Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Die groot Geneesheer ken sy pasiënte so goed, dat Hy nooit verkeerde medisyne van die rak sal afhaal nie. Hy maak selfs ‘n gebroke hart heel indien ons Hom al die stukke daarvan gee.
DIE BYBEL (34)
Lees reeks by DIE BYBEL
Dr JP Botha
Genesis (4)
Kain en Abel
Die bose kringloop wat deur die eerste sonde in werking gestel is gaan van kwaad tot erger met die beskrywing van Kain se moord op sy broer Abel.
Die geboorte van Kain word so beskryf dat dit aan die aanvanklike skepping van die mens herinner, met dié kwalifikasie dat Eva dit met die hulp van die Here gedoen het.
Die geboorte van die tweede seun Abel word kort en bondig beskryf met die verwysings na die feit dat hy Kain se broer was en dat die oudste ‘n veeboer en die jongste ‘n saaiboer was. Hiermee is die toneel vir die tragiese drama opgestel: twee broers met verskillende maniere om hulle brood te verdien.
SIEN HOM EERS REG!
KORSIES OP DIE RUGBYVELD (30)
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Polla en Carel Fourie was twee Springbokbroers wat in Uitenhage in die Oos-Kaap grootgeword het en onderskeidelik in Suidoos-Transvaal en die OP Springbok geword het. Polla was 'n harde, vurge flank en Carel 'n sterk vleuel.
Polla het vir Middelburg gespeel in welke distrik hy ook 'n plaas gehad het. Eens op 'n tyd is hy van beweerde veediefstal beskuldig.
Polla speel een Saterdag op Middelburg vir Suidoos-Transvaal en terwyl die wedstryd aan die gang is skree 'n toeskouer vir Polla: "Hei, Polla, jou veedief!"
Net daar sê Polla die skeidsregter om gou die spel te staak. Hy klim oor die heining, draf die pawiljoen se trappe uit en gaan gee die skuldige 'n paar taai klappe. Toe draf hy weer pawiljoen af en terug op die veld sê hy vir die skeidsregter: "Dankie, mister ref, kom ons speel maar weer."
DIE LAASTE POUS (11)
Andrè van den Berg
Lees reeks by Die Laaste Pous
PROTESTANTISME
"Diegene wat by die Ryksdag van Spiers (1529) teen die dekrete van die Roomse Kerk beswaar gemaak het, is destyds Protestante genoem en in ‘n baie slegte lig geplaas. Dieselfde het later in Suid-Afrika gebeur toe mense wat teen die NG Kerk se vrysinnige beleidsverandering beswaar gemaak het as beswaardes geëtiketeer is."
11.1 Geen nuwe kerk nie
Roomse Katolisisme is ‘n reuse sisteem van hervormde afgodery wat deur die eeue miljoene siele in die ewige verdoemenis laat beland het. Christus het egter verhoed dat die waarheid van God se Woord geheel en al in die stortvloed van Roomse afgodery wegspoel. “En die aarde het die vrou te hulp gekom en die aarde het sy mond oopgemaak en die rivier opgesluk wat die draak uit sy bek uitgegooi het” (Openb.12:16).
BOERE BOET VIR STAAT SE NALATIGHEID
Alani Janeke
Kommer bestaan omdat die staat glo nie aan vereistes ten opsigte van brande voldoen nie, sê die TLU SA.
Hoewel die oorsaak van die verskeie verwoestende brande van verlede week tans ondersoek word, “kom al meer getuienis na vore dat die staat self nie voldoen aan alle vereistes wat aan grondbesitters gestel word rakende brande nie,” sê die organisasie in ’n verklaring.
Mnr. Louis Meintjies, ondervoorsitter, sê hulle vind dat die staat in baie gevalle geen voorbereidings op sy grond tref nie. “Baie brande ontstaan hetsy moedswillig of nalatig, op padreserwes wat onder die beheer van die Regering is. Slegs in uitsonderlike gevalle is die padreserwes behoorlik voorberei vir die brandseisoen.”
DIE BYBEL (33)
Lees reeks by DIE BYBEL
Dr JP Botha
Genesis (3)
Die sondeval
Die paradys het nie lank gehou nie. Spoedig val die skaduwee van die sonde oor die tuin. Die listigste van die diere, die slang, vra die vrou of God regtig gesê het dat hulle nie van enige boom in die tuin mag eet nie.
Nadat die vrou geantwoord het dat God hulle verbied het om te eet van die boom wat in die middel van die tuin staan, gaan die slang op slinkse wyse voort om die vrou te verlei om van die boom te eet. Die slang verseker die vrou dat hulle nie sal sterwe nie en suggereer dat die eintlike rede vir die verbod is dat God bang is dat hulle dan alles sal ken soos Hy. Die slang se verleiding slaag en die vrou kyk met nuwe oë na die boom en vrugte. Drie dinge gebeur opeenvolgend:
SA – DAAR WAG 'N PRENT SONDER WEERGA!
WIE GAAN DÁN ONS ARMBLANKES BESKERM?
Gelofteland plaas nie gereeld fotos nie; ons glo dat ons belese lesers het wat 'n hele prentjie uit goedsaamgestelde teks kan begryp. Maar vandag wil ons 'n uitsondering maak om die smarte wat sedert 1994 oor ons volk gebring is in beeld aan u te toon: Dit is hoe ons wit seuns vandag probeer oorleef: in plastiese sakke in die strate van Suid-Afrika in 2011 se bittere winterkoue. Pieter Oosthuizen, skrywer van 'n boek oor Afrikanervolksmoord, het dié meegaande fotos van ons sterwende volk geneem. Lees ook meer hieroor by www.neo-genocide.com/anc/streets-of-famine-the-genocide-of-afrikaners en by South Africa on level 6; Afrikaners victims of genocide.
MALEMA SE KORRUPSIE TOEGESMEER
Sarie Pieterse
Dis tog interessant hoe daar tekorte aan fondse opduik wanneer korrupsie-ondersoeke na Swartes geloods word terwyl daar klaarblyklik geen geldtekorte is wanneer swart radikales soos die ANC-jeugliga en die 'National Youth Development Agency' bakhand by die regime staan nie. Pas is daar weer verskeie ondersoeke na korrupsie, insluitend dié van Julius Malema, weens 'n geldtekort op ys geplaas – dié soort ys wat so vinnig smelt dat niemand ooit weer 'n daaroor woord rep nie. Die swart advokaat Thuli Madonsela, het as Openbare Beskermer hierdie uitspraak gelewer.
Al is die OB ingevolge die Wet op die Openbare Beskermer geregtig om hulp van ander staatsliggame soos die Valke vra, is dit nou glo teen haar 'beterwete' want die "ander ondersoekafdelings se geld is ook min." Hierdie soort konsiderasie vir ander instansies se besittings is 'n rariteit in die Nuwe Suid-Afrika en verdien gewis buitengewone vermelding.
SEPTEMBER, 'TRADISIONEEL' MAAND VIR REWOLUSIE
Jeanette Koekemoer
"...sonder uitsondering, elke kommunistiese bewind kriminele dade as hoogste agenda gestel het: 'They all ruled lawlessly, by violence, without regard for human life.'
Hiervan getuig Suid-Afrika elke dag in 2011 waar daar elke 13 sekondes iemand verkrag word, gemiddeld 60 mense per dag vermoor word en die onmenslikste metodes gebruik word om mense te martel."
Ons kan nie dreigemente vir 'n bloedige fase van kommunistiese rewolusie (of soos die ANC dit noem: die Nasionale Demokratiese Rewolusie - NDR) in September soos dié van die swart 'National Youth Development Agency' (NYDA) heeltemal ignoreer nie. Dáárvoor het daar te veel rewolusies in Septembermaande plaasgevind
DIE AARDE HET GEBEWE! (2)
THELMA CILLIE
Die verhaal van Suid-Afrika se grootste aardbewing ooit in 1969 in die Ceresgebied.
Lees reeks by Die aarde het gebewe!
Ons huise wat deur ons lewe heen ons vesting en skuiling was, het meteens 'n bedreiging geword. Ons wou dit in 'n doodse vrees nie na binne waag nie want hoe sou dit daar lyk? Die mure kon dalk omval – alles was miskien gebreek. Ons het veiliger hier buite gevoel maar ons kon nog nie dink nie. Ons was verslae en ons denke vertraag of heeltemal verstomp.
Die kinders wou weet wat aangaan, en hoe sou ons weet wat om te antwoord?
Andrew, 11 jaar oud, het aanhoudend gevra: "Waarom kom die grootmense nie bymekaar en bid om leiding nie?" en in hierdie woorde het hy ons almal se behoefte uitgespreek. Hy het hierdie nag in sy kinderlike onskuld en geloof twee keer na my toe gekom en hardop gebid vir genade en leiding.
DIE BYBEL (32)
Lees reeks by DIE BYBEL
Dr JP Botha
Genesis (2)
Die tuinverhaal
Die tweede skeppingsverhaal speel af in ‘n tuin en die skeppingsproses wod verduidelik aan die hand van voorbeelde uit die landbou. Waar die eerste skeppingsverhaal eers op die sesde dag die skepping van die mens beskryf, word die skepping van die mens in die tweede skeppingsverhaal voorop gestel.
In die begin is daar volgens die tuinverhaal geen plante nie weens gebrek aan reën en geen mens om die grond te bewerk nie. Daarom gaan die Here onmiddellik oor tot die skepping van die mens. Die Here skep die mens uit die stof van die aarde en hy word lewendig as God lewensasem in sy neus blaas.
GEBED BY DIE AANBIDDING VAN GOD
GEBEDEBOEK VIR DIE BOEREVOLK (1)
Lees reeks by GEBEDEBOEK VIR DIE BOEREVOLK
Ds.Andrè van den Berg
Die Boerevolk verkeer tans in die grootste nood sedert sy volkstigting. Alles om ons het donker geword. Magte van die duisternis voer oor ons die botoon en dompel ons land toenemend in chaos en ellende. Geen mens
Ons moet egter nie teen heidense getalle vaskyk nie. Niks is by die Here onmoontlik nie. As Hy werk,
God het menigmaal verlossing deur ‘n handjievol weerbares bewerk. Let maar op die verlossing van Israel in die tyd van Gideon (Rigters 7) toe God deur 300 weerbares aan
Ons eie volksgeskiedenis getuig ook van God se wonderbare ingrype toe 400 weerbare Voortrekkers op 16 Desember 1838 meer as 20,000 barbare by Bloedrivier verslaan het. Dis ook deur gebed en smeking asook ‘n gelofte voorafgegaan.
DIE LAASTE POUS (10)
Andrè van den Berg
Lees reeks by Die Laaste Pous
HEIDENSIMBOLE EN GEBRUIKE
10.1 Die kruisteken
Die maak van die kruisteken oor die bors is een van die opvallendste kenmerke van Roomsgesindes. Hulle doen dit instinkmatig, selfs tydens sportbyeenkomste. In die Roomse Kerk vind geen aanbidding daarsonder plaas nie. Dit word vir geen ander rede as ‘n bewaringsteken teen bose magte gebruik nie en kom oorspronklik uit Babilon. Heidene wat by die verborgenhede ingelyf was, het die kruisteken as bewaringsteken teen bose magte gemaak. Gelowiges moet kruissimbole van watter aard ookal liefs vermy.
MATIGHEID, BROER!
KORSIES OP DIE RUGBYVELD (29)
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Ouddominee Pietie Loots het vertel van 'n rubydinee wat hy een aand saam met dok Danie Craven en 'n baie plat-op-die-aarde predikant bygewoon het. Laasgenoemde het van drank net mooi niks geweet nie, en toe die kelner na hulle tafel kom en vra wat hulle graag sou wou drink, sê die predikant vir Craven: "Ag Daantjie, jy ken mos dié goed. Bestel jy maar vir ons iets."
Hierop vra Craven aan die kelner: "Bring vir ons Twee Jongegezellen, asseblief."
"Nee wag Daantjie," kom die predikant gou tussenbeide, "laat hy vir ons eers net enetjie bring!"
HEUNING KAN 'N RATEL SOET MAAK
BOEKRAK VIR AFRIKANERTJIES
Lees nog storietjies by Boekrak vir Afrikanertjies
Klein Taaiman was ‘n baie slim ratelseuntjie wat vindingryke planne kon bedink om ‘n happie heuning te bekom, want soos alle ander ratels was hy versot daarop. Maar hierdie kêreltjie was ‘n klein verwende, stout seuntjie wat gruwelik deur sy ma bederf is. Sy wou nooit iets sleg van hom glo nie en sy het hom gereeld probeer beskerm wanneer Pa Ratel hom wou pakgee oor sy kwaaijongstreke.
Pa Ratel het ‘n knapsak vol heuning gehad wat hy in sy slaapkamer gebêre het.
Elke môre wanneer hy die huis verlaat en Ma Ratel in die kombuis besig is en hul dogtertjie, Willemientjie, ewe soet in die huis rondspeel, is klein Taaiman self ook baie besig. Hy wag net tot almal uit die slaapkamer is en gaan sny dan met sy knipmes vir hom ‘n stuk heuningkoek af, wat hy dan in sy sak druk.
LAAT SAK NET JOU EMMER
UIT ONS FONTEINTJIE
Lees reeks by Uit ons fonteintjie
Die groot rivier, die Amasone, stort so’n magtige stroom vars water in die Atlantiese Oseaan, dat vir kilometers ver teenoor die mond van die rivier en uit die gesig van die land die water van die oseaan heeltemal vars is.
Jare gelede was ‘n seilskip op reis vanaf Europa na ‘n hawe in Suid-Amerika. Weens storms en teenspoed het die reis so lank geduur, dat die water aan boord begin opraak het. Alhoewel die bemanning alle nodige maatreëls getref het, was hulle laaste vaatjie eindelik ook leeg.
DIE BYBEL (31)
Lees reeks by DIE BYBEL
Dr JP Botha
DIE BOEK GENESIS (1)
Kernsake in Genesis:
God se skepping is ‘n merkwaardige aanduiding van God se almag. Alles wat bestaan word geskep deur bloot ‘n woord te spreek.
Mense word hier beskryf soos wat hulle is: die kroon van die skepping maar ook die ergste sondaar.
Die mens se onverklaarbare geneigdheid tot die kwaad word hier baie duidelik en dit is ontstellend dat hierdie geneigdheid dikwels die vorm van opstand teen God aanneem.
RUGBY NOU PROSTITUSIE...
KORSIES OP DIE RUGBYVELD (28)
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
In die vroeë 1980's was daar 'n redelike bohaai oor spelers wat na rugbyliga oorgegaan het, veral toe Ray Mordt en Rob Louw hulle heil by Wigan gaan soek het. Craven, wat heftig teen professionele rugby gekant was, is natuurlik weer oorval deur die media.
In antwoord op 'n vraag oor wat hy van die saak dink het hy op keer geantwoord: "Die rugbyligaspelers is soos prostitute; wat hulle eers vir die pret gedoen het, doen hulle nou vir geld!"
DIE LAASTE POUS (9)
Andrè van den Berg
Lees reeks by Die Laaste Pous
DIE VAGEVUUR
"Die leer van die vagevuur is so absurd, dat ‘n mens nie
9.1 ‘n Kondisionele hel
HOU ONS ASB NEDERIG...
KORSIES OP DIE RUGBYVELD (27)
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
In die dae toe klubrugby meestal deur Maties en Tukkies oorheers is, het die Shimlas een jaar 'n goeie oorwinnng oor die sterk span van Tukkies behaal. Een van hulle spelers was die haker Wessel Lightfoot wat ook vir die Vrystaat gehaak het en bekend was vir sy godsdienstige oortuigings. Die manne vra hom toe ná die wedstryd in die kleedkamer om 'n gebed te doen. Saam in die kringetjie staan toe ook die rektor en viserektor van die Vrystaatse Universiteit.
Ou Wessel sê toe in sy gebed dankie vir die wedstryd wat hulle kon geniet, dat niemand beseer is nie en dat hulle boonop gewen het. Toe sluit hy af met: "En help ons assebief dat ons nie windgatte word nie!"
SPESIAAL VIR MY
UIT ONS FONTEINTJIE
Lees reeks by Uit ons fonteintjie
In een van die koue Europese lande het ‘n vriend van die armes dikwels ‘n kwart ton steenkool bestel en laat aflaai by mense van wie hy geweet het dat hulle gebrek ly. Een winter was die weer baie koud. Die sneeu het dik gelê. Die goedhartige man was bly dat hy dit kon bekostig om weer ‘n bietjie warmte en troos met sy skenkings aan die inwoners van die omgewing te bring. Hy het die steenkoolwa laat stilhou voor ‘n armsalige ou huisie. Die drywer het aangeklop en vir die man daar binne gesê dat hy vir hom ‘n klompie steenkool gebring het. “Van wie af?” “Weet nie,” sê die man, “maar ek is hier na jou toe daarmee gestuur en hier is dit.”
“Dis ‘n fout; dis nie vir my nie,” antwoord die ou man. “So ‘n geluk kom my nie oor nie. Ek het geen vriend wat vir my kole verniet sal stuur nie. Daar is ‘n fout êrens. Dis miskien ‘n ander dyk.”
“Onsin man, neem dit en wees dankbaar.