewapende vryheidstryd kan stry as jy nie ook bereid is om met een van die wapens van die huidige tydsgewrig, jou kapitaal en ekonomiese vermoë, 'n vryheidstryd te stry nie."
Negatiewe uitgangspunte soos "die Afrikaner moet nog eers verder swaarkry voor hy sal opstaan", of "daar is geen volk meer om te red nie", word gereeld deur sommige "behoudende" politieke en kulturele leiers geuiter. Hierdie afbrekende uitgangspunte moet gestaak word. Om die volk se ekonomiese lyding as teelaarde vir 'n politieke magsbasis te visualiseer, terwyl hulle self op 'n politieke salaris oorleef, is 'n ernstige refleksie op die kwaliteit van leierskap in sommige kringe in Afrikanergeledere. Die oordeel of daar nog 'n volk is of nie, lê nie op die weg van mense nie maar is God se uitsluitlike prerogatief – die uitering van sodanige twyfel is nie alleen 'n belediging teenoor ons volk nie maar is saam met die eerste uitgangspunt gewoonlik ook 'n gemaksverskoning om nie daadwerklik betrokke te wees by die skepping van sinvolle beheersings- en oorlewingsoplossings nie.
1563: HEIDELBERGSE KATEGISMUS
KULTUURDAGBOEK 19 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Op hierdie datum verskyn die eerste uitgawe van die Heidelbergse Kategismus. Die Kategismus het sy amptelike vorm gekry toe dit in die Kerkorde vir die Palts, wat die Keurvors op 15 November 1563 uitgevaardig het, opgeneem is.
Die vrae wat daarin voorkom is die eerste keer in die Latynse vertaling, wat reeds voor 3 April 1563 verskyn het, genommer. 'n Kort begrip is met die oog op die skoolkinders in 1576 uitgegee.
1916: ONDERWYS- KOLLEGE OUDTSHOORN
KULTUURDAGBOEK 19 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die Onderwyserskollege Oudtshoorn het gegroei uit 'n afdeling vir die opleiding van kwekelingonderwyseresse aan die plaaslike Hoër Meisieskool. Op 19 Januarie 1916 het dit 'n onafhanklike inrigting geword met mej Colquhoun as eerste permanente hoof.
Die was die beskeie begin van 'n onafhanklike opleidingskool wat in die loop van meer as 60 jaar tot 'n groot onderwyserskollege gegroei het.
1874: HUGENOTE- SEMINARIE
KULTUURDAGBOEK 19 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Ds Andrew Murray, wat in 1871 predikant van Wellington geword het, het 'n besondere belangstelling in die onderwys van die jeug geopenbaar. Deur sy toedoen het die Hugenote-seminarie in die dorp verrys wat op 19 Januarie 1874 formeel geopen is met plek vir 40 koshuisgangers.
Hy het as voorbeeld 'n Amerikaanse meisieskool, die Mount Holyoke Seminary, geneem en ook twee dames van die Verenigde State laat kom om in die skool behulpsaam te wees. Jong meisies uit verskillende dele van Suid-Afrika het na die skool gegaan, wat volslae Engels georiënteerd was. Dit is te begryp dat die vestiging van hierdie skool in die onmiddellike nabyheid van die kwaaiste voorstanders van Afrikaans spoedig venynige kritiek uitgelok het.
AMERIKANER OOR INSPUITINGSBEDROG
Catherine Autin Fitts
Die inspuitingsbedrog - dit is nie 'n entstof nie
Hierdie indringende en noukeurig nagevorste artikel wat die eerste keer op 28 Mei 2020 deur Global Research gepubliseer is, is van belang vir die debat oor entstowwe. Suid-Afrika gaan binne ‘n maand gebombardeer word met die inentingsproses en as u goed ingelig is oor al die fasette is daar ‘n moontlikheid dat u die regte besluit sal neem om Nie Ingeënt te word nie. Die artikel handel oor die VSA se geskiedenis van inenting maar u kan weet dat dieselfde probleme binnekort hier sigbaar sal word.
"Hier is 'n voorbeeld van hoe die proses werk: 'n Gifstof skep 'n siekte. Die gifstof kan plaagdoders of industriële besoedeling of draadlose tegnologiebestraling wees. Die gifstof beskadig miljoene mense en hul gemeenskappe. Maatskappye of hul versekeringsverskaffer kan aanspreeklik wees vir siviele of kriminele oortredings. 'n Virus word die skuld gegee. 'n Kuur 'kom voor in 'n entstof '. Die blootstelling aan plaagdoders of ander toksiese middels word gestaak sodra die entstof ingestel word, en die siekte verdwyn. Die entstof word tot 'n sukses verklaar, en die uitvinder word tot 'n held verklaar. 'n Potensiële finansiële ramp is omgeskakel na 'n wins, ook vir beleggers en pensioenfondse. As portefeuljestrateeg gee ek toe dat dit 'n briljante truuk was en die versekeringsbedryf waarskynlik beskerm het teen die bankrot verliese wat hy sou ervaar as dit die mense en gesinne wat vernietig is, moes vergoed."
"Net soos Gates 'n bedryfstelsel op ons rekenaars geïnstalleer het, is die visie nou om 'n bedryfstelsel in ons liggaam te installeer en 'virusse' te gebruik om 'n aanvanklike installasie te gee, gevolg deur gereelde opdaterings."
Ek is ‘n Amerikaner en woon in Amerika waar ons baie jare reeds groot probleme in verband met gedwonge inentings waargeneem het; kinders wat permanent beskadig is, ander wat sterf daarvan, en groot opstand deur die gewone bevolking wat natuurlik nie gehoor word nie. Ek is nie 'n wetenskaplike nie. Ek is nie 'n dokter nie. Ek is nie 'n biotegniese ingenieur nie. Ek is nie 'n prokureur nie. Ek lees egter, luister, deursoek en probeer diegene wat praat verstaan.
Ek was 'n beleggingsbankier totdat politiek dit onmoontlik gemaak het om voort te gaan om my kuns te beoefen. Ek is opgelei as 'n portefeuljestrateeg - daarom karteer ek my wêreld deur na die finansiële vloei en die toewysing van hulpbronne te kyk. Ek is ook opgelei as samesweringsgenerator en voetsoldaat — sameswerings is die fundamentele organiseringsbeginsel van hoe dinge in ons wêreld gedoen word. Eers toe ek die instansie verlaat, het ek besef dat diegene wat nie in die klub was nie, opgelei is om sameswerings te minag en te vermy - 'n slim truuk wat hul pogings om mag in te samel, saboteer.
My antwoord was om 'n tyd lank met agentskappe van die Amerikaanse regering in 'n oorlog te leef, om die vrae te beantwoord van mense wat genoeg moed het en nuuskierig was om my mening in te win. Hierdie reaksie het oor baie jare in twee ondernemings ontwikkel. Die een was The Solari Report, wat steeds groei as 'n wêreldwye intelligensienetwerk - ons probeer mekaar help om te verstaan wat gebeur, om te navigeer en by te dra tot positiewe uitkomste. Die ander was 'n beleggingsadviseur vir individue en gesinne deur Solari Investment Advisory Services. Na tien jaar het ek die onderneming omgeskakel na 'n ESG-skerm. Wat diegene wat dit gebruik, wil hê - wat andersins nie in die kleinhandelmark beskikbaar is nie - is 'n skerm wat kennis van finansiële en politieke korrupsie weerspieël. Die dop van die verspreiding van korrupsie, dit is 'n kuns, nie 'n wetenskap nie.
1869: JAMES MURRAY LOUW: OPRIGTER 1e CNO-SKOOL
KULTUURDAGBOEK 18 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
James Murray Louw is op hierdie dag in 1869 op Murraysburg gebore. Hy was een van die elf kinders van ds AA Louw en Jemima Murray, dogter van ds Andrey Murray senior. Bekend is ook sy broers AA, stigter van die Masjonalandse Sending, ds AF van Stellenbosch, en die sakeman, CR.
As geagte leraar van die uitgestrekte Nederduitse Hervormde of Gereformeerde Kerk van Boksburg waar hy 41 jaar bly tot sy dood op 21 November 1939, help hy om aan hierdie kerkverband beslag te gee.
AS GOD ‘N VOLK AAN SY EIE LOT OORGEE
Ds.A.E van den Berg
Rom.1:18-32
“Want die toorn van God word van die hemel af geopenbaar oor al die goddeloosheid en ongeregtigheid van die mense wat in ongeregtigheid die waarheid onderdruk....” (Rom.1:18).
Inleiding
Suid-Afrika beleef sedert 1994 ʼn sedelike vryval nadat die Christen-grondwet tot niet gemaak en die land amptelik tot ʼn wêreldstaat verklaar is. Die lugleegte wat dit gelaat het, laat misdaad hoogty vier en geweld sulke ongekende afmetings aanneem, dat mense daagliks selfs binne hul huise vir hulle lewens vrees.
Dis nie ʼn demokrasie nie maar eerder ʼn skrikbewind waar barbaarse optrede gangbaar is, plaasmoorde die hoogte inskiet, dwelmverslawing epidemiese afmetings aanneem, dissipline sienderoë kwyn, woede oral opbou en booswigte die land daagliks plunder. Aanspreeklikheid het’n stille dood gesterf, gesonde werksetiek het skaars geword en infrastrukture in duie laat stort.
Daarbenewens het onderwys ʼn ongekende laagtepunt bereik en word ʼn geslag jongmense sonder kennis van die Bybel groot. Dit voorspel niks goed vir die toekoms nie! Die vraag op almal se lippe is: Wat het met ons land gebeur? Waarom val alles uitmekaar? Wat gaan aan?
Suid-Afrika ervaar God se toorn. Hy onttrek Hom aan ʼn volk wat met sy weë en die waarheid vertroud was en dit bewustelik verlaat het. Hy waarsku Israel:
“Dan sal my toorn op dié dag teen hulle ontvlam, en Ek sal hulle verlaat en my aangesig vir hulle verberg, sodat hulle verteer word en baie onheile en node hulle oorkom. Dan sal hulle op dié dag sê: Het hierdie onheile ons nie oorgekom, omdat onse God nie onder ons is nie?” (Deut.31:17).
1837: SLAG BY MOSEGA
KULTUURDAGBOEK 17 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Ná die mislukte aanval op die Voortrekkerlaer by Vegkop het die Matebeles duisende stuks vee van die Trekkers weggevoer. Drie maande later het Hendrik Potgieter en Gerrit Maritz met 'n strafekspedisie van 107 man, en gesteun deur 'n aantal Basters en Barolongs, Silkaats op 'n verrassende wyse in sy kraal by Mosega aan die Mariko-rivier oorval, duisend stuks vee gebuit en die Matebele verder noordwaarts verdryf.
1852: SANDRIVIER- KONVENSIE ONDERTEKEN
KULTUURDAGBOEK 17 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Ná die Industriële Revolusie het Engeland 'n nywerheidstaat geword wat hoofsaaklik in handel belang gestel het. Die Britse regering wou van alle onnodige veranwoordelikhede ontstlae raak en daar was 'n kragtige beweging ten gunste van die prysgee van koloniale gebiede in Suider-Afrika. Gevolglik is gunstig gereageer op kmdt- genl AWJ Pretorius se versoek dat 'n Britse kommissie aangestel word om die betrekkinge tussen Transvaal en die Britse owerheid in Suid-Afrika te ondersoek.
Die Britse assistent-kommissarisse, WS Hogge en CM Owen, het Pretorius en 'n aantal Boere-afgevaardiges by die Sandrivier ontmoet.
KINDERS VAN DIE HERE
Hannes Ollewagen
1 Kor. 6:11-18
“Daarom, gaan onder hulle uit en sonder julle af, spreek die Here; en raak nie aan wat onrein is nie, en Ek sal julle aanneem; en Ek sal vir julle ‘n Vader wees, en julle sal vir My seuns en dogters wees, spreek die Here, die Almagtige.” (:17&18).
Wat ‘n voorreg het ons nie om kinders van die Almagtige God genoem te word nie. Ja, ons kan vereenselwig met die belydenis wat in 1 Joh. 3:1 opgeteken is.
“KYK wat ‘n groot liefde die Vader aan ons bewys het, dat ons kinders van God genoem kan word! Om hierdie rede ken die wêreld ons nie, omdat dit Hom nie geken het nie.”
Maar kan ons met alle eerlikheid sê dat ons vreemdelinge vir hierdie wêreld is soos wat ons in 1 Joh. 3 lees? Lyk ons regtig soveel anders as hierdie wêreld in ons denke, handel en wandel of lyk ons maar net soos enige ander gewone wêreldling?
1896: 1e AFRIKAANSE TAALKONGRES
KULTUURDAGBOEK 16 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Op 14 Augustus 1895 is op die twintigste Jaarfees van die Genootskap van Regte Afrikaners besluit om 'n eerste Afrikaanse taalkongres te reël wat op 15 en 16 Januarie 1896 in die Paarlse stadhuis gehou is om saam te val met die twintigste verjaardag van Die Patriot. Ongeveer 100 verteenwoordigers uit alle dele van die land het vergader onder voorsitterskap van ds SJ du Toit. Prof Cachet het as eerste spreker die beginsel van 'Ons skryf soos ons praat' onderskryf, en voorgestel dat 'n tydskrif uitgegee word om die beweging te bevorder.
Talle sprekers spreek hulle op hierdie kongres uit ten gunste van Afrikaans as spreek- en skryftaal en uit hulle getuienis kan die vreugde van 'n eie taal gelees word, soos mnr P Scholtz dit saamvat: In Hollands voel hy hom nes in 'n pak klere wat te groot is; in Afrikaans voel hy tuis.
LOKASIE-INWONERS NOU “INGEËNT”...
... EN SÓ WORD “COVIDSTERFTES” AANGEHELP
As iemand gedink het dit is verregaande wat hulle nou hier lees, doen bietjie navorsing en hou op om mense wat wel moeite doen om die waarheid oor verdagte sake uit te snuffel, te beskuldig van samesweringsteorieë. Want dit wat u hier lees, het ons van eerstehandse kennis nadat goeie navorsing gedoen is.
Uit alle oorde word daar die afgelope dae berig dat “gesondheidswerkers” in verskeie stede en dorpe in swart woonbuurtes van huis tot huis gaan en die inwoners “inent teen covid”. En om die “inentingsproses”meer aantreklik te maak, word vir diegene wat effens agterdogtig daaroor is, ‘n stewige R7000 as wortel voor die neus gehou, die bedrag wat op die platteland aangebied word. Ja, dit is die waarheid, ons het genoeg getuies daarvoor.
In stede soos Pretoria se lokasies gebeur dieselfde maar is die bedrag R15000. Al rede wat logies lyk hiervoor is dat diegene wat die hele operasie bestuur klaarblyklik glo dat stedelike swartes heelwat meer opgevoed, opgelei en meer ingelig is as die plattelandse “pleps”, dus sal dit meer kos om hulle om te koop vir die “inenting”.
Tydens verdere ondersoek het ons uitgevind dat dit verseker nie “gesondheidswerkers” is wat die huisbesoeke doen nie want dokters en hospitaal- en verpleegpersoneel weet werklik nie hiervan nie. Aangesien die “gesondheidswerkers” so toegekleed is dat niemand hulle kan eien nie, kan daar egter geen vinger gewys word na wie hierdie mense werklik is nie.
1876: 1e KOERANT WAT AFRIKANERS LEER SKRYF
KULTUURDAGBOEK 15 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Met die stigting van die Genootskap van Regte Afrikaners op 14 Augustus 1875 in die Paarl is 'n tydvak van georganiseerde stryd om die Afrikaanse taal ingelui.
In Artikel IX van die Genootskap se bepalings word beoog om 'n Afrikaanse maandblad uit te gee. Op hierdie dag in 1876 verskyn die eerste uitgawe van die maandblad Die Afrikaanse Patriot, wat die orgaan van die GRA sou wees. CP Hoogenhout was die eerste redakteur onder die skuilnaam Oom Lokomotief, wat deur redakteurs ná hom oorgeneem is.
In Die Afrikaanse Patriot, later net genoem Die Patriot, dek die GRA die terreine van hul doelstelling naamlik dié van land, volk en taal. Daarin is leiding gegee ten opsigte van landsake, die Afrikaanse taal, geskiedenis en belangrike nuus. 'n Rubriek van vrae en antwoorde is ontwerp om weetgierigheid op te wek en te bevredig. Afrikaners is aangemoedig om bydraes te stuur sodat hulle kon leer om hulle taal ook te skryf.
VERNIETIGING VAN ONS VOLK
Dr Danie Theron
So het sosialisme soewereiniteit(en ons volk)vernietig!
“Ons werk tans diskreet, maar met alle mag om hierdie misterieuse mag, genaamd soewereiniteit, uit die kloue van die plaaslike nasiestate in die wêreld te ruk. Die hele tyd ontken ons met ons lippe wat ons met ons hande doen, want om die soewereiniteit van die plaaslike nasionale state van die wêreld te verwerp, is nog steeds 'n dwaalleer waarvoor 'n staatsman of publisist miskien nie heeltemal op die brandstapel kan verbrand nie, maar beslis uitgewis en gediskrediteer. ” - Professor Arnold Toynbee
“Die geldmag en rewolusionêre mag is opgestel en kry skynagtige maar simboliese vorms ('kapitalisme' of 'kommunisme') en skerp omskrewe sitadels ('Amerika' of 'Rusland'). Dit is die skouspel wat in die openbaar vir die massas opgevoer word. Maar sê nou dat soortgelyke mans, met 'n gemeenskaplike doel, in beide kampe in die geheim regeer en van voornemens is om hul ambisie te bereik deur die botsing tussen die massas? Ek glo dat 'n ywerige student van ons tyd sal ontdek dat dit die geval is.” - Douglas Reed
“Soos dit is, het die pers die grootste mag in die Westerse lande geword, magtiger as die wetgewer, die uitvoerende gesag en die regbank; 'n mens wil vra: volgens watter wet is dit verkies en aan wie is dit verantwoordelik?”-Alexander Solzhenitsyn
"Toekomstige historici sal beslis sien dat ons 'n Frankenstein-monster in die media geskep het wat niemand weet hoe om te beheer of te stuur nie, en hulle sal hul verwonder dat ons onsself so gedwee moes onderwerp aan die vernietigende en dikwels kwaadaardige invloed daarvan”. – Malcolm Muggeridge
Die Covid19-hoax is seker die beste bewys van die greep wat die internasionale geldmagte nou op die mensdom kry – alles met een doel voor oë - om beskawings te ondergrawe en die Eenwêreldregering daar te stel.
1952: HENDRIK HANEKOM, TONEELSPELER
KULTUURDAGBOEK 14 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Hendrik Andries Hanekom, en sy eggenote van Mathilde, is allerweë beskou as van die belangrikste baanbrekers op die gebied van die Afrikaanse beroepstoneel. Hy is op 17 Junie 1896 op Beaufort-Wes gebore en op hierdie dag in Januarie 1952 oorlede. Hy was een van die eerste Afrikaners wat 'n heeltydse toneelspeler geword het.
In 1924 het Hendrik sy werk as stadsklerk op Lydenburg laat vaar en het hy en Mathilde 'n toneelgroep gestig. Hulle eerste opvoering het op 16 September 1925 plaasgevind: 'Oom Gawerjal se dogters en die stemregkoors.' Daarna het hulle die lang pad aangedurf en meer as 25 jaar lank alle uithoeke van ons land besoek met toneelstukke soos Oorskotjie, Die Uur van vergelding, Die Silwerkoning. Onskuldig veroordeel, Oom Paul, Generaal De Wet, Hans die Skopper, Ds Snuffelaar, en Die Stille Haard.
1653: EERSTE KORING IN SA GEDORS
KULTUURDAGBOEK 13 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Jan van Riebeeck teken in sy dagregister aan: "Op dato hebben onsen afgesneden ende hier aen de Caep aldereerstgewassen taru beginen te dorssen, sijnde redelijk vet ende groff van corl, ende nae alle apparentien hiernae ('t land wat gemest sijnde) beter te succederen. 't Is jammer dat de Z. Oostewinden hier soo hard vallen, souden anders alle soorte van graen ende vruchten hier genoech cunnen aengeplanten worde..."
Hier vind ons die belofte van 'n ryke landboutradisie wat vir Suid-Afrika sou volg. Die Afrikaner sou 'n volk van boere word en in sy ekonomie het koring veral later 'n groot rol gespeel. Die bewerking van die grond het die bewoners van die land aan hierdie aarde verbind. Jan van Riebeeck het met sy proefnemings die vrugbaarheid en bewoonbaarheid van ons land bewys en hiermee die grondslag vir die ekonomiese selfstandigwording van die Afrikaner gelê.
1942: REPUBLIEK VIR SA DEUR DF MALAN VOORGESTEL
KULTUURDAGBOEK 13 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Suid-Afrika se deelname aan die Tweede Wêreldoorlog, waarteen die Herenigde Nasionale Party of volksparty onder leiding van dr DF Malan gekant was, het die republikeinse ideaal van die Afrikaner opnuut aangewakker.
Op hierdie datum dien dr Malan 'n mosie by die Volksraad in wat onder meer gelui het dat, met die oog op die ernstige krisis waarin Suid-Afrika weens sy deelname aan die oorlog betrokke geraak het, die Raad verklaar "dat ons hoogste volksbelange alleen gedien kan word deur die omskepping van Suid-Afrika in 'n republiek, afgeskei van die Britse Kroon en Ryk en vry en onafhanklik van enige buitelandse mag".
Die Republiek moet geskoei wees op die tradisies en beginsels van die twee gewese Suid-Afrikaanse republieke. Dit moet Christelik-nasionaal wees en moet die gelyke taal- en kultuurregte van albei seksies van die blanke bevolking in ag neem.
Die mosie is met die meerderheidstem van die Verenigde Party in die Raad verwerp.
ROL VAN SWART VAKBONDE IN NADERENDE EKONOMIESE INEENSTORTING
In 1979 het die Regering op aanbeveling van die Wiehahn-kommissie besluit om swart vakbonde te wettig; by terugskoue een van die talle groot foute van daardie Regering. Aanvanklik het gematigde vakbondfederasies soos Vaksa hul eie parallelle swart vakbonde probeer stig maar sonder groot sukses. Teen die agtergrond van die toenemende radikalisasie van die swart politiek was dit radikale vakbonde soos Fosatu en sy opvolger, Cosatu, wat uiteindelik die meeste spierkrag verwerf het. En dit was primêr hulle wat met 'n kombinasie van klipharde onderhandelings, afdreiging en stakings vir die skerp toename in inkomste vir hul eie lede verantwoordelik was. Die vooruitstrewende ekonomiese tydperk van 1981 tot 1994 toe Suid-Afrikaners se gemiddelde per kapita-inkomste met 18,5 persent gedaal het sal nie eers in 'n ambisieuse ekonomiese ontwikkelingsprogram weer behaal word nie.
Die negatiewe siening oor Suid-Afrika se produktiwiteit word bevestig deur die gesaghebbende jaarverslag van die Switserse Union Bank in 1995. Die bank het Suid-Afrika op grond van sy algemene mededingendheid toe reeds 42e uit 48 lande geplaas. Wat sy produktiwiteit betref, skaars een jaar nadat die ANC in die regeerstoel geplaas is, het die land die heel slegste van almal gevaar. Daarna het F.W.de Klerk die vermetelheid om in Bonn, Duitsland, te gaan rondflenter ná sy verraderlike kortdaatstuk om die land op 'n skinkbord aan 'n korrupte SWART regering oor te gee.
1865: JAN F.E. CELLIERS
KULTUURDAGBOEK 12 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Johannes Francois Elias Celliers was 'n bekende Afrikaanse skrywer, digter en dramaturg. Hy is op hierdie dag in 1865 gebore.
Hy lê sy Landmetereksamen in Nederland af maar word later 'n amptenaar in die onderwysdepartement van die ZAR en in 1894 staatsbibliotekaris in Pretoria.
Met die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog sluit hy hom by die kommando's aan, en in 1902 vertrek hy na Europa waar hy sy beroemde gedig Die Vlakte skryf.