Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Jesus het alles vir ons kom doen op aarde; selfs sy uitroep: "My God, my God, waarom het U My verlaat?" het beteken dat ons as Christene nooit weer daardie vraag hoef te vra nie!
1901: NOG BRITSE ONREG: JGW JANSEN
KULTUURDAGBOEK 4 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Op hierdie dag is Johannes Gert Wolfaardt Jansen se vrou en vier kinders na 'n konsentrasiekamp by Kimberley gebring. Hy is later gevang en weens sogenaamde diefstal van vier perde en koeëls van die Britse leër ter dood veroordeel.
Sy vrou is nooit toegelaat om hom tydens die aanhouding te besoek nie. Sy het sy doodsberig in 'n koerant gelees wat, oopgevou op die plek waar die berig geplaas is, deur 'n Britse soldaat voor haar kamptent laat val is. In die paar uur tussen vonnis en teregstelling op 11 Oktober 1901 het Jansen aan sy vrou 'n briefie geskryf, sy onskuld bely, haar iets oor hulle vee meegedeel, haar in Jesus Christus bemoedig en sy eie droefheid bevestig.
KOM SAAM MET MY
Ds Andrè vd Berg
Nuwejaar
“En na die dood van Josua het die kinders van Israel die Here geraadpleeg en gesê: Wie van ons moet eerste optrek teen die Kanaäniete om teen hulle te veg? En die Here het gesê: Juda moet optrek. Kyk, Ek gee die land in sy hand. Toe sê Juda aan sy broer Simeon: Trek saam met my op in my aandeel, dat ons die Kanaäniete kan beveg, dan sal ek ook met jou optrek in jou aandeel. En Simeon het saam met hom getrek”. (Rigt.1:1-3)
As daar iets sleg met mense gebeur, gee hulle maklik die noodlot die skuld daarvoor. Maar wat is die noodlot? Is daar so ʼn iets? Nee, dis ʼn heidense begrip en nie deel van gelowiges se woordeskat nie. Gelowiges glo in die raad van God. Dit beteken dat alles volgens God se wil geskied. Heidene glo weer dat mense se lewens deur ʼn magdom van onsigbare magte beheer word wat woer-woer daarmee kan speel en dinge toevallig willekeurig laat gebeur.
Gelowiges glo dit vir geen oomblik nie. Niks gebeur toevallig nie. Israel was tydens hul woestyntog deeglik daarvan bewus. As gelowige volk het hulle God in alle sake geraadpleeg ook toe hulle moes besluit watter een van die stamme die Kanaäniete eerste moes aandurf om hul beloofde deel in Kanaänland te ontvang. ʼn Mens sou dink dat Ruben die oudste seun, aangewys sou word. Hy sou nie.
1900: SLAG BY SYFERGAT
KULTUURDAGBOEK 3 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Een van die kleiner skermutselinge by die Kaaplandse noordgrens ná Stormberg op 10 Desember 1899, het by Syfergat plaasgevind toe 'n Boeremag van duisend man deur hoofkmdt JH Olivier gestuur is om Britse stellings by Boesmanshoek te verken.
Die Boere het die polisiekamp by Syfergat aangeval en Loperberg beset, maar Britse versterking uit Sterkstroom het betyds opgedaag en die Boere verdryf.
1856: 'HET VOLKSBLAD' OPGERIG
KULTUURDAGBOEK 3 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die koerant Het Volksblad is aanvanklik in 1849 in Kaapstad deur BJ van de Sandt de Villiers - - 1826 tot 1878 – opgerig. Dit het net een jaar bestaan maar in 1856 laat Van de Sandt de Villiers dit herleef.
In die stryd tussen die Liberale en Ortodokste Party het die koerant die Liberalisme ondersteun en so vinnig vooruitgang gemaak dat dit spoedig drie keer in plaas van een maal per week kon verskyn.
NIEMAND KAN GOD KEER NIE
Op hierdie 2e dag van die nuwe jaar begin die werklikheid van nog 'n jaar in ons vassteek en ons wonder wat die jaar vir ons gaan inhou. Nie net word ons vertrap onder die hiel van 'n heidense regering nie maar is talle van ons volkome bewus van die sataniese aanslag wat die Geldmag op die wêreld se bevolking loods. Baie van ons weet wat daar beplan word om ons met die sogenaamde inenting volkome onder satan se beheer te stel sodat ons selfs ons ewige lewe kwyt moet wees. Maar:
God laat sy kinders nooit in die steek nie. Ten spyte van hul afvalligheid staan Hy by hulle. Wanneer die nag op sy donkerste is, gryp Hy in en maak dit lig. “Maar julle is ʼn uitverkore geslag, ʼn koninklike priesterdom, ʼn heilige volk, ʼn volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig” (1 Pet.2:9).
Ons volk se toekoms lyk donker. Heidenpolitiek oorstroom al hoe meer ons eens rustige samelewingsterrein. Afgodsdienaars wedywer met mekaar in die afwaartse spiraal van ellende. Daar is onweer in die lug. Doemprofete voorspel lelike dinge vir die toekoms. Soms voel ons soos skape wat deur wolwe op ʼn hoop gejaag word, diere wie se bekke vir die groot slagting kwyl.
Nog een van die groot bekommernisse onder volksgenote is dat ons nie leiers het nie. Mense wat hul as leiers voorgedoen het, het ons of verraai of hakskene gewys toe die poppe begin dans. Ons het ʼn bitter slegte ding oorgekom! Maar laat ons eerlik wees - ons het ʼn belangrike les geleer: Moet op prinse nie vertrou nie! Ons het geglo dat mense - politici en kerkleiers - ons uit die penarie sou red. Toe gebeur die teenoorgestelde. En dit het ons vryheid gekos.
Is dit klaar met Kees? Gaan satan die laaste lag? Nee, om die eer van God nooit! God sal op sy tyd die werk van sy hande herbevestig en uit hierdie verloopte volk weer volksleiers na vore laat kom wat, soos die rigters van ouds, hierdie volk na God sal teruglei!
Wat kan ons die Here intussen aanbied? Hét ons iets om Hom aan te bied? Niks nie; slegs die dor hout van ons krom en afvallige lewens. Maar in sy hand word sulke uitskotprodukte meesterstukke en met die dor kierie van ons volkslewe kan Hy vir ons ʼn pad in die see van wanhoop oopkloof en ons na vryheid lei.
As die nood op sy hoogste is, gaan God vir ons die nodige leiers stuur - manne en vrou wie se harte in die bloed van Jesus gewas is. God sal hulle met ʼn heilige roeping begeester om hierdie volk aan die suidpunt van Afrika na Hom toe te laat terugkeer en hulle van die heidendom en satan se aanvalle te verlos. En geen mag ter wêreld gaan Hom keer nie!
1896: OORGAWE VAN JAMESON
KULTUURDAGBOEK 2 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Op 29 Desember 1895 het dr LS Jameson die Transvaalse Republiek sonder provokasie uit Betsjoeanaland (Botswana) binnegeval en na Johannesburg opgeruk, voorsien van 'n skriftelike uitnodiging van die Uitlanderleiers om die "vrouens en kinders aldaar teen die Boere te beskerm".
Dit was 'n dag ná die datum wat oorspronklik beplan was vir die uitbreek van 'n Uitlanderopstand in Johannesburg, wat deur Engeland aangegryp sou word vir die anneksasie van die Republiek, maar wat ter elfder ure uitgestel.
1666: HOEKSTENE VAN KASTEEL GELÊ
KULTUURDAGBOEK 2 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die Kaap was vir die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie eerstens 'n verversingspos, maar tegelyk ook vir Nederland 'n basis van militêre waarde teenoor Europese vyande in die wedloop om die handel met die Ooste. Daarom is kleiner wagposte selfs in die binneland as beskerming teen Hottentot-aanvalle opgerig. Vandaar die ywer geopenbaar om 'n nuwe, sterk Kasteel De Goede Hoop te bou toe die eerste poging van hout en klei minder doeltreffend geword het.
NUWEJAARS- BOODSKAP
Ds Andrè vd Berg
Koopbriewe
Ons weet nie wat die jaar vir ons gaan inhou nie. Al wat ons weet, is in Wie se hand die jaar is. Die toekoms behoort aan God en waar ek gaan, sal God by my wees, Die toekoms is so helder soos God se beloftes.”
“So spreek die HERE van die leërskare, die God van Israel: Neem hierdie briewe, hierdie koopbrief, die verseëlde een sowel as hierdie oop brief, en sit hulle in ’n erdepot, dat hulle baie dae kan bly bestaan” (Jer.32:14).
Min dinge is so onaangenaam as onsekerheid. Dit belemmer jou gemoed. Dis soos met ʼn moeilike eksamen; jy gaan net-net gaan slaag of net-net druip. Jy weet nie. Of jy belê geld teen hoë risiko en jy weet nie of jy gaan verloor nie.
Die ergste onsekerheid is om onseker oor jou toekoms te wees. Dit ontneem mense van hoop soos met die Judeërs eeue gelede. Ek verplaas u na die jaar 587vC. Berigte stroom in dat Juda deur Babiloniërs ingeval is. Die bloedspoor wat hulle agterlaat, word al groter en hulle is op pad na Jerusalem!
Juda se die dominees lieg vir die mense en sê dat God die stad nooit sal laat inneem nie want die tempel staan daar as simbool van God se setel op aarde. Al die mense word egter nie aan die neus gelei nie; mense is doodbang. Wie kan hul red? Kan die dominees of koning om God om hulp vra nie? Nee, want God sal nie na hulle luister nie. Die koning is ongelowig en die dominees misleiers.
EERBIEDIG JULLE OUERS
Hannes Ollewagen
Efésiërs 6:1-9
“KINDERS, julle moet jul ouers gehoorsaam wees in die Here, want dit is reg. Eer jou vader en jou moeder – dit is die eerste gebod met ‘n belofte – sodat dit met jou goed mag gaan en jy lank mag lewe op die aarde.” (:1-3).
Geliefdes, ons wêreld gaan mank aan mense wat verstaan wat eerbied en respek is. Die mens van vandag het min respek vir homself en vir sy medemens. En ‘n mens wat vir homself en vir sy medemens en meerderes nie respek het nie het ook vir God geen respek nie. Ja, ‘n mens behoort te erken dat die mag wat oor hom aangestel is deur God daargestel is.
“LAAT elke mens hom onderwerp aan die magte wat oor hom aangestel is, want daar is geen mag behalwe van God nie, en die wat daar is, is deur God ingestel, sodat hy wat hom teen die mag versit, die instelling van God weerstaan; …” (Rom. 13:1&2).
Ja, geliefdes en veral jongmense, dit sluit ook die mag in wat God in die hande van ouers geplaas het. Godvresende ouers word deur God die verantwoordelikheid opgelê om hul kinders in die tug en vermaning van die Here op ‘n Godvresende wyse groot te maak.
“En vaders, moenie julle kinders vertoorn nie, maar voed hulle op in die tug en vermaning van die Here.” (Efés. 6:4).
En daarom verwag God dat kinders hulle ouers hiervoor sal respekteer en aan hulle die nodige eerbied betoon.
1951: SA-SEEMAG HERBENOEM TOT SA VLOOT
KULTUURDAGBOEK 1 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die naam Suid-Afrikaanse Seemag word op dié dag met die naam Suid-Afrikaanse Vloot vervang. Daardie vloot het in die dekade wat gevolg het, 'n eg Suid-Afrikaanse karakter aangeneem. Nie net is die Simonstadse skeepswerf in April 1957 formeel aan die Suid-Afrikaanse Vloot oorhandig nie, maar is die titel HMSAS (Haar Majesteit se Suid-Afrikaanse Skip) voor die skeepsname in 1952 verkort tot SAS.
DIT IS WEER OUJAARSDAG
Ds A.E. vd Berg
Oujaarsdiens
“En toe hulle by Mísië kom, het hulle probeer om na Bithínië te gaan, maar die Gees het hulle dit nie toegelaat nie”(Hand.16:7).
Ons leef net eenmaal op die aarde en nooit weer nie. Daarom moet ons alles wat eerbaar is doen om sin daaraan te gee. Wat ons nie doen nie, is ons vir altyd kwyt. Daarom is dit goed om vooruitsigte te hê. God wil dat ons hoog mik en sukses behaal. By geleentheid neem ʼn Amerikaanse onderwyseres haar klas na die Withuis en vra hulle daarna om ʼn opstel oor hul ervaring te skryf. Een seun begin dit met: “Dankie vir die geleentheid om gister my toekomstige ampswoning te kon besoek”. Hy het sommer baie hoog gemik!
Ons kan die nuwe jaar nie sonder sinvolle voornemens aanpak nie. Dit kan ʼn jaar van groot veranderings in ons land wees. Op politieke gebied moet daar ʼn waterskeiding kom. Totdat God se Woord gehoorsaam word, gaan die kerklike verwarring voortduur. Op kulturele gebied sal vrysinnige volksgenote hulself nog verder vasdraai en die volksvyand sal dit wat eerbaar is, nog verder afbreek. Gedagtes hieraan, laat baie mense wat glo dat hulle pionne op die skaakbord van die noodlot is, nie juis na die nuwe jaar en toekoms uitsien nie.
TRADISIONELE OUJAARS- GEBRUIKE
KULTUURDAGBOEK 31 DESEMBER
Dit is 'n baie ou Afrikaanse gebruik wat reeds uit die eerste kwart van die negentiende eeu dateer om op Oujaar fees te vier en die nuwe jaar in te lei met jolyt. Dit is egter 'n ouer en goeie gebruik om die jaar met 'n kerkdiens af te sluit en die nuwe jaar op dieselfde wyse te begin. By dié geleentheid kyk gelowiges in ootmoedige dankbaarheid teenoor die Here terug oor die afgelope jaar en vertrou hulle hul aan God se sorg en leiding toe vir die komende jaar. Dié diens strek daarom gewoonlik vanaf die laaste gedeelte van die ou jaar tot in die eerste minute van die nuwe jaar.
WAT HET MET ONS LAND GEBEUR? (2)
2. Godsverheerliking
God se uitverkorenes is daarop ingestel om Hom te verheerlik:
“Laat alles wat asem het, die HERE loof! Halleluja!”(Ps.150:6).
God word op talle maniere verheerlik. Eerstens deur te bely dat Christus die Here is. Omdat hulle nie sy heerskappy wil aanvaar nie, wil die godvyandige wêreld niks daarvan weet nie.
Gelowiges verheerlik God ook in hul doen en late:
“ Of julle dan eet of drink of enigiets doen, doen alles tot verheerliking van God” (1 Kor.10:31).
God word ook deur sonde, belydenis en getroue gehoorsaamheid aan sy Woord verheerlik. Van Abraham word gesê:
“En hy het nie deur ongeloof aan die belofte van God getwyfel nie, maar hy is versterk deur die geloof en het aan God die eer gegee” (Rom.4:20).
Paulus lê egter baie sterk klem op sedelike reinheid as ʼn verheerliking van God:
1877: ADV JHH DE WAAL
KULTUURDAGBOEK 30 DESEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Jan Hendrik Hofmeyr (Jannie) de Waal, is op hierdie dag op Bakkerskloof, Somerset-Wes, gebore. Nadat hy sy opleiding in Kaapstad voltooi en 'n tyd lank in die onderwys gestaan het, vertrek De Waal in 1894 na Londen om hom daar as advokaat te bekwaam.
Terug in Suid-Afrika sedert 1897, sou hy die eerste advokaat word wat 'n saak in die hooggeregshof in Afrikaans bepleit.
In April 1903 aanvaar hy die redakteurskap van die maandblad De Goede Hoop. Aangesien hy 'n groot voorstander van Afrikaans as skryftaal was, maak hy wel deeglik gebruik van sy posisie om self verhale te skryf, onder meer Johannes van Wyk, wat eers as vervolgverhaal in sy tydskrif verskyn onder die skuilnaam 'Jannie'. In 1906 verskyn dit in boekvorm as eerste Afrikaanse historiese roman. So verskyn ook 'n aantal toneelstukke waarvan Anjelina die eerste is.
1831: 1e UITGAWE GRAHAM'S TOWN JOURNAL
KULTUURDAGBOEK 30 DESEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
In 1820 het die Britse Setlaars 'n houtpers met hulle saamgebring, maar die owerheid wat gevrees dat daarmee die openbare mening aan die Oosgrens verenig kon word, het die pers gekonfiskeer. 'n Tydlank is dit vir regeringspublikasies in Graaff-Reinet gebruik totdat Louis Henri Meurant dit op 'n veiling in 1831 gekoop het.
Op 30 Desember 1831 het die eerste uitgawe van die Graham's Town Journal verskyn en gou sou dit in die omgang tot die 'Setlaar's Bybel' gedoop word. As die enigste koerant tot 1840 buite die Kaapse Skiereiland, het dit as die spreekbuis van die Oosgrens se blankes 'n groot invloed gehad.
VERAGTELIKE BLANKE AGENTE
Adriaan Snyman
Op 17 Januarie 1916 het Siener ‘n visioen gehad wat eers in ons tyd bewaarheid sou word. In die gesig het hy gesien ons sal in die toekoms nog daal tot die vlak van die nie-blankes; selfs in ons voorkoms (kleredrag) en optrede sal ons soos hulle lyk en doen; maar nog erger, hy het ook gesê ons gaan (net soos hulle) niks vir mekaar omgee nie, mekaar uitbuit, in die rug steek, en teen betaling aan die vyand uitlewer.
Die dag toe hy hierdie gesig aan Kerneels Nieuwenhuis meegedeel het, het hy bewoë bygevoeg: “Ja, Kerneels – ons is ‘n veragtelike volk!”
Daar gaan byna nie ‘n dag verby dat die media nie hierdie skandvlek in ons volksiel met koelbloedige leedvermaak aan die wêreld uitbasuin nie, en ‘n perverse behae daarin skep om die behoudende regses as ‘n spul onopgevoede skobbejakke sonder integriteit, eer of selfrespek voor te hou.
In ‘n artikel Lies, Spies and slush-funds het ‘n nie-blanke joernalis ‘n gewetenlose komplot teen die Boere onthul. Verraderlike blanke agente van die ANC het hulself as verregse elemente voorgedoen om die behoudendes onder ons te diskrediteer.
WAT HET MET ONS LAND GEBEUR?
Suid-Afrika beleef sedert 1994 ʼn sedelike vryval nadat die Christen-grondwet tot niet gemaak en die land amptelik tot ʼn wêreldstaat verklaar is. Die lugleegte wat dit gelaat het, laat misdaad hoogty vier en geweld sulke ongekende afmetings aanneem, dat mense daagliks selfs binne hul huise vir hulle lewens vrees.
Dis nie ʼn demokrasie nie maar eerder ʼn skrikbewind waar barbaarse optrede gangbaar is, plaasmoorde die hoogte inskiet, dwelmverslawing epidemiese afmetings aanneem, dissipline sienderoë kwyn, woede oral opbou en booswigte die land daagliks plunder. Aanspreeklikheid het’n stille dood gesterf, gesonde werksetiek het skaars geword en infrastrukture in duie laat stort.
Daarbenewens het onderwys ʼn ongekende laagtepunt bereik en word ʼn geslag jongmense sonder kennis van die Bybel groot. Dit voorspel niks goed vir die toekoms nie! Die vraag op almal se lippe is: Wat het met ons land gebeur? Waarom val alles uitmekaar? Wat gaan aan?
1811: MOORD OP LANDDROS A STOCKENSTRÖM
KULTUURDAGBOEK 29 DESEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die oorsprong van die moordlustigheid en onbetroubaarheid wat swart op blank openbaar, het waarskynlik geen datumverwysing nie aangesien dit maar altyd bestaan het – en altyd sal; wie dit nie glo nie is naïef, onkundig oor die swart-kultuur en oningelig oor die verlede. Ook die gebeure op hierdie dag in 1811 getuig van die barbaarse gewelddadigheid van die swartman. Landdros Anders Stockenström was bekend vir sy ooglopende gewildheid as vriend en weldoener onder die swartes. Spesifiek onder die Kôsas het hy bekend gestaan as 'n witman met 'n oop hand.
1909: BRIEF VAN LOUIS BOTHA OOR AFRIKANERBOND
KULTUURDAGBOEK 29 DESEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Vyf jaar voor hy sy ware kleure as verraaier en liefhebber van Brittanje tydens die rebellie wys, skryf Louis Botha op hierdie dag van sy plaas Rusthof af aan FS Malan in die Kaap dat hy – Botha – baie bly daaroor is dat Malan vir Onze Jan Hofmeyr as leier van die Afrikanerbond opgevolg het.
Hy sou verder graag die Bond landwyd as 'n sterk politieke faktor wil sien word. Maar hy het veral gehoop dat die gematigde ondersteuners van die Progressiewe Party met die ander partye soos die Bond, die Orangia-Unie en die Het Volk-party sou saamwerk.
1912: "MISHOOP"- VERGADERING; HERTZOG SE WAAKSAAMHEID- KOMITEE
KULTUURDAGBOEK 28 DESEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Met die samestelling van die eerste Unie-kabinet wou die aangewese premier, genl Louis Botha, nie graag sy vroeëre mede-generaal van die Engelse Oorlog, genl JBM Hertzog, insluit nie. Dit was polities egter onvermydelik. Van die begin af het Hertzog, die Afrikaner in Suid-Afrika, en Botha, die konsilialis in Britse skaduwee, die toekomspad gesoek.
In 1912 het die politieke bom ná Hertzog se De Wildt-toespraak gebars. Die gevolg was dat hy uit genl Botha se nuwe Kabinet gelaat is. Maar die getroue Afrikaners het hulle om Hertzog geskaar en hom hulle persoonlike steun, voorbidding en politieke hulp aangebied.
Tielman Roos het landwyd 'n volksprotes teen Hertzog se weglating gereël. Ongeveer 5 000 Afrikaners het op hierdie dag in Pruisepark, Pretoria, regoor die standbeeld van pres Paul Kruger, byeengekom. Die platform was 'n hoop verrotte gras wat vir bemesting in die park gebruik sou word.