Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Daar is nooit ’n regte of verkeerde tyd om die waarheid te spreek nie; dis altyd nou!
GEBEURE BY BLOEDRIVIER
Opgestel deur die Geloftevolk Koördineringskomitee
Dit is 15 Desember 1838, Saterdag namiddag laat.
Teen die skuins helling van die Ntibane berg wat afloop na die Ncomo-rivier, beweeg 64 kakebeenwaens, in rye van vier langs mekaar, getrek deur 10 osse elk, af na die rivier.
Op en langs die waens, te voet en te perd, beweeg 464 Boere, hul voorlaaiers op hul skouers, gelaai en gereed vir gebruik.
Dit is die Boere- strafkommando op pad na Umgungundlovu, die Plek van die Groot Olifant, om die Zoeloe-koning, Dingaan, te gaan straf vir al die wreedhede teenoor die Trekkers sedert hulle intog in Natal in Januarie daardie jaar.
Aan die spits van hierdie optog, fier en regop op sy perd, ry Andries Pretorius, leier en kommandant.
Sy gedagtes gaan terug na die lotgevalle van sy mede-landgenote sedert Januarie 1838...
MORE IS GELOFTEDAG - DAG VAN DIE HERE
Hoe kom ons die Gelofte van 1838 na?
Jaar na jaar kom duisende volksgenote oor die lengte en breedte van ons land op verskillende plekke byeen om die gelofte van 1838 te herdenk, en om deur die gesamentlike herhaling daarvan of die stilswyende nasê van ’n voorganger, dit weer af te lê. Daarmee verbind ook ons geslag ons telkens tot die gelofte en aanvaar ons die verpligting om dit wat ons daarmee belowe, na te kom.
Die gelofte bevat vier ondernemings:
• Dat ons die dag en datum elke jaar as ’n dankdag, soos ’n Sabbat sal deurbring,
• en dat wij een tempel tot Zijn eer stichten zal, waar het Hem zou behagen (die standaard Afrikaanse vertaling hiervan laat te veel aan betekenis verlore gaan),
• en dat ons ook aan ons kinders sal sê dat hulle met ons daarin moet deel tot nagedagtenis ook vir die opkomende geslagte; en
• dat die roem en die eer van die oorwinning aan Hom gegee sal word.
GELOFTE VAN JAN VAN RIEBEECK
Ook hierdie Gelofte wat so maklik vergeet word plaas ons hier sodat die erns van geloftes aan God ons kan bybly:
6 APRIL 1654
Waar dit vandag die tweede verjaarsdag is van die dag waarop ons deur die Here gelei met die skepe Drommedaris, die Reyger en die Goede Hoop hier ter plaatse behoue aangeland het om hierdie vesting en kolonie na die bevel van ons here en meesters (Here XVII) te bou en te bestendig, en opgelet het dat God die Here alle sake tot vandag toe met vele seëninge voorspoedig en na wense laat verloop en laat slaag het, het ons besluit, en ook vir die eerste keer begin om hierdie dag, die 6e April, tot eer van God met danksegging te vier en vir altyd tot 'n vasblywende dank- en biddag in te stel, sodat daarby die weldade van die Here wat aan ons bewys is, deur ons nakomelinge nooit vergeet mag word nie, maar altyd tot eer van God in gedagtenis en herinnering gehou sal word.
RASBEWUSTHEID SAL ONS RED
Die afgelope weke is gekenmerk aan 'n opvlammende rasbewustheid. Dit gebeur nie net hier in Suid-Afrika nie maar ook in lande soos Amerika en Brittanje. Dit het heel moontlik iets te make met die bekendmaking van Black Lives Matter en die wreedaardige plaas moorde hier, maar hoe dit ookal sy, dat dit waargeneem word is 'n goeie ding. So sal slapende volksgenote weer begin wakker word en gedwing word om te wys waar hulle staan. Ons is moeg vir volksgenote wat nie standpunt inneem nie, erger nog, die wat ons volk so verraai het dat ons vandag op die grens van oorlewing staan. Verraderlike volksgenote het met hul vuil voete oor die Boerevolk se skoon gewetens geloop en in die politiekery waarin hulle hulself toegespin het, verstrengel geraak net om daarna van die toneel verdwyn. Om die vyand gedienstig te wees, is soos om ʼn krokodil te voer met die hoop dat hy jou die heel laaste sal vreet!
Die openbare mening is destyds mislei om te glo dat rasbewustheid ʼn gruwel is. Verwoerd se vooruitskatting van hoe Suid-Afrika in ʼn rasgemengde land sou lyk, getuig van die insig en wysheid waarmee God hom geseën het. Hy het in 1954 ‘n geskrewe scenario daarvan aan die parlement voorgelê. Dit wat ons vandag beleef, is feitlik ʼn woordelikse voorspelling daarvan; ʼn tablo van misdaad, korrupsie en die onvermoë om enigsins sinvol te kan regeer.
Die volksvyand het subtiel-metodies te werk gegaan om Suid-Afrika met liberalisme te besmet. Politieke jakkalse het hul eer spotgoedkoop op die internasionale mark verkoop net om twyfelagtige eer te bekom. Hulle is met beloftes van rykdom, mag en internasionale aansien omgekoop. Dit het hulle in die dryfsand van selfvoldaanheid laat versink en hul volk skaamteloos verraai.
1912: GENL LOUIS BOTHA BEDANK
KULTUURDAGBOEK 14 DESEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Genl Hertzog se De Wildt-toespraak het heftige reaksie van Unioniste en ander Brits-gesindes tot gevolg gehad. In die Kabinet het die ergste reaksie gekom van kol George Leuchars, Minister van Openbare Werke, 'n Nataller wat homself 'n imperialis genoem het. Hy was so kwaad oor genl Hertzog se woorde oor die belange van die Ryk teenoor dié van die Unie dat hy gedreig het om uit die Kabinet te bedank.
Dit lei tot 'n kabinetskrisis en die Premier, genl Louis Botha en sy regterhand, genl JC Smuts, vra Hertzog om in die openbaar sy spyt oor sekere van sy uitlatings uit te spreek.
ONTSTAAN EN INSLAG VAN DIE GELOFTE
Dr Pieter vd Dussen
Die ontstaan en bestaan van die Gelofte van Bloedrivier word in talle boeke en artikels in besonderhede beskryf. Oor die geskiedkundige werklikheid daarvan bestaan geen twyfel nie. Daarvan getuig geskrifte van ooggetuies en ander betroubare persone, ook van Zoeloekant. Dit is egter noodsaaklik om oor die inslag van die Gelofte te besin ten einde die saai van twyfel teen te werk.
Die Gelofte was deel van die gebed van Sarel Cilliers op Sondag 9 Desember 1838 tydens die aanderediens. Later, en tot vandag toe, word dit as 'n verklaring herdenk. Dit kan nie weer in die gebed opgeneem word nie, aangesien dit op 16 Desember 1838 volbring en die belofte van jaarlikse herdenking tot in die opkomende geslagte bevestig is.
Meestal word dit vandag tydens 'n erediens herhaal en bevestig en word in die gebed en prediking op die onderhouding daarvan in die volkslewe klem gelê, tot bemoediging en aansporing van die Afrikaner. Die nakoming van die Gelofte is en bly 'n vereiste vir elke Afrikaner, hetsy van bloedafkoms of dat hy uit vrye wil hom by die Afrikanervolk gevoeg het en voeg.
ONS MOET GOD VRA
Hannes Ollewagen
Johannes 16:1-33
“En in daardie dag sal julle My niks vra nie. Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, alles wat julle die Vader sal vra in my Naam, sal Hy julle gee. Tot nou toe het julle niks in my Naam gevra nie. Bid en julle sal ontvang, sodat julle blydskap volkome kan wees.” (:23&24).
Geliefdes, die Here herinner ons in hierdie gelese gedeelte vanoggend aan ons afhanklikheid van Hom. Hy herinner ons daaraan dat Hy ons liefdevolle Vader is wat by magte is om aan ons bedes te voldoen en ook sy liefde aan ons wil gee, ons help en bystaan.
“Of watter mens is daar onder julle wat, as sy seun hom brood vra, aan hom ‘n klip sal gee; en as hy ‘n vis vra, aan hom ‘n slang sal gee? As julle wat sleg is, dan weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemele is, goeie dinge gee aan die wat Hom bid!” (Matt. 7:9-11).
Dit is belangrik om daarop te let dat hierdie woorde van God ‘n opdrag aan ons uit sy Heilige Woord is. Dit is nie maar net ‘n gerusstelling of laaste uitweg waartoe ons onsself kan wend wanneer al ons ander planne gefaal het nie. Ons kry die opdrag om met ons begeertes, nood en bedes na Hom te gaan. Ons moet verstaan dat Hy ons God is – dat Hy die Een is wat ons kan help en van Wie ons afhanklik is. Ons moet verstaan dat ons, ons vertroue op Hom moet stel en op geen mens nie. En wanneer ek sê dat ons op die Here moet vertrou en op geen mens nie, moet ek onthou dat ekself ook ‘n mens is. Ek mag dus net so min op my eie krag as op ‘n ander mensekind se krag as eerder op die Here steun.
16 DESEMBER: OPROEP VIR ONS AFSPRAAK MET DIE HERE
GELOFTEDAG DEUR DIE EEUE...
EN 'N NUWE GELOFTE
Jeanette Koekemoer
"Op daardie tyd wanneer Hy ons weer vry maak van die verknegters wat ons volk daagliks vermoor en vermink, sal ons ook 'n nuwe gelofte nodig kry, een waarin al die ou beloftes teenwoordig bly maar waarin ons ook onderneem om ons geliefde vaderland van alle afgodsdienste en onheilige gebruike te reinig sodat ons as volk weer heilig en opreg voor God kan wandel, en nooit, maar nóóit weer, sal omdraai na ons pad van selfvernietiging nie. Indien ons dit nie sou belowe nie, en dit ook nie nakom nie, sou die hele pad van ellende onder 'n moordbende tevergeefs wees."
Die Slag van Bloedrivier was nie sodanig die botsing tussen wit en swart nie as wat dit die verheffingsuur van 'n wordende volk was wat sy hoogste bestaansreg en voortbestaansgeleentheid in die hand van God geplaas het. Dié herdenking wat ons binnekort op 16 Desember vier is steeds die nakom van 'n afspraak met die Here.
Volgens Wet nr 3 van 1910 was 16 Desember as openbare vakansiedag bevestig, en sedert 1952 is dit as Geloftedag bekend, hoewel dit intussen ook die lelike naam Dingaansdag, en ook Dankdag, Wendag, Retiefdag, Voortrekkerdag en nog ander name genoem is.
1880:ZUID-AFRIKAANSCHE REPUBLIEK OP PAARDEKRAAL HERSTEL
KULTUURDAGBOEK 13 DESEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Daar was meer as 5 000 burgers met sterk perde, blink geweerlope, bandeliere vol patrone en bladsakke gepak met beskuit en biltong op hierdie dag op 'n rantjie bymekaar op die plaas waar genl Andries Pretorius ongeveer 30 jaar vroeër met perde begin boer het.
Ernstige beraadslagings het 'n paar dae geduur. Die burgers was gereed en bereid om vir die onafhanklikheid en vryheid van hulle vaderland te veg nadat sir Theophilus Shepstone die Zuid-Afrikaansche Republiek op 12 April 1877 onverwags geannekseer het.
Die eise op verskeie groot protesvergaderings en die werk van twee deputasies na Engeland was tevergeefs.
COVID-ENTSTOF ÍS VAN DIE DUIWEL!
Dit gebeur maar min dat ‘n mens met enige iemand of enige aspek van die ANC-regering kan saamstem. Hierdie keer wil dit lyk of “Chief Justice” Mogoeng ‘n Geloftelandleser is... want daar is maar min ander bronne wat die gevare van die voorgenome entstof teen Covid-19 uitgewys het.
Mogoeng het die afgelope week gebede tot sy god gerig dat alle entstof wat van die duiwel is, met vuur verbrand moet word. Sy pleidooie voor ‘n gehoor was so oordrewe toneelspel dat dit mens aan sommige Amerikaanse evangeliste laat dink het. Maar wat sou die man besiel het om so ‘n standpunt in te neem? Sou hy dalk werklik ingelig wees oor wat alles in die entstof opgeneem is?
Die media het juis hierdie week weer ‘n onderhoud gevoer met een van die groot Amerikaanse navorsers wat al baie jare entstowwe teen virusse ontwikkel. Die onderhoudvoerder het direkte vrae gevra en die man het direk “ja”op elke vraag geantwoord waaronder: “Is daar fetusdele in die entstof?; Is daar harte van gesonde fetusse gebruik?; Is daar longe van fetusse gebruik? Is daar breindele van fetusse gebruik?” ens. En die wetenskaplike het ook direk “ja”geantwoord op die vraag of daar net van gesonde fetusse gebruik gemaak word.
1890: SKRYWER EN WETENSKAPLIKE 'HENDRIK BRAND'
KULTUURDAGBOEK 12 DESEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die skrywer van talle boeke waaronder 'n reeks speurverhale, het onder die skuilnaam Hendrik Brand geskryf. Sy regte naam was Sydney Harold Skaife, wat op hierdie dag in Londen gebore is waar hy ook later skoolgegaan het.
Nadat hy sy studies voltooi het kom hy in 1913 na Suid-Afrika en begin sy loopbaan as onderwyser aan die Hoër Jongenskool Rondebosch, waarna hy in diens tree van die Departement van Landbou as insektekundige.
PCR-COVID-TOETSINGS FOUTIEF (2)
Ons het gister geskryf oor hoe die PCR-toetsmetode wat gebruik word om die Covid-19-virus by mense op te spoor, nie in staat is om dit te doen nie. Volgens Fuellmich is die enigste rede waarom die PCR-toets gebruik word en nog op 'n verkeerde manier ook gebruik word, om genoegsame vrees by die publiek te skep sodat niemand die pandemie-maatreëls wat in werking gestel word, sal bevraagteken nie.
Die Duitse Departement van Binnelandse sake het ‘n geklassifiseerde koerant naamlik die “Panic Paper” wat onlangs aan die pers gelek is. Daarmee is onthul dat die Duitse regering doelbewus beplan het om mense paniekerig te maak.
Fuellmich het die saak ondersoek en bevind dat een van die fyn strategieë wat in die koerant uiteengesit is, is om kinders skuldig te laat voel indien die gesin nie die Covid-regulasies nakom nie.
Volgens Fuellmich is PCR-toetsings vals en foutief. Daarby bestaan daar nie 'n dodelike viruspandemie nie, "en ek kan dit in die hof bewys," sê hy.
Soos Fuellmich opgemerk het, begin al hoe meer mense regoor die wêreld nou wakker word oor die feit dat die beperkings wat onder die dekmantel van die beskerming van volksgesondheid ingestel word, nie binnekort gaan verdwyn nie. Dit is deel van 'n veel groter langtermynplan, en die doel is om die wêreldbevolking 'n nuwe lewenswyse in te lei as digitaalbeheerde gevangenes van ‘n sataniese plan deur ‘n groep skatrykes. Die Nuwe Wêreldorde beteken letterlik dat die wêreld gedwing gaan word om ‘n nuwe orde te aanvaar waar ons sonder ons vorige vryhede dan as slawe van die Geldmag en hulle god, Satan, sal moet leef.
1953: AFRIKAANSE TAAL- EN KULTUURBOND GESTIG
KULTUURDAGBOEK 11 DESEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
'n Groepie Afirkaanssprekende posamptenare het op hierdie dag in Pretoria byeengekom om 'n organisasise te stig wat hom sou beywer vir die uitbou van die Afrikanerkultuur onder posamptenare. Weldrae is die gedagte verder uitgedra en is die een na die ander tak gestig sodat feitlik alle poskantore mettertyd by 'n plaaslike tak betrek was.
Die bond het berus op 'n Afrikaans-Christelike grondslag en hom beywer veral vir die gebruik van suiwer Afrikaans binne sowel as buite die poswese, die bevordering van die Afrikaanse kuns en kultuur, en om 'n goeie gees van samehorigheid onder sy lede aan te wakker.
1899: SLAG BY MAGERSFONTEIN
KULTUURDAGBOEK 11 DESEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die Tweede Vryheidsoorlog se rumoer naby Stormberg-stasie ten noorde van Molteno, het skaars bedaar toe een van die grootste veldslae in ons geskiedenis by Magersfontein plaasgevind het.
Deur sommige historici word dit as een van die merkwaardigste slae in die wêreldgeskiedenis beskou. Die knou wat die Boere die Britte, hoofsaaklik Skotte, hier toegedien het, het die Britse Ryk en die hele Skotland in rou gedompel. Die eienaardigste aspek van die slag is dat die opperbrein agter die hele operasie, genl Koos de la Rey, nie teenwoordig was nie. Hy was op Jacobsdal by sy seun wat dodelik gewond was. Die beveldvoerder was dus genl Piet Cronjé. Hy het hom goed van sy taak gekwyt omdat hy aan De la Rey gehoor gegee het.
PCR-COVID-TOETSINGS FOUTIEF
Soos ons reeds 'n geruime tyd die waarheid oor Covid-19 aan ons lesers probeer bring, het ons hier weer eens bewyse van die bedrogspul. Dit is nie net in Suid-Afrika waar mense snuf in die neus gekry het nie. Talle lande, ook nou in Duitsland, is daar 'n spesiale komitee gestig wat bestaan uit regsgeleerdes wat van plan is om dagvaardings uit te reik sodra hulle ondersoeke finaal afgehandel is.
Reiner Fuellmich, wat al 26 jaar 'n advokaat vir verbruikersbeskerming in Kalifornië en Duitsland is, is 'n stigterslid van die Duitse buitelandse parlementêre Corona-ondersoekkomitee (Außerparlamentarischer Corona Untersuchungsausschuss, (ACU), wat op 10 Julie 2020 van stapel gestuur is.
Fuellmich lei die komitee se korrupsiekrisis-saak - 'n internasionale groepsgeding teen diegene wat verantwoordelik is vir die vals toetsings en bedrog in verband met Covid-19; hulle wat ‘n sogenaamde pandemie ontwerp het om ekonomiese verwoesting regoor die wêreld te bewerkstellig.
Hy skat dat meer as 50 ander lande die voorbeeld sal volg om ondersoek in te stel na die waarheid.
Professor Christian Drosten, Ph.D., 'n Duitse viroloog is die hoof van die Instituut vir Virologie aan die Universiteit van Bonn Mediese Sentrum. Drosten is veral bekend vir die ontwikkeling van die eerste diagnostiese toets vir SARS in 2003. Hy het ook 'n diagnostiese toets vir varkgriep ontwikkel, en in 2009 gehelp om paniek hok te slaan oor die H1N1.
1899: SLAG BY STORMBERG
KULTUURDAGBOEK 10 DESEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Hierdie slag was een van die belangrikstes in die verloop van die Tweede Vryheidsoorlog, nie om wat werklik gebeur het nie maar omdat dit deel was van wat die Britte hul Swart Week genoem het.
Uit militêre oogpunt was dit 'n skermutseling, amper 'n geveg, maar 'n volwaardige slag was dit nie. Wat wel van belang is, is dat 'n handjievol Boere byna 'n derde van 'n Britse leër gevange geneem het, en dat hul aanvoerder, genl sir WF Gatacre, wat voor hierdie slag bestempel is as "one of the ablest of British officers" se reputasie só 'n knou toegedien is dat hy met sy tweede flater uit die Britse leër ontslaan is.
1838: GELOFTE AFGELÊ
KULTUURDAGBOEK 9 DESEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Daar is al duisende woorde oor die vraag geskryf of Die Gelofte in verband met die Slag van Bloedrivier op 7 of op 9 Desember die eerste keer afgelê is, en of dit by Danskraal of Blyrivier, dit is Wasbank, die eerste keer uitgespreek is,
Dit wil voorkom of die gedagte van 'n gelofte by Andries Pretorius as krygerleier op die trek na Dingaan se stat ontstaan het. Toe hy met Sarel Cilliers hieroor gepraat het, het Cilliers dadelik geantwoord dat hy ook al oor so iets gedink het, en vandaar sy preek op Sondag 2 Desember 1838 na aanleiding van Josua10 vers 7 tot 10. Die Sondag daarop het Cilliers na aanleidingvan Rigters 6 vers 1 tot 24 gepreek.
Intussen is van die offisiere oor die gedagte van 'n gelofte gepols en hulle het die idee heelhartig gesteun. Daarna is die manskappe op 5 Desember geraadpleeg, wat eweneens almal ten gunste daarvan was.
DIE GELOFTE VAN PAARDEKRAAL
9 DESEMBER 1880
Dit gaan sleg met Transvaal: mense is verdeeld, die land is amper bankrot en sukkel om sy Swart bure in toom te hou. Sir Theophilus Shepstone het in 1877 met 25 berede polisie in Pretoria aangekom en die meerderheid van die Volksraad oorreed om die Britse beheer te aanvaar. Hy belowe dat hulle spoedig ’n verantwoordelike regering sal kry, maar dit gebeur nie. Die Transvalers het daarna gepoog om hulle verlore vryheid terug te kry. Aanvanklik onderhandel hulle met die Britse owerheid oor hulle vryheid, maar hierdie pogings was sonder sukses. Toe is die ou Volksraad weer in die lewe geroep. In Desember 1880 het die Boere van Transvaal by die Paardekraal bymekaargekom.
BURGERLIKE ONGEHOORSAAMHEID
Ds A.E. van den Berg
“En Petrus en die apostels antwoord en sê: Ons moet aan God meer gehoorsaam wees as aan die mense” (Hand.5:29).
Mense met baie name haat dit om vorms in te vul. Keiser Nero sou een kon wees - Nero Claudius Caesar Augustus Germanicus! Hy was 12 jaar lank keiser van Rome en met ʼn man getroud. Toe ’n brand ’n deel van Rome verwoes het, het hy die Christene die skuld daarvoor gegee terwyl hy self die brand laat stig het om plek te maak vir nuwe geboue wat hy wou oprig.
Paulus se brief aan die Romeine is tydens hierdie regering geskryf. Nogtans vuur hy gelowiges nie tot opstand teen die regering aan nie en sê dat die beginsel van regeermag van God kom. Hy skryf in Rom.13 dat die staat sy mag van God ontvang en sodoende ’n dienaar van God is.
Toe Jesus voor Pilatus verskyn, sê Pilatus vir Hom:
“…. Weet U nie dat ek mag het om U te kruisig en mag het om U los te laat nie?” (Joh.19:10) waarop Jesus sê: ” …U sou geen mag teen My hê as dit u nie van bo gegee was nie…” (:11).
Toe Paulus later voor Festus staan, sê hy:
1939: REDDINGSDAAD- BOND GESTIG
KULTUURDAGBOEK 8 DESEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Daar is rede om te glo dat die verarmde blanke nou nog 'n groter persentasie van die armblanke-vraagstuk beslaan as destyds: volgens die CIA-se nuutste statistiek (dis baie meer betroubare syfers as wat die ANC se sensussirkus kan oplewer) is daar tans nagenoeg twee miljoen blankes in Suid-Afrika oor, waarvan ongeveer een miljoen in sogenaamde klein nedersettings of reguit gestel, blanke plakkerskampe woon - hierdie feite sal nooit deur die swart regime bekend gemaak word nie.
Die ekonomiese terugslag wat die Afrikaner aan die begin van die vorige eeu getref het, hoofsaaklik as nadraai van die verwoestingsbeleid wat die Engelse militêre owerheid in die Tweede Vryheidsoorlog toegepas het, het teen die jare 1930 skrikwekkende gevolge getoon. Die droogte en die groot depressie van die beginjare dertig het die toestand vererger, en 'n armblanke-vraagstuk van enorme omvang het ontstaan: 300 000 Afrikaners uit 'n bietjie meer as 'n miljoen, was ekonomies verarm.