Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Die beste ding wat Jonathan vir Dawid kon doen, was om doodeenvoudig net sy vriend te wees. Dawid het geweet dat Jonathan vir hom omgee en dit was voldoende beloning. Hy wou geen verdere beloning hê nie. Dis mos wat ’n vriendskap goddelik maak.
MALEMA SE VUURKONKA
Piet Rudolph
Een ding is egter seker en dit is dat meneer Jacob Zuma, glad nie gerus kan slaap nie, want verterende ambisies vir die possie van staatspresident glimmer in die donker op ‘n paar plekke. Ook by die vuurkonka van Julius Malema.
Veral die Afrikaanse pers probeer die man as liggewig afmaak. Dit is sover van die waarheid as wat kan kom. Die laaste van die Malema-manewales, is nog nie gehoor nie.
GEBED OM VERLOSSING VAN SONDE
GEBEDEBOEK VIR DIE BOEREVOLK (6)
Lees reeks by GEBEDEBOEK VIR DIE BOEREVOLK
Ds.Andrè van den Berg
Dankie hemelse Vader dat U die sonde haat maar nie die sondaar nie. As sondaar
Here, ek
DIE BYBEL (41)
Lees reeks by DIE BYBEL
Dr JP Botha
Tweelingseuns
Die antieke mens het geglo dat veral die laaste woorde wat ‘n mens op aarde praat, groot krag het. Daarom word Isak se sterfbedwoorde hier opgeteken.
Voor hy praat wil Isak eers saam met sy oudste seun eet. Rebekka steek ‘n stokkie voor die destydse gebruik dat die oudste seun altyd die voorreg ontvang om die leier van die groep te word en die naam van die groep voort te sit. Jakob deel sy ma se siening. Hy het geen beginselbesware om saam te jok nie, maar is net bang dat hy uitgevang sal word.
DIE ONVERSKILLIGE STAD
'N SATIRE
Dries Bergman
Daar was eenmaal 'n vooruitstrewende stad wat met hoë mure omring was. Dit het 'n relatief klein bevolking gehad omdat die inwoners 'n hoë lewensgehalte bo mensegetalle verkies het. Nie ver van hierdie stad nie was daar egter 'n dorp met baie inwoners wat in armoede en ellende geleef het. So anders as die stedelinge het die dorpenaars die slegte gewoonte gehad om iets vir niks te verwag.
Die dorpenaars het die lewe baie anders as die stedelinge benader. Hulle het bv dit wat tot hulle voordeel gestrek het, verwerp maar dit wat vir hulle nadelig was, omarm. Hulle was nie soos die stedelinge op ‘n hoë lewensgehalte ingestel nie, maar eerder op mensegetalle. Dit was dan ook die hoofrede vir hulle ellendebestaan.
Die stedelinge het die dorpenaars egter baie jammer gekry en aangebied om hulle te help ten einde hulle lewensgehalte te verbeter. Elke aanbod is egter met vyandigheid begroet en die stedelinge se eerlike bedoelings smadelik verag. Derhalwe het die sinnelose mensevermeerdering en ellende bly voortduur.
MOES DIT BETER GEDOEN HET...
KORSIES OP DIE RUGBYVELD (39)
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Toe die Sprinkbokke met Francois Pienaar as kaptein in 1994 deur Nieu-Seeland getoer het, het hulle vurige stut, Johan le Roux, groot omstredenheid veroorsaak omdat hy tydens 'n toets die oor van die irriterende All Black-haker, Sean Fitzpatrick, gebyt het.
Daar was groot verontwaardiging in Kiwi-land en Le Roux is uiteindelik vir 'n hele 18 maande uit rugby geskors wat toe die einde van sy internasionale loopbaan beteken het.
Le Roux was baie teleurgesteld oor die kwaai straf wat hom opgelê is en het daarna opgemerk:
"Vir 'n skorsing van 18 maande moes ek eintlik sy oor afgeskeur het – dan kon ek minstens gespog het daarmee!"
CHRISTENMAN, SÊ NEE! VIR PORNOGRAFIE – WANT JY KAN! (SLOT)
Die volledige e-boek kan ook in pdf-formaat afgelaai word by Christenman, sê NEE! vir pornografie, want jy kan!
Anita Joubert
Wat sê jy vir jou vrou?
Indien jy sou besluit om jou vrou se hulp in te roep met jou probleem, kan jy haar vra om hierdie hoofstuk te lees wat ek spesiaal vir haar skryf sodat sy jou probleem beter kan verstaan. Ek wil dit weereens beklemtoon dat sy die beste persoon is om jou te help.
Mevrou, wat sou jy gedoen het as jou man by jou sou kom en vir jou vertel dat hy ‘n fout begaan het wat veroorsaak het dat hy nou in die mag van ‘n Mafia-bende beland het wat, nie net sy ondergang en dood soek nie, maar ook dié van jou, julle kinders en julle huwelik? Hulle jaag hom dag na dag en hy weet nie meer wat om te doen nie.
BLOUNEK KEER TERUG
Dr JP Botha
(Uit skrywer se boek oor diereverhale: Langs die Toelanie)
BOEKRAK VIR AFRIKANERTJIES
Lees nog stories by Boekrak vir Afrikanertjies
Op 'n kaalte tussen 'n lap hoë stinkgras staan Blounek, die tarentaalmannetjie ywerig en skrop. Dit is al naby sononder en daar is dus nie meer veel geleentheid oor om die krop doeltreffend gevul te kry voordat die skemer aanbreek nie. Gelukkig het hy hier op die klein kaaltetjie 'n droë boomstomp ontdek wat deur rysmiere gevreet word. Hy skrop lustig en pik hulle smaaklik op.
Die tarentaal se waaksaamheid verslap egter ook nie 'n oomblik nie. Kort-kort hou hy op en rek sy nek wantrouig onderwyl hy aandagtig na verdagte geluide luister.
VERANDERING VAN GRONDWET FATAAL
Mediaverklaring
TLU SA
TLU SA het met skok kennis geneem van die Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, Gugile Nkwinti, se standpunt dat die regering bereid is om die Grondwet te verander ter wille van grondhervorming.
Mnr.
GRONDWET MOET VERANDER, BLANKE MAG NIKS BESIT
Mediaverklaring
HERSTIGTE NASIONALE PARTY VAN SUID-AFRIKA
Die stelling van die ANC se Minister van Grondsake, Gugile Nkwinti, dat as die grondwet in die pad van die ANC-regime se doelwitte met grondhervorming staan, die ANC bereid is om die Grondwet te wysig, bewys dat die HNP reg was in sy ontleding van die politiek sedert 1994.
Die HNP het van meet af gesê dat die land se Grondwet nie die papier werd is waarop dit geskryf staan nie. Die Grondwet is trouens al deur ons beskryf as een van die mees vyandelike dokumente teen die Afrikanervolk wat nog die lig gesien het.
MALEMA, MI6, ZUMA EN ONS
Adriaan Snyman
WAAR SUID-AFRIKA NOU STAAN
"Zuma het in die ANC se Kamp Quatro, in Angola, destyds eiehandig etlike honderde ANC-kaders verwurg of soms net geskiet maar sy bynaam was “die slagter”, want wanneer hy met sy moordorgie klaar was, het daar plasse bloed om hom gelê... ... volgens my bron in Nederland het Malema geen ander keuse as om Zuma “uit te haal” as hy die leisels wil oorneem en sy revolusie wil deurvoer nie."
Ek het onderstaande inligting enkele dae gelede van ‘n baie betroubare bron ontvang. Hy is jare lank reeds op hoogte met die werksaamhede van MI6, die geheime dienste van Nederland, Frankryk en Israel. Hier skets hy nie net vir ons breedvoerig die gebeure wat gelei het tot Julius Malema se meteoriese opgang in die ANC nie, maar gee ook ‘n moontlike scenario van wat in die nabye toekoms in Suid-Afrika kan gebeur.
MI6 se Plan wat hy in 2006 aan Malema voorgelê het om die ekonomiese mag te bekom, was byna dieselfde as dié wat in 1985 aan Oliver Tambo voorgehou is. Die weerbarstige Julius Malema het al in 2002 hulle aandag getrek toe hy ‘n Cosas-optog deur Johannesburg se strate gelei het wat gekenmerk was deur chaos, geweld en plundering. In die daaropvolgende vier jaar is hy noukeurig deur MI6 gemonitor, en toe nadergetrek.
DIE STRYD OM DIE TROON (3)
Dr JP Botha
Lees reeks by Die Stryd om die Troon
ISRAEL WIL 'N KONING HÊ
Saul gaan donkies soek, maar kry ‘n koningskap
Ek is Samuel die profeet. Ek was bevoorreg om in opdrag van die Here die heel laaste rigter te wees wat sy volk teen sy talryke vyande gelei het. Die heidense nasies met hul konings het maar gedurig ‘n geleentheid gesoek om Israel se grondgebied binne te val en skade aan te rig deur roof- en plundertogte.
Toe ek ‘n seuntjie was wat by priester Eli in Silo gebly het, het die Filistyne die land by Afek binnegeval en Israel se leërmag wat teen hulle opgetrek het, verslaan. Die oudstes het toe gedink dat as hulle die Ark van die Verbond, wat in Silo gehou is, saamneem wanneer hulle teen die Filistyne veg, sal hulle die vyand verslaan. Maar die Filistyne het die Ark afgeneem en 30 000 Israeliete het gesneuwel, ook Eli se twee seuns, Hofni en Pinehas. Dit het ook ou vader Eli, wat so mooi vir my gesorg het, se dood gekos. Toe hy die slegte tyding kry, het hy van sy stoel agteroor geslaan en sy nek gebreek.
CHRISTENMAN, SÊ NEE! VIR PORNOGRAFIE – WANT JY KAN! (4)
Die volledige e-boek kan ook in pdf-formaat afgelaai word by Christenman, sê NEE! vir pornografie, want jy kan!
Anita Joubert
Wat moet jy aan jou probleem doen?
Die wonder van God se genade is, dat solank as wat jy lewe, dit nooit te laat is om jouself van sonde te bekeer nie. Vir die moordenaar wat aan die kruis langs Jesus se kruis gehang het, het Jesus gesê, nadat hy Hom om genade gesmeek het: “Ek verseker jou, vandag sal jy saam met My in die paradys wees (Luk. 23:43). Wees dus innig dankbaar dat die Here jou lewe tot vandag gespaar het en jou nog ‘n geleentheid gegee het.
GEBED OM BEROU OOR SONDE
GEBEDEBOEK VIR DIE BOEREVOLK (5)
Lees reeks by GEBEDEBOEK VIR DIE BOEREVOLK
Ds.Andrè van den Berg
Here Jesus, wat ‘n duur prys het U nie vir die sonde betaal nie! Dit het U ‘n doringkroon op die hoof, spykers deur die hande en voete en die dood besorg! Wanneer ek sondig, kruisig ek U as’t ware opnuut. Deur my oortredings laat ek U aan ‘n kruis hang en met my ongeloof deurboor ek u sy. Verlos my van hierdie hel in sy embriovorm!
Terwyl ek dikwels liefdeloos, eiegeregtig en harteloos is, is U liefdevol, barmhartig en oneindig teer. Ek is so geneig om van die kwaad boek te hou, terwyl U my telkens vergewe.
LANGS DIE TOELANIE
Dr JP Botha
(Uit skrywer se boek oor diereverhale: Langs die Toelanie)
BOEKRAK VIR AFRIKANERTJIES
Lees nog stories by Boekrak vir Afrikanertjies
Versigtig kom die twee voorste rooibokramme oor die lang sandbedding aangestap. Enkele treë na agtertoe, waar die hoë apiesdorings teen die skuinste van Toelanie se skurwe walle wortel, staan die res van die trop onrustig en rondtrap, voordat hulle aarselend die twee ramme volg. Maar steeds bly elke sintuig gespanne, bedag op die geringste teken van gevaar.
Dit is winter. Al wat nog van die rivier oor is, is enkele vlak kuile wat deesdae die drukbesoekte suipings van die wild uitmaak. Die rooiboktrop se doelwit is juis die groot kuil, 'n honderd tree daarvandaan in die draai van die rivier, waar die uitgestrekte takke van die twee ou reuse-apiesdoringbome op die wal, hoog oor die ruie bosgasie troon.
MELKBOERE BEDREIGDE SPESIE
Alani Janeke
Meer en meer melkboere verlaat die bedryf, en die Melkprodusente-organisasie (MPO) reken die land het tans minder as 2600 oor.
Dr. Koos Coetzee, die organisasie se senior ekonoom, sê vroeër is bereken dat die land sowat 2 630 melkboere oor het. “Ek dink tans gaan ons onder dié syfer inkom.”
Coetzee sê volgens hulle syfers bevind die meeste van die boere wat die bedryf verlaat, hulle tans in die Vrystaat, Transvaal en Oos-Transvaal. “Dit is veral kleinboere of boere met ‘n gemengde boerdery wat eerder op ander sake wil fokus.”
GROOTBEK BRIT!
KORSIES OP DIE RUGBYVELD (38)
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Toe die Britse Leeus in 1971 deur Nieu-Seeland toer was die stryd voorlangs hard en genadeloos. In die tweede toets in Christchurch het die manne mekaar in die skrums geskrum dat die hare waai. Veral die Ierse stut Sean Lynch en sy opponent Richie Guy het mekaar aangevat en ná een skrum moes hulle spanmaats hulle kalmeer.
Lynch was fanaties en het weer soos 'n malmens in die skrum gesak.
DIE STRYD OM DIE TROON (2)
Dr JP Botha
Lees reeks by Die Stryd om die Troon
OP 'N ARENDSVLUG DEUR DIE EEUE
Die 42 konings wat oor Israel en Juda regeer het
Saul was baie verbaas toe Samuel hom as die eerste koning van die twaalf stamme gesalf het. Maar in die eerste oorlog daarna teen die Ammoniete, het hy sy staal gewys. Hy het gedurende sy hele regeringstydperk vanaf 1032 tot 1012 vC stryd gevoer teen Israel se vyande. Na sy dood was sy seun Isboset twee jaar lank koning oor die noordelike stamme, maar intussen is Dawid gekroon as koning van Juda en kort daarna van die hele Israel. Hy het gedurende sy 40-jaarlange regering ‘n groot ryk opgebou. Sy seun Salomo het die troon in 972 vC bestyg. Hierdie ryk en slim koning het die volk so swaar belas dat Israel na sy dood in 932 vC teen sy seun en opvolger Rehabeam in opstand gekom het omdat hy nie hulle las wou verlig nie. Jerobeam het met tien stamme van Israel weggebreek en net die twee stamme, Juda en Benjamin, het aan die huis van Dawid getrou gebly.
CHRISTENMAN, SÊ NEE! VIR PORNOGRAFIE – WANT JY KAN! (3)
Die volledige e-boek kan ook in pdf-formaat afgelaai word by Christenman, sê NEE! vir pornografie, want jy kan!
Anita Joubert
Wat sê sielkundiges van jou probleem?
Dit is baie belangrik om te verstaan hoe die mens se brein werk en hoe dit ons gedrag beïnvloed. Sodoende kan ‘n mens homself en sy eie optrede beter verstaan. Diep in die geheime, onbewuste kern van die brein is die reptielbrein geleë. Dit is die oudste, mees primitiewe deel van die brein. Meganiese, onbeplande beweging word hier moontlik gemaak. Dit is koud en sonder emosie, ingestel op oorlewing en selfverdediging, soek kos en seks en reguleer funksies soos slaap en wakker word. Die area in die reptielbrein waar die seksdrang gesetel is, is twee maal so groot by dié van ‘n man as by dié van die vrou.
DIE BYBEL (40)
Lees reeks by DIE BYBEL
Dr JP Botha
Geloof sonder twyfel
Hierdie hoofstuk 22 uit Genesis bestaan uit twee dele: Die eerste vertel van die toets waarvoor Abraham se geloof te staan kom, naamlik om sy seun te offer vir God, en die ander van die berig van sy broer se nageslag.
Die skrywer verhoog die spanning rondom die offer dramaties deur die lang rit te beskryf en te vertel hoe die seun die offerhout dra. Abraham bly stil omdat hy bang is vir sy seun se vraag. Wanneer die seun dan die vraag stel na die offerlam, antwoord hy dat die Here self die offerlam sal voorsien. God doen dit dan ook wonderbaarlik.
DIE STRYD OM DIE TROON (1)
Dr JP Botha
Lees reeks by Die Stryd om die Troon
Ek het met hierdie werk ‘n poging aangewend om die interessante geskiedenis van al die konings van Israel te beskryf. Daar is bevind dat wanneer ‘n gelowige en vroom koning regeer het, die Here sy bewind geseën het en kon hierdie verbondsvolk rustig en beskermd leef. Maar sodra ‘n ongelowige vors hulle tot gruwelike afgodediens verlei, het die Here hulle gestraf deur toe te laat dat hulle heidense buurvolke hulle met roof- en strooptogte teister. Uiteindelik was die ongeregtigheid só groot dat koning en volk van die Noordryk deur die Assiriërs weggevoer is en dié van die Suidryk as ballinge na Babel geneem is. Maar die Here het nie sy volk totaal verwerp nie. Hy het heidense konings gebruik om hulle weer na hulle land terug te stuur, die tempel te herbou, die muur om Jerusalem weer op te rig en volgens die wet van die Here te leef. Met ons toestand in Suid-Afrika kan ons vandag iets hiervan ter harte neem en daaruit leer.
Die koningskap van Israel teenoor dié van die heidene
Toe Samuel op versoek van die volk ingewillig het om vir Israel ‘n koning aan te stel, was dit eers nadat God hom beveel het om dit te doen. Die profeet het die volk gewaarsku dat die koning vir homself buitengewone magte oor sy onderdane sou toeëien.